1 minute read

HOËRSKOOL GARSFONTEIN

Next Article
DURBAN HIGH SCHOOL

DURBAN HIGH SCHOOL

Abri van der Westhuysen

Garsfontein Rugbykaptein

Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?

Om vir Hoërskool Garsfontein se eerstespan te speel en te verteenwoordig. ‘n Groot hoogtepunt en voorreg vir my was om laasjaar Cravenweek te kon speel.

Hoe motiveer jy jou span?

Met ouens wat my hande vat, probeer ek om die regte omgewing te skep met goeie waardes en om met klein dade, die ouens op te lig en positief te beïnvloed. Ons moet rugby op die vlak wat ons deelneem ernstig opneem, maar ek probeer almal herinner dat dit moet nogsteeds lekker bly - dis immers hoekom ons dit begin speel het. Ek glo vas jy gaan jou spel verbeter wanneer jy dit steeds geniet. Ons almal is verskillend en ek sal sekere ouens anders benader as ander.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?

Nicallen Gabrielsen, ons losskakel. Hy neem beheer van die agterlyn en die struktuur tydens spel. Nic en ek kom al van o.14 af saam ook as kapteine. Ons verstaan al hoe om mekaar te benader en vul mekaar aan waar nodig. Ons albei het ons eie leierseienskappe en dis goed om diversiteit te hê.

Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?

Ek dink Wildeklawer gaan ‘n hoogtepunt vir ons span wees. Ons kan hierdie jaar onsself meet teen twee van die grootste rugby skole in Suid Afrika. Ek sien uit hoe dit ons karakters asook dié van ons span gaan toets en vorm.

Wie is jou gunsteling Springbok rugbyspeler en hoekom?

Pieter-Steph du Toit – ek bewonder sy waagmoed en krag waarmee hy speel en hy gaan altyd voluit tot aan die einde. Hy leef sy droom.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil baie graag na skool aangaan met ‘n rugbyloopbaan. Die rigting wat ek graag wil studeer is in die lyn van Landbou Ekonomie / Bestuur en in die toekoms sal ek wil betrokke raak met boerdery en handeldryf.

This article is from: