22 minute read

Bekamping van Terrorisme: Binnelands

Next Article
Suidwes Afrika

Suidwes Afrika

BEKAMPING VAN TERRORISME : BINNELANDS

Grens en spoorlyn beskerming

Advertisement

Gedurende 1976/77 het die S.A.Spoorwegpolisie ook die grense van die Republiek van Suid Afrika, vanaf Zeerust tot by Mafeking, bewaak. Die openbare pad en die spoorlyn was gepatrolleer as deel van hierdie taak. Een aand het ʼn treindrywer berig dat hy ʼn klein vuurtjie ongeveer 20 kilometer vanaf Ottosdal in die veld langs die spoorlyn opgemerk het. Hy het die mylpaal verstrek waar hy die vuurtjie gesien het. ʼn Groep van die lede wat daar diens verrig het, het per pad na die gebied gereis en ongeveer ʼn kilometer vanaf die vermelde mylpaal stilgehou en te voet verder gestap. Hulle het in enkel gelid in die rigting van Slurry gestap toe hulle die reuk van gebrande hout gekry het. Die patrollie het dekking geneem en besluit om in ʼn linie formasie uit te sprei. Hulle het die plek gevind waar die vuur gemaak was met die hout wat nog gesmeul het en ʼn blik, waarin water gekook was, het op die vuur gestaan. Niemand was egter in sig nie. Die manne het begin hardop praat en het terug gestap in die rigting waarvandaan hulle gekom het. Twee lede van die groep het egter ongemerk dekking geneem agter ʼn bos terwyl die res weggestap het. Dit was ongeveer ʼn halfuur later toe die verdagte persoon na sy vuurmaakplek teruggekeer het. Die twee lede het op hom afgestorm en het hom vasgegryp terwyl die res van die seksie hulle terug gehaas het na die toneel. Uit die ondervraging daar by die vuur het die verdagte erken dat hy in 1962 uitgewyk het en dat hy op pad terug was ná sy opleiding. Die verdagte was die volgende oggend aan die Veiligheidspolisie oorhandig wat hom na Johannesburg vir verdere ondervraging geneem het. Talle lede van die S.A. Spoorwegpolisie het die Medalje vir die Bekamping van Terrorisme ontvang. (Tjaka Neethling)

Terreur aanvalle : Soweto

Een oggend was kaptein Fourie na ʼn toneel net Noord van New Canada stasie ontbied. Terroriste het die spoorlyn na Naledi opgeblaas en op die lyn na Lenz was daar ploftoestelle aan die spoor gekoppel wat nog nie ontplof het nie. Hy het opgemerk dat die bomstellers gepoog het om met een ontstekingsmeganisme verskeie ladings TNT op beide spoorlyne gelyktydig te detoneer. ʼn Battery, wat aan die meganisme gekoppel was, was iets wat hy as plofstof deskundige nog nie voorheen gesien het nie. Hy kon sien dat die elektroniese transistors saamgevoeg en gegiet was binne in ʼn deurskynende epoksi omhulsel. Drade het vanaf hierdie “vreemde” skakelaar na die springdoppies, wat in die verskillende TNT ladings geplaas was, gelei. Om die “vreemde” skakelaar te bewaar, het hy die battery met behulp van die waterkanon vernietig. Hy het die springdoppies uit die ladings verwyder en toe die springdoppies ontkoppel op die plekke waar dit aan die meganisme gekoppel was. Nadat hy die toneel laat fotografeer het, het hy die plofstof en bewysstukke verwyder. Hy is toe na die toneel waar die bomme reeds die spoorlyn vernietig het. Die plek waar dit plaasgevind het, was by ʼn uitgrawing langs die spoorlyn. Die terroris het van skietkabels gebruik gemaak om die bomme te laat detoneer. Fourie het die skietkabel na die uitgrawings gevolg waar dit aan ʼn PM 9 battery gekoppel was. Hy het die battery vir vingerafdrukke laat ondersoek en die “vreemde” skakelaar laat ontleed. Daar is toe vasgestel dat dit ʼn hoogs gevorderde tydskakelaar was wat spesiaal vir terroriste ontwerp was om sabotasie mee te pleeg. Dit was die eerste keer dat dié tipe skakelaar gevind was. Met die ondersoek van die PM 9 battery deur vingerafdrukdeskundiges was daar duidelike vingerafdrukke op die battery gevind. Ongeveer ʼn jaar na dié voorval het ʼn beeswagter eendag in die noorde van Pretoria in die veld gestap toe hy vreemde stemme gehoor het wat uit ʼn gat onder die grond gekom het. Die beeswagter het die eienaar van die grond ontbied en drie persone was op die toneel gearresteer. Met die ondersoek van die gat in die grond was daar ʼn aantal wapens en plofstof in die gat gevind. Die drie persone het egter ontken dat hulle iets met die wapens en plofstof te doen gehad het. Volgens hulle was die goed daar toe hulle in die gat geklim het. Kaptein Fourie het die ondersoekbeampte wat die saak hanteer het, gekontak. Hy het hom in kennis gestel dat daar vingerafdrukke op die battery was wat hy bykans ʼn jaar tevore in Soweto by ʼn sabotasie toneel gevind het. Twee van die persone wat in die gat gevind was se

74

vingerafdrukke het ooreengestem met die vingerafdrukke wat op die PM 9 battery gevind was. Al drie die verdagtes was daarvan aangekla dat hulle verskeie dade van terrorisme gepleeg het, maar op dié aanklagtes het hulle onskuldig gepleit. Die verhoor het in die Hooggeregshof in Pretoria plaasgevind. Die verhoor het baie rustig verloop. Letterlik honderde getuies het in die saak getuig en die advokate vir die verdediging het nie ʼn enkele vraag aan die getuies gestel nie. Toe Fourie getuig, het regter Cur Lewis verskeie vrae aan hom gestel. Die verdediging het bly sit en geen enkele vraag aan Fourie gestel nie, selfs nie eers nadat hy getuig het dat hy die battery wat hy op die toneel in Soweto gekry het, vir die ontleding van vingerafdrukke gestuur het nie. Een van die Staat se laaste getuies was ʼn sersant van John Vorster Plein. Hy het getuig dat twee van die beskuldigdes wat voor die hof verskyn het se vingerafdrukke met die vingerafdrukke wat hy op die battery, wat hy van Fourie ontvang het, ooreengestem het. Die advokate vir die verdediging het toe heftig beswaar gemaak. Hulle verweer was dat alles wat gedurende die verhoor getuig was, waar kon gewees het, maar dat hulle kliënte geensins met die misdaad verbind kon word nie. Hulle het toe aansoek vir ʼn herverhoor gedoen maar die Regter het dit geweier. Al drie terroriste was skuldig bevind en tot die dood veroordeel. Die bestaan van die PM 9 battery het toe ook hulle ligte uitgedoof. (Wietsche Fourie)

Junie 1976.

Gedurende die 1976 onluste was van ons dames na New Canada stasie ontplooi. Ons moes daagliks honderde aartappels skil, tamaties en uie sny en honderde brode vir die jong studente, wat onder opleiding en na Soweto ontplooi was, gesmeer het. Etes in massiewe driebeen potte was daagliks vir hulle voorberei. Ons was saans tot die dood toe moeg maar was altyd positief en gereed vir aksie. Ons het niks van die politieke situasie geweet nie; ons het net geweet dat ons die treine, die treindrywers en stasies teen aanvalle moes beskerm – en kom wat wil; dit is wat ons sou doen. Soms was dit goed om jonk en dom te wees want as ek vandag terugdink besef ek dat ek baie onnosel was. Ek moes dikwels voor by die treindrywer met ‘n R1 oor die skouer gery het. Kamma beskerm ek die arme siel – wonder as dit nodig sou word of ek my goed genoeg van my taak sou kon kwyt? Goddank was dit nie nodig nie! Snags het die “Veggeneraal”, brigadier Buitendag, ons groep dames teruggeneem Johannesburg toe. Gedurende hierdie tydperk het ons altyd met ‘n “vanity” tassie werk toe gegaan want ons het nooit geweet wanneer ons huis toe sal gaan nie. Almal van ons was baie dankbaar toe hierdie tydperk verby was. (Annatjie Denysschen)

Langlaagte Brandstof Depot

Op Dinsdag 21 Augustus 1984 was ek die Speuroffisier te Johannesburg toe ek per radio na die Langlaagte rangeerwerf ontbied was. Met my aankoms aldaar het ek vir luitenant kolonel Dennis Keyter en Charles Channing op die toneel aangetref. Hulle het verduidelik dat daar ‘n Limpet kleefmyn aan ʼn brandstoftenker gevind was. Kolonel Keyter het die kleefmyn met behulp van ʼn tou van die tenker verwyder en tot op ʼn oop stuk veld gesleep waar dit veilig sou wees om onskadelik gestel te word. Ek wou toe by hulle weet waarom hulle nie die kleefmyn deur middel van ʼn beheerde detonasie onskadelik gestel het nie, waarop kolonel Keyter geantwoord het dat hy nie sy bomtoerusting by hom gehad het nie. My bomtoerusting was deurentyd in my amptelike motor en omdat ek dikwels plofstof lesings aan die personeel van die Spoorweë gegee het om hulle van die toestelle wat deur die terroriste gebruik word bewus te maak, wou ek baie graag ʼn kleefmyn bekom wat ek skadeloos kon stel en vir demonstrasie doeleindes kon gebruik. Dit sou beteken dat ek die ontstekingsmeganisme van ʼn kleefmyn met my hande moes verwyder ten einde die kleefmyn te kon bekom. Ek het die moontlikheid aan kolonel Keyter voorgestel waarop hy gedreig het dat hy my aan die Kommissaris sou rapporteer indien ek dit sou waag om die ontsteker met my hande te verwyder. Omdat die kleefmyn van die tenker afgeruk en rondgesleep was, was die moontlikheid groot dat dit enige tyd kon ontplof. Ek het egter die kleefmyn deur middel van ʼn beheerde detonasie onskadelik gestel. Die polisie ʼn tweede kleefmyn aan ʼn brandstoftenker ontdek pas nadat die eerste kleefmyn onskadelik gestel was. Alvorens ek enige instruksies

75

kon gee rakende die hantering van die kleefmyn, het ek net ʼn stofstreep gesien soos wat ʼn lid die kleefmyn na ʼn oop stuk veld gesleep het. Aangesien kolonel Keyter en Channing bewus was van my voorneme om ʼn kleefmyn te bekom, het hulle op ʼn afstand van my gestaan en gil dat ek die kleefmyn met Pentoliet onskadelik moes stel; wat ek ook toe gedoen het. Die volgende oomblik het een van die rangeerders baie benoud geroep dat hulle nog ʼn kleefmyn aan ʼn brandstoftenker opgemerk het. Ek het my na die tenker gehaas en opdrag aan die omstanders gegee om onmiddellik vanaf die toneel pad te gee waarna ek die kleefmyn van die tenker afgetrek en dit ʼn veilige afstand van die tenker af gesleep het. Binne sekondes het ek die ontstekingsmeganisme met my hand losgedraai en die springdoppie uit die meganisme verwyder. Met die een hand het ek die kleefmyn opgetel en dit skouerhoogte gehou terwyl ek die ontsteker en die springdoppie in my ander hand, ook skouerhoogte, vasgehou het. Op daardie stadium het ʼn polisiefotograaf ʼn foto van my geneem; dit het gelyk soos iemand wat probeer om met die kleefmyn te vlieg. Dieselfde middag het die Kommissaris, generaal Hannes Visagie, my na sy kantoor ontbied. Iemand het my blykbaar gerapporteer dat ek nie ʼn voorbeeld vir die ander lede was met betrekking tot die hantering van ploftoestelle nie. Die Kommissaris se kommentaar was: “Ek weet al lank al dat Fourie bedonderd in sy kop is, vir wat kom vertel julle dit weer vir my?” Ek het die laaste kleefmyn onskadelik gestel en het dit toe dikwels daarna as ʼn model tydens plofstof lesings gebruik. (Wietsche Fourie)

Wes Transvaal Hoofkantoor (Anchor Life Gebou)

Die kantore van die Bevelvoerende Offisier, Wes Transvaal streek, was in die Anchor Life gebou op die hoek van Plein- en Lovedaystraat in Johannesburg geleë. Dit was vier uur Vrydagmiddag, 24 Augustus 1984, en die personeel wat in dié gebou werksaam was, het die gebou stelselmatig verlaat nadat hulle van diens gerapporteer het. Die enigste lede wat in die gebou agtergebly het, was die lede wat by Radiobeheer op die vyfde vloer aan diens was. Majoor Wietsche Fourie en kaptein Faantjie Olivier was onderweg na hulle onderskeie wonings toe Wietsche Fourie ʼn radioberig ontvang het dat daar twee kleefmyne voor die deur van Radiobeheer gevind was. Hy was egter nie die plofstof lid op steundiens nie, maar was versoek om aandag aan die saak te gee. Dit was spitsverkeer toe hy en Olivier na die gebou in Johannesburg teruggejaag het. Aangesien Radiobeheer op die vyfde verdieping was, en dit onmoontlik was om die kleefmyne na buite te sleep, het Olivier gevra hoe hulle die twee myne, wat bo-op mekaar binne-in ʼn banksak was, met die waterkanon onskadelik kon stel. Hulle kon nie die banksak met die myne by die venster uitgooi nie aangesien iemand daardeur gedood of beseer kon word. Die regsimplikasies was net te groot om die moontlikheid te oorweeg. Fourie het aan Olivier genoem dat hy reeds in die week ʼn kleefmyn se oor gedraai het; bedoelende dat hy die ontstekingsmeganisme met sy hand uit die kleefmyn verwyder het en dat dit nou Olivier se beurt was om dit te doen. Hiervan wou die “Sementmannetjie” (Olivier) niks weet nie. Met hul aankoms te Lovedaystraat was dit net blou ligte en polisievoertuie so ver soos wat hul oë kon sien. Om ongeveer half ses dieselfde dag het ʼn ander lid van die S.A.Spoorwegpolisie Radiobeheer in die Anchor Life gebou vir kolonel Keyter by die huis gekontak met die woorde: “Kolonel, hier is groot k*k!” Hy het gerapporteer dat iemand twee kleefmyne in ʼn banksak versteek het en dat die sak voor die deur van Radiobeheer geplaas was. Kolonel Keyter se kantoor was langs dié van Radiobeheer en in sy kantoor was ʼn leersak waarin sy bomuitrusting gehou was. Hy het toe die lid opdrag gegee om sy kantoor se deur af te skop, die leersak oop te sny, die banksak met die kleefmyne daarin met die tou vas te maak, en dit weg van die kantoor te sleep. Die lid het baie benoud geantwoord dat hy nie daarvoor kans gesien het nie. Terwyl kolonel Keyter nog met die lid gepraat het, het dit ewe skielik doodstil geraak. Hy het onmiddellik die Verkeersdepartement geskakel wat net oorkant die straat van die Achor Life gebou geleë was, en die lid wat die telefoon beantwoord het, het vir hom geskreeu: “Iemand het ʼn kleefmyn in die Radiobeheer gegooi; dit het ontplof en jou Radiobeheer lê nou in Pleinstraat.” Kolonel Keyter was in Springs woonagtig en die amptelike voertuig wat hy gebruik het, was ʼn Datsun motor. Hy het teen ʼn hoë spoed na Johannesburg gejaag en, toe hy by Elandsfontein gekom het, was die Datsun se enjin baie warm. Nou moes daar eers water gesoek word en die minute het haastig

76

verby getik. Met sy aankoms te Johannesburg was die strate af gekordon. Brigadier Gert Erasmus, Afdelingskommissaris van die S.A Polisie, was toe reeds op die toneel. Al die kantore op die vyfde verdieping was verwoes. Die ontploffing het die deure van die hysbakke oopgeruk en die lugslag het op en af in die skag van die hysbakke beweeg en ʼn groot aantal kantore op die vierde en sesde verdieping beskadig. Sersant J.W. Swanepoel, Konstabel W.J. Strydom en Konstabel P.J. Kunneke was dié betrokke dag in Radiobeheer aan diens. Na ʼn tyd het kolonel Keyter vir konstabel Strydom in die hande gekry en wou weet of hulle beseer was. “Kolonel, ek kan jou nie hoor nie, wat sê jy?”, was al reaksie wat hy van Strydom gekry het. Op 29 April 1998 het die volgende persone voor die Waarheid- en Versoeningskommisie verskyn en aansoek vir amnestie gedoen vir hulle aandeel in die voorval. “Attack on the offices of the Railway police and Directorates of Coloured and Indian Affairs, Johannesburg. Mr. Aboobaker Ismail states that this operation took place under his command and Mr. Mohammed I. Shaik is claiming responsibility for having placed a limpet mine at the Railway Police Headquarters on the corner of Plein and Harrison Streets in Johannesburg, on August 24, 1984. Five people were injured, including a number of Railway policemen. According to Mr. Ismail, among the railway policemen injured were: Sergeant J.W. Swanepoel, Constable W.J. Strydom and Constable P.J. Kunneke.” (Wietsche Fourie, Dennis Keyter en Gerrit Valentine)

29 April 1998 STATEMENT ON HEARING OF 10 MEMBERS OF UMKHONTO we SIZWE Issued by: Truth and Reconciliation Commission

Amnesty applications from 10 members of the Special Operations Unit of Umkhonto we Sizwe, covering high-profile bombings in Gauteng and the Free State between 1980 and 1988, will be heard in Pretoria from May 4,1998. Different applicants have applied for amnesty for various of the attacks, including those on the Sasol oil refineries, the Voortrekkerhoogte Military Base, SA Air Force Headquarters in Church Street, Pretoria, Wits Command, the Krugersdorp Magistrate's Court and police station and other government offices and police stations. More than 20 people were killed in the attacks, and more than 350 injured. In terms of the Promotion of National Unity and Reconciliation Act, victims are entitled to attend hearings, to testify and to adduce evidence at amnesty hearings. The hearings are due to last three weeks. Other applications relating to MK Special Operations Unit attacks, particularly those in KwaZulu-Natal, will be heard later in the province. Those to be heard from next week concern the following:

1. Attack on Sasol 1, 2 and Natref Oil Refineries

Three applicants have applied for amnesty for limpet mine attacks on the three oil refineries on June 1 and 2, 1980 in Sasolburg and Secunda. They are Mr. Aboobaker Ismail , Mr. David Moisi and Mr. Velaphi S.F. Msane. The applicants claim they were members of the Special Operations Unit of Umkhonto we Sizwe and members of the African National Congress (A.N.C.) at the relevant time. They state that one person sustained injuries in this incident - the security guard of the Natref Oil Refinery in Sasolburg. It was established, through the relevant documentation, that the injured person was a Mr. Robert Nthembalazeni, who was shot in his left shoulder.

2. Attack on the Voortrekkerhoogte Military Base

Two people have applied for amnesty, namely Mr. Aboobaker Ismail and Mr. Johannes Molefe.Mr. Ismail states that that he was the Commissar of Special Operations and Mr. Molefe was a member of Special Operations, who participated in the attack on August 12, 1981. One of the applicants was able to furnish the names of the victims, Ms Elsie Sekana and Mr. Zahed Patel. During the attack, five 122 mm Russian rockets were fired from an open space situated between plot 240 Mooiplaas, Erasmia, and Laudium at or about 8.30 pm.

3. Bombing of the SAAF HQ, Church Street, Pretoria

Three people have applied for amnesty, namely Mr. Aboobaker Ismail, Ms Helena Pastoors and Mr. Johannes Molefe. Mr. Ismail was still the Commissar of Special Operations and the attack occurred under his command. Mr. Johannes Molefe was involved in the unit, which

77

planned this attack. Ms. Pastoors was ordered to drive a vehicle containing explosives to a prearranged place in Pretoria, which was to be picked up by other operatives for the attack. It is alleged that this occurred a day before the bombing, on May 19, 1983. The two cadres who carried out the attack were blown up in the blast. Nineteen other people were killed: Commandant I. J. Henning, Flight Sgt. J.J. Ras, Cpl. A. Nel, Amn. W.L. Kirtley, Lt. M. van Jaarsveld, Col. Stefanus S. Walters, Capt. Riaan Hendrick Liebenburg, Commandant Johan de Villiers, Mr. Thomo Jonas Mohlahlo, Mr. Lengoi Moses Maimela, Mr. Sekgoetsi Jim Magatsela, Mr. Mogale Judas Maimela, Ms Sharon Desiree Bos, Ms A Meiring, Mr. Joseph Keane Sambo, Mr. Pedros Ntemo Khohlwe, Ms Sharon de la Harpe, Mr. Stephen John Page and Ms Adriana Meyer. In addition, 217 people were injured.

