SOMER 2016
Anita staar na haar man en hulle negejarige seun, Armand. Sy weet nie hoekom sy so dink nie, maar dit voel vir haar of hulle vreemdelinge van mekaar is. Sy en Adriaan is hierdie jaar tog al twaalf jaar getroud. Waarom sal sy voel of hulle mekaar nie ken nie? Waarom voel dit vir haar of ál wat haar seun van haar af weet is dat sy kan kos maak – en ál wat sy van hom weet is dat hy Dinsdae krieketoefeninge het? Waarom voel dit vir haar of sy nie meer weet wat haar man se drome is nie? En waarom het sy ‘n vermoede dat hy nie weet wat haar grootste bekommernis op hierdie stadium is nie? Om hemelsnaam! Waarom voel dit vir haar of hulle by mekaar verbyleef!?
Ons is gemaak om spore te los. Kom los jou spore hier...
Gesinne se kommunikasievlakke Anita is nie vêr verkeerd in haar aanvoeling nie. Daar is 6 vlakke van kommunikasie, en meeste gesinne kry dit nie reg om dieper as vlak 3 te delf nie. Vlak 3 is bloot die weergee van feite en gebeure – soos dat Armand op Dinsdae krieketoefening het. Min gesinne kry dit reg om (sonder ‘n groot baklei) oor sake te praat wat hoort in vlak 4, 5 en 6. Dit is egter die
vlakke waar dieptegroei in verhoudings lê. Indien jy nie doelbewus daaraan werk om meer en meer op hierdie terreine te kommunikeer nie, gebeur tipies met jou wat met Anita en haar gesin gebeur: Hulle word vreemdelinge van mekaar. Gesinsfokus in Witrivier Omdat die welstand van gesinne vir NG Witrivier baie belangrik is, het ons ‘n weeklikse gesinsdiens geloots wat gesinne help om dieper te groei in hulle kommunikasie met mekaar en hulle uitlewing van gesinswaardes.
sekere punte te gesels. Ons vertrou die Here dat hierdie inisiatief op die langtermyn nie net gesinne gaan help om dieper verhoudings te hê nie, maar ook ouers gaan in staat gaan stel om sélf hulle kinders na die Here te lei.
In hierdie uitgawe:
Die spesiale eredienste is gemik op gesinne met Laerskoolkinders, en daar word tydens die erediens kans gegee om met mekaar oor
Hoe gesond is jou gesin? Dieper verhouding met God Swadini uit ‘n ander hoek Praat kan heelmaak Bluetooth Ouerskap Liefde vir Bennie Wat ʼn verrassing! Die dag toe Jesus ons besoek het... Pretblad! Boekwurms… Klink ‘n glasie water Wat moet ek doen om gered te word?
Met behulp van die Bybelskool vir Bereane kan jy die Bybel deurlees in drie jaar. Volg net die...
Wil jy ‘n dieper verhouding met God hê? Ons as Christene is nie altyd seker hoe om die Woord nader aan die konteks van ons lewens te bring nie. Hoe maak ek God se Woord op my lewe van toepassing? Ons is geneig om die Bybel lukraak te lees en boer in die ou bekende gedeeltes. Dit is dan moeilik om God se Woord in al sy volheid en rykheid te verstaan. Vra jouself: “Kan mens ‘n werklike navolger van God wees, as jy geen erns maak met God se stem in jou lewe nie?” Die gebruik van ʼn leesrooster het ontstaan om op ‘n stelselmatige manier jou weg deur die Woord van God te vind. Mense wat van leesroosters gebruik maak, ondervind gewoonlik dat die leestempo mens met min tyd laat om die woord te internaliseer. Jy haal wel die dag se mikpunt van drie of vier hoofstukke , maar dit voel dikwels of dit jou nie baat nie. ‘n Ander probleem wat ontstaan is dat die leestempo wat mens moet volhou vir baie van ons eenvoudig net nie volhoubaar is nie. Die Bybelskool vir Bereane is die antwoord op hierdie probleme. Die Bybelskool kry sy naam vanaf die gedeelte in Handelinge 17 waar Paulus na Berea toe gesmokkel is. Daar staan geskryf dat die mense
van Berea met groot belangstelling na Paulus geluister en elke dag die skrif self ondersoek het om te sien of dit werklik was soos wat hy sê. Dit wys op die mense van Berea se hart en hoe ernstig hulle met God se woord omgegaan het. Die bybelskool vir Bereane is ‘n hulpmiddel wat jou wil help om die hele Bybel te ontdek. Aan die hand van ‘n leesrooster met ‘n maklike en volhoubare tempo, van een hoofstuk per dag vir drie jaar, neem dit jou dwarsdeur die Bybel. Nog ‘n voordeel wat die skool bied is dat mens nie aan jou eie genade oorgelaat word nie. Een keer ‘n maand is daar ‘n toeligting sessie. Die doel hiervan is om die konteks van die spesifieke gedeelte vir jou lewendig te maak en die relevansie tot jou lewe uit te lig. Na afloop van die inligtingsessie gaan ondersoek mens dan die Woord om te sien of dit werklik so is, net soos die mense van Berea. Die leesrooster is op ‘n baie unieke manier saamgestel. Dit het ten doel om jou in een jaar se tyd deur elke genre van die Bybel te neem. In drie jaar word jy deur die hele Bybel geneem. Dit is ook so geformuleer dat jy byvoorbeeld nie 66 dae lank vasval in Jesaja nie. Dit is opgestel om die natuurlike opbou van die Bybel te
benut en om die leesrooster interessant en vars te hou. Dit is eenvoudig om deel te word van hierdie Bereane. Die eerste stap is om aanlyn te registreer by www.bybelskool.co.za. Daardeur word jy gedurig op hoogte gehou van relevante hulpmiddels wat jou kan help om die Bybel te verstaan. Enige navrae kan ook aanlyn gedoen word. Die tweede stap is om die leesrooster af te trek. Wat hierdie program uniek maak is dat ʼn mens enige tyd in ‘n drie jaar siklus kan inskakel en weet, van daardie dag af oor drie jaar, sal jy deur die hele Bybel gelees het. Die derde stap het juis te maak met wat ons in Handeling 17 sien, waar Berea eers toeligting ontvang het. Hierdie toeligting gebeur maandeliks by die Bybelskool, maar vir die wat hierdie sessies nie kan bywoon nie, sal die materiaal ook aanlyn beskikbaar wees. Die laaste stap is om soos die Bereane die Woord te lees. Kom maak erns met die Woord van God en deel in die avontuur wat ontdekking van God se Woord bring.
Palmstraat 11 Witrivier
Martin Engelbrecht
Swadini vanuit ‘n ander hoek. Wat ‘n heerlike week in Swadini!! Ons gesin het Desember vir ‘n week daar gekamp. Dit is een van ons gunsteling vakansie plekke. Die pragtige berg, diere in die kamp en die lekker atmosfeer in die oord is van die hoofredes waarom ons daarheen gaan. Hierdie Desember was dit ekstra spesiaal, want die SWAT-span van NG Witrivier was daar. Wat ‘n heerlike ervaring om hierdie oulike jongmense beter te leer ken. In die oggende voor nege het hulle die kindertjies met ‘n treintjie kom oplaai en poppekas toe geneem. Dit was ‘n vrolike gejuig met lappop en narre. Ons seun Darius was elke oggend vuur en vlam, reg vir die opwindende rit. Hy het die poppekas en aktiwiteite daarna baie geniet. Die SWAT-span was vreeslik oulik en het seker gemaak dat elke kind spesiaal voel. Die kleintjies het hulle behoorlik oorval en aan hulle gehang. Ons kon sien dat hulle regtig ‘n goeie invloed op die kindertjies het. Deur die dag was die jongklomp besig met speletjies soos volleyball en krieket en het ook die oord se
vermaaklikheidspan gehelp, tot groot vermaak van almal by die swembad. Hulle was regtig ‘n aanwins vir die oord. As Christen was ek trots op ons kinders wat so ʼn mooi gesonde beeld van tieners uitgestraal het. Ons het twee van die Sondae die erediens bygewoon waar die SWAT span, Ds. Eddie en Prop. Freddie betrokke was. Dit was ‘n wonderlike belewenis daar aan die voet van die berg. Die span het ook een aand ‘n konsert vir die oord aangebied. Ons het geskater van die lag, maar tog was daar ook goeie lewenslesse wat oud en jonk kon saamneem huis toe. Ons as gesin wil graag NG Witrivier bedank vir hierdie uitreik elke Desember-vakansie. Dit was die eerste keer dat ons daar was om te beleef wat die SWAT-span doen en die impak daarvan te ervaar. Ons kan net met lof praat van dit wat die jongmense daar verrig. Ons eie seun, Niel was nou al vir sy derde keer daar en die invloed wat dit op sy lewe het is net so wonderlik. Ons kon in die laaste jare sien hoe hy
‘n Span van vier uitsonderlike mense staan reg om jou deur moeilike situasies te help. Enige-een wat al deur trauma, hartseer of ‘n wrok in sy hart moes werk sal verstaan dat dit ‘n enorme taak is om alleen aan te pak. Caritas is ‘n span van vier mense met omgeeharte uit uiteenlope agtergronde, wat deur middel van narratiewe pastorale versorging, mense help om deur situasies, trauma en emosies te werk. Hulle gebruik beginsels van luister, empatie en vertroulikheid om persone toe te rus om God se lig te
groei in leierskap, emosionele volwassenheid en veral sy verhouding met God. Hy het ook pragtige vriende daar gemaak. Ek dink hierdie uitreik is ongelooflik goed vir ons gemeente se kinders en groot seën rus daarop. Ons sal beslis weer Swadini toe gaan wanneer hulle daar is. Christelle Erasmus & gesin.
Boeties Niel & Darius
Wanneer praat heel maak identifiseer en met hul eie omstandighede te vereenselwig. Deur die jare het die Caritas span talle mense in ‘n streng vertroulike en nieveroordelende atmosfeer gehelp om hul emosionele en geestelike probleme na God te bring. Weens menslike natuur is ons geneig is om probleme by ons menswees in te weef en dit as deel van ons aan te neem . Dit raak dan moeilik om daarvan afstand te doen. Dit is juis hier waar die Caritas span weekliks ‘n pad saam met jou stap. Hulle help met die ontwikke-
ling van die inherente antwoorde binne jou vir die probleme wat jy ondervind. Caritas klassifiseer hulself as versorgers eerder as beraders en lê sterk klem op ondersteuning eerder as berading. Indien jy voel dat jy met ‘n wrok in jou hart rondloop, sukkel om deur jou negatiewe emosies te werk of voel dat God se lig vêr weg van ‘n probleem wat jy ondervind skyn, skakel Klara by 082 693 6596.
Tel: (013) 750 1300 Tel/Fax: (013) 751 1787 Fax 2 Mail: 086 624 3119 Email: 2butcher@lantic.net
‘n Pro-aktiewe ouer vereis toewyding en doelgerigtheid Om ‘n pro-aktiewe ouer te wees is ‘n keuse wat ons elkeen moet maak op een of ander stadium in ons lewe. Die taak om ouer te wees word nie bespreek vir opgeleide opvoeders of ouers wat absoluut weet wat hulle doen nie. Nee, ouerskap is uit die Staanspoor ʼn keuse of jy ‘n betrokke ouer wil wees of nie. Betrokke by jou kind se welstand, geestelike lewe en emosionele lewe. Of jy bereid is om hande te vat saam mense met kennis, wat jou wil leer en advies gee rondom kwellende maar ook verrykende onderwerpe as dit kom by kinders grootmaak. By Bluetooth Ouerskap wil ons jou hoop gee, en jou soms moedelose hande vat, maar soms ook net lekker gesels deur ondersteuning te bied. Bluetooth is nie net vir ouers met probleem kinders nie. Dis ‘n plek waar ons jou graag wil toerus en lei om ouerskap ‘n reis te maak en nie net ‘n plig nie.
Merk die datums Net ‘n volwasse mamma,
Tegnologie & TV
kan ‘n goeie mamma wees!
REG of WEG?
Dr. Thelma Laubscher Kaartjies @ R20 nou beskikbaar
Is jou kind te koop?
Oggend-tee saam met
Kontak gerus Antoinette by die Kerkkantoor vir enige navrae rondom die Bluetooth aande. Of stuur ‘n epos aan bluetoothouerskap@gmail.com Word ‘n vriend op ons Facebook-blad
Op 27 Januarie 2016 het ons ʼn bietjie saam Susanne Arendts gekuier, ‘n arbeidsterapeut hier in ons midde, en sy het ons meer kom vertel en wysgemaak rondom “Praktiese idees om jou kind te help”. Van die ouers wat Susanne se praatjie bygewoon het, het op ons Facebook blad die volgende gaan skryf: “I thoroughly enjoyed the talk with Occupational Therapist - although a lot of it was aimed at young babies, and my girls are almost 2 years and 6 years old, a lot of what she said made sense looking back to when they were babies. I am looking forward to the next series! - Vicki” “Bluetooth was weereens 'n ongelooflike ervaring (27 Januarie) So insiggewend! Mens leer so baie, nie net van die aanbieder nie, maar ook van Ds Nati Stander wat self kindertjies het EN elke ouer wat teenwoordig is... Ek sien reeds uit na julle volgende aanbieding 24 Februarie! - Melanie”
Indien jy meer praktiese idees wil bekom om jou kind te help, het Susanne ‘n paar webblaaie voorgestel wat van hulp kan wees: www.theimaginationtree.com
www.therapyfunzone.net
Telephone: 013 750 0632 Email: Juanita.kphotography@telkomsa.net Web: www.juanitakphotography.co.za Instagram: Juanita.KPhotography Physical address: Shop nr 4, Shoprite Centre 27 William Lynn Street, White River Mpumalanga, South Africa
CANVAS printing & stretching BABY & KIDDIES photography FAMILY photography PHOTO COMPETITIONS! WEDDING & EVENTS photography
www.kleuters.co.za.
ID & PASSPORT photos PRINTING on gifts PHOTO BOOKS & much more DAILY OPEN PHOTO STUDIO
Stortvloed van liefde toe Bennie seerkry Jesus-liefde, omgee en ‘n stortvloed gebede het ‘n moeilike tyd vir die Van der Walt-gesin in ‘n baie geseënde een laat verander. Die sesjarige Bennie, seun van plaaslike sendelinge Spencer en Karen, is ernstig beseer nadat hy met sy fiets geval het. Hy is in Rob Ferreira Hospitaal opgeneem en daar is vasgestel dat beide bene in sy arms naby sy polse gebreek is. Die regterarm se buite-been was so erg vergruis dat dit die senuwee wat sy middelvingers beheer erg beskadig het en hy het geen gevoel in drie van sy vingers gehad het nie. Hy moes dringend ‘n operasie ondergaan om senuwee-skade te voorkom, maar die hospitaal sou hom eers oor twee of drie weke kon help. Ds Jurgens de Jager raak betrokke en hoor by Dr Hein van Wyk of hy nie dalk die operasie in sy spreekkamer sal kan doen nie.
Toe die dokter die geval bestudeer besef hy die operasie dringend gedoen moet word en nader van sy kollegas om te help. Dr Adam Schoeman en ‘n narkotiseur bied toe hul dienste gratis aan. Mnr Bradley Kidd het ook gratis armstutte aan die seuntjie gegee en meer as ‘n uur gewerk om dit nommerpas vir Bennie te vorm, vertel Spencer.
Bennie gereed vir teater
Die operasie moes in Mediclinic Nelspruit gedoen word en die hospitaalkostes het soos ‘n berg voor die gesin gelê.
Die R23 000 was benodig sou word is deur die gemeente voorgeskiet en die Benjamin-fonds is op die been gebring om die geld terug te betaal. Die gemeente en gemeenskap se hulp word benodig om die hospitaalkostes en enige kostes wat volg te dek. Enige iemand wat geld wil skenk kan dit oorbetaal aan NG Witrivier, ABSA, Rek. No. 1370580002, met die verwysing “Fonds Benjamin”.
Bennie na operasie, met sy nuwe stutte
Benjamin is tuis en herstel in die liefdevolle sorg van sy gesin.
“Ons gesin is net oor die 2 jaar in Witrivier maar ons kan met absolute vrymoedigheid sê hierdie dorpie is met die pragtigste kinders van Jesus geseën, wie nie net oor hulle liefde van Jesus praat nie maar dit ook werklik uitleef!” het die Van der Walt gesin laat weet.
Jeugerediens - Wat ‘n verrassing! Tradisioneel is die NG Kerk se aanddienste bietjie meer op die jeug en jonger mense gerig. Ons gemeente het dit sover geneem om dit ‘n Jeugerediens te noem. Maar wat gebeur tydens hierdie jeugdiens? Is dit sommer net ‘n vinnige kort boodskap en dan verdaag almal na hul onderskeie kategese groepe of is dit ’n volwaardige erediens? Wat is anders as in die oggenddiens en is dit slegs vir jongmense bedoel? Die antwoorde op al die vrae kry mens Sondagmiddae om 17:00 in die kerkgebou. Daar heers ‘n opgewondenheid onder
die jongklomp as hulle net voor vyf die gebou binnekom. Vinnig raak hulle rustig as Ds. Eddie sy verskyning maak en die verrigtinge begin met afkondigings en nuus. Dit is natuurlik gerig op die jeug se aktiwiteite en baie spesiaal, hulle verjaarsdae. Sonder aarseling staan hulle reg om dankoffers op te neem en daarna volg hartlike lofsang en aanbidding. Dis hier waar mens ‘n verskil kan hoor. Die jeug se musiek is anders as dit wat in die oggende gesing word. Mens raak egter gou gewoond aan die onbekende klanke en lank na die diens bly die deuntjie en woorde
Advanced Imaging Dr Jeffrey Swartzberg Incorporated Kiaat Private Hospital Tel: 013 590 9181
steeds in jou gedagtes maal. Ek was opreg verras om te sien dat die erediens dieselfde formaat volg as enige ander. Die kinders antwoord hardop op die seëngroet, hulle doen voorbidding vir mekaar soos in die oggende en daar heers ‘n duidelike atmosfeer van samehorigheid onder hulle. Ons sluit af met ‘n lied wat die balke laat lig en ek kan heelhartig saamsing: “You’re not finished with me yet!” want God praat met oud en jonk by die jeugdiens en Hy het vir my gewys dat ek nog ‘n ver pad het om te stap. Daleen Farmer X
- Rays CT - scan MRI Mammography Ultrasound Bone Density
24 HOURS EMERGENCY SERVICE
Die dag toe Jesus ons besoek het.... Die lewe is doodgewoon net nie regverdig nie. Dit is nie regverdig dat 'n kind se ouers hom verwaarloos en belemmer nie. Ouers is immer veronderstel om die kind ten koste van hulleself te bevoordeel. Dit is nie regverdig dat 'n kind 'n agterstand opbou wat hom vir altyd in 'n groef laat nie. Swaarkry is veronderstel om mens sterker maak, maar wanneer swaarkry jou knou deur jou waardes en selfvertroue te vernietig, kan mens net in moedeloosheid jou kop in jou hande laat sak. MAAR: die Here is genadig en Hy versag en verander die onreg in die wêreld en Hy doen dit deur mense in wie se harte hy iets van Sy gesindheid teenoor die wêreld uitgestort het. So kom verwerptes tot die besef dat die Here leef en dáár is, nou spesifiek vir hulle.
Maar dan verander die klein kinders dit alles deur net met liefde en 'n behoefte aan warmte die tieners in te trek in hulle wêreld. Hulle drukkies en behoefte aan kontak laat al die onsekerheid en weerstand verkrummel. Iets onvergeetliks begin gebeur.
Die tieners in ons gemeente het presies dit gesnap en besluit Hulle word weer klein en geniet elke oomblik daarvan. om nie langer net te sit as daar om hulle mense is wat die Here se nabyheid nodig het nie. Die eerste golf van hierdie tienerliefde het in die vorm van die matrieks op huis Bethlehem neergedaal. Kom beleef hulle storie …..
Die manne kies die veilige opsie. Hulle het werk om te doen en skielik is daar 'n volle 7 jong manne nodig om 'n paar stukkies vleis te braai (veilige buite die bereik van enige Huis Bethlehem inwoner.)
En toe word vleis braai: skielik baie vervelig en wil die manne nie ʼn oomblik van die pret misloop nie.
Die meisies begin effens onseker veilige, rustige speletjies saam met die kinders te speel.
Later, nadat hulle hul verstom het oor hoe ontvanklik die kinders is vir die besinning oor die evangelie is bly daar nog net groot hartseer oor: hoekom het die tyd so gou verby gegaan?
MARTIN 082 4404 936
lapasenalles@vodamail.co.za
HUIS GRASDAKKE LAPAS HOUTDEKKE GRATIS KWOTASIES
Elke mens groei van kind tot volwassene en dan van volwassene tot...? Wanneer hou ʼn mens op om liggaamlik, emosioneel, intellektueel, finansieel, sosiaal en geestelik te groei? Ek sit in my kar op pad werk toe en luister na Joyce Meyers se audioboek wat 'n goeie vriend vir my gegee het, Me, Myself and I. Vir die volgende paar weke kon ek nie die boek afsit nie! Joyce vertel dat haar roeping in die lewe, vir die gelowige is wat reeds bekeer is. Dis wonderlik om te dink dat God nie net mense oor ons pad bring om ons na God te lei nie, maar as jy in God leef, bring Hy steeds mense oor jou pad om jou te help groei! Is dit nie juis na bekering dat die meeste vrae opduik nie? Hoe leef ek nou? Wat moet ek doen?
Wat moet ek ophou doen? Hoe hoor ek die Liewe Vader se stem? Of wanneer is dit Satan? Me, Myself and I is 'n getuigskrif van Joyce wat baie van haar persoonlike belewenisse vertel. Hoe sy as Christen gegroei het van baie jonk en onkundig na ‘n werklike persoonlike verhouding met God. Sy gesels haar boodskap deur in 'n paar hoofstukke: Me minded - altyd net my belang, wat vir my belangrik en nodig is sonder om God te ken in die saak. Danger of reasoning - Moenie alles wil uitredeneer tot die laaste punt nie. Emotional maturity - om my emosies te kan verstaan en saam met dit te leef op aarde, maar in God. Emotions and Impulses - hoekom spring ek emosioneel in 'n gesprek en voel dalk na die tyd teleurgesteld? Stubborn me - as ek nie wil toegee om deur God gelei te
word nie Wounded and bruised - ek het seergekry iewers in my lewe, hoe maak dit 'n impak in my lewe? Alhoewel hierdie moeilike gesprekke is, vul die audioboek ʼn mens se siel met klein humoristiese denke, jy giggel vir jou foute maar die besef en groei is lewensveranderend! Me, Myself and I - is kragtige lesse om jou te help om alles in God se hande oor te laat en Hom volkome te vertrou! Beleef meer vrede en geluk met God aan die stuur van sake! Cornelle Crowley
Klink ‘n glasie water! My tempel behoort aan Jesus! Ons liggame is een van die mees spesiale skeppings van ons Vader. Water is een van die belangrikste natuurlike hulpbronne waarsonder ons liggame nie kan funksioneer nie. Een van die nuutste neigings is gegeurde water of “infused water” soos die Engelsman sou sê. Gegeurde water is ‘n konsep waar jy enige gesuiwerde koue water kan neem en dan vrugte of kruie byvoeg. Die smaak is verfrissend en die
voedingswaarde is baie meer as ons alledaagse gaskoeldranke of sappe wat suiker en kalorieë bevat. Voordele van gegeurde water: Help jou liggaam om natuurlik vetselletjies af te skei. Spoel nadelige gifstowwe uit jou liggaam. Maak jou versadig, sodat peuselhappies nie nodig is nie. Gaan soek gerus op die internet na “Infused water” en leer meer!
Suurlemoen water met ment blare (Hierdie is ‘n lekker ontgiftings resep) 1 liter water 4-5 suurlemoene skywe 1 ment takkie. Plaas waterbeker met ys, suurlemoen skywe en ‘n takkie ment blare in die yskas en laat oornag. Gebruik water binne ’n dag, of verwyder net skywe en takkie om vir langer te laat staan.
Versorg jou liggaam, versorg jou gees, versorg jou siel!
Water in die Bybel: God is die bron van die lewende water (Ps 23:2; Jes 55:1; Joh 4:10-14) God gebruik water om mense te straf (Gen 7:17-24; Eks 14:26-30) Water is ‘n simbool van die Heilige Gees (Jes 44:3) Water is ‘n simbool van reiniging van sonde (Jes 1:16) Water is die simbool van vrede op die nuwe aarde (Op 22:1-2)
Wat moet ek doen om gered te word? Handelinge 16:31 …"Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou hele huisgesin." Daar is ‘n kloof tussen ons en God, sonde het ons van Hom verwyder. Romeine 3:23 Almal het gesondig en is ver van God af. God is ‘n regverdige God en daarom moet sonde gestraf word. Romeine 6: 23 Die loon wat die sonde gee, is die dood… Deur Sy kruisdood het Christus vir ons ‘n brug kom bou oor die kloof. 1 Petrus 3:18 ... Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir LERAARS Ds. Gerrie Doyer Ds. Jurgens de Jager Ds. Eddie le Roux Ds. Nati Stander
die skuldiges, om julle na God te bring,… Stap oor hierdie brug! Erken dat jy Sy vergifnis nodig het. Neem Jesus aan as jou Verlosser en Saligmaker. Here Jesus, hier is ek. Neem my net soos wat ek is en vergewe al my sondes. Maak my ‘n kind van God! Johannes 1: 12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders
082 735 4892 079 292 9545 082 322 3393 082 216 3710
Adverteer hier!
KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596 kerkkantoor@ngwitrivier.co.za
van God te word. Ongeag hoe jy nou voel - jy behoort aan Christus. Neem Hom op Sy woord en leef daarvolgens. Johannes 17:3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat deur U gestuur is. Skakel gerus enige van ons leraars indien jy behoefte het om met iemand te praat. SPORE REDAKSIE Daleen 083 2777 685 sporekoerant@gmail.com Antoinette (013) 751 1644 nuus@ngwitrivier.co.za
Kontak ons vir advertensiepryse en ons “borg ‘n bladsy”-inisiatief. nuus@ngwitrivier.co.za daleenfarmer@gmail.com Antoinette by die kerkkantoor of Daleen by 083 277 7685.