Sondag 11 September
Hoogmoed kom tot ‘n val Skriflesing: Lukas 18:9-14
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5
Gesinserediens
Geniet as gesin met Laerskool kinders die erediens in die saal vanoggend. Almal welkom!
Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Wow, ouers en babas ons hoop julle geniet die nuwe moederskamer, dankie vir jul geduld. Dankie aan die medewerkers van hierdie projek, wees verseker dat ons dit baie waardeer! Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Jannie du Toit Die Eggo van jou oĂŤ Wanneer: Vrydag 16 September Tyd: 19:00 Koste: R100 / volw R50/ kind Kaartjies by kantoor Beskikbaar.
Rustig kollekte
Gebeure in vooruitsig
Maandag 12 September 18:00 GriefShare
Sitkamer
23-25 Sep.
Kinderkamp
Dinsdag 13 September 08:00 17:00 18:00 18:00
Gebedsbyeenkoms Lofdans Finansiële Bedieningverg. DivorceCare
Konsistorie Kerk Konferensie Sitkamer
Mylpale 11 Sep. Magriet van Rooyen Alma Coetzee Raymond & Rina le Clus 12 Sep. Bert Houy Leon Doyer
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!
86 Verjaar 50 Belydenis 45 Huwelik 72 Verjaar 40 Doop
13 Sep. Annie Sassenberg 14 Sep. Danie Cilliers Judy de Bruin Cecile Dorfling 15 Sep. Anton & Lydia Kotze
76 Verjaar 90 Verjaar 78 Verjaar 71 Verjaar 32 Huwelik
Maak ʼn belegging in jou huiswerker of
plaaswerker se lewe met die Zoë-kamp Die Here plaas in elkeen van ons se invloedsfeer mense vir wie ons geestelike verantwoordelikheid moet neem. Dit is nie altyd so maklik om dit oor taalen kultuurgrense te doen nie. Die kamp wat VGK Alkmaar gedurende September by Ella Combrink aanbied, kan jou hiermee help. Die taal op die kamp is Swazi, maar groepbesprekings vind ook waar nodig in Zulu, Tsonga, Pedi ens. plaas. Die doel is om mense te begelei tot 'n intiemer kennis van en wandel met Christus, hulle te help om gewoontes vir geestelike groei aan te leer en om hulle te ondersteun met probleme en vrae waarmee hulle worstel.
Gebruik die geleentheid. Identifiseer iemand in wie jy 'n geestelike belegging wil maak en maak dit vir daardie persoon of persone moontlik om die kamp by te woon. Wees ook voorbidder vir die persoon omdat net die Heilige Gees mense se lewens kan nuut maak. Inskrywingsvorms is by die kantoor beskikbaar.
Datum en tyd: Vrydag 16 September vanaf 17:00 tot Sondag 18 September om 15:00 Koste: R200 per persoon
Meer inligting: Skakel ds. Koos Kriel by 084 500 1082 OF Antoinette 082 450 9434 by die kerkkantoor
Kinders is kosbaar en die verantwoordelikheid van ouerskap rus swaar op ons almal se skouers. Ons voel dikwels dat ons die las alleen moet dra. Ons raak moedeloos en verloor hoop. Bluetooth Ouerskap gaan oor hulp en ondersteuning. Dit gaan oor konneksies. Tussen ouers en hul kinders. Ook ’n skakeling tussen ouers onderling. Net om vir mekaar te sê: Jy is nie alleen nie. Daar is nog ander in dieselfde bootjie.
GriefShare kom nog gereeld bymekaar en so help ons mekaar om die pad te stap. As jy graag by die volgende groep, van 5 September wil inskakel, kontak Annalise 082 958 3874 dit is nog nie te laat om in te skakel nie.
Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand
Dinsdag-aande om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641 Laai die gemeente se APP (Toepassing) af by... Android gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore.
Yes!! Yes!! Mamma is my plek bespreek asb.
Die Gr 4-6 Kinderkamp
Vader se ♥
Wanneer: 23 & 24 September Koste: R150 per kind Inskrywingsvorms by die kantoor beskikbaar.
Daar is groepleiers wat met liefde na jul kinders sal omsien. Navrae: Ds Nati / Jaco 082 736 2164
Basaar
Dit was regtig ʼn vrolike fees, die bedrag wat Saterdag ingerol het tydens die basaar was R 152 000,00 Dankie, dankie Here vir U goedheid en guns.
Tik in:
Oorwinnaarsnaweek Die hoofdoel van die naweek is om jou te help om jou vryheid in Christus te verstaan, te (her)ontdek en opnuut te beleef. Tydens die naweek word jy gehelp om verantwoordelikheid vir jou eie lewe en denkproses te aanvaar. Wanneer: 16-18 September Waar: Hervormde Gemeente Nelspruit Tyd: Begin Vrydagaand 18:00 Koste: R200 wat werksboek en etes insluit Navrae en besprekings: Ds Gert MacDonald 082 460 2915 / gertmac@telkomsa.net
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die woord rentmeester is in grieks oikonómos: Oikos = huis; Nomos = wet, beginsel, iets waardeur dinge beheer word – hier: bestuurder. Dus: bestuurder van 'n huishouding. Kom ons kyk hoe is die woord oikonomos in die Bybel Lukas 12: Lukas 12: 39 Maar dit moet julle weet: as die huiseienaar geweet het hoe laat die dief kom, sou hy hom nie in sy huis laat inbreek het nie. 40 Ook julle moet gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n tyd wanneer julle Hom nie verwag nie.” 41 Toe vra Petrus: “Here, is hierdie gelykenis net vir ons bedoel of vir almal?” 42 En die Here antwoord: “Wie is eintlik die getroue en verstandige bestuurder vir wie die eienaar oor sy ander slawe sal aanstel om hulle op tyd hulle kos te gee? 43 Dit is die man vir wie sy eienaar, by sy tuiskoms, so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy! TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werklik
Begroot
850 800 750
700 650
R,000
R’000
600 550
500 450
400 350
300 250 200 150
Alternatiewe manier om jou bydrae te gee is SNAP SCAN Laai die toepassing (APP) af op jou slimfoon. Inligtingspamflet is by die kantoor beskikbaar. Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
P P P P P P
P
P
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .
Ons vra voorbidding vir Hannerie, wat Sondag nie gesond gevoel het nie maar steeds die Here gedien het met haar gawe op die klavier. Ons glo sy voel reeds weer perdfris en gesond! Tannie Elza de Jager (Macadamia), raak swak en was in die hospitaal om ‘n drip te kry. Bid vir krag en genesing. Tannie Annie Kriel van Rustig het geval. Haar linkerheup is gebreek en sy het ‘n operasie ondergaan en is tans in Medi-Clinic. Ons bid dat sy spoedig en volkome sal herstel. Paul vra: Bid asseblief vir ‘n God’s-wyse en -geseënde oplossing vir die transaksies wat die week tussen my familie in Zimbabwe gaan plaasvind. Bid asseblief vir mev Annatjie Burger (sy het Alsheimers) in die sorgeenheid hier in Witrivier vir vrede en rustigheid. Die gesin van Chanelle Otto, wat tragies oorlede is Maandag nadat sy vir breinvliesontsteking in die hospitaal behandel is. Ons bid vir haar tweeling sussie, Chantelle en al hulle vriende, vriendinne en geliefdes, wat met soveel vrae in hul harte voor God staan. Haar roudiens was Vrydag uit ons gemeente gehou. Mag God hulle trane afdroog en hulle styf vashou in die hartseer tyd. Ek wil vra vir gebed vir ‘n persoon wat kwade gevoelens teen my het en asb. Dat die Here my die leiding sal gee om ook die regte stappe te neem en dat ek nie ook met wrokke in my sal rondloop nie. “Here, U ken my en U weet hoe ek voel en wat binne-in my aangaan. Ek wil niemand te na kom of sleg behandel nie. Help U my asb. Here” Johan Campher se Pa, wat Kroonstad toe oorgeplaas is, omdat dit makliker is vir die familie. Dit was maar rof op sy liggaam en hy was baie moeg, ons bid dat hy spoedig sal herstel.
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.
P P
Reghardt O’Neill, student by Potch wat vroeg die week ‘n knie operasie gehad het, ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat Reghardt spoedig en volkome sal herstel. Oom Andy de Beer, wat op die Kerkbasaar geval het. Ons glo dat die besering nie ernstig was nie en bid sommer net vir hom en tannie Nan, dat God hul na liggaam en gees sal versterk en seën met al die wonderlike werk wat hulle doen.
Ons jeug bid so.. …
t My ouma is baie siek. Bid vir haar saam my asb. t Wil asb bid vir my vriendin se pa, wat breinkanker het. Laat God hom genees – Amen t Vriendskap / Verhoudings / Eksamens / My ouers nader aan die Here te bring ... ek bid en bid maar dit werk nie =( t Dankie vir ‘n veilige naweek * Verhoudings in familie [help] * My tannie word steeds mishandel * Kabarette * Eksamens * Sport t Voorbereiding vir Kabarette - Show en vir uitkoms met my ouers se besigheid. t Jana se boetie, wat in die hospitaal is. Maak hom gesond en bring hom veilig terug huistoe.
P P
Ons is dankbaar oor.. ‘n Paar weke terug het Kayla by die Gesinsdiens kom vertel haar pa het sy werk verloor. Verlede Sondag kom vertel Kayla haar pa het weer werk gekry. Prys die Here! ... So sê Jacobus. Gawie en Hulda van der Merwe, wie se babaseun Woensdag gebore is, ons glo dat dit ‘n gesonde geboorte was en dat dit goed gaan met Mamma en baba. Mag God hulle lei en seën as ouers.
