Spore Lente-uitgawe 2015

Page 1

LENTE 2015

Ons is gemaak om spore te los.

Ek het al so baie gewonder hoekom ander mense se lewens so eenvoudig en onder beheer is terwyl myne so ingewikkeld is: ek het net heeltyd te min tyd, te min geld, te min raad, sê te min "nee", bid te min, lees te min Bybel, lees doodgewoon te min, komplimenteer my vrou te min, gee te min vir die kerk, is te min betyds …. Almal kom na my toe met hulle probleme terwyl ek myself nie eens kan help nie. Ek maak soveel foute, is soveel keer teleurgesteld in myself. En dan kom daar nog die dae wat dit sleg gaan ook…. Hoe die Here oor my dink? Ek wil nie eens weet nie. Ek weet ek is in 'n resies, maar hoekom moet ek heeltyd so ver agter wees, hoekom die swaard oor my kop heeltyd vrees ….? Kan ek net 'n ruskans kry? Net weer asem skep? Leon Ferreira se liedjie is myne: "Stop die wêreld ek het seergekry. Ek het ver genoeg saamgery, ek wil

afklim en hier by U bly…" Die ergste is wanneer ek met ander praat besef ek: “Ek is nog een van die gelukkiges!!” En dan kom spook Spr. 19:3 by my: "Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here." Een ding weet ek vir 'n feit: die Here is onskuldig. Hy is die enigste een wat my NOOIT benadeel nie. Waar het my prioriteite begin verkeerd gaan? Waar het ek die Here gevra om eenkant toe te staan, ek sal sommer self hierdie probleempie hanteer? My toewyding is nie te min omdat ek te besig is nie, ek is te besig omdat ek nie toegewyd is nie. Terwyl ek hier skryf, is ek so dankbaar vir die kanse wat die Here my gee. Oor drie ure begin die Kom Word Nuut-Kamp en al is ek een van die aanbieders, is dit regtig een van die kosbaarste asemskepplekke in my lewe. Elke kamp word ekself weer

nuut, huil ek op die Here se skouer, hoor Sy stem duideliker as ooit. Dankie Here, vir die ankers: vir stiltetyd, vir mede-Christene se voorbeeld, dankie vir ons toewydingsreeks hierdie jaar, dankie vir verhale van lewens wat verander, dankie vir Jesus se gesels met my op die berg die afgelope kwartaal ….. En skielik kyk ek vanuit die regte hoek na my uitdagings. Sonder dat my omstandighede verander het begin ék skielik te verander en toe ek weer sien, verander ook my omstandighede. Ten spyte van alles, begin my hoop weer my lewe verander. Wil jy ‘n bietjie afklim? Ons sit graag saam met jou. Ds Eddie

 

 

Kom los jou

 

spore

hier...

   

Ds Eddie

Ds Nati

Ds Jurgens

Ds Gerrie

In hierdie uitgawe: Wil jy bietjie afklim? Samuel Kembo trap diep spore. Welkom in die Laeveld. Idios - Plek van God. Kom kamp saam! Geseën in die reën. Freedom from Addiction. Pretblad. Raak stil… Kersfees! Wat moet ek doen om gered te word?


Samuel Kembo trap diep spore Samuel kyk my vas in die oë en verklaar met oortuiging: “As Suid-Afrikaanse Christene inkoop in Moslemevangelisasie, kan Afrika sonder veel moeite gered word.” Samuel Shirango Kembo is 61 jaar gelede in die Alaba Moslemgemeenskap in die suide van Etiopië gebore en het in Durame, ’n Etiopiese Christen-gemeenskap in die suidooste, grootgeword. In die 90’s was hy betrokke by kerkplanting en die hoof oor kerke in die Durame-gebied. Tussen 2001 en 2005 het hy as die sendinghoof van die Full Gospel Church of Ethiopia – een van die grootste Etiopiese denominasies – opgetree. Hy het op 26-jarige ouderdom tot bekering gekom terwyl Etiopië onder kommunistiese bewind was en Christene vervolg is. Verder was die Horing van Afrika steeds geteister deur geweldige hongersnood en gruwelike skendings van menseregte. Samuel het in 2007 deur SATS by ASM, net buite Witrivier, sy meestersgraad met spesialisering in missiologie voltooi. En dit is in Witrivier waar ds. Eddie le Roux hom die eerste maal raakgeloop het. Volgens Samuel was hy vas van plan om terug te keer na Etiopië, maar God het ander planne met hom gehad. Eddie sê meer hieroor: “God het die kerk jare lank kans gegee om sendingwerk in die Witrivier-omgewing en selfs die res van Suid-Afrika te doen. Ten einde raad het hy dit goedgedink om in 2006 ’n Etiopiër te stuur om ons te kom leer hoe om dit te doen.” Deur

Samuel het die NG Gemeente in Witrivier by die Etiopiese Christene in Kabokweni betrokke geraak. Op húlle beurt het die Etiopiërs die kerk bewus gemaak van die instroming van Moslem besigheidsmanne vanaf Pakistan, Somalië en Bangladesj na die gebiede rondom Witrivier. Eddie en sy medewerker, Callie Lourens, het besef dat sendingwerk onder Moslems broodnodig is en met Samuel begin saamwerk om ’n Moslem-bediening op die been te bring. Hulle het gereël dat Samuel se familie by hom aansluit en ’n kantoor by die kerk aan hom beskikbaar gestel. Met die ondersteuning van die gemeente en ander rolspelers het Samuel in 2008 die organisasie, Christ for all Mission Mobilization International Ministry (CFAMMIM), gestig. Aan die een kant fokus CFAMMIM op die mobilisering en ondersteuning van Etiopiese Christene in Suid-Afrika. Aan die ander kant word sendelinge by die NG Gemeente Witrivier onder leiding van Samuel opgelei. Verlede jaar het meer as 300 studente gekwalifiseer as Moslem-evangeliste. Die South African Mission MobilizationPartnership (SAMMP) is uit CFAMMIM gebore as gevolg

Palmstraat 11 Witrivier


van ’n behoefte om Moslemsending na Afrika en die res van die wêreld uit te brei. Op die vraag oor hoe ’n Christen ’n Moslem moet benader, beklemtoon Samuel dat dit intensiewe en spesifieke opleiding verg. “Eerstens moet die Moslem se vertroue en vriendskap gewen word,” verduidelik hy. “Daarná is daar talle geleenthede om eers die Koran-gedeeltes oor Jesus Christus en laastens die Bybelse Evangelie te deel. Dit is belangrik om altyd met geloofwaardigheid, nederigheid, integriteit en sensitiwiteit op te tree.” Samuel het ’n paar jaar gelede ’n kursus oor Moslem-sending vir gemeentelede

aangebied en Callie het die kursus bygewoon. Callie vertel dat hy, as besigheidsman, daagliks met Moslems te doen kry en hierdie beginsels sonder uitsondering met goeie resultate toepas. Liezel Lüneburg

Opleiding van Moslemevangeliste word op aanvraag gedoen. Kontak gerus die NG Gemeente Witrivier se Getuiebedieningskantoor met enige navrae.

Welkom in die Laeveld! Marlene Malan het by ons aangesluit as CMR se nuwe Maatskaplike werker. Marlene is nie net ‘n nuwe gesig in die CMR-kantoor nie, maar ook ‘n nuweling in die Laeveld. Iets waarmee sy egter goed vertroud is, is maatskaplike werk. Marlene kom na ons toe met 28 jaar ondervinding. Sy het voorheen in Standerton en Bethal gewerk, maar het die grootste deel van haar loopbaan in Pretoria deurgebring. Die skuif na die Laeveld bring natuurlik ‘n groot verandering in die tipe werk waarmee sy te doen kry. In die stad is daar verskeie spesialiteitsrigtings en elkeen hou hom by sy eie rigting. Hier is egter ‘n groot verskeidenheid uitdagings. Die grootste hiervan is die groeiende armoede en die probleme wat daarmee gepaard gaan soos alkoholisme, dwelmmisbruik, kinderverwaarlosing en gesinsgeweld. Die sterk gemeenskapsbetrokken-

heid is sowaar ’n groot pluspunt. As welsynwerker voel jy nooit dat jy alleen staan nie - daar is altyd iemand om te help. Marlene se passie is kinders. “Kinders is my soft spot,” sê sy. “As ek net een kind kan beskerm teen die wrede wêreld daarbuite, het ek my doel bereik.” Dit het haar ook nie lank geneem om hier by ons ‘n moontlike projek waarby kinders kan baat, te identifiseer nie. Sy beplan om ‘n klein kleutergroepie te begin vir die kinders wat Maandae saam met hulle ouers by die Kos- en Klerekas kom aanmeld. Bitter min kinders wat met ‘n agterstand skool toe gaan, kan self daardie agterstand oorkom. Die probleem is dikwels armoede omdat ouers nie kleuterskole kan bekostig nie en self ook nie die kennis het om basiese vaardighede oor te dra nie. Daardie agterstand lei dan tot ‘n verdere agterstand en armoede. Die doel van so kleutergroepie sal wees om vir die kleingoed basiese

vaardighede aan te leer en ook om hul ouers met ouerskapvaardighede toe te rus. So kan ons probeer om die agterstand kleiner te maak. Hierdie projek skakel in by die landswye inisiatief van UKUBA, wat help met vroeë kinderontwikkelings programme. Die projek is nog in sy breinstorm-stadium, maar as jy belangstel om betrokke te raak kan jy vir Marlene by 072 417 6647 kontak. Gaan lees ook gerus meer oor UKUBA by http://ukuba.org/


Witrivier en Nelspruit is van die min dorpe in ons land waar die gemeenskap ‘n ondersteuningsraamwerk vorm wat op innoverende maniere saamwerk om ‘n verskil te maak. Twee plekke lê my persoonlik baie na aan die hart. Eerstens is daar die Kos- en Klerekas van NG Gemeente Witrivier, waarmee ek al self ‘n paar keer te doen gekry het. Hulle reik uit na mense wat fisies van die straat af kom aanklop en onmiddellik hulp nodig het. Tweedens is daar Idios, ‘n Griekse woord wat ‘Plek van God’ beteken. Hoeveel keer het elkeen van ons al iemand in nood gesien - sonder ‘n heenkome? Soms met ‘n gesin of dalk ‘n selfstandige persoon wat net geval het in die lewe, plat teen die grond. Ek vra hierdie vraag, want die antwoord wat die Liewe Vader vir ons gemeenskap gegee het, is Idios: ‘n toevlugsoord sowat 20 km buite Witrivier op die Hazyview-pad in die Sabaanvallei. Persone wat die verkeerde keuses in die lewe gemaak het, wat alles verloor het – selfrespek, inkomste, familie, huise ensovoorts - vind toevlug hier, met voeding en versorging. By Idios lê die trots diep in die wete dat die instansie nooit bedel nie.

Opgeleide inwoners, manlik en vroulik, werk daagliks om so hul daaglikse brood te verdien. Elke inwoner word wel ondersteun om selfbeheersing toe te pas, omdat geen drank of dwelms op die perseel toegelaat word nie. As ’n reël bly die inwoners ‘n paar dae tot drie maande by Idios voordat hul weer aanbeweeg. Soms beter, soms na tydelike verandering. Met my tweede besoek aan Idios stop daar ‘n voertuig met ‘n NoordWesregistrasie en my hart begin juig – hoe het jy hier gekom? Wie het jou hierheen gelei? Hoe ver strek die hoopboodskap van hierdie spesiale plek - plek van God! Met hierdie geleentheid stap ons deur die kampterrein om die opset te sien. As mens die omstandighede van hoe elke individu daar beland het, opsyskuif, vind jy daar die vrede van die natuur, respek van elke persoon wat iets vir sy hand soek om te doen en gemeenskaplikheid met die kombuis, kuiervertrek, kerkgebou en badkamer. Ondersteuning is daar van die gemeenskap op alle vlakke, maar lewenskostes hou nooit op nie. Oom Andy help graag met ‘n lysie van items wat gebruik kan word d.m.v. SMS of e-pos.

Die instansie het ‘n ekstra bakkie broodnodig. Die huidige bakkie is baie oud en kan nie meer ekonomies onderhou word nie. Ons wil dus van hierdie geleentheid gebruik maak om vyf individue te vra om hande te vat en elk R500 vir ses maande in Idios te belê. Met daardie geld kan hulle begin kyk na ‘n tweedehandse bakkie wat weer hulp sal verleen om mense by die werk te kry of items te vervoer. Kontak gerus vir Andy de Beer by 013 751 2956 of 083 447 8488 vir verdere inligting. Ons gemeenskap het ‘n ondersteuningsraamwerk wat mense op alle vlakke van die lewe kan help. Ons kan hierdie raamwerk versterk deur ons seëninge te deel met instansies soos Idios wat ‘n liefde en passie vir hoop het! Cornelle Crowley

OOM ANDY DE BEER

KUIERVERTREK Foto vanaf: Die Laevelder

Tel: (013) 750 1300 Tel/Fax: (013) 751 1787 Fax 2 Mail: 086 624 3119 Email: 2butcher@lantic.net

Foto vanaf: Die Laevelder

KERKGEBOU


Kom kamp saam! Ongeveer twee jaar gelede het Braam en Poppie Haasbroek gevoel dat hulle betrokke wil raak by ‘n bediening. Onder leiding van ds. Jurgens en as uitvloeisel van die gasvryheidsbediening het die “Kampvuur gesinskampe” ontstaan. Hierdie kampe is vir een en elk wat die natuur geniet en op so manier ook God se teenwoordigheid ervaar. Daar is geen vasgestelde program nie omdat hulle wil hê dat gesinne weer moet saamkuier. Saans kom almal egter saambraai en gesels. Soms sal iemand ‘n kitaar saam-

bring en dan word dit sommer ‘n lekker saamsing-geleentheid. Sondagoggende lewer een van die predikante ‘n kort informele boodskap, maar die res van die tyd is jou eie. Moenie dink jy kan nie saamkamp omdat jy nie ‘n woonwa of tent besit nie. Die kampe word altyd gehou by oorde met ‘n verskeidenheid woongeriewe. Daar is altyd kampstaanplek asook huisies of kamers beskikbaar. Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid om net weer ‘n bietjie stil te raak of om nuwe vriende te maak.

Huidiglik word daar drie kampe per jaar beplan, maar die Haasbroeks hoop dat dit binnekort meer gereeld sal kan gebeur. Hulle wil ook graag minder bekende plekke besoek en verwelkom enige insette en voorstelle. Kontak Poppie by 082 376 1146 of mihi@vodamail.co.za vir meer inligting. Jy kan ook ‘n vormpie by die kerkkantoor invul om sodoende jou naam op hul e-pos lys te plaas. Hou die weeklikse OASENUUS dop vir kampdatums in Mei, Augustus en November 2016

Geseën in die reën. Vroegoggend op 5 November seën die Here Witrivier met die heerlikste sagte reën. Met sambrele en reënjasse kom daar ‘n groep gelowiges saam wat regmaak om net minder as 5 km te stap om

sodoende geld vir Bybelverspreiding in te samel. Daar het 129 mense vir die stap ingeskryf, maar die koue, nat weer het ‘n hele paar afgeskrik. Daar was egter nog heelwat mense van alle ouderdomme wat

Advanced Imaging Dr Jeffrey Swartzberg Incorporated Kiaat Private Hospital Tel: 013 590 9181

X - rays  CT - scan  MRI 

opgedaag en vasgebyt het. Daar is R3 225 met die poging ingesamel. Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels vir elkeen in hulle eie taal en in ‘n geskikte formaat beskikbaar te stel sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

Mammography  Ultrasound  Bone Density 

24 HOURS EMERGENCY SERVICE


In Jesus there is freedom from addiction.

This is how I ended up hearing Colin Garnett’s testimony at the Sunday evening service on the 16th of August. Colin is co-founder and Clinical Director of Bethesda Addictions Treatment Centre in Plettenberg Bay. He has been a heroin addict for 12 years but in 1993 he committed his life to the Lord. What a powerful testimony! Colin testified that he grew up in a very loving home. Even though they did

not have a lot of money, there was a lot of love, but Colin always felt lonely and abandoned. There was a longing in his heart which couldn’t be stilled. This was part of of the problem which led him to drug abuse. He has served six and a half years in twenty seven prisons because of his addiction. He said that the prisons became a place where he felt safe and cared for. His life had no direction and was going nowhere. He knew at that stage that he wouldn’t grow old and that there was no future, no promise for his life. Everything changed when he met a man in prison who started telling him about Jesus. Colin was baptised in a garbage bin in one of the prisons. He knew instantly that he was saved and that he met Jesus Christ. He was instantly cured from his drug addiction. After Colin was saved, he studied different courses and became a Registered Addictions Specialist with the Breining Institute in California. His qualifications cover a wide variety of subjects that make him highly qualified for the work he is doing. His testimony challenged adults and children. He ministered at Rob Ferreira High School to the children and touched their lives. Quite a few came forward with questions and situations which they didn’t know how to handle. We need to be there, we need to be able to put these people in touch

REGSTELLING In die vorige uitgawe is by sommige berigte verwys na verdere inligting op die webwerf www.ngwitrivier.co.za. Ongelukkig kon genoemde inligting nie geplaas word nie. Kontak gerus vir Daleen by sporekoerant@gmail.com om dit aan u te e-pos.

BLOKRAAI ANTWOORDE

It is Sunday, an ordinary day with ordinary happenings and ordinary expectations…Did we fall into an ordinary mind-set about who Jesus is and the power of the Holy Spirit in our lives? My day started out as an ordinary day. To be honest, most of my days are ordinary with the same issues, the same time schedule, the same of everything…even the same conversations. We look past the struggles and addictions that friends, family and neighbours are struggling with, because it is comfortable in our little worlds, we are fighting some battles ourselves. We listen to the lies that there is no time to reach out, we argue that we need to start in our own home. I agree, it is important to start in your own life, your own family, your own home, but when is it time to move out and challenge the lives of people outside of our domain and start being salt and light to the world?

NUWE ONTWIKKELING! Theuns Schoombee 076 859 5032 lowveldhomes@gmail.com

with people who can help and are able to assist. Please make use of the online addiction programme on www.valleyofaddiction.com. It is available to anyone and we urge you to make use of the resources out there. If you feel lost or in the chains of any addictions, if your life is in a downward spiral and you feel how you are losing grip on life and not coping with whatever addiction you are facing, please don’t go through it alone. Please start speaking up so that you can get the help you need, the help you are craving…the help you deserve. There are people who care and can help you to find your feet again, who will walk through the valley of darkness with you and who can introduce you to the Saviour of all addictions – Jesus Christ. He is the Beginning and the End. For more information contact Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 or eddie@ngwitrivier.co.za Lindi Meyer


DWARS 2. Voëls wat vir Elia kos gebring het. 5. Kos uit die hemel. 6. Tien wette op klip geskryf. 7. Farao se dogter het Moses hierin gevind. 9. God binne ons. 12. ‘n Groep skrifgeleerdes wat Jesus vyandiggesind was. 14. Heuwel waar Jesus gekruisig is. 16. Ou Testamentiese woning van God 17. ‘n Geskenk van een van die wyse manne. 18. Die Israeliete se benaming van God. 19. Die dier waarop Jesus Jerusalem binnegegaan het. 20. Die eerste rigter.

Pappa God, ek sit weer hier op die klip waar U gister my hart so geraak het. Here, ek sukkel om stil te raak, werklik stil. Ek wil stil raak, Here, en U stem hoor. Here, ons praat so baie van nuut word in Christus, maar wat is nuut? Ek is tog dieselfde Martin

AF 1. Die beloofde land. 3. Die Israeliete is in …………… weggevoer. 4. Petrus en Johannes se beroep 8. Stad waar Jode die tempel besoek. 10. Hy is deur Jesus opgewek uit die dood. 11.’n Simbool van hoop vir Christene. 13. Man met uitsonderlike krag. 15. Rut se skoonma.

met dieselfde liggaam en gees? Hoe word mens dan nuut? “Nuut is nuut, nie dieselfde nie, anders. As jy ‘n boom laat groei in ‘n donker kamer, met net een venster waar daar so bietjie lig inskyn, gaan daardie boom verwronge, en nie na sy aard, skeef groei na die lig toe. As jy dan ‘n stiggie van daardie boom neem en dit plant waar daar genoeg lig is, gaan daardie stiggie, soos wat Ek dit bedoel het, na My toe groei. Die stiggie is dieselfde, maar tog nie. Die boom in die kamer is verwronge, skeef en nie na sy aard nie. Die

stiggie aan die ander kant, groei mooi en is vir My aanneemlik, alhoewel hy tog vroeër deel van die verwronge boom gevorm het. Die stiggie en die boom deel eienskappe wat Ek vir daardie soort boom bedoel het, maar die donker het die boom laat skeef groei, anders as wat Ek bedoel het. Draai nou weg van daardie mure wat jou geestesboom in die donker laat groei, breek ‘n stiggie af van jou verwrongendheid en gaan plant jou lewe in die lig sodat jy nader aan My kan groei.

4x4 Boswa toegerus vir 4 persone te huur. Geniet ‘n onvergeetlike wegbreek! Kontak: Charles 072 856 6575 e-pos bester3@vodamail.co.za

Martin Engelbrecht


Met groot opgewondenheid kan ek weer aankondig dat ons Vrouebediening binnekort ons vyftiende Kersmark gaan aanbied. Dit is ‘n hoogtepunt vir die Vrouebediening en ook ‘n goeie afsluiting vir die jaar. Die Kersmark word vanaf 25 tot 28 November gehou. Woensdag die 25ste is ons die deure oop vanaf 17h00 tot 19h00, om sodoende ook ons werkende mense kans te gee om die mark te besoek. Donderdag en Vrydag is ons oop vanaf 09h00 tot 19h00 en Saterdag vanaf 09h00 tot 15h00. Teken die datums in jou dagboek aan en spaar ‘n geldjie om ons te kom

ondersteun. Hierdie jaar gaan 61 uitstallers hul produkte kom uitstal. Ons het heelwat plaaslike uitstallers maar ons probeer ook om uitstallers van elders te akkommodeer (o.a. Pretoria, Johannesburg, Vanrhynsdorp en Paarl). Hier gaan ‘n wye verskeidenheid van produkte wees: juwele, houtgeskenke, leerprodukte, handgeweefte grasprodukte, Swazi kerse, seep, skilderytjies, kaartjies, lapverf, geskenksakkies, kinder t-hempies, koekies, beskuit, biltong, fudge, souse, koeksisters, lekkers en nog vele meer. Elke jaar probeer ons om nuwe produkte uit te stal. Hierdie jaar is daar 18 uitstallers wat vir die eerste keer hier uitstal.

Daar gaan weer ‘n teetuin soos van ouds wees en Accelerated Acadamy gaan dit vir ons bedryf. Heerlike koeke, terte, ligte etes, pannekoek, koffie, tee, en ander lekkernye gaan aangebied word. Wegneemetes kan ook bestel word. Bring gerus ‘n vriend of vriendin en ondersteun hulle. Kom maak ‘n draai en doen al jou kersinkopies by ons. Ons sien jou by die Kersmark!

Wat moet ek doen om gered te word? Handelinge 16:31 …"Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou hele huisgesin." Daar is ‘n kloof tussen ons en God, sonde het ons van Hom verwyder. Romeine 3:23 Almal het gesondig en is ver van God af. God is ‘n regverdige God en daarom moet sonde gestraf word. Romeine 6: 23 Die loon wat die sonde gee, is die dood;… Deur Sy kruisdood het Christus vir ons ‘n brug kom bou oor die kloof. 1 Petrus 3:18 ...Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir LERAARS Ds. Gerrie Doyer Ds. Jurgens de Jager Ds. Eddie le Roux Ds. Nati Stander

 www.ngwitrivier.co.za

die skuldiges, om julle na God te bring,… Stap oor hierdie brug! Erken dat jy Sy vergifnis nodig het. Neem Jesus aan as jou Verlosser en Saligmaker. Here Jesus, hier is ek. Neem my net soos wat ek is en vergewe al my sondes. Maak my ‘n kind van God! Johannes 1: 12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders

082 735 4892 079 292 9545 082 322 3393 082 216 3710

KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596 kerkkantoor@ngwitrivier.co.za

 Church Communicator

Facebook

van God te word. Ongeag hoe jy nou voel - Jy behoort aan Christus. Neem Hom op Sy woord en leef daarvolgens. Johannes 17:3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat deur U gestuur is. Skakel gerus enige van ons leraars indien jy behoefte het om met iemand te praat.

SPORE REDAKSIE Daleen 083 2777 685 sporekoerant@gmail.com Antoinette (013) 751 1644 nuus@ngwitrivier.co.za

 E-pos nuusbrief


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.