OaseNuus 8 September 2019

Page 1

Sondag 8 September

Hoe moet jy jouself sien? Spreuke 27:19


Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Laerskoolkinders

Stad op die Berg kuier by NG Moedergemeente Nelspruit op 1 September

Stad op die berg-erediens

Mense kan ons seermaak, maar saam met mense bereik ons ook ons hoogste hoogtes. Skriflesing: Kol 3:18-22

Kom kyk Sondagaand waartoe jy in staat is - en hoe om dit te doen. Daar is heerlik gekuier om wafels en roomys. Baie spesiale getuienis is spontaan gelewer. #godisaandiewerk


Gebed by Nagmaal

Here God, Met Woord en sakrament voed u u gemeente tot die ewige lewe. waar ons nou weer uitmekaar gaan terug na ons huise toe, dank ons U dat ons kan gaan met die wonderlike versekering van U verbondenheid aan ons. En ons wil dan ook nou bid: Vir almal wat gebuk gaan onder sware laste; Vir almal wat lyding, pyn, hartseer en kommer in hulle lewens het: die siekes, die sterwendes; die bejaardes; die swakkes; die eensames; die armes; die wese; almal wat verdruk word, verskop is; misbruik word. Vir almal wat soekend is na die Lig en die Lewe. Vir almal wat deel het aan die verkondiging van die evangelie - tot aan die eindes van die aarde. Vir die owerhede en die maghebbers van ons dag. Ons bid vir ‘n wêreld waarin geregtigheid en vrede mekaar kus; ‘n wêreld waarin die kleinste, die geringste mens ‘n lewe van menswaardigheid kan leef. Tot u eer. Amen. Deur: Dr Bobo van Zyl

Sondag 8 September 08:30 Nagmaal & Spogbroodjie-ete

Maandag 16 September 17:30 Kom word nuutverg.

Dinsdag 17 September

Maandag 9 September 17:30 Kom word nuutverg.

Bovertrek

Dinsdag 10 September 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare

Konsistorie Ouditorium Gebedskamer

Woensdag 11 September 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Donderdag 12 September 15:30 Dagbestuurvergadering Raadsaal 18:00 Kerkraadsvergadering Konsistorie

Vrydag 13 September 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Bovertrek

08:00 17:00 18:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Konsistorie Lofdans Ouditorium DivorceCare Gebedskamer Finansiële Bedieningverg. Raadsaal

Woensdag 18 September 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Vrydag 20 September 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Sondag 22 September 08:30 Erediens & Doop


Rustig kollekte by die deure

19 Oktober by NG Witrivier 19:00 Kaartjies: R120 / volwassene R50 / Laerskoolkind Bespreek:

www.quicket.co.za of by kantoor ALLE PLEKKE IS BESPREEKTE SITPLEKKE 8 Sep 9 Sep 10 Sep 11 Sep

Spurgeon van Wyk Jerry & Trudie du Plessis Dries & Anna van Dyk Magriet van Rooyen Raymond & Rina le Clus 12 Sep Ray de Jager Bert Houy 13 Sep Annie Sassenberg 14 Sep Judy de Bruin Cecile Dorfling

75 Verjaar 41 Huwelik 59 Huwelik 89 Verjaar 48 Huwelik 83 Verjaar 75 Verjaar 79 Verjaar 81 Verjaar 74 Verjaar

Hier is ʼn geleentheid om diensbaar te wees en naasteliefde in oorvloed te gee en te ontvang. Sluit aan by die span vrywilligers wat by Rustig Aftreeoord die haarsalon doen. Geen ondervinding is nodig, hoewel daar groot behoefte is aan iemand wat hare kan sny. Navrae: Hannatjie 072 563 7823

Kindertoesig: R30/kind bespreek vooraf by 079 223 8321 Ten bate: Omgeefonds

Kom word nuut kamp Wanneer: 13-15 September Waar: Ella Combrink Kampterrein Koste: R300/p R100 vir Laerskool kinders Inskrywingsvorms beskikbaar by kantoor


Gebedsfokus Ons bid & sê dankie... P

P

P P

P P

P

P P P P

Louwtjie, wat 3 weke terug uitgevind het hy het breinkanker. Hy is tans opgeneem in die hospitaal. Ons bid vir sy vrou Marinda en 3 kinders: Jorinda, Riaan en Anzel. Dis ‘n terminale kanker en ons bid vir hierdie tyd wat hulle as gesin het, mag die Here hul vashou en versterk in gees en liggaam. Hans het 10 dae terug ‘n oogoperasie gehad en ervaar tans baie pyn. Daar is baie drukking en bloeding nog op die oog. Hy het in die week ‘n spesialis gesien. Ons bid dat hy reeds baie beter voel en dat die Here verder die oog sal genees. Ons bid vir Ella Combrink: “Here, ons vra vir U guns op ‘n kontrak wat Donderdag oor onderhandel. Ella kan groot baat vind indien die kontrak goedgekeur word.” Ons bid dat die Here se wil sal geskied. Stephan en Karien Greyvenstein het ons laat weet om saam te bid vir hul skoonseun, Louis: Na baie toetse is pa Louis nou op baie sterk medikasie vir die pyn in sy gesig. Dit is beter, maar maak hom baie moeg en duiselig. Hy sukkel om te loop. Met mamma Liezel en baba gaan dit goed. Die intrek by die skoonouers gaan baie help. Wat vorentoe gebeur is steeds onbekend, maar die Here weet en is in beheer. Hou asb. aan om saam ons te bid. Petro Coetzer, wat ontslaan is en nou by haar dogter, Juanita gaan bly. Ons bid vir Petro, Juanita en die 2 Versorgers wat na haar gaan kyk. Mag sy die Here se guns en genade beleef en mag elkeen sien hou Hy sorg. Ruline Pieterse, met wie dit beter gaan. Sy is in die week ontslaan en op kortisoon behandeling, wat meer effektief werk vir haar hoofpyne. Ons bid vir haar vir herstel en vir Wynand, wat haar bystaan. Janli Kruidenier, Jan-Cor en Liana (foto regs) se dogtertjie, wat 3 September gebore is met ‘n keisersnit. Janli is op 33 weke gebore en weeg 2.05kg. Sy was in NICU, waar hulle haar suurstof gegee het om haar te help met die asemhaling, wat nog bietjie moeilik was. Ons bid dat sy reeds baie sterker is en bid ook spesifiek vir mamma Liana, wat verder behandel is vir infeksie en baie seer gehad het na die keisersnit. Ons bly bid vir Frans & Liezel terwyl hy aansterk. Mag die Here hom na liggaam en gees versterk. Kobus Pitout, wat by die huis aansterk. Hy moet steeds ‘n galblaas operasie kry, maar hulle beplan dit vir later in die jaar. Ons bid dat Kobus sommer baie vinnig, baie beter sal voel. Tannie Lettie Flamingh se geliefdes, nadat sy in die week hemel toe is. Ons dink spesiaal aan haar kinders en familie in hierdie hartseer tyd. Dat die Here hulle sal troos en vashou. Here ons dra Rina se vriendin op wat Donderdag die chemo-pad begin het. Hou haar styf vas in hierdie onseker tyd. Ons vertrou saam met haar vir guns met die handeling en dat sy die newe-effekte met grasie sal hanteer.


P A

A A

Tannie Doreen Botha het Woensdag geval. Sy is tans in Mediclinic, ons is dankbaar saam met haar dat niks gebreek is nie. Mag sy spoedig herstel van die broosheid in haar liggaam. Alda laat weet Dankie vir die feit dat ek by die huis is, dat ek mooi aansterk en tyd saam met my kids en my pa-hulle het. Grootste kopseer bly die pad vorentoe met die linkerbeen, Daar is ʼn paar opsies, maar met die baie beenvolume verlies gaan die pad na herstel lank wes.,.. Sal graag wil bid vir wysheid wat dit aanbetref: regte besluite oor die volgende chirurgie.” “Baie dankie, Here dat U in ons Jeug se harte en lewens werk...” Ons is dankbaar saam Amy Lee de Jager se ouers en geliefdes dat ons as land saam kon bid en dat sy gevind is. Mag die Here alles ten goede laat meewerk en ons kinders beskerm.

Ons bid vir ons Sendelinge “...hulle sal straal van blydskap oor die goeie wat deur die Here gegee word:...” Jer. 31:12 Ons sê dankie ... Nog ’n FEES! Ons loof die Here vir elke geleentheid wat oor ons pad kom, van speel met ’n groepie kinders, kinderbybelstudies, kinderdienste wat aangebied word, tot by reuse konferensies met belangrike mense en nog ’n Fees! Die organisasie Children Missions in die Oekraïne bestaan reeds 20 jaar. Ons is so dankbaar vir wat hulle oor die afgelope 20 jaar vermag het. Hierdie organisasie het destyds met die hulp van Bernard Joubert ontstaan, en Petra Instituut loop reeds sedert 1999 die pad saam met hulle. Sedert die laaste Gebedsbrief kon Odette Davids reeds met opleiding in Indonesië begin. Daar is verskeie geleenthede waar sy op ’n weeklikse basis toerusting aanbied. Die deelnemers en leiers se reaksie is baie positief oor wat hulle ontvang. Die leierskapskursus, wat in Eldoret in Kenia aangebied is, was baie geslaagd. Ons is ook bly om met julle te deel dat die mentor Margaret Aim se Msingi wa ahadi bora groep leiers gedurende 2018 self vier-enveertig opleidingsgeleenthede aangebied het, waartydens 600 persone in kinderbediening opgelei kon word. Hulle het ook nege bewusmakingswerkswinkels aangebied. Bid vir hierdie groep leiers wat verder toegerus kon word. Ons vertrou dat hulle ’n nog wyer impak in Kenia en verder sal hê. In Tanzanië het Gerhard Strobos die geleentheid gehad om lesings by Geita Christian College aan te bied. Omdat die aanbiedings baie prakties was, is dit baie positief deur die studente ervaar. Hy het ook Petra Instituut tydens gesprekke met die Christen Onderwysdepartement verteenwoordig, om die terugvoer ten opsigte van die jaarlikse kinderkampe te bespreek en ook reeds vir 2020 se kampe te beplan. Dit blyk dat daar geweldige groei was en dat hulle beplan dat 30 000 kinders dit volgende jaar sal bywoon. Courtney Hendricks het in Zambië, in samewerking met Operasie Mobilisasie, opleiding vir ’n groep leiers vanuit Lesotho, Tanzanië, Malawi en drie streke van Zambië aangebied. Dit het deel gevorm van die Love Africa-konferensie. Ons bid dat hierdie persone dié kennis in hulle gemeenskappe en wyer sal gaan aanwend. Dirk en Taleta Coetsee het die Saamloop met Seerkrykinders-kursus aangebied vir ‘n groep van World Vision. Die kursus is in Burundi aangebied. Verskeie invloedryke leiers het die geleentheid bygewoon en is opgewonde om hierdie kursus deel van hulle program te maak.


Tydens die African Regional Child Trauma Conference, wat in Kaapstad gehou is, het Dirk Coetsee geleentheid gekry om na sy aanbieding ook heelwat vrae te beantwoord. Die gehoor se reaksie was baie positief, veral omdat hulle ervaar het dat daar tog iets is wat gedoen kan word om kinders in trauma te help.

Bid asseblief vir die volgende aktiwiteite: 23 Augustus - 11 September, Uganda: Louwrens en Theunis Scheepers is besig met verdere toerusting van die tien fasiliteerders-in-opleiding vir die Saamloop met Seerkrykinders-kursus. Die deelnemers is Suid-Soedannese predikante en leiers wat opgelei word om binne die vlugtelingkampe te werk. Die projek word saam met Incontext Ministries International aangebied. 9-13 September, Singapoer: Die werkswinkel vir ingeskrewe aanlynstudente word aangebied. Vier van die opleiers, wat die vorige week opgelei is, sal dan deel van die opleierspan vorm. Bid vir eenheid en vir volgehoue energie vir die Petra-span tydens die besoek aan Singapoer. Ons vertrou ook dat die persone uit Mongolië, Sjina, Indonesië, Maleisië en Viëtnam, wat as besoekers die werkswinkel sal bywoon, dit positief en as ’n lewensveranderende ervaring sal ervaar en dat hulle ook geïnspireerd sal wees om in te skryf vir die kursus in 2020. 1-11 September, Oekraïne: Bernard en Chrismaré Joubert bring besoek aan die kinderbedienings in Rusland, Armenië en Georgië. Daarna woon hulle ’n leierskapsbyeenkoms in Kiëf in die Oekraïne by. 16-20 September, Kiëf (Oekraïne): Die 20 jaar-fees word in die vorm van ’n konferensie gevier. Verskeie van Petra se personeel sal ook die konferensie en feesvieringe bywoon. Dirk en Taleta Coetsee sal ook van hierdie geleentheid gebruik maak om van die tutors verder te ontwikkel. 1 & 8 September, Bloemfontein: Riëtte Botha bied kinderdienste in NG Bloemvallei aan. 16-27 September: Die Opleiding- en Konsultasiespan bespreek die projekte wat vir 2020 beplan word. Begrotings word ook vir elke projek voorgelê. Hierdie gesprekke vind deur middel van Zoom plaas. Bid veral vir Emily Dinhira wat hierdie proses moet bestuur. Bid ook asseblief vir die Here se leiding en onderskeiding van watter projekte binne Petra se strategie val en hanteer moet word. 23-27 September, Heidelberg (Gauteng): Gretha Lourens en Veronica Viljoen bied die tweede week van die Saamloop met Seerkrykinders-kursus aan vir die groep wat gedurende Maart die eerste week gedoen het. Ander aktiwiteite: Jenni Meyer fokus op die bediening in skole in De Doorns en Worcester. Daar vind reeds weekliks verskeie skoolopenings, bybelstudies en gebedsgroepe plaas. Sy is ook deel van gesprekke om ’n nuwe skool in die Hexriviervallei te vestig. Bid asseblief vir hierdie inisiatiewe en ook vir die ander Petra-personeel wat direk by bediening aan kinders betrokke is, byvoorbeeld die projek Father for the fatherless, wat deur Dietmar en Magriet Frey in Masoyi (naby Witrivier) aangebied word. Ons eer die Here vir donasies wat uit onverwagte oorde kom van mense wat baie lank laas iets bygedra het. Dit is moontlik na aanleiding van die Petra Nuus wat uitgestuur is en wat ondersteuners weer motiveer om by te dra. Daar is egter ook debietorders wat gekanselleer word as gevolg van die resessie, of ondersteuners wat aftree of sterf. Bid asseblief gereeld vir ons ondersteuners en ook vir die fondsontwikkelaars. Boetie Lourens beplan om gedurende September weer die ondersteuners in Frankfort, Petrus Steyn, Villiers en Reitz te besoek terwyl Sonia Swart hoofsaaklik opvolg van beloftes sal doen. Bid ook vir die proses om die begroting vir 2020 te doen. Dit sal ʼn groot uitdaging wees, want dit is die eerste begroting wat die effek van desentralisasie in ag sal neem. Daarvoor het ons baie wysheid nodig. Petra Instituut is in gesprek met verskeie organisasies om vennootskappe te vorm. Bid asseblief vir hierdie gesprekke. Personeel: Sonia Swart het ’n suksesvolle heupvervangingsoperasie ondergaan. Bid asseblief vir volkome herstel. Bid ook vir Courtney Hendricks se vestiging in Kabwe, Zambië. Ons is dankbaar vir sy visum en werkspermit wat goedgekeur is. Ons is in die proses om nuwe, jonger personeel te kan bykry. Bid asseblief dat die Here sal voorsien sodat dit vir hulle moontlik sal wees om te kom.


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. SAAMRYGELEENTHEID BESIKIKBAAR Geleentheid weeksdae beskikbaar van Witrivier om 07:00 na Nelspruit en middae 16:30 terug. Sy werk industriële gebied Besterstr. van Nelspruit. (Ou koöperasie) Kontak: Louise 083 739 1434

Besigheidspersone bid saam

TE HUUR BESKIKBAAR 3 Slaapkamer huis in Macadamia is onmiddellik beskikbaar. Kontak: 081 593 3845 KAMERS TE HUUR 2 slaapkamers te huur in ruim woonstel. Sentraal geleë. Kontak: Andre 076 022 7950 1 kamer in huis te huur. Kontak: Sandra

082 315 4001

SOEK WOONSTEL TE HUUR Soek 2 of 3 slaapkamer huis naby Laerskool. Kontak: Amanda 060 431 0401 Egpaar soek na 1 of 2 slaapkamer woonstel te huur, verkieslik op ʼn plot. Het nie diere / kinders. Kontak: Anthea 082 057 3802 Egpaar is opsoek na 1 slaapkamer woonstel / Bachelorswoonstel te huur. Het nie diere / kinders. Kontak: Mark / Shirley 063 345 7715

“Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” Num.6:24-26

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.