1 minute read

Melissa Moolman

Next Article
Riane

Riane

Kaptein Van Die Eerste Netbalspan

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Advertisement

Hugenote Ho Rskool

Ons span se samehorigheid. Ons werk regtig hard - ons is nie altyd sukselvol nie, maar ons tel mekaar op, gaan terug na die “drawing board” en begin dan weer. We keep on fighting until the end.

Hoe motiveer jy jou span?

Deur hulle op te bou en hulle aan te moedig om aan te hou en weer te probeer as iets nie werk nie. Ons fokus nie net op mekaar se sterkpunte nie, maar help mekaar ook om ons swakpunte te verbeter en om te help waar die ander een nie kan nie.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Tamlynne Davids – sy het ‘n ongelooflike kalmte op die baan, tog motiveer en versterk sy my leierskapshand deur effektief met die spelers te praat en te ondersteun. Ons kom al vanaf o.14 saam en sy is my regterhand.

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?

Om ons seisoen op ‘n hoë noot af te sluit deur Interskole te wen – nie net vir onsself nie, maar ook vir mekaar en vir Hugenote.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil volgende jaar BCom Bedryfsielkunde gaan studeer by Stellenbosch en heel moontlik ook vir hulle netbal speel. Ek wil graag ‘n verskil maak en ander help.

This article is from: