12 minute read

AFDELING A: WERKSAAMHEDE VAN DIE SA SPOORWEGPOLISIE IN SUIDWES AFRIKA

Next Article
Suidwes Afrika

Suidwes Afrika

WERKSAAMHEDE VAN DIE S.A.SPOORWEGPOLISIE IN SUIDWES AFRIKA

Ten spyte van die feit dat Suidwes Afrika die stiefkind van die nege afdelings van die S.A.Spoorweë was, het dit oor die grootste grondgebied gestrek. Dié afdeling het gestrek vanaf Britstown tot by Upington, Upington tot by Ovamboland, Okavango, Hereroland met Walvisbaai en Lüderitz as die verste kusdorp. Soos die voël vlieg was dit ongeveer 2000 kilometer. Die smal spoortrein tussen Karibib – Usakos – na Otjiwarongo, Tsumeb en Grootfontein is eers in die begin van die sestiger jare met die standaard wydte spoorlyn vervang. Op baie van die plekke het die SASP nie oor voertuie beskik nie, met die gevolg dat die lede dikwels by die S.A. Polisie vir hulp moes aanklop wanneer daar byvoorbeeld ʼn lyk op die trajek gevind was. Kolonel A.W. van Niekerk is seker die enigste offisier in die S.A. Spoorwegpolisie wat as die Bevelvoerende Offisier met die rang van kaptein op Windhoek begin het, en as Bevelvoerende Offisier met die rang van kolonel afgetree het, sonder dat hy ooit met bevordering verplaas was. Die afdeling se personeel in 1956 het soos volg daarna uitgesien.

Advertisement

Afdelingshoofkantoor.

Bevelvoerende Offisier Kaptein A.W Van Niekerk. 2de In bevel Luitenant P.A (Piet) Myburgh B.O. Klerk Sersant klas (2) Andy Els Logistiek Konstabel La Grange Administrasie en vuurwapens Konstabel Casper Human, Konstabel Sam Visagie en Konstabel Bolletjies Steenkamp.

Speurderpersoneel gestel in A.H.K,

S/sersant klas (1) M.J van Taak In Bevel S/sersant klas (2) Dewalt Louw Suid Seksie. Windhoek na Kalkrand Windhoek na Okahandja S/sersant A.J.(Bruinhoedjie) Coetzee Vlugspan. Hele SWA afdeling wat strek vanaf Britstown – Ovamboland – Walvisbaai onder direkte bevel van die B.O. S/Konstabel Pop Kotze Plaaslike speurder en ondersoeker. S/Konstabel Lappies Labuschagne Ondersoek van eise teen die Spoorweë.

Wyksersante Sersant klas (2) M.G Kotze Sersant Klas (2) C.C. Scheepers Sersant klas (2) P. du Toit Louw Sersant klas (2) J.C.P. Goosen

Posbevelvoerders

Windhoek Sersant klas (2) E.A van Niekerk. Walvisbaai Adjudant Offisier Hansie Steenkamp. Usakos Sersant klas (2) D.M. Greeff Seksiespeurder Sersant klas (2) W. Myburgh en later S/Sersant D.J.L.K. Reichert Otjiwarongo Ondersersant M.J. Jonker (Afgetree as Genl. Maj. in SAP) Tsumeb Ondersersant Johan Ludeke Grootfontein Ondersersant Johnson en later Ondersersant J.J. Mans. Seksiespeurder S/Sersant klas (2) Nic v/d Merwe. Het Grootfontein, Tsumeb en Ovamboland bedien. Lüderitz Sersant klas (2) A. Verster en later Sersant klas (2) J.C.P. Goosen. (Afgetree as Brigadier in SAP ná amalgamasie.)

3

Keetmanshoop Ondersersant A. Oberholzer wat later as sersant klas (2) die B.O se klerk geword het. Hy was deur Ondersersant Joek Botes vervang. Seksiespeurder S/Sersant klas (2) D.J. (Taranakie) Nortje. Upington Sersant P. Maree en later vervang deur Sersant D.J.L.K. Reichert. Seksiespeurder S/Sers. klas (2) A.J. Tolken. S/Sersant A. Venter. Prieska Ondersersant A. Grove. Daar afgetree en vervang deur ondersersant Bokkie Fourie. Gobabis – Mariental – Britstown Hierdie poste was gedurende die sestiger jare geskep.

Posbevelvoerder Gobabis Ondersersant A.B. van Wyk Seksiespeurder S/sersant P. Maree Mariental Ondersersant Vaaltyn van Zyl Britstown Ondersersant Louis de Kock

Lugramp : Boeing 707 : Vlug 228 : J.G. Strydom-lughawe.

Die huistelefoon het omstreeks 22:00 die aand van 20 April 1968 by my huis gelui. Die stem aan die anderkant was dié van die konstabel by die aanklagtekantoor met die ontstellende nuus dat daar ‘n Boeing by die J.G. Strydom lughawe geval het. ‘n Klompie van ons het ons per polisievoertuig gehaas na die toneel om hulp te verleen waar ons kon. Die ambulanse en ander noodvoertuie het tou gestaan by die ingangshek met ons aankoms op die toneel. Ons kon die wrak van die vliegtuig waarneem waar dit ongeveer 2 na 3 kilometer Oos van die lughawe neergestort het. Die ambulans personeel het iemand nodig gehad om voor hulle uit te hardloop om ‘n gangbare roete deur die bos aan te dui na die wrak toe. Ek het dié taak op myself geneem en die voertuie gelei vir ‘n rit wat etlike minute geneem het tot by die ongelukstoneel. My eerste indruk van die toneel was dat dit grafstil was en nie lank daarna nie het die oorweldigende reuk van brandende olie ons neusgate getref. Noodhelpers het sonder skroom begin om die toneel te deursoek vir oorlewendes wat moontlik mediese hulp benodig het. Elkeen van die onderskeie magte en dienste op die toneel was totaal en al verslae deur die verwoesting en dood wat ons in die gesig gestaar het. Ek kon persoonlik nie my oë glo nie; die realiteit van die situasie was oorweldigend. ‘n Lugmag helikopter het kom land nadat dit ‘n geskikte landingsplek gevind het tussen die brandende wrakstukke . Ek herinner my dat ek by die romp van die Boeing 707 gestaan het met wrakstukke wat gelê het so ver soos die oog kon sien. Die regterkantse vlerk het Suidoos van die vliegtuig gelê en die kajuit gedeelte het regop verrys uit die grond aan die Noordooste kant van die romp. ‘n Persoon in siviele drag het my teruggebring na die werklikheid toe hy my skielik vra, “Wie is jy?” Ek stel myself aan hom voor as Tjaka Neethling en vind derhalwe uit dat hy brigadier Crause van die S.A. Polisie is – die totale verslaentheid was duidelik te sien op sy gesig ook. My eerste gedagte was om binne-in die kajuit te kyk of daar enige oorlewendes was. ‘n Lugwaardin het verstrengel geraak in die drade van die vliegtuig – baie van die drade was om haar nek gedraai. By nadere ondersoek het ek gevind dat sy dood was aangesien haar bene reeds koud was. Die enigste manier om verder binne die kajuit te sien, was om binne-in te klim en my vonds aldaar was grusaam om die minste te sê. Dit was gou duidelik dat niemand hierdie tragedie kon oorleef nie, veral toe ek die stuurkajuit betree het. Die Kaptein van die vliegtuig, kaptein E.R.Smit, was nog vasgegespe in sy stoel binne die kajuit; sy skedel aan die agterkant was weggeruk en heeltemal uitgehol. Die trane het onwillekeurig oor my wange begin rol namate die realiteit van die lewensverlies begin insink het. Ek het gevoel dat dinge net te veel vir my begin raak het. Baie lyke is gedurende die nag gevind, maar dit was ‘n onbegonne taak om die lyke wat tydens die vliegtuig se val uit die kajuit geslinger was, in die donker op te spoor – hierdie taak sou moes wag tot die volgende oggend. Hierdie taak was ietwat vergemaklik deur die

4

stukkies klere wat aan die haak-en-steek bosse sigbaar was soos die gebroke liggame daardeur geseil het tydens die ramp. Die blare van die bosse was besmet met olie soos wat dit uit die vliegtuig se motore gelek het tydens die ongeluk en die vier motore het vier diep slote uit die aarde geruk met die neerstorting van die vliegtuig. Dit wou vir my voorkom, soos ek na die toneel gekyk het, dat die vliegtuig redelik vinnig gedaal het en dat die Kaptein, as gevolg van die donkerte, nie kon sien hoe ver hulle bo die grond was nie. Ek het voorts die ongeluk met die tegnikus, Gellie Geldenhuys, bespreek en sy gevolgtrekking was dat die vlerkflappe te vroeg opgetrek was en dat die vliegtuig binne ‘n paar sekondes baie vinnig gedaal het tot op die punt waar dit die grond getref het. Baie van die lyke het natuurlik juweliersware en ander waardevolle artikels aangehad. Dit sou later blyk dat van die soek- en reddingspanne hulself gehelp het aan van die artikels en kriminele dossiere is gevolglik geopen. Luitenant M.J. van Taak was die ondersoekbeampte in dié betrokke sake en talle van die helpers is gevolglik skuldig bevind aan diefstal. Speurder-sersant M.J. Bronkhorst het die lykskouing hanteer terwyl Tjaka Neethling die register bygehou het met gevonde artikels, foto’s, juweliersware, en beide Suid Afrikaanse en buitelandse kontant. Die uitkenning van lyke deur naasbestaandes het vir baie emosionele tonele gesorg wat byna hartverskeurend was in sommige gevalle. In die gevalle waar lyke onuitkenbaar vermink was as gevolg van verbranding, moes naasbestaandes hul geliefdes uitken aan die artikels wat aan hul persoon gevind was asook aan foto’s wat op die toneel geneem is. Die hele episode en die gepaardgaande gebeure was vir my persoonlik baie traumaties en het emosioneel ‘n geweldige impak op my lewe gehad. Twee-en-veertig jaar later onthou ek die beelde van die ongelukstoneel asof dit gister gebeur het. Kolonel Mof Pretorius van hoofkantoor in Johannesburg was in beheer van die korrespondensie rakende die ongeluk en hy het my daarheen ontbied om die register wat ek bygehou het aan hom voor te lê. Die kolonel se manier van praat het my opgeval; elke derde woord was “verstaan.” Die gesprek waarin hy my die nodige erkenning gegee het vir my bydrae tot die saak het om en by so geklink: “Sersant, verstaan…verstaan, jy het goeie werk gedoen, verstaan…verstaan, en ek wil vir jou dankie sê, verstaan…verstaan, vir jou goeie werk, verstaan…verstaan.” Mnr John Steyn was die S.A.Lugdiens bestuurder by J.G. Strydom - lughawe tydens die ramp en Gellie Geldenhuys was een van die tegnici. Die saaknommer van die lugramp is Windhoek R.O.M. 23/4/1968. (Tjaka Neethling)

Die Saterdag waarop die Boeing by die lughawe neergestort het, was ek en Gert van Dyk onderweg vanaf Gobabis na Windhoek waar ons rugby gespeel het. Teen 21:30 die aand, toe ons by die J.G Strydom - lughawe kom, was dit net motorvoertuie waar jy kyk. Dit het kompleet gelyk soos nagmaal op Pofadder. Ons verneem toe dat daar ʼn vliegtuig geval het, maar ons het ons nie veel gesteur daaraan nie. Ons was omtrent weggejaag toe ons by Talpark aankom, met die opdrag om onsself by die aanklagte kantoor te gaan aanmeld. Dit was ʼn totale warboel by die aanklagtekantoor; almal gee opdragte en niemand weet watter van die talle opdragte deur wie uitgevoer moes word nie. ‘n Klomp van ons het ongeveer 03:00 arriveer by die ramp toneel. Ons het opdrag gekry om by die beheerpunt te gaan aanmeld, maar nie een van ons had ʼn idée waar die beheerpunt was nie. Elkeen van ons was met ʼn flitslig bewapen en oral was dit mense wat loop en gil en vragmotors met liggame en dele van liggame wat tussen ons deurbeweeg het. Na ʼn tydjie het ons die beheerpunt gevind waar dit by die kajuit gedeelte van die vliegtuig was. Die hantering van lyke was my genadiglik gespaar aangesien ek verantwoordelik was om toe te sien dat geen koerantman die toneel betree, dat geen foto’s geneem was en dat geeneen enige aandenkings verwyder het nie. Teen dagbreek die volgende oggend het ek vir die eerste keer die werklike omvang van die ramp besef. Dit was beslis nie iets moois om te aanskou nie. Soos wat die dag gevorder het, het meer en meer hulp opgedaag . Die Bevelvoerende offisier, kolonel van Niekerk, was ook deurentyd op die toneel teenwoordig.

5

Ons het spoedig geleer waar om te soek vir die liggaamsdele wat oor die gebied versprei gelê het; ons het agtergekom dat wanneer jy op die gedeelte waar die romp van die vliegtuig oor die aarde geskeur het, loop, kon jy ʼn “vetterige” streep deur die gras sien. Dit was ʼn aanduiding dat ʼn liggaamsdeel soos ʼn arm, been of stuk van die borskas deur die gras getrek is en dit het die merk veroorsaak . Persoonlike besittings het oor ʼn wye gebied versprei gelê. Gedurende die nag het drie van ons agtergebly om al die horlosies, beursies, ringe en alles wat sigbaar was, op te tel en in plastiese sakke te verpak wat na Windhoek gestuur was. Ek dink sersant Bronkhorst was in bevel van die gevonde eiendom. Dit het Maandag geword en niemand van ons het nog werklik geëet of gerus nie. Die middag is daar gereël dat ons in spanne by die lughawegebou kon gaan eet. So het die dae by die toneel weke geword en die weke later drie maande waarin ons pal nagdiens gewerk het sonder om afgelos te word. Saans 18:00 het ons aangemeld by Windhoek aanklagtekantoor waarna ons na die lughawe gery het. Die lede wat dagdiens gewerk het, het dan weer met die voertuig terug na Windhoek gery. Daar het ons in die bosse ons tyd verwyl sonder enige vervoer, kommunikasie of lewe rondom ons. Soms was ons eers teen 10:00 die volgende oggend afgelos. Ek kan onthou dat ek een oggend met R300-00 kontant wat ons opgetel het, Windhoek toe gery het. Die wind het deur die tyd die note die wêreld vol gewaai wat ons taak baie bemoeilik het. Ons moes by geleentheid die toneel met harke hark om al die artikels te versamel. So onthou ek dat die vinger van ʼn vrou, waaraan haar ringe nog was, so opgehark was. Daar was nie kragopwekkers wat lig kon verskaf nie. Ons was dikwels genoodsaak om ʼn vuur te maak sodat die gebied verlig kon word. Een van ons kollegas, konstabel J.A.J Nel, het in die middel van die nag die gebied verlaat. Die groep wat ons kom aflos het, het hom langs die teerpad gekry waar hy te voet oppad was terug na Windhoek toe. Hy het verduidelik dat die plek spook en dat hy nie ʼn minuut langer daar gaan bly nie toe hy om ʼn verduideliking gevra word. Wat hy nie geweet het nie, was dat die geluide wat hy in die nag gehoor het, eintlik beeste was wat in die veld gewei het. Dit wat ek in daardie tyd met die vliegtuigramp beleef het, sal my altyd bybly. (Apie van Lill)

Treinrampe.

Lede van die S.A Spoorwegpolisie was ook verantwoordelik vir die ondersoek van treinrampe. Een so ramp was dié waarin 85 lede van die S.A. Weermag in 1971 betrokke was. Treine moes dikwels by verskillende stasies stop sodat dieseleenhede en personeellede omgeruil kon word op die trajek vanaf die Republiek van Suid Afrika na Windhoek. Keetmanshoop was dan ook een van dié stasies. Noord van Keetmanshoop in die rigting van Mariental, was die Gariganus sylyn. By hierdie sylyn was ʼn gruisgroef waaruit ballasklippe, wat onder spoorlyne gepak word, gemyn was. Die rangeerpersoneel van Keetmanshoop het daagliks leë trokke na Gariganus geneem om daar met die gruis gelaai te word. Hulle het dan die trokke wat die vorige dag gelaai was, terug geneem na Keetmanshoop waar dit na verskillende bestemmings gestuur was. Die trajek vanaf Keetmanshoop na die noorde was baie steil. Daar moes soms van twee dieselseenhede gebruik gemaak word om die swaar vrag die steilte uit te trek. Soos die gebruik was die oggend van die ramp, het die trein met die leë trokke op die hooflyn na Gariganus vertrek. Die wissels was derhalwe vir die hooflyn oopgestel. Die passasierstrein met troepe van die Regiment Westelike Provinsie het vanuit die suide op die hooflyn inbeweeg. Die trein met die gevulde trokke met gruis vanaf Gariganus het op die hooflyn inbeweeg terwyl die passasierstrein nog op Keetmanshoop stasie gestaan het. As gevolg van die steil helling is beheer oor die rangeertrein verloor en weens die spoed waarmee dit die stasie genader het, kon die wissels nie betyds vir ʼn ander lyn gedraai word nie. Gevolglik het die gruistrein met die passasierstrein gebots. Die treindrywer het agtergekom dat daar fout met die trein se remme was en ʼn hele ent voor Keetmanshoop het hy die trein tot stilstand gebring. Hy het weer weggetrek sonder om ondersoek in te stel na wat die fout met die remme was. Die personeel het van die bewegende trein afgespring die oomblik toe hulle besef het dat daar ‘n probleem was. Die

6

This article is from: