1 minute read

Marnus de Klerk

Next Article
Peter Schutte

Peter Schutte

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Defnitief toe ek as kaptein vir ons eerste rugbyspan gekies is.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek gee vir hulle raad, maak nie saak watter posisie hulle speel nie.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Andy Meso. Hy help my met alle besluite wat op, en van die veld af geneem moet word, sodat ons saam, die beste besluite kan neem.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Om al ons wedstryde te wen, om dan as die liga se no. 1 uit te stap.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Malcom Marx, omdat die werk wat hy insit om een van die beste hakkers te wees, my motiveer om net soos hy te wees.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Om te kyk hoe ver ek met my rugbyloopbaan kan gaan en hopenlik die Springbok-trui te kan dra.

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Ons sien uit na ‘n lekker jaar van rugby. Gimnasium wil graag 15-man rugby speel met mooi aanvallende spel.

Hoe is die samestelling van die span vir die toernooi? Enige beserings?

Ons voorbereiding was nie ideaal nie, aangesien dit altyd ‘n uitdaging by Gimnasium is met baie seuns wat atletiek en krieket doen. Ons glo egter dat ons kompeterend op die toernooi sal wees.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ek glo ons is ‘n baie gebalanseerde span met goeie voor- en agterspelers.

In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?

Hardwerkend, gedissiplineerd, goeie karakter, “coachable” en natuurlik goeie rugby vaardighede en aanvoeling.

Wat is jou filosofie as `n afrigter?

Ek glo dat ons as afrigters die seuns nie net moet verbeter op die veld nie, maar ook ontwikkel en groei van die veld af.

Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?

Ek hou daarvan om by elke afrigter iets te leer.

This article is from: