1 minute read
Peter Schutte
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Dis nog vroeg in die seisoen en daar moet nog baie water onderdeur die brug vloei, maar ons is opgewonde vir die seisoen, saam ‘n spesiale groep seuns.
Advertisement
Hoe is die samestelling van die span vir die toernooi? Enige beserings?
Gelukkig, tot dusver, is daar geen beserings nie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons het ‘n vurige agterlyn, met baie spoed en vaardighede.
In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?
‘n Speler met goeie karakter sal die oorlog wen, talent gaan iewers teen gestaan word.
Wat is jou filosofie as `n afrigter?
“A brand of rugby that is expansive and creative, that is adventurous and brave, that yields tries, but concedes few.”
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?
Ek is ‘n groot Rassie Erasmus ondersteuner, maar my mentor, Hans Coetzee is die man aan wie ek moet dankie sê. Hy het my gevorm in die afrigter wat ek vandag is.