4. Attack on the Ciskei Consulate, Carlton Centre, Johannesburg

Mr. Aboobaker Ismail, Mr. Mohammed Iqbal Shaik and Mr. Mohammed Abdullah Ismail have applied for amnesty. Mr. Aboobaker Ismail states that this operation was carried out by members of MK under his command. The other two applicants were involved in the placing of the limpet mine at the Ciskei Consulate on August 26, 1983.

5. Attack on the Department of Co-operation and Development, Johannesburg

The applicants are Mr. A. Ismail and Mr. Mohammed I Shaik. Mr. Ismail states that the attack was carried out under his command. Mr. Shaik used material supplied to him by his commander and states that he acted alone. A security guard was injured in this incident but neither of the amnesty applicants has been able to provide the person's name. A limpet mine was placed on December 7, 1983, at the Department of Co-operation and Development offices in Marshalltown, in Johannesburg.

6. Explosion at the Department of Foreign Affairs, Market Street, Johannesburg

Mr. A. Ismail and Mr. M.I. Shaik have applied for amnesty, Mr. Ismail as a commander and Mr. Shaik for placing a limpet mine at the offices of the Department of Foreign Affairs, Rissik Street, Johannesburg, on December 15, 1983. Seven people were injured in the attack, among them Mr. Piet Tlou of Diepkloof, Mr. George Lekwawathe of Molapo, Mrs. Gertrude Tshabalala of White City, Mr. Molefe Madonsela of Market Street and Mrs. Tilda Mphangoma of Soweto. These names were provided by Mr. Ismail.

7. Attack on the SAP Soweto East Branch, Roodepoort City Center

Mr. Aboobaker Ismail, the overall Commander of the Special Operations Group at the time, has applied for amnesty for placing a limpet mine on August 17, 1984, at the City Center building in Roodepoort, which housed the offices of the SAP District Commandant for Soweto East and the Department of Community Development. The explosion injured five policemen, including the SAP Commandant for Soweto East, and two civilians. The applicant states that the following people were injured: Col. Ben van der Berg, Captain G. van Zyl Jonker, Warrant Officer J.J. Botha, Sergeant T. I. Mmethi, Constable Isaac Moroke, Miss Annah Folosi and Miss Iris Lombard.

8. Attack on the offices of the Railway police and Directorates of Colored and Indian Affairs, Johannesburg. Mr. Aboobaker Ismail, states that this operation took place under his command, and Mr. Mohammed I. Shaik is claiming responsibility for having placed a limpet mine at the Railway Police Headquarters on the corner of Plein and Harrison Streets in Johannesburg, on August 24, 1984. Five people were injured, including a number of railway policemen. According to Mr. Ismail, among the railway policemen injured were: Sergeant J.W. Swanepoel, Constable W.J. Strydom and Constable P.J. Kunneke. 9. Attack on the Department of Internal Affairs, Harrison Street, Johannesburg

This application also involves Mr. A. Ismail, as commander, and Mr. M. Shaik. Mr. Shaik placed a limpet mine at the Department of Home Affairs in Harrison Street in Johannesburg on the September 3, 1984. Four people were injured. Mr. Ismail said one was Mr. Steven Schultz.

10. Attack on the Medical Command of the SADF, Nugget Hill, Hillbrow

This application also involves Mr. Aboobaker Ismail, as commander, and Mr. Mohammed Shaik, who states that he placed the limpet mine used in the attack. Seventeen people were injured, including four military personnel. No names have been supplied. On or about the May

78

28, 1985, a limpet mine was placed at the Transvaal Medical Command, which housed the Southern Transvaal Medical Command, in the Ned bank building in Nugget Hill, Hillbrow.

11. Attack on John Vorster Square, Johannesburg

Mr. A. Ismail is the only amnesty applicant for this attack. He states there were four victims in the attack: Captain P. van Heerden, Warrant Officer H. Vermeulen, Mr. George Papathanaspoules and Mr. A Theodopolos. The attack involved the placing of a limpet mine at John Vorster Square police station on March 4, 1986.

12. Attack on Wits Command, Johannesburg

Amnesty applications have been received from Mr. Johannes Molefe, who states that he was the Unit Commander of a small unit within Special Operations, Mr. Johannes Heinreich Grosskopf, and Mr. Colin Mark De Souza, who states that he was instructed to do reconnaissance work, and Mr. Aboobaker Ismail, the overall Commander of Special Operations. One soldier was killed and 68 people injured when a bomb in a vehicle exploded the corner of Quartz and De Villiers Streets in Johannesburg on July 30, 1987.

13. Attack on the Krugersdorp Magistrates Court and adjacent police station

The amnesty applicants are Mr. Aboobaker Ismail, who states he was the Chief of Ordnance and member of the military headquarters of MK at the relevant time, and Mr. Mohammed Shaik, who was responsible for placing a car bomb at the court on March 17, 1988. Three people died, two security personnel and one civilian, and 20 people were injured. Among those who died were Warrant Officer Simon Manyamalala and Frans Mdlalose. Those injured included Mrs. M.C. Goosen, Noelene Goosen, Mrs. A.J. Fouche, Mrs. J.M. van der Merwe, Mrs. A. Hartman, Mrs. Palm, Mr. Prinsloo, Mrs. Garnet-Bennet, Mrs. E. du Toit, Mrs. Odendal, Mrs. C.S. Kruger, Mrs. F. Swarts, Mrs. E.S. du Plessis, Mrs. M.C. Cloete, Mr. G.M.B. Swart, Mr. G.D. van Niekerk, Mrs. Emil Mirage and Mr. Wilson Cinde.

Die Magoo’s Bar bom

Toe die agbare en veel besproke Robert McBride, wat nou klippe in die dronkbestuur en dwarsboming van gereg sake kou, die kar bom voor die Magoo’s Bar in Durban laat ontplof het, was ek die aand aan diens. Ons het na die toneel gehaas en dit was chaos toe ons daar opgedaag het. Omstanders het gegil en verbouereerd rondgehardloop. Tussen alles deur was stukke menslike liggaamsdele tussen die rommel en wrakstukke van die voertuig opgemerk. Dit het oor ʼn groot gebied verspreid gelê. Ondersoek het aan die lig gebring dat die liggaamsdele dié van twee jong meisies was wat by die Magoo’s gekuier het. Die toneel het my amper laat dink (met groot respek teenoor die families) aan ʼn slagpale omdat daar so baie bloed was. Hierdie toneel sal my altyd bybly al word ek ook ‘n honderd jaar oud. Die eienaar van die perseel was erg getraumatiseerd en geskok. Sy geskokte en verbaasde uitdrukking op sy gesig is nog glashelder in my gedagtes. Daardie tyd was daar nog nie ʼn polis beskikbaar om jou eiendom teen onluste- en sabotasiedade te verseker nie. Ek moes hom die trappe opneem na sy suite wat bo-op die dak geleë was. Hy wou van sy persoonlike eiendom en, onder andere, sy vuurwapen gaan haal het. Wyle adjudant offisier Johan Roets was dié betrokke aand in bevel van ons groep wat daar diens verrig het. Hy het my opdrag gegee om die vuurwapen by my te hou en nie aan die eienaar te oorhandig nie. Die toestand waarin die eienaar verkeer het, het hom bekommerd gemaak, en hy wou verhoed dat hy dalk selfmoord sou pleeg. Die kragtige bom het ʼn gat van ongeveer 1.80m diep en omtrent 3.50m in deursnee, in die pad geruk. Dele van die voertuig waarin die bom was, was sowat ʼn kilometer verder gevind; sommige daarvan was in Durban se publieke swembad gevind. So het ek ʼn paar bomvoorvalle in daardie tydperk bygewoon. Die bekendste, of dalk berugste daarvan, behalwe die Magoo’s bom, was die bomvoorval in die Sanlamsentrum te Port Shepstone waarin ʼn paar mense ook gesterf het. Hierdie tonele is in jou onderbewussyn ingeëts. Dit is nie iets wat jy sommer so uit jou gedagte kan skuif nie. (Johan Marais)

Bom voorvalle Laeveld.

Die eerste geval waar ek met werklike bomtoestelle te doen gekry het, was in die tagtiger jare by die brandstof opslagdepot te Hectorspruit. Ek was daarheen ontbied aangesien die

79

This article is from: