Berge en riviere Die Turkiese groep rondom Sevanmeer in die Gegharkunikprovinsie teen die suidelike hange van die Kleiner Kaukasusberge, en moontlik op die oewer van die Kurarivier tot by Ararat en die Aridagbergreeks. Indo-Europeërs oos van die Zangezurbergreeks, in die area van vandag se Siyunik, Artsakh (NagornoKarabakh), Barda, Imishli en langs die Araksrivier tot by die moerasse in die Kura-Aras laagland. Die Oeraalse voorouers rondom Urmiameer in die teenswoordige Iranse provinsies Wes- en OosAzerbaijan, en die Semitiese by die Wan-meer in die Turkse provinsies Van en Bitlis in die weste.
Die Elamo-Drawidiёrs plaas hy teen die hange van die Khakiari- en Kurdistan-bergkettings, en in die bolope van die Tigris en die Groot- en Klein Zabriviervalleie. Die Kartveelse groep, waar hulle steeds woon, aan die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte, en ‘n deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.
10