OaseNuus 22 September 2019

Page 1

Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.


Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

D O O P

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Baie welkom aan die nuwe Dooplidmate, Nieke Potgieter en Tristan van Rooyen. Ons sien uit na julle grootword en deelname aan ons gemeente aktiwiteite.

Geluk aan hul ouers, mag hulle put uit die Bron van wysheid met hul opvoedingstaak. A Pieter & Nadia Potgieter A Anton & Michelle van Rooyen

22 Sep Johan Swart 70 Verjaar 23 Sep Johan & Antoinette J.v. Rensburg 47 Huwelik Coennie & Flo vd Spuy 47 Huwelik 24 Sep Wessel van Aswegen 91 Verjaar 26 Sep Ursula Meyer 73 Verjaar 27 Sep Koos de Klerk 79 Verjaar 28 Sep Lena Coetzee 88 Verjaar Frans Pretorius 73 Verjaar Piet & Susan v.d Merwe 51 Huwelik Boy & Karen Eksteen 45 Huwelik

Vanjaar stel ons 300 boekies gratis beskikbaar, om in aanmerking te kom, moet jy nog steeds jou bestelling instuur. Gemeentekalender - Ringbind Gemeentekalender - gaatjies+lint Lessenaarkalender A4 boekie A5 boekie

R60 R40 R40 R30 R15

WATTER formaat kalender + jou naam: / Lyste by kantoor / / E-pos: nuus@ngwitrivier.co.za / / SMS of WhatsApp: 079 223 8321

Bestellings sluit 13 Oktober Beskikbaar DV 3 November


Vrydag 27 September 06:00 Besigheidspersone Bid

Woensdag 2 Oktober

Bovertrek

Dinsdag 1 Oktober 08:00 14:00 17:00 18:00

10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Donderdag 3 Oktober

Gebedsbyeenkoms Konsistorie Bloed skenk Voorportaal Lofdans Ouditorium Laerskoolbedieningverg. Konsistorie

18:00 Omgeeleierstoerusting Voorportaal

Vrydag 4 Oktober 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Gebedsfokus Ons bid & sê dankie...

P Henco Strydom wat Maandag in die hospitaal opgeneem is vir verdere behandeling vir

P P

A

A A

A

A A A

sy outo-immuunsiekte (Vasculitis). Henco is reeds 3 weke uit die skool en dit is vir hom baie sleg om siek te wees en weg van sy maats en skool. Mag die Here die dokters wysheid gee vir akkurate behandeling. Hans, vir volkome herstel na 3 oog operasies en dat sy sig volkome sal terugkeer. Marni (dogter van Marinda en Pierre Olivier) wat in die hospitaal opgeneem is die week met moontlikheid van breinvliesontsteking/varkgriep. Die toetsuitslae het geen infeksie gewys en verdere toetse moes gedoen word. Ons bid dat ’n akkurate diagnose reeds gemaak is en dat Marni reeds baie beter voel en vinnig sal aansterk. ‘n Anonieme briefie juig: “Dankie Heer vir die groot wonderwerk wat U vir Ruline gegee het die naweek...” Dis heerlik om te weet God is goed en Hy gee vir ons guns en dat wonderwerke nog elke dag gebeur. Mag ons geloof versterk word wanneer ons teenoor mekaar getuig van Sy krag en wonders in ons lewens. Frans van Wyk wil dankie sê vir elke gebed, elke mooi woord, elke goeie wens... DANKIE bowenal aan ons getroue God wat elke treë saam stap! Ons dank God vir die Koskas en hul volgehou toewyding om soveel mense se lewens te verryk en prakties te wys hoe God se hande en voete lyk en werk. Mag die Here hulle seën en toerus en krag gee vir die res van die jaar en die belangrike werk wat hul doen om aktiewe getuienis te wees in Sy koninkryk. Here seën asb ook die Koskas-bouprojek. Ons dank God saam met die Adlem gesin, ma Amor het op Facebook gedeel: “Fantastiese nuus met groot dankbaarheid in alle eer aan ons Vader!! Sean is ontslaan vanoggend (Dinsdag) en sterk aan by Ouma n Oupa in die Strand tot ons opvolg afspraak Maandag (23/09/19) waarna ons in vol vertroue glo ons sal kan terugkeer huis toe. Ons dank God vir almal by UCT Akademiese Hospitaal in Grootte Schuur wat so mooi na hom gekyk het. Dankie vir elke gebed, gedagte, omgee en liefde deurgaans, wat ons die krag in gebed elke dag ervaar!” (Ons bid nou vir die histologie uitslae op die T7-kankerwerwel wat op gewag het en gaan bepaal of Sean bestraling sal moet kry...) Ons dank God vir Belinda Peatzold wat laat weet het dat haar eerste werksdag die week baie goed gegaan het. Prys die Here!!! “Dis ‘n klomp gawe mense en pasiënte!” Marinda Olivier laat weet: Mamma (wat in Macadamia Frail Care bly) is effe beter, ons sê dankie vir elke gebed wat haar en ons dra in hierdie tyd, want ons besef haar uurglas loop stadig maar seker leeg. Tannie Joan Pienaar salueer vandag elke vrywilliger van die Kos- en Klerekas. Dankie aan elkeen wat getrou op ‘n Maandagoggend aanmeld en met soveel liefde en deernis elkeen bedien wat hul pad kruis. Weet ons waardeer julle!


A Ons het hierdie pragtige foto (regs) van Spencer

en Karin gekry en hulle tik: “Die laaste warm dae van 2019 is op ons. Ek en Karen het saam met Rick en Ruth by die rivier fiets gaan ry. Die bome se blare lyk so mooi met al die kleure, maar die winter is op pad. Ons is so dankbaar dat ons hier onder sulke kosbare mensies kan werk. Hulle deel ook hierdie nuus:

Liewe Witrivierders! Dis nou net so bietjie oor 'n jaar dat ons hier is. Wat vir ons verstommend is, is dat die aanpassing amper net soveel uit ons uit geneem het soos wat dit was om in Indië te wees! Die verbasende deel is dat mens dink dat dit 'n eerste wêreld land is en dat almal Engels praat en dat dit dinge makliker sal maak, maar dis glad nie die geval nie. Simeon het gister met Hoërskool begin, Reuben is in Matriek en Bennie gaan graad 5 toe. Dis vir hulle amper moeiliker om by die skole hier aan te pas as wat dit in Indië was. Hier is baie, baie immoraliteit, selfs die onderwysers vloek en dwelms is volop. Ons as ouers het 'n hol kol op die maag as ons aan al hierdie dinge dink! Rick en Ruth beplan om in Januarie uit te tree en het al begin dinge in daardie rigting instuur. Dit beteken dat ek en Karen dan die bediening by hulle sal oorneem en hopelik dan ook dat die vergoeding ook na ons toe sal aanskuif. Karen het ook uiteindelik haar “Open Workers Visa” gekry, wat beteken dat sy nou ook vergoeding kan ontvang. Ons bid hard dat Karen dalk werk kan kry by “Open Doors”, waar sy Engels vir Hindi en Urdu sprekers kan gee en dan kan dit ook 'n kontak punt wees om mense na die kerk toe te nooi. Ons visums verval ook in April volgende jaar, so ons is in die proses om dit te verleng maar ook om aansoek te doen vir ons “Permanent Residence”, wat sal beteken ons hoef nie meer visums te hê nie! Alles kos natuurlik geld! Ons is op 'n goeie "plek" as gesin. Ek is besig om iets hieroor in ons opkomende nuusbrief te skryf en sal probeer om dit spoedig deur te kry. Ons was nou net in Chilliwack as gesin en het net oor die 3500km afgelê soontoe en terug vir 'n gesins konferensie en ek en Karen moet in Oktober weer vir 'n week af gaan vir 'n “Missionary Development Program”, wat ons verplig is om te doen een keer 'n jaar. Ons het deur die Rockies gery en dit was verstommend mooi. Persoonlik is dit ook die beste "plek" wat ek ooit kan onthou waarin ons self bevind in ons 22 jaar getroude lewe. Indië het ons as man en vrou baie skade berokken en dis absoluut ons eie skuld, maar uiteindelik is ons besig om mekaar diep in ons siele te ontmoet. Die seuns self doen baie goed maar dit het lank gevat voordat hulle goeie vriende kon kry en gewoond te kon raak aan die skole hier. Finansieel gaan dit so klein bietjie beter, maar moes ons gereeld ons kredietkaart gebruik om net te probeer oorleef so ons is in die proses om dit stelselmatig te probeer af te betaal. Die rand het baie teenoor die dollar verswak. Hopelik, as Karen dan werk kan kry en ek die "salaris" as Pastoor, sal ons bietjie beter kan doen. Bid asseblief vir Reuben. Omdat hy 'n jaar terug gesit is met ons terugkeer uit Indië is hy nou 18 hier in sy laaste jaar op skool. Dit beteken hy word nou as "an adult" gesien en sy visum aansoek sal op 'n ander manier voor aansoek gedoen moet word veral as hy dalk nie nou dadelik hier universiteit toe kan gaan nie. Ek sal bietjie meer oor hierdie en ander dinge uitbrei in die opkomende nuusbrief. Liefde en groete vir almal en weet dit: sonder julle bystand en liefde sal ons dit nooit hier in Kanada kan maak nie! Die bediening groei en ons het so rukkie terug vier “First Nations” Indiane gedoop (Jodie en haar seun) is deel van die groep gewees.

Al ons liefde Spencer, Karen, Reuben, Simeon & Benjamin


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.