OaseNuus
Sondag 16 September
JY is Jesus se liggaam Teksvers: EfesiĂŤrs 1:22 &23 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan - die geur van vars koffie wat reeds vroegoggend die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Stad op die berg erediens Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon. Laat die kindertjies na My toe kom, is woorde van Jesus se bediening wat weerklink op ʼn Sondag as kinders met oop arms ontvang word in die Bovertrek vir hul eie unieke erediens. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Laerskoolkinders Die Gr. 1-6 kinders verdaag later na hul groepies. Dit is die laaste byeenkoms van die kwartaal, dankie almal! ☺☺
VANMIDDAG 17:00
Teksvers: Kolossense 3:1-17 Die kwartaal is verby, kan jy dit glo... By Stad op die Berg gaan ons vanaand leer, geniet en terugkyk na die uitreike.
Almal baie welkom!
Maandag 17 September 16:00 GriefShare 18:00 Apologie gesprek
Sitkamer Kerk
Maandag 24 September Erfenisdag
Dinsdag 25 September
Dinsdag 18 September 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Bluetooth Ouerskap DivorceCare
08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Lofdans Kerk 18:00 Bedieningsleiers beplan Bovertrek DivorceCare Sitkamer
Woensdag 26 September
Woensdag 19 September 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Huweliksvoorbereiding
Konsistorie Kerk Bovertrek Sitkamer
Bovertrek Bovertrek
10:00 Kreatiewe vers 15:30 Dagbestuurvergadering
Bovertrek Konferensie
Ons het NOOD, die seuntjies bokse is nog steeds leeg!
Seuns klere 8-10 jaar Alle ander klere is nogsteeds welkom en ons saai met vreugde namens die gemeente.
Help ons om ons seuntjies aan te trek! Bring kantoor toe asb. Navrae: Antoinette by die kantoor.
18 Sep. Abré & Denisev van Wyk 20 Sep. Miems Raath Corrie Roodt Chris & Issie Barnard Toit & Marnell du Toit
25 Huwelik 93 Verjaar 75 Verjaar 66 Huwelik 21 Huwelik
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!
Vrouebediening Alle vroue in ons gemeente is deel van die Vrouebediening. Omdat dié bediening nie deel vorm van die gemeentebegroting en self verantwoordelik is vir fondse is ʼn bydrae in die spesiale koevertjie (ingesluit vandag) baie welkom. Navrae: Hannatjie
072 563 7823
Kalender
2019
Kalender 2019 loer reeds vir ons... Bestel voor 5 Oktober. Dit is weer in dieselfde formate beskikbaar as hierdie jaar. Daar is 4 keuses - Gemeentekalender, Lessenaarkalender en A5 of A4 boekie. Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Kalenders is vroeg November beskikbaar vir afhaal en betaal. Bestel deur jou:
Keuse + naam + Selnommer te e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za OF WhatsApp / SMS na 079 223 8321 OF skryf jou naam op in kantoor.
Koop vir Kerstyd vir Koop jou vir werkers Kerstyd of iemand in vir jou nood ʼn werkers of ieen NOU!
mand in nood ʼn
Vorms ingesluit vandag / kry by kantoor.
Sluitingsdatum is 31 Oktober.
Ons sluit ook hierdie jaar die Johannes evangelie in Engels in. Asook die Kersverhaal in Afrikaans, Engels, Zulu, Swazi en Portugees.
en vroegtydig,
Plaas asseblief net op een van dié mediums jou bestelling.
