1 minute read
Divan Batt
Stellenberg Hoofafrigter
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Advertisement
Ons sien uit na al die nuwe uitdagings die seisoen en het die af - en voor seisoen hard gewerk aan ons kondisionering en basiese vaardighede.
Hoe is die samestelling van die span vir die toernooi? Enige beserings?
Ons het `n goeie balans tussen ons gr 11 en 12 groep met net een besering tans.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons wil die basiese vaardighede en vaste fasette goed doen - van daar kan ons aanval.
In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?
Werksetiek, dissipline en `n positiewe gesindheid is belangrik.
Wat is jou filosofie as `n afrigter?
Wees elke wedstryd goed voorbereid vir jou teenstander.
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?
Rassie Erasmus, vir die manier hoe hy voorberei en uit die boks bly dink.
Lees die nuutste skole nuus in jou omgewing op die AWSUM nuuswebwerf!
www.awsumnews.co.za