EKONOMIE
FONDSFOKUS
HOE POLITICI PROBEER OM ESKOM TE KAAP
IS DAAR WAARDE IN SA GENOTEERDE AANDELE?
FONDSFOKUS
JOU KWARTAALLIKSE OORSIG VAN SA FONDSE NOVEMBER 2021
IS DAAR WAARDE IN
SA GENOTEERDE AANDELE?
BELEGGING
DIE MARKTE SE VOORUITSIGTE IN 2022 VIND ONS BY:
AFRIKAANSE UITGAWE
netwerk24.com/finweek
26 November 2021
LAASTE UITGAWE
DIE METALESTORMLOOP SA SE GENOTEERDE MYNREUSE HET NUWE MINERALE IN VISIER
+
AANDELEMENINGS OOR:
+
EXXARO IMPALA PLATINUM SIBANYE-STILLWATER SOUTH32
BESTUUR: DIE BEDANKINGSGOLF TREF SA
IG.COM
If you want to be in NY while in South Africa IG offers American equities 16 hours a day, so you can trade when top US firms release results. Wherever you are in the world, we put you on Wall Street, at the heart of the action.
CFD losses can exceed your deposits. IG is a trading name of IG Markets Ltd and IG Markets South Africa Limited. International accounts are offered by IG Markets Limited in the UK (FCA Number 195355), a juristic representative of IG Markets South Africa Limited (FSP No 41393 and an over-the-counter derivative provider).
inhoud Die redakteur sê JACO VISSER
a
Mening 4 Bou ’n klimaatbestande onderneming 5 SA se behuisingsverknorsing
eras kom tot ’n einde. Gedurende die onlangse munisipale verkiesing, t die ANC – wat post-apartheid-politiek oorheers het – minder as % van Suid-Afrikaners se stemme op hom verenig. Die dood van die voormalige president FW de Klerk is ook die einde van ’n era – hoewel sy erfenis bitterlik betwis word. Vir markte lui November 2021 die einde in van ’n maklike monetêre beleid in die wêreld se grootste ekonomie, Amerika. Die feit is dat die land se sentrale bank nou begin om monetêre verruiming in te kort, wat mettertyd wegholbateprysstygings in die wêreld kan temper (oppas kripto-aanhangers). Dit lyk ook of dit die einde van ’n era van lae inflasie kan wees aangesien prysstygings wêreldwyd onversetlik hoër bly weens ’n swetterjoel bydraende faktore, insluitend beperkte verskepingsvermoë, mikroskyfietekorte en die reperkussies van die tegemoetkomende monetêre beleid. Die einde van ’n era – of dit betrekking het op die politiek of die mark – val gewoonlik saam met onsekerheid en in uiterste gevalle (soos ons gedurende die oorgang na ’n demokrasie in ons pragtige land gesien het), geweld. Gelukkig is SuidAfrikaners ’n ordentlike klomp mense met geen tekort aan innovasie nie, en met ’n drang na billikheid en ’n onwrikbare humorsin. By finweek k het ons ook die einde van ’n era bereik. Dit is die laaste uitgawe ná 41 jaar, waartydens van die skerpste breine in finansiële joernalistiek sy gange betree het. Die kaliber van sy medewerkers en skrywers was van so ’n aard dat finweek met verloop van tyd ’n instelling in talle huishoudings geword het. My vader self was ’n intekenaar op sy voorganger, Finansies & Tegniek, k in die 1990’s, en dit is waar my liefde vir finansiële joernalistiek op hoërskool gekoester is. Leon Kok, die samesteller van Fondsfokus, het ’n reis van 25 jaar meegemaak. Glenda Williams, ons eiendom- en motorskrywer, het hierdie tydskrif 18 jaar lank gedien. Anne Cabot-Alletzhauser het Kollektiewe Insig 18 jaar gelede begin. Simon Brown skryf al ’n dekade lank artikels vir die tydskrif. Beku Mbotoli, ons ontwerper, werk sedert 2011 by finweekk en het met die verloop van jare pragtige voorblaaie geskep. Katrien Smit, ons Engels-subredakteur, en Maarten Roos, ons Afrikaanssubredakteur, werk al onderskeidelik ses en nege jaar vir die publikasie. En terwyl mense wat by die tydskrif werk ter sprake is, wil ek ons joernalis, Timothy Rangongo, gelukwens dat hy vroeër vandeesmaand die Sanlam-toekenning vir Finansiële Joernalistiek as die Beste Nuweling ontvang het. Daar is ander, insluitend medewerkers, vertalers en bestuurders, wat bygedra het om elke uitgawe van finweek insiggewende en aangename leesstof te maak. Dankie aan Zerelda Esterhuizen, ons besturende redakteur, wat die proses vanjaar laat vlot het. My innige dank aan julle almal. En my innige dank aan ons lesers, van wie sommige hierdie tydskrif jare lank gekoop het. Julle was altyd in ons gedagtes terwyl ons die kopie voorberei het. Dit is die einde van ’n era. En dit was ’n voorreg om so ’n fenomenale publikasie te dien en sy voog te wees. Tot wederom, finweek. ■
Kortliks 8 Die nuus in syfers 10 Stygende insetkoste demp goeie landboulopies 11 Hoe nou vir SA se goudmaatskappye?
Markplek 12 Fonds in fokus: PSG Equity Fund 13 Woekerwys: Netcare 14 Eie mening: Raubex, Mediclinic International 15 Selfdoen: Hou dit eenvoudig 16 Belegging:: Die vooruitsigte vir 2022 17 Markte: Tegno-oplewing oorweldig Fed-bateplanne 18 Handelaarshoekie: Lees meer, leer meer 20 Simon sê: Amerikaanse inflasie, Dis-Chem, kleinhandelaars, MTN, Purple Group, RBPlats & Northam, Renergen, Sirius, Vodacom 36 Belegging: Die beleggingswêreld van A tot Z
Fondsfokus 22 Is daar waarde in SA genoteerde aandele?
Voorblad 38 Die metale-stormloop
Fynkam 44 Politici probeer Eskom kaap
Kolskoot 46 Motors: Die eerste hibridiese model wat in Suid-Afrika gebou is 47 Motors: Die koelste kultuskarretjie 44 Bestuur: Hantering van personeelomset in onstuimige tye 50 Duwweltjie, vasvra en blokkiesraaisel
REDAKSIONEEL & VERKOPE Waarnemende redakteur Jaco Visser Besturende redakteur Zerelda Esterhuizen Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Timothy Rangongo, Petri Redelinghuys, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli, Mini Zwane Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@ fivetwelve.co.za, Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za, Nina Frank 084 434 7776/ nina@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia.co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za
NAVRAE INTEKENARE 087-353-1305 subs@finweek.co.za
Faks 086 457 5918
WINKELS 0861-888-989 hulp@onthedot.co.za
Besoek ons by: @finweek
finweek
finweekmagazine
FINWEEK ONDERSKRYF DIE SUID-AFRIKAANSE PERSKODE, WAT ONS VERBIND TOT JOERNALISTIEK WAT WAAR, AKKURAAT, REGVERDIG EN GEBALANSEERD IS. AS JY MEEN ONS KOM NIE DIE KODE NA NIE, KONTAK DIE PERSOMBUDSMAN BY 011-484-3612 OF BY ombudsman@presscouncil.org. za © FINWEEK 2011 ALLE REGTE VOORBEHOU. NAVRAE OOR DIE GEBRUIK VAN MATERIAAL: ARGIEF 021-406-3232
Uitgegee deur New Media, ’n afdeling van Media24 (Edms.) Bpk. Johannesburg-kantoor: Grondverdieping, Mediapark, Kingsway 69, Auckland Park 2092 Posadres: Posbus 784698, Sandton, Johannesburg 2146 Tel: +27 (0)11 713 9601 Hoofkantoor: 8ste verdieping, Media24-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad 8001 Posadres: Posbus 440, Groenpunt, Kaapstad 8051 Tel: +27 (0)21 406 2002 E-pos: newmedia@newmedia.co.za Gedruk deur CTP Printers, Cape Town en versprei deur On The Dot Webwerf: www.netwerk24/finweek.com Oorsese intekenare: +27 21 405 1905/7
@finweek
finweek
finweekmagazine
finweek 26 November 2021
3
mening Deur Johan Fourie
TEGNOLOGIE
Bou ’n klimaatbestande onderneming Wat kan Suid-Afrikaanse sakeleiers doen om die uitwerking van klimaatsverandering te verlig?
Foto: Verskaf
v
oordat ’n internasionale pandemie ons lewe ontwrig het, was die dringendste vraag wêreldwyd – van Davos-forums tot maatskappydireksiesale, van boere tot politici – eenvoudig: Hoe om klimaatsverandering te keer. En namate ons leer om saam met die pandemie te leef, sal vrese oor die toekoms van ons planeet waarskynlik terugkeer. Ek het met twee kenners op die terrein van volhoubaarheid gepraat oor wat sakeleiers kan doen om die uitwerking van klimaatsverandering te verlig. Megan Sager is die stigter-direkteur van die konsultasie-en-adviesgroep Sustainable Solutions. Willem Fourie is ’n medeprofessor aan die Albert Luthuli Leierskapinstituut by die Universiteit van Pretoria waar hy die South African Sustainable Developments Goals Hub lei. Ek sê vir hulle dat klimaatsverandering waarskynlik ernstige risiko’s en groter wisselvalligheid in ons lewe sal veroorsaak. Wat is die ernstigste omgewingsbedreigings waaroor plaaslike maatskappye besorg moet wees? “Fisieke risiko’s wat uit klimaatsverandering spruit, sluit sowel akute as chroniese veranderinge in weerspatrone in,” sê Sager. “Dit kan tot ’n reeks omgewingsrampe lei – van aanskuiwende verwoestyning tot kitsvloede en veldbrande. In sommige SA dorpe is die water reeds op.” Daar is ook ander risiko’s. “Oorskakelingrisiko spruit uit veranderinge in die struktuur van die ekonomie namate dit ontkool en by klimaatsverandering aanpas. Die vraag na sekere goedere en dienste sal verdwyn terwyl nuwe bedrywe wat rondom elektriese voertuie en groenwaterstof opgebou is, na vore tree. SA banke het byvoorbeeld finansieringsbeleid oor fossielbrandstowwe begin instel wat die ondersteuning beperk van bedrywe wat geraak word.” Fourie sê in ’n ongelyke bomiddelinkomste land soos SA word omgewingsbedreigings se uitwerking vererger deur hul maatskaplike, ekonomiese en politieke uitkringeffekte. “Dink aan hoe veranderinge in reënpatrone en temperatuurstygings druk op voedselproduksie sal plaas. Hoër vlakke van voedselonsekerheid sal weer die voorkoms van wanvoeding en groeibelemmering vererger, wat die skoolprestasie van leerlinge met voedselonsekerheid negatief sal beïnvloed. Die waarskynlikheid van betogings sal ook groter word as voedselonsekerheid in sommige
4
finweek 26 November 2021
gemeenskappe uitermatig word. Prakties beteken dit dat omgewingsrisiko’s vir maatskappye nooit slegs omgewingsrisiko’s is nie.” Kom ek speel duiwelsadvokaat. Milton Friedman het eenkeer gesê sake se maatskaplike verantwoordelikheid is om wins te vergroot. Namate omgewing-, maatskaplike en bestuurstandaarde die norm in die beleggingswêreld word – baie fondse heg byvoorbeeld groter waarde aan koolstofneutraliteit in hul beleggingsbesluite – verwag ons nie te veel van maatskappye nie? Is daar nie ’n kompromis tussen winsgewendheid en die nastreef van alternatiewe doelwitte nie? Ons is verby die punt waar ’n kompromis getref kan word, antwoord Fourie. “Ek dink eerder só daaraan: omgewingsonvolhoubare sakepraktyke maak klimaatsverandering erger, wat weer ’n invloed het op die stabiliteit van ondernemings se bedryfsomgewing, dikwels selfs op plaaslike vlak. Dis in maatskappye se eie belang om omgewingsvolhoubaarheid ernstig te bejeën.” Dit het ook geen nut om kort termyn vir lang termyn te verruil nie, sê Sager. “Namate beleggingspraktyke verander en negatiewe eksterne faktore, soos kweekhuisgasvrystellings, by bateen maatskappypryse ingereken word, is dit in werlikheid net ’n korttermyn-kompromis. Selfs Friedman sou saamstem dat maatskappye wat hoofsaaklik op korttermyn-prestasie ingestel is selde goeie langtermyn-beleggings is.” Ek vra Sager hoekom die ooglopende oplossing van ’n koolstofbelasting – iets wat ekonome lankal opper – politiek onaantreklik is. Wat kan die SA regering doen om die uitwerking van klimaatsverandering te verlig? “Belasting is een manier om koolstof as ’n negatiewe eksterne faktor te hanteer, terwyl ander kwotas en verhandelingstelsels insluit. SA het weens sy koolstofintensiewe nywerheidsgrondslag ’n reusegeleentheid om die oorgang te monetiseer: op die vlak van die nasionale regering deur bilaterale ooreenkomste te sluit om toekomstige vrystellingsverminderings aan ontwikkelde ekonomieë te verkoop, en op maatskappyvlak deur deelname aan markte vir koolstofkompensasies. Dit kan óf plaaslik vir koolstofbelastingdoeleindes gebeur, óf internasionaal vanweë die toenemende vraag na korporatiewe kompensasies om nulkoolstofwaarborge gestand te doen. Dié ekonomiese aansporings vorm gedrag intyds en sal groter
Megan Sager Stigter-direkteur van die konsultasie-en-adviesgroep Sustainable Solutions
Willem Fourie Medeprofessor aan die Albert Luthuli Leierskapinstituut by die Universiteit van Pretoria
verandering aandryf namate die koolstofprys styg. Trove Research het onlangs ’n vrywillige koolstofprys van $20 tot $50 teen 2030 voorspel wat ’n grootskaalse styging in minder as ’n dekade is. “Net só kan groenwaterstof geweldig transformerend vir die vooruitsigte van ons energiemengsel en ekonomiese groei wees vanweë SA se oorvloed platinumgroepmetale en hulpbronne vir die produksie van hernubare energie. “Die regering sal moet seker maak dat beleid en regulering behoorlik ooreenstem om dié oorgang te beskerm en dat enige ongewenste maatskaplike uitwerking behoorlik bestuur word.” Aangesien sy kundigheid oor leierskap gaan, vra ek Fourie ’n onbillike vraag: Hoe kan ons ons leiers in sowel die openbare as private sektor sover kry om SA se weg na ’n koolstofneutrale toekoms te verander? “Die kompleksiteit van die probleem word daardeur vererger dat alle groep opofferinge sal moet maak. Ek meen leiers moet hul tyd verdeel tussen die betrekking van hul groepof tuisorganisasie (en om vir hulle te wys hoekom opofferinge in hul belang is) en om sterk bondgenootskappe met ander groepe en organisasies te vestig.” Of ons nou daarvan hou of nie, sal klimaatsverandering bestaande praktyke en stelsels meer en vinniger ontwrig as wat ons al ondervind het. Wat egter net só waar lyk, is dat dit geweldige geleenthede sal skep vir dié wat rats en beslis genoeg is om bondgenootskappe te smee en hul organisasies na dié dapper, nuwe wêreld te lei. ■ terugvoer@finweek.co.za Johan Fourie is ’n professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en skrywer van Our Long Walk to Economic Freedom (Tafelberg, 2021).
www.netwerk24.com/finweek
mening Deur Andile Ntingi
POLITIEK
SA se behuisingsverknorsing Met die Hop-beleid uitgefaseer, is die vraag of die nuwe eiendomsbeleid werk en of die regering sy beloftes sal hou.
Foto: Gallo/Getty Images
p
olitici toon gewoonlik in die stemwerweryseisoen die kuns van die misleiding van kiesers om hulle te beïnvloed om X langs hul politieke party se naam op stembriewe te skryf. Die politici vol beloftes en mooipraatjies mislei kiesers tydens verkiesingsveldtogte en niemand – van kanniedoodaanhangers en opposisieondersteuners tot skeptici en berugte draadsitters – spring vry nie. Fikile Mbalula, die regerende ANC se verkiesingshoof, het naby die einde van die onlangse verkiesingsveldtog in Suid-Afrikaners se onguns verval toe hy ontken het dat president Cyril Ramaphosa, sy partybaas, belowe het om ’n miljoen huise in die township Alexandra in Johannesburg te bou. Ramaphosa het die bisarre belofte in 2019 op ’n politieke saamtrek in die piepklein, oorbevolkte township gedoen om steun vir die ANC te werf. Mbalula se ontkenning wat burgers woedend gemaak het, is in ’n videosnit van ’n onderhoud met dr. JJ Tabane op eNCA vasgevang en het blitsig versprei. In die snit sê Mbalula aan Tabane dat Ramaphosa nooit belowe het om ’n miljoen huise te bou nie en maak die bewering as “pure verbeelding” af. Mbalula het die hele ding as ’n grap gehanteer, selfs al het miljoene Suid-Afrikaners nie toegang tot formele behuising nie omdat die ANC nie die behuisingagterstand kon uitwis nie, wat tans op meer as 2,6 miloen eenhede landwyd geskat word. Die meeste mense woon in informele nedersettings en agterplaaspondokke. Mbalula se ontkenning in die onderhoud ontken ook die regering se behuisingsbeleid en wek die indruk dat die regering steeds beplan om gratis huise vir die arm meerderheid te bou. In werklikheid het die regering die beleid van die voorsiening van gratis behuising vir almal beëindig wat Joe Slovo, strydros van die SA Kommunistiese Party en die eerste minister van behuising in die demokratiese era, in 1994 begin het. Dié beleid is verlede jaar uitgefaseer nadat die regering besef het dat die meeste van dié huise (ook bekend as Hop-huise) verkoop is of verhuur word, wat dit moeilik maak om die behuisingagterstand te verklein. Gratis behuising het ook in baie gemeenskappe ’n kultuur van aanspraak aangevuur wat dikwels uitgeloop het op protesoptogte om op gratis huise aan te dring wat die politici belowe het. In November verlede jaar, het Lindiwe Sisulu, toe minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, aangedui dat haar departement ’n nuwe behuisingsbeleid aanvaar het om grond aan mense beskikbaar te stel om self huise te bou. Sy het provinsiale regerings aangesê om die konstruksie van nuwe gratis huise te verminder om eerder gedienste persele te verskaf waar Suid-Afrikaners self huise kan bou. Ook is gesê dat gratis huise net verskaf sou word aan bejaardes, huise met kinders as hoof, oudsoldate en mense met gestremdhede.
@finweek
finweek
finweekmagazine
Die beleidsverandering was onvermydelik weens krimpende fiskale inkomste weens die lae ekonomiese groeikoers en die uitwerking van die Covid-19-pandemie. Sisulu se voormalige departement het net voor die pandemie beplan om 470 000 huise, 300 000 gedienste persele en 30 000 gratis maatskaplikebehuisingseenhede te lewer en 1 500 informele nedersettings te verbeter. Luidens ’n Daily Maverick-artikel wat op 2 Desember verlede jaar gepubliseer is, het die departement egter net 126 informele nedersettings verbeter. ’n Mens kan seker wees dat die pandemie al Sisulu se teikens uitgeskakel het. Die ANC het jare lank navorsing geïgnoreer wat toon dat die meeste Suid-Afrikaners huise en werksgeleenthede wil hê en minder in kommersiële landbougrond geïnteresseerd is. Die navorsing is voorgehou om die regering te ontmoedig om oproepe vir die onteiening van plase sonder vergoeding te ondersteun. Hy is pleks daarvan aangemoedig om meer aandag te gee aan ekonomiese groei en die skepping van werksgeleenthede – wat dan vir meer mense geleenthede sou skep om behoorlike behuising te bekostig. Om hul punt te bevestig, het kenners dikwels die navorsing genoem wat die Centre for Development and Enterprise (CDE) saamgestel het wat toon dat net 9% van swart mense boere wou wees terwyl die meeste stedelike behuising wou hê. Dit sal goed wees vir die ANC, wat net twee metropolitaanse gebiede beheer nadat hy nie in die onlangse munisipale verkiesings daarin kon slaag om in die meeste metropolitaanse gebiede meerderhede te behaal nie, om die verskaffing van gedienste persele te versnel pleks van om stories oor die bou van nuwe gratis huise te versin. Die regerende party se onbevoegdheid en volgehoue prestasiegeskiedenis van swak dienslewering het hom uiteindelik ingehaal en hy het baie kiesersteun verloor. Die uitfasering van Hop-huise sal ontwikkelaars wat ’n fortuin uit die beleid gemaak het, kwaai benadeel. Wanneer een deur toegaan, gaan ’n ander gewoonlik oop. Die gedienste persele bied geleenthede aan voornemende huiseienaars om medium- en hoëdigtheid-ontwikkelings vir bekostigbare huurakkommodasie te bou. Omdat bouwerk duur is, sal sommige van die eienaars van die gedienste persele hul persele aan beleggers en eiendomsontwikkelaars verkoop. Dié beleggers het toegang tot kapitaal om bekostigbare huurakkommodasie in die townships te bou en informele nedersettings op te gradeer. Gauteng se regering beplan om ’n fonds te skep om eiendomsontwikkelaars aan te moedig om hoëdigtheid- en agterplaasontwikkelings te bou in ’n poging om die townshipeiendomsmark te stimuleer en bekostigbare huisvesting aan lae- en middelinkomste-townshipbewoners te verskaf. Verwag dat waagmoedige beleggers kapitaal in die townships sal stort om ’n nuwe mark te benut wat op die punt is om te ontplof. ■ terugvoer@finweek.co.za Andile Ntingi is die hoof en mede-stigter van GetBiz, ’n e-verkryging- en tenderpublikasiediens.
finweek 26 November 2021
5
promosie-artikel workday
Geïntegreerde arbeidsmagbeplanning van kardinale belang vir herstel Sonder ratsheid kan jy nie suksesvol vir jou besigheid se toekoms beplan nie. Dit is waaarom leiers op die gebied van mensehulpbronne geïntegreerde arbeidsmagbeplanning doen.
d
ie wêreldwye arbeidsmag het tydens die pandemie fundamenteel verander. Toe inperkings 18 maande gelede wêreldwyd begin het, is werknemers aangemoedig of gedwing om van die huis af te werk. En nou word daar volgens Enterprise Technology Research verwag dat die persentasie van afstandswerkers wêreldwyd vanjaar sal verdubbel. Meer as driekwart van werknemers (76%) ter wêreld wil voortgaan om van die huis af te werk. Dekades oue arbeidsmagbeplanningsprosesse sal nie nou veel help nie. Sakeleiers moet begin dink oor hoe hulle kan voorberei vir wat voorlê. Ratsheid sal die sleutel tot die nuwe fase wees. Met vrae oor kantoorruimte, werknemerproduktiwiteit, Covid-19-beperkings en die werwing en behoud van talent, moet mensehulpbron-, finansies- en IT-leiers vinnig optree. Dit begin en eindig met beplanning.
Nuwe benadering tot beplanning Tradisionele beplanningsprosesse word dikwels vir jaarlikse of kwartaallikse beplanning gebruik. Dié benadering sal nie meer ná die pandemie geldig wees nie. Baie organisasies se arbeidsmagbeplanning word belemmer deur oorgeërfde stelsels. Dit sluit in moeisame take, verouderde, onvolledige data en gefragmenteerde kommunikasie en besluitneming in departemente. Die resultaat? Sporadiese arbeidsmagbeplanning, gekenmerk deur verstokte besluitneming en verkeerde doelwitte en prioriteite. Dit lei tot slegte aanstellings wat nie ooreenstem met die maatskappy se groeiplan nie. Om op tradisionele beplanningsiklusse te vertrou, beperk ook mensehulpbronne (MH) se vermoë om by die realiteite van die onderneming aan te pas. Dis ’n groot probleem.
Ingeligte, geïntegreerde beplanning Sonder ratsheid kan jy nie behoorlik vir jou besigheid se toekoms beplan nie. Dit is waarskynlik waarom al hoe meer MH-leiers geïntegreerde arbeidsmagbeplanning ingestel het. Geïntegreerde arbeidsmagbeplanning stel MH-leiers in staat om hul arbeidsmag te beplan in ooreenstemming met alle ander sakeplanne, van korporatiewe strategie tot finansies, bedrywighede, departementele begrotings en voorspellings. Dit skep ’n dinamiese arbeidsmagplan. Dit help MH-spanne ook om van taktiese tot strategiese arbeidsmagbeplanning oor te skakel, en om die regte mense op die regte tyd op die regte plek te plaas.
Foto: Shutterstock
Scenariobeplanning vir elke gebeurlikheid Namate besighede ’n nuwe normaal vind, kan deurlopende scenariobeplanning die verskil tussen groei en stagnasie wees. Meer as ooit tevore is dit van kritieke belang dat besighede vinnig verskeie gebeurlikheidsplanne moet ontwikkel. Werksmagbeplanningscenario’s kan wissel van onmiddellike behoeftes tot begrip vir die langtermynimplikasies van
6
finweek 5 November 2021
aanstellings, uitkontraktering, ontwikkeling, afstandswerk of terugkeer na die kantoor. Ander belangrike moderne beplanningscenario’s is die volgende:
Heropleidings- en opgraderingskoste Digitale transformasie en marktoestande verander die rolle van bestaande werkers. Besluitnemers sal die volle implikasies van heropleiding en opgradering moet modelleer om vaardigheidsleemtes te takel. Dit is van kritieke belang om die arbeidsmag se heropleidingsvereistes te verstaan, en dit is slegs moontlik deur integrasie en scenariobeplanning.
Afstandswerkers se produktiwiteit Die meting van hoe produktiwiteit deur afstandswerk beïnvloed kan word, kan nuwe maatstawwe skep. Met beplanning vir elke scenario kan besighede ’n blywende post-pandemiese kultuur vorm.
Werknemerontwikkeling Die bepaling van die finansiële en bedryfsvoor- en nadele van retensie- en ontwikkelingspogings sal al hoe belangriker word. Dit is omdat afstandswerk meer opsies as ooit tevore aan werknemers bied. Deur hulpbronne oor departemente heen te balanseer en te beplan vir uitskieters in hulpbronne en groei, sal ondernemings talent kan behou en lok, terwyl hulle geleenthede bied om te innoveer. Die meeste leiers sal scenario’s vir die beste, slegste en waarskynlikste gevalle modelleer. Die voordeel van geïntegreerde beplanning is die vermoë om te herkalibreer en om ’n doeltreffende arbeidsmag te bou. Deur data-analise, masjienleer en kunsmatige intelligensie te gebruik, bemagtig scenariobeplanning MH om met die werklikhede van mensebatebestuur, kliënteverhoudingebestuur en ander ondernemingstoepassings te werk, saam met eksterne kontekstuele data. Dit verskaf insigte om ingeligte besluite te neem en vinnig aan te pas as toestande verander.
Ontwrigting is ’n belangrike deel van die toekoms Dit sal naïef wees om te dink dat sake- en ekonomiese ontwrigting ná Covid-19 verby is. In werklikheid sal daar altyd scenario’s wees waar besighede die ratsheid sal moet hê om vinnig te beweeg. Om scenariobeplanning te omarm, oor alle departemente te integreer en al jou data op een plek te hê, hoef nie problematies te wees nie. Trouens, jy sal die struktuur en insig hê om die impak van ongekende gebeure oor die besigheid te verstaan – van die behoud van werknemers tot vaardigheidstekorte en begrotings. Dit sal help om jou arbeidsmag te bou, kliënte te inspireer en betekenisvolle groei te lewer. Met verandering en ontwrigting die reël eerder as die uitsondering, is daar min tyd om te verspil. Dit is tyd om te integreer en te beplan, beplan en weer eens beplan. ■
www.netwerk24.com/finweek
kortliks JSE BEREIK HOOGSTE VLAK
70 000 Die JSE het middel November ’n nuwe rekordhoogtepunt van 70 091 bereik ná onder meer die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Dit dui op bemoedigende fiskale vooruitsigte, met groeiherstel, stygings in kommoditeitspryse en ’n opwaarts aangepaste voorspelling van die bruto binnelandse produk wat tot vermindering van die land se skuld en begrotingstekort bydra.
>> Landbou: Wêreldontwrigtings demp goeie lopie bl.10 >> Mynbou: Is die laaste klok aan ’t lui vir goudmaatskappye? bl.11
“EK VRA OM VERSKONING VIR DIE PYN EN DIE LYDING EN DIE ONWAARDIGHEID EN DIE SKADE WAT APARTHEID VEROORSAAK HET.” – Oudpresident FW de Klerk maak verskoning vir die ellende wat apartheid veroorsaak het in sy “laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika” in ’n video wat die FW de Klerk Stigting kort ná sy dood uitgereik het.
MYNBOUPRODUKSIE DAAL
-3,4% Data van Statistieke SA toon dat die jaarlikse mynbouproduksie in September met 3,4% afgeneem het. Steenkool, platinumgroepmetale en goud het met 8,9%, 7,5% en 6,9% die meeste gedaal. Vergeleke met die tweede kwartaal het die produksie met 0,6% gekrimp, wat daarop dui dat mynbou waarskynlik ’n negatiewe bydrae tot die derde kwartaal se BBP sal lewer. VSA-INFLASIE STYG SKERP
6,2% Amerika se inflasiekoers het in Oktober skerp tot 6,2% gestyg vergeleke ’n jaar tevore. Amerikaners worstel weens duurder voedsel, energie en behuising met die hoogste inflasiekoers sedert 1990. Dit vergroot die moontlikheid dat die Federale Reserweraad rentekoerse aanstaande jaar sal verhoog.
DIE
DIE
DIE
GOEIE
SLEGTE
LELIKE
Die Duitse afvaardiging by die COP26-klimaatsberaad in Glasgow wil €700 miljoen aan Suid-Afrika skenk om steenkoolverbruik te verminder. Die doel is om ’n totaal van $8,5 miljard met die Wêreldbank en private beleggers aan te wend om die ontwikkeling van hernubare-energiebronne in die land te bevorder.
Die totale bedrag wat studente tans aan Suid-Afrikaanse tersiêre instellings skuld, beloop sowat R14 miljard en dit gaan verder styg as dit nie spoedig getakel word nie. Skole is ook op breekpunt weens onbetaalde gelde, volgens ’n skoolopname deur die TPN-kredietburo.
Van die 26 miljoen geregistreerde kiesers het slegs 46% in die munisipale verkiesing vanjaar gestem. Die stempersentasie was 58% in die plaaslikeregeringspeiling in 2016. Opkoms het veral in stedelike wyke gedaal en was ook veral laag in die townships.
SKEWE KYK
DEUR RICO
HEINEKEN VERKRY DISTELL
€2,2 mjd. Heineken het ’n aanbod van €2,2 miljard (R38 miljard) vir Distell gedoen. Die verkryging van Distell beteken die toetrede tot wyn en spiritualieë deur die wêreld se tweede grootste biermaker. Die transaksie plaas Distell se waarde op sowat R40,1 miljard. Heineken beplan om ’n Suider-Afrikaanse drankgroep van €4 miljard met Distell en Namibia Breweries te vorm.
8
finweek 26 November 2021
www.netwerk24.com/finweek
kortliks in die nuus Deur Jacques Claassen
LANDBOU
Stygende insetkoste demp goeie landboulopie
o
Foto: Shutterstock
Verskeie wêreldontwrigtings plaas tans ’n demper op die landbou se puik vertoning. ndanks betreklike goeie vooruitsigte op reën vir die 2021-’22-seisoen, ervaar die plaaslike landbousektor tans gemengde produksie-omstandighede. Dit kan onder meer toegeskryf word aan ontsaglike ontwrigtings waarmee die wêreld tans te midde van die Covid-19pandemie worstel. Volgens die voorsitter van Agbiz, Francois Strydom, is die wêreld se vragroetes en die voorsieningskettings van bykans alle produkte in chaos gedompel. Verskepingskoste het sedert die begin van die pandemie verdubbel. Gegewe die goeie lopie in die pryse van harde en sagte grondstowwe, het houtpryse en die afgeleide verpakkingskoste byvoorbeeld meer as verdubbel. Daarbenewens het baie aanlegte wat tot dusver op fossielbrandstowwe aangewese was, opgehou om te belê gegewe die geweldige wêrelddruk om na skoon energie oor te skakel. “Dié oorskakeling vind baie vinnig plaas, hoewel die golf van fossielbrandstowwe nie net afgeskakel en die volgende golf van groenenergie net aangeskakel kan word nie. Dit hou groot gevolge vir die plastiek-, rubber- en kunsmisbedrywe in.” Volgens Strydom het kunsmispryse vanjaar met minstens 50% gestyg. “Die prys van ureum het egter verdriedubbel. Boonop is die gemiddelde prys van chemikalieë nou 30% hoër as ’n jaar gelede. Op ’n hektaargrondslag ervaar produsente in die somersaaigebiede tans ’n gemiddelde styging van 35% in insetkoste teenoor die vorige seisoen.” Hoewel die prys van Brent-ru-olie in November vanjaar tot sowat 83 dollar per vaatjie gestyg het, is dit ironies steeds laer as die prys van 109 dollar per vaatjie in November 2011, aldus Strydom. “Oor dieselfde tydperk het die plaaslike prys van 95 oktaan nietemin van R10,77/liter tot R19,47/liter gestyg. Tog het die brandstofpryskomponent oor dieselfde tydperk met slegs 49% gestyg, terwyl die styging in die
10
finweek 26 November 2021
brandstofheffing 115% bedra en die bydrae tot die Padongelukfonds met 173% gestyg het.” Aan die ander kant was produsente in die somersaaigebiede die laaste paar jare met beter produksiesiklusse geseënd ten opsigte van opbrengste én produkpryse. Mielie-opbrengste het tussen 11 miljoen ton en ’n rekord van 17 miljoen ton gewissel. Sedert die begin van 2020 tot November vanjaar het produkpryse soos volg gestyg: • Witmielies van R2 566 per ton tot R3 380 per ton. • Geelmielies van R2 560 per ton tot R3 605 per ton. • Sojabone van R6 207 per ton tot R7 375 per ton. • Sonneblom van R5 760 per ton tot R11 000 per ton. Op grond daarvan is produsente van voorneme om in die 2021-’22-seisoen 1,6 miljoen ha witmielies aan te plant; 1 miljoen ha geelmielies; 925 000 ha sojabone; en 550 000 ha sonneblom. Die voorgenome aanplantings van wit- en geelmielies is effens minder, maar dit word opgemaak deur die groter voorgenome produksie van sojabone en sonneblom. Volgens Strydom gee die Voedselprysindeks van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie ’n goeie aanduiding van die mate waarmee die pryse van graansoorte en voedselolies begin styg het. “Die wêreld verkeer tans op ’n redelike gevaarlike plek en daar is vrese dat inflasie voedselpryse kan opjaag.” Strydom sê daar is ’n korrelasie tussen die huidige prentjie en die storie van kommoditeite oor die eeue heen. “Pryse beweeg vir lang tye sywaarts gevolg deur ’n kort lopie van winsgewendheid waarna stygings in insetkoste jou weer inhaal. Omdat plaaslike boere geen subsidies kry nie, moet hulle baie meer innoverend wees, terwyl ekonomie van skaal ’n produksiefaktor word om winsgewend te probeer bly.” Volgens hom lei dit altyd tot ’n geveg tussen
sosiale omstandighede en die werklikhede van die vrye mark. “Ons moet die balans probeer vind.” Op sy beurt sê Christo van der Rheede, Agri SA se uitvoerende direkteur, ál Suid-Afrika se landboubedrywe het groei ten opsigte van bruto inkomste tussen Julie 2020 en Junie 2021 getoon. ’n Allemintige styging van 68,5% in die bruto inkomste van veldgewasse is vir die genoemde tydperk teenoor die voorafgaande 12 maande behaal. Die totale inkomste uit veldgewasse het altesame R109,78 miljard bedra, terwyl die inkomste uit tabak, mielies en koring met onderskeidelik 168,8%, 103,2% en 61,5% gestyg het. Die pluimveebedryf se beskeie groei van 1,1% was die kleinste van alle landboubedrywe s’n. Die Pluimveemeesterplan sit egter stappe uiteen om dié bedryf se mededingendheid te bevorder en onetiese invoerpraktyke te bekamp, maar ‘n meer doeltreffende dieregesondheidstelsel sal nodig wees om beter uitvoergeleenthede te ontsluit. Na verwagting sal hoendervleisuitvoere in 2022 herstel namate markte heropen. Suid-Afrika se groot handelsvennote het ná ’n uitbreking van die hoogs patogene voëlgriep ’n invoerverbod op plaaslik geproduseerde pluimveevleis ingestel. “Die keersy van die munt is die afgelope jaar se aanhoudende stygende insetkostes wat die landbousektor baie duur te staan kom. Ondanks die goeie weervooruitsigte is elektrisiteit, diesel, arbeid en kunsmis se pryse tans op rekordvlakke wat landbou se netto inkomste laat krimp en dit moeilik vir nuwe boere maak om die mark te betree asook vir bestaande boere om volhoubaar te produseer,” aldus Van der Rheede. Hy sê die landbousektor se suksesse op langer termyn berus op die Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan (AAMP) en die Nasionale Infrastruktuurplan 2050. “Die inwerkingstelling en koördinering van dié planne moet met valkoë dopgehou word om die landboubedryf te transformeer en sy potensiaal te ontsluit.” Volgens Van der Rheede is beskikbare goedkoop, geduldige en gemengde finansiering van kritieke belang om suksesvol uitvoering aan die AAMP te gee. “Sonder dít sal die (landbou)plan net ’n hersenskim bly. ■ terugvoer@finweek.co.za www.netwerk24.com/finweek
kortliks in die nuus Deur David McKay
MYNBOU
Hoe nou vir SA se goudmaatskappye? Is die skrif aan die muur vir die plaaslike goudmynboubedryf en wat is die groot spelers se planne?
Foto: Shutterstock
g
oud word al sowat 140 jaar lank in Suid-Afrika ontgin. Die volwasse aard van die hulpbronne begin nou duidelik word. Toegang tot die dieper ekonomiese hulpbronne is duur en riskant en vereis arbeidsintensiewe mynboupraktyke. Loonen elektrisiteitsinflasie plaas ook druk op die bedryf. Dié wat nog by SA betrokke is, soos Harmony Gold en Gold Fields, asook ’n paar kleiner deelnemers, soos Pan African Resources, wend hul al hoe meer tot die herontginning van oppervlakuitskot of belê in nuwe tegnologie met die hoop dat daar eendag toegang sal wees tot miljoene onse goudhulpbronne wat dieper in die aarde verborge is. Dit lei tot die vraag wat vir SA se goudmynmaatskappye voorlê. Party het besluit om verder te internasionaliseer, maar ’n vanselfsprekende skuif sal verder in Afrika wees. Tog is daar terughoudendheid ondanks SA se historiese verbondenheid met Wes- en Oos-Afrika. Omtrent ’n derde van Gold Fields se goudproduksie is in Ghana. AngloGold Ashanti myn ook in Ghana, asook Tanzanië en Guinee. Maar soos die onlangse staatsgreep in Guinee toon, is die politiek in Wes-Afrika – wat in die verlede beleggings gelok het (dit kry ná Noord-Amerika en Australië die derde meeste eksplorasiedollars) – moeilik om te voorspel. “Afrika toon van die grootste hulpbronrisiko’s en politieke onstabiliteit hou aan toeneem,” het Chris Griffith, uitvoerende hoof van Gold Fields, in Oktober op die Joburg Indaba-konferensie gesê. “Daar is baie potensiaal, maar daar word na minder riskante gebiede gevlug.” Griffith het nog ’n probleem genoem. Goudmynmaatskappye se aanslag is laer as hulle in Afrika is, ondanks produksiemaatstawwe wat op wêreldstandaard is. “Dit is iets waaroor ek en Peter (Steenkamp, uitvoerende hoof van Harmony Gold) as uitvoerende hoofde besorg is.” Steenkamp het gesê Harmony stel daarin belang om sy hulpbronbasis in Afrika deur samesmeltings en verkrygings te vergroot. Dit was
@finweek
finweek
finweekmagazine
in 2016. Hy het onlangs erken dat dit te duur geblyk te wees en is pleks daarvan met ’n bod vir Australiese myne verbind. Neal Froneman, uitvoerende hoof van die transaksiehonger Sibanye-Stillwater sal tans nie aan Afrika raak nie en noem die risiko wat dit vir die maatskappy se beleggingsargument inhou. Hy hou vol dat daar ruimte is om nuwe goudhulpbronne in SA te ontgin op grond van sommige van die tegnologiese vernuwings wat Harmony gebruik. Steenkamp van Harmony het gesê: “Een van die grootste verbeteringe in skofstelsels is om mense na te spoor en te soek sodat ons weet waar hulle is.” Dit beteken opeenhopings kan geïdentifiseer word, wat mynbou produktiewer en potensieel veiliger maak. Dit kan die weg baan om Harmony se bestaande hulpbronne, soos sy Moab Khotsong-myn aan die WesRand, uit te brei. Hy het onlangs R7,8 miljard se nuwe projekte aangekondig wat daarop gemik is om goudproduksie vol te hou. Selfs ’n optimis soos Steenkamp moet egter aanvaar dat SA goud afwaarts neig. “Ons hoop om aan te hou om 1,4 miljoen onse per jaar te produseer, maar teen 2030 sal ons by 1 miljoen wees,” het hy gesê. Gold Fields het in sy South Deep-myn ’n hulpbron van tussen 30 en 40 jaar. Terwyl South Deep se prestasiegeskiedenis ongelykmatig is – hy het jare lank geld vir Gold Fields verloor – dink Griffith die maatskappy is buite gevaar, deels omdat daar ’n toenemende begrip is van wat nodig is om gemeganiseerde mynboutegnologie vir diep grootmaatontginning te bedryf. Sulke praktyke sal nie met die tradisioneel “nourif-hulpbronne” van SA se ouer myne help nie, volgens Griffith, maar daar is ten minste ’n bietjie hoop dat South Deep – moontlik die laaste skat wat die Witwarersrand-kom opgelewer het – nog ’n paar dekades lank die vaandel vir SA goud hoog sal hou. ■ terugvoer@finweek.co.za finweek 26 November 2021
11
Woekerwys: Netcare bl.13 Eie mening: Raubex, Mediclinic International bl.14 Selfdoen: Hou dit eenvoudig bl.15 Belegging: Is ekonomiese herstel in 2022 moontlik? bl.16 Markte: Groottegnologie is nie vir die Fed bang nie bl.17 Handelaarshoekie: finweek was ’n put van kennis bl.18 Simon sê: Amerikaanse inflasie, Dis-Chem, kleinhandelaars, MTN, Purple Group, RBPlats en Northam, Renergen, Sirius, Vodacom bl.20 >> Belegging: Die A tot Z van 2021 bl.36
>> >> >> >> >> >> >>
markplek
FONDS IN FOKUS: PSG EQUITY FUND
Deur Timothy Rangongo
Gee voorkeur aan plaaslike beleggings Die fonds belê in die aandele van JSE genoteerde maatskappye om aan beleggers langtermynkapitaalgroei te bied. FONDSINLIGTING
Wat sê die fondsbestuurders?:
Maatstaf: Fondsbestuurders:
FTSE/JSE se totale-opbrengsindeks vir alle aandele Shaun le Roux en Gustav Schulenburg
Fondsklassifikasie:
Suid-Afrika – Aandele – Algemeen
Totale beleggingskoste:
2,06%
Fondsgrootte:
R5,5 miljard
Aangesien plaaslike beleggers al etlike jare lank plaaslike aandelefondse verkoop ten gunste van buitelandse en inkomstefondse, is dit belangrik om plaaslike aandele te oorweeg, veral onlangs. “Die afgelope jaar was baie lonend vir gedifferensieerde aandelekiesers soos ons,” sê Shaun le Roux, een van die fondsbestuurders. “Die markineenstorting verlede jaar het gevolg op ’n paar moeilike jare vir die meeste aandele en het aanleiding gegee tot ’n uitsonderlike beginpunt vir verbeterde langtermynopbrengste.” Die beleggingspan is van mening dat baie aandele in die vroeë stadiums van ’n herstel na meer realistiese waardasie- en winsvlakke is, en daarom is “ons optimisties dat hierdie neigings vir ’n ruk kan voortduur,” sê Le Roux. Met die jaareinde wat vinnig nader kom, was een van die fonds se grootste lesse om bewus te wees van die verskillende gedragstrikke wat toekomstige kliënte-uitkomste negatief kan beïnvloed. Le Roux sê een van die gevaarlikste strikke is die neiging om onlangse ervaring te ekstrapoleer (resentheidsvooroordeel). Gevolglik is die huidige versoeking om troos te soek by die beste presteerders van die afgelope jare (soos in die buiteland, groei, tegnologie en waargenome gehalte) en die swak presteerders (waarde, siklies, ontluikende markte en Suid-Afrika) te vermy, sê hy. Die beleggingspan oorkom hierdie vooroordele deur onemosioneel te wees, ’n langtermynsiening in te neem en te hou by hul proses, wat, volgens Le Roux, tesame met geduld, hul kliënte oor die afgelope twee dekades goed gedien het. Die fonds se negende-grootste belang, die JSE, weerspieël die werking van PSG se 3M-proses in huidige marktoestande. Dit wil sê, die beoordeling van die sterkte van “bestuur” en bewyse van ’n mededingende voordeel wat dien as ’n grag, wat die maatskappy van sy eweknieë onderskei. Laastens, die “veiligheidsmarge”, wat weerspieël in hoe ver ’n sekuriteit van sy billike waarde af verhandel. “Die pessimisme rondom plaaslike aandele en die onlangse bekendstelling van mededingende beurse het geweeg op die waardasie van dié gehalte-onderneming. Wat misgekyk word, is sy volhoubare pryskrag, puik kontantomskakeling, hoë dividendopbrengs en sterk balansstaat,” sê Le Roux met verwysing na die JSE. Daarbenewens genereer die JSE hoë winste in ’n tydperk van wisselvalligheid, soos die eerste helfte van verlede jaar. Dit, sê hy, is ’n gunstige portefeulje-eienskap. “Die huidige omgewing is uitstekend vir aandelekiesers. Ons het die krisis gebruik as ’n geleentheid om posisies in ongunstige aandele te bou en dit verhandel steeds teen baie lae waardasies.”
Minimum enkele bedrag / Bedrag is afhanklik van platform daaropvolgende belegging: Kontakbesonderhede: 0800 600 168/assetmanagement@psg.co.za TIEN GROOTSTE BELEGGINGS SOOS OP 30-09-2021
1
Discovery
7,9%
2
Remgro
7%
3
Glencore
6,3%
4
AB InBev
5,2%
5
AECI
5,2%
6
Royal Dutch Shell
4%
7
Old Mutual
3,9%
8
Northam Platinum
3,2%
9
JSE
3%
10
Super Group
2,8%
TOTAAL
48,5%
PRESTASIE (GEANNUALISEERD NÁ KOSTE)
soos op 30 September 2021: ■ PSG Equity Fund
■ Maatstaf
50 49,42%
40 30 20
Waarom finweek dit sou oorweeg om hom by te voeg:
23,19% 15,09%
10
12,94%
0 1 jaar
12
finweek 26 November 2021
Sedert aanvang in Desember 1997
Die fonds het konsekwentheid en die vermoë getoon om opbrengste bo dié van sy eweknieë en die mark te lewer. Die plaaslike mark beloof ook langtermynopbrengste vir geduldige beleggers (byvoorbeeld sterk winsgroei van baie plaaslike aandele namate die ekonomie van Covid-inperkings herstel). ■ terugvoer@finweek.co.za www.netwerk24.com/finweek
markplek woekerwys Deur Moxima Gama
NETCARE
Groter belangstelling om te koop
n
etcare, wat in 1996 gevestig en op die JSE genoteer is, is op twee ná Suid-Afrika se grootste privatehospitaalbestuurder volgens markwaarde. Hy het net meer as 21 000 mense in diens met 51 hospitale, 10 605 geregistreerde beddens en 422 operasiesale.
NETCARE (MAANDELIKSE GRAFIEK)
Op die grafieke Netcare het stewige steun op 1 130c per aandeel behou en het sedert Desember 2020 stygende onderpunte gevorm – ’n teken van toenemende beleggersbelangstelling. Kernwins vir die eerste halfjaar van 2021 het gekrimp, maar Netcare het verbeterde wesenswinsmarges as in die tweede helfte van die 2020-boekjaar aangeteken. Weens die tweede vlaag van Covid-19, was hulle verplig om elektiewe operasies op te skort – wat daartoe gelei het dat totale pasiëntdae tot 13,6% gedaal het van die vorige tydperk met ’n afname van 13,7% in akute hospitale en 12,6% vir hospitale vir geestesversteurdes. Teaterminute het met 20,9% gedaal. In sy onlangse finansiële verslag, het Netcare aangekondig dat wins geleidelik verbeter het, ondanks ’n ernstiger derde vlaag. Danksy sy aanpassing by Covid19-toestande, het wins met soveel as 26% gestyg, ongeveer R665 miljoen in sy jaar tot einde September. Netcare het ook sy hospitaalbedvermoë en suurstofvoorraad hoofsaaklik in Gauteng verhoog, wat die meeste Covid-19gevalle gehad het. In ’n vennootskap met die Verenigde Nasies, beoog Netcare om teen 2050 nul-vrystellings in sy werksaamhede te behaal. Saam met Standard Bank, het hy Afrika se eerste volhoubaarheidsgekoppelde effek in Maart vanjaar bekend gestel. Sy volhoubaarheidstrategie vir die omgewing is in 2013 ontwikkel en het reeds ver gevorder.
BRON: Metastock Pro (Reuters)
Bestek oor 52 weke: R11,30 - R17,38 Prys-verdienste-verhouding: 103 Totale opbrengs oor ’n jaar: 20,8% Markkapitalisasie: R23,4 miljard Verdienste per aandeel: R0,16 Dividendopbrengs: 0 Gemiddelde daaglikse volume oor 30 dae: 3 283 501 BRON: BLOOMBERG
Hoe om dit te verhandel
Foto: Argief
Wat om te verwag Netcare se aandeelprys, wat al sedert 2015 afneem, is tans ’n paar persentasiepunte weg van die weerstandstendenslyn van sy beertendens. As hy deur dié tendenslyn breek, sal dit ’n groot verandering in beleggersentiment beteken – wat aangedui word deur beweging deur 1 740c. Verwag daarna ’n geleidelike herstel in die aandeelprys – onderweg na vorige weerstandsvlakke – wat hierdie aandeel ’n goeie koop-en-hou-opsie vir die lang termyn maak.
@finweek
finweek
finweekmagazine
Gaan lank: Beleggers kan ’n paar aandele koop wanneer Netcare deur weerstand op 1 740c breek. ’n Positiewe uitbreking deur die langtermynbeertendens sal egter eers bokant 2 135c bevestig word – lang posisies kan aggressief deur hierdie vlak verhoog word. Opwaartse potensiaal tot 3 160c kan volg, en verhandeling deur dié vlak kan wins op lang termyn wel geleidelik tot die absolute hoogtepunt van 4 440c verleng. Bly lank vir solank die opwaartse tendens van ’n deurbraak deur 2 135c voortduur.
Gaan kort: As Netcare stewige weerstand op 1 740c per aandeel teëkom, sal die beertendens voortduur. Afwaartse potensiaal deur 1 545c kan verdere verkope ontketen tot 1 355c, en voortgesette afwaartse potensiaal deur dié vlak kan daartoe lei dat Netcare se aandeelprys verder skerp daal tot 1 130c. In hierdie geval moet jy nie lank gaan nie. ■ terugvoer@finweek.co.za Moxima Gama is ’n onafhanklike aandelemarkontleder by The Money Hub.
finweek 26 November 2021
13
markplek
house eie mening view
RAUBEX
KOOP
VERKOOP
HOU
Deur Simon Brown
Konstruksieaandele hoër
Vorige aanbevelings
In Mei het ek die konstruksiefirma Raubex as ’n koop aanbeveel – hy het sedertdien met 20% gestyg. Hy het op 8 November stewige resultate vir die ses maande tot 31 Augustus uitgereik. Inkomste het met 52% gestyg vergeleke met dieselfde tydperk ’n jaar tevore en wesensverdienste per aandeel (WVPA) het op 137c geëindig ná ’n verlies van 26,6c in die ooreenstemmende tydperk. Raubex het ’n dividend van 47c per aandeel verklaar. Raubex se bestelboek is byna R5 miljard groter op R16,5 miljard en die maatskappy behoort dit verder te kan vergroot. Die onlangse Afrimat-konstruksie-indeks het ’n beskeie styging vir die tweede kwartaal van vanjaar getoon en die vierkwartaal-gemiddelde het ook gestyg. Konstruksie is baie siklies en tans is die siklus opwaarts al is dit stadig. Raubex sê hy sien “hoë vlakke van tenderaktiwiteit”. Algemene aktiwiteit sal sy materiaalafdeling baat, terwyl die infrastruktuurafdeling groter aktiwiteit verwag uit die jongste bodrondte vir hernubare-energie-projekte. Met ’n verwagte prys-tot-verdienste-verhouding van sowat 10 maal is daar meer opwaartse potensiaal namate die konstruksiesiklus versnel. ■
MEDICLINIC INTERNATIONAL
KOOP
VERKOOP
KOOP
Grindrod Uitgawe van 5 November
KOOP
Tsogo Sun Hotels Uitgawe van 22 Oktober
KOOP
Caxton Uitgawe van 8 Oktober
KOOP
Bidvest Uitgawe van 24 September
HOU
Deur Moxima Gama
Vorige aanbevelings
Gesonde resultate
Foto’s: Shutterstock
Die private gesondheidsorggroep Mediclinic International se wins het vir die ses maande tot 30 September meer as verdriedubbel en amper pre-pandemievlakke bereik. Mediclinic, wat in Londen gesetel is en hospitale in Suider-Afrika, Europa en die Midde-Ooste het, het WVPA van 8,8 pennies gerapporteer teenoor 6 pennies in die vroeëre ooreenstemmende tydperk. Danksy die verhoogde tempo van inentings in Europa en die Midde-Ooste het die vraag na hospitaalprosedures na normaal teruggekeer. Dié streke is verantwoordelik vir meer as 75% van Mediclinic se inkomste. Hoe om dit te verhandel: Mediclinic het in Augustus 2019 deur die weerstandstendenslyn van sy driejaar-beertendens verhandel. Weerstand teen 8 045c per aandeel het egter in Maart verlede jaar tot sleutelsteun op 5 155c teruggetrek. Die aandeelprys verhandel sedertdien sywaarts tussen 7 020c en 5 155c. Onlangse uitstekende resultate het daartoe gelei dat die aandeelprys deur die weerstandsvlak van 7 020c breek, maar weens sy oorgekoopte posisie het hy marginaal teruggesak. Steun bo 6 610c per aandeel – dus nog ’n stygende bodem – kan weer ’n beweging deur 7 020c veroorsaak. Gaan dus lank. Verhoog lang posisies tot bo 8 045c aangesien opwaartse potensiaal kan voortduur tot die volgende weerstand teen 10 025c. As dié opwaartse neiging voortduur, kan die prys op medium- tot langtermyn tot vorige hoogtepunte op 15 265c en 17 000c styg. Anders kan ’n ommekeer onder 6 610c meebring dat die aandeelprys daal tot steun teen 6 030c. Met voortgesette daalpotensiaal deur 6 030c kan die sleutelsteunvlak van 5 155c per aandeel weer besoek word. ■ terugvoer@finweek.co.za
14
finweek 26 November 2021
KOOP
Netcare Uitgawe van 5 November
VERKOOP
Kumba Iron Ore Uitgawe van 22 Oktober
KOOP
Rand Merchant Investments Uitgawe van 8 Oktober
BLY KORT
Naspers Uitgawe van 24 September
Die private gesondheidsorggroep Mediclinic International se wins het vir die ses maande tot 30 September meer as verdriedubbel.
www.netwerk24.com/finweek
markplek selfdoen Deur Simon Brown
BELEGGING
Hou dit eenvoudig Simon Brown bespreek die lesse wat uit belegging (en skryf) geleer is.
Foto: Shutterstock
e
k het onlangs saam met ’n paar beleggers koffie gedrink wat ongeveer tien jaar gelede begin belê het (o ja, alles ooreenkomstig die Covid19-reëls). Ons het oor ditjies en datjies in die beleggingswêreld gesels, maar toe neem die gesprek ’n interessante wending. Ek het gevra wat hulle oorspronklik oor beleggings geglo het, maar nou nie meer glo nie. Almal van hulle het dieselfde antwoord gegee; almal het gedink dit sou ongelooflik moeilik wees en dat dit eintlik net vir kundiges was. Maar nou ’n dekade later besef hulle dis eintlik eenvoudig. Dis regtig nie net vir foendi’s nie. Enigiemand kan dit doen. Die kernpunt was dat hulle gedink het hulle moet rekeningkundiges wees wat allerhande waardasietegnieke kan doen, soos verdiskonteerde kontantvloei, maar nou koop hulle maatskappye wat hulle verstaan en wat positiewe verdienstepotensiaal het. Nog ’n les vir die groep, waarvan sommiges Steinhoff besit het toe dit ineengestort het, is dat ’n aandeel soms soos ’n klip val. Maar soos ek al voorheen gesê het, jou verlies is op die ergste beperk tot 100%, terwyl jou wins onbeperk is. Dít, tesame met ’n gediversifiseerde portefeulje, beteken dat ’n verlies nou en dan nie lekker sal wees nie, maar die ergste is ’n slag vir jou aansien, nie jou beursie nie. Ons het ook gesels oor beursverhandelde fondse (ETF’s) en hoe dié sektor die afgelope dekade gegroei het. Destyds het ons miskien ’n dosyn plaaslik genoteerde ETF’s gehad, vyf in die buiteland via wat DB X-Trackers was (nou Itrix, wat aan Sygnia behoort) en ’n handjie vol plaaslike indekse. Nou sit ons met byna ’n honderd ETF’s en ewe veel beursverhandelde note (ETN’e). Dit gee die belegger ’n groot keuse. Ons kan vanuit die gemak van ons JSE-rekening oorsee belê, en ons kan ook
@finweek
finweek
finweekmagazine
verskeie multibate-portefeuljes skep deur ’n paar ETF’s te gebruik. Ek het ook onthou dat dit tien jaar gelede was, in September 2011, wat ek vir finweek begin skryf het. Die destydse redakteur, Marc Ashton, het my gebel en gevra of ek ’n gereelde rubriek vir die tydskrif wil skryf. Wat hy nie geweet het nie, was dat die skryf van ’n finansiële rubriek nog altyd my droom was. Ek het in 1987 matriek geskryf en by Rhodes en die Natalse Technikon aansoek gedoen om joernalistiek te studeer. In albei aansoeke het ek gesê dat ek ’n finansiële joernalis wil wees en, nog belangriker, dat ek finansies pret wou maak en wys hoe maklik dit eintlik is. Albei is afgekeur: Hulle het gedink ek is gek. Finansies en beleggings is ingewikkeld, het hulle gesê, en dis hoe dit moet wees. Maar my oupa het my al van kleins af oor aandelemarkte geleer. Hy is vroeg in die vorige eeu gebore en was sy hele lewe lank ’n afdelingswinkeluitruster. Hy het van die 1920’s af in markte belê en dit altyd eenvoudig gehou. Baie van sy gesegdes bly my nog by. “Jy moet dinge besit wat opgaan, en hulle dan hou” en “as dit tyd word om paniekerig te raak, doen dit en kry klaar” is twee wat ek die meeste gebruik. Nou skryf ek my laaste finweek-rubriek, ná meer as ’n halfmiljoen woorde geskryf (en kundig geredigeer). Ek vertrou ek het by my jong tiener-ideaal gebly om dit eenvoudig te hou. Dit was beslis vir my groot pret, en ek wil my redakteurs oor die jare bedank. Hulle was almal die beste deurdat hulle my laat skryf het wat ek wou. Laastens, dankie aan julle almal, die lesers. Julle het my eerlik gehou en my gepeper met vrae wat my slimmer gemaak het. Onthou, hou aan om dit eenvoudig te hou. ■ terugvoer@finweek.co.za finweek 26 November 2021
15
markplek belegging Deur Andrew Duvenage
EKONOMIE
Die vooruitsigte vir 2022 Die volhoubaarheid van ekonomiese herstel bly bedenklik, maar nie onmoontlik nie, skryf Andrew Duvenage.
Foto: Shutterstock
v
anjaar het verskeie gelukkige en broodnodige hupstote aan die plaaslike ekonomie gebied, waaronder ’n oplewing in internasionale sowel as plaaslike groei, namate ekonomieë wêreldwyd oopgestel en opgehoopte vraag vrygestel is ná die verlangsamings wat deur Covid-19 veroorsaak is. Beduidende aansporingspakkette en infrastruktuurprogramme wêreldwyd het hulpbronpryse laat styg, wat vir plaaslike kommoditeitsprodusente goeie nuus was. Suid-Afrika het danksy hoër kommoditeitspryse rekordhandelsoorskotte behaal en onverwagte belastinginkomste gegenereer. Saam met uiters toegeeflike monetêre beleid, veral in Amerika, wat deur die ontwikkelde wêreld gevolg word, is die rand ook deur dié hupstote bevoordeel en het dit van verlede jaar se Covid-19-laagtepunt herstel. Beter as verwagte belastinginvordering – al is dit nog minder as voor die pandemie – het ’n positiewer sentiment verder aangevuur, al is die plaaslike ekonomie nou kleiner as wat dit voor die pandemie was. Beduidende uitdagings duur ondanks die wêreldekonomie se ietwat euforiese ontluiking uit die pandemiewolke voort. Wêreldwyd plaas aanvoerkettingbeperkings druk op die beskikbaarheid van markklaar artikels en komponente. ’n Tekort aan items soos halfgeleierskyfies het ’n uitwerking op vervaardigingproduksie en vertraag die pas van ekonomiese herstel. Verskepingopeenhopings, waaronder ’n tekort aan houervaartuie en oorlaaide hawens, het veroorsaak dat die prys van vragvervoer saam met die prys van goedere aansienlik gestyg het. Arbeidaanbodkwessies, wat in Amerika deur inentingweifeling gekenmerk word waar mense werkgewers eerder verlaat as om verpligte inentings te kry, en in Brittanje deur ’n tekort aan vragmotorbestuurders weens Brexit, knel ook ekonomiese groei. Saam sal dié kwessies uiteindelik tot inflasiestygings lei. In Amerika was vrygewige aansporingbetalings wat gebied word om die negatiewe uitwerking van die pandemie teë te werk,
16
finweek 26 November 2021
agterna beskou dalk te aggressief en het dit hoër lone en inflasie tot gevolg gehad. Daarby hou die vooruitsig van groot begrotingvoorstelle die moontlikheid in om inflasie voortaan beduidend te beïnvloed. Die groot debat is nou of dié inflasie struktureel of kortstondig is. Dit sal interessant wees om te sien of sentrale banke wêreldwyd kalm bly en rentekoerse laag hou of senuagtig raak en erken dat inflasie werklik en blywend is, in welke geval hulle waarskynlik vinniger as verwag met rentekoersverhogings sal begin reageer. ’n Vroeë waarskuwingsteken sal die onttrekking van nierentekoersondersteuning wees. Dit gebeur reeds in sommige lande. Kanada het byvoorbeeld sy effekteaankope vroeër as verwag beëindig; Australië het reeds sy effektekoerskontrole onttrek; terwyl die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) aangekondig het dat hy effekteaankope van vandeesmaand af met $15 miljard per maand sal verminder. Die Europese sentrale bank sinspeel reeds op iets soortgelyks. Uit ’n SA oogpunt is stagflasie – ’n situasie waar inflasie teenwoordig, maar ekonomiese groei beperk is – ’n wesenlike risiko. Terwyl SA ’n gesonde oplewing ná die inperkings ondervind het, is die volhoubaarheid van die oplewing bedenklik, veral namate kommoditeitspryse afkoel en internasionale ekonomiese groei verlangsaam. SA se mees onlangse handelsoorskot was omtrent die helfte van wat vroeër vanjaar aangeteken is, wat daarop dui dat die oplewing dalk reeds bedaar. Daar word tans voorspel dat SA terug na minderwaardige groeikoerse sal neig, tensy beduidende en dapper ingrypings ingestel word. Die tendens van ’n lae groeikoers is die land se grootste bedreiging. Die SA Reserwebank (SARB) skat dat die groei in die bruto binnelandse produk aanstaande jaar tot 1,8% sal verlangsaam en dan in 2023 tot ’n skamele 1,7% (die Internasionale Monetêre Fonds verwag slegs 1,3% in 2023). Die land se skuldverhoudings is nie volhoubaar nie en ons leningsvlak is te hoog. Die rente op die lenings verteenwoordig ’n beduidende gedeelte van die begroting en laat min oor vir inisiatiewe wat groei genereer.
Daar word tans voorspel dat SA terug na minderwaardige groeikoerse sal neig, tensy beduidende en dapper ingrypings ingestel word. Die tendens van ’n lae groeikoers is die land se grootste bedreiging. Al duur bespiegeling voort oor strukturele hervormings en ingrypings wat groei genereer, moet dit nog na betekenisvolle uitkomste omskakel wat ’n uitwerking op die land se ekonomiese groeikoers sal hê. Die dubbele probleem van ’n beperkte staatskas en hoë werkloosheidsvlak kan nie sonder ’n drastiese verandering in die groeikoers aandag kry nie. As inflasie nie afneem nie, sal die SARB geen ander opsie hê as om rentekoerse te verhoog nie. As ekonomiese groei verlangsaam, dreig ’n ander probleem egter. Inflasionêre druk sal vererger word as die rand verder verswak. Terwyl rekordhandelsoorskotte die rand bevoordeel het, is die vraag of die oorskot sal krimp as kommoditeitspryse weens verlangsamende internasionale groei afkoel of as invoer toeneem om vooraad aan te vul wat die laaste jare uitgeput is. Plaaslike rentekoerse sal druk ondervind as Amerikaanse rentekoerse vinniger of met meer as verwag styg. SA beleef steeds beduidende fiskale probleme. Terwyl die belastinginvordering beter as verwag was – sowat R60 miljard tot R80 miljard meer as verwag – en ’n blaaskans gebied het, is baie van dié meevaller aan herhalende uitgawe-items toegewys, soos die openbare sektor se loonrekening en maatskaplike toelaes, eerder as aan inisiatiewe wat groei aanspoor en ’n vermenigvuldigereffek het. As die belastingmeevaller afneem, sal die fokus weer sterk op die begroting wees en of die regering onder leiding van ’n nuwe minister van finansies die linie sal kan handhaaf. ■ terugvoer@finweek.co.za Andrew Duvenage is die besturende direkteur van NFB Private Wealth Management.
www.netwerk24.com/finweek
markplek markte Deur Maarten Mittner
MARKTE
Tegno-oplewing oorweldig Fed-bateplanne Die tegnologiereuse lyk nie bang vir die Fed nie en die res van die mark volg hul voorbeeld.
i
nternasionale markte is blykbaar nie gepla oor die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) se besluit om te begin met die vermindering van sy bateaankope in November nie, in skerp teenstelling met die styging in effekteopbrengs in 2013 ná die Fed die geleidelike vermindering van kwantitiewe verligting aangekondig het. Groot tegnologiemaatskappye het in Oktober miljarde dollars se markwaarde bygevoeg, terwyl die opbrengs op die Amerikaanse 10-jaar-effekte stabiel gebly het op sowat 1,55%. Die maatskappye toon min vrees vir enige inperking van effekte-aankope deur die Fed. Die res van die mark het hul voorbeeld gevolg. Die Dow Jones- en S&P500-indeks is albei op rekordhoogtepunte, met 20%-groei tot dusver vanjaar, net soos die tegnologiebelaaide Nasdaq. Tesla was $500 miljard hoër en het vir die eerste keer $1 000 per aandeel oorskry – ’n verdere knou vir kortverkopers. Betroubare ontleders voorspel nou dat Tesla uiteindelik $3 000 per aandeel sal bereik, nadat hy die unieke vlak van $1 000 miljard in markwaarde oorskry het. Microsoft het by Apple aangesluit op die markkapitalisasievlak van $2 500 miljard. Dis merkwaardig, synde dat Apple slegs verlede Augustus $2 000 miljard behaal het, die eerste maatskappy ooit. Facebook gaan weer $1 000 miljard bereik nadat hy teruggesak het ná negatiewe publisiteit. Sy nuwe handelsmerknaam, Meta Platforms, is ’n aanduiding van ’n nuwe fase van beleggingsbesteding op sy “metawêreld” van virtuele realiteitstrategie. As ’n begin bestee hy $10 miljard hieraan. Die Fed beoog om sy maandelikse effekte-aankope van $120 miljard teen einde November met sowat $15 miljard te verminder, as ’n moontlike voorloper van rentekoersverhogings in die middel van volgende jaar. Maar dit sal van die ekonomie afhang. Dit is waarskynlik gepas dat die Fed probeer om kwantitatiewe verruiming te beëindig op ’n tydstip waar groot tegnologiemaatskappye geen afname in groei toon nie. Dit was die Fed se eie maatreëls wat dié monsters geskep het. Hulle het min agting getoon vir die betaling van belasting of verhoging van lone nie. Aandeleterugkope was die voorkeurmetode om rykdom te herverdeel. In reaksie op die subprima-krisis van 2008 het sentrale banke wêreldwyd rentekoerse tot nul of byna nul verlaag en ongekende monetêre stimulusprogramme begin om die wêreld se finansiële stelsel aan die gang te hou. Dit het tot vandag toe gewerk. Kommer oor hoër inflasie het verdwyn. Die huidige styging word as verbygaande beskou. Nou hou die vrees meer verband met die wêreldwye ongelykheid wat maklike geld
@finweek
finweek
finweekmagazine
veroorsaak het, en wat tot die opkoms van populistiese politici in baie lande gelei het. Op ’n manier gaan die huidige werklikheid van maklike geld selfs verder terug, na die internetborrel-ineenstorting in 2000, en die beëindiging van die Bretton Woods-stelsel in die 1970’s, toe fiat-geld geskep is en die verbintenis met goud afgeskaf is. Lae rentekoerse en ’n stimulerende omgewing het ’n tendens wat reeds bestaan het, versterk. Terwyl talle groot tegnomaatskappye ná 2000 se internetborrel-ineenstorting byna bankrot gespeel het, en ten spyte van koerse wat daarna verhoog is, het ’n persepsie van onbeheersde groei posgevat, tesame met ’n gevoel dat owerhede ondoeltreffend geword het. Baie van die gevolge van maklike geld was onverwags. Die doel was om die breër bevolking te bevoordeel, en daarom was politici aanvanklik entoesiasties oor die sentralebankstrategie. Dit het gelei tot die opkoms van Obama, met die “Ja, ons kan”-mantra. Groter konsentrasie van markmag deur ’n paar spelers, stygende skuld, groter ongelyk- heid en ’n ongelooflike styging in die opbou van rykdom deur ’n paar individue, was alles onvoorsiene gevolge. Nou lyk dit nie of enige sentrale bank of regering die gety sal kan stuit nie. Die maklike vloei van geld het so oorheersend geword dat die internasionale vloei van geld en kapitaal enige beleggingsvloei na individuele lande verdwerg. Regerings sukkel om van die vloei na belastinginkomste te herlei. Oordragprysreëlings is opgeskerp. En die internasionale minimum belasting van 15% het ’n werklikheid geword. Tog bly die persepsie dat hierdie optrede op die ou end nutteloos sal wees. Bitcoin simboliseer die nuwe era. Baie sentralebankhoofde en geldghoeroes het gewaarsku teen die kripto-geldeenheid of -bate omdat dit geen intrinsieke waarde het nie. Intussen, het bitcoin, ná ’n daling tot $30 000 in slegs ’n maand verdubbel in waarde nadat ’n eerste beursverhandelde fonds (ETF) in Amerika geopen is. Beleggers kan nou ook deel in die bitcoin-groeiverhaal. Dis belangrik omdat dit die groot groei van indeksfondse wat met aandelemarkte verband hou, kan herhaal. Die SA Inkomstediens het maatreëls om plaaslike bitcoin-beleggers te belas, meestal op ’n inkomstegrondslag, waar die belasting wat gehef word hoër is as op kapitaal. Maar daar is nog nie ’n oorkoepelende benadering nie. Die stelsel maak nie daarvoor voorsiening nie. Dis ’n teken van owerhede wat sukkel om aan te pas by die realiteite van onbeheersde en byna ongekontroleerde maklike geldvloei. ■ terugvoer@finweek.co.za Maarten Mittner is ’n geregistreerde belastingpraktisyn, vryskut- finansiële joernalis en markkenner.
finweek 26 November 2021
17
markplek handelaarshoekie Deur Petri Redelinghuys
BELEGGING
Lees meer, leer meer
Die handelaar, Petri Redelinghuys, dink oor sy reis saam met finweek en deel advies met beginnerbeleggers.
d
it het my lank gevat om te besluit hoe om hierdie artikel te begin. Ek moet erken dat dit nie maklik was om dit te skryf nie. Ek onthou toe ek nog maar net ’n klein tjokker was met drome in my kop en passie in my hart. Ek onthou hoe ek finweek gekoop het en dit van voor tot agter gelees het om soveel moontlik uit die artikels te leer. Artikels wat deur wyse en ervare medewerkers geskryf is wat perspektiewe en insigte gegee het, wat ek aanvanklik nie eens verstaan het nie. Met die verloop van tyd, het ek aanhou lees, en ek het baie daaruit geleer. finweek was meer as ’n dekade lank ’n groot bron van kennis en inspirasie vir my gewees. In der waarheid, toe ek my eerste geleentheid kry om ’n artikel vir finweek te skryf, kon ek dit beswaarlik glo. Ek was geskok, verootmoedig, bang en vreeslik opgewonde. Jare lank het ek die medewerkers bewonder, en ek het so baie van hulle geleer, en nou het ek die kans gekry om een van hulle te word. Toe ek die eerste keer ’n artikel wat ek geskryf het op die voorblad sien, was dit werklik ’n droom wat bewaarheid is. Ek is nie seker nie, maar sedertdien het ongeveer ses jaar of so verby gegaan, en ek was gelukkig om gedurende dié tyd ’n gereelde medewerker van hierdie tydskrif te word. Ek is diep bedroef dat die tydskrif nou sy einde bereik het. finweek is ’n instelling; een wat nie meer gaan bestaan nie. Dus, in plaas van om met ’n slim handelsidee of die een of ander toekomsgerigte lantermynbeleggingsidee vorendag te kom, wil ek aan finweek dankie sê. Dankie aan
die wonderlike span wat hierdie tydskrif met die verloop van jare bestuur het. Ja, mense het gekom en gegaan, maar elke persoon met wie ek die genoeë gehad het om by finweek mee saam te werk, was altyd uitstaande. Jul harde werk en passie (en dikwels geduld met my as ek nie my spertyd haal nie – soos in die geval van hierdie artikel) blyk uit die gehalte van die inhoud, uitleg en ontwerp van hierdie tydskrif. Julle het ’n baken van inspirasie vir ’n generasie van beleggers geskep en gehandhaaf. Ek glo nie julle sal ooit ten volle besef hoeveel waarde julle vir talle mense toegevoeg het nie. Ek bedank julle opreg. Jong, aspirantbeleggers asook deurwinterde veterane gaan ’n groot verlies ly. En aan die jong lesers van finweek; hou aan lees, hou aan leer. Ons het miskien vir finweek verloor, maar moenie dat dit die einde van jou leerproses wees nie. Onthou dat die werklike geld altyd op lang termyn gemaak word. Dit is waar, al is jy ’n korttermynhandelaar. Dit neem baie, baie ure van werk en toewyding in beslag. Dit beteken jy moet jou transaksies opteken; werk deur hulle en vind foutpatrone. Dit verg introspeksie en selfbewussyn. Dit verg dissipline om jou rug op slegte transaksies te keer of om te sit en kyk hoe transaksies wat jy misgeloop het, sonder jou op loop gaan. Dit verg dissipline om deur te druk met transaksies wat in jou guns werk. Dit verg daaglikse navorsing en leesroetines om te weet waar die geleenthede lê. Dit verg konstante kennis en selfverbetering. Voorwaar, diegene wat hulself kan bemeester,
Foto: Shutterstock
Bly geduldig en volg ’n gedissiplineerde, beplande benadering.
18
finweek 26 November 2021
kan die markte bemeester. Impulsiewe en ongeduldige beleggers haal nie die paal nie. Die wêreld is besig om na ’n fase te beweeg waar die vrees dat jy iets kan misloop (FOMO), meme-aandele en wat-ook-al-kriptomunte aan die orde van die dag is. Moenie dat die najaag hiervan ’n gewoonte raak nie. Lees oor verslawing aan lukrake belonings en jy sal verstaan waarom en hoekom wilde spekulasie oor goed wat jy nie verstaan nie ’n gewoonte en selfs ’n verslawing kan word. In my betreklik min jare as handelaar, aandelemakelaar en batebestuurder, het ek gesien hoeveel skade FOMO, ’n verslawing aan lukrake belonings, en ’n stryd teen die mark aan ’n persoon kan doen. Die mark vergewe nie, maar hy kan net soveel vat as wat jy kan gee. Sonder dissipline en ’n goeie plan sal hy alles vat wat jy hom bied. Bly geduldig en volg ’n gedissiplineerde, beplande benadering. Dit is werklik die enigste manier om ’n lang lewensduur in hierdie bedryf te verseker. En glo my, ’n lang lewensduur is die sleutel tot sukses. Moenie dat mense jou vertel dat aandelehandel maklik is nie. Dit is nie. Dit is miskien die enigste ding in die hele wêreld waar die werk wat jy vir jouself doen, jou finansieel beloon. Indien jy daaraan werk om geduldiger te word, sal dit jou nie net goed te pas kom in alle aspekte van jou lewe nie, maar die mark sal jou ook finansieel beloon. Dieselfde kan gesê word oor dissipline, ywer; en versigtig dink voor jy optree, verstaan dat jy nie altyd al die inligting het voordat jy moet besluit nie, en natuurlik, jy moet risiko neem om ’n beloning te kry. ■ terugvoer@finweek.co.za Petri Redelinghuys is ’n handelaar en die stigter van Herenya Capital Advisors.
www.netwerk24.com/finweek
markplek Simon sê Deur Simon Brown
PURPLE GROUP
Buitengewone groeipotensiaal Purple Group* (wat EasyEquities besit) het resultate uitgereik wat veel beter is as wat ek verwag het. Die maatskappy het sy finansiele resultate vir die jaar tot 31 Augustus op 10 November uitgereik. Die wesensverdienste per aandeel het met 190% gestyg terwyl gefinansierde rekeninge tot 737 000 toegeneem het – en hy kry elke maand sowat 60 000 rekeninge by. EasyEquities genereer R67 wins per rekening per jaar, maar Charles Savage, uitvoerende hoof, sê ouer rekeninge maak veel meer namate beleggers se vertroue en kapitaal toeneem. Daarby toon vorige syfers dat 40 000 van elke maand se 60 000 nuwe rekeninge gefinansier sal word. In die volgende jaar kan 500 000 gefinansierde rekeninge dus bygevoeg word en die gemiddelde wins per rekening kan tot, sê maar, R75 per jaar styg. Dit beteken dat aanstaande jaar se wins sowat R90 miljoen sal wees, teenoor vanjaar se R50 miljoen. ’n Belangrike punt is dat EasyEquities byna R100 miljoen wins gemaak het, maar die helfte daarvan was ’n rekeningkundige waardevermeerdering van die belang in EC10 wat ek uit my berekeninge weggelaat het omdat dit nie bedryfswins is nie. Die maatskappy beplan ook om buitelandse valuta, versekering en waagkapitaalfinansiering in te stel wat die wins verder kan vergroot saam met die nuutgeskepte EasyProperties. Die plan is: Kry meer rekeninge en vergroot die wins per rekening, en voeg nuwe produkaanbiedings by om die wins verder te vergroot. Sover werk dit. Ek besit die aandeel en selfs teen sowat 240c per aandeel bied dit waarde met buitengewone groeipotensiaal.
20
finweek 26 November 2021
Simon se wenke Simon Brown is die stigter en direkteur van die beleggingswebwerf JustOneLap.com en ’n kenner van die aandeelmarkte. In dié rubriek deel hy sy insigte in van die onlangse groot gebeure op die markte.
VODACOM
Stewige verkryging Vodacom koop sy moedermaatskappy se onderneming Vodafone Egypt en dis ’n goeie transaksie vir die plaaslike maatskappy. Dit gee Vodacom ’n nuwe mark van 100 miljoen kliënte. Daarby bied dit reusepotensiaal vir sy finansiële aanbiedings omdat Egipte ’n groot ongebankte mark het. Dit gee Vodacom ook potensiaal om weer dubbelsyfergroei te behaal, want hy is andersins in meestal volwasse markte in Suid-Afrika en Oos-Afrika bedrywig.
Teen sowat
240c per aandeel bied dit waarde met buitengewone groeipotensiaal.
KLEINHANDELAARS
Goeie syfers Massmart en Mr Price het ook goeie verklarings uitgereik, al is die Julie-oproer by albei by die tydperk ingesluit. Die syfers toon dat die groot nasionale (en genoteerde) kleinhandelaars baie goed daarin geslaag het om markaandeel by kleiner kleinhandelaars oor te neem wat nie die vermoë en kontantvloei gehad het om vinnig ná Julie se skade te herstel nie. Dis nie ’n verbasende tendens nie. Ek sê altyd dat die wenners – en die groot ondernemings – dikwels beter as die kleineres kan vaar bloot danksy omvang en toegang tot kontant (óf deur wins óf as dit nodig is deur banklenings). Dis waar dat ’n kleiner kleinhandelaar die groter groepe kan uitstof, veral met klantediens en handelsmerkgebruik, maar langertermyn-omvang wen amper altyd – en dit gebeur beslis by genoteerde kleinhandelaars.
RBPLATS EN NORTHAM
Vreemde transaksie Impala Platinum (Implats) het in Oktober ’n aanbod aan Royal Bafokeng Platinum (RBPlat) se aandeelhouers gedoen, maar toe het Northam Platinum toegesak en ’n transaksie op beheermaatskappyvlak gedoen. Dit beteken dat RBPlats-aandeelhouers geen aandele in die transaksie sal verkoop nie. Die transaksie lyk vreemd. Implats en RBPlats deel dieselfde rif en daarom maak ’n samesmelting uit ’n bedryfsoogpunt sin, al gebeur dit op die hoogtepunt van die platinumprysmark. Northam is egter ’n heeltemal ander rif en dit gaan meer oor die uitbreiding van Northam se omvang en reserwes – wat sin maak, maar dit word teen hoë pryse gedoen.
www.netwerk24.com/finweek
markplek Simon sê
SIRIUS
MTN
Brei uit na Brittanje
Groot ontwikkelings
Sirius Real Estate het op 8 November behoorlike resultate vir die ses maande tot 30 September uitgereik. Die maatskappy het toe kapitaal verkry om uitbreiding na die Britse mark te finansier nadat hy vroeër net in Duitsland teenwoordig was. Die Britse mark sal die risiko vergroot, want dis ’n nuwe mark, maar die model wat Sirius in Duitsland gebruik, is stewig en as hy dit in Brittanje kan herhaal, sal dit goeie wins oplewer. Die aandele verhandel nou teen sowat 2 875c elk, met die netto batewaarde op sowat 1 800c. Dis ’n monsteragtige premie, selfs vir ’n eiendomsaandeel van hoë gehalte, en dit het oor vyf jaar met sowat 400% gestyg, dividende uitgesluit. Ek besit nie die aandeel nie, maar dié premie op die netto batewaarde beteken dat toekomstige prysveranderinge stadig tot negatief sal wees omdat die onderliggende netto batewaarde die huidige aandeelprys moet inhaal.
Renergen*, wat eksplorasie na heliumgas in die Vrystaat doen, het twee aankondigings gedoen wat die aandeelprys aansienlik laat styg het. Die eerste was hoër vloeikoerse by bestaande putte, terwyl die tweede veel groter reserwes is. Die heliumreserwe is nou 620% groter as wat aanvanklik gemeen is, en metaan is 427% meer. Dis ’n reuseontwikkeling en het die aandeelprys na ’n rekordhoogtepunt van byna 4 200c laat styg voordat die prys ’n bietjie begin terugsak het. Die aankondigings is beduidend, maar fase twee van die projek, wat oor sowat drie of vier jaar verwag word, gaan sowat R12 miljard kos – wat deur vroeë verkope (insluitend die nuwe heliumkontrakte), lenings en uiteindelik ’n regte-uitgifte verkry sal moet word. Ek dink ’n groot, internasionale heliummaatskappy sal waarskynlik ’n aanbod vir die maatskappy doen – en dis wanneer ek verwag om te verkoop.
DIS-CHEM
Diversifiseer na gesondheidsorg Foto’s: easyequities.co.za | Shutterstock | Argief
RENERGEN
Dis-Chem het op 3 November sterk tussentydse resultate vir die tydperk tot 31 Augustus uitgereik. Waarvan ek regtig hou, is sy toetrede tot gesondheidsorg. Dis-Chem het nou verpleegkundiges in baie winkels en kan kliënte indien nodig na ’n telemedisynedokter verwys, en hy bied ook siekteversekering aan werkende laerinkomste-mense. In ’n land waar die gaping tussen tradisionele, duur mediese fondse en staatsgesondheidsorg waarskynlik ’n groot mark is, sal Dis-Chem op dié terrein waarskynlik baie goed kan vaar.
@finweek
finweek
finweekmagazine
Meer waarde, minder risiko’s MTN het op 4 November ’n sterk kwartaalverklaring gedoen wat die aandeelprys tot ’n hoogtepunt vir ses jaar laat styg het. Sy probleme in die gevaarlike markte waar hy bedrywig is, is vir eers ’n ding van die verlede. Hulle gaan egter nooit werklik weg nie en daar word gemeen dat wanneer die olieprys weer swak is en Nigerië ’n kontanttekort ondervind, dié land se regering met nog ’n eis teen die groep vorendag sal kom. My indruk is dat MTN se bestuur dié feit veel beter bestuur. Hulle kan nie die risiko uitskakel nie, maar die vorige bestuur het hul nie veel aan reguleerders gesteur nie en hul blootgestel aan eise, soos in 2015 gebeur het toe die bestuur eers die Maandag 14:00 daarin kon slaag om ’n Sens-aankondiging uit te reik nadat die nuus die Sondag in Nigerië bekend geword het. Selfs op die huidige vlak van sowat R167 bied die aandeel waarde met verminderde risiko’s danksy ’n beter bestuurspan.
MTN se probleme in die gevaarlike markte waar hy bedrywig is, is vir eers ’n ding van die verlede. Hulle gaan egter nooit werklik weg nie.
AMERIKAANSE INFLASIE
Hoogste sedert 1991 Op 6,2% is Amerika se inflasie reusagtig en kerninflasie is die hoogste sedert 1991. Die vraag of dié inflasie kortstondig is, is nou irrelevant: dis nie. Selfs as inflasie teen einde aanstaande jaar afkoel, soos baie mense verwag, sal baie inflasieaangepaste verhogings in die voorafgaande jaar by die basis ingesluit word en dit gaan ’n ruk duur voordat inflasieverwagtinge uit die stelsel gewerk is. Koersverhogings in Amerika sal nou sekerlik aanstaande jaar begin, selfs al is dit laat in die jaar, eerder as in 2023. ■ terugvoer@finweek.co.za *Die skrywer besit aandele in Purple Group en Renergen.
finweek 26 November 2021
21
FONDSFOKUS
JOU KWARTAALLIKSE OORSIG VAN SA FONDSE NOVEMBER 2021
IS DAAR WAARDE IN
SA GENOTEERDE AANDELE?
fondsfokus inleiding Deur Leon Kok
OORSIG
Druk só terug teen die uitdagings van wêreldaandelemarkte Hoe doof jy in uitdagende tye die lawaai uit en kies goeie beleggingsgeleenthede?
Foto: Shutterstock
w
êreldtoestande is vanselfsprekend moeilik, plaaslik sowel as oorsee, maar die goeie nuus is dat onderlinge fondse die afgelope dekade besonder goed gevaar het – dit ondanks onstuimigheid en geraas in die markte en selfs Covid-19. Heel onlangs was dit danksy aandele wat in die algemeen indrukwekkend gepresteer het. Dit is byvoorbeeld betekenisvol dat die S&P 500 nou 30,6% hoër is as ’n jaar gelede en vanjaar alleen met 26,2% gestyg het. Die JSE se indeks van alle aandele is intussen 32% hoër as ’n jaar gelede en het vir die jaar tot nou met 11% gestyg. Laasgenoemde indeks verteenwoordig nie die hele mark nie en bestaan net uit die 164 grootste genoteerde maatskappye, wat byna 100% van die markkapitalisasie en likiditeit van die mark uitmaak. Toppresteerders onder die aggressiewe effektetrusts oor een jaar was onder meer die PSG Equity Fund met 63,6%, Prudential Equity Fund (46,7%), Prudential Dividend Maximiser Fund (42,5%), Coronation SA Equity Fund (44,9%) en Coronation Top 20 Fund (39,5%). ’n Magdom meer konserwatief bestuurde fondse en inkomstefondse het ook beïndruk met opbrengste van tussen 10% en 25%. Die opvallendste onder die toppresterende wêreldaandelefondse wat plaaslik beskikbaar is, was onder meer Old Mutual Global Equity met 20,6%, Stanlib High Alpha Global Equity (19,6%) en Allan Gray Orbis (17,8%). Talle ander was stewig deel van die groep wat ’n opbrengs van tussen 12% en 15% gelewer het. Plaaslike eiendomsfondse het ook aansienlik gestyg, oor die algemeen met meer as 40%. Die Ninety-One Property Equity Fund is 77% hoër as ’n jaar gelede. Kan als omgekeer word in 2022? Natuurlik. Enigiets, of ’n mengsel van groot internasionale gebeure, kan die enorme finansiële skokke van 1987, 1988, 2001 en 2008 ewenaar. Meer onlangs het ons die Europese soewereineskuldkrisis, ineenstorting van die Chinese aandelemark, die Griekse regering se skuldkrisis, Russiese finansiële krisis, politieke krisis in die Oekraïne, Brasiliaanse en Argentynse ekonomiese krisisse, Turkye se geldeenheid- en skuldkrisis, die Libanese likiditeitskrisis en die Covid-19-resessie gehad. Leonard Krüger, portefeuljebestuurder by M&G Investments, skryf in dié uitgawe hulle meen SA aandele kan op mediumtermyn nagenoeg dubbelsyferopbrengste genereer, en beleggers vergoed vir die risiko’s wat hulle loop. “Dit is ’n aantreklike vergelyking wat risiko-teenoor-moontlike-opbrengste betref, wanneer ’n mens dit met vorige prestasie en die meeste ander markte vergelyk. Daarom gee ons in ons multibateklasportefeuljes steeds aan dié bateklas
@finweek
finweek
finweekmagazine
voorkeur.” Hy voeg egter by dat beleggersentiment teenoor SA ongetwyfeld taamlik pessimisties bly, ondanks die herstel in batepryse en matige vordering met die breë hervormingsagenda. “Ons sien gevolglik dat ons aandelemarkwaardasies bedruk bly, want prysstygings het nie in pas gebly met verbeterings in maatskappyverdienste nie.” Hannes van den Berg en Rehana Kahn, portefeuljebestuurders by Ninety One, huldig insgelyks ’n positiewe siening. Hulle merk op dat groei weliswaar wêreldwyd verlangsaam, maar tog op of bokant die tendenslyn bly, wat positief is vir aandele en ook ontluikende markte. “Sikliese plaaslike aandele, soos banke en kleinhandelaars, maak 38% van ons SA aandeleblootstelling uit. Sikliese wêreldaandele, onder meer gediversifiseerde mynboumaatskappye, Richemont en Sasol, maak 28% van ons SA aandeleblootstelling uit. Ons verwag wêreldwye groei sal voortgaan om aandele met blootstelling aan die wêreldekonomie te steun. Uitsonderlike waardasies vir die hulpbronsektor relatief tot sterk verdienstegroei en kontantgenerering, duur ook voort. Ons verwag egter groter wisselvalligheid op kort termyn. Onsekerheid oor die pas waarin die Chinese ekonomie groei, weeg ook swaar op die prys van kommoditeite soos ystererts.” Anet Ahern, uitvoerende hoof van PSG Investments, sê: “Natuurlik wil enige belegger suksesvol wees en langtermyngroei behaal. Ondanks die beste voornemens misluk talle egter. Dikwels is dit hoe beleggers optree eerder as hoe markte vaar wat voorkom dat hulle sukses behaal. Wanneer die markte egter ’n draaipunt bereik, meen ons die risiko’s vir beleggers neem toe, veral wanneer hulle bloot strategieë herhaal wat voorheen gewerk het. Ons maak staat op ’n beproefde proses om deur die korttermynlawaai te sien en die geleenthede te identifiseer wat ons glo langtermynsukses sal behaal. Gedifferensieerde denke lewer altyd ’n unieke bydrae, maar ons glo die waarde daarvan is juis groter in dié tye, waar markrisiko’s groter is.” Gesonde verstand spreek ook uit die woorde van Junius Ellis, Wall Street-rubriekskrywer. Hy sê om te probeer voorspel presies wanneer die siklus gaan verander, is so nutteloos soos enige ander marktydsberekening. Dis hoekom verskillende beleggingstyle primêr ’n diversifiseringshulpmiddel is. Deur ’n beskeie mengsel van fondse te besit, kan jy die onvermydelike stygings en dalings van die aandelemark gladstryk. Dit is eweneens belangrik om te onderskei tussen fondsbestuurders wat minder goed presteer omdat hul beleggingsbenadering tans nie in die mode is nie, en dié wat eenvoudig nie meer oor die vermoë beskik om soos voorheen te presteer nie. ■
INHOUD 24 Denker Neem berekende risiko’s
25 Sasfin Voorwaar ’n indrukwekkende trajek
26 M&G Investments SA bateopbrengste se vooruitsigte lyk steeds lonend
28 Allan Gray Is meer risiko die moeite werd?
29 Coronation Uitsonderlike welvaart oor 21 jaar geskep
30 V&A Fokus op die 31 jaar oue Orbis Global Equity Fund
31 Ninety One Is plaaslik steeds lekker?
32 PPS Stuur só deur ’n wêreld vol geleenthede
Leon Kok is ’n onafhanklike skrywer oor openbare beleid en beleggingsmarkte.
finweek 26 November 2021
23
fondsfokus Denker Capital
BELEGGING
Neem berekende risiko’s Die Denker Sanlam Collective Investments Balanced Fund het bestendige prestasie in alle marksiklusse en makro-ontwikkelings getoon.
d
ie Denker Sanlam Collective Investments (SCI) Balanced Fund het oor talle tydperke sedert sy aanvang top-kwartiel-prestasie gelewer. Bestendige prestasie soos dié in alle marksiklusse en makro-ontwikkelings is die ideale uitkoms vir beleggers. Maar hoe genereer die span van Denker Capital hierdie prestasie?
Goeie aandeelkeuse en risikobestuur Die kombinasie van spesialisaandeeluitkiesingsvaardighede en risikobestuur in Denker Capital se span is die bron van die fonds se prestasie. Oor korter tydhorisonne kan risikobestuur afbreuk doen aan prestasie – maar op die lange duur dra die skep van idees, effektiewe inwerkingstelling en risikobestuur by tot ’n stewige prestasiegeskiedenis op lang termyn. Die risikobestuursbeleid is om dit proaktief te bestuur vir onverwagte goëlballe om bestendige opbrengste te lewer. Dit is nie ’n geval van versigtig wees nie, maar dit gaan eerder oor die neem van berekende risiko’s omdat risiko ’n integrale deel van belegging is. Dit word gestaaf deur hoe die fonds presteer het vergeleke met ander fondse in dieselfde kategorie en tot die hoofbateklasse sedert sy aanvang in Mei 2017.
Foto’s: Verskaf
Ervare portefeuljebestuurders Onder die bestuur van Madalet Sessions en Jan Meintjes, span die fonds die aandeeluitkiestalente en -vaardighede in van al die portefeuljebestuurders van Denker Capital, wat ervaring het van die navigasie van die mark-wisselvalligheid. As mede-portefeuljebestuurder van die gebalanseerde fonds, sorg Sessions dat geïntegreerde risikobestuur en diversifikasie deurgaans in die proses toegepas word. Dit verseker dat batetoewysing geoptimaliseer is vir prestasie én risiko – met insette van die span en Meintjes as mede-portefeuljebestuurder. Meintjes hou toesig oor alle plaaslike ekwiteitskeuses en dra by tot die risikobestuursproses, weens sy ervaring en kennis van Suid-Afrikaanse ekwiteite – wat die grootste bateblootstelling in die portefeulje is. Sessions en Meintjes werk ten nouste saam met die ander portefeuljebestuurders in die onderneming om die beste ekwiteitsidees vir die fondse te kies. Claude van Cuyck spits hom toe op Suid-Afrikaanse ekwiteite, Kokkie Kooyman op Suid-Afrikaanse en globale
24
finweek 26 November 2021
OORPRESTASIE IN ALLE MARKSIKLUSSE EN TOESTANDE SYFERS TOT EINDE OKTOBER 2021
Kategorie rang
11/128
20/128
18/128
26/126
35 Madalet Sessions Portefeuljebestuurder by Denker Capital
Jan Meintjes Portefeuljebestuurder by Denker Capital
Maak nie staat op een spesifieke makroresultaat nie In ’n wêreldekonomie is daar ’n omvattende reeks faktore wat hulle laat geld maar wat onmoontlik is om te voorspel. Wanneer die span van Denker Capital geleenthede vir aantreklike opbrengste identifiseer, vra hulle of aantreklike opbrengs-uitkomste afhang van spesifieke makro-uitkomste. Indien die antwoord ja is, vra hulle of daar ander bates is wat hulle kan besit wat die makro-risiko in die portefeulje kan verminder. Met ander woorde, hulle is altyd op soek na maniere om die portefeulje se afhanklikheid van spesifieke uitkomste te verminder. Hulle spits hulle toe op wat hulle kan beheer, en hulle bestuur die risiko’s vir dié wat hulle nie kan nie. Sessions sê: “Ek glo die Denker SCI Balanced Fund bied beleggers werklik die beste van Denker Capital. My taak is om die span se aandeeluitkiesingsvaardighede te laat skitter, terwyl ek my daarop toespits om die makro-risiko te verminder sodat beleggers elke nag rustig kan slaap.”
Toegang tot geleenthede Volgens Meintjes is die fonds se blootstelling aan Suid-Afrikaanse klein- en middelkapitaal-aandele ’n belangrike onderskeier vergeleke met party van die groter fondse in die kategorie. “Ons het ’n bewese prestasiegeskiedenis oor dekades op dié gebied. Waardasies in hierdie sektore bied ’n groot mate van veiligheid in ’n omgewing waar die SuidAfrikaanse ekonomie steeds herstel.”
Hoekom belê? Die Denker SCI Balanced Fund is geskik vir beleggers wat vir die lang termyn spaar en wat
25,7%
25 20
finansiële ekwiteite, en Jacobus Oosthuizen op globale ekwiteite.
30,3%
30
15
20,1% 15,2% 11,5%
10
9,3%
8,2%
6,8%
5 0 JTD
1 jaar
3 jaar
Sedert vestiging
Top-kwartiel-vertoning ■ Denker SCI Balanced Fund A ■ Asisa kategorie gemiddelde (SA - Multibate - Hoë-ekwiteit) BRON: Denker Capital, Morningstar
op soek is na blootstelling aan talle onafhanklike idees wat dit ten doel het om beter risiko-aangepaste opbrengste te lewer. Dit is nie saamgestel vir ’n spesifieke tyd of ’n spesifieke ouderdomsgroep nie – beleggers van enige ouderdom kan daaruit voordeel trek – en die fonds voldoen aan Regulasie 28. Die waarde van Denker SCI Balanced Fund lê in die som van sy dele en kombineer die: • Beste geleenthede in die mark om prestasie te lewer • Bedek met ’n batetoewysing wat diversifikasie vir alle seisoene en siklusse verseker, en • Geïntegreerde risikobestuur wat die vooruitsigte vir langtermynprestasie verbeter. ■ Die fonds is via SCI en Glacier beskikbaar. Denker Capital is ’n gemagtigde finansiëledienste-verskaffer. Raadpleeg asseblief die fonds se jongste minimum blootstellingsdokument of kontak investorrelations@denkercapital.com vir meer inligting. Sanlam Collective Investments (RF) (Pty) Ltd is die Bestuurder wat ingevolge CISCA geregistreer is. Die A-klas is die duurste klas ten opsigte van bestuursgelde wat vir die publiek beskikbaar is en het jaarlikse bestuursgelde van 0,85% (insluitend BTW). Opbrengste is ná aftrekking van gelde. Opbrengste vir tydperke langer as een jaar is geannualiseer. Die hoogste jaarlikse kalenderjaar-opbrengs sedert aanvang was 8,6% en die laagste 1,6%. ‘n Skedule van gelde kan by die Bestuurder verkry word. Prestasie word vir die portefeulje bereken en individuele beleggerprestasie mag as gevolg van aanvanklike gelde, die beleggingsdatum, datum van herbelegging en dividendweerhoudingsbelasting verskil. Die Bestuurder behou die volle regsverantwoordelikheid vir die derdepartyportefeulje.
www.netwerk24.com/finweek
fondsfokus sasfin Deur Arno Lawrenz en Erol Zeki
BELEGGING
Voorwaar ’n indrukwekkende trajek Sasfin spits hom steeds toe op mense en glo dat hierdie verhoudinge tot sy enorme groei bydra.
Foto: Shutterstock
i
n die verlede, as mense aan Sasfin gedink het, het hulle ons net as ’n betroubare makelaar beskou. Maar sedert ons in 1890 gestig is, het ons ons op mense toegespits. Dit ontstaan sonder twyfel uit die ondernemingsgees van Sasfin as onderneming – aanvanklik van Roland Sassoon en nou in dieselfde mate van sy seun, Michael, ons uitvoerende groephoof. Sasfin skep behae in ’n besonder mededingende span wat altyd poog om die beste te lewer. Interessantheidshalwe, wil Sasfin Asset Managers aanvoer dat sy trajek in die afgelope drie jaar mees indrukwekkend was. Die batebestuursbesigheid het klein begin met ’n goeie prestasiegeskiedenis in ’n hand vol fondse, maar ná sorgvuldige keuses en die insluiting van die voorste name in die bedryf, het hy ’n omvattender reeks produkte met sy fondse aangebied, en veral met betrekking tot inkomste-oplossings, en prestasie het die hoogte ingeskiet, bestuurde bates het skerp toegeneem en toekennings is jaar ná jaar gewen. Talent het Asset Managers se reis van goed tot uitstekend verbeter. Ervaring en kundigheid het ’n uitwerking op produkdiepte en ’n goeie beleggingsbeleid. Arno Lawrenz het hom in November 2020 by die Sasfin-span as die beleggingshoof (CIO) by Sasfin Asset Managers aangesluit, en hy het, onder meer, die bestuur van die Sasfin BCI Flexible Income Fund oorgeneem. Hy bestuur vaste-inkomstefondse en -spanne al sedert die 1990’s en het die Coronation Strategic Income Fund, die eerste buigsame inkomstefonds in Suid-Afrika, bekend gestel alvorens hy na Ou Mutual verskuif het, waar hy aan die hoof was van die vaste-inkomstespan met bates van meer as R120 miljard. In 2007 het hy Atlantic Asset Management as die CIO opgerig en gelei as ’n boetiek-vaste-inkomstebestuurder wat ’n volledige reeks vaste-inkomste-oplossings bied, alvorens dit uiteindelik deur Ashburton gekoop is. Terwyl Arno wel die span lei, word hy ondersteun deur ’n stewige groep talentvolle beleggingsberoepslui in Sasfin se institusionele aanbieding, insluitend Errol Shear, wat spog met een van die mees ervare en suksesvolste loopbane in die land in die lae ekwiteitsmultibate-ruimte. Agter die skerms word hulle ondersteun deur die portefeuljebestuurder, Raphi Rootshtain, ’n integrale deel van die portefeulebestuurspan, nadat hy jare deurgebring het deur ’n hoë vlak van kwantitatiewe en kwalitatiewe insette te lewer om te verseker dat die beleggingsproses stewig en herhaalbaar is, en Veenesh Dhayalam, ’n meester as dit kom by die vra van die regte vrae en begrip vir die landskap se uiteenlopende instrumente en bestuurders, en omvattende interne navorsingsvermoëns in bateklasse wêreldwyd. Daarbenewens maak die span gebruik van die ervaring en kundigheid van meer as 40 beleggingsberoepslui in Sasfin Wealth, en skep ’n omgewing vir denke-leierskap en uitdagende sienings – wat alles in die geheel versterk – met ervaring wat strek van vars uit die universiteit tot meer as 45 jaar. Watter grondslae ook al gelê is of talent wat gelok is, is daar ongetwyfeld verwag dat die jaar 2021 ’n uitdagende jaar gaan wees. Terwyl die pandemie verwoesting onder verskeie nywerhede gesaai het, het
@finweek
finweek
finweekmagazine
Sasfin gekies om “skouer aan die wiel te sit” met betrekking tot diens en verhoudinge, en hy het derhalwe toegang tot ons beroepslui verhoog. Hul siening was eenvoudig: om kliënte te behou, moes hulle verseker dat hul kliënte gesien het dit is persoonlike aandag en hulle het naby aan hulle bly beweeg, en hierdie onvermoeide aandag het sakegroei oor die afgelope 18 maande aangedryf en het selfs sterker verhoudinge gedurende inperkings ontwikkel. Goeie leierskap het verseker hulle pak die voortgaande kwessies wat kliënte gevoel het en hulle het ’n kombinasie van vlugheid met ’n hoë waarde wat geheg word aan menslike verhoudinge beoefen. Rats én ’n boetiekbesigheid, kan Sasfin Asset Managers hierdie diensvlak van ’n volwaardige beleggingspan bied en ’n gesonde beleid en navorsingsvermoë lewer. As ’n vlak 1-SEB-bydraer, het hy die tendense wat in die bedryf bestaan, sorgvuldig gemoniteer soos die beweging nastap op pad na volhoubaarheid, en verskillende ESG-faktore wat al hoe meer ’n fokus vir die trustees van aftreefondse word. In ware Sasfin-kultuur, gaan hul benadering nie oor lippediens of oëverblindery nie, maar ’n soeke na die toekoms en om dit in te sluit in die wyse waarop hulle dink, waarde bepaal en optree. Om vir impak te belê, saam met finansiële opbrengste, bied aan kliënte ’n holistiese manier om verantwoordelik en volhoubaar te belê. Hierdie beleggingstrategieë het die vermoë om party van ons grootste uitdagings die hoof te bied: ekonomiese ongelykheid, werkskepping, armoede en die behoud van ons natuurlike hulpbronne. Sasfin Asset Managers werk byvoorbeeld saam met RBN Fund Managers, ’n spesialis-impakfondsbestuurder en adviseur wat hom doelgerig op beleggings in ekonomies volhoubare besighede en projekte toespits, wat terselfdertyd inklusiewe groei oor die streek aandryf. Hierdie samewerking ontwikkel op die oomblik kredietfondse wat die toenemende aptyt het om in maatskaplike en omgewingsvriendelike inisiatiewe belê. RBN word alom beskou as die pionier van die integrering van wêreldimpakstandaarde en maatstawwe in Suider-Afrika, wat konsessiefinansiering van ’n kombinasie van staats- en ontwikkelings-finansieringsinstellings (DFI) in verskillende fondsstrukture lok. Die Sasfin-besigheid spog met meer as ’n eeu se noue verhoudinge, gebou deur diegene wat daar gewerk het, en diegene vir wie ons steeds werk – en die besigheid het nog nooit die persoonlike aandag wat nodig is om advies van wêreldgehalte en beleggingsbestuursdienste te lewer, uit die oog verloor nie. Dit is die rede waarom Sasfin Asset Managers nou R18,5 miljard in bestuurde bates het, wat met 31% toegeneem het (2020: R14,1 miljard) wat groei van 36% in institusionele inkomste aandryf. Dit het groot indruk op die bedryf gemaak en is die rede waarom Sasfin die afgelope paar jaar twee keer agtereenvolgens met die louere weggestap het; met die Raging Bull Awards en Morningstar. Dit is die rede vir ons trajek. Ons rede waarom ons bestaan. ■ Erol Zeki is die uitvoerende hoof van Sasfin Wealth en Arno Lawrenz is hoof van beleggings by Sasfin Asset Managers.
finweek 26 November 2021
25
fondsfokus M&G Investments Deur Leonard Krüger
BELEGGING
SA bate-opbrengste se vooruitsigte lyk steeds lonend Waardasies van plaaslike aandele is op aantreklike vlakke.
s
edert verlede jaar se wêreldwye markineenstorting wat deur Covid-19 veroorsaak is, het die meeste finansiële markte stewig herstel, Suid-Afrika inkluis. Talle beleggers bevraagteken nou met reg die opbrengsvooruitsigte op die pad vorentoe en of hierdie wins gehandhaaf kan word, veral weens die meer onlangse verswakking in wêreldgroei en die vooruitsigte van monetêre beleid wat in die komende maande strenger gaan word. Hoewel ons hier by M&G Investments (voorheen Prudential Investment Managers) nooit sal beweer dat ons weet wat in die toekoms gaan gebeur nie, en talle onverwagte gebeure gaan plaasvind, kan ons wel sê as ons na die huidige batewaardasies kyk, is die vooruitsig vir reële opbrengste van Suid-Afrikaanse ekwiteite sowel as effekte steeds gunstig. Inderdaad, ons dink dis moontlik vir SA ekwiteite om baie naby aan dubbelsyfer- reële opbrengste op mediumtermyn te lewer, wat beleggers beloon omdat hulle die gepaardgaande risiko dra. Dit is ’n aantreklike risiko-versus-moontlike-opbrengsvergelyking, sekerlik wanneer dit met die geskiedenis vergelyk word en vergeleke met die meeste ander markte. Derhalwe verkies ons steeds hierdie bateklasse in ons multibate-portefeuljes.
Foto: Shutterstock
Pessimisme plaas druk op batepryse Daar bestaan geen twyfel nie dat beleggersentiment jeens Suid-Afrika steeds betreklik pessimisties is, ondanks die opslag in batepryse en ’n mate van vordering van die breër hervormingsagenda. Gevolglik het ons gesien hoe ons ekwiteitsmarkwaardasies bedruk bly, aangesien prysstygings nie tred gehou het met die verbetering in maatskappyverdienste nie. Gegrond op verwagte konsensusverdienste, verhandel die JSE teen slegs ’n verwagte prys-tot-verdienste-verhouding (p/v) van 9,3 keer, wat op die oomblik goedkoop is vergeleke met sy historiese gemiddelde van 12,5 keer. Uit ’n perspektief van prys-tot-boekwaarde (p/b), staan die SA mark op ’n onderwaardeerde 1,8 keer vergeleke met sy 2,1 keer historiese gemiddelde en die Wêreldindeks van Alle Lande se huidige 3,2 keer. Hierdie verskil bly steeds baie wyd – bykans die wydste sedert voor die globale dotcom-inploffing van die vroeë jare 2000. In dié geval, het SA ekwiteite daarna gerieflik beter as die res van die wêreld presteer. Met ons fondse se ekwiteitsblootstelling, was ons versigtig dat daar uitgebreide diversifikasie in alle sektore, geografieë en verskillende maatskappy-profiele is om portefeulje-risiko te bestuur. Hierdie benadering om ons portefeuljes so te posisioneer dat hulle voordeel uit talle moontlike opbrengsbronne trek, eerder as net ’n paar, groter voornemende opbrengsbronne, het oor die afgelope 18 maande goed gewerk en het sterk alfa vir kliënte, onder andere in die M&G Equity Fund, gelewer. Onder ons toptienaandele, is byvoorbeeld British American Tobacco en Anglo American. Albei is defensiewe maatskappye van hoë gehalte wat hul verdienste wêreldwyd verdien en wat ’n lang prestasiegeskiedenis
26
finweek 26 November 2021
het dat hulle opbrengste aan aandeelhouers lewer. Intussen kom maatskappye met kleiner kapitaliserings soos Mpact en Textainer ook in aanmerking, aangesien hulle onder die voorste alfa-bronne (bomarkse opbrengs) tel. As ’n mens na maatskappye kyk wat meer plaaslik gefokus is, het SA bankaandele ook ’n prominente plek in ons fondse, insluitend Standard Bank, Absa en Investec. Benewens die feit dat hulle aantreklike waardasies gebied het, is banke goed gekapitaliseer, het hulle nie verliese weens die impak van die pandemie aangekondig nie en het hulle nie gebruik gemaak van aggressiewe uitleenpraktyke nie vir ’n lang tyd voor dit nie. Hulle is ook goed op pad om tot by hul historiese vlakke van winsgewendheid te herstel en het weer dividende begin betaal. In die landskap van algemene nywerheidsaandele was daar ’n klompie uitstaande besighede wat die Covid 19-krisis goed oorleef het. Gemeenskaplike kenmerke sluit in die vermindering van skuld- en kostevlakke, uitstekende kontantvloeibestuur, en ander slim bestuurstappe. Talle het bewys dat hulle veerkragtig is; tog meen ons dat pryse nog nie hierdie positiewe ontwikkelings toereikend weerspieël nie. Hier sluit ons byvoorbeeld Motus in. MTN is nog ’n groot aandeel in die portefeulje. Gedurende die toppunt van die Covid 19-markineenstorting vroeg in 2020, het ons ons MTN-posisie aansienlik versterk, nie net vanweë sy destydse goedkoop waardasie nie, maar ook vanweë bewyse dat sy bedryfsprestasie verbeter en die uitvoering van die bestuur se bateverkoopplanne. Ondanks ’n uiters verblydende aandeelprysprestasie in die afgelope 18 maande, meen ons daar is steeds aantreklike opwaartse potensiaal. In kleinhandel is Foschini in al ons portefeuljes. Sy verkryging van Jet Stores het die vermoë om beduidende waarde te skep en het ’n nuwe groep verbruikers tot sy klantebasis gevoeg. Die herstel in sy verdienste word verder gesteun deur die heropening van winkels in sy Britse en Australiese handelsmerke. Ons meen die mark onderskat steeds die algehele sakepotensiaal. Laastens, is ons steeds oorgewig in Naspers* en Prosus. Deur hul blootstelling aan Tencent, staan beleggers by ’n interessante kruispad ná die dramatiese afverkoop van Chinese tegnologie-aandele weens ’n toenemende regulerende omgewing in dié sektor. Tog was Tencent konserwatief én buigsaam gewees in sy benadering tot ’n veranderende regulerende omgewing in die verlede. Met talle bronne van lopende verdienste en toekomstige groei-opsies, asook ’n baie groot portefeulje eie beleggings, glo ons die tyd is ryp om aandele van ’n vooraanstaande wêreldbesigheid te koop. Naspers en Prosus verhandel steeds teen ’n aansienklike diskonto op die (nou) bedrukte prys van net die Tencent-aandele. Leonard Krüger is ’n portefeuljebestuurder by M&G Investments. *finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.
www.netwerk24.com/finweek
mandg.co.za
Consistency has gone global.
Previously Prudential Investment Managers. MandG Investment Managers (Pty) Ltd is a licensed financial services provider.
fondsfokus allan gray Deur Londa Nxumalo
BELEGGING
Is meer risiko die moeite werd? Die Afrika-effektemark bied aantreklike opbrengskoerse.
i
n die geval van vaste inkomste word die potensiaal vir opbrengste – koeponbetalings en kapitaalwins – deur die effekte-opbrengskoers (koeponbedrag of -prys) bepaal. ’n Hoë opbrengskoers dui op ‘n hoë moontlike opbrengs. ’n Hoë moontlike opbrengs gaan gewoonlik met hoë risiko gepaard, en ’n hoër opbrengskoers sal dus op hoër risiko dui. Lae opbrengste kan ook ’n risiko wees, maar dit lyk asof baie beleggers dit ignoreer en veiligheid kies, selfs al beteken dit geen opbrengs nie. Omdat effektepryse in die teenoorgestelde rigting as opbrengskoerse beweeg, word beleggers wat effekte teen abnormaal lae opbrengskoerse koop, blootgestel aan kapitaalverliese as daardie opbrengskoerse normaliseer.
GEANNUALISEERDE TOTALE OPBRENGSKOERS IN VSA DOLLAR OOR VYF JAAR (SEP. 2016-2021) Persent
12 10 8 6 4 2
Hoe laer die kredietgehalte, hoe hoër die opbrengskoers Ontwikkelde lande het oor die algemeen beter kredietgraderings (of laer kredietrisiko) en dus laer opbrengskoerse. Hulle word dikwels as veilige toevlugsoorde beskou. Afrika-lande, daarenteen, bied stygende opbrengskoerse namate die kredietgehalte verswak. Zambië, wat in November 2020 in gebreke gebly het om sy effekte in sterk valuta te betaal, bied die hoogste opbrengskoers. Die waargenome kredietrisiko stem dikwels nie presies ooreen met ’n land se skuldvlakke nie. Baie Afrika-lande het ’n laer skuld-BBPverhouding as die VSA en Brittanje, en tog word hierdie lande as meer riskant beskou weens hul veerkragtigheid in vergelyking met hul skuldvlakke, wat die mate bepaal waarin hulle skuld ondanks terugslae kan betaal. Ontwikkelende lande is geneig om meer kwesbare ekonomieë en swakker instellings as ontwikkelde lande te hê, en kan dus nie interne of eksterne skokke so goed bestuur nie. Die meeste Afrika-lande het eenvoudig nie die buffers om dieselfde hoeveelheid skuld as ontwikkelde lande te hanteer nie. Alhoewel laer skuldvlakke goed is, is dit nie genoeg nie.
Wat van skuld in plaaslike geldeenheid?
Foto: Shutterstock
Skuld in plaaslike geldeenheid is in die breë aan dieselfde bekommernisse as skuld in buitelandse valuta onderhewig en sluit ander in. As gevolg van die uitwerking daarvan op die wisselkoers, kan inflasie die opbrengs op vaste inkomste-instrumente in plaaslike geldeenhede erodeer. Koopkragpariteit dui daarop dat as twee lande verskillende inflasiekoerse het, die geldeenheid van die land met die hoogste inflasie met verloop van tyd sal verswak. Afrika-lande is geneig om hoër inflasie as ontwikkelde lande te hê. Dis nie verbasend dat die waarde van Afrika-geldeenhede oor tyd geneig is om te daal nie. Vir ’n buitelandse belegger erodeer die waardevermindering van die plaaslike geldeenheid die opbrengs in VSA dollar. Bo en behalwe die kredietrisiko (risiko van nie-betaling), hou effekte in plaaslike geldeenheid dus ook valutarisiko (risiko van ’n geldeenheid se waardevermindering) in. Die risiko’s is nie eenvormig oor lande met soortgelyke graderings nie.
Prestasie van Afrika-effekte Die grafiek toon die geannualiseerde totale opbrengskoers in VSA dollar oor vyf jaar tot die einde van September 2021 aan vir
28
finweek 26 November 2021
0
Egipte
Ghana
Sterk valuta
Kenia
Nigerië
Plaaslike geldeenheid
Suid-Afrika
Zambië
BRON: Bloomberg, Allan Gray berekeninge
mediumtermyn-Afrika-effekte in sterk valuta en effekte in plaaslike geldeenheid onderskeidelik. Zambiese Euro-effekte het ’n positiewe totale opbrengskoers gelewer ondanks die regering se wanbetaling verlede jaar. Dit getuig van die hoë koeponkoerse wat dikwels met meer riskante krediet verband hou. Selfs SA het gelyk gestaan met ander lande en die effekte in die plaaslike geldeenheid het dié van lande met hoër opbrengskoerse geklop. Ondanks die risiko’s het Afrika-effekte histories goeie opbrengste vir langtermynbeleggers behaal.
Effekte in jou portefeulje Vaste inkomste vorm ’n integrale deel van enige gediversifiseerde portefeulje. Multibatefondse of gespesialiseerde effektefondse kan vir jou blootstelling daaraan gee. Fondse wat voldoen aan Regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse, wat die mate waarin aftreefondse in verskillende bates kan belê, beperk, kan tot 100% belê in effekte wat deur die SA regering uitgereik of gewaarborg word, of tot 75% in ander effekte. Ingevolge Regulasie 28 mag 30% van ’n fonds ook buite SA belê word, met 10% in Afrika buite SA. Die beperkings op buitelandse belegging kan gebruik word om in internasionale effekte te belê. Met ’n boublokbenadering, kan jy regstreeks in verskillende fondse (plaaslik of buitelands) belê. Party word op kredietgehalte gegrond, soos fondse wat verwys na die FTSE Wêreldstaatseffekte-indeks (WGBI) wat bestaan uit beleggingsgraad staatseffekte, met inbegrip van dié van die meeste ontwikkelde lande en sommige ontluikende markte; ander fondse het ’n geografiese fokus, soos ontluikende markte of Afrika. Gespesialiseerde effektefondse kan in effekte in plaaslike geldeenheid, effekte in buitelandse valuta, of albei belê. Jou blootstelling aan effekte, en watter effekte jy in wil belê, hang van jou doelwitte, omstandighede en risikoaptyt af. Dis belangrik om risiko’s te verstaan. In ’n betreklik risikovrye belegging kan jou opbrengs moontlik nie met inflasie tred hou nie en kan jou belegging oor tyd reële waarde verloor. ■ Londa Nxumalo is ’n fondsbestuurder by Allan Gray.
www.netwerk24.com/finweek
fondsfokus Coronation Deur Christo Lineveldt
BELEGGING
Uitsonderlike welvaart oor 21 jaar geskep Die Coronation-top-20, wat in nie meer as 20 aandele belê nie, bied blootstelling aan die JSE se beste geleenthede.
m
in fondse kry dit reg om konstant die mark te klop. Die Coronation-top-20 is so ’n fonds. In die loop van sy 21 jaar lange prestasierekord het die fonds die plaaslike aandelemark se 15-voudige opbrengs in ’n 27-voudige opbrengs omgetower – ’n fenomenale resultaat.
Wat maak die Coronation-top-20-fonds uniek? Die Coronation-top-20 is ’n aktief bestuurde portefeulje van aandele wat ons as die beste geleenthede op die JSE beskou. Die fonds mag nie op enige gegewe tydstip in meer as 20 aandele belê nie, teenoor die 50 tot 60 aandele waarin aktief bestuurde aandelefondse gewoonlik mag belê en die meer as 140 aandele vir passiewe fondse wat ’n breë SA aandele-indeks navolg. Dié konsentrasie beteken beleggers in die fonds het verhoogde blootstelling aan die aktiewe posisies op die JSE wat Coronation hoogs oortuig is goed sal presteer. Die fonds se potensiaal om alfa te genereer word dus vergroot, maar dit beteken ook sy beleggers moet op korter termyn onegalige opbrengste verduur. Die beloning op lange duur is egter uitsonderlike welvaartskepping, soos uit die grafiek blyk. In baie opsigte is dit asof ’n mens se persoonlike beleggingsportefeulje deur Coronation se beleggingspan bestuur word.
Waaraan skryf ons die fonds se sukses toe? 1. Langtermynfokus van uitmuntende navorsing Die fonds se prestasierekord spruit regstreeks uit die benutting van navorsing deur ons beleggingspan van sowat 70 professionele beleggers. Als wat ons doen, verseker dat ons maatskappye ontleed, bespreek en uiteindelik takseer op grond van hul langtermyn- fundamentele eienskappe. Ons reken dit gee ons ’n voorsprong op die gemiddelde belegger.
2. Hoë oortuiging en dissipline Die beperking van 20 aandele verg groot dissipline van die fondsbestuurders wanneer hulle aandele koop of verkoop. Om ’n nuwe idee tot die portefeulje toe te voeg, beteken noodwendig die mins aantreklike idee moet verkoop word, dus koop beleggers by ’n portefeulje in wat slegs bestaan uit aandele waarvan ons hoogs oortuig is. Terwyl die getal aandele in die portefeulje beperk word, geld geen beperking op hoeveel WAARDE VAN R100 000 (SEDERT ONTSTAAN IN JULIE 2000)
blootstelling die fonds aan die verskillende sektore op die JSE kan hê nie.
Huidige posisionering Soos met enige Coronation-fonds, probeer ons ’n portefeulje saamstel wat verskillende uitkomstes kan deurstaan. Die fonds bly gevolglik taamlik defensief belê in aandele met blootstelling aan die SA ekonomie, met aandelebates oor die banke, lewensversekeraars en voedselhandelaars heen versprei. Ons SA aandelebates staan skouer aan skouer met uitstekende internasionale sakeondernemings wat sterk groei teen aantreklike waardasies, asook mynbouaandele (soos blyk uit ons tien topbates hieronder) wat ook aantreklike waardasies en wesenlike opbrengs op vryekontantvloei het. ’n Onlangse verandering in die fondsbates was onder meer dat ons in die kwartaal tot einde September ons posisie in FirstRand weens die inkrimping in sy veiligheidsmarge beëindig het en ’n nuwe posisie op DisChem ingeneem het, waar ons verwag die mengsel van sterk omsetgroei en beter wins in die jare vorentoe verdienstegroei in die tiene sal aandryf.
Vooruitskouing Ons intensiewe, langtermyngerigte benadering was deurslaggewend om oor die afgelope 21 jaar konsekwent onderwaardeerde idees vir die fonds te identifiseer. Dit het ’n hoogs gefokuste portefeulje soos die Coronationtop-20 in staat gestel om op lang termyn vir sy beleggers alfa te lewer. Ons gaan voort om oor die mark heen aantreklike geleenthede te vind – mynbouaandele, internasionale sakeondernemings wat plaaslik genoteer is, en aandele met net SA blootstelling. Ons glo dit plaas die fonds in ’n gunstige posisie vir die verwagte opbrengste in die jare wat voorlê. ■ Christo Lineveldt is ’n beleggingspesialis by Coronation.
Hoogtepunte vir die Coronation-top-20 (soos op 30 September 2021): • 1ste in die Asisa-kategorie Suid-Afrikaans – Aandele – Algemeen sedert sy ontstaan 21 jaar gelede • Het geannualiseerde alfa van 3,5%** ná aftrekking van gelde gelewer vergeleke met sy maatstaf • Gemiddeld 3,4% per jaar ná gelde beter as die kategoriegemiddeld gepresteer *finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers ** Coronation is ’n gemagtigde finansiëledienste-verskaffer. Raadpleeg asseblief die fonds se jongste minimum blootstellingsdokument vir meer inligting.
3 000 000
Bates *Naspers/Prosus
% besit 14,3%
Normale p/v 9x
Dividendopbrengs 0,2%
2 500 000
Anglo American
10,2%
8x
6,1
Nedbank
8,8%
7x
5,6
Glencore
8,7%
13x
6,7
Standard Bank
7,6%
7x
6,0
Momentum Metropolitan
5,7%
8x
4,5
2 000 000 1 500 000 1 000 000
4,6%
6x
8,6
Quilter
4,6%
11x
3,4
0
Sanlam
4,4%
10x
5,7
AngloGold
4,0%
4x
3,2
09-30-’00 09-30-’01 09-30-’02 09-30-’03 09-30-’04 09-30-’05 09-30-’06 09-30-’07 09-30-’08 09-30-’09 09-30-’10 09-30-’11 09-30-’12 09-30-’13 09-30-’14 09-30-’15 09-30-’16 09-30-’17 09-30-’18 09-30-’19 09-30-’20 09-30-’21
British American Tobacco 500 000
Coronation-top-20
Coronation-top-20-maatstaf
Alsi
Top-40-indeks
BRON: Morningstar (einde Oktober 2021)
@finweek
finweek
finweekmagazine
5,0% BRON: Coronation
finweek 26 November 2021
29
fondsfokus V&A Deur Leon Kok
BELEGGING
Fokus op die 31 jaar oue Orbis Global Equity-fonds ’n Regte internasionale fonds met ’n onder-na-bo-benadering.
d
ie Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbrengs van 11,4% behaal, teenoor sy maatstaf van 7,8%. Die beleggingsmaatskappy sê hoewel mediumtermynsyfers swak was, hy optimisties oor toekomstige opbrengste is. Fondsfokus het die bestuur na sy opvallende kenmerke gevra.
X Hoekom sal ’n slim belegger in jul fonds wil belê? Ons beskou dit as die geskikste vir diegene wat die batetoewysingsbesluit geneem het om ’n voorafbepaalde bedrag in internasionale aandele te belê. Daarbenewens is die fonds se mikpunt hoër opbrengste as die gemiddelde van die wêreld se aandelemarkte, sonder groter risiko van verlies.
X Wie is die vernaamste mense in sy bestuur en waar is hulle geografies geleë? Daar is vyf aandelekiesers wat kliënte se kapitaal in die Global Equity-fonds bestuur: Adam Karr, Brett Moshal, Edward Blain, Stefan Magnusson en Benjamin Preston. Beleggingspanne, wat advies gee aan die span wat in Bermuda gebaseer is en ’n mate van portefeuljebestuur doen, is ook in Londen, San Francisco, Hongkong en Tokio geleë.
X Algemene beleggingstyl? Orbis poog om aansienlik minder vir sekuriteite te betaal as wat dit werklik werd is. Aandelemarkte is oor die algemeen doeltreffend, en ten einde die kanse te hê om ondergewaardeerde aandele te vind, sorg Orbis vir die wydste moontlike geleenthede. Gegewe sy teenstrydige beleggingsfilosofie, bestee Orbis meer tyd aan navorsing oor aandele wat gemiddeld teen laer veelvoude as die breër mark verhandel. Orbis het nog nooit sy soektog beperk tot belegging in vinnige of stadige groei, in groot of klein maatskappye, of hoë of lae gehalte nie – en hy vermy nie noodwendig aandele met hoër waardasieveelvoude nie.
30
finweek 26 November 2021
Hierdie benadering maak ons dus ’n waarde-georiënteerde belegger, maar nie ’n “waarde”-bestuurder nie. Namate die geleenthede in die aandelemark verander, kan Orbis neig na wat ander as onder meer “groei” of “kwaliteit” beskou, maar dit word altyd gedryf deur opportunistiese aandelekeuse eerder as een styl of een faktor bo ’n ander.
X Enige ander interessante opmerkings oor die portefeulje se aandele-samestelling en hoe dit vorentoe aangepas kan word? Ongeveer 50% is belê in die volgende vyf sleuteloorgewiggebiede wat in totaal ongeveer 15% van die maatstaf uitmaak en wat die leidende posisies tussen hakies bevat het: China (NetEase); ander ontluikende markte (Naspers*, Sberbank van Rusland, Taiwan Semiconductor Manufacturing); tabak en drank (BAT, Diageo, Fomento Económico Mexicano); geselekteerde nywerhede (XPO Logistics, GXO Logistics, Howmet Aerospace); en Amerikaanse gesondheidsorgverskaffers en -dienste (UnitedHealth Group, Anthem). Daarenteen maak belange in inligtingstegnologie, finansies en vaste eiendom, diskresionêre verbruikers, verbruiksgoedere, gesondheidsorg (biotegnologie en gesondheidsorgverskaffers en -dienste uitgesluit) en nutsmaatskappysektore in Amerika gesamentlik ongeveer 15% van die Orbis Global Equity-fonds uit, teenoor ongeveer 45% van die maatstaf. In vergelyking met die gemiddeldes van hul Wêreldindeks-eweknieë, groei die maatskappye wat in die fonds gehou word vinniger, maar verhandel hulle nietemin teen aansienlik laer waardasies, wat ons glo oortuigend is.
X Potensiële politieke risiko? Julle het vroeër gesê dat Chinese aandele oortuigend lyk. Is dit steeds waar? Met perfekte agternabeskouing lyk die verkoop van ons Chinese aandele vroeër in die jaar en die terugkoop daarvan op hierdie vlakke nou slimmer as om dit deurgaans te gehou het. Maar dit is nie hoe ons ons beleggings doen nie. Ons taak is om aantreklike, eiesoortige risiko’s rasioneel te evalueer en uit te soek op grond van
ons navorsing en om gedurende ongemaklike tydperke van onderprestasie gedissiplineerd te bly. Dit klink maklik op papier, maar ek kan jou verseker mens voel op daardie tydstip nooit so baie gemaklik met die situasie nie. Van die grootste wenners in die geskiedenis van die Orbis-fondse – XPO Logistics, NetEase en Samsung Electronics om net ’n paar van hulle te noem – het ons inderdaad meer as een keer dom laat lyk voordat hulle hul fundamentele faktore uiteindelik gestand gedoen het. Ons voel vandag dieselfde oor baie van ons ander belange. In die geval van ons Chinese beleggings bly ons siening dat hierdie maatskappye van die heel beste geleenthede op enige plek in die wêreld verteenwoordig en hulle regverdig steeds groot posisies in die Orbis-fondse. Ons beoordeling van intrinsieke waarde is nou ietwat laer – en ons bly versigtig oor algemene Chinese blootstelling – maar ons glo dat die verkope in byvoorbeeld NetEase en Naspers/Tencent heel buitensporig was. NetEase sowel as Naspers bied blootstelling aan uitsonderlike besighede, maar hulle verkoop tans baie ver onder die gemiddelde prysveelvoude. En hoewel hierdie aandele die afgelope maande op opbrengste geweeg het, is dit die moeite werd om te onthou dat dieselfde beleggings gehelp het om te vergoed vir die skade elders in die portefeulje tydens verlede jaar se “Covid-ineenstorting”.
X Uitstaande internasionale prestasiegeleenthede in die aandelemark in die vooruitsig oor die volgende drie tot vyf jaar? Vanuit ’n onder-na-bo-perspektief is daar groot ontwrigtings in aandelewaardasies. Die maatskappye wat ons vandag in die portefeulje besit, verhandel teen aansienlik laer waardasies as die algehele indeks en daarom glo ons die vooruitsig om oor die volgende drie tot vyf jaar goed te presteer, is baie belowend. Ons glo dit is minder waarskynlik dat die absolute opbrengste wat oor die afgelope drie tot vyf jaar ervaar is, herhaal sal word, gegewe dat internasionale markwaardasies vandag selfs hoër is as wat dit voor die Covidontrekkings was. ■ * finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.
www.netwerk24.com/finweek
fondsfokus Ninety One Deur Hannes van den Berg en Rehana Kahn
BELEGGING
Is plaaslik steeds lekker? Die vooruitsigte vir verskeie plaaslike aandele is steeds positief, ondanks negatiewe sentiment.
Foto: Shutterstock
@finweek
finweek
finweekmagazine
SA SE EKWITEITSPRENTJIE HET VERANDER SEDERT DIE COVID-LAAGTEPUNTE BYDRAE TOT ONS MARKTE SE OPBRENGS SEDERT 2020
KUMULATIEWE OPBRENGSTE SEDERT MAART 2020
220 30%
200 Naspers Algemene handelaars Alsi
180
14%
160 100%
140 50%
120 6% Jul. ’21
Mei ’21
Mrt. ’21
Jan. ’21
Nov. ’20
Sep. ’20
Jul. ’20
Mei ’20
100 Mrt. ’20
t
oe Suid-Afrikaanse aandele 18 maande gelede belowend begin lyk het, het talle beleggers steeds nie in hulle belanggestel nie. Beleggers het SA Beperk se negatiewe “fliek” van die afgelope vyf jaar in aanloop tot Covid-19 oor en oor gespeel, toe plaaslik nie so lekker was nie. Beleggers het geld gemaak deur Naspers*, hulpbronaandele en wêreldnywerheidsaandele op ons aandelebeurs te besit, terwyl hulle weggebly het van maatskappye van SA Beperk. Toe die pandemie tref, het die prentjie selfs droewiger vir dié aandele gelyk. Streng inperkings het beteken dat SA se ekonomiese groei ineengestort het, en met sy binnelands georiënteerde aandele het hul vooruitsigte vir verdienste swak gelyk. In die vroeë deel van 2020 is dié verdienstevoorspellings skerp met 40% tot 50% afgradeer. Ontleders het voorspel dat party ondernemings se verdienste selfs laer as in 2019 sou wees, wat reeds ’n uitdagende jaar vir talle plaaslike maatskappye was. Dié afgraderings in verdienste het die aandeelpryse van plaaslike aandele, soos banke en kleinhandelaars, skerp laer gedryf. Soms kan die breër mark te positief of te negatief oor ’n maatskappy of sektor se verdienstevooruitsigte wees. Ons taak is om geleenthede te vind wat die breër mark nog nie geïdentifiseer het nie, en ons vermy beleggings wat miskien nie so aantreklik is as wat die konsensusmening is nie. In die middel van verlede jaar, het ons navorsing oor banke en kleinhandelaars ons tot die gevolgtrekking laat kom dat toestande nie noodwendig so swak as die markkonsensus was nie. Ons verdienstevoorspellings vir banke en kleinhandelaars het wesenlik verskil van konsensusvoorspellings. Ons het verwag dat die verdienstevoorspellings van party van die aandele in dié sektore opwaarts hersien sou word, danksy ’n klomp steunmaatreëls vir verbruikers, en banke wat minder afskrywings weens slegte skuld het as wat verwag is. In die derde kwartaal van verlede jaar, het ons begin om die Ninety One Equity Fund in die rigting van kleinhandelaars en banke te draai en die opwaartse potensiaal begin vasvang toe sentiment positief vir plaaslike aandele begin word het. Soos die grafiek toon, het aandele
Naspers
Hulpbronnne
Wêreld-konglomerate
Die res van die mark
Alsi
BRON: Ninety One en Bloomberg van 31 Maart 2020 tot 31 Julie 2021.
van SA Beperk bykans een derde van die Alsi se wins van 60% sedert Maart 2020 uitgemaak, terwyl Naspers se bydra net 6% was. Ons aandelebesit in SA Beperk het die klerasiekleinhandelaars soos TFG en Truworths, asook die banke Absa, FirstRand en Capitec ingesluit. Ondanks opgraderings oor die afgelope maande, sien ons nog opwaartse potensiaal in banke se verdienste. Die ekonomiese skokke weens die pandemie het beteken SA banke moes verlede jaar groot voorsienings vir slegte skuld maak, en ons glo talle van dié voorsienings was té konserwatief. Banke ervaar tans minder nie-presterende lenings as wat verwag is. Nierente-inkomste en transaksiebedrywighede het ook verwagtinge oortref. Die vooruitsigte vir kleinhandelaars bly positief. Maatreëls vir bankskuld, spesiale toelaes vir Covid-19, rekord-lae rentekoerse en versekeringsuitbetalings het broodnodige steun aan verbruikers gebied, wat op hul beurt kleinhandelaars ’n hupstoot gegee het. Die kredietkleinhandelaars het twee hefbome wat hulle kan trek. Hulle kan óf krediet verminder en derhalwe minder wanbetalings ervaar, óf hulle kan hul krediethefboom trek om inkomste ’n hupstoot te gee deur krediet aan verbruikers te verleen. Dit gebeur selde dat kredietkleinhandelaars nie krediet verleen en dan slegte skuld ervaar nie. Die mark het hulle vir albei scenario’s gestraf. Dit skik die toneel vir moontlike opgraderings in verdienstevoorspellings, wat vir ons geleenthede skep.
Die behoud van ’n pro-sikliese tendens – globale groei moet ondersteunend bly Ons nader tans die middel van die siklus waar wêreld- ekonomiese groei matiger is en breër opbrengste in die aandelemark tipies laer is. Wêreldmarkwisselvalligheid weerspieël kommer oor hoër inflasie, traer groei en ’n vermindering in stimulusmaatreëls. Hoewel wêreldgroei afneem, bly dit op of bo die tendens, wat positief vir aandele is, insluitend ontluikende markte. Plaaslike sikliese ondernemings soos banke en kleinhandelaars beslaan 38% van ons SA aandeleblootstelling. Wêreld- sikliese ondernemings, wat gediversifiseerde maatskappye soos Richemont en Sasol insluit, vorm 28% van ons SA aandeleblootstelling. Ons verwag dat wêreldgroei aandele wat aan die wêreldekonomie blootgestel is, steeds sal steun. Waardasies vir die hulpbronsektor bly uitsonderlik relatief tot sterk verdienstegroei en kontantskepping. Ons verwag dat wisselvalligheid op die nabye termyn hoog sal bly. Onsekerheid oor die tempo van Chinese ekonomiese groei weeg swaar op die pryse van kommoditeite soos ystererts. Defensiewe aandele is ’n belangrike diversifiseerder in ons portefeulje omdat hulle minder sensitief vir ekonomiese siklusse is. Heelwat meer as ’n derde van die SA deel van die portefeulje bestaan uit defensiewe aandele, insluitend Naspers, Prosus, MTN, Aspen en Bidcorp. ■ *finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers. Hannes van den Berg is die medehoof van SA Equity & MultiAsset en Rehana Kahn is ’n portefeuljebestuurder by Ninety One.
finweek 26 November 2021
31
fondsfokus PPS Deur Anil Thakersee
BELEGGING
Stuur só deur ’n wêreld van geleenthede Buitelandse beleggings: Op lang termyn is diversifikasie belangriker as jou tydsberekening met die rand.
o
m in die buiteland te belê, is ’n belangrike deel van enige langtermyn-beleggingstrategie, want dit bied meer diversifikasiemoontlikhede as wat deur die Suid-Afrikaanse markte beskikbaar is. Suid-Afrika is ’n taamlike klein, oop ekonomie met sowat 330 belêbare maatskappye wat op die plaaslike beurs met ’n markkapitalisasie van net meer as $1 000 miljard genoteer is. Om dit in konteks te plaas: wêreldaandelemarkte saam het in dieselfde tyd ’n markkapitalisasie van net meer as $94 000 miljard gehad. Die SA mark verteenwoordig dus sowat 1% van die wêreld se aandelemarkte. Naas die wye verskeidenheid nywerhede en maatskappye wat in wêreldmarkte beskikbaar is, is die bykomende voordeel jou blootstelling aan ekonomiese groei in buitelandse ekonomieë, wat jou portefeulje minder afhanklik maak van groei in die SA ekonomie om jou algehele opbrengs op te stoot. Buitelandse beleggings bly ’n belangrike stukkie gereedskap in die bateklas-gereedskapskissie om gediversifiseerde portefeuljes op te bou. Die mengsel van verskillende bateklasse, elk op ’n ander deel van die risiko-opbrengs-spektrum, optimaliseer die oorhoofse risiko-opbrengs-profiel van die portefeulje in sy geheel.
Om te voorspel wat die rand gaan doen Die randwisselkoers is nie alleen ’n syfer wat die meeste Suid-Afrikaners gebruik om hul finansiële welvaart mee te meet nie, maar word dikwels ook as ’n weerspieëling van ons land se aandeelprys beskou. Skommelings in die waarde van die plaaslike geldeenheid kan gevolglik ’n invloed op beleggersentiment hê en soms reaktiewe besluitneming veroorsaak. Onthou egter gerus dat die wilde skommelings van die afgelope dekades byna almal met wêreldgebeure verband gehou het wat die wêreldwye aptyt vir risiko en wêreldwye likiditeit laat afneem het. Dit beteken nie ons is sonder maatskaplike en groei-uitdagings as ’n ekonomie nie, maar in ’n stelsel van swewende wisselkoerse is dinge meer dinamies. En ons sit met ’n magdom faktore wat die wisselkoers beïnvloed. As een van die likiedste geldeenhede van ontluikende markte wêreldwyd, kan die rand inderdaad soms uiters wisselvallig wees. Verskeie dinge neig om die rand te beïnvloed, waaronder hulpbronpryse, inflasieverskille, rentekoerse, ekonomiese groei en die uitwerking van binnelandse kwessies. Dit maak dit uiters moeilik om te probeer voorspel waarheen die rand op kort termyn op pad is. Grafiek 1 wys hoe die rand oor 26 jaar in kalenderjare verstewig of
verswak het, met elke lyntjie wat ’n individuele jaar uitbeeld. Dit het nie ’n patroon wat ’n mens van jaar tot jaar kan uitmaak nie en om die beweging van die rand op kort termyn te probeer voorspel, kom op raaiwerk neer. Histories beskou neig die rand om op lang termyn te verswak. Die sirkels om sommige punte in grafiek 2 dui tydperke van verhoogde onsekerheid in markte aan, waar die rand geneig het om oordrewe erg te verswak. Die neiging sedert 1994 is egter dat die rand verswak. Let egter daarop dat dié depresiasie in nominale terme is, in reële terme (nadat inflasieverskille in berekening gebring is) bly die rand naby sy koopkragpariteit (aangedui deur die stippellyn), wat die inflasiedifferensiaal verklaar. Lande met ’n hoër inflasiekoers, soos SA, se geldeenheid sal verswak teen lande met laer inflasie.
Buitelandse belegging – beplan en bestuur geleenthede ’n Belangrike tema wat die afgelope jare uitspeel, is hoeveel sterker groei-aandele as waarde-aandele presteer. Dit was in ’n mate die aandrywer van portefeuljebestuurders se prestasie wêreldwyd. Die tien topmaatskappye van die S&P500 vorm byna ’n kwart van die indeks se totale markkapitalisasie. Dié reusemaatskappye was in onlangse jare grootliks vir die styging van die indeks verantwoordelik, en blootstelling – of ’n gebrek aan blootstelling – aan dié maatskappye het beleggingsprestasies skeefgetrek. Daarby moes internasionale fondsbestuurders ’n ewewig vind tussen blootstelling aan ontluikende markte wat struktureel vinniger groei en blootstelling aan ontwikkelde markte met bestendiger, maar laer groei. Dit was nog meer van ’n uitdaging in ’n omgewing wat deur ’n pandemie gekenmerk is en waar verskillende lande in verskillende stadiums is om hul ekonomieë te heropen. Sodra daar besluit is om beleggingsgeld aan bates in die buiteland toe te wys, begin die talle uitdagings om die beste vennote te identifiseer en uit te kies. By PPS Investments konsentreer ons daarop om met groot, gevestigde bestuurders saam te werk wat ’n lang prestasiegeskiedenis het van konsekwent voortreflike opbrengste wat deur verskeie siklusse en die wisselvalligheid van markte heen gelewer word. Dit bly kritiek belangrik om goeie finansiële beplanningsadvies te verkry oor hoe jou beleggings gestruktureer moet word om die vereiste resultate te behaal deur onder meer ’n balans tussen binnelandse en buitelandse beleggings te handhaaf. ■ Anil Thakersee is hoof van bemarking en sake-ontwikkeling by PPS Investments. GRAFIEK 2 DIE RAND: LANGTERMYN-VERSWAKKING
GRAFIEK 1 VERSTEWIGING/VERSWAKKING VAN DIE RAND OOR KALENDERJARE 1994 - 2020
25 20
150
Rand / VS$
Verstewiging (%) – Verswakking (%)
200
100
0 1994 1996 1998 2000 2002 2004 2006 2008 2010 2012 BRON: IRESS
finweek 26 November 2021
10 5
50 0
32
15
2014 2016 2018 2020 BRON: IRESS
www.netwerk24.com/finweek
INVESTING IS A TEAM EFFORT. When you’re looking to grow your investment, you need a partner with a great reputation and track record. That’s PPS Investments.
INVESTMENTS
Visit www.pps.co.za/invest/ to find out more. PPS Investments is a Licensed FSP T’s and C’s apply.
fondsfokus slotsom Deur Leon Kok
VOORUITSIG
Hoe om in die volgende dekade na waarde in aandele te soek
Moenie net op die vooruitsigte vir wêreldaandelefondse konsentreer nie, kyk eerder na die gehalte van jou fondse.
Foto: Shutterstock
b
aie mense vra my uit oor die vooruitsigte vir wêreldaandelefondse in die volgende dekade. Dis nie ’n maklike vraag om te beantwoord nie. Soos ek al voorheen aangedui het, is die gehalte van die fondse waarin jy belê belangriker as die enkele prestasie van die mark in die algemeen. Selfs al was slegs die markvooruitsig beslissend in jou besluitneming, sal jy nie sommer ’n eenvoudige antwoord kry nie. Daarvoor is daar te veel variasies op die tema. Die internasionale fondsbestuurder Schroder, wat in Londen gesetel is, se tienjaarvoorspelling vir wêreldaandele is byvoorbeeld ’n geannualiseerde 4,3%. Ingedeel in streke wys dit Amerika op 4,4%, Europa op 2,8%, Japan 2,6% en ontluikende markte 6,7%. Schroder reken egter markte sal aan dieselfde soort wisselvalligheid as in die afgelope tien jaar onderhewig wees. Savita Subramanian, aandelenavorsingshoof by die Bank of America, meen opbrengste oor die volgende tien jaar sal papperig wees, tensy dividende herbelê word. Met byna elke maatstaf gemeet is aandele duur, sê sy, dus sal dubbelsyferstygings hoër as die maatstaf waarskynlik nie sommer gou herhaal word nie. “Markte kan egter die dekade lange neiging voortsit dat aandelemarkopbrengste grootliks aan dividende te danke is. Sedert 1970 kon 84% van die totale opbrengs van die S&P 500 toegeskryf word aan dividende wat herbelê is.” David Kostin, ’n strateeg van Goldman Sachs, sê indeksveranderings moenie onderskat word nie. “Die S&P verander mettertyd. Sedert 1980 kom en gaan meer as 35% van die indeks se aandele oor elke gemiddelde tydperk van tien jaar. In Julie 2012 het ons voorspel Amerikaanse aandele sal in die daaropvolgende tien jaar ’n gemiddelde opbrengs van 8% genereer, wat sou wissel tussen 4% en 12%. Die S&P 500 het egter 13,6% per jaar gelewer sedert ons verslag ’n paar jaar gelede uitgereik is. “Een van die maatskappye wat in die indeks bygekom het, was Facebook, wat vandag ’n markkapitalisasie van $690 miljard het en die vyfde grootste aandeel in die indeks is. Intussen het 170 nuwe aandele bygekom, terwyl ewe veel uitgeval het.” Van die meer onmiddellike kwessies wat ’n invloed op die indeks het, is die deltavariant van Covid-19, inflasie en sentrale banke se gepeuter met inflasie. ’n Algemene siening in ontwikkelde markte is dat vanjaar se skerp styging in inflasie meesal
34
finweek 26 November 2021
van verbygaande aard is, en dat die groot sentrale banke, met die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) aan die voorpunt, eers oor twee jaar rentekoerse sal begin verhoog. Daarby kom boonop die skerper as verwagte verlangsaming in China. Aan die ander kant moet ’n mens die impak van stygende inflasie nie buite rekening laat nie. Die probleem is dat dit verdienstegroeiverwagtinge demp, wat afwaartse druk op aandelepryse plaas. Amerika se beleid van maklike geld in die 1970’s was byvoorbeeld bedoel om volle indiensneming aan te help, maar het ’n gemors veroorsaak. Die aandelemark het oor ’n tydperk van 20 maande met 50% gedaal en die ekonomie het meer as ’n dekade lank slae gekry. Pieter Koekemoer, hoof van persoonlike beleggings by Coronation, sê: “Ons weet almal langtermynbelegging is toekomsgerig, wat beteken dat onsekerheid altyd ’n uitdaging sal wees. Dis belangrik om te onthou dis ’n stelseleienskap, nie ’n stelselfout nie. As jy nie ’n manier kan vind om onsekerheid te omarm nie, sal jy hoogs waarskynlik nie doeltreffend belê nie, in welke geval jou beleggings dikwels nie juis vir jou vreugde sal bring nie.” John Bogle, stigter van die Vanguard-groep van beleggingsmaatskappye in Amerika, het waardevolle wenke: z Om suksesvol te belê, moet jy net enkele dinge reg doen en ernstige foute vermy. z Geduld en konsekwentheid is ’n groot bate. Die beste reël is: “byt vas”. z Terwyl ’n aandele/effekte-verhouding van 80/20 miskien gepas was tydens jou bymekaarmaakfase, kan dit verstandig wees om jou aandeleblootstelling te verklein wanneer jy die luukse van ’n randkostevergemiddeling oor jou werksleeftyd heen gehad het. z In die uitsoek van aandelefondse kan geen ontleding van die verlede toekomstige uitmuntendheid verseker nie. Wees tevrede met ’n bestendige hoofstroom-aandelefonds waar sowat 85% van die opbrengs aan die optrede van die aandelemark toegeskryf kan word. z Dink langtermyn. Moenie dat kortstondige veranderings in aandelepryse jou beleggingsprogram omverwerp nie. Die daaglikse wisselvalligheid van die aandelemark is vol geraas, alte dikwels iets soos, in Shakespeare se woorde, ’n “verhaal wat vertel word deur ’n idioot, vol geluide en drif, wat niks beteken nie”. ■
“Markte kan egter die dekade lange neiging voortsit dat aandelemarkopbrengste grootliks aan dividende te danke is. Sedert 1970 kon 84% van die totale opbrengs van die S&P 500 toegeskryf word aan dividende wat herbelê is.”
www.netwerk24.com/finweek
promosie-artikel IG Markets
Bied plaaslike platinumaandele waarde? Plaaslik genoteerde platinumaandele is goed geplaas om voordeel te trek uit ’n styging in onderliggende PGM-pryse.
p
latinumgroepmetale (PGM’e) was van Mei tot September vanjaar opnuut onder druk. Swakheid in dié bateklas was grootliks toe te skryf aan die tekort aan halfgeleiers en mikroskyfies, wat die produksie en verkope van motorvoertuie ontwrig het. Die motorbedryf vorm die grootste deel van die nywerheidsvraag na PGM, want dié metale word in motorvoertuie se uitlaatpype gebruik om beskerming teen skadelike vrystellings te help bied. Die wêreldwye mikroskyfietekort sal na verwagting tot diep in 2022 voortduur, want voorsieningskettings is ontwrig en vervaardigingsvermoë geknou. Die eerste tekens dat dié probleme begin bedaar is egter sigbaar en ons het gevolglik van Oktober tot vroeg in November gesien PGMpryse begin weer styg. Dat palladium duurder geword het (vergeleke met platinum) maak nou ’n saak uit om meer platinum te gebruik, want in die voertuigsektor kan dié metale dikwels uitruilbaar gebruik word.
ZAR Platinum Die grafiek van die NewGold Platinum ETF wys hoe die randprys van platinum klaarblyklik uit sy langdurige afwaartse neiging begin omkeer. Die ingekleurde deel op die grafiek toon ’n patroon wat algemeen as ’n omgekeerde kop-en-skouers-patroon bekendstaan. Die patroon vorm wanneer ’n reeks laer hoogte- en laagtepunte van ’n prys in ’n reeks stygende hoogte- en laagtepunte verander. Dit suggereer die waarde van randgedenomineerde platinum het uit ’n tydperk van verswakking tot in ’n nuwe fase van verstewiging beweeg. NewGold Platinum is ’n beursverhandelde fonds (ETF), saamgestel as ’n skuldbrief, wat 1/100ste van een fynons platinum weerspieël wat in randterme verhandel is. NEWGOLD PLATINUM ETF sent
– 19000 – 18000
Jul.
Aug. Sep. Okt. Nov.
Feb.
2022
Aandeelprys
Diskonto/ Premie op Teiken
Amplats
HOU
10
1675,90
1,532
-8,59%
Impala Plats
KOOP
10
270,90
189,99
-29,87%
Northam Platinum
KOOP
8
266,50
205,73
-22,80%
Sibanye-Stillwater
KOOP
11
77,55
51,75
-33,26%
Bied plaaslike platinumaandele waarde? Die tabel met die JSE-genoteerde platinummynmaatskappye Anglo American Platinum (Amplats), Impala Platinum (Implats), Northam Platinum en Sibanye-Stillwater, toon makelaars se konsensusaanslag en prysramings vir dié aandele. Die makelaarsaanslag en prysteikens is verkry uit Refinitiv-data op 10 November 2021. Die makelaarsaanslag is op die IG-verhandelingsplatform te kry. Die tabel wys dat Sibanye-Stillwater, gevolg deur Implats, (soos op 10 November) teen die grootste diskonto op die langtermynmediaan van ontleders se prysteikens verhandel. Northam, wat ook tans as ’n konsensuskoop op lang termyn beskou word, kan met betrekking tot sy onlangse aankondiging oor die verkryging van Royal Bafokeng egter deur party ontleders heraangeslaan word. Amplats is die enigste aandeel (uit die vier hier gedek) wat as HOU aangeslaan word.
Korporatiewe aktiwiteit Op kort termyn begin ons ’n mate van konsolidering sien. Royal Bafokeng Platinum, wat aangedui het aandeelhouers sal nie ’n aandeleskema-verkrygingstransaksie van Implats steun nie, het daarna ’n ooreenkoms met Northam Platinum gesluit. Northam wil 32,8% van Royal Bafokeng verkry teen ’n groot premie op sy verhandelingsprys. Weens dié nuus het die mark Northam se aandele afverkoop en Royal Bafokeng se aandele hoër gebie.
– 16000
Plaaslik genoteerde platinumaandele is gereed om uit ’n styging in die prys van onderliggende PGM’e voordeel te trek. Die grafieke suggereer dat die platinumprys in die vroeë stadium van ’n groter omkeertendens kan wees (van daal tot styg). Die sukses van dié omkeer sal onder meer beïnvloed word deur die motorvoertuigbedryf, wat ’n belangrike bron van die vraag na PGM’e is. ’n Herstel van die ekonomie en minder ontwrigting van voorsieningskettings is nodig om groei en op sy beurt ook aanvraag te steun. ■
– 13000 – 80 – 20 Jun.
LT Teikenprys
Ten slotte
– 14000
Apr. Mei
Getal makelaars
– 17000 – 15000
2021 Feb. Mrt.
LT Makelaars -aanslag
Maatskappy
Die inligting hierbo is voorberei deur IG, ’n handelsnaam van IG Markets Ltd en IG Markets South Africa Limited. Die materiaal op hierdie bladsy bevat nie ’n rekord van ons verhandelingspryse, of ’n aanbod of werwing van ’n transaksie in enige finansiële instrument nie. IG aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige gebruik wat van enige van hierdie opmerkings gemaak mag word en vir enige gevolge wat daaruit mag voortspruit nie. Geen voorstelling word gemaak of waarborg gegee wat betref die akkuraatheid of volledigheid van die inligting nie. Sou enige persoon op grond daarvan handel, is dit geheel en al op eie risiko. Navorsing wat hier aangebied word, neem nie spesifieke beleggingsdoelwitte, finansiële situasie en behoeftes van enige spesifieke persoon wat dit mag ontvang in aanmerking nie. Dit is nie voorberei in ooreenstemming met wetlike vereistes wat ontwerp is om die onafhanklikheid van beleggingsnavorsing te bevorder nie en word as sodanig nie geag ’n bemarkingsboodskap te wees nie. Hoewel ons nie spesifiek beperk word om voor ons aanbevelings transaksies aan te gaan nie, probeer ons nie om dit te gebruik voordat dit aan ons kliënte beskikbaar is nie. Verliese met CFD kan groter wees as jou deposito’s. IG is ’n handelsnaam van IG Markets Ltd en IG Markets South Africa Limited. Internasionale rekenings word aangebied deur IG Markets Limited in Brittanje (FCA-nommer 195355), ’n regsverteenwoordiger van IG Markets South Africa Limited (FSP-nommer 41393), en ’n gemagtigde verskaffer van afgeleide-oor-die-toonbank-instrumente en word gereguleer deur die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor.
@finweek
finweek
finweekmagazine
finweek 26 November 2021
35
Foto: Shutterstock
IG se vrywaringsklousule
markplek belegging Deur Schalk Louw
BELEGGING
Die beleggingswêreld van A tot Z Schalk Louw kyk na die belangrikste beleggingsfaktore van die jaar in alfabetiese volgorde. A – ANC
G – GOUD
Op 1 November het Suid-Afrikaners na die stembus gegaan om in die munisipale verkiesing te stem. Die resultaat was egter nie wat die ANC of die DA gehoop het dit sou wees nie. Volgens die uitslag ondersteun 46% van die land die ANC, terwyl die DA die steun van 22% van die bevolking het. Dié syfers vertoon nogal ’n skerp afname van onderskeidelik 54% en 27% in 2016.
Goud en ander edelmetale het ’n oneweredige jaar beleef. Nadat die jaar teen net onder $1 900 per ons begin het, het die goudprys in Maart tot sowat $1 680 gedaal. Tans is dit terug op bo $1 800 per ons. Hoewel palladium se prysskommeling beslis ook uitgesonder kan word, was dit rodium wat die eerste prys vir die grootste prysskommeling gewen het. Aan die begin van die jaar was sy prys $17 000 per ons en in Maart het hy net onder $30 000 ’n draai gaan maak. Op 1 November het hy al die pad terug teen $14 100 per ons verhandel.
B – BITCOIN Of jy dit nou liefhet en of jy dit haat, moet ons toegee dié kripto-bates is blykbaar hier om te bly. Nie net het die bekendste van almal van hierdie nuwe geldmiddel, bitcoin, aan die begin van November van vlakke onder $29 000 elk tot meer as $62 000 opgeskiet nie, maar ons het nou ook die notering van die eerste bitcoin-gekoppelde beursverhandelde fonds (ETF) gesien.
H – HUISPRYSE EN EIENDOM President Cyril Ramaphosa
C – COVID-19 Aan die begin van vanjaar het ons gehoop dat Covid19 teen hierdie tyd iets van die verlede sou gewees het. Maar ons het vanjaar ’n tweede golf van die virus binnegegaan, gevolg deur ’n soortgelyke derde golf in die middel van die jaar. Met die skryf hiervan het dit gelyk of SA nou sy sake onder beheer het, met slegs 230 nuwe gevalle wat op 31 Oktober aangemeld is. Ons inentingsveldtog beweeg egter steeds baie stadig in vergelyking met inentings in ander lande. Daar is tans slegs 31% van die volwasse bevolking van SA wat ten volle ingeënt is.
I – INFLASIE EN EKONOMIE Die jongste verbruikersprysindekssyfers (September) toon jaar-tot-jaar-inflasiegroei van 5%, wat blykbaar dieselfde opwaartse neiging as die res van die wêreld volg. Dit is egter die eerste keer sedert Mei 2006 dat SA se jaar-totjaar-inflasie laer is as Amerika s’n. Dit duur al die afgelope vyf maande. Vanuit ’n plaaslike ekonomiese perspektief het SA vanjaar ’n ordentlike herstel gemaak, en die IMF het in sy jongste aankondiging sy groeivoorspellings van 3% aan die begin van vanjaar tot 5% in Oktober verhoog. Hy verwag egter net 2,2%-groei vir volgende jaar .
D – DIVERSIFIKASIE Ons is vanjaar weer eens herinner hoe belangrik ’n goed gediversifiseerde portefeulje is. Beleggers het die afgelope maande ’n ontstellende tydjie deurgegaan, veral op die gebied van plaaslike aandele, eiendom en effekte.
E – ESKOM
Foto’s: Shutterstock I Gallo/Getty Images
Net toe ons gedink het daar is lig aan die einde van die tonnel, soos die president ons gerus gestel het, is beurtkrag in werking gestel. Op 4 Augustus was daar ’n ontploffing by Medupi-kragstasie. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het gesê dié ontploffing kan tot R2 miljard bydra tot die koste om dié kragstasie op te rig en dat die skade tot twee jaar kan neem om te herstel.
F – FINANSIES Op 11 November het Enoch Godongwana, die minister van finansies, sy eerste mediumtermynbegrotingsrede in die nasionale vergadering gelewer. Soos verwag, het regeringsinkomste die verwagtinge van Februarie se nasionale begroting ver oortref. Die bedrag van R120,3 miljard is grootliks te danke aan die goeie vertoning van die mynmaatskappye.
36
finweek 26 November 2021
Huispryse, sowel as die res van die eiendomsmark, het vanjaar nie ’n goeie jaar beleef nie, en volgens FNB het dié sektor tot einde September net met 3% op ’n jaargrondslag gegroei. SA se genoteerde eiendom het verlede jaar een van sy swakste jare beleef, maar het vanjaar sterk herstel, met 24%-groei vir die jaar tot dusver (tot en met 31 Oktober).
J – JSE André de Ruyter Uitvoerende hoof van Eskom
Die FTSE/JSE se indeks van alle aandele het vanjaar tot en met 31 Oktober met 18% gegroei. Maak hierdie een swaeltjie ’n somer? As ons kyk na ontleders se voorspellings vir individuele aandele in die FTSE/JSE se indeks van alle aandele sien ons dat hulle nie saamstem nie. Trouens, as hulle heeltemal korrek is met hul voorspellings (volgens die Refinitiv Eikon-konsensus), verwag hulle steeds 19%groei vir die JSE oor die volgende jaar, dividende uitgesluit.
K – KEN JOU PERKE Geldmarkkoerse was vanjaar relatief stabiel. Ná ’n koers van 3,65% aan die einde van verlede jaar is die huidige 3,45% nie veel van ’n verandering nie. Skuldvlakke is egter steeds baie hoër as wat dit 10 jaar of 20 jaar of selfs 30 jaar gelede was. Skuld as persentasie van besteebare inkomste het vanjaar effens gedaal, en op sy huidige vlak van 66,9% is dit ietwat laer as verlede jaar se 68,8%. Dit, tesame met relatief lae inflasie, is dalk die rede waarom die SARB dalk nie te haastig is om rentekoerse te verhoog nie.
www.netwerk24.com/finweek
markplek belegging
L – LANGTERMYNEFFEKTE
S – SUID-AFRIKAANSE RAND
Langtermynstaatseffektekoerse (10 jaar plus) was nie so stabiel soos geldmarkkoerse nie. Dit het vanjaar op 8,75% begin en het einde Oktober teen 9,64% verhandel.
Die rand het vanjaar een van sy meer stabiele jare gehad. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit was nie maklik nie, maar met die rand wat sedert die begin van die jaar tussen R13,50 en R15,50 teenoor die Amerikaanse dollar gewissel het, kan ons beslis nie kla oor te veel wisselvalligheid nie.
M – MARKTE Ek het reeds gesê dat die JSE ’n beter jaar gehad het wat groei betref, en dinge het in die res van die wêreld ook nie te sleg gelyk nie. Japan se Nikkei het die laagste groeikoers (0,13% in rand) beleef, terwyl die FTSE 100 baie beter gevaar het met 19,9%-groei in rand teen einde Oktober. Die MSCI ACWI-indeks het ’n uitstekende prestasie gelewer met 21,3%-groei in rand, maar die S&P 500 het weer die eerste plek ingeneem met groei van 28,4% oor dieselfde tydperk.
N – NASPERS Geen A-Z van Suid-Afrikaanse beleggings sal volledig wees sonder om Naspers uit te sonder nie. In teenstelling met ander jare die afgelope dekade, het hierdie reus vanjaar egter gesukkel en ondanks korporatiewe optrede (met Prosus) vroeër vanjaar, kan hy net nie daarin slaag om waarde vir aandeelhouers te ontsluit nie. Naspers het tot 31 Oktober meer as 14% van sy waarde vir vanjaar verloor.
T – TITO MBOWENI Tito Mboweni het in Augustus as minister van finansies bedank, ’n pos wat hy sedert Oktober 2018 beklee het. Aangesien dit een van die mees uitdagende poste in SA is, is daar geen twyfel dat hy ’n absolute rots was nie.
U – UITGEBREIDE ONLUSTE Dit is natuurlik nie goed vir inflasie nie, en dit is ook die grootste bydraende faktor wat ons tot die brandstofprysstyging gesien het:
28%
(R13,76 tot R17,61 per liter) van verlede Desember tot einde Oktober vanjaar.
O - OLIE Brent-olie het vanjaar ’n baie interessante jaar beleef. In April 2020 het sy prys tot $16 per vat gedaal. Hy het vanjaar teen $52 per vat begin, en aan die begin van November het hy teen $85 per vat verhandel. Dit is natuurlik nie goed vir inflasie nie, en dit is ook die grootste bydraende faktor wat ons tot die brandstofprysstyging gesien het: 28% (R13,76 tot R17,61 per liter) van verlede Desember tot einde Oktober vanjaar. Met nog ’n groot prysverhoging in November voorlê, is die einde nog nie in sig nie.
Een van die uitstaande politieke gebeurtenisse in Julie vanjaar moet die feit wees dat SA van die ergste onluste in ons land se geskiedenis gesien het, wat ook saamgeval het met oudpresident Jacob Zuma se vonnisoplegging deur die konstitusionele hof. Gelukkig lyk dit of dinge uiteindelik na normaal begin terugkeer.
V – VOLATILITEIT Wêreldwye volatiliteit het van verlede jaar tot vanjaar oor die algemeen afgeneem. SA se top-40-volatiliteitsindeks het, soos verwag, verlede jaar ’n onbestendige jaar aangedui en het teen ’n gemiddelde syfer van 24% verhandel. Daar was ’n mate van verbetering vanjaar, met ’n syfer van 19,4%. Amerika het ’n soortgelyke ervaring gehad met die CBOE-volatiliteitsindeks (VIX) wat van ’n gemiddeld van 28,6% verlede jaar tot 19,1% tot dusver vanjaar gedaal het.
W – WÊRELDGROEI Ek het SA se ekonomiese groei en die IMF-voorspellings reeds gemeld. In vergelyking met Amerika het daardie land egter beter gevaar, met BBP-groei van 6% wat vir die volle jaar vanjaar verwag word, en 5,2% vir volgende jaar. In Brittanje word soortgelyke groei verwag teen 6,8% vanjaar en 5% volgende jaar. Die res van Europa stem redelik ooreen met SA se voorspellings van sowat 5% groei vanjaar en 4,3% volgende jaar.
P – PRIMAKOERS Vanjaar was meer stabiel wat rentekoerse betref. Ons het op 7% begin en tot dusver bly dit onveranderd. Ten spyte van ’n toename in inflasie, lyk dit of ons eers teen die begin van volgende jaar rentekoersverhogings sal begin sien. Wees dus baie versigtig om nie te veel skuld te maak nie.
X – X-FAKTOR (OORLOG, BOMAANVALLE, ENS.) Die verhouding tussen Amerika en China bly gespanne en bied groot rede tot kommer.
Q – QE
Y – YUAN (CHINA)
Die Amerikaanse Federale Reserweraad se eerste kwantitatiewe verruiming (QE) is in November 2008 aangekondig, en later gevolg deur verdere QE’s. Tydens die Covid-19-pandemie het Amerika meer geld gedruk, maar die Fed het aangedui dat hierdie proses nou tot ’n einde begin kom.
China was vanjaar om verskeie redes in die nuus, en ongelukkig vir hulle was dit nie altyd goeie nuus nie.
R – Ramaphosa President Cyril Ramaphosa het ook ’n wipwaentjiejaar beleef. Die jaar het hom ’n reeks uitdagings besorg, maar ek dink steeds hy het ’n goeie jaar gehad en stadig, maar seker, die veranderinge begin maak wat SA nodig het om te groei.
@finweek
finweek
finweekmagazine
Jacob Zuma Die voormalige Suid-Afrikaanse staatspresident by sy korrupsieverhoor in die Pietermaritzburghooggeregshof
Z –ZUMA Net toe ek begin wonder wat ek in vanjaar se verslag onder Z gaan sit, het oudpresident Jacob Zuma sy dag in die hof gehad. Zuma is in Junie tot 15 maande tronkstraf gevonnis weens minagting van die hof. Hy het sy vonnis op 7 Julie begin uitdien, maar dit het nie baie lank geduur nie voordat hy op 5 September op mediese parool vrygelaat is. ■ terugvoer@finweek.co.za Schalk Louw is ’n welvaartbestuurder by PSG Wealth Old Oak.
finweek 26 November 2021
37
voorblad mynbou
STORMLOOP Wêreldwyd is die metaalvoorraad beperk, selfs al lê reusevraag voor om die planeet se ekonomie te ontkool. Ons bekyk vier plaaslik genoteerde mynmaatskappye en hoe hulle hul strategie by dié omgewing aanpas.
Photo:
Deur David McKay
38
finweek 26 November 2021
www.netwerk24.com/finweek
voorblad mynbou
Foto’s: Gallo/Getty Images
o
@finweek
finweek
finweekmagazine
nder die maatskappye wat gebie het vir Atlantic Nickel, ’n maatskappy wat die Santa Rita-myn in die deelstaat Bahia in Brasilië besit, was twee motorvervaardigingsmaatskappye. Dié maatskappye neem nie normaalweg aan groot, regstreekse samesmelting-en-verkrygingsbedrywighede in die mynbousektor deel nie, maar hul teenwoordigheid spreek boekdele oor die skaarste aan metale, veral in ’n wêreld van beperkte aanvoerkettings. Sibanye-Stillwater van Suid-Afrika het uiteindelik die wenbod vir Atlantic Nickel gedoen. Hy het $1 miljard kontant aangebied aan Appian Advisory Capital, ’n private-ekwiteitsmaatskappy van Brittanje wat Atlantic Nickel en nog ’n maatskappy, Mineração Vale Verde (MVV), in 2018 uit bankrotskap opgeraap het. MVV besit die Serrote-koperprojek – ook in Brasilië – wat Appian Advisory herontwikkel het en wat SibanyeStillwater se eerste bate sal word wat aan koperproduksie toegewy is. Sibanye-Stillwater se aankoop van Santa Rita en Serrote was die maatskappy se vierde groot transaksie vanjaar in die hoërisiko-uitbreiding van sy groeistrategie ter waarde van $2 miljard. Terwyl die maatskappy vroeër op die produksie van goud en platinumgroep metale (PGM’e) ingestel was, skat Neal Froneman, uitvoerende hoof van die groep, dat ’n derde van die toekomstige verdienste uit batterymetale sal kom – ’n wye spektrum wat litium, asook koper en nikkel insluit en wat ook gevestigde nywerheidsmarkte het. Saam is dié metale noodsaaklik om batterye te bou om elektriese motors aan te dryf en ook vir toepassings in die berging van hernubare energie wat ’n rol in basisladingkragvoorsiening kan speel. Ander metale, soos PGM’e, sal ook ’n rol in die groenwaterstofrevolusie speel. Elektriese voertuie en waterstoftegnologie is tegnologiese vernuwings ter wille van ontkoling – wat bloot sal versnel ná die Verenigde Nasies se COP26-konferensie oor klimaatsverandering vroeër vandeesmaand. Terwyl daar nou algemeen aanvaar word dat geweldige aanbodtekorte van onedelmetale soos koper en nikkel sal voorkom namate politici wêreldwyd beleid instel wat op ontkoling gemik is, was ’n meer onlangse kenmerk dat die JSE se gevestigde mynbousektorname groter kanse waag om aan die metalestormloop deel te neem. Party het in ’n mate geen keuse nie. Exxaro Resources, een van SA se grootste produsente van termiese steenkool, kan in beleggingsonguns verval as hy nie dié brandstof in die volgende tien jaar laat vaar nie. Hy het in September ’n nuwe strategie aangekondig waarvolgens hy koper-, mangaan- en bauxietproduksie sal teiken – metale wat ’n aggressiewe samesmelting-en-verkrygingstrategie sal vereis. South32 is nog een. Al blyk sy belangstelling in
Neal Froneman Uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater
finweek 26 November 2021
39
voorblad mynbou
40
finweek 26 November 2021
as wat nodig is om ’n aanbodkrisis soos die huidige energiekrisis te voorkom nie.” Volgens Michael Scherb, stigter en voorsitter van Appian Advisory, kom ’n grondliggende wanverhouding in die mynbousektor voor wat die lot daarvan bepaal. “Teenoor beleggers wat ’n kwartaallikse of selfs maandelikse waardasie teenoor markprys gebruik, staan ’n bedryf wat ’n benadering van vyf tot tien jaar volg. Dié grondliggende wanverhouding tussen korttermyn-kapitaalnajaging en ’n kapitaalintensiewe bedryf met lang aanvoertye veroorsaak in werklikheid ons omgewing se sikliese aard,” het hy in ’n onderhoud met finweek gesê. Die ouditeursfirma PwC het in sy jaarlikse bedryfsverslag Mine gesê samesmelting en verkryging in die SA hulpbronsektor kan vir eers beperk wees vanweë aandeelhouerdruk vir volgehoue ekonomiese opbrengs in die vorm van dividende. Aandeelhouers vrees die moontlike waardevernietiging van samesmeltings en verkrygings sonder sinergie. Tog word daar erken dat dit ’n ongewone tyd is: “In oorganstye, soos tans beleef word, sal daar onvermydelik interessante portefeuljeherbeoordelings wees met geleenthede na bo en onder in die waardeketting.” SA se vier grootste mynboumaatskappye oorweeg tans hul portefeuljeopsies soos volg. Michael Scherb Stigter en voorsitter van Appian Advisory
Nico Muller Uitvoerende hoof van Impala Platinum
IMPALA PLATINUM Implats se Muller is ietwat geheimsinnig oor sy maatskappy se voornemens vir diversifisering. Hy het by die aanbieding van die maatskappy se resultate vir die volle jaar op ’n vraag hieroor gesê: “Ons het nie ’n ryk stroom projekte nie, maar ons besef dat die wêreldwye vraagpatrone in die volgende dekade tot 15 jaar sal verander. “Ons besef dit en ontwikkel met die oog hierop ’n radarskerm om ons te wys hoe dié kommoditeitsvraagpatrone gaan verander. Ons wil in ’n posisie wees om dit te benut.” Dit was in September. Minder as twee maande later het Implats gesê hy voer oornamegesprekke met Royal Bafokeng Platinum (RBPlat) – ’n ontwikkeling wat daarop gedui het dat die maatskappy hom op konsolidasie in die PGM-bedryf toespits. Twee weke later – op 9 November – is die mat onder Implats uitgeruk to sy mededinger Northam Platinum hom ingeloop het deur self ’n belang in RBPlats te verkry en effektief ’n wesenlike blokkerende stem vir Implats se toekomstige onderhandelinge geskep het. Om konsolidasie in die PGM-bedryf aan te pak, is die teenoorgestelde van diversifisering, maar met RBPlat moontlik uitgeskakel (by die skryf hiervan kon Implats tegnies steeds ’n gesamentlike onderneming met Northam Platinum vir RBPlat aanpak) is die vooruitsig van diversifisering dalk weer ter sake.
www.netwerk24.com/finweek
Foto’s: Gallo/Getty Images I appiancapitaladvisory.com I angloamerican.com I ninetyone.com
diversifisering na onedelmetale reeds duidelik uit sy vorige beleggings in Noord-Amerikaanse koper- en nikkeleksplorasieprojekte, het hy sy normaalweg versigtige benadering verlede maand laat vaar met ’n transaksie van A$2,05 miljard vir ’n belang van 45% in die Sierra Gorda-kopermyn in Chili. Intussen is daar nog onsekerheid oor Impala Platinum. Nico Muller, uitvoerende hoof, het versigtig daarop gewys dat ander metale as die PGM’e in die toekoms belangrik sal wees. Hy het egter geensins regstreeks diversifisering verklaar nie en gesê die maatskappy wil batterymetale “op sy radar” kry. Dis nog onseker wat dié PGM-produsent gaan doen. Een rede hoekom samesmeltings en verkrygings so duidelik terug is op die agenda, hou met die tekort aan nuwe projekte verband. Ná die mynbousektor se oorbesteding in die vorige metaalsiklus het maatskappye eerder op dividende as die bou van nuwe projekte gekonsentreer. Die eksplorasiestroom is grootliks geïgnoreer en die klem het op hulpbronvervanging deur organiese groei geval. Gevolglik is daar baie min aandag aan aanboduitbreiding gegee. Danielle Chigumira, ’n internasionale metaal-en-mineraalontleder by die bankgroep Bernstein, het in Oktober op die Financial Timesmynboukonferensie gesê al sal kapitaalbesteding deur die mynbousektor in die volgende vyf jaar na verwagting teen 15% per jaar toeneem, is dit onvoldoende om met die styging in die vraag by te hou. Die internasionale kopervraag gaan in die volgende tien jaar na verwagting met 11 miljoen ton toeneem, volgens Goldman Sachs. “Dié mark se toekomstige tekorte is die grootste in die geskiedenis,” sê die bank se ontleder Nicholas Snowdon. “Die langtermyn-aanbodgaping is sowat 8,5 miljoen ton, teenoor ’n historiese gemiddelde oor 20 jaar van 4 miljoen ton. “Dié syfer word met verloop van tyd eenvoudig al hoe groter vanweë die kombinasie van die groei in die vraag na elektriese voertuie en die beperkte investering in nuwe aanbod,” sê hy. Die skaal van ooraanvraag sal na verwagting veel groter wees as wat gebeur het met die vergrote vraag met China se verstedeliking by die eeuwending. Dis hoe groot dit is. Die mynbousektor is egter nie tans gereed vir die groter vraag nie. Eerstens sal inflasie die kapitaalbesteding ondanks die toename daarvan knou, terwyl die eise met betrekking tot omgewing-, maatskaplike en bestuursfaktore die manier verander waarop myne gebou word. Kortom, dit word al hoe duurder om nuwe produksie in te stel. Terwyl die mark nuwe produksie met hoë pryse sal aanspoor (later meer hieroor), word die aanvoertyd van ontdekking tot indiensstelling al hoe langer. Chigumira van Bernstein sê oor die bedryf se verwagte kapitaalbesteding: “Dis nie naastenby soveel
voorblad mynbou
Implats se besluit om te diversifiseer, sal uiteindelik afhang van toekomstige pryse van batterymetale vergeleke met die vooruitsigte vir PGM’e. ’n Debat vind plaas oor die penetrasiekoers van elektriese voertuie in die toekomstige samelewing. Unathi Loos en Daniel Sacks van die batebestuurder Ninety One het in Junie gesê die aanvaarding van elektriese batteryvoertuie sal ’n geleidelike proses wees. Die wetenskap kry ook ander maniere om PGM’e te gebruik, veral in waterstofaangedrewe brandstofselle wat PGM’e benodig om te werk.
sy Quellaveco-projek van $5,3 miljard in Peru wat aanstaande jaar in bedryf gestel sal word. Duncan Wanblad, komende uitvoerende hoof van Anglo, het egter die toestand van die metaalsektor uitgelig toe hy op die Financial Times-mynboukonferensie gesê het geen maatskappy kan rustig slaap met die wete dat ’n aanbodkrisis dalk voorlê nie. Metaalpryse sal beslis styg, maar op wanordelike wyse. Mynboumaatskappye verkies dit nie. Wanblad het gesê selfs met kringekonomiebydraes in die vorm van skrootmetaalvoorraad, benodig die wêreld steeds 30 nuwe myne so groot soos Quellaveco voordat die primêre aanbod in die vraag sal voorsien. “ ’n Geweldige hoeveelheid primêre koper moet na die mark kom in die strewe na die laekoolstof-ekonomie.”
EXXARO RESOURCES Die mark het sy begeerte om by die produksie van koper, mangaan en bauxiet betrokke te raak, versigtig ontvang. Twee dae ná die strategie-aankondiging – wat ook behels dat Exxaro se kundigheid met onafhanklike kragproduksie uitgebou word – het die maatskappy se aandeelprys met 12% teruggesak. Dis ironies dat die maatskappy se waardasie sedert middel vanjaar danksy beter pryse vir termiese steenkool gestyg het. Exxaro ontvang ’n dividend vanaf Kumba Iron Ore deur sy belang van 20% in die gesamentlike onderneming Sishen Iron Ore, maar steenkool is Exxaro se hoofinkomste, soos uit sy aandeelprysverandering blyk. Ontleders het ten tyde van die aankondiging van die diversifiseringstrategie gevra of dit dalk vir aandeelhouers beter sal wees as Exxaro by sy kernbeginsels hou. “Elke keer wanneer Exxaro se bestuur vroeër oor diversifisering na ander minerale gepraat het, het hy sterk weerstand deur beleggers beleef, en ons verwag dat dit dié keer dieselfde sal wees,” het ontleders by RMB Morgan Stanley gesê. Een van die kwessies ten opsigte van Exxaro se diversifiseringplanne is dat hy sover min sukses met transaksieskepping gehad het. Twee groot transaksies – die koop van Total Group se Total Coal South Africa (TCSA) in 2014 vir sowat $382 miljoen en Moyoko, ’n ysterertsprospekteerplek in die Republiek van die Kongo – het klaaglik misluk. Die maatskappy het Moyoko teen R5,3 miljard afgeskryf. Die voormalige TCSA-bates is vanjaar vir ’n onbekende kontantbedrag aan Overlooked Collieries verkoop. Daarby kan ’n mens gerus daarop let dat Exarro te staan kom teen veel groter mededingende mynbougroepe wat harde geldeenhede in ’n uiters mededingende sektor verdien. Al die groot mynbougroepe, waaronder BHP en Rio Tinto, soek nuwe bates in die gejaag na nuwe voorraadbronne. Anglo American is een van die groot gediversifiseerde mynboumaatskappye wat nie op ’n verkrygingstog is nie (Glencore is nog een). Trouens, hy is een van die min groot mynbougroepe wat koperekwivalente produksiegroei vasgesluit het, deels deur
@finweek
finweek
finweekmagazine
SOUTH32 Unathi Loos Batebestuurder by Ninety One
Duncan Wanblad Komende uitvoerende hoof van Anglo
Ivan Glasenberg Voormalige uitvoerende hoof van Glencore
Vir dié hoeveelheid nuwe materiaal – wat ook elemente soos litium en nikkel, asook die minder bekende seldsame-aardmetale behels – sal die mark onvermydelik sy doeltreffendheidseienskappe toon deur produksie met hoër pryse aan te moedig. Ivan Glasenberg, voormalige uitvoerende hoof van Glencore, het verlede jaar bespiegel dat die koperprys tot $15 000 per ton kan styg. Nadat dit vanjaar reeds $10 000 per ton verbygesteek het – ’n hoogtepunt vir ’n dekade – is verwagtinge van ’n nog hoër koperprys nie meer wensdenkery nie. “Ons voorspel ’n koperprysstyging tot $15 000 per ton teen die middel van die dekade,” sê Snowdon van Goldman Sachs. “Hoe langer ons hier met ’n gebrek aan investering bly, hoe groter is die risiko van ’n meer wanordelike prysstyging – en dié $15 000 kan konserwatief blyk te wees.” Hy kan nie ’n koperprys van $20 000 per ton buite rekening laat nie: “Kommoditeitspryse sal ongelooflik styg wanneer daar skaarste is.” Dis dalk in die lig hiervan dat South32 die normaalweg versigtige vertroeteling van sy balansstaat laat vaar het deur A$2,05 miljard vir Sierra Gorda aan te bied. Nadat hy vanjaar reeds sy SA steenkoolbates aan Seriti Resources verkoop het, het die maatskappy sy portefeulje nou heeltemal gewysig op ’n manier wat Exxaro dalk sal wil doen. Volgens JP Morgan Cazenove verhoog die belang in Sierra Gorda South32 se marge van die verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (ebitda) tot 36%, vergeleke met ‘n ebitdamarge van 32% in die 2020-’21-boekjaar. Dis egter op die portefeuljemengsel waar South32 se verkryging die grootste uitwerking het. Koper sou saam met die verdienste uit aluminium die grootste bydrae tot die ebitda gelewer het as aanvaar word dat ander metale soos in South32 se 2020-’21-boekjaar sou vaar, gevolg deur alumina, aluminium se inseterts.
finweek 26 November 2021
41
voorblad mynbou
Sibanye-Stillwater is waarskynlik veral bekend om laasgenoemde deurdat hy batterymetale, waaronder litium, nikkel en koper, by sy portefeulje wil voeg, al het hy onlangs ’n wesenlike gedeelte van SA se PGM-bedryf gekonsolideer.
As die koperprys styg soos Goldman Sachs bespiegel, kan South32 se kommoditeitsprofiel beduidend verander, wat sal wys dat versigtig oorwoë samesmeltings en verkrygings ondanks verhewe aandeelpryse geld en sin kan maak.
Foto: Shutterstock
SIBANYE-STILLWATER Volgens Wade Napier, ontleder by Avior, is die opsies vir plaaslike PGM-maatskappye om te bou, te konsolideer of te diversifiseer. Sibanye-Stillwater is waarskynlik veral bekend om laasgenoemde deurdat hy batterymetale, waaronder litium, nikkel en koper, by sy portefeulje wil voeg, al het hy onlangs ’n wesenlike gedeelte van SA se PGM-bedryf gekonsolideer. Die maatskappy het vanjaar alleen korporatiewe transaksies van nie minder nie as $2 miljard gesluit deur twee litiumprojekte – een in Finland en een in Amerika – asook nikkelverwerkingsgeriewe in Frankryk te koop. Dit het kapitaalbesteding van $1 miljard behels, asook verbintenisse van nog $1 miljard vir die Santa Ritaen Serrote-myn. En geen duideliker teken is gegee dat Sibanye-Stillwater beplan om sy transaksietog aanstaande jaar voort te sit nie as toe ’n korporatiewe effek van $1,2 miljard vroeg in November aangekondig is. Nadat die afkoop van ’n effek van $360 miljoen wat in 2025 uitkeerbaar raak, in berekening gebring is, sal die maatskappy $830 miljoen vir transaksies en korporatiewe uitgawes hê (terwyl daar in gedagte gehou word dat die $1 miljard wat hy Appian skuld nog nie betaal is nie). Dis egter ’n hoërisiko-strategie. Volgens Napier het Sibanye-Stillwater ervaring van bate-inskakeling, soos blyk uit sy koop van PGM-myne saam met sy bestaande goudsake. Tog volg beleggers ’n versigtige benadering tot die maatskappy. Sy dividendopbrengskoers van sowat 8,1% wys hy loop agter sy mededingers, sê Napier. Dit dui op die spanning daartussen om aandeelhouers tevrede te stel en ’n houding oor toekomstige aanbodtekorte in te neem. Anders as sy PGMverkrygingstrategie – waarin Sibanye-Stillwater tussen
42
finweek 26 November 2021
2016 en 2018 vier konsoliderende transaksies gesluit het – koop die groep nie batterymetaalbates by die laagtepunt van die mark nie – hoegenaamd nie. “Sibanye-Stillwater meen egter steeds dat die ooreenkoms tussen die batterymetaaltoetreding en die PGM-toetreding is dat hulle gedoen word op grond van hoe aantreklik elke mark se grondliggende vraag-en-aanbod-faktore is,” het Napier vroeër vandeesmaand in ’n verslag gesê. Die mark is nie oortuig nie. Hoe is dit moontlik dat Anglo American Platinum, ’n filiaal van Anglo American waarvan hy 80% besit, twee Sibanye-Stillwaters werd was, het Laurent Charbonnier, handel-en-ontwikkelingshoof van die groep, in Oktober gevra. Snowdon sê: “Dis nou moeilik om kapitaal te oorreed om in medium- tot langtermyn-beleggings te belê. Dis werklik ’n groot taak om beleggers na mediumtermyn-groei te bring. Die oorheersende beleggersbasis geniet opbrengs en daarom is ’n oortuigende argument nodig om groei te oorweeg.” Chigumira dink nie aandeelhouersopbrengs behoort prysgegee te word ten koste van die strategiese belang daarvan om toekomstige vraagtoenames in ag te neem nie. “Dit word dikwels as óf die een óf die ander voorgehou: óf dividende óf groei. Maar dié twee dinge sluit mekaar nie uit nie,” sê sy. Scherb van Appian Advisory sê wat vir mynboumaatskappye moeilik is, is om te probeer verwag wat met metaalpryse sal gebeur. Sy maatskappy stel sy derde fonds op nadat hy die meeste van sy bestaande beleggings verkoop het (waaronder Atlantic Nickel en MVV). “Baie beleggers sit baie ure in beleggingskomitees waar kommoditeitspryse gedebatteer word, maar dis ’n mors van tyd, want jy gaan dit nooit regkry nie,” sê Scherb. “Hoekom tyd mors om ’n kommoditeitsprys te probeer voorspel wat die beta is (’n maatstaf van die wisselvalligheid van waardasies) terwyl jy behoort te fokus op die alfa, wat die waardeskepping self uit die koop van bates en hul regstreekse ontwikkeling is. En om dan te produseer.” ■ terugvoer@finweek.co.za
www.netwerk24.com/finweek
promosie-artikel Scoin
Mik na goud Wat dryf die plaaslike vraag na goud? The Scoin Shop se Rael Demby bied insig.
Foto’s: Shutterstock | Verskaf
d
ie verbruikersprysinflasie is in ’n opwaartse trajek in Suid-Afrika en het in September jaar-tot-jaar op 5% gestaan – op een ná die hoogste vlak sedert November 2018. In Amerika lyk die inflasieprentjie erger. Wêreldprysverhogings word aangedryf deur voorraadkettingknelpunte (waar bestanddele vir vervaardigde goedere in skepe in oorvol dokke sit), stygende onedelmetaalpryse en wegholruoliepryse (laasgenoemde word aangevuur deur ’n gebrek aan nuwe olievoorraad wat in gebruik geneem word). Teen hierdie agtergrond, saam met ’n daling in die prys van goud gedurende Augustus vanjaar, het gelei tot ’n sterk vraag na goudstawe en -munte. Beleggers in fisieke goud (nie deur middel van beursverhandelde fondse nie) het jaar-tot-jaar in die drie maande geëindig 30 September met 18% gestyg, volgens die Wêreldgoudraad. Belegging in goudstawe en -munte het volgens die raad in dié kwartaal met 262 ton die hoogte ingeskiet. “Vrese vir politieke onbestendigheid en stygende inflasie dryf ook die binnelandse vraag na goud en goudmunte,” sê Rael Demby, uitvoerende hoof van die Scoin Shop en die SA Goudmuntbeurs (SAGCE). Ander faktore speel ook ’n rol in die SA mark vir fisieke goud. Plaaslike ekonomiese kwessies, soos die patroon in die nie-mynbousektore en toenemende werkloosheid, dryf die toenemende verkoop van bestaande goud van klante, verduidelik Demby. “Die meeste eienaars van goudmunte het nie ’n keuse as hulle hul goud wil verkoop nie,” sê Demby. “Hulle wil inderdaad nie hul goud verkoop nie, maar om te oorleef, móét hulle verkoop.” Sedert 1999, het die Scoin Shop sy klante bedien deur hulle toe te laat om goudmunte fisiek te koop en te verkoop wanneer dit nodig is. “My pa,
@finweek
finweek
finweekmagazine
wat die maatskappy gestig het, het geglo dat elke Suid-Afrikaner die geleentheid behoort te hê om fisieke goud te koop en te verkoop,” sê Demby. “Ons glo ook dat fisieke interaksie onder vier oë met ons klante noodsaaklik is om ’n florerende fisieke mark vir goudmunte te bou.” Dus het die Scoin Shop tien fisieke winkels wat oor Gauteng, Limpopo, die Wes-Kaap, KwaZuluNatal en die Oos-Kaap versprei is. Die maatskappy het ook ’n sterk aanlyn teenwoordigheid wat die soomlose koop, verkoop en die betaal en aflewering van goud in die hand werk. Om klante gerus te stel oor die veiligheid van hul staafgoud, het die Scoin Shop ’n vennootskap aangegaan met SafeGold om hul goud veilig te bewaar. Die Scoin Shop verkoop ’n reeks goudmunte. Hulle sluit in die bekende Krugerrande in denominasies van een tiende van ’n ons, een kwart van ’n ons, ’n half-ons en een ons. Die maatskappy het ook ’n vennootskap aangegaan met goudmunte wêreldwyd, insluitend The British Royal Mint, The Perth Mint Australia, The Royal Canadian Mint, Monnaie de Paris, Staatliche Munze Berlin, the East India Company en die Royal Norwegian Mint. Hierdie munte produseer versamelbare goud- en sliwermunte soortgelyk aan dié van Suid-Afrika se Rand Refinery (wat Krugerrande munt). In ’n eerste vir Suid-Afrika, het die Scoin Shop ’n vennootskap met die goudtegniese-maatskappy, Troygold, aangegaan om klante toe te laat om hul goudbesit te monetiseer. Derhalwe maak die Scoin Shop dit toeganklik vir Suid-Afrikaners om fisieke goud te koop, te verkoop en te besit in ’n deursigtige, monetiseerbare en digitale manier. “Elke Suid-Afrikaner behoort werklik die vermoë te hê om fisieke goud te koop en te verkoop,” sê Demby, “veral terwyl wêreldinflasie styg.” ■
Rael Demby Uitvoerende hoof van die Scoin Shop en die SA Goudmuntbeurs (SAGCE)
“Vrese van politieke onbestendigheid en stygende inflasie dryf ook die binnelandse vraag na goud en goudmunte.”
finweek 26 November 2021
43
fynkam eskom
Foto’s: Gallo/Getty Images | eebi.co.za
a
POLITICI PROBEE
Met sterk ondersteuning van SA se sakesek tor kan Eskom se uitvoeren
ndré de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, is onder skoot en dis nie net sy toekoms wat in die weegskaal is nie. As hy gaan en beurtkrag stop, kan ons elektrisiteitsnetwerk ineenstort, wat tot ’n katastrofiese kragkrisis kan lei. Suid-Afrikaners besef nie dat Eskom se verouderde steenkoolaanlegte, soos ’n vloot verwaarloosde ou motors, nooit weer sal presteer soos vroeër nie. Die ongelukkige waarheid is dat beurtkrag nog drie jaar sal voortduur; waarskynlik langer. Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor het die week geëindig 6 November tot 57,42% gedaal, van bo 65% gedurende dieselfde week verlede jaar. Gevolglik was vanjaar die slegste jaar ooit wat beurtkrag betref, wat die ekonomie miljarde rande gekos het. Ontleders sê volgende jaar sal waarskynlik erger wees aangesien albei Koeberg se eenhede agtereenvolgens oor ’n tydperk van tien maande buite werking sal wees om hul stoomopwekkers te vervang. De Ruyter het gehoop toe hy byna twee jaar gelede uitvoerende hoof geword het dat hy kragvoorsiening sou kon stabiliseer deur instandhouding op te skerp om probleme by die steenkoolvloot te takel wat veroorsaak word deur meer as ’n dekade van verwaarlosing, wanbestuur en korrupsie. Toe hy in die pos begin het, wat in tien jaar deur tien voorgangers beklee is, het hy die fout gemaak om te sê dít sou moontlik wees. Maar hy het probleme ondervind wat hy nie verwag het nie – die Covid-19-pandemie, kontantvloeikwessies en ’n amptelike verkrygingstelsel wat deur regulasies gekniehalter is wat reaksietyd vertraag en die aanstelling van die goedkoopste, eerder as die beste, kontrakteurs tot gevolg het. Die bedanking van talle geskoolde personeel en nalatigheid deur sommige van die gedemoraliseerde werknemers wat agtergebly het, het tot instandhoudingsprobleme bygedra. De Ruyter het vinnig besef dat die taak om die steenkoolvloot te stabiliseer en aan die ekonomie se eise te voldoen, onmoontlik sou wees sonder bykomende opwekkingsvermoë. Die kwessie is in vorige jare deur politici geïgnoreer en hoewel die land se topleiers die erns van die krisis erken het, was die reaksie tot dusver te min, te laat. De Ruyter skat die voorsieningstekort op tussen 4 000 MW en 6 000 MW – heelwat hoër as Eskom se betroubare beskikbaarheid van tussen 25 000 MW en 27 000 MW. Hy het herhaaldelik gewaarsku dat
44
finweek 26 November 2021
André de Ruyter Eskom se uitvoerende hoof
Gwede Mantashe Minister van minerale en energie
beurtkrag ’n moontlikheid sal bly totdat hierdie hoeveelheid beskikbaar word, en hy het die regering ernstig versoek om meer krag te bekom en om dit vir die private sektor makliker te maak om sy eie krag op te wek. Hy het ook die gebruik van hernubare energie bepleit, wat die vinnigste en teen die minste koste in werking gestel kan word. Hernubare energie verminder ook Eskom se koolstofvoetspoor en swaeldioksiedvrystellings, wat volgens die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug die ergste ter wêreld is, erger as die kragsektore in Amerika, die EU en China. Maar Eskom kan nie opwekkingsvermoë op sy eie aanskaf nie, en De Ruyter se herhaalde oproepe vir optrede het tot invloedryke vyande gelei. Dit sluit veral Gwede Mantashe, minister van minerale en energie, in, wat ’n politieke faksie lei wat gekant is teen De Ruyter se leierskap en gesê het dat beurtkrag die hoofrede was waarom die ANC so swak gevaar het in plaaslike verkiesings. Hy is ook ’n groot ondersteuner van steenkool. Dit was dus geen verrassing nie dat, toe intensiewe beurtkrag net voor die verkiesing op 1 November in werking gestel is, die ANC ’n verklaring uitgereik het waarin gesê word dat hy bekommerd is dat die ontwrigting van kragvoorsiening doelbewus vir politieke doeleindes uitgevoer word. De Ruyter se leierskap is in twyfel getrek en daar was toe en in die daaropvolgende weke heelwat oproepe dat hy moet uittree. Enkele ure ná die verklaring het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, ongetwyfeld met die steun van president Cyril Ramaphosa, ’n media-inligtingsessie gereël en die versekering gegee dat beurtkrag nie tydens die verkiesing sal plaasvind nie en gewaarsku dat Eskom nie as ’n “politieke speelbal” gebruik moet word nie. Eskom het daarin geslaag om Gordhan se belofte na te kom deur die gebruik van sy noodopwekkingsreserwes, wat dieselaangedrewe oopsiklusgasturbines insluit. Maar beurtkrag moes net ná die verkiesing weer in werking gestel word en ’n paar dae later was daar ’n ernstige voorval in Zambië wat die stelsel geraak het. Tesame met ’n reeks onklaarrakings en uitskopvoorvalle, was Eskom se stelseloperateur, die afdeling wat die land se kragstelsel monitor en bestuur, genoodsaak om beurtkrag weer te verhoog om die netwerk te beskerm. Dit was in hierdie stadium dat mediadruk op De Ruyter en die direksie om uit te tree, toegeneem het. www.netwerk24.com/finweek
fynkam eskom
ER ESKOM KAAP
Deur Mariam Isa
de hoof dalk aanbly. Maar die regering moet sy energiehuis in orde kry. Dit het gekom van sy politieke teenstanders, die Black Business Council, en die publiek wie se frustrasie verstaanbaar oorgekook het. Die land se nuwe minister van finansies, Enoch Godongwana, duidelik geïrriteerd deur De Ruyter se opmerkings oor hoe stadig die tesourie was om fondse aan Eskom beskikbaar te stel, het sy stem by die kritiek gevoeg. In teenstelling met vorige uitvoerende hoofde, is De Ruyter die “luukse” toegelaat om opwekkingseenhede vir instandhouding uit diens te neem, het hy ná die land se middeltermynbegrotingsraamwerk op 11 November gesê. Sikonathi Mantshantshi, woordvoerder van Eskom, het daarna geantwoord: “Eskom kan môre ophou met beurtkrag deur die eenhede wat hy uit diens geneem het vir beplande instandhouding terug te bring, maar die hele netwerk sal ineenstort.” Dit het later aan die lig gekom dat die meeste van die land se munisipaliteite, wat self beurtkrag implementeer, nie aan Eskom se beurtkraginstruksies voldoen het nie, terwyl meer as 40% van sy sleutelnywerheidskliënte versuim het om die vraag te beperk, soos onder daardie omstandighede vereis word. Dit was die rede vir die jongste toename in beurtkrag. Dit was ’n teken van hoe ver die land se geduld met gereelde kragonderbrekings verswak het. Maar dit was ook die hoofrede waarom Eskom gedwing is om die intensiteit van beurtkrag te verhoog. En in die eerste van vier media-inligtingsessies in vier dae is die munisipaliteite, wat nie aan Eskom se vereistes voldoen het nie, se name bekendgemaak. “Hierdie soort roekelose gedrag lei tot hoër vlakke van beurtkrag en verhoog die risiko van ’n nasionale stroomonderbreking,” het Chris Yelland, besturende direkteur van EE Business Intelligence, gesê. Hy het ook gewaarsku oor die ernstige gevolge van die afdanking van De Ruyter, wat ’n aansienlike deel van die nutsmaatskappy se koste suksesvol besnoei het, aanspreeklikheid op topbestuursvlakke afgedwing het, op bedrog toegeslaan het en aansienlike bedrae geld wat weens korrupsie verloor is, teruggekry het. “My mening is dat die vervanging van De Ruyter te midde van ’n krisis niks aan die grondbeginsels verander nie, en net die risiko’s vir Eskom, die ekonomie en die land verhoog, insluitende die risiko van ’n nasionale kragineenstorting as nuwe aanstellings verpolitiseer word wat meer kwesbaar is vir politieke druk.” Business Unity SA en die Mineraleraad van SA het ook ingespring met sterk bewoorde verklarings om die @finweek
finweek
finweekmagazine
Pravin Gordhan Minister van openbare ondernemings
Enoch Godongwana Minister van finansies
Chris Yelland Besturende direkteur van EE Business Intelligence
omstrede uitvoerende hoof te verdedig en te ondersteun. “Dit sal ’n totale ramp vir Eskom wees. Daar moet nie nou veranderinge in die leierspan wees nie. Uitvoerende hoof De Ruyter en sy leierspan doen die regte dinge. Hulle het tyd nodig om die bates reg te maak en hulle het verkorte, doeltreffende en sinvolle verkrygingsprosesse nodig,” het Roger Baxter, uitvoerende hoof van die Mineraleraad, gesê. Baxter se ondersteuning is veral belangrik aangesien die mynbousektor, wat altyd swaar getref word deur beurtkrag, verlede jaar en in die eerste helfte van hierdie boekjaar, wat in Maart volgende jaar eindig, die hoofdryfveer was van beter as verwagte belastinginkomste. De Ruyter se teenstanders sal meer rede hê om druk op hom te plaas as beurtkrag in die komende maande voortduur. Noodverkryging van 2 000 MW deur die regering se onafhanklike kragverkrygingsprogram, wat in Maart aangekondig is, is vertraag deur burokratiese vertragings en die omstrede besluit om die meeste van die tender aan die Turkse maatskappy Karpowership toe te ken, met sy gas-tot-krag-aanbod. In reaksie op druk van bo, het Mantashe ’n onderbreking van sewe jaar vir die regering se verkryging van hernubare energie beëindig en laat in Oktober die name van voorkeurbieërs vir 2 583 MW se opwekkingsbates bekend gemaak. Maar die projekte sal nie binne drie jaar in werking tree nie. Daar was meer vordering in die private sektor, wat waarskynlik in die komende maande skerp sal versnel nadat Ramaphosa Mantashe gedwing het om die lisensieplafon vir private opwekking van 1 MW tot 100 MW te verhoog, wat die minister sterk teengestaan het. Volgens die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Bedryfsvereniging is daar reeds 2 000 MW van sonkrag geïnstalleer in SA se residensiële, kommersiele en nywerheidsektor. Op grond van die invoer van fotovoltaïese panele sal hierdie syfer waarskynlik met 1 000 MW per jaar toeneem. Die Mineraleraad sê sy lede alleen het 1 600 MW se hernubare-energieprojekte wat hulle in werking wil stel. Maar sal dit genoeg wees? Eskom beplan om 8 000 MW van sy oudste steenkoolaanlegte teen 2030 te sluit, en 22 000 MW teen 2035. ■ terugvoer@finweek.co.za Mariam Isa is ’n vryskutjoernalis wat in 2000 na Suid-Afrika gekom het as die finansiële hoofkorrespondent vir die Reuters-nuusagentskap nadat sy in die Midde-Ooste, Brittanje en Swede gewerk het. Sy het haar in 2007 as ekonomiese redakteur by Business Day aangesluit en het in 2014 bedank om oor ’n breër reeks onderwerpe vir verskeie publikasies in Suid-Afrika en Brittanje te skryf.
finweek 26 November 2021
45
kolskoot motors Deur Glenda Williams
Die eerste hibridiese model wat in Suid-Afrika gebou is Die Toyota Corolla Cross is nie net nog ’n kar nie. Buiten dat dit ’n stuk steun aan ons ekonomiese herstel is, is hierdie egte Suid-Afrikaanse kompakte gesins-sportnuts ’n wegspringplek in die reis na elektrifisering.
’n Mens hoef hierdie motor nie eens te laai nie, want dit word konstant deur energie uit die remaksie of die petrolenjin herlaai.
die skerms, is die plaaslik vervaardigde Toyota Corolla Cross onthul. En die groot ding? Die insluiting van ’n hibriede elektriese model in die reeks. Dis die eerste hibried wat plaaslik vervaardig word. Hierdie ruim, kompakte sportnuts kom met die hibriede-opsie, asook ’n gewone petrolenjin, en sluit by die Hilux, Fortuner, Corolla Quest en Hiace aan wat almal by Toyota se Prospecton-aanleg in Durban vervaardig word. Toyota se belegging in die Prospectonaanleg oor die afgelope vyf jaar kom op R6,5 miljard te staan, met die Corolla Quest wat R2,6 miljard daarvan uitmaak. Die kompakte SNV is uiters belangrik aangesien dit direk inspeel op werkskepping, die lewensvatbaarheid van die bedryf, en ekonomiese steun aan die land. “As ’n land moet ons dink aan wat ons kan doen om ons ekonomiese herstel te ondersteun; dis hoekom dit nie net nog ’n voertuig is nie,” het Andrew Kirby, president en hoof van TSAM, by die bekendstelling gesê. Die Corolla Cross skep 1 775 werksgeleenthede en fokus op die maksimale gebruik van plaaslike inhoud, deur middel van die lokalisering van 621 onderdele wat van 56 plaaslike verskaffers verkry sal word. Die ekonomiese bydrae van TSAM 46
finweek 26 November 2021
se plaaslike verskaffers vir hierdie projek is meer as R1,4 miljard per jaar. Die Corolla Cross het twee enjinopsies; daar is die gewone petrolenjin van 1,8 liter, en dan die uiters brandstofdoeltreffende 1,8-liter hibried. Vyf modelle word aangebied, almal outomaties: die intreevlak-Xi, die Xs in die middel en die XR wat die vlagskip van die petrolmodelle is, terwyl die hibriede modelle met laer gasvrystelling en brandstofverbruik in Xs- en XR-vlak aangebied word. finweek het ’n draai gaan ry met SA se eerste plaaslik vervaardigde hibried, die middel-spesifikasievlak Corolla Cross Hybrid Xs. Dis van alle hoeke af ’n mooi ryding. Die groot, lang ligte, prominente vyfhoekige sierrooster en breë voorbuffer met sterk opwaartse lyne domineer die vooraansig. Die wielnisse loop uitwaarts en skep ’n wye indruk, met groot elliptiese LED-agterligte en kantlyne wat ook die agterkant afrond. Gerief, ruimte en ergonomika neem die voortou in die moderne, stylvolle kajuit wat so tipies Corolla is. Die uitleg is bestuurder-gefokus en gebruikersvriendelik, met swart leer en sagte plastiek net waar jy kyk. Al die gewone geriewe is daar, insluitend gemaklike leersitplekke, informaaklikheidstelsel met ’n raakskerm wat Apple CarPlay en Android Auto kan hanteer, verskeie USB-proppe en gesinsvriendelike agterdeure wat lekker groot oopmaak. Die motor is langer en wyer as
mededingers in hierdie segment, so daar is spasie vir die nasie in hierdie kompakte SNV, en ook ’n lekker hoë grondvryhoogte en ’n uitstekende uitsig reg rondom. Hierdie vyfsitplek-SNV bied die gesin ’n magdom standaardspesifikasies, waaronder sleutellose toegang, outomatiese deurslotte, kantspieëls wat self invou, elektriese vensters, ruitveërs met reënsensors, snelheidsbeheer, heuwelbystand, parkeerhulp, ’n trukamera, Isofixmonteerpunte en vyf lugsakke.
Die pad van nuwe energie Die Corolla Cross Xs-hibried kombineer ’n 1,8-liter- nie-turbo-enjin en elektriese motor wat gekoppel is aan ’n seepgladde wisselgangratkas (CVT) wat die prioriteit op doeltreffendheid stel. Die elektriese motor se battery word konstant herlaai deur energie uit die remaksie te herwin, en dit gee onmiddellike wringkrag en uitstekende brandstofdoeltreffendheid. Albei aandrywingsopsies stoot 90 kW uit, en met die elektriese motor wat baie soos ’n turbo funksioneer, is dit die hibried wat vinniger versnel en makliker kan verbysteek as die gewone XR-petrolmodel (wat ons ook getoets het). Ten spyte van ’n energieke rit op die Wes-Kaap se pragtige en heuwelagtige paaie, het hierdie ruim kompakte hibried ’n gemiddelde verbruik van 6 liter per 100 km opgelewer, wat aansienlik ligter op petrol is as die gewone petrolmodel. www.netwerk24.com/finweek
kolskoot motors
Die koelste kultuskarretjie
a
Fiat se retro-500, die ikoon van bekostigbare Italiaanse vervoer, word verfris.
GETOETS: Toyota Corolla Cross 1.8 Hybrid Xs
Foto’s: Verskaf
Enhin: 1,8 liter, hibried Krag/wringkrag: 90 kw/142 Nm (163 Nm saam met elektriese motor) Ratkas: Outomaties (CVT) Topsnelheid: 170 km/h Brandstofverbruik (gekombineerd): 4,3 liter /100km CO2-vrystelling: 98 g/km Brandstoftenk: 36 liter Grondvryhoogte: 161 mm Bagasieruim: 440-liter Sleepvermoë: 400 kg (800 kg in petrolmodel) Veiligheid: 5 lugsakke Waarborg/diensplan: 3 jaar/100 000 km en ses dienste/90 000 km Batterywaarborg: 8 jaar/195 000 km Prys: R413 000
Die motor is vas op die pad en die ritgehalte is uitstekend, veral te danke aan Toyota se gerekende TNGA-C-platform. Wat ook al die toestand van die oppervlak, die voorwielaangedrewe Corolla Cross bly kalm, en die rit is gemaklik en vol selfvertroue. Hierdie kompakte SNV is in die algemeen ’n plesier om mee te ry, met uitstekende sig in alle rigtings, goeie afwerking en veiligheid. Buiten vir die prys bied hierdie aanloklike plaaslik vervaardigde hibried ekstra krag, terwyl dit ook minder uitlaatgasse vrystel en 37% minder brandstof as die gewone modelle gebruik. Dit, tesame met Toyota se legendariese betroubaarheid en duursaamheid, maak dit ’n aanloklike opsie wat ons mense waarskynlik gaan opraap. Die Corolla Cross Xs-hibried is ’n wenner op alle vlakke: voorkoms, spasie, standaardspesifikasies, ritgehalte, brandstofdoeltreffendheid en prys. Boonop word dit plaaslik vervaardig. Hierdie siening word bevestig deur die 800 bestellings wat reeds voor vrystelling geplaas is, met 35% daarvan vir die hibriede-modelle. ■ @finweek
finweek
finweekmagazine
lmal bly lief vir die Italiaanse Fiat 500, ’n motor waarrondom daar al ’n hele kultus bestaan. Die klassieke voorkoms, erfenis en sjarme bly behoue in die derde generasie van die stadsmotor. Dit lyk nog baie soos die piepklein karretjie wat 64 jaar gelede uitgereik is, net op ’n meer premium vlak. In die 1960’s het dit alles oor bekostigbare vervoer gegaan. Vandag het gevorderde tegnologie en netjiese stilering hierdie klein, koel kultuskarretjie nog verder laat opskiet. Die Fiat 500 kom in vier nuwe afwerkingsvlakke en met nuwe binneruimte: die intreevlak-Cult, die tegnies bedrewe Connect, die dappermuis-Sport, en die avant-garde-Dolcevita wat finweek getoets het. Die tipiese rondings en die voorkant wat na agter gerond is met die agterkant wat ook boontoe loop, eggo alles die Fiat 500 se oorspronklike ontwerp. Die kort, geronde voorkant het verhewe ronde hoofligte met ’n kenteken tussen die ogies, en die sierrooster wat in die voorbuffer sit wat op sy beurt ook rondom die neus loop. Die Dolcevita verpersoonlik Italiaanse styl en flair met unieke chroom-aksente en ander kentekens op die tweekleur-verfafwerking. Dis ’n unieke premium-voorkoms. En die retro-kajuit in swart en wit Matelassé-materiaal en kunsleersitplekke met ’n glasdak is ook allesbehalwe doodgewoon. Hierdie motor in die mini-segment sluit ’n informaaklikheid-raakskerm van 7 duim in, Apple CarPlay en Android Auto, elektriese vensters, ’n verstelbare multifunksie-stuurwiel, outomatiese aan- en afskakel, snelheidsbeperkingstegnologie, sentrale sluit, snelheidsbeheer, Isofix en sewe lugsakke. Klein soos die Fiat 500 is, kan volwassenes steeds gemaklik agterin sit. Die bagasieruim is ook skaflik.
Niks anders ry só nie Die Fiat 500 Dolcevita bied ’n unieke bestuurservaring met aandrywing vanaf
Fiat se TwinAir-enjin, ’n turbopetrol met twee silinders (nog ’n kopknik na die oorspronklike tweesilinderenjin uit die 1960’s) wat saamwerk met ’n koddige sekwensiële vyfgang- Dualogic-ratkas. Hoewel dit net 875 cc verplaas, is die enjin perfek gepas vir die karretjie, en dis nie net ’n bietjie hardegat nie. Dis rats met heelwat wringkrag, en die Fiat 500 Dolcevita ry gemaklik en klou aan die pad, selfs op spoed. Die voorwielaangedrewe luikrug het allooiwiele van 16 duim, gaan presies in die rigting waarin jy mik, en draai op ’n tiekie. Die brandstofverbruik is ook goed, met 5,7 liter per 100 km tydens ’n entoesiastiese toetsrit. Die ongewone sekwensiële Dualogic-ratkas is iets om aan gewoond te raak en dit funksioneer meer soos ’n koppelaarlose handrat met outomatiese vermoëns. Dit beteken dat ratwisselings soms rukkerig plaasvind. In handratmodus is die ervaring aansienlik beter. Dis heerlik om die ratte te wissel, en die ywerige enjin maak dit net nog lekkerder. Unieke voorkoms, enjin en ratkas. Alles aan hierdie karretjie is anders. Oulik om na te kyk, maar ook ’n stylvolle klein stadsmotor. ■ terugvoer@finweek.co.za
GETOETS: Fiat 500 Dolcevita (outomaties) Enjin: 875 cc (0,9 liter) tweesilinder-turbopetrol Krag/wringkrag: 62,5 kW/145 Nm Ratkas: 5-spoed sekwensiële Dualogic 0-100 km/h: 11 sekondes Topsnelheid: 173 km/h Brandstof (aangedui, gekombineerd): 4 liter/100 km CO2-vrystelling: 90 g/km Brandstoftenk: 35 liter Bagasieruim: 185 liter Veiligheid: 7 lugsakke Waarborg: 5 jaar/100 000 km Prys: R274 900
finweek 26 November 2021
47
kolskoot bestuur Deur Amanda Visser
Hantering van personeelomset in onstuimige tye Ondanks ons hoë werkloosheidsyfer neem bedankings in Suid-Afrika toe. Wat is die redes daarvoor?
d
it is byna ondenkbaar dat hoë personeelomset en ’n gesukkel om talent te behou, nou as ’n “tikkende tydbom” beskou word in ’n land met een van die hoogste werkloosheidsyfers ter wêreld. ’n Onlangse peiling oor salaris- en loonbewegings deur Remchannel, ’n beloningbestuurplatform, het onthul bedankings was die grootste rede (60%) hoekom werknemers tussen April en Oktober vanjaar diens verlaat het. Jaarlikse personeelomset oor alle sektore heen het met 16% toegeneem, sê René Richter, besturende direkteur van Remchannel. “Dit is nogal ontstellend,” merk sy op. “Die reële koste van hoër personeelomset en opgeloopte verlof, wat op maatskappye se boeke as ’n las aangeteken word, dui op ’n likiditeitsrisiko vir korporatiewe Suid-Afrika. Die werkplekpatroon van uitbranding, toksiese kultuur en dalende produktiwiteit dui op ’n tikkende tydbom,” sê Richter. Jopie de Beer, uitvoerende hoof van JvR Africa, sê die pas van verandering en kompleksiteit en eise van die werkomgewing het vir talle eenvoudig oorweldigend geraak.“Ons weet die voorkoms van uitbranding en sielkundige probleme soos angs, depressie, selfdood en middelmisbruik is tans baie hoog.” Die literatuur verwys na die “altydaan-kultuur” as een van verskeie redes vir uitbranding en gesondheidskwessies. Baie voel hulle durf nie nee sê vir werkopdragte na-ure nie, want hulle is bang hulle sal hul werk verloor, sê De Beer.
Verwagtinge en produktiwiteit Remchannel se peiling wys duidelik die Covid-19-pandemie en afstandwerk het werkplekverwagtinge en produktiwiteit beïnvloed, met sowat 36% van die respondente wat aangedui het hulle verwag van werknemers om e-posboodskappe na-ure te beantwoord. 48
finweek 26 November 2021
“Mense werk harder as ooit, en daar is geen grense nie – ’n resep vir uitbranding en uiteindelik ’n afname in produktiwiteit,” sê Richter (sien grafiek). Dit hou regstreeks met maatskappywins verband, aangesien produktiwiteit die winsaandrywer is. De Beer sê sommige werkgewers se gebrek aan respek vir grense raak veral ernstig wanneer diskriminasie en magsmisbruik gekombineer word met lae vlakke van empatie onder bestuurders, leiers of sake-eienaars. De Beer en kollegas Karina de Bruin en Renate Sherrer wy in die onlangs gepubliseerde boek Improving Mental Health in the Workplace, ’n hele hoofstuk toe aan toksiese verhoudings in die werkplek. “Vir organisasies kan die dubbele impak van die pandemie en ’n toksiese werkomgewing moontlik dodelik wees, want toksisiteit en toksiese kulture het ’n negatiewe invloed op hul vermoë om talentvolle werknemers, wat mettertyd prestasie en groei moontlik maak, te trek, te behou en te ontwikkel,” skryf hulle. Hulle verwys na verskeie studies oor die rampspoedige uitwerking van toksisiteit, wat maak dat tot 80% van werkers hulle emosioneel begin afsluit en tussen 30% en 50% van alle bestuursvlakaanstellings in ontslag of bedanking eindig.
René Richter Besturende direkteur van Remchannel
“Vir organisasies kan die dubbele impak van die pandemie en ’n toksiese werkomgewing moontlik dodelik wees, want toksisiteit en toksiese kulture het ’n negatiewe invloed op hul vermoë om talentvolle werknemers, wat mettertyd prestasie en groei moontlik maak, te trek, te behou en te ontwikkel.”
Herevaluering van poste De Beer sê baie mense begin wonder of werkverwante stres, saam met groter huishoudelike verantwoordelikhede, die moeite werd is, aangesien ’n mens tog net “een keer lewe”. “Hulle is op soek na kalmte, rus en eenvoud, waar gesin, kinders, troeteldiere, spiritualiteit en persoonlike belangstellings voorkeur kry. Die pandemie dwing mense om opnuut te besin oor wat eintlik in die lewe van waarde is.” De Beer sê voorts dit is ook uitputtend om voortdurend in veg-of-vlug-modus te wees. Om te bedank en ander opsies op te
Jopie de Beer Uitvoerende hoof van JvR Africa
www.netwerk24.com/finweek
kolskoot bestuur
WERK PERSONEEL LANGER URE AS VOOR DIE INPERKING?
GROOTSKAALSE BEDANKINGS Data van die Amerikaanse kantoor vir arbeidstatistieke wys vier miljoen Amerikaners is in Julie 2021 weg by die werk, met ’n vloedgolf bedankings in April. Luidens dié data was 10,9 miljoen poste einde Julie vakant. Ian Cook en sy span van Visier (’n maatskappy wat in mensontleding en beplanning spesialiseer) het meer as nege miljoen werknemer-rekords by meer as 4 000 maatskappye ontleed. Hul verslag, wat in die Harvard Business Review gepubliseer is, beskryf die volgende tendense:
1. Bedankingsyfers is die hoogste onder werknemers in die middel van hul loopbaan. Werknemers tussen 30 en 45 jaar oud toon die grootste toename in bedankings, met ’n gemiddelde toename van meer as 20% tussen 2020 en 2021. Waar die omset gewoonlik die hoogste onder jonger werknemers is, het Cook se studie bevind die bedankingsyfer onder werkers in die ouderdomsgroep 20 tot 25 jaar oud het in werklikheid afgeneem. Dit kan weens groter finansiële onsekerheid en ’n kleiner vraag na toetreevlakwerkers wees. Cook sê dit is moontlik dat die skuif na afstandswerk werkgewers laat voel dit is riskanter as gewoonlik om mense met min ervaring aan te stel, aangesien die nuwe werknemers nie die voordeel van persoonlike opleiding en voorligting sal hê nie. Dit sou ’n groter vraag skep na midloopbaanwerknemers, wat hulle dus groter bedingingsmag sou gee om ’n nuwe pos te kry. “Natuurlik kon baie van dié werkers dalk net breekpunt bereik het na maande en maande van hoë werksladings, poste wat gevries is en ander druk, sodat hulle herbesin het oor hul werken leefdoelwitte,” skryf hy in die studie.
Foto’s: Verskaf
2. Bedankingsyfers die hoogste in die tegnologiebedryf en gesondheidsorg. Volgens Cook het die span drastiese verskille in die omsetkoers gevind tussen maatskappye in verskillende bedryfsektore. Bedankings in vervaardiging en finansies het inderwaarheid effens afgeneem, maar in gesondheidsorg het 3,6% en in tegnologie 4,5% meer werkers hul werk vaarwel toegeroep as in die vorige jaar. Hy skryf dit toe aan die enorme toename in aanvraag weens die pandemie, wat waarskynlik tot groter werksladings en uitbranding gelei het. ■ @finweek
finweek
finweekmagazine
2% 10%
44% 44%
■
Geen verandering
■
Nee, effens minder
■
Ja, opmerklik meer
■
Ja, effens meer BRON: Remchannel
soek, is miskien vir party al opsie. Richter sê mense noem dikwels “beter geleenthede” as rede hoekom hulle bedank. Beter geleenthede kan egter verwagtinge van ’n beter leefstyl beteken. Mense sal ’n pos aanvaar wat minder betaal, maar ook met minder verantwoordelikhede en dus ’n beter lewensgehalte gepaardgaan. “Die regstreekse invloed wat die pandemie op mense se lewe het, laat hulle hul posisie herevalueer. Hulle begin wonder of die trapmeule waarop ons almal is ooit die moeite werd is,” sê sy. Talle klim miskien ook van die trapmeule af oor die vinnige pas van digitalisering. “Dit kan beter wees om te bedank as om met die talle tegniese vaardighede te kampe te hê wat die werkplek deesdae vereis,” sê De Beer. Richter sê hoewel die peiling nie aandui of mense bedank het om hul eie rigting in te slaan nie, kan dit wees dat party meen hulle kan meer welvaart vir hulself skep, of hul eie leefstyl beter beheer. Om in die heersende sakeomgewing ’n entrepreneur te word, verg ’n baie dapper persoon en bly ’n ongelooflike moeilike opsie, sê De Beer. “Om finansiële ondersteuning te kry, aan omslagtige wetgewing te voldoen en te sukkel met infrastruktuur wat in duie stort, is ’n besonder groot uitdaging,” sê De Beer. Dit mag moontlik wees dat baie mense bedank en dan emigreer.
Hoe om te keer Talle organisasies sien die tekens en weet hoe duur ’n hoë personeelomset is. “As jou vakaturesyfer reeds hoog is, is drastiese stappe nodig om die uittog te stuit,” sê Richter. Verlofaanspreeklikheid het die afgelope agt jaar aansienlik toegeneem, het die Remchannel-peiling bevind: van R8,4 miljard tot R10,7 miljard in die mynboubedryf alleen. Daarby, sê Richter, kan dit ’n maatskappy twee tot drie keer ’n topbestuurshoof of senior bestuurder se gewaarborgde salaris per jaar kos om die persoon te verloor en te vervang. Tydens die daaropvolgende werwings- en induksietydperk van ’n nuwe persoon word daar van ander bestuurshoofde verwag om intussen ’n bykomende las te dra, wat die uitbrandingsfaktor vererger, waarsku Richter. Tegnologie het ’n belangrike aandrywer geword om te help met die ontwikkeling van beleide vir die hantering van dié tydbom. Gesien die moontlike nadele wat die werkplek vir mense se geestesgesondheid en geestelike welstand kan hê, stel De Beer en kollegas voor dat leiers aanstellings doen vir eienskappe soos “nederigheid, bedagsaamheid en emosionele intelligensie”. “Onderrig bestuurders in die oorsake, gevolge en koste van toksisiteit in die werkplek,” is hul raad. ■ terugvoer@finweek.co.za finweek 26 November 2021
49
Duwweltjie
Hondelof Izinja Die isiZulu-woord vir dié uitgawe is izinja. Izinja is honde. Die enkelvoud is inja. Ek het nie izinja of ander troeteldiere nie. Ek het nie troeteldiere nie, want ek wil nie na hulle omsien nie. Ek sal eenvoudig nie, al wil my kinders graag izinja hê. Ek verstaan dit, maar ek weet ook dis ek wat hulle bolle sal moet optel. Nee, dankie. Mense wat izinja het, neig om hulle toertjies te laat doen of hulle goed te laat aantrek wat hulle simpel laat lyk. Dit ontstel my as ek dit sien. Daardie inja wat jy nou so simpel laat lyk is ’n pa van vier. Wat sê sy kinders van hom wanneer hulle sien hoe jy hom behandel? Wat dink sy vrou van hom? Ai, die vernedering. “Waar’s die hondekind?”, vra jy speels. Hy is nie ’n kind nie, hy is die pa van ’n gesin.
Daardie Duitse herdershond is iemand se ma. Betoon tog respek. Haar kinders aanbid haar, sy is hulle alles. Mense wat diere besit . . . . Nee, skrap dit. Jy BESIT hulle nie! Mense met izinja-vriende moet beter doen. In die omgangstaal is inja ook jou mater. Ek sal my mater nooit so behandel soos wat izinja-eienaars izinja behandel nie. Ek speel sommer. Die meeste mense wat izinja en ander troeteldiere het, behandel hulle goed. Party behandel hulle selfs beter as wat hulle mense behandel wat gehelp het om hul kinders groot te maak, maar dis ’n storie vir ’n ander dag. Izinja is ook handig om die stemsoekers in verkiesingstyd te verjaag. Net daarvoor moet mens dalk izinja hê.
kolskoot vasvra en blokkiesraaisel Toets jou algemene kennis met ons laaste vasvra, wat van 22 November aanlyn beskikbaar sal wees op fin24.com/finweek. 1. Die burgerlike groep Afriforum het onlangs aangevoer dat die voortgesette handhawing van ’n aandklokreël in die land as deel van die ramptoestand irrasioneel en ongeregverdig is. Omtrent hoeveel dae van inperking dink jy ons het al in totaal gehad? ■ 500 dae ■ 600 dae ■ 800 dae 2. Wie is die eerste vroulike uitvoerende hoof van Deloitte Africa? 3. Vul die regte syfer in: Suid-Afrika se vervaardigingsproduksie het in September___% jaar-tot-jaar gestyg, nadat dit in Augustus met ’n aangepaste 1,9% gegroei het. 4. Heineken wil die wyn- en drankvervaardiger Distell vir €2,2 miljard koop. Watter hiervan word nie deur Distell vervaardig nie? ■ Strongbow ■ Klipdrift ■ Savanna 5. Reg of verkeerd? Royal Dutch Shell het gesê hy is van plan om sy hoofkantoor na Frankryk te verskuif. 6. In sy eerste mediumtermyn-begrotingsraamwerkrede, het die minister van finan-
sies Enoch Godongwana gesê belastinginvordering het verwagtinge op kort termyn oortref en inkomste vir die 2021-’22-boekjaar sal nou na raming hoeveel bereik? ■ R850 miljard ■ R1 500 miljard ■ R2 200 miljard 7. Reg of verkeerd? Voormalige hoofregter Mogoeng Mogoeng, wie se ampstermyn in Oktober geëindig het, was Suid-Afrika se derde hoofregter. 8. Wat het Malala Yousafzai, die Nobelpryswenner en aktivis, in November gedoen? ■ Met haar lewensmaat getrou ■ ’n Tweede Nobelprys vir Vrede gewen ■ Haar tweede boek gepubliseer 9. Die Suid-Afrikaanse polisie het misdaadstatistiek opgeteken oor die soort voertuie wat misdadigers in die land teiken. Watter motor word nie as hoërisiko beskou nie? ■ VW Polo ■ Kia Rio ■ Toyota Etios 10. Deur watter land is Bafana Bafana in die Fifa-wêreldbeker-kwalifiseerwedstryde vir Katar 2022 geklop?
BLOKKIESRAAISEL
386
DWARS
AF
9 Wortelskiet (7) 10 Dood (7) 11 Nou (7) 12 Chirurgie uitvoer (7) 13 Van die kant af (9) 15 Pateties (5) 16 Iemand met gekartelde hare (7) 19 Groentesoort (7) 20 Graanlemme (5) 21 Heeltemal kalm (9) 25 Kragte in fisika (7) 26 Hoor (7) 28 Bepaling (7) 29 Onspesifieke persoon (7)
1 Spoggerig aantrek (6) 2 Vroeg in die dag (6) 3 Vervaardiger van die Mustang (4) 4 Geskei (6) 5 Reus (8) 6 Atletieknommer (10) 7 Berispe (8) 8 Regeerders (8) 14 ’n Klein bietjie (10) 16 Kinderrygoed (8) 17 Verbruikersware-maatskappy (8) 18 . . . praat (reguit) (8) 22 Onderrig (6) 23 Russiese munt (6) 24 Boustof (6) 27 Reuke waarneem (4)
– Melusi’s #everydayzulu deur Melusi Tshabalala
Vorige oplossing (385) DWARS: 1 padkos, 5 Investec, 9 opbrengs, 10 roeier, 11 onderstebo, 12 imam, 13 marsjeer, 16 tolvry, 17 najaag, 19 spanspek, 21 kies, 22 springstof, 25 teweeg, 26 peetouer, 27 trotseer, 28 koelte. AF: 2 Aspen, 3 kurwe, 4 sinisme, 5 insweer, 6 versoet, 7 spesialis, 8 Eiewaarde, 14 analiseer, 15 saamsmelt, 18 gesegde, 19 skraper, 20 aanwerk, 23 skone, 24 opeet.
50
finweek 26 November 2021
www.netwerk24.com/finweek
WITH EVERY PURCHASE CALLL 011 1 784 4 855 51 SH HOP ONLIN NE ATT SCO OINS SHOP.CO OM
GET FREE GOLD LOADED INTO YOUR ACCOUNT WHEN YOU BUY SELECTED COINS IN STORE, ONLINE OR OVER THE PHONE VISIT US AT: THE SOUTH AFRICAN GOLD COIN EXCHANGE HEAD OFFICE 4TH FLOOR, ATRIUM ON 5TH, SANDTON, JHB · BROOKLYN MALL · SANDTON CITY WALMER PARK · EASTGATE SOMERSET WEST · GATEWAY · MALL OF THE NORTH · PAVILION MALL · CANAL WALK · V&A WATERFRONT