Kalender iN volgende formate: Gemeente = R 55
Lessenaar=
R 55
A4 boekie = R 35
A5 boekie =
R 25
sluitingsdatum is Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Werklik
TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Begroot
850 800 750 700 650
600 550 500 R,000
450 400 350 300 250
200 150 100 50 0
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies
Ons bid vir
r
t r r r r
r r r r
“Here, vanoggend tree ek in vir my gesin. In tye van nood is U by ons, maar in die goeie tye vergeet ons van U. Maak ons gehoorsaam, U is ons rots. Breek asb. die sondige neigings in ons huis. Amen.” Henco skryf: Here help vir my deur my kamp volgende week... Na 30 bestralingsessies moet dr. toetse doen om vas te stel of Bets chemo behandeling moet ondergaan. Bid asb. dat as dit die Heer se wil is, dit nie nodig sal wees vir chemo nie. Ben Engelbrecht, wat nog herstel na die motorongeluk, waarin sy vrou oorlede is. Ons bid vir sy herstel fisies maar ook emosioneel na die afsterwe van sy vrou. George Vermeulen is laas week oorlede, kort na hulle na Klerksdorp verhuis het, ons bid vir sy geliefdes en in besonder vir hul 7-jarige seun, mag die Here mense in hul nuwe omgewing Sy hande en voete wees en Sy troos gee. Marthinett Reyneke se swaer en suster (Klaas en Augustia van Heerden, Bloubergstrand). Augustia het so 3 weke gelede ‘n skouervervanging gehad en nou is Klaas opgeneem met breinvliesontsteking. Hy was vroeër die week baie siek in ICU gewees. Ons bid vir hierdie vreeslike uitdagings: fisies en emosioneel, dat die Here hulle sal lei en dra. Tant Nellie Labuschagne (Fred Berrington se ma), wat in die week opgeneem is in Busamed hospitaal met ‘n outo-immuunsiekte. Sy sukkel baie met bloedsirkulasie in beide voete en dis baie pynlik, sy weeg tans 40.3kg. Oom Martiens Duvenhange is ook steeds in Nelmed en ons bid dat hy die Here se nabyheid en versterking sal beleef: fisies en geestelik. Phil Wiid en sy twee kinders na die skielike afsterwe van Hannetjie Dinsdagaand. Mag die Here hulle trane afvee en omvou met Sy vrede in hierdie routyd. Zion Verster (nou 8 maande oud). Ons het vir hom net na sy geboorte ingetree. Hy het weer terugslae beleef en was in die hospitaal, waar hulle vir hom grommits ingesit het. Hy was net 2 wekies by die huis en toe is hy weer in die hospitaal opgeneem vir ‘n lumberpunch, sonar, bloed getrek en X-strale geneem. Al die toetse dui op baie vergrote adenoïdes. Nou sukkel klein Zion om asem te haal a.g.v. ‘n infeksie in sy longetjies, en daarom kan hul nie die adenoïdes opereer nie. Ons bid dat die operasie, wat geskeduleer was vir Woensdag. Oumagroot (tannie Bokkie) laat weet operasie het goed afgeloop en hy is by die huis. Ons GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE?
IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
r
bid vir hom, sy ouers (Marcel & Anika) en die hele familie. Ons glo ons Vader sal met hom wees en dat alles goed sal gaan. Jennifer, wat gevra het vir ‘n oorplasing na Nelspruit Gevangenis. André vra dat ons sal bid dat hierdie oorplasing goedgekeur sal word en dat sy spoedig vrygelaat sal word.
Dankie Heer
Cornelle skryf: “Dankie Heer, vir groei in ons besigheid, dankie dat ons gemotiveer is om oplossings en groei te bereik. Here, U maak deure oop wat geen mens ooit van kan droom. Dankie getroue God vir U onvoorwaardelike liefde!” Dat Ernan le Roux baie beter is na hy malaria gehad het, ons bid dat die Here hom volkome herstel sal gee en ook dat sy energievlakke vinnig sal optel en hy weer voluit kan kind wees.
Sendelingnuus van Boetie en Gretha
Liewe Vriende,
Fondse bly maar altyd ‘n uitdaging en so is dit ook met die fondse van Petra Instituut. As fondswerwer of beleggersontwikkelaar (soos ons deesdae bekend staan) lê die fondse van Petra ons ook na aan die hart en wend ons elke moontlike poging aan om mense bewus te maak van Petra Instituut en die werksaamhede daarvan. Tans werk ons in die gebied Frankfort, Reitz en Petrus Steyn. Ten spyte daarvan dat die sake in die Landbou maar onseker lyk, vind ons dat die boere steeds positief bly ten opsigte van hulle ondersteuning aan Petra. Ons is ook bevoorreg dat ons hierdie keer ook verwysings van ‘n paar jonger boere kon kry. Ons bid dat hulle positief sal reageer op ons besoek en voorlegging en as getroue beleggers sal deel word. Ons beplan om die res van die maand en die begin van September ook nog nuwe persone te nader in Pretoria en Heidelberg en dan sal ons ook ‘n draai in Bloemfontein gaan maak. ‘n Sendeling-vriendin van ons is by Bybelvertaling betrokke en sy moet vir ‘n maand in Etiopië gaan werk. Sy woon in die Strand. Sy het ons genader om vir die maand haar huis en honde op te pas. Ons beplan dus om van 14 September tot 14 Oktober in die Strand te wees. Ons beplan om dan ook die geleentheid te gebruik om ook nuwe areas te begin ontgin, deur nuwe beleggers betrokke te probeer kry. Wat die opleidingsgeleenthede betref, het dit baie goed gegaan en was dit vir Gretha ‘n voorreg om van verskeie projekte deel te kon wees. By die Lig-Kinderbedieningprojek kon ons reeds 3 van die 5 geleenthede voltooi . Na afloop van hierdie eerste fase van opleiding sal Gretha ook verder deel wees van fase 2, waar die opleiers in die gemeenskap ontplooi sal
word. Gretha sal ook op 29 Augustus en 5 September geleentheid kry om in Vereeniging aanbiedings te doen vir ‘n groep dames. Ons loof die Here vir elke geleentheid wat oor haar pad kom. Gebedspunte: Loof die Here vir elke opleidingsgeleentheid en bid saam dat Hy die saad wat gesaai is sal laat groei en laat vrug dra. r Bid asseblief vir effektiewe landsontwikkeling en veral vir nuwe jong beleggers wat kan inkom en ook vir Petra se finansies. r Bid ook vir nuwe geleenthede in die nuwe areas waar ons gaan beleggingsontwikkeling doen. Loof die Here, dit gaan goed met ons gesondheid. Baie dankie vir julle getroue ondersteuning aan ons. Groete...
Boetie en Gretha Lourens
Geopende deure
#35
SentraalAfrikaanse Republiek
“Sommige van my familielede bel my en is verras om te hoor dat ek nog lewe.” SAR, ʼn land sonder ʼn seehawe, is sedert die 2013 krisis erg verdeeld. Die burgeroorlog het die houdings van beide Christene en Moslems verander, en daar is nou baie wantroue tussen die twee groepe. Een van die hooffaksies wat oorlog voer is die Séléka-groep, wat Moslems gemobiliseer het vanuit ʼn deel van die land wat historiese misgekyk is. Die konflik is hoofsaaklik tussen die Séléka en die anti-Balaka (ʼn militantegroep wat bestaan uit animiste en nominale Christene), en dit is ʼn bron van die vervolging wat Christene ervaar. Christene is hoofsaaklik aangeval en geïntimideer deur die Séléka, maar ook deur die anti-Balaka. Kerke en pastore is die hoofteikens. Christene met ʼn Moslemagtergrond, in gedeeltes van die land waar Moslems oorheers, ervaar ook druk van hul familie en gemeenskap as gevolg van hul Christengeloof. Die konflik en onstabiliteit in die land maak dat bekeerling veral kwesbaar is vir geweld en vervolging. Sedert 2013 word Geopende Deure se programme oorheers deur ondersteuning vir die Kerk in krisis, dit volg na die staatsgreep, uitgevoer deur die Islamitiese Séléka in Maart 2013. Ons werk nie net om die toestand van die Kerk in die land te beklemtoon nie, maar ook om die Kerk by te staan deur die voorsiening van emosionele en fisieke verligting vir Christene wat deur geweld geteiken word.
Bestel by kantoor: L 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak L 1 liter kokosneutolie @ R80 elk Skryf jou naam op in die kantoor OF SMS/WhatsApp na 079 223 8321
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses.
Wie is (die
historiese) Jesus?
Navrae: Annalise 082 958 3874
Q Is die Jesus waarin Christene glo, dieselfde
Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.
Jesus wat regtig geleef het? Q Of het die verhale oor Jesus “stertjies” bygekry? Q Is Jesus se wonderverhale nie dalk bietjie aangedik nie? Kortom, is die Bybel betroubaar oor wat dit aangaande die historiese Jesus sê?
Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak
Maandag 17 September om 18:00 in die kerk kom praat Dr Ross Hickling met ons oor
die getuienis wat ons van die historiese Jesus besit, en of die Bybel betroubaar is. Dr Hickling het studeer aan die bekroonde Biola universiteit in die VSA, en is tans besig met verdere doktorale studies aan NWU. Hierdie aand gaan jou geloof stig en jou bemagtig om skeptici te beantwoord wat beweer dat Jesus niks meer as ‘n feeverhaal is nie.
Nooi gerus vriende saam!
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND. Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256
Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,
kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321