1 minute read
Berge & Riviere
Die Turkiese groep rondom Sevanmeer in die Gegharkunikprovinsie teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, en moontlik op die oewer van die Kurarivier tot by Ararat en die Aridagbergreeks.
Indo-Europeërs oos van die Zangezurbergreeks, in die area van vandag se Siyunik, Artsakh (NagornoKarabakh), Barda, Imishli en langs die Araksrivier tot by die moerasse in die Kura-Aras laagland.
Advertisement
Die Oeraalse voorouers rondom Urmiameer in die teenswoordige Iranse provinsies Wes- en OosAzerbaijan, en die Semitiese by die Wan-meer in die Turkse provinsies Van en Bitlis in die weste.
Die Elamo-Drawidiёrs plaas hy teen die hange van die Khakiari- en Kurdistan-bergkettings, en in die bolope van die Tigris en die Groot- en Klein Zabriviervalleie.
Die Kartveelse groep, waar hulle steeds woon, aan die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte, en ‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.
Sy slotsom is gedeeltelik gebaseer op die waarneming dat Altaïes en Oeraals baie ou woorde vir /vis/ en /visvang/ het, terwyl PIE meer gespesialiseerde terme vir /jag/ het.
Stetsyuk reken dat die eerste groepe om te trek, die Elamo-Drawidiese (na die ooste) was, die Altaïese (na die noordooste) en Oeralies-Joekaghir (na die noorde). Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die noorde getrek.
Die Elamo-Drawidiese teenwoordigheid aan die suide veronderstel kontak met die vroegste Sumeries, miskien selfs buite Mesopotamië, wat heelwat vrae sou beantwoord.
Dit verklaar die gedeelde woordeskat onder Proto-Semities, PIE en Proto-Karvelies, bv die woorde vir wyn, landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Intussen het die noordelike Eurasiatiese groep in ‘n radikaal anderse omgewing ontwikkel, waar jag en versamel die leefwyse was. Eurasiaties se gedeelde woordeskat met Indo-Europees dateer terug na ‘n pre-landbou-veeteelt periode.