2 minute read

Die skoolhoofaan die woord

Next Article
Hunter

Hunter

Interskole Teen Wellington Hugenote Ho Rskool

Hoërskool Swartland verwelkom Hugenote Hoërskool by die 47ste Interskole. Baie welkom aan mnr. Wikus Naudé, personeel, leerders en ouers van Hugenote by hierdie unieke sportbyeenkoms. Dit is vir ons as Rockies ‘n voorreg om die gasheer by hierdie mooi wintersportgeleentheid te wees. Hierdie geleentheid word vasgevang in die woorde van Mike Marshall nl. “Victory is in the quality of the competition and not in the final score”. Die vorige 46 Interskole byeenkomste getuig van die kwaliteitkompetisie tussen Hugenote Hoërskool en Hoërskool Swartland.

Aan elke speler wat hard gewerk het deur ‘n lang seisoen, mag jy die vrug van die harde werk met Interskole pluk. Sportmanskap, spanwerk, deursettingsvermoë, selfdissipline, die wil om te wen en aanpasbaarheid is maar enkele kwaliteite wat spelers in die seisoen aangeleer het. Hierdie kwaliteite en vele ander sal spanspelers in hul volwasse lewe weer gebruik in hul gesin, in hul werkplek of selfs in hul sosiale lewe. Jim Courier, voormalige tennisspeler, het die volgende oor sportmanskap gesê: “Sportmanship for me is when a guy walks off the court and you really can’t tell whether he won or lost, when he carries himself with pride either way.”

Talle borge en ouers het die dag moontlik gemaak. Sonder jul onbaatsugtige diens en ruim donasies sou dit nie moontlik wees om enige Interskole-geleentheid aan te bied nie. Die borge en ouers het gegee sonder om iets terug te verwag. Baie dankie vir tyd, geld en vriendelikheid wat gedurende die seisoen sowel as vir die Interskoledag mildelik aan die skool geskenk is. Die investering in die onderwys deur die ondersteuning van topskole in die Boland is nie meetbaar op die korttermyn nie, maar talle suksesvolle oudleerders is die bewys dat die beleggings beslis vrugte afwerp.

Gedurende Vrydagmiddag en Saterdag gaan ons ongelooflike mooi wedstryde sien waarin sportmanskap geopenbaar gaan word. Goeie spelers inspireer hulself maar uitstekende spelers inspireer almal om die veld of baan. Mag ons met Interskole van goeie spelers na uitstekende spelers styg sodat ons alle toeskouers kan inspireer.

Dankie vir die Swartlandpersoneel, skoolbeheerliggaam en ouers wat baie ure se voorbereiding gedoen het. Hierdie werk gaan nie ongesiens verby nie. Die terrein vertoon ongelooflik mooi. Dit is ‘n voorreg om deel van die skool en die gemeenskap te wees. Ek bly nederig ten opsigte van die ontwikkeling wat deur verskillende persone in die afgelope paar jaar teweeg gebring is.

Ons is bevoorreg dat ons aan sport kan deelneem, dat ons talente en soveel genade van God ontvang het. Mag ons eerstens ons talente aanwend om God te eer.

Geniet die dag!!!

Mnr J Schoonraad Hoërskool Swartland

Martin Dyason

HOOFAFRIGTER VAN DIE EERSTESPAN: HOËRSKOOL SWARTLAND

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?

Die span was nog heel jaar ongelukkig om naelskraap te verloor. Toeskouers kan verwag dat die spelers hulle alles sal gee om almal trots te maak.

Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings?

Tot dusver is daar geen ernstige besering nie en sien ons uit na ‘n klipharde wedstryd. Daar is meestal matrieks in die span en ‘n paar spelers wat laasjaar ook gespeel het. Ons is baie opgewonde oor die paar jong manne in die span.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons krag is redelik verspreid. Ons is bevooreg om vyf spelers te hê wat Boland verteenwoordig het en glo hulle sal hul staal in die wedstryd wys.

In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler?

‘n Goeie rugbyspeler word geken aan sy gesindheid om hard te werk en om sy spanmaats goed te laat lyk.

Wat is jou filosofie as `n afrigter?

Ek wil jong mans afrig om die sport lief te hê deur ‘n veilige spasie te skep om te groei in ‘n gerespekteerde man, wat ander kan inspireer na groter hoogtes.

1975 - 2022

4E Rainier St, Malmesbury, 7300

Leonard: 082 378 2390 | 022 482 1221

Hoërskool Swartland - o.16A Rugby

Hoërskool Swartland - o.15A Rugby

Hoërskool Swartland - o.14A Rugby

This article is from: