4 minute read

Sportmanne van Suidwes Afrika

Next Article
Suidwes Afrika

Suidwes Afrika

het hy geskree “Herero, vandag donner ek jou dood”. Dan het ek vir hom gesê “maar ou Neef, dit is nie my skuld nie, die kar gooi my op jou”. Toe die kar my weer op kolonel Awie gooi toe word hy baie kwaad en skree. “ Kyk, Herero, dit is nou die laaste keer dat jy op my spring, as dit weer gebeur dan stop ek en dan donner ek jou heel dood”. Ek was toe baie bang, want ek het gesien die ou Neef is nou baie kwaad. Ek het toe tussen die twee sitplekke op die vloer gaan lê en onder aan die voorste sitplekke vasgeklou. Dit was vir ‘n lang ruk stil in die kar. Kolonel Awie het omgekyk en gesien ek sit nie meer agter hom nie. Toe hy sien ek is glad nie meer op die agterste sitplek nie toe skree hy en sê “ Vissasie, Vissasie stop, die donnerse Herero het uitgeval.” Toe die kar stop kry ou Neef my daar waar ek lê en vasklou aan die voorste sitplek, maar kyk, toe vloek ou Neef my. Kort na kolonel Awie se aftrede het ou Neef ook afgetree. Hy het vir ‘n gratis Regeringsplaas in aanmerking gekom. Hy het met groot trots aan my vertel hoe hy en amptenare van die Regering en een Saterdag die heeldag in die Epukiro Herero reservaat gery het sodat hy vir hom ‘n plaas kon uitsoek. Hy het vertel van ‘n pragtige plaas wat hy gekies het waarop ‘n sterk fontein is. Ou Puccy Foot Yani het toe in Epukiro gaan boer en ek het hom nooit weer gesien of iets van hom gehoor nie. Maar ou Neef was so ‘n netjiese ou man, ek glo hy sou ‘n groot sukses van die boerdery gemaak het. (Wietsche Fourie)

SPORTMANNE VAN SUIDWES AFRIKA

Advertisement

Die Polisie Rugbyklub is in 1957 gestig en die Bevelvoerende Offisier van die S.A. Spoorwegpolisie, Kaptein A.W. van Niekerk, was die voorsitter van die klub. Die Polisie Rugbyklub het daardie jaar al wat ‘n beker was, verower en ek sal nooit die viering van die klub se sukses in die sinkgebousaal van die S.A. Polisie vergeet nie. Daar was wedstryde waar tot elf lede van die Spoorwegpolisie in die eerste span gespeel het. Sonder twyfel was die SASP gedurende daardie tyd ʼn hoogs sportiewe gemeenskap en ek skroom nie om te sê nie dat kaptein Elias van Niekerk die erkenning daarvoor moet kry. Hy het regtig uit sy pad gegaan om sport te bevorder en hy was in 1959 beloon vir sy moeite toe hy as die President van die SWA Rugbyraad verkies is. Kaptein Van Niekerk was ook die Voorsitter van die SWA Amateur Boksvereniging en talle lede van die SASP was lede van die boksklub. Onder hulle was konstabel Bolletjies Steenkamp, sersant Jannie Steenkamp, Ben van Niekerk, Bill Marais, Theuns Oosthuizen, Natie Jacobs en laaste, maar nie die minste nie, ʼn groot kanon; Elias “Striker” van Niekerk. Elias se grootste opponent in die ligswaargewig afdeling was Sias Swart en beide van hulle was om die beurt die SWA ligswaargewig kampioene. Ben van Niekerk was ook ʼn baie goeie bokser, terwyl Theuns Oosthuizen in die liggewig afdeling aan die S.A. Kampioenskappe deelgeneem het. Ander goeie boksers was Boet Whitaker en Jackie Steenkamp van Keetmanshoop, Freek Ludeke en Tommie Smith van die Windhoek Boksklub en Albie Basson, Tok Leff en Johan Bacher van die S.A. Polisie. Die Swart broers; Sias, Polla en Nick, het boks in die noorde van Suidwes oorheers. Al drie van hulle was SWA kampioene en al drie van hulle het ook vir SWA rugby gespeel. Sias, die oudste broer, het ook in een wedstryd vir die Springbokke op vleuel uitgedraf. Wat rugby prestasies aanbetref, het Casper Human en Tjaka Neethling beide in die posisie van nr. 8 vir SWA rugby gespeel. Casper het ook later in die voorry posisie vir SWA gespeel. Casper en Tjaka was ook beurtelings die kaptein van die Polisie rugbyspan. Die onderlinge verhouding tussen die S.A.Spoorwegpolisie en die S.A. Polisie lede was onbeskryflik goed. Hulle was soos een groot familie en die rede vir die goeie verhouding tussen hulle was dat die twee magte mekaar erken en gerespekteer het. In 1967 was ek die kaptein van die Polisie rugbyspan en ek kan onthou dat ons op ‘n slag ʼn wedstryd in die Suidwes Stadion gespeel het. Brigadier Crause van die S.A. Polisie, wat die Administrateur van SWA vergesel het, het opgestaan en my aan die Administrateur voorgestel met ons aankoms in die stadium. Dit was vir my ʼn onverwagse en groot oomblik. Brigadier Crause het homself as ʼn groot leier bewys wat respek by elkeen afgedwing het en dit het my glad nie verbaas dat hy later die Kommissaris van die S.A. Polisie geword het nie. Hierdie optrede het maar net die wedersydse respek wat tussen die twee magte bestaan het, beklemtoon. Tjaka Neethling was ook gedurende 1959 as die kaptein van ʼn SWA O/23 span

53

This article is from: