1 minute read

Kaukasies

Next Article
Urheimat

Urheimat

Derdens is daar die Kaukasiese faktor wat nie geneties van aard is nie, wat dui op ‘n Sprachbund van PIE en die Noordwes-Kaukasiese tale wat bekend staan vir min klinkers en ‘n ryk konsonant-inventaris. Die Noordwes-Kaukasiese korrelasies is ‘n korpus van naamwoordsuffikse, deelwoorde en naamvalle, partikels en werkwoord-uitgange. Die linguïs Colarusso se vroeё Indo-Europees het heelwat meer “laringeale”, en daar bestaan in elk geval ‘n model van vroeё Proto-Indo-Europees wat oor net twee klinkers beskik, /a/ en /Ə/.

Noordoos-Kaukasies het heteroklitiese

Advertisement

verbuigings wat ook in PIE voorkom. Een stam word gebruik vir die nominatief (absolutief) terwyl die ander vir die ergatief en ander naamvalle gebruik word. Dis ‘n rare eienskap in die tale van Eurasiё, maar word ook in Anatolies gevind. ‘n Voorbeeld is PIE *yēkʷr /lewer/ in die nominatief, vs *yekʷns in die genitief.

Ten slotte is daar die oorsprong van die Anatoliese onderskeid Lewend/Nie-Lewend (animate/inanimate).

Die Eurasiatiese tale Oeraals, Altaïes, Eskimo en Nivkh tref geen onderskeid op grond van geslag of naamwoordklas nie, maar ChukotkoKamchatkan het Lewend/Nie-Lewend net soos

Noordwes-Kaukasies Abkhaz en Abaza

Lewend/Nie-Lewend het. Die Nax- en Daghestanitale (Oos-Kaukasies) het twee tot agt naamwoordklasse. Die vroegste Proto-IndoEuropees het Lewend/Nie-Lewend gehad, wat eers later na die drievoudige manlik-vroulikonsydig uitgebrei het.

This article is from: