11 minute read

Enkele Misdade in Suidwes Afrika

Next Article
Suidwes Afrika

Suidwes Afrika

nadere ondersoek het ek ʼn Limpet kleefmyn op die spoorlyn gevind. Die Limpet myn het nie gedetoneer nie aangesien die twee terroriste wat die myn daar geplaas het dié betrokke dag, saam die kleurling vroue van Upington gekuier het. Hulle het aan die drink gegaan en met hulle dronk lywe probeer om die Limpet myn te aktiveer. Hulle het die myn net so gelaat en op die vlug geslaan toe die trein in sig kom en later was vasgestel dat dieselfde twee terroriste ook vir die sabotasie van ‘n spoorlyn in Natal verantwoordelik was. Hulle was ook by ʼn skietery in Boksburg betrokke waar hulle deur die S.A Polisie gearresteer was. (Apie van Lill)

ENKELE MISDADE IN SUIDWES AFRIKA.

Advertisement

Grootste sabotasie saak.

Willem Biwa (26), ‘n Damara boer van die plaas Hanaus in die distrik van Gibeon, was daarvan aangekla dat hy aan twee Ovambo’s, Johannes Alfons Pandem (28), ʼn werklose onderwyser, en die werklose Petrus Nazngolo Lilongo (25), huisvesting en hulp met terroristiese dade verleen het. Johannes, wat as die springstof ingenieur bekend gestaan het, en Petrus het die aand van 19 – 20 Mei 1978, gepoog om die Guruchab padbrug op die nasionale pad tussen Keetmanshoop en Grunau, ernstig te beskadig deur ‘n beton pilaar met plofstof te vernietig. Tydens die sabotasie poging het Petrus in ʼn pendoring getrap. Die pendoring het deur die sool van sy tekkie gesteek en sy voet het baie gebloei. Hy het die tekkies uitgetrek en op die toneel weggegooi. Gedurende die vroeë oggendure van 25 Junie 1978 sou hulle probeer het om die vrye beweging van verkeer op die spoorlyn tussen Windhoek en Swakopmund te belemmer, of in gevaar te stel, deur die Spoorwegbrug tussen Karibib stasie en Kransberg te saboteur. Die sabotasie daad het daartoe gelei dat goedere/ passasierstrein nr. 99900, waarop sowat 100 passasiers gereis het, ontspoor het. Volgens die kondukteur op die trein, mnr. Gabriël Gerhardus Swarts, was niemand tydens die ontsporing beseer nie. Speur-adjudant offisier Blondie Prinsloo en speurder-sersant Apie van Lill van Windhoek was vroeër die aand uitgeroep om ondersoek te gaan instel na ʼn verdagte voorwerp wat tussen Windhoek en Okahandja opgemerk was. Met die ondersoek het hulle ʼn hoop ballasklippe gevind wat langs die spoorlyn afgelaai was. Tussen die klippe het ʼn stuk slagsnoer (Cordtex) gelê. Hulle was skaars by die huis, of Blondie skakel vir Van Lill en sê dat hy oppad was om hom te kom oplaai want die spoorlyn by Kransberg is opgeblaas. Hulle het met die ondersoek vir ʼn tyd in ʼn kaboes op Karibib gebly. Speur-adjudant offisier Gummie van Greunen en sy Ovambo speurder van Walvisbaai het met die ondersoek gehelp en nadat die ondersoek aldaar nie veel verder gevorder het nie, was die ondersoek na Windhoek verskuif. Majoor Jacobs (58), in die Mag as “Appél Jacobs” bekend, was ses dae na die voorval vanaf Afdelingshoofkantoor in Johannesburg na Windhoek gestuur om aan die spits van die ondersoek te staan. Luitenant Herman Botha (Cherry) van Durban speurtak en speurdersersant Martin Marx van Johannesburg was ook na Windhoek gestuur om hulle by kaptein Sakkie du Preez, speur-adjudant offisier Eben Smit, speurder-sersante Pankop Smit, Blondie Prinsloo, Apie van Lill en Joek Botes van die Veiligheidstak aldaar, aan te sluit. Op daardie stadium was daar nog geen leidrade nie. Die Vrydag nadat majoor Jacobs in Windhoek arriveer het, het hy vertroulike inligting van die weermag ontvang dat die leier van die Swapo se sabotasie span in ʼn Chevrolet El Camino bakkie met registrasienommer SN 38 opgemerk was. Die laaste twee nommers van die registrasienommer was waarskynlik 26. Besonderhede van die voertuig se registrasienommer was nagegaan en daar was vasgestel dat ʼn ene Biwa die bakkie by ʼn boer op Keetmanshoop gekoop het. Luitenant Cherry Botha, speurder-sersante Pankop Smit en Apie van Lill het op 4 Julie 1987 na Mariental vertrek. Met hul aankoms te Mariental het hulle die vaal El Camino bakkie met die wit kappie by die Caltex diensstasie aan die suidekant van die dorp opgemerk. ʼn Swart man het in die bakkie geklim en in die rigting van die spoorlyn gery waar hy op ʼn oop stuk veld stilgehou het. Die bestuurder van die bakkie het doodluiters ʼn koerant uitgehaal en dit begin lees nadat die voertuig tot stilstand gekom het. Die ondersoekspan het hom gevolg en langs hom stilgehou waarna luitenant Botha en die ander twee lede hulleself aan die

21

bestuurder as lede van die Spoorwegpolisie bekend gestel het. Die bestuurder het hom as ene Willem Biwa voorgestel. Hy het gesê dat hy die eienaar van die voertuig was en Biwa is toe aangesê om die ondersoekspan na Mariental stasie te vergesel. Van Lill het in die passasierskant van die bakkie geklim en hulle het na die stasie gery waar die bakkie agtergelaat was. Op dieselfde dag, om ongeveer 17:00, het Biwa die ondersoekspan na sy plaas Hanaus, naby Gibeon, geneem. Met aankoms daar het Van Lill en Biwa agter in die polisievoertuig gesit. ʼn Onbekende man, wat soos ʼn Ovambo gelyk het, het by die agterkant van die huis in die rigting van die windpomp geloop. Hy het redelik vinnig gestap en toe Van Lill by Biwa wou weet wie die persoon was, het Biwa geantwoord dat hy hom nie geken het nie en dat die persoon by sy huis moes aangekom het terwyl hy in die dorp was. Luitenant Botha en Pankop Smit het met die persoon, asook ʼn ander Ovambo man, na die motor teruggekeer. Op ʼn vraag wie die tweede persoon was het Biwa weer geantwoord dat hy hulle nie geken het nie en dat hulle op die plaas moes aangekom het terwyl hy in die dorp was. Die drie verdagtes was in Biwa se huis ingeneem. Daar was onder andere ook ‘n bed in die vertrek wat as die sitkamer gedien het. Luitenant Botha het onder die bed gekyk en twee identiese aktetasse gevind. Johannes en Petrus het erken dat dit hulle tasse was. In Petrus se aktetas was ʼn portefeulje gevind wat die volgende bevat het: 2 x R2 note, 1 x R1 noot, asook R2.65 se silwer en brons geld. In die vertrek was ook twee swart baadjies gevind en in die sak van Johannes se baadjie was ʼn dokument gevind waarop ʼn aantal vrae verskyn het. Op ʼn vraag waar hy daaraan gekom het, het Johannes geantwoord dat hy dit by ʼn onbekende soldaat gekry het. Daar was ook antwoorde op die dokument. Hierop het Biwa geantwoord: “Nou besef ek dat die twee terroriste is.” Sersant Joek Botes het ʼn baie groot rol in die ondervraging en herondervraging van die terroriste gespeel. Hy kon Ovambo vlot praat en verstaan, hy het hulle kultuur goed geken en dan was hy ʼn ook ʼn buikspreker met sy blik mannetjie met die naam van Charlie, wat hy soms tydens die ondervraging ingespan het. Die terroriste het hom as ʼn vaderlike figuur gesien en hom gerespekteer wat die kommunikasie met hulle baie vergemaklik het. Die ondersoekspan het 43 000 km met amptelike voertuie afgelê. Voorts was daar ook van weermag vliegtuie en motors asook motors van die S.A. Polisie gebruik gemaak. ʼn Totaal van 980 man-ure was aan die ondersoek van die saak afgestaan. Die twee Ovambo’s, Johannes en Petrus, het volgens getuienis gedurende Augustus 1974 tot Oktober 1975 opleiding in Suidwes Afrika, Angola, Zambië en Tanzanië in die hantering van plofstof en sabotasie tegnieke ontvang. Hieronder is ‘n lys van wapens en plofstof wat uit ses verskillende gate opgegrawe was. Die plekke waar dit gevind was, was naby Mariental in die suide, Okahandja en in die Omutele wyk in Ovamboland in die noorde van Suidwes Afrika.

10 AKM Outomatiese gewere met magasyne 1 Tokorev pistool

2 Makorov pistole 2 TMA 3 voertuig myne 4 PMN (Black widow) antipersoneelmyne 23 F1 handgranate 26 PMD antipersoneelmyne 2 MUV ontstekers 2 POMZ antipersoneelmyne 100 Slagdoppies 30 RO-1 meganiese ontstekers 218 400gr TNT plofstof blokkies 160m Cordtex (slagsnoer) 152 200gr TNT plofstof blokkies 10m Veiligheidslont 10kg Plastiese springstof 2rolle Pootjiedraad 160m Cordtex slagsnoer 3 Tuis hout detoneringsmeganismes 1 Hand skoot ontplowwer. 30 RO-1 meganiese ontstekers

Daar was ook getuig dat hulle gedurende die tydperk 1 November 1977 tot 21 Junie 1978 vuurwapens, ammunisie, landmyne en plofstof onwettig in SWA ingevoer het. Luitenant kolonel Christiaan Stephanus Ernst Cloete, hoof van die S.A. Spoorwegpolisie se plofstof afdeling in Johannesburg, het getuig dat die beskuldigdes hul teiken fyn uitgekies het. Volgens hom het hulle ongeveer 25kg plastiese plofstof gebruik om die brug mee te saboteer. 22

ʼn Stuk van die treinbrug wat ongeveer 20kg geweeg het, was sowat 67m vanaf die punt van detonasie gevind. Die saak het voor Regterpresident Badenhorst, bygestaan deur twee assessore, mnr. W.H. Visser, die Hooflanddros van Windhoek en mnr. D.J De Lange die Prokureur Generaal van Suidwes Afrika, gedien. Die aanklaer in die saak was Advokaat Don Brunette. Volgens majoor Jacobs kon die sukses van die ondersoek aan gebed, harde werk en ʼn goeie spangees tussen lede van die ondersoekspan toegeskryf word. Daar was ook ʼn hartlike samewerking tussen lede van die S.A.Spoorwegpolisie, die Veiligheidstak van die S.A. Polisie en die S.A. Weermag. Majoor Jacobs het ook in die verhoor getuig dat die beskuldigdes baie bygedra het tot die oplossing van die saak. Hoewel dit soms met stampe en stote gegaan het, was daar nooit enige dwang op hulle uitgeoefen nie; hulle het hul heelhartige samewerking in die ondersoek van die saak gegee. Die twee Ovambo’s het egter daarop klem gelê dat hulle soldate was en dat soldate nie sommer uitgepraat het of plekke uitgewys het nie. Die drie beskuldigdes het met die aanvang van die verhoor skuld erken. Dit was al drie se eerste kriminele oortredings. Regter Badenhorst het met die oplegging van die vonnis gesê dat, net omdat hy nie in hiérdie geval die doodstraf vir die terroristiese dade opgelê het nie, moes voornemende terroriste nie verwag dat ander howe dieselfde houding sou inneem nie. Regterpresident F.H. Badenhorst het ʼn spesiale gelukwensing aan majoor Jacobs en die ondersoekspan oorgedra en die volgende opmerking gemaak: “Nie ʼn enkele faset van die ondersoek is nie deur die manne nagegaan nie”. Sowat sestig swart lede van die S.A.Spoorwegpolisie het daagliks die verhoor bygewoon. By ʼn geleentheid moes die voorsittende beampte veertig van die polisiemanne aansê om die hofsaal te verlaat sodat daar vir die naasbestaandes en belangstellendes plek in die hofsaal gemaak kan word. Die drie beskuldigdes het, terwyl ʼn groepie Swapo’s al singende buite die hooggeregshof betoog het, hul vonnisse sonder enige uitdrukking aangehoor. Kort na die vonnis en net voordat hulle met die trappe na die hofselle afgelei was, het hulle die swartmag teken aan die belangstellendes gegee. Dis met ʼn koor van “Power, Power” begroet. Johannes en Petrus was albei ʼn gevangenisstraf van 18 jaar opgelê, waarvan 4 jaar opgeskort was. Biwa het 7 jaar gevangenisstraf gekry vir sy aandeel in die saak. Met die oplegging van die vonnis het die regter gesê dat hy die politieke omstandighede wat in SWA aan die ontwikkel is, in aanmerking geneem het, maar het voornemende terroriste gewaarsku dat ʼn ander hof moontlik nie dieselfde houding sou inneem wanneer vonnis opgelê sou word nie. (Sakkie du Preez, Blondie Prinsloo, Apie van Lill, Martin Marx)

Moord op die trein tussen Walvisbaai en Usakos.

Twee blanke kondukteurs het op die gemengde trein vanaf Walvisbaai na Usakos diens gedoen. Onderweg, terwyl hulle die kaartjies van die passasiers nagegaan het, het ʼn rusie tussen hulle en een van die Ovambo passasiers ontstaan wat later in ʼn hand geveg ontwikkel het. Die twee kondukteurs het die passasier na die kondukteurswa geneem waar hulle hom met ʼn roomkan oor die kop geslaan het. Sy kopvel was van voor sy kop tot agter by sy ore losgeskeur. By ʼn geleentheid het hulle die passasier in die hondehok in die kondukteurswa geprop. Toe hulle sien hoe ernstig die passasier beseer was, het hulle besluit om van hom ontslae te raak deur hom by die deur van die kondukteurswa uit te gooi. Hulle bedoeling was dat die passasier tussen die aangrensende treinspore moes val sodat, wanneer ʼn trein op die trajek verbyry, die trein die passasier sou vermink en hulle dan sodoende van alle blaam sou onthef gewees het. Dit het egter toe nie so gebeur nie. Die passasier het op die gedeelte tussen die twee spoorlyne te lande gekom en ʼn trein wat in die teenoorgestelde rigting op pad na Walvisbaai was, het gerapporteer dat daar ʼn liggaam tussen die spoorlyne gelê het. Speurder-sersant Pankop Smit was die ondersoekbeampte. Hy het my geskakel en versoek dat ek die kondukteurswa met die aankoms van die trein in Windhoek, vir bloedspatsels moes ondersoek. Ek het die trein in die goederewerf ingewag en die kondukteur wat op Usakos oorgeneem het, het ʼn inskrywing in sy reisjoernaal gemaak dat hy die wa met die bloedspatsels by die vorige kondukteurs oorgeneem het. Met die ondersoek van die wa was dit duidelik dat hulle ʼn poging aangewend het om die bloed met water te verwyder. Hulle het nie daarin geslaag nie en ʼn groot gemors daarvan gemaak. Ek het die Vrydag op Usakos aangekom om foto’s van die toneel te neem en die plan waar die

23

This article is from: