1 minute read
Urheimat
Die Indo-Europese tale word deur sowat 46% van die wêreldbevolking gepraat. Die grootse individuele tale vandag is Spaans, Engels, Bengali, Portugees, Hindi en Punjabi wat elk meer as 100 miljoen sprekers het. Indo-Europees is een van die deeglikste nagevorsde van alle taalgroepe.
Die ligging van die historiese tuisland van die Proto-Indo-Europese taal was egter nog altyd omstrede. Voorheen is onder meer die Balkan, Baktriё, Skandinawiё en Sentraal-Asiё as tuislande voorgehou, en selfs Indiё. Tans aanvaar die meerderheid linguïste die Kurgan- of Pontiese Steppe-hipotese, wat die gebied tussen die Swart en Kaspiese See plaas. Migrasie na die weste sou deur die Donauvallei plaasvind, en na die noorde langs die Donrivier.
Advertisement
Die Anatoliese hipotese van Colin Renfrew plaas die tuisland in Anatoliё en beskou die migrasie van die sprekers na die weste en noorde as die natuurlike verspreiding van landbou wat in die Vrugbare Halfmaan ontstaan het.
Die Armeense Hoogland- of Transkaukasiese hipotese plaas Proto-Indo-Europees suid van die Kaukasus, vanwaar dit na Indiё verspei het en na Europa deur die Kaukasus, waar die Pontiese Steppe as ‘n tweede tuisland sou dien.