Eric is laas Saterdag ontslaan en word nou as ‘n “buitepasiënt” behandel. Op die foto is hy saam sy “GI Jane”vrou Veronica, wat ook haar hare afgeskeer het, toe syne begin uitval het (asook haar Pa). Eric vra dat ons asb. Vir klein Zara sal bid, hier is ‘n stukkie uit sy blog... “We are praying that on Friday we will be able to go back WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
to Nelspruit on a permanent basis and continue the treatment through periodic trips up to Pretoria. The challenge has been where to set the new, temporary boundaries for Zara. There is no doubt Veronica has had to have more patience with her during this time. I’ve been stuck in a room with no chance to get upset or impatient. When I saw Zara for the first time she didn’t want to come to me. She held on to Veronica and cried. A few days on and things have changed. I am her “Daddy” again, but she is still not her usual self...”
Sendeling nuus Die XBCC begin in net meer as ‘n week. Annemarie is natuurlik in die doodsnikke van die voorbereiding vir die XBCC bybelskool. Tans is daar alreeds 24 aansoeke en Annemarie is dankbaar dat sy ook alreeds vier voltydse personeel het en nog ‘n paar personeel het, wat haar sal help met van die ander take soos assessering. Die gebedspunte vir die BCC Bybelskool: P Die sprekers se voorbereiding en vervoer reëlings. P Studente se visas, finansies en ook vir hulle vervoer reëlings. Bid ook dat die Here hulle harte sal voorberei. P Bid dat Annemarie, as skoolleier gefokus sal bly en dat sy God se leiding in elke detail van die skool sal ervaar. P Die studente word ook tydens die drie maande deur personeel gementor word (een-tot-een) Bid dat lewens deur die verhoudings aangeraak sal. P Bid ook nog saam met ons vir ‘n goeie laptop (skootrekenaar). Ons vertrou die Here nog daarvoor. P Bid ook vir my wat die uitdaging aanvaar het om my gunsteling boek, Jesaja, aan te bied. Ek was natuurlik vir ‘n week in Muizenberg vir opleiding. Wat was die lekkerste van die week? …my stap, 7 uur in die oggend, op die strand. Die opleiding was ook darem lekker. Tyd op die strand net beter... Ons was ‘n groep van 40 YWAM’ers van verskillende basisse. Baie van die persone het ek nog nooit ontmoet nie, en dit was dus lekker om verhoudings te bou. Gedurende die afgelope paar weke het ek die geleentheid gehad om “Strength Finders” met die individuele personeel van die “Radical” Dissipelskapskool te doen en kon ek verlede week dit afsluit met ‘n gesamentlike sessie. Omdat ek verlede jaar deel was van die DTS, was dit great om met hulle te kon werk.
Liewe family en vrinne, Die lente is in die lug! Ek staan in verwondering hoe die plante skielik groei, wat morsdood gelyk het in die winter. Mag jy iets van die tinteling van die lente ervaar vandag en hierdie week! Die naweek het my preek en kategese klas gehandel oor die Christen en Politiek. Die teks is 1 Timoteus 2:1 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek et smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. So is dit goed en aanneemlik vir God ons Verlosser wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” Die volgende sake word aangeraak (die stuk is beskikbaar by Antoinette, by die Kerkkantoor) * Klem op smeking, voorbidding en danksegging vir die Regering. * Jy word geroep om jou broeder/suster se 'hoeder'/oppasser te wees ook op 'n breër terrein (Kain en Abel se storie). * Daar is verskillende houdings teenoor politiek, soos Pietisme, Revolusie, status quo en wat ons voorstel - optrede as profete, priesters en konings. * Demokrasie is belangrik, ook om totalitarisme te temper. * Die noodsaak vir die depolitisering van ons samelewing. * Daar word gepleit vir 'n meer wegbeweeg van konflik politiek na onderhandelende konsensus * Meganismes in plek om demokrasie te beskerm in S.A. * Politiek is dus 'n bedieningsveld! * Die beginsel van Soewereiniteit in eie Kring in die politiek (bv. A.B. de Villiers en sport en haarstyle by skole...) * Burgerlike ongehoorsaamheid - mag dit? * Van ons word gevra om die staat te 'heilig'/suiwer * God wil ons land genees - dalk kan dit...? * God soek mense om 'in die gaping te staan' vir SA Ja, die ideaal is dat die samelewing 'geheilig' sal word en dat iets van die eskatologiese visie van Sagaria almeer sigbaar sal word in ons land “Daardie dag sal daar op die klokkies aan die perde se tuie staan: ‘Gewy aan die Here’, en die potte in die huis van die Here sal net soos die offerkomme op die altaar wees. Elke pot in Jerusalem en Juda sal aan die Here die Almagtige gewy wees (Sag 14:20,21). As jy tyd het lees gerus die aangehegte stuk. Maar al lees jy dit nie - 'spare a thought and some time to pray for our government!' CHRISTUS BO ALLES!
Kruger
Goeie dag almal Dit afgelope drie weke voel dit of ons van die een ramp na die ander een gaan. Die afgelope vloede in Skopje het baie mense geraak en ons kon nie hande gevou staan nie. In ons straat was daar gelukkig net twee huise onder water, maar verder weg het 20 mense verdrink en is duisende huise beskadig. Sedertdien het ons huise, binne en buite; begin skoonmaak en kruiwaens modder weggespuit. Baie huishoudings moes alles binne-in weggooi en ons kyk na maniere om mense wat dit nie kan bekostig nie, by te staan. Na 20 maande behoort ons op 10 September te hoor of ons in die “pool” is vir voornemende aanneemouers. Ons het nooit gedink dat dit só lank sou vat nie. Sevgji, die dogtertjie wat ons aanvanklik wou aanneem is intussen sonder ons medewete by ander ouers geplaas! Dit het as ‘n skok gekom, maar ons het vrede gekry daaroor, as jy meer wil weet gaan lees op hierdie blog: http://adoptingladybug.blogspot.mk Ons het op 5 Julie aansoek gedoen vir Zane en Nêo-Rie se paspoorte in Thessaloniki, Griekeland en vandag twee maande later is die aansoeke nogsteeds nie verwerk nie. Hul visas verval einde Oktober en ons moet land-uit indien ons dit nie kry nie! Ons is amper klaar met ons skool vir die jaar. Almal het hard gewerk en ons geniet dit baie om so saam as gesin te leer. Julle kan op die volgende link klik vir foto’s en meer info. http:// ourhomeschoolescapades.blogspot.mk
Die kinders het almal hul verjaarsdae gevier en het deelgeneem aan “Scouts” die jaar. Hulle het dit vreeslik geniet. Om meer te lees en foto’s te sien kan julle na hierdie blog gaan kyk: http://onslewe.blogspot.mk
Seëngroete
Danie Esther, Zane Nêo-Rie &Jac
j
STORIES VAN LEWE:
SEPTEMBER 2016
11 Ons bid vir hulle wat swak in die geloof is. Here versterk ons almal om vas te staan in U. Rom. 15 : 1
12 Here help ons om versoekings te weerstaan. Dankie vir die versekering in 1 Kor. 10 : 13
13 Dankie Here, dat ons deel van U liggaam kan wees. 1 Kor. 12 : 12
14 Here, laat ons nie net deur ons woorde maar ook deur ons dade U woord verkondig. 1 Kor. 14 : 1
15 Dankie Here dat die gebed van ‘n gelowige ‘n kragtige uitwerking het. Jak. 5 : 16b
16 Dankie Here dat U U Gees gestuur het om in ons te woon. Laat ons U liefde uitdra. 1 Joh. 4 : 12
17 Here dankie dat ons gebede soos wierook kan opstyg na U. Openb. 8 : 4
18 Here laat ons opreg wees in ons dade teenoor ander. 1 Joh. 3 : 18
19 Here dankie dat niks tussen U en ons staan nie. Rom. 8 : 38, 39
20 Dankie vir U geduld met ons. Ons hou vas aan U belofte dat U niemand wil laat verlore gaan nie. 2 Pet. 3 : 9
21 Dankie Here dat ons nie meer deur die wet veroordeel word nie. Rom. 1 : 17
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
HUIS BESKIKBAAR
KAMER BESKIKBAAR
ʼn Ruim 3 slaapkamer woonstel met 2 badkamers en heerlike kuierstoep is onmiddellik beskikbaar op plot net buite Witrivier. Dis baie veilig met omheining en alle maatreëls om dadelik in te trek en heerlik te woon. Ongelukkig geen diere. Kontak: André 072 395 5468
Kamer te huur. Woonstel op Yaverlandpad. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Annemarie 076 193 0230
SOEK BEHUISING Soek 3 slaapkamer huis in Witrivier te huur wat diere vriendelik is. Kontak: Marlize 083 529 8542 Soek ʼn kamer om te huur in Witrivier of Nelspruit. Kontak: Johan 084 464 1442
WOONSTEL BESKIKBAAR 1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur vanaf 1 Oktober. Met ʼn afdak. Ongelukkig geen diere. Kontak: Ursula 082 660 9996 013 - 751 3566 1 en half slaapkamer woonstel by Bon Accord woonstel beskikbaar vanaf 1 Oktober. Kontak: Linda 082 831 1641
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by
Gemeente
NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier
NG Kerk Witrivier
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.