1 minute read

Steyn

Next Article
DURBAN HIGH SCHOOL

DURBAN HIGH SCHOOL

Affies Kaptein

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Om verlede jaar al vir Affies se eerstespan te kon uitdraf en om in 2022 in die Cravenweek finaal teen die WP te begin.

Hoe motiveer jy jou span?

Hardewerk kry `n mens ver in die lewe. Ek motiveer hulle om altyd hard te werk en om hulle koppe hoog te hou, want ons gaan foute maak. Ek probeer ook lei deur `n goeie voorbeeld te stel.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Janco Purchase, hy help my met besluitneming en om die manne in die agterlyn leiding te gee waar nodig.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Definitief Noord-Suid, om voor baie mense te wys waartoe ons in staat is, dan ook Wildeklawer en ons jaarlikse groot wedstryde teen Paarl Gim en Grey Gollege.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Eben Etzebeth, hy het jare se ondervinding en is ‘n legende as dit by rugby kom.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil graag na skool gaan studeer, maar as daar `n geleentheid is om rugby te speel en my passie vir die sport te kan uitleef, sal ek dit met altwee hande aangryp.

AWSUM NEWS

Die grootste skole nuus platform in S.A

Marco Steyn

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Toe ek graad 11 die Wit-trui kon aantrek en Cravenweek speel.

Hoe motiveer jy jou span?

Deur altyd ‘n positiewe houding of uitkyk te hê en `n voorbeeld op die veld te stel.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Louis Fourie. Hy “back” my in die wedstryd en hou my rustig om goeie besluite te neem.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Om defnitief die Wit-trui oor ons koppe te trek en om ‘n tuis Interskole te hê.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Bakkies Botha, want hy is ‘n monster op die veld.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil graag professionele rugby gaan speel en ek wil graag in die Landbou-rigting ingaan.

Lees ook al die onderhoude aanlyn op www.awsumnews.co.za

Agter: JD Hattingh, Muntingh Hamman, JJ Koekemoer, Andre van der Heever, Andre de Witt, Ethan van Dyk, Dian la Grange, Werner Vrey, Theuns Maritz.

This article is from: