3 minute read

R640 600

Next Article
Morné Venter

Morné Venter

Mazda CX-5 2.0L Carbon Edition 6AT From +Includes An extended service & warranty plan up to 5 years unlimited mileage with an additional R25000 deal assistance.

Carl Spilhaus

What can the school and parents expect from your team this year? We will play attacking rugby.

Where is your strength as a team?

The boys are prepared to work hard and to learn on a daily basis. What are the qualities you look for in young rugby players? Discipline and a good work ethic.

What is your philosophy as a coach?

To empower players to reach their potential, whilst serving others with compassion. Any coaches you look up to? Jake White.

Terms and conditions apply. Images used for illustration purposes.

31 Maart 2023

MAANDAG 3 APRIL

Maandag

SATERDAG

DINSDAG 4 APRIL 2023

DINSDAG 4 APRIL 2023

Grey Kollege Kaptein JJ Theron

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Defnitief die dag toe ek my naam op die eerstespan rugbyspanlys gesien het.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek motiveer my spanmaats deur `n voorbeeld vir hulle te stel wat hulle kan navolg.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Martin Botha is ons onderkaptein, die leiding wat hy neem in die agterlyn maak my werk makliker en hy is ook ‘n ongelooflike spanmaat.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Ons sien die meeste uit om nuwe vriendskappe in die span te vorm, ons rugbytalente tot die beste van ons vermoë uit te leef en elke geleentheid voluit aan te vat.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Duane Vermeulen, omdat ek hom sien as `n baie goeie leier en `n voorbeeld vir sy spanmaats - hy speel ook elke wedstryd ten volle.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek sal baie graag `n toekoms in rugby wil hê eendag.

Mnr. Hennie

Skorbinski, mnr.

Johan Pretorius en mnr. Dylan Herbst

Nelspruit: Rhinos en Mambas se afrigters

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Die skool en die ouers kan verwag om te sien hoe die Rhinos kompeterend deelneem. Die Rhinos gaan tot die beste van hulle vermoë speel.

Hoe is die samestelling van die span vir die toernooi? Enige beserings?

Die Rhinos het tot dusver geen spelers wat groot beserings opgedoen nie. Die span is ‘n gebalanseerde groep seuns wat elkeen op sy eie manier ‘n groot impak in die span se dinamika maak.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons krag, dink ek lê in ons vermoë om nooit op te gee nie en om tot in die laaste minuut nog teen 200% rugby te kan speel.

In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?

Dissipline, respek, goeie werksetiek nederigheid, samehorigheid, GRIT.

Wat is jou filosofie as `n afrigter?

Ons filosofie - om ‘n seun te vat en hom tot op sy beste moontlike vlak te ontwikkel met spesifieke doelwitte ingedagte. Ook, om eienskappe van ‘n ware rugbyspeler vir hom aan te leer.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?

Tong in die kies – ons afrigters kyk op na mekaar.

Ho Rskool Stellenberg

Ho Rskool Outeniqua

Abré Minnie

Outeniqua Afrigter

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Ons het die wedstryd - vir - wedstryd benadering. Elke wedstryd is vir ons belangrik. Ons wil hê dat elke speler wat die laaste 99 jaar die Hoërskool Outeniqua eerste rugbyspan verteenwoordig het, uiters trots op ons 100 jaar - span moet wees.

Hoe is die samestelling van die span vir die toernooi? Enige beserings?

Ons het hierdie jaar ‘n senior span. Daar is wel enkele beserings waar rondom ons moet werk.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons voel ons het ‘n goeie gebalanseerde span. Ons het 9 spelers wat ook in Gr. 11 deel was van die eerstespan groep.

In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?

‘n Goeie rugbyspeler word gekenmerk deur wat hy sonder én met die bal doen, asook hom in posisies te plaas om sy mede-spelers te komplimenteer.

Wat is jou filosofie as `n afrigter?

Om die strukture waarin hulle glo in die span gevestig te kry, sodat die spelers hulle self kan uitleef en tot die beste van hulle vermoë ontwikkel.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? Scott Robertson van Nieu Seeland en Andy Farrell.

This article is from: