1 minute read

Skylor Ockhuis

Next Article
Talita

Talita

Hugenote Ho Rskool

Hoe motiveer jy jou span? Deur hulle te herinner dat ons nie speel vir die nommer agterop ons rug nie, maar vir die dertien ander nommers in ons span.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Ek het die voorreg om twee onderkapteine te hê nl. Larashé Pretorius en Hazel Marais. Hierdie twee is die talentvolste spelers wat ek ken, en hulle insig op die baan is ‘n ware bate vir ons span.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?

Ons het ‘n uitdagende seisoen gehad en niks sal my meer trots maak as ons die seisoen op ‘n hoë noot eindig nie. Dit sal die hart en gees ten toon stel wat in hierdie span steek.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek vind myself volgende jaar in Stellenbosch waar ek Bcom Besigheidsielkunde gaan studeer en bietjie die koshuislewe gaan geniet!

Skylor Ockhuis Kaptein Van Die Eerste Hokkiedogters

This article is from: