2 minute read

Talita

Next Article
Melissa Moolman

Melissa Moolman

Ho Rskool Swartland

Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?

Ons afrigter, Mev. Horn, het baie ernstig voor ‘n uitspeelwedstryd by die CTIHT in Julie met ons gepraat en vir ons presies gesê het wat sy van ons verwag. Elkeen het in daardie wedstryd gedoen het wat sy van ons gevra het, en ons het toe ‘n 5-0 oorwinning gehad. Dit was defnitief vir ons `n hoogtepunt.

Hoe motiveer jy jou span?

Ek probeer om na elke wedstryd my gemoed hoog te hou, ongeag die telling, om ‘n voorbeeld te stel dat ons altyd met trots moet wen, en met trots moet verloor.

Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?

Diandri van Biljon is ons onderkaptein. Ek hou meer daarvan om te sê mede-kaptein, omdat sy my al so baie deur die seisoen geondersteun en gehelp het. Sy help my om positief te bly op, en af van die veld af. Sy vul my leiersposisie as ek nie daar kan wees nie, en sy staan my altyd by as ek met die span kommunikeer.

Marzane Horn en Anandi vd Merwe

HOOFAFRIGTER VAN DIE EERSTESPAN: HOËRSKOOL SWARTLAND

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by die Interskole te wagte wees van julle span?

Ouers, toeskouers en oudskoliere kan hierdie jaar by Interskole verwag om goeie hokkie te kyk en met ‘n trotste Rockie-hart langs die astro te staan. Die meisies het ‘n propvol seisoen agter die rug en het elke speler nie net ontwikkel op die veld nie, maar ook in hul eie menswees. Dit is ‘n voorreg om ‘n groep dogters af te rig wat besef dat dit nie net gaan oor hoe jy individueel speel nie, maar dat die eintlike krag daarin lê om te besef dat die hele span saam moet speel. Dat jy die sport moet verstaan en waardeer. Die dogters het integriteit, karakter en ‘n passie vir hokkie. Elke toeskouer sal op die 19de Augustus sien hoe daar, gedurende daardie uur van Interskole, nie een oomblik is waar elke meisie nie ten alle tye hulle beste gee nie.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons krag lê in ons toewyding. ‘You get what you give!’ Ons krag lê in die feit dat ons saam werk, dat ons hard werk en dat ons met ons harte glo in sukses. ‘We work hard, we play hard, and we pray hard!’ Met passie, na prestasie!

Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou

Dit sal my trots maak as ons teen die einde van die seisoen alles toepas wat ons so hard aan gewerk het by die oefeninge, en as ons elke keer doen, wat so baie klem op gelê word tydens oefeninge. Om Interskole 2023 te wen sal natuurlik ‘n bonus wees.

Wat is jou planne vir die toekoms?

Ek wil graag volgende jaar medies gaan studeer. As ek die kans kry, sal ek nogsteeds hokkie wil speel.

Talita Engelbrecht

Hokkiedogters

Jeanine Loubser

Hoofafrigter Van Die

EERSTESPAN:

Hugenote Ho Rskool

Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by die Interskole te wagte wees van julle span? Ek glo die ouers en skoliere wat die wedstryd gaan bywoon sal die passie en liefde sien wat die meisies vir die spel het, en ook vir hulle skool het, en daarom glo ek daar gaan harde en goeie hokkie gespeel word, iets wat ons lank sal bybly, langer as die 60 minute op die telbord.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê definitief in die feit dat hierdie span vir mekaar soos familie is en dat daar ‘n honger en terugveggees by die meisies lê - om vir mekaar te speel en mekaar trots te maak in elke fasset, op en af van die veld, af. Hierdie span speel tot eer van die Here en besef die voorreg wat hulle het om as eerstespanlid hulle talente te kan uitleef.

This article is from: