Vreugdevol vry Omgeeboekie

Page 1

Gespreksgids met dagstukkies vir kleingroepe NG gemeente Witrivier in vennootskap met Bybelkor 2



Gespreksgids met dagstukkies vir kleingroepe Witrivier-produkte in vennootskap met Bybelkor


Medewerkers Ds Gustav Claasen – Algemene Sinode Ds Gerrie Doyer (fasiliteerder) – NG Witrivier Ds Attie Nel – NG Waverley Dr Danie Malan – NG Kempton-Kruin Ds Eddie le Roux – NG Witrivier Ds Eksteen Botes – Herv Nelspruit Ds Elza Meyer – Turn to God Ds Frans Burger – NG Puk-Kandelaar Ds Fritz Snyman – NG Universiteitsoord Past Gordon Calmeyer – Gerf Bergbron Ds Hannes Bezuidenhout – NG Pietersburg-Noord Dr Jaco Putter – NG Pietersburg-Noord Ds Jaco Schoeman – NG Constantiakruin Ds Jana de Lange – NG Universiteitsoord Prof Johan vd Merwe – Universiteit van Pretoria Ds Johannes vd Merwe – NG Alkmaar Ds Jurgens de Jager – NG Witrivier Ds Nati Stander – NG Witrivier Past Phil Robson – Sabie Living Waters Ds Sanré Benade – NG Puk-Kandelaar Ds Stephan Briel – Gerf Bergbron Ds Willem Strauss – NG Alberton-Suid Antoinette Bester – NG Witrivier Sulene Roelofse – NG Witrivier Louise-Marie Kotzé – NG Witrivier Tanja van Niekerk – NG Witrivier Annabelle Grobler – Facebook: Annabelle Grobler – South African Artist and Designer Susan Fourie – www.fxit.co.za Skrifaanhalings geneem uit die Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Waar aangedui kom Skrifaanhalings uit Die Boodskap © 2002. Gebruik met toestemming van CUM, Posbus 1599, Vereeniging 1930. Alle regte voorbehou. Doodles: Annabelle Grobler. Facebook: Annabelle Grobler – South African Artist and Designer Setwerk en omslag: Out of the Blue Creative Communication Solutions, 021 947 3666 Gedruk en gebind deur: Colourtech Holdings, Delmas Road, Bapsfontein, Pretoria 1020 Eerste uitgawe, eerste druk 2017


Voorwoord Rimpels op die water. Jy het waarskynlik al by ’n dam gestaan waarin iemand ’n klippie gegooi het en met verwondering gesien hoe die rimpels vanuit die kern al hoe wyer kring. Vyf honderd jaar gelede het ’n man met die naam Martin Luther ’n klip in die geestelike dam gegooi. (Hy was natuurlik nie die eerste of enigste een nie.) Daardie rimpels het al verder uitgekring oor lande, volke, tale, kulture, oseane en vastelande. Dit het ook jóú lewe geraak. Vandag is die waarhede wat Luther ontdek het diep in jou hart gegraveer. Dit bepaal hoe jy God verstaan, hoe jy Hom dien, jou toekoms en jou waardes. Daarom is jy vreugdevol vry. Ons nooi jou om saam met ons op ’n reis te gaan en hierdie ontsaglike waarhede weer te besoek of selfs te herontdek: • • • • •

Sola Gratia – net genade Sola Fide – net geloof Solus Christus – net Christus Sola Scriptura – net die Bybel Soli Deo Gloria – net tot eer van God

En ons voeg by: •

Missio Dei – om gestuur te wees

Hierdie waarhede het die grondslag gevorm van die Protestantse Hervorming wat 500 jaar gelede plaasgevind het en is vandag nog die onderskeidende kenmerke van die Protestantse Kerk. Geniet elke oomblik van hierdie reis!



inhoudsopgawe Week 1: Hou op probeer • Net genade • Die Woord in jou hart vir elke dag • Die Hervormer Martin Luther

7 7 11 17

Week 2: Ontvang rus • Net geloof • Die Woord in jou hart vir elke dag • Die Hervormer Petrus Waldo

20 20 23 29

Week 3: Meer as genoeg • Net Jesus • Die Woord in jou hart vir elke dag • Die Hervormer Jan Hus

31 31 33 38

Week 4: Ontdek hoe om te leef • Net die Bybel • Die Woord in jou hart vir elke dag • Die Hervormer John Wycliffe

41 41 44 50

Week 5: Die lewe is ’n lied • Net tot eer van God • Die Woord in jou hart vir elke dag • Die Hervormer Johannes Calvyn

53 53 56 62

Week 6: Voel God se ritme • Om gestuur te wees • Die Woord in jou hart vir elke dag • Die Hervormer John Knox

65 65 68 74

Slot 77



Hou op probeer Net genade Mens tot mens •

Wat verwag jy van hierdie 40-dae-reis waarmee ons vandag begin? Skryf dit hier neer. Aan die einde van die reeks gaan jy kyk in watter mate dit aan jou verwagtings voldoen het.

Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy ’n verkeerde ding gedoen het, en wat gebeur het toe jy uitgevang is en by jou pa, ma, onderwyser, werkgewer of wie ook al verkla is.

Hoe sou jy God se genade omskryf?

Mens tot God • •

Sing ’n paar liedere wat oor ons nuwe lewe in Christus handel. Lees ook ’n paar tekste wat ons herinner aan Christus se afgehandelde versoeningswerk, byvoorbeeld Kolossense 1:22 en 2 Korintiërs 5:17, 22.

7


God tot mens •

Kyk na die DVD-inleiding. Dink na oor die storie van “Amazing Grace”. Wat het jou getref?

Lees Efesiërs 1:3-10 twee keer deur – een keer hardop en een keer sag. Onderstreep die dele in die teks wat jou raak. Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 9Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak 10en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. 3

1. Deel met die ander wat jy in die teksgedeelte onderstreep het en vertel waarom dit jou geraak het. 2. Tel hoeveel keer die woord “genade” in dié paar verse voorkom. Wat sê dit vir jou?

3. Hoe sien jy genade in werking in die volgende omskrywings uit die teksgedeelte? –– Ons is in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

8


––

Ons is in Christus uitverkies voor die skepping van die wêreld.

––

Voor die skepping is ons al bestem om in Christus sy kinders te wees.

––

Ons moet God prys vir sy groot genade wat Hy vrylik aan ons geskenk het.

––

––

Deur die bloed van Jesus is ons verlos en is ons oortredings vergewe kragtens sy ryk genade.

God wou een doel verwesenlik, naamlik dat Christus die hoof van alles in die hemel en op die aarde word.

4. God se genade vir jou (en jou voorgeslagte) beteken:

Mens tot medemens •

Gesels saam oor die volgende stelling: “Die genade wat ons ontvang, is gegee om ook met ander en almal om ons te deel.”

9


Ons leef tussen mense wat dikwels só seer het en ’n diep behoefte aan genade het. Besluit nou met wie jy hierdie week oor die wonder van genade gaan gesels.

Bid nou al vir al die gesprekke.

Wat beteken genade? Die Bybelse Ensiklopedie beskryf dit so: In die antieke Bybelse Hebreeus is daar twee woorde, chen̄ en chèsèd, wat meestal met “genade” vertaal word. Die woord chen̄ beteken “guns” (Genesis 19:19; 39:21; 47:29). Chèsèd beteken “’n daad van hulp op grond van wedersydse verbondenheid” (Genesis 24:12; 40:14; 1 Samuel 20:8, 14). ’n Derde woord wat ook gebruik word, is rachamim. Dit beteken ontferming (Psalm 25:6; 40:12; 51:3; 69:17; Jesaja 63:7). Die ooreenstemmende Grieks is charis, afgelei van die werkwoord charein (verheug), wat dui op iets wat mettertyd vreugde verskaf. Dié woord word ook met die volgende betekenisse vertaal: • • • • •

aangenaam (Lukas 4:22; Kolossense 4:6) sorg of voorsorg (Lukas 2:52; Handelinge 2:47; 7:46) liefdegawe en liefdeswerk (2 Kronieke 8:6; 1 Korintiërs 16:3) dank (2 Kronieke 8:16; Lukas 17:9) loon of vergelding (Matteus 5:46; Lukas 6:32)

Genade ... •

10

God bewys sy genade uit liefdevolle barmhartigheid (Eksodus 33:19; Psalm 103:8-13; Jesaja 55:3) sonder verdienste van die mens (Deuteronomium 7:7; Jeremia 31:8; Romeine 3:14; 11:6; Efesiërs 2:8). God is ryk aan genade (Eksodus 34:6; Psalm 86:15; Jesaja 2:13). Sy genade is soos dou en reën (Spreuke 16:15; 19:12) en is noodsaaklik vir die voorspoed en verlossing van die mens, ook in sy ouderdom (Psalm 67:2; Jeremia 31:2; Klaagliedere 4:16). Teenoor hierdie genade van God word van die mens gevra om trou te wees aan sy God in menslike genade en liefde (Hosea 10:12; 12:7; Miga 6:8). Die genade van God is ’n mag wat die mens oorwin (Psalm 117:2) en hom ondersteun (Psalm 94:18).


In Christus het die mens die volkome genadegawe van God, die ewige lewe (Romeine 6:23). Uit sy volheid het ons alles ontvang, selfs genade op genade (Johannes 1:14, 16). Die reg­verdiging uit genade beteken nie alleen ’n begenadiging nie, maar ook ’n nuwe lewe (herskepping) deur die krag van God (Romeine 5:17, 21; 8:37; 2 Korintiërs 12:9; Titus 2:11 en verder; 1 Petrus 2:19). Paulus praat van die evangelie van God se genade as ’n nuwe lewensopbou (Handelinge 20:32). God skenk hierdie genade oorvloedig (Jakobus 4:6). Omdat God voortdurend sy genade aan gelowiges skenk, moet hulle daarin bly en daarin leef (2 Korintiërs 1:12). Die gelowiges moet hierdie genade benut en daaraan vashou, want dié wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat hulle genadig is. In Galasiërs 2:21 sê Paulus dat hy nie God se genade verwerp nie, en die brief aan die Hebreërs vermaan dat daar toegesien moet word dat niemand van God se genade afvallig moet raak nie (Hebreërs 12:15). Die gelowiges moet in die genade bly en daarin groei (Handelinge 13:43; 2 Petrus 3:18) en die gemeente moet voortdurend bid dat God hulle sy genade sal bly skenk (Handelinge 20:32; Romeine 1:7, 16, 20, 24; 1 Korintiërs 1:3; 16:23). God se genade is werksaam waar mense nie meer op hulle eie krag vertrou nie (Galasiërs 2:16, 20). God bewys genade aan die nederiges (Jakobus 4:6; 1 Petrus 5:5). Daarom moet die gelowiges al hulle verwagtings op God se genade stel (1 Petrus 1:13). Dit is die enigste mag wat waarlik en volledig kan help: “My genade is vir jou genoeg” (2 Korintiërs 12:9).

Die Woord in jou hart vir elke dag Maandag

Lees Efesiërs 1:1-4 Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo. 2 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! 3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 1

11


Raak stil voor die Here. Dink na oor alles waarmee die Heilige Gees jou in Christus seën.

God seën jou in Christus deur die Heilige Gees. Wat gaan jy doen om hierdie seën met die wêreld te deel?

Dank God vir die sekerheid dat Hy jou in Christus kies en seën.

Vra vir God dat elkeen wat jou lewenspad vandag kruis sy seën sal beleef en uitleef.

Dinsdag

Lees Efesiërs 1:5-8 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6 Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 5

Lees die teksgedeelte twee keer deur. Laat dit wat jou opval in jou gees “insink”.

Fokus jou gedagtes op die woorde “sy kinders” en “wonderlike genade”.

12

Dink na oor jou lewe. Hoe wil jy God loof vir die wonderlike genade wat jy as geskenk in Christus ontvang het?

Besluit om vandag meer genade as kritiek uit te deel.


Woensdag

Lees Efesiërs 1:9-11 Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak 10en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. 11Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem. Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 9

Dink na oor wat jy gelees het en watter emosies dit by jou laat opkom.

Skryf iets neer oor of teken ’n prentjie van wat jy sien wanneer jy daaroor dink dat alles onder Christus verenig is en jy ook onder sy leiding leef.

13


Dink na oor wat jou daarvan weerhou om in Christus tot rus te kom en wat jou laat twyfel om sy leiding te aanvaar. Praat met die Here daaroor.

Bid dat God se wil en besluite die gemeenskap waarbinne jy leef se doen en late sal bepaal.

Donderdag

Lees Efesiërs 1:12-14 Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 13Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys. 12

• •

14

Dank God dat jy deel van die volk van God kon word deur geloof in Jesus Christus. Lees weer die teksgedeelte en dink na oor die woorde: “Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het.” Prys God elke uur vandag vir die hoop wat jy in Christus ontvang het. Bly deurentyd bewus van die hoop in Christus. Dink hoe jy die hoop kan uitleef in die verskillende verhoudings waarin jy staan. Hoe kan jy moedeloosheid oorwin?


Vrydag

Lees Efesiërs 2:4-7 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. 5Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! 6Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee, 7sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. 4

Oordink die gedagte dat God besig is om jou in sy liefde te vorm om meer soos Christus te word.

Voltooi die sin: “Al wat ek wens, is om ...”

Dank God die Vader vir sy liefde en genade vir jou. Hy het jou innig lief.

Met wie kan jy vandag deel dat jy ’n gelowige is wat aan God se liefde vir jou in Jesus Christus vashou?

Saterdag

Lees Efesiërs 2:8-10 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. 9Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. 10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. 8

15


16

Lees weer die teksgedeelte. Dink na oor die vraag: Hoe wy jy jouself aan die goeie dade waarvoor God jou bestem het?

Het jy jou visie vir die lewe verloor? Vra die Here om weer die vuur van sy Gees in jou aan te steek sodat jy daagliks bewus van Hom sal leef. Bid dat God ons almal deur sy genade sal leer hoe om vir mekaar om te gee.


Die Hervormer Martin Luther

Martin Luther is op 10 November 1483 in Eisleben, Duitsland gebore. Sy pa, Hans, was ’n mynwerker in Mansfeld. Dit het meegebring dat Luther as deel van die werkersklas moeilik grootgeword het. Armoede en harde werk was deel van sy bestaan. In 1497 het sy pa hom na die Domschule in Magdeburg gestuur, waar Luther vir die eerste keer met ’n volledige Bybel in aanraking gekom het. Hy het later gesê dat hierdie gebeurtenis ’n onuitwisbare indruk op hom gemaak het. Luther het sy aanvanklike regstudies in April 1501 onder die naam Martinus Ludher von Mansfeld aan die Universiteit van Erfurt begin. Hy was ’n briljante student wat sy BA-graad in net twee jaar verwerf het. In 1505 is hy tydens ’n donderstorm byna deur weerlig raakgeslaan. Hy het hom op die heilige Anna beroep en belowe om ’n monnik te word as die Here hom sou spaar. Op 9 Maart 1509 het hy sy graad in Teologie ontvang en net drie jaar later, op 18 Oktober 1512, het die Universiteit van Wittenberg ’n doktorsgraad in Teologie aan hom toegeken. Hierdie akademiese prestasie was merkwaardig, veral omdat Luther dit te midde van ’n ernstige innerlike worsteling behaal het. In sy eie woorde: “Ek was 20 jaar lank ’n monnik en het myself geteister met gebede, vas, wake en koue in so ’n mate dat ek amper van die koue gesterf het ... Wat anders was dit as ’n soeke na die ware God?” Hoe meer Luther egter na die ware God gesoek het, hoe minder kon hy Hom vind. Dit het Luther laat verklaar dat hy God nie liefhet nie, maar eerder haat. Min het hy geweet dat die God na wie hy gesoek het, slegs ’n karikatuur was van die ware God wat Hom in Jesus Christus aan die wêreld kom bekendmaak het. 17


Luther het die ware en regverdige God ontdek toe hy Romeine 1:16-17 bestudeer het. Hy het besef dat goeie dade ’n mens nie kan red nie, maar dat God mense uit genade red enkel en alleen omdat hulle glo. In die herfs van 1520 het Luther drie boeke geskryf wat duidelik aangedui het dat daar nie meer omdraaikans was nie. ’n Ope brief aan die Christelike adel van die Duitse volk het eerste verskyn. Daarin het Luther klem gelê op die priesterskap van elke gelowige. Dit is gevolg deur Die Babiloniese gevangenskap van die kerk waarin Luther die sewe sakramente van die kerk bevraagteken en beklemtoon het dat die Bybel net twee sakramente, die doop en nagmaal, ken. Die derde boek was Die vryheid van ’n Christen waarin Luther beklemtoon het dat die Bybel leer dat mense uit genade en op grond van geloof alleen gered word. Ná die Ryksdag van Worms het die kerk alles in sy vermoë gedoen om Luther as misdadiger te brandmerk. Frederik van Sakse het hom egter oor Luther ontferm en vir hom skuiling gegee in ’n kasteel in Wartburg. Hier het Luther al sy tyd en energie gebruik om die Nuwe Testament in Duits te vertaal sodat almal die Bybel kon lees.

18



Ontvang rus Net geloof Mens tot mens •

Hoe het die woord “genade” jou lewe hierdie week geraak?

Vertel vir mekaar van ’n hoogte- en laagtepunt van die afgelope week.

Hoe het jou geloof jou in dié week gehelp?

Mens tot God •

Die wete dat God hier teenwoordig is al kan julle Hom nie sien nie, is die wese van geloof. Eer en verheerlik Hom nou met liedere en gebede.

God tot mens •

20

Kyk na die DVD-inleiding. Wat tref jou?


Lees Lukas 7:1-10 een keer hardop saam. Lees dit dan weer rustig op jou eie deur. Nadat Jesus die gehoor klaar toegespreek het, het Hy na Kapernaum toe gegaan. 2’n Offisier daar het ’n slaaf gehad wat vir hom baie werd was, en die slaaf was siek en het op sterwe gelê. 3Die offisier het van Jesus gehoor, en stuur toe ’n paar familiehoofde van die Jode na Hom toe om te vra dat Hy moet kom om sy slaaf gesond te maak. 4Toe hulle by Jesus kom, het hulle ernstig by Hom daarop aangedring en gesê: “Hy is dit werd dat U dit vir hom doen, 5want hy het ons volk lief en het op eie koste die sinagoge vir ons gebou.” 6Jesus het toe saam met hulle gegaan. Toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die offisier ’n paar van sy vriende om vir Hom te sê: “Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. 7Daarom het ek my ook nie waardig geag om self na U toe te gaan nie. Sê maar net ’n woord, en my slaaf is gesond. 8Ek is self ’n man wat onder gesag gestel is en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir ’n ander: ‘Kom!’ en hy kom. Vir my slaaf sê ek: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” 9Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor. Hy draai toe om na die mense wat agter Hom aangekom het en sê: “Ek sê vir julle: In Israel het Ek nie so ’n groot geloof teëgekom nie.” 10En toe die mense wat gestuur was, weer by die huis kom, kry hulle die slaaf daar heeltemal gesond. 1

1. Wat in dié gedeelte lê die Here op jou hart?

2. Daar staan in vers 9 dat Jesus “verwonderd” was. Waaroor dink jy was Hy verbaas?

3. Die offisier het nie uit die gewone (Joodse) geloofskring gekom nie. Daarom was Jesus verwonderd oor die offisier se volkome vertroue in sy vermoë. Gebeur dit vandag nog dat mense van wie jy dit nie verwag nie, se geloof jou verras?

21


4. Die offisier het ten tye van sy krisis besef Jesus is sy enigste hoop. Hoe beïnvloed hierdie oortuiging ’n mens se gebede in moeilike situasies?

5. Die Heidelbergse Kategismus (Sondag 7, vraag en antwoord 21) sê daar is twee kante van geloof. Gesels saam hieroor. ––

Vasstaande kennis

––

Vaste vertroue

6. Is geloof ’n mens se eie verantwoordelikheid of is dit ’n gawe van God?

7. Wat sou julle sê is die teenoorgestelde van geloof?

8. Wat laat jou in jou geloof groei?

9. Wat laat jou partykeer twyfel?

10. Hoe moet jy twyfel hanteer?

22


Mens tot medemens •

Gebruik hierdie week die geleentheid om met minstens drie mense ’n gesprek oor geloof te hê. Begin die gesprek deur te vra: “Wat glo jy?” Bid nou saam. Begin deur die Here te dank vir mense wat Hy gebruik het om jou geloof te vorm, en vir sy Woord (2 Timoteus 3:13, 15). Bid dan vir mense wat twyfel (Judas vers 22), asook vir die laagte- en hoogtepunte wat julle aan die begin van die ontmoeting met mekaar gedeel het.

Die Woord in jou hart vir elke dag Maandag

Lees Efesiërs 2:8

Jou geloof bring jou in kontak met wat God gedoen het.

8

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God.

Verlede week het ons gesê “genade alleen”. Ons redding, verlossing en vryspraak (regverdiging) is alles net ’n geskenk uit God se hand wat Hy deur Jesus Christus bewerkstellig het. Ons kan niks doen om dit te verdien nie. God het dit meer as 2 000 jaar gelede vir ons moontlik gemaak toe Jesus vlees geword, gesterf en weer opgestaan het. Dit is sy groot geskenk aan ons – om vry te wees! Hierdie week sê ons vir mekaar “geloof alleen” is net so belangrik. Ons lees in Efesiërs 2:8: “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.” Ons sien hier genade en geloof gaan hand aan hand. Genade is die geskenkpakkie wat God vir ons gee. Vir elke mens op aarde hou God sy hand van genade uit met hierdie wonderlike geskenk van vryspraak en lewe. Dit is genade! Geloof is ons wat ons hand uitsteek en die geskenk ontvang. Genade is dus God wat oophand gee (alles wat Hy reeds gedoen het) en geloof is ons wat dit oophand ontvang.

23


Dinsdag

Lees Romeine 10:9-14

Geloof is kennis en vertroue.

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. 11Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” 12 “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of ’n mens ’n Jood of ’n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, 13want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. 14Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? 9

Baie mense het dikwels ’n Cremora-geloof: “It’s not inside, it’s on top.” Vir baie mense is geloof net kopkennis, maar dit raak nie hulle harte, emosies of hulle hele lewe nie. In ons belydenisskrifte (Heidelbergse Kategismus, Sondag 7, vraag en antwoord 21) lees ons dat geloof “’n vasstaande kennis en ’n vaste vertroue” is. Dit beteken ons moet met ons kop én ons hart glo. Dit is belangrik dat ons kennis van God, Jesus en sy Woord moet hê sodat ons die waarheid kan glo. Maar as alles net by kennis bly, beteken dit nie noodwendig jy glo dit is waar of dat jy jou lewe daarvolgens inrig nie. Geloof is dus kennis én vertroue, met ander woorde, jy moet jou lewe inrig en aanpas by die kennis wat jy van God het. Dit beteken dat as God sê Hy is altyd daar vir jou, kan jy seker weet en vertrou dat Hy in elke situasie daar is. As jy vertrou en weet Jesus is jou Here, kan jy nie leef asof Hy nie Heer oor jou lewe is nie. As God sê Hy aanvaar jou soos jy is, beteken geloof dat jy God aanvaar soos Hy is; jy aanvaar dat Hy is wie Hy sê Hy is en dat Hy sal doen wat Hy belowe.

Woensdag

Lees Jakobus 2:14-22 (sleutelvers: vers 22)

Geloof word sigbaar in werke.

14

24

Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ’n geloof ’n mens red? 15Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, 16en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? 17So gaan dit ook met


die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. 18Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. 19Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook—en hulle sidder van angs. 20Jou dwaas, wil jy ’n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? 22Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. Die Reformasie het besondere klem daarop gelê dat ons deur geloof alleen gered word en nie deur ons werke (goeie dade) nie. Dit is waar en onontbeerlik. Ware geloof ontvang met ’n oop hand alles wat God vir ons deur Jesus Christus gedoen het. Ware geloof is kennis van God, maar ook vertroue in God. Daarom staan ware geloof nie teenoor goeie dade nie. Goeie dade is die natuurlike uitvloeisel van ons geloof. Ons doen nie goeie dade sodat ons gered en vrygespreek kan word nie. Dit is eerder omdat ons reeds vrygespreek en gered is, omdat ons reeds die genadegeskenk van God in geloof ontvang het, dat ons graag in dankbaarheid leef soos God van ons verwag. Deur ons goeie dade probeer ons nie vir God beïndruk nie. Nee, ons goeie dade is ’n dankbare reaksie op dit wat God reeds vir ons gedoen het. Ons wys ons liefde vir Hom en ander mense deur die goeie dade te doen waarvoor Hy ons bestem het (Efesiërs 2:8-10). As ons geloof in God nie uitvloei in dade van liefde teenoor God, ons naaste en onsself nie, bly ons geloof net kopkennis en het dit nog nie ons hart verander nie.

Donderdag

Lees Hebreërs 11:1

Glo is om nuut te sien; om God se prentjie te sien.

1

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Ons almal ken die Engelse uitdrukking: “Seeing is believing”. Eers as jy self iets gesien het, sal jy dit glo. Maar eintlik is dit ’n bietjie teenstrydig, want as jy iets self sien, glo jy nie meer nie, jy weet dan. As ons na die Hebreërskrywer se definisie van geloof kyk, gaan dit juis daaroor dat ons vertroue en sekerheid het ten spyte

25


daarvan dat ons nie sien nie; dat ons oortuig is, juis al sien ons dit nie. Ons kan dit ook anders verwoord: Om te glo, is om (nuut) te sien – “believing is seeing”. Om in God te glo, om op Hom te vertrou, is om juis sy nuwe wêreld, sy koninkryk te “sien” en daarop te hoop al is dit nog nie konkreet daar nie. Iemand het eenkeer die volgende analogie gebruik: As jy nie glo nie, is jy soos iemand wat geblinddoek in die middel van ’n slagveld rondloop. Jy hoor en beleef ’n klomp dinge, maar dit maak nie vir jou sin nie. Geloof in God is om daardie blinddoek af te haal en die groter werklikheid van God se betrokkenheid in die wêreld, maar ook die stryd tussen goed en kwaad te sien, en om nou na die veilige vesting van God te hardloop. Om te glo is om te sien, om meer te sien, om God te sien, om sy nuwe wêreld en hoop vir ons wêreld te sien, en dan saam daaraan deel te neem.

Vrydag

Lees Johannes 20:19-29

Wat maak jy nou met twyfel?

Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” 20Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. 21 “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” 22Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! 23As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.” 24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.” 26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by julle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!” 27Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” 28En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” 29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”

26

19


As geloof dan so belangrik is, wat moet jy doen as jy twyfel? Beteken dit jy het die pad heeltemal byster geraak? Het jy jou geloof versaak? Mense laat ons soms baie sleg voel omdat ons twyfel of vrae het. Gelukkig sien ons dat die Bybel nie net verhale bevat oor mense wat glo nie, maar ook oor mense wat twyfel – en dikwels is dit dieselfde persoon. Kyk maar na Abraham, die vader van die geloof, wat God genoeg vertrou het om sy lewe in Haran te verlaat om te trek waarheen God hom lei. Tog het hy minstens drie keer vir God nie genoeg vertrou nie (Genesis 12:10-20; 16:1-5; 20:1-18). Hy het getwyfel of God hom sou beskerm en of God sy belofte sou nakom. Gevolglik het hy dinge in sy eie hande geneem. Nog ’n besonderse verhaal is dié van Tomas (wat deur die eeue die bynaam Twyfelaar gekry het) in Johannes 20:19-31. Tomas het al Jesus se wonderwerke eerstehands beleef. Tog het hy steeds in Jesus se opstanding getwyfel omdat hy dit nie met sy eie oë gesien het nie. Hy het boonop gesê hy sal nie glo totdat hy Jesus sien en aan sy wonde kan vat nie. Die wonderlike deel van al hierdie verhale, en soveel ander in die Bybel, is dat God nie hierdie mense verwerp nie. Inteendeel. God gee vir hulle keer op keer kans om sy getrouheid te sien en te beleef, om hulle twyfel uit te spreek, om hulle vrae en twyfel na Hom toe te bring en opnuut geloof in Hom te vind. Ons mag vrymoedig ons vrae en onsekerheid na God toe neem.

Saterdag

Lees Hebreërs 11; 12:1-2a

Geloofshelde

1

Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

Die Bybel is ’n boek van geloof. Gelowige mense het dit geskryf oor mense wat glo. Al die verhale in die Bybel is daar om vir ons hoop te gee oor hoe geloof beleef en uitgeleef kan word. Die uiteenlopendheid van die verhale stel ons gerus dat ons paadjie van geloof in God ook baie anders gaan lyk as ander mense s’n, en dit is goed so. Ons sien ook in die verskeie verhale dat of dit goed of sleg met jou gaan, nie van die grootheid of krag van jou geloof afhang nie. Kyk maar na Paulus, Jesus en soveel ander (Hebreërs 11:32-39). Hulle geloof was sterk en standvastig; tog was hulle lewenspad baie moeilik en uitdagend. 27


Geloof in God beteken nie dat jy noodwendig ’n maklike en probleemlose lewe gaan lei nie. Dit beteken wel dat jy weet waar jou fokus lê, waar jou krag vandaan kom en saam met wie jy deur die uitdagings van die lewe stap. Geloof verseker nie ’n lewe sonder probleme, seer of uitdagings nie, maar gee vir jou Iemand se hand om aan vas te hou, asook hoop op ’n beter toekoms en ’n ewigheid saam met God. Mag die verhale van geloofshelde, dié in die Bybel en dié van medegelowiges om jou, jou geloof bou en versterk.

28


Die Hervormer Petrus Waldo

Petrus Waldo, ’n ryk handelaar, het in 1177 die Waldensiese beweging begin – 300 jaar voordat Martin Luther se groot Hervorming in 1517 begin het. Waldo het toe reeds die Bybel in Frans laat vertaal, want gewone mense kon nie Latyn as kerktaal verstaan nie. Sy droom was dat mense Jesus se volgelinge sou wees in alle fasette van hulle lewe. Vanuit Lyon het hulle uitbeweeg na die res van Frankryk, asook Italië en Switserland, twee-twee soos die dissipels in Lukas 10. Die Roomse Konsilie van Valencia het in 1229 die Bybel op die lys van verbode boeke geplaas. Van toe af het die pouse hulle 300 jaar lank wreed vervolg. Duisende is doodgemaak, totdat Oliver Cromwell vir hulle ingetree het. Dié kerk bestaan steeds in die Noorde van Italië – dit is die oudste Protestantse kerk ter wêreld.

29



Meer as genoeg Net Jesus Mens tot mens •

Woordewisselings is nogal sleg vir ons. Veral as ’n mens daarop terugkyk en besef jy het oorreageer of dat dit eintlik net ’n misverstand was. Gesels saam oor wat alles tot woordewisselings aanleiding kan gee.

Mens tot God •

Bid saam en sê vir die Here dankie dat Hy ons elkeen anders gemaak het – elkeen met ’n ander perspektief op die lewe. Sing ’n paar liedere waarin Jesus verheerlik word, soos “Jesus, groot bo almal”.

God tot mens •

Kyk na die DVD-inleiding. Wat het jou getref?

Lees saam 1 Korintiërs 2:1-5. Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie. 2Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. 1

31


Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. 4Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. 5Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God. 3

1. Deel met mekaar wat vir julle treffend in hierdie gedeelte is.

2. Blaai deur die boek 1 KorintiĂŤrs. Let op die verskeidenheid probleme wat Paulus probeer oplos het. Waarop dink jy het die gemeente begin fokus?

3. Waarom dink jy roep Paulus die gemeente op om op Jesus te fokus (vers 2)?

4. Wat gebeur as ons fokus vandag nie op Jesus is nie, maar op ’n klomp ander dinge?

5. Wat dink jy neem vandag die fokus van Jesus af weg in ons gemeentes?

6. Beteken dit jy mag nie passievol wees oor kantlynsake nie? Wat dink jy sal ’n gesonde benadering wees tot dinge wat nie kernsake is nie?

32


Mens tot medemens •

Laat elkeen een ding noem wat julle kan ophou doen, asook een ding wat julle kan begin doen om die fokus in julle alledaagse lewe en in julle gemeente op Jesus te hou.

Sluit af deur elkeen ’n beurt te gee om iets vir Jesus te sê wat hulle van Hom waardeer. Volgende week gaan dit oor “net die Bybel”. Bring asseblief die volgende saam: –– jou Bybel –– ’n bydrae vir Bybelverspreiding.

Die Woord in jou hart vir elke dag Maandag

Lees Kolossense 2:8-10 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. 9In Hom is die volle wese van God beliggaam, 10en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag. 8

• •

Lees hierdie teksgedeelte ’n paar keer rustig en aandagtig deur. Hier word twee “soorte” geloof genoem. Een is op mensereëls en die ander een volledig op Jesus Christus se verlossingswerk gebaseer. Dink na oor die basis van jou geloof. Waarop berus jou geloof?

33


Wat beteken dit vir jou dat mense wat aan Christus verbonde is “in sy volheid” deel?

Hoe behoort jou lewe – jou denke, ingesteldheid en optrede – te lyk wanneer jy besef jy deel in die volheid van Christus?

Dinsdag

Lees Romeine 8:1-5 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. 2Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. 3Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. 4Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. 5Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees. 1

• •

34

Lees hierdie verse weer aandagtig deur. Wat beleef jy wanneer jy lees wat Paulus skryf oor mense – soos jy – wat “in Christus” is?

Jesus Christus het genadiglik die voldoening aan die vereistes van die wet afgehandel (vers 4). Wat impliseer dit vir jou?

Dink na oor wat Paulus in vers 4 oor die Heilige Gees skryf.


Woensdag

Lees Galasiërs 2:15-16 Ons is Jode van geboorte en nie sondaars uit die heidene nie. 16En tog weet ons dat ’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.

15

Lees die teksgedeelte minstens twee keer rustig deur. Indien moontlik, lees dit ook in Die Boodskap of The Message. Hoekom dink jy noem Paulus drie keer dat wetsonderhouding ’n mens nie kan red nie?

Wat gebeur in jou gemoed wanneer jy lees dat kinders van God – ook jy – vrygespreek is?

Wat ervaar jy wanneer jy lees dat hierdie groot genade vir jou geskenk is alleen op grond van jou geloof in Christus?

Donderdag

Lees Galasiërs 3:26-29 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. 29En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God. 26

35


• •

Lees die teksgedeelte ’n paar keer deur. Laat hierdie waarhede saggies oor jou gemoed spoel soos ’n vars bergstroompie ... Wat hoor jy in die volgende woorde? ––

Jy het nou deel van Christus geword (vers 27).

––

In Christus Jesus is julle almal één (vers 28).

––

As jy aan Jesus Christus behoort, is jy ’n erfgenaam van God (vers 29).

Vrydag

Lees Efesiërs 1:11-14 Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem. Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 12Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 13Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys. 11

Lees die teksgedeelte twee keer rustig en aandagtig deur.

Hoe begin Paulus hierdie gedeelte? Wie is die basis, die fondament, van jou seën?

36


Waarop of op wie stel jy werklik jou hoop? Dink mooi voordat jy eerlik antwoord.

Wat gebeur in jou gemoed wanneer jy hier lees wat Jesus Christus deur die Heilige Gees vir jou doen?

Dink na oor hoe dit jou lewe en jou optrede behoort te vorm.

Saterdag

Lees Efesiërs 2:4-7 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. 5Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! 6Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee, 7sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. 4

Hierdie gedeelte is só ryk aan geloofsinhoud dat jy dit ’n paar keer rustig moet deurlees.

Waarom is ons vandag (geestelik) lewend (vers 5)?

Waarin (in wie) word God se geweldige groot genade (vers 7) vir ons gevind?

Wat gebeur in jou binneste, in jou hart en gedagtes, wanneer jy besef dat hierdie seëninge ook jóú deel in Christus alleen is?

37


Die Hervormer Jan Hus

Jan Hus het in 1396 ’n meestersgraad in Praag ontvang en ’n professor aan ’n universiteit in Boheme, vandag die Tsjeggiese Republiek, geword. In 1402 het hy op die ouderdom van 34 rektor van die universiteit geword. Hus het verskeie misstande in die kerk uitgewys en daarteen begin preek. Sy geskille met die kerk het gegaan oor praktiese sake soos die gebruik dat net die priester wyn tydens nagmaal mag gebruik. Hy was oortuig dit is in stryd met die Skrif. Kerklike amptenare moet hulle met kerksake besig hou en mag nie ook aardse goewerneurs wees nie. Hus het John Wycliffe se werke in Tsjeggies vertaal, en hy het bygelowe, vals wonderwerke en die verkoop van aflate skerp veroordeel. Hy het ook die priesters se goddelose lewe van dronkenskap en ooreet, geldgierigheid en rondslaap sterk veroordeel. Verder het hy die praktyk verwerp dat mense belangrike kerklike poste kon koop. Vir Hus het dit nie gerym dat Jesus sy dissipels se voete gewas het, maar dat die pous verwag het dat mense sy voete moet soen nie. Jesus is immers die hoof van sy kerk, nie die pous nie. Die aartsbiskop het in 1410 200 van Hus se boeke verbrand. Hus het hierop geantwoord: “Vuur kan nie die waarheid verteer nie.” Die pous het aflate verkoop om sy oorlog teen Napels te finansier. Hus het hom direk hieroor aangeval. Gevolglik het die pous die stad Praag swaar gestraf. Hus het toe op die platteland gaan preek.

38


In 1414 moes Hus voor die Konsilie van Konstanz verskyn omdat hy beweer het dat die kerk, en nie God nie, die pouslike amp ingestel het. Hus is van baie dinge vals beskuldig. Gevolglik is hy ontvoer en buite die stad verbrand, al het die keiser sy veiligheid gewaarborg. Martin Luther is eenkeer gevra of hy Hus se sienings deel. Nadat Luther Hus se werke gelees het, het hy geantwoord dat hy wel sy sienings ondersteun. Luther was oortuig dat die kerk se verbranding van Hus onregverdig was. Daarmee het die gesag van die pous onder die vergrootglas gekom en het dit die kerklike hervorming genoodsaak.

39



Ontdek hoe om te leef Net die Bybel Mens tot mens •

Gesels saam oor die volgende stelling: “Die Bybel is ’n verlore skat.”

Hóé lees jy jou Bybel (alleen of saam met ander)?

Mens tot God •

Sing saam tot eer van die Here. Gebruik liedere waarmee julle op die Bybel as ’n groot geskenk uit God se hand fokus. In Liedboek van die kerk is daar pragtige liedere soos Lied 255, 258, 513 en 553.

God tot mens •

Kyk na die DVD-inleiding. Wat het jou getref?

Lees nou Hebreërs 4:12-13. 12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van

41


gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. 13 Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee. 1. Wat gryp jou aan in dié twee verse?

2. Die beeld wat hier gebruik word, is dié van ’n priester wat besig is om die offerdier op die altaar oop te sny. Nou word hierdie gebeurtenis as ’n simbool gebruik. ––

Wie lê daar? Wanneer gebeur dit in ’n mens se lewe?

––

Watter swaard word gebruik?

––

Wie hanteer die swaard (vers 14)?

––

Wat is die doel van die proses?

3. Kom ons pas die beeld verder toe. Wat gaan in ’n gelowige se lewe gebeur wat hom of haar in totale oorgawe voor God en sy Woord oopstel?

4. Hoekom het ons dit nodig?

42


5. Waar kon jy al sien of beleef dat God se woord lewend en kragtig is?

6. Dit gebeur nie outomaties dat die Bybel ’n kragtige invloed op ons lewe het nie. Gee mekaar raad hoe julle die Bybel ten diepste kan beleef. ––

In julle stiltetyd.

––

In die erediens.

––

In julle kleingroep.

Mens tot medemens •

Kom ons dra by dat God se Woord versprei kan word. Ander mense moet ook die seën van hierdie lewende, kragtige swaard in hulle lewe kan ervaar. Onthou, om een Afrikaanse of Engelse Gideonsbybel te druk kos R20. Die koste van ’n Bybel in een van Suid-Afrika se inheemse tale is R30 elk. Daar is mense wat weens die een of ander probleem nie (meer) hulle Bybels kan lees nie. Besluit wie jy hierdie week gaan besoek om vir hom of haar uit die Bybel voor te lees.

Bid nou saam. –– Sê vir die Here dankie vir die Woord. Dink aan al die voorregte wat dit insluit. –– Bid vir die saak van die Woord. Dit is mos saad wat gesaai word en ons gebede begelei die ontkieming van die saad.

43


Die Woord in jou hart vir elke dag Maandag

Lees Matteus 4:1-11 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. 3Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” 4Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” 5Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan 6en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: Hy sal sy engele oor jou opdrag gee en: Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie.” 7 Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” 8Toe neem die duiwel Hom na ’n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag 9en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” 10Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” 11Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg. 1

Elke keer dat Israel die Woord van God vergeet het, het hulle iets gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Wanneer ons teksverse memoriseer, dra ons dit as’t ware in ons hart saam en kan ons onsself daarmee beskerm. Jesus Christus het self die versoeking in die woestyn weerstaan deur telkens vir die duiwel te sê: “Daar staan geskrywe ...” •

44

Dink aan ’n paar van die teksverse wat jy saam met jou dra en wat jy met ander kan deel. Begin met die woorde: “Daar staan geskrywe ...”


Memoriseer Efesiërs 6:17 as ’n kernvers vir jou lewe. 17 Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer. Word stil in die teenwoordigheid van die Here en dank Hom vir die Bybel in jou eie taal.

Dinsdag

Lees Efesiërs 6:10-20 (uit Die Boodskap) Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat. As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak. 11Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin. 12Dis nie ’n oorlog teen gewone mense nie. Ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Hulle hou hulle sterk hier op aarde en doen bose dinge, maar kom eintlik van oral af. Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak, julle nie ’n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie. Julle sal die wenners wees. 13Dit is die klere wat julle moet aantrek om te keer dat die duiwel iets aan julle doen: 14die waarheid moet jy soos ’n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, moet soos ’n stuk staal jou bors beskerm. 15Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees. 16Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan. 17Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer. 18Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig 10

45


vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie. 19 Bid asseblief vir my dat die Here vir my die regte woorde sal gee wanneer ek met mense oor Hom praat, sodat ek nie bang sal wees om vir mense van Jesus te vertel nie, al verstaan hulle nie altyd alles mooi nie. 20Al sit ek nou hier in die tronk, het God my aangestel om die goeie nuus aan almal te vertel. Bid tog asseblief dat ek nie bang sal wees om die boodskap so reguit en duidelik te verkondig soos ek moet nie. In ons stryd teen die Bose kan ons nooit uit eie krag staande bly nie. Maar God gee vir ons die wapenrusting wat ons nodig het. Die teksgedeelte spel vir ons uit watter belangrike klere en wapens die Here vir ons gee. Die Bybel is die boodskap van God (Sola Scriptura). Dit is ’n swaard wat ons kan gebruik in die stryd teen die Bose. ’n Swaard word nie net gebruik om jouself mee te verdedig nie, maar ook om mee aan te val. En so moet die Woord van God in ons lewe funksioneer: as verdedigingswapen teen die dwaalleer van die Bose en ook as aanvalswapen om die Bose in ons lewe mee te verslaan. Om die Woord as swaard reg te gebruik, moet ons die waarheid van die evangelie en die beloftes van God ken. Daarom is dit nodig dat ons teksverse wat vir ons betekenis het en wat ons in krisisse kan dra, memoriseer.

Woensdag

Lees Psalm 119:24, 105 en 127 U verordeninge is my vreugde, hulle is my raadgewers. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. 127 Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud. 24

105

• •

46

Sit vir ’n paar oomblikke stil. As jy jou Bybel by jou het, kyk daarna. As jy die Bybel op jou foon of tablet lees, sit eers rustig en dink daaraan: Jy hou nou God se Woord in jou hande vas. Sê vir God dankie vir die kosbare skat wat jy kan besit en hanteer. Vra die eintlike Outeur (die Heilige Gees) om jou hart en gedagtes so oop te maak dat hierdie woorde wat jy vandag gaan lees onuitwisbaar in jou gemoed gegraveer sal word. Jy gaan nou ’n paar verse uit Psalm 119 lees. Dit is ’n wonderlike psalm! In feitlik elke vers word die Woord van God genoem, ook in talle wisselvorms:


bepalings, gebooie, verordenings, bevele, voorskrifte ... Hierdie psalm is ’n gedig vol verwondering oor die Woord van God. Lees nou die volgende verse en dink daaroor na: ––

––

––

Vers 127: Hoe kosbaar is God se Woord vir jou?

Vers 105: Vra dat dié lig op jou donker pad sal skyn – vandag, môre en oormôre ...

Vers 24: Skryf jou gebed van waardering vir God en sy Woord hier neer:

Donderdag

Lees Psalm 12:7 Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in ’n oond gesuiwer is. 7

Die Bybel is wonderlik, juis omdat God (wie se Woord dit is) so betroubaar is. •

Vra vir die Heilige Gees om sy woorde in jou gemoed te graveer terwyl jy weer vandag se teksvers lees. Watter gevoel wek die eerste sin van die vers by jou op?

Deur baie eeue is die Bybel al deur allerhande omstandighede getoets. Het dit al in jou lewe gebeur?

Vra nou vir God dat sy Woord al sterker in jou gedagtes sal wees.

47


Vrydag

Lees Psalm 19:8-12 Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. 9Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. 10 Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig. 11Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. 12U dienaar laat hom daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning. 8

Ons kan nêrens anders as in die Woord van God leer wat sy wil is en hoe ons binne sy wil behoort te leef nie. Daarom maak die psalmdigter sulke positiewe uitsprake oor “die woord van die Here”: Dit gee lewe; dit gee wysheid; dit bring blydskap; dit gee insig. Hoe soek ons nie op baie ander plekke na hierdie vier geskenke wat in die Woord van God opgesluit is nie! Maar ons moet die Woord oopmaak, lees en ontdek watter wonderlike skat God vir ons in ons eie taal gegee het. Dit is hierdie kosbare Woord wat met die Reformasie weer in gewone mense se hande gesit is en wat drukperse in die 16de eeu laat sing het terwyl Bybels in verskillende tale gedruk is. • •

48

Memoriseer een vers uit Psalm 19:8-12 wat jou tref. Hoe kan ons onsself met hierdie Woord toerus sodat ons deel kan hê aan die geskenke wat die Woord vir ons gee?

Bid vir die lande waar hierdie kosbare Woord verbode is.


Saterdag

Lees nou 1 Petrus 2:1-3

Sola Scriptura – die Bybel alleen. Rol hierdie frase in jou gedagtes rond. Wat sê dit vir jou?

Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. 2Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. 3Julle het immers ondervind dat die Here goed is.

Raak nou eers rustig voordat jy uit die Bybel lees. Vra vir God om jou in en deur die Woord te ontmoet. Dat dit meer as net woorde op papier of ’n digitale skerm sal wees. Dat dit lewende, kragtige woorde sal wees wat jou denke en lewe sal verander. •

1

Dink mooi oor die beeld in vers 2. Bid vir dieselfde hunkering na die Woord in jou lewe. Sien dan hoe jy groei! Praat nou met die Here oor die “suiwer geestelike melk” wat jy gereeld uit die Woord kan geniet.

49


Die Hervormer John Wycliffe

John Wycliffe word die môrester van die Reformasie genoem. Sy beskermheer was Johannes van Kent, die eerste minister van Engeland en ’n wyse en dapper man. In die 14de eeu was Oxford die mees voor­aan­staande universiteit. John Wycliffe was ’n leidende teoloog en denker by dié universiteit. Die Swart Dood, die builepes, wat die dood van ’n derde van Europa se mense veroorsaak het, het Wycliffe diep laat nadink. Hy het die Bybel begin lees en Jesus as Verlosser leer ken. As ’n professor van Oxford het koning Edward hom gevra om Engeland in ’n geskil met die pous te verteenwoordig. Wycliffe het aangevoer dat Engeland vry moes wees van die pous se beheer en van belasting aan die pous. In sy boeke het Wycliffe geredeneer dat alle gesag van God kom. Goddelose mense mag nie regeer nie. Die geestelikes was korrup en het een-derde van Engeland se grond besit. Volgens Wycliffe het die staat die mag gehad om hierdie grond terug te neem. Kerke, met al hulle grond en rykdom, het geen belasting betaal nie, maar die staat moes aan die pous belasting betaal. Wycliffe het hierdie situasie verwerp. Dienende leiers Wycliffe se oortuiging was dat ons persoonlike verhouding met God die heel belangrikste is. Goeie karakter is die grondslag van goeie leierskap. Die een wat pous wil wees, moet, soos Petrus, geen silwer of goud besit nie. Kerkleiers moet ’n arm en eenvoudige lewe lei en na heiligheid streef.

50


Hy het die pous se mag, rykdom en weelderige leefstyl verwerp en die pous opgeroep om die evangelie te verkondig en mense na Christus te lei. Christus alleen is die hoof van die kerk en ’n pous wat Jesus nie volg nie, is ’n antichris. Die hoogste gesag is die Skrif, nié die pous of die kerk nie. “Vertrou slegs op Christus, verlaat julle slegs op sy lyding, pasop om op niks anders as sy geregtigheid staat te maak om met God in die regte verhouding te kom nie,” het Wycliffe geskryf. Hy het ook al die kerklike ampte van die Katolieke Kerk en die gedagte dat die sakramente heil kan bring, verwerp. Die oortuiging dat die wyn en brood met die mis letterlik in Jesus se liggaam en bloed verander, was volgens hom vals en hy het nie geglo priesters kan sondes vergewe of aflate verkoop nie. Volgens Wycliffe moes Jesus se dissipels hulle daartoe verbind om Jesus na te volg en ander mense te dien. Vanuit Oxford is arm predikers dus oor die hele Engeland uitgestuur om die Goeie Nuus van Jesus met ander mense te gaan deel. Wycliffe het geglo die Skrif is ons enigste en hoogste gesag. Alle mense moet dit lees en navolg, nie net kerklike amptenare nie. Ook gewone mense moet die Bybel kan lees in ’n taal wat hulle volledig verstaan. Daarom het Wycliffe die Bybel saam met ’n groepie navorsers van Oxford vertaal. Hulle bron was ’n handgeskrewe Latynse vertaling van die Bybel wat 1 000 jaar oud was. Sy goeie vriend John Purvey het hierdie vertaling ná Wycliffe se dood gepubliseer. Arundel, die aartsbiskop van Canterbury, het Wycliffe ’n duiwelskind genoem omdat hy die Bybel in sy moedertaal vertaal het. En in opdrag van die pous is Wycliffe se beendere 44 jaar ná sy dood opgegrawe en verbrand. Wycliffe, die môrester van die Reformasie, se boeke en voorbeeld het die Hervormers Hus en Luther grootliks geïnspireer.

51



Die lewe is ’n lied Net tot eer van God Mens tot mens •

Vertel vir die ander groeplede wat die Bybel die afgelope week vir jou beteken het.

Wanneer dink jy sal ’n mens dit regkry om tot eer van God te leef?

Mens tot God Soli Deo Gloria: Aan God al die eer! Die Westminster Kort Kategismus sê: “The chief end of man is to glorify God and enjoy Him forever.” Die afgelope vier weke het ons stilgestaan by vier solas. Wanneer ’n mens op dié manier met die Woord besig is, kan jy nie anders as om verwonderd te wees nie. Dit is hoekom ons sê dat Soli Deo Gloria die spontane reaksie op die ander vier solas is wanneer hulle vir jou ’n werklikheid word. Julle kan nou vir God verheerlik omdat julle, genadekinders, deur Jesus se bloed gewas en vrygespreek is. Doen dit met gebede en liedere.

God tot mens •

Kyk na die DVD-inleiding. Wat het jou getref?

53


Lees 1 Korintiërs 10:31. Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

31 •

Lees ook Romeine 11:33-36. O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! 34“Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” 36Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. 33

1. Watter woorde of frases, gedagtes of prentjies kom by jou op? Deel dit met die groep.

2. Watter gevaar in die kerk dink jy wou Luther aanspreek met sy stelling Soli Deo Gloria (aan God alleen die eer)?

3. Dink jy daardie gevaar bestaan vandag nog? Kan jy voorbeelde noem?

4. Wat sou God se hoofdoel met sy hele skepping wees? Gesels eers hieroor. Lees dan Jesaja 43:6-7. Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af, 7elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het. 6

54


5. Waar in die skepping en in mense sien jy die duidelikste hoe God verheerlik word?

6. Johannes Calvyn het beklemtoon dat geloof nie net abstrak (vae idees) moet wees nie, maar dat dit in ons alledaagse doen en late sigbaar moet wees. In die lig van 1 Korintiërs 10:31, wat dink jy het hy hiermee bedoel?

7. Bespreek Eric Liddell se stelling in die videogreep “He who honors God” (https://www.youtube.com/watch?v=ZmKWWcx2AOY): “I believe God made me for a purpose, but He also made me fast. And when I run I feel His pleasure.” 8. Hoe kan jy alles tot eer van God doen op die volgende terreine (waar dit van toepassing is)? Wees prakties. ––

Werk

––

Huwelik

––

Gesinsverhoudings

––

Ontspanning

––

Sport

––

Studie

––

Dienswerk

55


9. Lees Efesiërs 5:10. Hoe skakel dié vers met die term Soli Deo Gloria? Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is.

10

10. Ons kan dit mos nooit self, uit eie krag, regkry om God altyd te verheerlik nie. Hoe sal ons dit dan wel kan regkry?

God tot mens •

Bid saam vir mekaar. Vra dat God vir elkeen in die groep dit duidelik sal maak hoe hy of sy Hom kan eer. Maak groepe van twee en verbind julle om dié week spesifiek vir mekaar te bid: Eerstens om te ontdek en tweedens om te oefen hoe om in elke situasie vir God se glimlag te leef.

Die Woord in jou hart vir elke dag Maandag

Lees Romeine 11:33-36 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! 34“Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” 36Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. 33

Lees vers 36 ’n paar keer aandagtig deur.

Wat beteken dit vir jou?

56


Watter implikasies hou dit vir jou lewe in?

Die groot komponis Johann Sebastian Bach het gesê: “All music should have no other end and aim than the glory of God and the soul’s refreshment; where this is not remembered, there is no real music but only a devilish hub-bub.” Hoe is hierdie stelling waar ten opsigte van jou hele lewe?

Gesels met die Here oor vandag se teksgedeelte. Vertel vir Hom hoe die gedeelte jou laat voel. As jy wil, kan jy ’n CD speel of ’n kers aansteek wat jou help om die oomblik te ervaar terwyl jy op God se teenwoordigheid hier en nou fokus.

Dinsdag

Lees 1 Kronieke 29:10-14 Dawid het ’n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: “Geloof sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid. 11Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe. 12Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak. 13En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam, 14want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het. 10

• •

Lees vers 14b ’n paar keer aandagtig deur. Dink ’n oomblik daaroor na of daar enigiets in jou lewe is wat jy nie van God gekry het nie.

57


As jy dan alles wat jy het van God gekry het, watter implikasies hou dit in vir alles wat jy besit?

Soli Deo Gloria is die teenpool van ’n sekulêre lewensbeskouing wat vra: “What’s in it for me?” Gee vandag iets van jouself weg omdat jy weet jy het alles wat jy het van God gekry.

Woensdag

Lees 1 Korintiërs 10:26, 31 ”want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here. Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” 26 31

• •

58

Lees hierdie verse ’n paar keer aandagtig deur. Eric Liddell sê in die film Chariots of Fire: “I believe God made me for a purpose, but He also made me fast. And when I run I feel His pleasure.” Hoe raak Liddell se getuienis jou? Watter invloed het die teksgedeelte op jou benadering tot die lewe?

Soli Deo Gloria, as leerstelling, beteken dat alles tot eer van God gedoen moet word en nie vir mense of selfverheerliking of trots nie. Soli Deo Gloria is dus ’n leefwyse en nie net ’n stelling nie. In hoe ’n mate is dit waar van alles wat jy doen?


Donderdag

Lees Handelinge 17:24-28 “God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. 25Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. 26Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. 27God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, 28want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’” 24

• •

Lees weer vers 25 en 28 aandagtig deur. Wat beteken dit vir jou om te weet dat God aan alles wat lewe die “lewensasem” gegee het?

Dean Ridder van Pontiac Christian Seminary vertel hoe hy die groot waarheid van Soli Deo Gloria vir sy kinders tuis geleer het. Hy sê: “Using the Child’s Catechism, I asked them this question: ‘Who made you?’ To which they answered: ‘God.’ ‘What else did God make?’ Answer: ‘He made everything.’ ‘Why did God make you and everything else?’ Answer: ‘For His own glory.’” Wat leer hierdie eenvoudige antwoorde van sy kinders vir jou van God, geloof en jouself?

59


Vrydag

Lees 1 Kronieke 16:23-30 Sing tot eer van die Here, almal op aarde! Verkondig elke dag sy reddingsdade! 24Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. 25Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 26Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 27Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en vreugde vul die plek waar Hy is. 28 Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 29Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe, bring vir Hom offers! Buig voor die Here by sy heilige verskyning; 30betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. Die wêreld staan vas, dit wankel nie. 23

Lees die teksgedeelte weer aandagtig deur.

Hoe laat dit jou voel?

As ons Soli Deo Gloria reg verstaan, het ons eintlik net een rede vir ons bestaan: Om met ons hele lewe ’n loflied tot God se eer te sing. Hoe dink jy hieroor?

As jou lewe ’n loflied was, watter lied sou jy graag wou wees?

Saterdag

Lees Openbaring 4:6-11 Voor die troon was dit soos ’n spieëlgladde see, helder soos kristal. Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oë van voor en van agter. 7Die eerste lewende wese het soos ’n leeu gelyk en die tweede soos ’n bul; die derde het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad en die vierde het gelyk soos ’n arend wat vlieg. 8 Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag 6

60


sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” 9Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê: 11“Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.” • •

Lees die teksgedeelte weer aandagtig deur. Vers 6-7 praat van vier lewende wesens wat dag en nag sonder om te rus aan God eer bring. Hierdie vier wesens verwys simbolies na alles wat lewe: die leeu (wilde diere), die bul (mak diere), die mens en die arend (voëls). Hoe laat dit jou voel om te dink dat die hele skepping aan God eer bring?

In vers 10 is daar ’n verwysing na die 24 ouderlinge wat voor God kniel, Hom aanbid en hulle krone voor die troon neersit. Dit is ’n verwysing na die kerk van Christus oor die wêreld heen. Hoe belangrik is dit vir jou om deel van hierdie kerk te wees?

Ons lewe het net een doel en dit is om saam met die lewende wesens en die 24 ouderlinge voor die troon te buig en te sê: “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur U wil het alles ontstaan en is dit geskep.” Soli Deo Gloria!

61


Die Hervormer Johannes Calvyn

“Die goeie nuus van Jesus is nie ’n leerstelling van ons lippe nie, maar van ons lewe.” “Ons geloof sal ons niks baat as dit nie ons hart verander, ons gedrag deurdring en ons in nuwe skepsels verander nie.” “Hoe kan mense wat net lidmate is en daarom Christene genoem wil wees, hulle beroem op die heilige Naam van Christus?” “Iemand kan nie beweer dat hy Christus ken as hy nog nie geleer het om die ou mens af te lê en hom met Christus beklee het nie.”

Hierdie uitsprake van Jean Cauvin (Johannes Calvyn, John Calvin) help ons om te verstaan waarom sy getuienis so kragtig en sy invloed so sterk was. Hy was bekend as die man met die brandende hart wat sy liggaam, denke en ganse lewe as lewende offer in diens van die Here gestel het (Romeine 12:1, 2). In sy leeftyd is 2 000 nuwe Gereformeerde gemeentes in Frankryk gestig en het hy sendelinge selfs na Brasilië uitgestuur. Hulle is op Spaanse skepe gestuur, vermom as handelaars of immigrante. As hulle uitgevang is, het die Katolieke seevaarders hulle eenvoudig doodgemaak en oorboord gegooi. Calvyn se skeiding van die kerk en staat het in Engeland en Amerika gelei tot die besef dat die kerk en staat binne God se wil regeer moet word en dat albei aan God gehoorsaam moet wees, maar die een mag nie die ander oorheers nie.

62


Calvyn was ’n volgeling van Luther. Luther se kernteks was: “Die regverdige sal deur die geloof leef.” Calvyn se kernteks was: “Laat u wil op aarde gedoen word, net soos in die hemel.” Daarom was baie van Calvyn se volgelinge soos William Wilberforce op die voorpunt van die stryd teen tirannie en die afskaffing van mensehandel en slawerny. Calvyn het nie net die nuwe geloof in 1 000 bladsye saamgevat nie, maar het ook ’n kommentaar op elke Bybelboek (buiten Openbaring) en ’n leerboek vir kinders geskryf. Hy het vyf preke per week gelewer en kerkleiers soos John Knox opgelei en hulle teruggestuur na hulle eie land. Vanuit Genève het Calvyn se invloed oor die hele wêreld uitgekring. Selfs in Heidelberg, Duitsland, het die keurvors Frederik, asook Ursinus en Olevianus, die opstellers van die Heidelbergse Kategismus, eerder Calvyn se leerstellings nagevolg as Luther s’n. Hierdie kategismus is die heel mooiste getuienis van Calvyn se pastorale prediking en teologie: “My enigste troos in lewe en sterwe, is dat ek nie aan myself nie, maar aan my getroue Saligmaker, Jesus Christus, behoort” (Sondag 1, vraag en antwoord 1).

63



Voel God se ritme Om gestuur te wees Mens tot mens •

Hoe het dit met Soli Deo Gloria hierdie afgelope week in jou lewe gegaan?

Hierdie week fokus ons op missio Dei: gestuur deur God. Wat beteken dit om “gestuur” te wees? As jou baas, jou man of vrou of God jou stuur?

Mens tot God •

Dank die Here vir die feit dat Hy na ons uitgereik het. Eer Hom met liedere en gebede vir Jesus se koms na die wêreld.

God tot mens •

Kyk na die DVD-inleiding. Is daar iets interessants waarby jy wil aansluit?

65


Lees nou Matteus 25:31-46. “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. 34 Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’37Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’44Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ 45En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.” 31

1. Wat tref jou in dié teksgedeelte?

2. Ons word gestuur om iets te gaan doen, ’n opdrag uit te voer. Wat is God se opdrag aan ons volgens hierdie teksgedeelte?

66


3. Hoe lyk dit prakties? Bespreek die voorbeelde wat Jesus noem een vir een. Aan watter ander kan jy dink?

4. Ons besef dit is belangrik om mense in nood te help. ––

––

Wat gebeur met ons wanneer ons met mense in nood te doen kry wat sélf verantwoordelik is vir hulle slegte situasie?

Hoe moet ons hulle volgens die teksgedeelte behandel?

5. Watter verskil maak dit wanneer ons besef dit is Jesus self wat in die gestalte van ons naaste in nood voor ons staan?

6. Waar staan jy wat die opdrag van God betref? Is jy ’n bok of ’n skaap?

7. Watter veranderings sal jy in jou hart en gedagtes moet maak om die opdrag uit te voer?

God tot mens •

Hoe kan julle as groep mekaar help om die opdrag uit te voer? Maak praktiese planne.

67


Begin deur vir die nood in julle omgewing te bid, asook vir die mense of instansies wat ’n verskil aan die nood maak. Meld ook self vir diens aan in gebed.

Die Woord in jou hart vir elke dag Maandag

Lees Genesis 12:1-3 Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. 2 Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ’n seën wees. 3Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” 1

Wat tref jou in die teksgedeelte?

Wat sê hierdie gedeelte is God se missie (doel) met Abram?

Waar pas Abram in, hoe is hy deel van God se missie (dit waarmee God besig is)?

Hoe is jou lewe deel van God se missie?

68


Dinsdag

Lees Matteus 28:16-20 Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. 17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. 18Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” 16

Wat tref jou in die teksgedeelte?

Hoe sluit hierdie gedeelte aan by Genesis 12:1-3 wat jy gister gelees het?

Watter opdrag kry die elf dissipels?

Wat is God se missie volgens hierdie gedeelte?

Wie stuur God vandag?

Watter betekenis het die belofte van Jesus se teenwoordigheid vir dié wat gestuur is?

69


Woensdag

Lees Handelinge 1:6-8 Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” 7Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” 6

Wat tref jou in hierdie teksgedeelte?

Wat sê die gedeelte vir jou van God se missie (dit waarmee God besig is)?

Hoe was die apostels deel van God se missie?

Hoe kan ons vandag deel wees van God se missie?

Waarheen stuur God vandag vir jou en jou gemeente?

70


Donderdag

Lees Johannes 20:19-22 Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” 20Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. 21“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” 22Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! 19

Wat tref jou in hierdie gedeelte?

Op watter missie het die Vader vir Jesus gestuur?

Hoekom dink jy is Jesus se woorde “Vrede vir julle!” so belangrik?

Hoe verstaan jy die stuur-opdrag in vers 21?

Hoe raak die stuur-opdrag jou?

71


Vrydag

Lees Matteus 9:35-38 Jesus het al die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. 36Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ’n wagter het nie. 37Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. 38 Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” 35

Wat tref jou in die gedeelte?

Wat het Jesus gedoen?

Hoe reageer Jesus op die menigte wat Hy sien?

Watter opdrag kry Jesus se dissipels?

Wat moet ons as Jesus se volgelinge doen na aanleiding van hierdie gedeelte?

72


Saterdag

Lees 1 Petrus 2:9-12 Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. 10Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys. 11Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ’n mens se lewe. 12Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening. 9

Wat tref jou in hierdie gedeelte?

Hoe sou die eerste lesers van hierdie gedeelte deel kon wees van God se missie?

Hoe het God vir hulle (en vir ons) deel gemaak van sy missie?

Wat moet ons verkondig (vers 9)?

Hoe moet ons dit doen (vers 12)?

73


Die Hervormer John Knox

Sommige vergelyk John Knox met die Bybelse profeet Jeremia, ’n geroepene van die Here wat in Skotland geplaas is om die Skotse kerk van afgodery te reinig. Knox is in 1514 in die klein Skotse dorpie Haddington gebore. Gedurende Knox se jeugjare het die Katolieke Kerk in Skotland ál meer in die spervuur beland as gevolg van korrupsie, wanbestuur en onderdanigheid aan die koningin van Skotland. Teen 1540 het Knox te doen gekry met die teologie van die Hervormers in Europa. Hy het hom volkome daarmee vereenselwig en het die medewerker van George Wishart, ’n vurige ondersteuner van die Reformasie in Skotland, geword. Tydens ’n Protestantse erediens het Knox diep bewus geword van die feit dat die Here hom as predikant roep. As reisende predikant het hy oral in Skotland gepreek. Toe Mary Tudor koningin van Skotland word, was Knox verplig om na Frankryk te vlug. Hy het uiteindelik in Genève beland waar hy kontak gemaak het met Calvyn. Knox het Genève beskryf as die “mees perfekte skool van Christus wat ooit op die aarde was sedert die apostels”. Calvyn het Knox op sy beurt beskryf as “’n broer wat met groot entoesiasme ter wille van die geloof gewerk het”. Knox het in 1555 na Skotland teruggekeer, maar moes weer vir sy lewe vlug omdat hy hom teen die koningin en haar regering uitgespreek het. Hy het onder meer gesê die koningin is ’n verraaier van die geloof en ’n rebel teen die ware God.

74


In 1559 is Knox terug Skotland toe en het veral teen Katolieke afgodery te velde getrek. Dit het tot opstande gelei en verskeie beelde in kerke is verwoes. Knox is in Junie 1559 na die Protestantse gemeente in Edenburgh beroep waar hy voortgegaan het om te vermaan en te inspireer. Hy het veral klem gelê op eksegese van die teks en het dit dan op die Skotse situasie van toepassing gemaak. In 1560 het die Protestante die regering in Skotland oorgeneem en het die verkose parlement Knox gevra om ’n geloofsbelydenis, ’n Kerkorde en ’n handleiding vir die orde in ’n erediens saam te stel. Knox het ook ’n groot rol in die hervorming van die skoolstelsel in Skotland gespeel. Sy invloed en nalatenskap het Suid-Afrika via die Skotse predikante John en Andrew Murray bereik. Albei het in Edenburgh studeer en daar met Knox se teologie in aanraking gekom.

75



Slot Ons is klaar met ons reeks! Tydens ons reis het ons baie besonderse bakens besoek wat ons lewe gevorm het: • • • • • •

Genade Geloof Christus Die Woord God se eer God se uitsending

Blaai nou terug na jou verwagtings vir die reeks wat jy aan die begin van die eerste week se gesprek neergeskryf het. In watter mate is daaraan voldoen?

Ons gebed is dat die waarhede en waardes in jou hart gegraveer sal wees en dat dit jou leefwyse sal bepaal. Reis veilig verder met hierdie kompas in jou hand.

77


notas

78


notas

79


notas

80




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.