Sondag 23 September 2018

Page 1

OaseNuus

Sondag 23 September

Waarom maak God nie ʼn einde aan swaarkry nie? Skriflesing: Efesiërs 1:7-14


Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan - die geur van vars koffie wat reeds vroegoggend die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Laerskoolkinders Die Gr. 1-6 kinders Geen groepies, dit is langnaweek en vakansie. Lekker rus almal!

GEEN, Stad op die berg-erediens Dit is langnaweek en vakansie.

Ons het nog NOOD, die seuntjies bokse is steeds laag!

Seuns klere 8-10 jaar Alle ander klere is nogsteeds welkom en ons saai met vreugde namens die gemeente.

Help ons om ons seuntjies aan te trek! Bring kantoor toe asb. Navrae: Antoinette by die kantoor.

Maandag 24 September Erfenisdag

Dinsdag 25 September 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Bedieningsleiers beplan

Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Woensdag 26 September 10:00 Kreatiewe vers 15:30 Dagbestuurvergadering

Bovertrek Konferensie

Konsistorie Dinsdag 2 Oktober Kerk 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Bovertrek


Die inhoud van die pak hang af van wat in ons spens is, dit sal nie minder wees nie, liefs meer! Word verpak in ʼn kartonboks.

Good News Translation - John  3 Verskillende blikkies kos  Rys  Mieliemeel  Soppoeier  Sout  Soja Maalvleis  Suiker  Tee  Pakkies aanmaak koeldrank  Bestellings sluit 31 Oktober.  Koekies  Lekkers  Die pakke sal gereed wees vir afhaal tussen  Chips 19 - 30 November 2018  Koekie seep 

Die inkomste van hierdie projek word teruggeploeg in die Maandpakke wat gedurende die jaar aan ons kliënte uitgedeel word. Jou ondersteuning maak ‘n groot verskil in die nood van ons gemeenskap. Baie, baie dankie! Voltooi en stuur saam met betaling na: getuie@ngwitrivier.co.za of SMS/WhatsApp 079 223 8321 Bestellings sluit 31 Oktober 2018 Die pakke sal gereed wees vir afhaal tussen 19 - 30 November 2018 

Naam & Van: ________________________ Selnommer: _______________ ______ geskenkpak @ R150 elk

Totaal verskuldig: R__________

Betalings metode: Kontant / Internet oorbetaling / Snap Scan BANKBESONDERHEDE NG Gemeente Witrivier ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Kerspak + jou naam

Navrae: 013 - 751 2605 getuie@ngwitrivier.co.za


Kalender

2019

Kalender 2019 loer reeds vir ons...

Kalender in volgende formate: Gemeente = R 55

Lessenaar=

R 55

A4 boekie = R 35

A5 boekie =

R 25

Bestel voor 5 Oktober. Dit is weer in dieselfde formate beskikbaar as hierdie jaar. Daar is 4 keuses - Gemeentekalender, Lessenaarkalender en A5- of A4 boekie. Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Kalenders is vroeg November beskikbaar vir afhaal en betaal.

Bestel deur jou: Keuse + naam + Selnommer te e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za OF WhatsApp / SMS na 079 223 8321 OF skryf jou naam op in kantoor. Plaas asseblief net op een van diĂŠ mediums jou bestelling.

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 23 Sep. Johan & Antoinette J v Rensburg 46 Huwelik Coennie & Flo vd Spuy 46 Huwelik 24 Sep. Wessel van Aswegen 90 Verjaar 25 Sep. Tertius & Mariann Olivier 25 Huwelik 26 Sep. Ursula Meyer 72 Verjaar 27 Sep. Koos de Klerk 78 Verjaar

28 Sep. Lena Coetzee Frans Pretorius Piet & Susan vd Merwe Boy & Karen Eksteen 29 Sep. Koos & Rosa de Klerk 30 Sep. Ena Maartens

87 Verjaar 72 Verjaar 50 Huwelik 44 Huwelik 56 Huwelik 79 Verjaar

Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

5 000 4 500 4 000 3 500 3 000

R'000

2 500 2 000 1 500 1 000 500 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies


Ons bid vir r Die afgelope week begin met hitte + winde = brandgevaar, met ʼn rookwolk en die reuk van rook wat ons neusgate vul, weet ons die aarde brand. Op 4 plekke in ons omgewing het brande gewoed. Heidelvallei, Brondal, Spioenkop en laat Woensdag op ʼn plot teenaan die Buscor busterminus, daar het wel 1 huis afgebrand, maar oor die hele gebied is geen ongevalle aangemeld nie. Ons harte gaan uit vir almal wat skade gelei het en ons dank en eer die Here vir geen lewensverliese. Asook die brandbestryders wat ure in moeilike omstandighede volhard het en enduit brande geblus het, soveel vrywilligers het gehelp. Dankie dat ons weet in ure van nood is ons mede-Witrivierders daar om te help. Donderdagoggend was al die brande buite gevaar. Mag Hy uit hierdie stof nuwe lewe bring en ook nuwe hoop vir almal wat daarna smag. Ook dink ons met teerheid aan die jong skoolseun van Reitz wat sy lewe verloor het in ʼn brand in die Vrystaat waar die brande ook woed het. r Ons dra spesiaal vir Elsa Keyser op wat Dinsdag ʼn heupvervanging operasie moet ondergaan. “Here, wees U met haar, die dokters en personeel wat haar versorg, asook haar geliefdes wat haar bystaan. Ons roep oor haar Jehovah Rapphai.” r Liana Kruidenier, wat heel week sukkel met erge naarheid en hoofpyne. Sy is Dinsdagaand in Kiaat hospitaal opgeneem en het Woensdag oggend ‘n MRI gekry, om vas te stel wat hierdie simptome veroorsaak. Ons bid en glo dat die dokters reeds ‘n oplossing vir hierdie slegte simptome gekry het en dat Liana reeds baie beter voel. Mag die Here haar volkome genees. r Brandon Macaulay, wat in die hospitaal opgeneem is nadat hy erge koors gehad het. Daar is baie toetse op hom gedoen en malaria, sowel as breinvliesontsteking is uitgeskakel. Ons bid dat die virale infeksie, waarvoor hy behandel word, vinnig sal opklaar en dat hy reeds by die huis is en volkome sal aansterk. r Dries Lombaard, ons het die volgende WhatsApp vroeër die week van Nita ontvang: Ons is in Grootte Schuur hospitaal. Dries is vir 3 weke in isolasie en het vanoggend 04:00 begin met medikasie en chemo. Die stamseloorplanting sal enige tyd van die 25ste gebeur. Ons is so dankbaar dat dinge uiteindelik gebeur na maande se wag. Dries lyk en voel goed en ek het darem my “eie wiele” en is nou braaf genoeg om die “Kaapse verkeer” aan te vat. Ons bid vir Nita en Dries terwyl hy besig is met die behandeling vir sy kanker. Mag dit suksesvol wees en mag die Here hulle seën daar in die Kaap. r Marthinett se swaer (Klaas), wat steeds in ICU is in die Kaap. Hy het ook steeds koors en vroeër die week het hulle gewag vir bloeduitslae, hulle het ook beplan om hom te speen van die ventilator, maar dit was nog onsuksesvol laas toe ons nuus gehoor het.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


r Tannie Monica (Agnes en Hans se ma) het laas Donderdag ‘n beroerte gehad. Ons bid dat dit reeds baie beter met haar gaan en dat die Here volkome herstel sal gee. r Al die mense wat geliefdes aan die dood moes afstaan, mag God hul troos wees en Self hulle trane afdroog. r Attie Ackerman, wat vir ‘n groot operasie gegaan het in die week, ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat die Here Attie na liggaam en gees sal versterk, ook vir Susan wat hom bystaan. r Skole in en om Witrivier asook elke leerling en personeellid, veral ook dra ons die Bestuur op en plaas almal in die Here se hande. Ons bid vir Sy hart vir Sy kinders (groot en klein), dat ons Sy genade sal beleef in die skole tussen ouers en onderwysers en leerlinge... Mag God grootgemaak word en geëer word in die klasse, op die speelgrond en in die personeelkamers. Vir besluite: groot en klein wat geneem moet word en waar baie leerlinge se toekoms op besluit en gevorm word hier, mag die Here die besluite neem en toegelaat word om Sy wil te laat geskied.

A

Dankie Heer Nuus

“Dit gaan elke dag beter met Ernan en hy begin al meer homself word.” So laat weet Inge verlede Sondag. Ons vertrou dat hy sommer vinnig al die simptome sal afskud.

Beste Mede-bidders, Die geboue van Petra Instituut, net buite Witrivier, is in die mark om te verkoop. Ons het ‘n paar belangstellendes, maar nog nie ‘n geskrewe aanbod nie... Verlede jaar tydens my uitbranding, weg van my woonstel in Witrivier, het ek begin besef die Here sê ek moet my regmaak om weg te trek vanaf Petra-berg, buite Witrivier. Dit was nie ‘n verskuiwing weg van Petra as ‘n organisasie af nie, maar net huis verskuif (wat dan kantoor in-sluit). As organisasie het ons aanbiedinge gekry om kantoorruimtes in Pretoria, asook Wellington. ‘n Ander faktor om oor te dink: was my ouers in Bloemfontein, wat meer gereeld gesondheidsprobleme kry, wat dan die gastehuis kan affekteer as my pa nie tuis kan wees nie. Ek het intensief navorsing gedoen oor verblyf- en vervoerkostes (rondom bly in Pretoria, of Wellington of Bloemfontein). Hier het ek besef dat ek glad nie kan bekostig om maandeliks huur te betaal (meer as die “net onder duisend rand”, wat ek tot nou op Petraberg betaal het) nie. Met die verkeer en “ure vassit” in die verkeer, is my voertuig ook nie betroubaar genoeg daarvoor nie. Dus was die enigste logiese antwoord vir my om Bloemfontein toe te trek. Net na die besef, asook begin rou, om weg te trek van my woonstel op Petraberg en my wonderlike uitsig (sien foto regs van my November-uitsig), kry ek ook bevestiging deur ‘n vriendin. Vir my program was einde Maart die beste vir trek en het ek toe my voet op die water gesit en ’n stap in geloof geneem en begin beplan om net voor Paasnaweek Bloemfontein toe te trek. Met my trek na Witrivier in 2005, het ek besluit om dit te doen soos ek gedoen het met Mosambiek: kry


tweedehandse meubels by pandjieswinkels aan daardie kant, en wanneer ek weer trek, verkoop ek dit weer terug aan hulle, of gee dit net weg. Die ander deel van die plan was om net alles wat in my kar kan pas, saam te trek. Dit was toe nie heeltemal so eenvoudig nie. Die meubels se plan het uitgewerk, maar al die ander goed, nadat ek baie uitgedun, weggegee en uitgegooi het, was nog steeds te veel vir een vrag in die Conquest. Ek het toe ondertussen (in Junie) nog ‘n vrag Bloemfontein toe gebring, maar daar is omtrent nog ‘n karvrag vol huis- en kantoorgoeters wat ek stoor. Ek mis die mense en elke-dag roetine van Petra. My nuwe roetine moet ek nog vestig (omdat ek elke 2de of 3de week weg is, sukkel ek om ‘n roetine vas te kry vir die rustiger kantoortye.) In Bloemfontein bly ek nou by my ouers. Ek eet en bly by hulle in die huis (stoor al my goed ook daar, tot my pa se ergernis). Vir huur, gee ek werkure in die gastehuis. My stuurgemeente: NG Hugenoot het ‘n kantoor beskikbaar gestel, wat groot genoeg is om ‘n kursus in te kan aanbied. Ek wonder nog wat om by die kantoor te doen wanneer ek daar is, maar dit sal nog regkom en die tye vol kom met kinders sien - vir kinderberading. Op Dinsdae oggende woon ek ook leraarsforum in die kerkkantoor by. Ek het ook met ‘n laerskool en ‘n hoërskool kontak gemaak, vir hulpverleking met traumaberading aan kinders. Hiermee saam neem die aanpassing van bly in Bloemfontein baie emosionele energie, om nie eers te praat van die aanpassing by die “permanente koue” in die winter nie. Ek was van 11-18 Mei saam om ons nuwe opleiers Port Elizabeth toe om te help met die opvolg-kursus. Ons studente werk almal met weeskinders en is huismammas of maatskaplike werkers. Hannes, heel agter links het verlede week ‘n hartaanval gekry en is oorlede. Hy was predikant in die Anglikaanse kerk in P.E. en los ‘n groot plek oop. Bid asb. vir sy geliefdes se routyd en dat die Here nuwe werkers sal stuur sodat die werk sal voortgaan wat Hannes mee besig was. RCM staan vir Relational Children’s Ministry, wat ons aanlynkursus is. Ons het 3-8 Junie ‘n tweedejaars kontak-week by Petra in Witrivier gehou. Ek was nie oorspronklik op die span hiervoor nie, maar kon vir iemand instaan wat moes onttrek weens `n familie-krisis. Dit was lekker om te kon help, maar die bonus was om tyd te spandeer met die studente. Hulle is almal ernstig in kinderbedienings betrokke en werk die hele tyd met kinders. ns was in Leeufontein (noord van Pretoria) 2-6 April. Ons jongste student Karabo, was 7 maande en ons oudste was 70 jaar, maar albei het uitreike bygewoon. Hulle was ‘n groot aantrekkingskrag by die uitreike en kinders het ons ingewag. Die opvolg is in Oktober hierdie jaar en jul kan saam ons daarvoor bid vir seën, guns en beskerming.

♥ Riëtte

Botha

Bestel by kantoor: L 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak L 1 liter kokosneutolie @ R80 elk Skryf jou naam op in die kantoor OF SMS/WhatsApp na 079 223 8321


Ons gemeente missie

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses.

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

Navrae: Annalise 082 958 3874

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

BEHUISING BESKIKBAAR 2 Slaapkamer Duplex woonstel beskikbaar by Pelindaba Place met lekker groot stoep en leefarea beskikbaar. Ongelukkig geen diere nie. Kontak: 073 896 4762

Navrae: Wilna 082 335 5295

Enkel woonstel vir enkellopende persoon te huur. Kontak: Pulaan 083 449 1259 Eenmanswoonstel in Witrivier beskikbaar. Slegs enkellopendes, ongelukkig geen kinders en diere. Kontak: Tokkie 082 826 1099 Groot eenslaapkamer woonstel in Bon Accord beskikbaar onmiddelik. Sluit water en elektrisiteit in. Kontak: Bertie 083 628 0209 Elsabé 013 750 1811

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Manspersoon het ʼn kamer om te deel beskikbaar, in ʼn 2 slaapkamer woonstel wat sentraal geleë is. Kontak: André 076 022 7950 SOEK WERK Soek werk as ‘n toesighouer, drywer (het kode 14 lisensie) of swembaddens skoon te maak. Kontak: Boet 073 131 7463 Man (41) met ʼn gesin. Is dringend opsoek na werk. Het EC1 met PDP vir goedere. Semi geskoolde ketelmaker. Sober gewoontes. Woon in Witrivier. Kontak: Louwrens 076 620 5374

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Manie 071 930 7853 vir ʼn afspraak

Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256

Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,

kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.