Wapad - 10 Februarie 2011

Page 1

WEN!

JY EN JOU KOSHUIS KAN GROOT WEN - WEES ‘N WAPAD MODEL 2 6

NUUS

HULP VIR SWANGER STUDENTE 28-9

Wapad is

65

LEES JOU KAMPUS

10 FEBRUARIE 2011/ VOL 2

ONAFHANKLIKE STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

>>

JAARGANG 65

Sy het dit nie sien kom nie

MARCEL SPAUMER

MARLIE JONKER

’n

Eerstejaarstudent is in haar woonstel verkrag gedurende die O&B tyd-

Alle aanmeldings kan 24 uur per dag by InGryp (018) 299 1777 gedoen word. wyse keuse om in so ’n situasie te maak.” Weideman wil dit op elke student se hart druk dat ’n mens in so ’n situasie, nie ondeurdagte keuses moet maak nie. Na die voorval, het sy haar studies gestaak en teruggekeer na haar ouerhuis. “Haar doelwit is om so spoedig as moontlik te herstel sodat sy volgende jaar weer kan terugkeer na Potchefstroom. Sy mis Potchefstroom en haar vriende,” het haar pa in ’n telefoniese onderhoud aan Wapad gesê. “Beskermingsdienste en die Gesondheidsorgsentrum het baie vinnig opgetree in die situasie.” Die pa het ook die universiteit, die studentedekaan, koshuisouers, HK-lede asook die Potchefstroomse polisie bedank vir hulle ondersteuning. Lisa het op 3 Februarie in die Potchefstroom-landdroshof verskyn en aangesoek gedoen vir borgtog, maar dit is afgekeur.

WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD

WILd KARd wen met wilde vlot

Eerstejaar se verkragting-hel

perk. Die verkragter, Pieter Lisa (39), het aan die polisie erken dat hy haar wel verkrag het, toe hy in Alexandra in hegtenis geneem is. Die vingerafdrukke wat in die woonstel gevind is, het hom ook tot die daad verbind. Hy het vir die afgelope twee jaar by ’n konstruksiemaatskappy gewerk wat aangestel is om ’n nuwe studentekompleks in Potchefstroom te bou. Die administrateur van die betrokke kompleks het die man beskryf as “die laaste persoon van wie jy so iets sou verwag.” Hy het die vorige dag ’n foutiewe stortkop in die slagoffer se eenslaapkamerwoonstel vervang en waarskynlik later die sleutels tot haar woonstel verkry. “Ek het haar later daardie Vrydagmiddag gesien. Haar oë was blou geslaan, sy het bloukolle om haar nek gehad en haar lip was stukkend geslaan,” vertel die administrateur. “Sy is ’n pragtige kind en ek kry haar inniglik jammer, want die gebeurtenis sal haar hele lewe lank saam met haar bly.” Me. Suzette Weideman, NWUPuk koördineerder van Psigologiese Gesondheid, het die meisie as besonder sterk beskryf. “Sy is baie dapper, nie onrealisties nie en het vir haarself die kans gegun om daaroor te huil,” sê Weideman. “Sy het ’n keuse gemaak nadat sy hom probeer keer het en hy haar met ’n skroewedraaier geslaan en met die dood gedreig het, dat haar lewe vir haar belangriker is en daarom het sy hom nie fisies aangevat nie. Dit is ’n

>>

Die Wapad-redakteur, Piet Matipa, het ook by vanjaar se JOOL sy verskyning gemaak op die vlot van BE-yond PA-formance. FOTO: IAN ODENDAAL

WILd KARd (De Wilgers en Karlien) is die algehele JOOL-vlot wenners met hulle vooruitgangvan-tegnologie-tema. Volgens Jeané Gerber, Karlien se JOOL HK-lid, was hulle idee om die vooruitgang van tegnologie uit te beeld en die agterstand van die mens te bespot. “Dit wys maar net hoe intellektueel stimulerend tegnologie vir ons as mens geword het, maar tog is ons almal steeds gekke,” het sy aan Wapad gesê. Die oorhoofse tema vir hierdie jaar se vlotbou was Ge(k)skiedenis en om dinge wat geskiedenis gemaak het, op ’n snaakse manier uit te beeld. In die tweede plek was KA-HOTIES (Kasteel en Hombré) en VERy-KLAsy (Veritas en Klawerhof) het die derde plek verower. Verder was VERaltyd-CrAzY (Vergeet-My-Nie en Caput) in die vierde plek, terwyl BE-yond PAformance (Bellatrix en Patria) vyfde gekom het. JOOL 2011, anders as verlede jaar, het voor die aanvang van klasse plaasgevind. Die vlotoptog was Saterdagoggend om 08:00 en HK-lede, eerstejaars en seniors het die Vrydagaand in alle erns aan die vlotte gebou. Die meeste van die koshuise se voorbereiding vir die vlotoptog het vroeg begin weens die feit dat daar nie akademiese verpligtinge was nie. Die weer het ook die jaar saam gespeel en anders as vorige jare was dit nie ’n nat storie nie. Daar was na beraming omtrent 15 000 mense Vrydagaand op die Joolplaas om, onder andere, die optredes van bands te sien en die biertent te besoek. Hoewel dit vir meeste koshuise ’n stresvolle tydperk is, is almal dit eens dat JOOL weereens vlot verloop het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.