Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolkinders
Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Stad op die berg-erediens 18 Sep Noeline Zaayman 20 Sep Miems Raath de Wet vd Spuy Corrie Roodt Chris & Issie Barnard
70 Verjaar 94 Verjaar 80 Verjaar 76 Verjaar 67 Huwelik
Dít het moeiliker as ooit geword. Ek hoef hulle nie te gaan soek soos in die ou dae nie, hulle kom nou sommer self na my toe. In onherkenbare vermommings.
Wanneer val ek daarvoor? Hoe kom ek los daarvan? #stadopdieberg #sondae17:00
Plaas bestellings vanaf Maandag: Lyste by kantoor / E-pos nuus@ngwitrivier.co.za / SMS of WhatsApp 079 223 8321. Bestellings sluit 13 Oktober. Beskikbaar van 3 November Pryse is Maandag beskikbaar
Sondag 22 September
Dinsdag 17 September
08:00 17:00 18:00 18:00
08:30 Erediens & Doop Gebedsbyeenkoms Konsistorie Lofdans Ouditorium Dinsdag 24 September DivorceCare Gebedskamer Erfenisdag Finansiële Bedieningverg. Raadsaal
Woensdag 18 September 10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek
Vrydag 20 September 06:00 Besigheidspersone Bid
Vrydag 27 September
06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
Gebedsfokus
Bovertrek
Ons bid & sê dankie... P
Sean Adlem (12 jaar), nadat hy ’n groot rugoperasie in die Kaap gehad het Woensdag, waar ’n professor die werwel, wat verbrokkel het a.g.v. die beenkanker verwyder het en ’n prostese ingesit het asook ’n fussie gedoen het. Sean sal tot Dinsdag in Pediatriese ICU wees. Ons glo dat die operasie ’n groot sukses was en bid dat die Here Sean volkome sal genees en versterk, sodat hy weer voluit kan kind-wees. Mag die Here vir ma Amor en pa Patrick lei om hom fisies en geestelik te ondersteun, soos wat hy nodig het.
P
Erasmie Olivier, wat ‘n oog operasie ondergaan het, die oog is baie gevoelig en rooi. Ons bid dat die oog volkome sal herstel, sodat Erasmie se sig sommer baie sal verbeter.
P
Marinda Olivier se Mamma wat in Macadamia Frail Care bly, sy laat weet via WhatsApp in die week: “Mamma is glad nie lekker nie, ek gaan haar nie hospitaal toe laat gaan nie, ons hou haar nou net gemaklik en nebuliseer. Bid dat ons Vader haar sal kom haal sodat sy nie meer so ly nie, asb.”
P
Celeste Kotze, nadat sy die week weer ‘n oogspesialis gesien het nadat haar sig skielik verswak het a.g.v. van haar diabetes. Ons is dankbaar vir die verbetering en dat sy weer kon terugkeer werk toe, maar bid dat die Here sal aanhou om wonderwerke te doen sodat sy weer self kan bestuur en beter kan sien, sy sien weer 4 Oktober die dokter.
P
Petro Coetzer se dogter, Juanita het Dinsdag laat weet: “Ons het lanklaas iets gestuur, want dit was ‘n moeilike naweek. En BAIE dankie vir almal se opregte belangstelling en ondersteuning!...” Woensdagmiddag 14:00 is Petro oorlede, 3 maande na haar geliefde Johan. “Here, omvou hierdie gesin met U nabyheid, ook as Uself hul trane afdroog.” Ons eer Petro se nagedagtenis.
P
Belinda Peatzold nadat die eienaar die saak, rakende die oordrag van die huis teëgestaan het, sy het in die week weer die prokureur gesels. “Here, gee asb. ‘n deurbraak in hierdie uitgerekte, onnodige saak. Dankie dat Belinda U nabyheid en guns steeds ervaar. Ons vou haar toe in gebed. Amen.”
P
Ds. Johan Muller (wat nou in die Strand woon). Hy is in die week in die hospitaal opgeneem, vermoedelik a.g.v. ‘n maag wat bloei, ons bid dat die gastroskopie wat gedoen is ‘n groot sukses was en dat hulle behandeling effektief is sodat Johan sommer vinnig beter sal voel.
P
Pieter Briel, wat môre ‘n operasie ondergaan by Mediclinic. Ons bid dat die operasie ‘n groot sukses sal wees en dat hy vinnig en volkome sal herstel.
P
Tannie Nancy Raath het geval en haar heup gekraak. Ons bid vir volkome herstel en min ongemak. Dat dit so goed gaan met klein Janli Kruidenier. Ons glo saam met mamma Liana en pappa Jan-Cor (foto regs) dat sy sommer gou uit NICU ontslaan sal word om huis toe te gaan. Ons sê dankie Here dat sy mooi, self asem haal en so mooi haar melkies drink en groei! Dankie vir die beterskap wat Frans van Wyk ervaar, dit gaan elke dag beter. Ons bid vir rustigheid en geduld op sy pad van herstel.
A
A
Sendeling nuusflitse... Peatzold nuus...
(bron: Sosiale Media)
5 September is Belinda se inskrywing “Going to miss them.” Christiaan en sy vriendin Brisa Troia se tasse is gelaai. Hul is terug Amerika toe. Mag hul studies geseënd wees. Ons hou hul gesin in ons gebede in hierdie routyd. Woensdag stuur Belinda ʼn stemboodskap. Weer besef ons dat God se tydsberekening perfek is. Sy het ʼn tydelike werk gekry by ʼn Fisioterapeut praktyk smiddae. Sy begin Maandag. “Dit gaan my help om weer stadig terug te kom in die fisio werk. Vanaf Februarie kan dit meer permanent word. Pas goed by my tydlyn.” Bernard is amper klaar met rekord eksamen, dit gaan goed. “Here omarm hierdie kosbare gesin van U.”
Van der Walt nuus... Hier is ʼn mooie foto van Spencer en Karin by Lake Louise, op pad terug van Vancouver. Dit gaan goed met hulle. Volgende week deel ons hul nuusbrief.
Spencer se inskrywing 4 September is: “Simeon's first day of high school. (In Canada, high school starts at Grade 9. Academic year starts from September to June. Simeon deep in thought studying his time table.”