Spore 3

Page 1

SEPTEMBER 2015

Ons is almal op soek na geluk. Elkeen wil van harte gelukkig wees. Tog voel dit vir ‘n mens of geluk gedurig vir jou weghardloop. Dit voel altyd of geluk eers om die volgende draai is. Met so ‘n ingesteldheid mis ons mooi gebeurtenisse in ons lewens. Die ander ding wat ons geneig is om te doen is om ons te vererg as dinge nie loop soos ons verwag het dit moet nie. Iemand is kortaf met jou en jy voel dit was nie vir die persoon geregverdig om so op te tree nie.

Ons is gemaak om spore te los.

Dit is alles goed en wel, maar die vark wat jy in jou hart daaroor bêre, vreet jou geluk op. Jy spandeer later disproporsioneel baie tyd aan tob oor wat jou aangedoen is. Menige verhoudings wat skipbreuk ly, het hierdie onderliggende probleem gehad.

As jy dus 2 gedragspatrone wil aanleer om meer gelukkig te wees, wil ek jou aanmoedig om die volgende te probeer... 1. Absorbeer die lewe. Dit is nie heeltemal dieselfde as “leef vir die oomblik” nie. Leef vir die oomblik klink altyd vir my inherent onverantwoordelik omdat dit jou in die moeilikheid kan bring. Maar om die lewe te absorbeer propageer ‘n ingesteldheid om meer geraak te leef. Miskien selfs stadiger. Om vir ‘n oomblik stil te staan en jou te verkyk aan die blomme, wolke en mense rondom jou. Absorbeer dit. Drink hulle in en voel hoe geluk opwel. 2. Besluit om nie aanstoot te neem nie. Die beste ding wat jy kan doen om te keer dat daar nie ‘n vark in jou hart posvat nie,

is om doelbewus die beste van mense te bly glo. Selfs al maak iemand jou smoor kwaad, kies jy om te glo dat die persoon dit nie so bedoel het nie. Iemand het eendag vir my gesê aanstoot word nie gegee nie, dit word geneem. Ek en jy besit die vermoë om te kies of iets ons gaan pla of nie. Ons kan kies of ons gaan aanstoot neem of nie. Hierdie twee gedragspatrone is lewenswyshede wat kenmerkend is van emosioneel volwasse mense. En op die ou einde is dit emosionele volwassenheid, wat geluk binne jou bereik plaas. Nati Stander

Kom los jou

 

spore hier...

  

2 Augustus - 20 September

In hierdie uitgawe: Die een ding wat almal wil hê. ‘n Verhouding met God. 10 Geboooie van Egskeiding. My kind se oë blink nie meer nie. Die perfekte roeping. Nuut in Christus. ‘n Hart van omgee. As die lewe jou ‘n dwarsklap gee. Boekwurms. Raak stil… Op pad na Oase Dankfees 2015


‘n Verhouding met God die groot Tuinier kan plant, bemes, snoei en skoffel sodat die vrugte van ‘n verhouding met die Here net duideliker in jou lewe sigbaar kan word. Sodat jy hier binne-in jou mooier, liefdevoller, reiner en meer van ‘n Jesusmens kan wees.

 

   

GELOOFSRITMES Groei uit die Bybel Gebed: Gesprek met God Sakramente Vas Meditasie Geestelike gesprekke Lees meer hieroor op ons webblad

www.ngwitrivier.co.za

GELOOFSRITMES... Snaakse woord? Miskien, maar dié saak ken jy baie goed: jou hele lewe verloop in ritmes van slaap, opstaan, skoonmaak, eet, oefen, werk, kuier... Geloofsritmes? Ja! Maniere om jou blootstelling aan die Here sinvoller en beter te maak. Maniere waarop jy jou kan oopstel om ‘n tuin te wees waarin

Net ‘n waarskuwing: dis nie ‘n manier waarop ek God kan manipuleer, Hom kan probeer dwing om my te seën en goeie gawes oor my uit te stort nie. Dis ook nie ‘n aftiklysie waarop ek kan reken om outomaties te werk nie. Nee, dis deel van ‘n verhouding, die kosbaarste verhouding wat jy kan hê: jy en die Koning van jou hart. En ‘n verhouding het mos sy eie dinamika waarin daar nie sprake van dwang of weggesteekte agendas is nie. Dit gaan dus daaroor dat ek die Bybel op ‘n nuwe manier oopmaak. Dat ek in gebed die Here kans gee om meer met

my te werk as wat ek versoeke rig. Dat ek in die breek van die brood dieper belewenisse het as voorheen. Dat ek die vermoë ontwikkel om die gejaag en geraas in en om my te laat stil word. Dat ek geestelike gesprekke voer wat so sinvol is dat ek én my gespreksgenoot aan die kleed van die Here kan raak.

Weet jy wat? Ons het dit nodig. Ons leef in ‘n wêreld vol “hurry, noise and crowds” waarin ons diep, innerlike geesdimensie dikwels erg afgeskeep word. Ons het nodig om stilte, blootstelling aan God en oop-wees voor Hom te ervaar. Geloofsritmes is ‘n paar (einlik eenvoudige) maniere waarop ek hierdie essensiële kant van my menswees en Christenwees kan versterk. Dis mos ‘n liefdesverhouding. Ek kan die Here beleef en dit geniet om by Hom te wees. Cornelle Crowley

10 Gebooie van Egskeiding uit ’n kind se oogpunt. In vandag se tyd is egskeiding ‘n algemene verskynsel en dikwels is dit die kinders wat meeste daaronder ly. Hierdie eenvoudige punte kan help om jou egskeiding so pynloos moontlik vir jou kinders te maak. Lees meer by www.ngwitrivier.co.za

1.

2.

Julle sal nie baklei waar ons julle kan sien of hoor nie. Julle sal ons en ons behoeftes in ag neem

Adverteer hier!

wanneer julle weer begin uitgaan. 3.

Julle sal nie kwaadpraat van die ander ouer voor ons of ons broers en susters nie.

4.

Julle sal nie voor ons ineenstort nie.

5.

Julle sal nie (te veel) aan ons roetines verander nie.

6.

Julle sal dit pret maak om ‘n kamer by Pa of Ma se nuwe huis in te rig.

7.

Julle sal nie swyg oor die egskeiding nie: Praat met ons, ons kan dit hanteer!

8.

Julle sal die belangrikheid van verjaarsdae en spesiale geleenthede vir ons onthou en ons wense in ag neem.

9.

Julle sal seker maak dat ons genoeg klere in elke huis het.

10. Julle sal soos volwassenes optree!

Kontak ons vir advertensiepryse en ons ‘borg ‘n bladsy’-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za of daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.


HELP! My kind se oë blink nie meer nie. Die selfdood van tieners het dikwels ‘n rimpel-effek, nie net in die nabye omgewing nie maar dwarsoor die land. Daar is verskillende redes waarom tieners selfmoord pleeg onder andere: Verhoudingsprobleme, Sosiale druk, Huislike omstandighede, Depressie, Gevoel van vasgelopenheid Soeke na aanvaarding. Dit is baie belangrik dat alle selfmoorddreigemente as ernstig opgeneem word. Agt uit tien selfmoord gevalle het duidelike tekens gegee van hul voorneme om selfmoord te pleeg. Daar is baie spesifieke tekens waarna persone (ouers, maats, onderwysers en afrigters) kan oplet bv.  Opmerkings soos “ek wonder hoe dit voel om dood te gaan”,  Die maak van onverskillige grappe oor die dood en selfmoord,  Skryf van ‘n selfmoordnota - grappenderwys,  Gee gunsteling besittings weg,  Neem afskeid en praat oor begrafnisreëlings,  Verloor belangstelling in iets wat voorheen baie belangrik was bv. ‘n troeteldier,  Kla gereeld van fisiese simptome soos hoofpyn, rugpyn ens,  Seuns veral begin fanaties raak oor hoë-risiko sport, ry teen ‘n onverskillige spoed en bestuur onder die invloed van drank.  Veranderinge in gemoed, persoonlikheid, kleredrag, eet en slaapgewoontes en vriende is ook tekens. Depressie word al hoe meer by tieners gediagnoseer. Van die redes is byvoorbeeld die verlies aan vasgestelde ankers en waardes. Ouers leef dikwels nie meer volgens Skrifbeginsels nie en die wêreld se beginsels is anders as Skrifbeginsels. Hulle voel verward en

Adverteer hier!

weet nie meer waaraan hul kan vasklou nie. Gesinne verbrokkel en die ouer-kind verhouding ly al hoe meer skade. Daar is ook groter druk op tieners om te presteer, maar terselfdertyd lyk die toekomsverwagting slegter bv. kanse om ‘n werk te kry, selfs na verdere studies. Selfbeeld speel ‘n rol in bogenoemde twee aspekte. Selfbeeld word gebou op grond van ‘n persoon se ervaringe met mense en aktiwiteite. Dit is veral ervaringe tydens die kinderjare wat `n groot rol speel in die vorming van `n persoon se selfbeeld. Suksesse en mislukkings sowel as die wyse waarop ‘n persoon deur betekenisvolle ander persone (ouers, onderwysers, vriende) behandel word, vorm die selfbeeld. Die ontwikkeling van selfbeeld kan in drie aspekte verdeel word:  Ontwikkel jouself as `n geheel,  Versorg en vertroetel jouself  Ontwikkel `n goeie ondersteuningsisteem. Boeliegedrag (fisies, verbaal, skriftelik) is deesdae aan die toeneem. Daar is spesifieke redes waarom sekere kinders geteiken word deur boelies bv. die liggaamsbou van die kind, val hy/sy in ’n minderheidsgroep soos anderstaliges of ander rasse, is daar iets wat hom laat uitstaan, soos ’n spraakgebrek, ’n snaakse naam/ van of persoonlike voorkoms bv. erge krulhare, rooi hare en so meer. Kinders met ‘n gebrek aan selfvertroue, wat maklik kwaad of angstig raak en nie vriende het nie, is ook dikwels teikens. Ouers kan die volgende stappe neem om die situasie te hanteer:  kry al die feite,  kontak die skool,  gesprekvoering met die kind om vas te stel waarom hy/sy geboelie word maar ook om selfvertroue en selfbeeld te bou. Terapeutiese intervensie is ook belangrik veral as dit oor ‘n tydperk plaasgevind het.

Dinsdag 25 Augustus het Rita McFadden, ‘n opvoedkundige sielkundige, ouers kom toespreek by die maandelikse Bluetooth ouerskapgeleentheid. Met die oog op die stresvolle tydperk aan die einde van die jaar, was die fokus op selfdood, depressie, selfbeeld en boeliegedrag.

Tieners kan self ook optree deur die volgende te doen:     

 

 

 

Moenie vir hom wys jy is ontsteld nie. Dis wat hy wil hê. Wees ferm en selfgeldend. Soms help dit om ’n boelie se aanmerking in ’n grap te omskep. Onthou, jy is nie die een met die probleem nie, die boelie is. Verbeel jou jy het ’n rubbermuur om jou en alles wat die boelie doen of sê, bons na hom terug. Moenie toelaat dat die boelie jou van jou geluk en selfbeeld beroof nie. Moenie wraak beplan nie, dan daal jy na sy vlak. Vermy die plekke waar die boelie jou voorlê en moenie alleen rondloop nie. Moenie duur items en geld skool toe neem nie en merk jou besittings met ’n permanente merkpen sodat jy dit later kan uitken. Hou jou kop regop, lyk selfversekerd. Boelies hou daarvan om voor trawante te wys hoe sterk hulle is. Hulle is nie so dapper as hulle alleen is nie. Leer om trots te wees op dit wat jou anders maak. Jy is ’n individu. Maak nuwe vriende by klubs en op uitstappies.

Kontak ons vir advertensiepryse en ons ‘borg ‘n bladsy’-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za of daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.


Die perfekte roeping: Diensbaarheid! Elke jaar met die Julie vakansie gaan kuier ‘n groep gelowiges by Jaco en Inge wat permanente sendingwerk in Mosambiek doen. Daar help hulle die sendelinge met hul verskeie take en projekte en dra die Woord uit op hul eie unieke manier. Deur middel van tolke, musiek en opgevoerde dramas word God se liefde uitgebeeld. Dit bly egter nie net by stories en praatjies nie. Hulle steek ook hande uit en werk kliphard saam met die gemeenskap om die mense se lewens te verbeter. Vir Anè Swart was dit ‘n baie spesiale ervaring... In Mosambiek het die eenvoud waarin die mense leef my weer eens geraak. Met die min wat hulle het, is hulle meer van mekaar en veral van God afhanklik. In hul fisiese armoede volg hulle Jesus se voorbeeld en is gewillig om ander te dien. Hulle het my uitgedaag om ander se belange bo my eie te stel en om blymoedig te dien, sonder enige vergoeding. Hierdie mense het my laat besef dat ek waarde aan besittings heg, terwyl hulle waarde aan God heg. Dat ek my vertroue soms in verhoudings met mense plaas terwyl hulle absoluut op God vertrou!

Adverteer hier!

Kontak ons vir advertensiepryse en ons ‘borg ‘n bladsy’-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za of daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.


Nuut in Christus Die Kom word Nuut-kamp word beskryf as ‘n kamp waar jy die laste van die verlede kan afskud en deur die Gees van Jesus geïnspireer word om nuut te dink oor die verlede sowel as die toekoms. Hierdie kamp het my die geleentheid gegee om stil te word. Die kans gegee om my eie hart en lewe te ondersoek en vrede te maak met dit wat ek daar vind.

Danielle Griesel: Die kruistog was baie spesiaal. ‘n Mens vergeet van alles en fokus net op die kruis en wat dit beteken.

Hierdie jaar se belydenisgroep het ook die kamp bygewoon en ek het ‘n paar van hulle gevra wat die kamp spesiaal gemaak het.

Daleen Farmer

Chrisnè Venter: Die feit dat ek kon besef dat my vriende en vriendinne, saam met my in dieselfde God glo en dat ek ook met hulle ‘n geestelike verhouding kon bou.

Delano van Rooyen, Jean van Wyk & Boshoff Pieterse

Elaine Troskie

Juane Botha

‘n Hart van Omgee Tydens Augustus se Jeugweek het die kinders van Rob Ferreira Hoërskool, hul harte en hande vir minderbevoorregtes oopgemaak . Met ’n reuse spanpoging het hulle

Adverteer hier!

nie minder nie as 920 blikkies kos en 47 sakke klere ingesamel. Hulle het Maandag 24 Augustus die skenking by NG Witrivier se Kos– en Klerekas gaan afgee.

Lees meer oor die Kos- en Klerekas op bladsy 6

Kontak ons vir advertensiepryse en ons ‘borg ‘n bladsy’-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za of daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.


As die lewe jou ‘n dwarsklap gee. WAT IS AL UITGEDEEL? Januarie tot Junie 2015

So dikwels het ons nie beheer oor die dinge wat in ons lewens gebeur nie, en wanneer jy jou oë uitvee, is jy kniediep in die nood. Juis in sulke tye is die Kos- en Klerekas daar om nie net in fisiese nood te voorsien nie, maar ook ’n emosionele en geestelike leemte te vul. Lees die volledige berig op ons webblad www.ngwitrivier.co.za

Vars groente van die varsprodukte mark.

Klere en skoene word netjies volgens grootte gesorteer en weggepak.

2 633 kospakkies ter waarde van R202 296. 386 maandpakke ter waarde van R41 243. 842 pakkies klere ter waarde van R39 160. Klere aan ander organisasies en projekte ter waarde van R20 370

Van die kospakke wat uitgegee word.

BEHOEFTES GEBED Bid asseblief vir elke vrywillige helper – vir goeie gesondheid en krag sodat elkeen ons die gawe van barmhartigheid kan uitleef en so ook Jesus se liefde kan uitstraal. 

  

Erediens in die saal onder leiding van Samuel Chauke.

   

Finansiële ondersteuning. Vars groente en vrugte Produkte soos meel, suiker, blikkieskos en ander kruideniersware. Toiletware en skoonmaakmiddels. Bruikbare huishoudelike artikels soos gordyne, komberse en beddegoed. Klere van bruikbare kwaliteit Veral Mansklere (grootte 32 - 36) Mansskoene (5 - 9) Kinderklere (Babas tot Tieners)

Enige skenkings kan by die NG Witrivier kerkkantoor ingehandig word of skakel vir Santie Roux by 083 245 0752 Skenkings wat ontvang is.

Adverteer hier!

Skenkings wat ontvang is.

Kontak ons vir advertensiepryse en ons ‘borg ‘n bladsy’-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za of daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.


As ‘n mens, as gelowige, nou klaar jou doel op aarde bereik het en die Liewe Vader roep jou naam, wat wag vir ons? Isak Burger gebruik die Bybel as suiwer verwysingsraamwerk van wat die Bybel sê gelowiges in die

Here, soos ek hier sit, terwyl U oggenddaglig U skepping in fokus bring, sien ek hierdie pragtige geskenk wat U vir ons gefaalde mensdom leen. Here, soos die mensgemaakte gedreun van masjiene wegsmelt en ek op U probeer focus, voel ek opnuut klein in hierdie portret wat U voor my oë skilder. Soos die Laeveld hier voor my lê, ‘n klein knokelkie liggies in die amper-lig van die oggend, is dit maar klein in die pragtige kaskade van groen en word dit op my hart gedruk: “Dis klein, Martin. Daardie knokelkie geboue, sy mense en veral sy probleme is klein. Kyk na daardie boom voor jou…werk, verhoudings, stres en al die ander probleme op jou hart, pla hierdie bome glad nie. Hulle gaan nog lank hier staan, deur baie probleme, regerings en tydelike situasies. Hoekom pla hierdie goed jou dan? Glo jy dan nie dat My Seun

Adverteer hier!

lewe na die dood kan verwag. Hierdie boek is werklik 'n hulp om bietjie meer te verstaan van wat vir ons na die doodwag, maar nie gebaseer om menslike opinies nie. So baie van ons tyd gaan in die nou en hier. Soms leef ons letterlik in die aardse verwagtig van finansiële skuld, pligte, sonde, wat ek moet........ Wat is ons eindbestemming? Hoe gaan dit lyk? Wat kan ons verwag? Die Lewende Woord, gee vir ons genoeg inligting wat hierdie boek bespreek en na verwys. Lukas 16 het nog nooit so realisties en werklik, waarde toegevoeg tot my lewe soos na die lees van hierdie boek nie. Soveel keer beskou ons die dood

as 'n vrees, wegskeur, einde, seer, treur. Maar uit God se oogpunt is dit werklik 'n blye dag wanneer Hy weer met ons verenig word! Wanneer Hy ons waarlik kan verlos van sonde buite Satan se bereik. Filippense 1:23 - Ek het verlang om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste. As deel van jou persoonlike Bybelstudie en om werklik jou Bybelkennis uit te brei, lees gerus “Die eerste 5 Minute in die Hemel”. Ons aanbid 'n lewendige God van liefde en genade. Die dood is nie die einde nie, maar eerder die begin van die res van ons lewens saam met die liewe Vader! Cornelle Crowley

vir jou sondes gesterf het nie? Dink jy dit was ‘n leuen toe ek vir jou gesê het ek gaan om ‘n plekkie vir jou voor te berei in die ewige paradys? Want indien jy dit werklik glo, behoort sulke klein, tydelike probleme jou nie te pla nie. Ek sê vir jou: Laat jou geloof staan soos hierdie boom. Sterk, gewortel en voortdurend aan die groei na die hemel toe, na My toe… Moet jou nie oor tydelike dinge wat nie ewigheidswaarde het bekommer nie - wat gaan hierdie dinge oor 200 jaar saak maak? My skouers is breed, Ek is bereid, gee jou probleme vir My. Gee jou begeertes ook vir my. Ek is jou Pa, Ek wil vir jou voorspoed gee en Ek kan. Ek sê nie verniet in Job 36:11: If they obey and serve Him, they shall spend their days in prosperity, their years in pleasures”

Martin Engelbrecht

Kontak ons vir advertensiepryse en ons ‘borg ‘n bladsy’-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za of daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.


HUWELIKSVOORBEREIDINGSKURSUS 15 Oktober - 12 November KAMPVUUR GESINSKAMP 16 - 18 Oktober KOM WORD NUUT KAMP 23 - 25 Oktober

 www.ngwitrivier.co.za

DANKOFFERETE 1 November

SWADINI UITREIK 4 - 19 Desember

KERSSANGDIENS 15 November

VIR VERDERE INLIGTING SKAKEL GERUS DIE NG WITRIVIER KERKKANTOOR BY (013) 751 1644

KERSMARK 25 - 28 November

 Church Communicator

Facebook

 E-pos nuusbrief

Die webblad is vars en vol nuwighede!

LERAARS Ds. Gerrie Doyer Ds. Jurgens de Jager Ds. Eddie le Roux Ds. Nati Stander

082 735 4892 079 292 9545 082 322 3393 082 216 3710

Adverteer hier!

KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596 kerkkantoor@ngwitrivier.co.za

SPORE REDAKSIE Antoinette (013) 751 1644 nuus@ngwitrivier.co.za Daleen 083 2777 685 daleenfarmer@gmail.com

Kontak ons vir advertensiepryse en ons ‘borg ‘n bladsy’-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za of daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.