1 minute read
Wieg van PIE
Die Zangezurberge vorm die grens tussen Nakhchivan en Syunik, ‘n provinsie van Armeniё wat met lowergroen oerwoude bedek is. Die hoogste pieke is Kaputjugh van 3905 meter (12,812 voet) en Gazanasar van 3829 meter (12,562 voet). Verder oos is Artsakh, ‘n bergagtige gebied wat na die ooste oor die Kura-Aras laagland uitkyk. Azokh-grot in die suidooste van Artsakh is teen ‘n berghang geleё, en is sedert die Ou Steentydperk tot ‘n paar honderd jaar gelede ononderbrokke bewoon.
Die Kartveelse groep woon nog altyd in Georgiё, die Altaïese groep het in die huidige Armeniё gewoon, Die Indo-Europeёrs het in Syunik, Artsakh en suidelike Azerbaijan gewoon, die Oeraalse groep rondom Urmiameer in Iran, die Semitiese groep rondom Van-meer, en die Drawidiese groep in Noordoos-Irak.
Advertisement