OaseNuus
Sondag 9 September
Jesus het kom dien, en nou dien ons Hom daarvoor - was dit die opdrag? Skriflesing: Johannes 12:20-26
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan - die geur van vars koffie wat reeds vroegoggend die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Stad op die berg erediens Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon. Laat die kindertjies na My toe kom, is woorde van Jesus se bediening wat weerklink op ʼn Sondag as kinders met oop arms ontvang word in die Bovertrek vir hul eie unieke erediens. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Rustig kollekte by die deure
VANMIDDAG 17:00
Breë bors met vol sakke. Ons kyk na gierigheid en trots. Teksvers: Kolossense 3:1-17 Hoekom is die Bybel so streng oor wellus? 'n Mens moet beheer hê oor sy lewe, maar wanneer dit beteken dat sy luste die koers bepaal kan dit vernietigend wees. Wat is die grense van beheer? Kom besin saam.
Laerskoolkinders Die Gr. 1-6 kinders verdaag later na hul groepies.
Maandag 10 September 16:00 GriefShare
Maandag 17 September
Sitkamer
16:00 GriefShare
Dinsdag 11 September 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Dinsdag 18 September
Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Kerk 17:00 Lofdans Sitkamer 18:00 Bluetooth Ouerskap DivorceCare
Woensdag 12 September 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Huweliksvoorbereiding
Sitkamer Konsistorie Kerk Bovertrek Sitkamer
Woensdag 19 September
Bovertrek Bovertrek
10:00 Kreatiewe vers 18:00 Huweliksvoorbereiding
Donderdag 13 September
Bovertrek Bovertrek
09:30 Care Buddiesvergadering Bovertrek 18:00 Kerkraadsvergadering Konsistorie Die afgelope 8 maande het 299 volwassenes en 205 kinders klere vanuit die Klerekas ontvang. Meer as een kledingstuk is uitgedeel. Wat ʼn voorreg om uit ons oorvloed te saai. Die totale waarde van die pakke klere is R 64 444.
Maar ons het NOOD, die seuntjies bokse is leeg!
Seuns klere 8-10 jaar. Alle ander klere is nogsteeds welkom en ons saai met vreugde namens die gemeente.
Help ons om ons seuntjies aan te trek! Bring kantoor toe asb. Navrae: Antoinette by die kantoor.
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 19 Sep. Jerry & Trudie du Plessis 10 Sep. Japie Kritzinger Dries & Anna van Dyk Kobus & Lizl Willers 11 Sep. Magriet van Rooyen Raymond & Rina le Clus
40 Huwelik 87 Verjaar 58 Huwelik 21 Huwelik 88 Verjaar 47 Huwelik
12 Sep. Ray de Jager Bert Houy 13 Sep. Annie Sassenberg 14 Sep. Judy de Bruin Cecile Dorfling
82 Verjaar 74 Verjaar 78 Verjaar 80 Verjaar 73 Verjaar
Bestel by kantoor: L 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak L 1 liter kokosneutolie @ R80 elk Skryf jou naam op in die kantoor OF SMS/WhatsApp na 079 223 8321
Kalender
2019
Kalender 2019 loer reeds vir ons... Bestel voor 5 Oktober. Dit is weer in dieselfde formate beskikbaar as hierdie jaar. Daar is 4 keuses - Gemeentekalender, Lessenaarkalender en A5 of A4 boekie. Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Kalenders is vroeg November beskikbaar vir afhaal en betaal. Bestel deur jou:
Keuse + naam + Selnommer te e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za OF WhatsApp / SMS na 079 223 8321 OF skryf jou naam op in kantoor.
Koop vir Kerstyd vir Koop jou vir werkers Kerstyd of iemand in vir jou nood ʼn werkers of ieen NOU!
mand in nood ʼn
Vorms ingesluit vandag / kry by kantoor.
Sluitingsdatum is 31 Oktober.
Ons sluit ook hierdie jaar die Johannes evangelie in Engels in. Asook die Kersverhaal in Afrikaans, Engels, Zulu, Swazi en Portugees.
en vroegtydig,
Plaas asseblief net op een van dié mediums jou bestelling.
Kalender iN volgende formate: Gemeente = R 55
Lessenaar=
R 55
A4 boekie = R 35
A5 boekie =
R 25
sluitingsdatum is Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werklik Begroot
850 800 750 700 650
600 550 500 R,000
450 400 350 300 250
200 150 100 50 0
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies
Ons bid vir
r
r
r
r
r
r
‘n Koskas vrywilliger, Antoinette du Toit moes Maandag in Rob Ferreira hospitaal ‘n breinoperasie ondergaan het om gewas te verwyder. Die operasie in onbepaald uitgestel. Ons bid vir ʼn spoedige datum of God se ingryping en inkrimping van die gewas. “Here, ons pleit dat U wil geskiet, hou haar vas in hierdie tyd van wag.” Francis Mans, wat Maandag ‘n operasie ondergaan het, sy was in Medi-Clinic, ons het nie verder nuus van haar ontvang maar glo dat dit baie goed gegaan het en bid vir haar in die hersteltyd. Nico & Audrey Wiid, nadat hulle die week die besluit moes maak om die masjiene af te sit vir Audrey se broer (Patrick), ons bid vir die familie vir vrede en rustigheid by hierdie moeilike besluit en vir die emosionele tyd wat voorlê. Mag hulle die Here se arms om hul beleef, asook Sy vrede, wat alle verstand te bowe gaan. Ons dink spesiaal aan Piet Lüneburg wat die afgelope tyd in hospitaal was na ʼn knie-operasie. Hy is tuis en ons bid vir volkome genesing en geduld in hierdie tyd van herstel. Ernan (sendelinge in Mosambiek), wat malaria onder lede het en vir ‘n dag of 2 in die hospitaal was. Inge het Dinsdag laat weet dat hy ontslaan is en by die huis is, maar hulle is steeds bekommerd oor sy bloedtelling en sy kyk ekstra mooi na hom. Ons bid dat hy reeds baie beter voel en volkome sal herstel. Ons bid ook vir krag vir Inge wat hom versorg. Antoiné Dingle (foto regs) het Dinsdag haar pasaangeëer operasie gekry, ongelukkig moes hulle die trachi eers inhou omdat haar suurstof vlakke laag was en hulle moes ook ‘n kateter insit, ons glo dat dit reeds baie beter met haar gaan en dat sy net al sterker en sterker sal word en dat ons goeie nuus sal kry. Die pasaangeër moet nou eers “vasgroei” voordat dit oor 10 dae aangeskakel kan word. Ons bly bid vir mamma Melanie en pappa Attie in hierdie uitdagende tyd, dat hulle die Here se hulp en hand in GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE?
IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
r
r
r
detail sal ervaar in elke dag. Oom Hennie (Charlotte se pappa) is vroeg in die week opgeneem in Kiaat hospitaal om kamera te sluk, ons bid dat dit reeds baie beter met hom gaan met die korrekte behandeling. Gebedsversoek uit Indië, Antoinette & Thabu Pienaar se broer is daar ‘n sendeling, hy laat weet: Dear Friends, please pray for our health. I probably have a viral fever with serious headache, Zoë and Alexa had fever a few days ago, but still has a bad cough. Tammy is also not 100% and struggles to sleep. Everything grows super fast during monsoon, including germs. Thank you! Nic. Annatjie Taute en haar gesin na die afsterwe van haar broer laas week. Ons bid vir die gesin en hul geliefdes in hierdie hartseer tyd. Mag die Here Self hulle trane afdroog...
Dankie Heer
Marie Geldenhuys skryf: Ons sê dankie, baie dankie aan ons dierbare Heer en groot Geneesheer!! Dankie Jesus, Dankie! Dankie vir al die gebede, liefde en boodskappe van almal, dit het ons gedra deur hierdie 3 maande na William se breinoperasie. Sonder al die liefde sou ons nooit alleen kon kom nie. Met God se liefde en nabyheid is William by die huis. Hy kan loop, eet en praat en dit gaan goed met hom! Sy geheue sukkel nog bietjie maar ons glo en weet met God se nabyheid en liefde, dat hy weer volkome sal herstel! Baie liefde aan almal!
Sendelingnuus Van nel claassens Dearly Beloveds, Greetings from a cold and wet Strand. It is so lovely to see everything revelling in God's grace – green and colourful! A short note to bring you up to date: I will be leaving for Ethiopia DV for four weeks on 15 September, and will be back on 13 October. Please pray for all travels involved. I have received the English back translation for 2 Kings, and will work through it before I leave. I will be working with the Gedeo-team, and as we have a lot to work through, your prayers will be much valued.
Personally my mom had to have a pacemaker, and the quality of her life has improved so much it borders on the miraculous. I had to put Mariki's two dogs down because of old age. Books: I have started re-reading Dallas Willard, and finished Hearing God and The Spirit of the Disciplines. If ever you would like a spiritual challenge, I dare you to read his books. Another fascinating book is by Athol Dickson: The Gospel According to Moses. Delightful and very challenging.
Well my precious ones, as I always think of you with great thankfulness for your faithfulness, I leave you with the blessing of Paul in 2Cor 13.14: May the grace of the Lord Jesus Christ, and the love of God and the fellowship of the Holy Spirit be with you all. Be blessed!
Nel Claassen Geopende deure
KOEWEIT #34 “Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.” Koeweit is ʼn klein Islamitiese land met ʼn sukkelende demokrasie. Ekstremisme en ʼn aggressiewe houding teenoor die Weste groei al hoe meer. Sedert die Golfoorlog het Koeweit ʼn meer konserwatiewe Islamitiese samelewing geword, wat ʼn wye stel reëls vir persoonlike, familie- en gemeenskapslewe het. Die grondwet maak voorsiening vir geloofsvryheid, indien dit nie teenstrydig is met gevestigde gebruike, openbarebeleid of waardes nie. Die evangelisering van Moslems is ontoelaatbaar. Christelike uitgewers word nie toegelaat nie en opleiding vir gelowe buiten Islam, word verbied. Islamiete maak ʼn derde uit van Koeweit se parlement. Wette is ingestel om die bou van kerke te beperk. Baie kerke bestaan in Koeweit, maar dit is meestal gehuurde huise of woonstelle wat in kerke omskep is. Die owerhede het beperkinge op vryheid van uitdrukking verskerp. Meer beperkte wetgewing oor godslastering is ook ingestel. ʼn Nuwe wet vir kubermisdaad is ingestel om teenstand teen die regering en aanlynkritici die nek in te slaan. Geopende Deure ondersteun die gelowiges en Kerk in Koeweit deur gebedsondersteuning.
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874
Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.
Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND. Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256
Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,
kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321