13 Februarie 2020 Het jy nuus? Stuur ’n e-pos aan wapad@nwu.ac.za Wapad WAPAD ® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
@NWUWapad
@NWUWapad
JAARGANG 74
TEL: (018) 299 2875
WAPAD@NWU.AC.ZA
SJGD gee terug aan gemeenskap JOOL 2018/19 bied nodige befondsing vir SJGD Melissa Nel @melissa_nel99
D
ie NoordwesUniversiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het op Saterdag 21 Februarie vanjaar die jaarlikse SJGD liefdadigheidsfunksie gehou. Pieter Hattingh, Ondervoorsitter van die KSR, was die seremoniemeester en Dr. Corrie Rheeder, Direkteur van Studentelewe op die NWU Potchefstroomkampus, het die geleentheid geopen. Heinz Schoeman-Struwig, Voorsitter van die KSR, het in sy toespraak genoem dat die NWU tans R9 miljoen op al drie kampusse se JOOL-plase bestee. Hy het genoem dat dit dien as bewys van hoe die NWU daadwerklik daarop fokus om studentelewe te verbeter. Zané Botha, JOOL KSR-lid, het genoem dat vanjaar se JOOLorganiseerders aan die nodige uithouvermoë beskik het, ondanks talle uitdagings wat plaasgevind het. “Ons het die Vrydagaand
R 1,1 miljoen is bemaak aan studentebeurse tydens die SJGD-liefdadigheidsfunksie
weer die hekke van die JOOLplaas oopgemaak en ons het ’n vlotuitstalling twee weke later gehou. Dit alles was moontlik te danke aan mense wat bereid was om hul tyd af te staan om te help met verdere reëlings,” het Botha genoem. Die bedrag wat JOOL 2018/19 ingesamel het, was deur Drikus Grobbelaar, JOOL KSR-lid vir die termyn 2018/19, bekendgemaak. Die volle bedrag kon egter nie bekendgemaak word nie omdat die ouditmetodes verander het. “Die eksterne oudit is tans besig, so die volle bedrag wat ingesamel
is tydens JOOL 2018/19 kan nog nie bekendgemaak word nie, maar wel ’n gedeelte daarvan,” het Grobbelaar verduidelik. Die bedrag wat wel beskikbaar is, is R2,1 miljoen. 70% word verdeel aan projekte verbonde aan die universiteit en 30% aan eksterne organisasies. SJGD KSR-lid Ruandro Minnaar het verder uitgebrei oor die daadwerlike verskil wat SJGD in gemeenskappe maak met verskeie projekte in Potchefstroom en Ikageng. Pieter Hattingh, wat ’n SJGD KSR-lid vir 2018/19 was, het verder uitgebrei oor die talle
FOTO: TIAN DU PREEZ
doelwitte wat verlede jaar bereik was. Ses kleuterskole was oorgebou, tien skole het badkamergeriewe ontvang, drie skole se kombuise was verbeter, 55 SJGD-aksies het op Mandeladag plaasgevind en ’n betaling was uitgemaak aan The Smile Foundation. Tydens Kaalvoetdag was 15,7 ton klere ingesamel, wat ’n nuwe rekord is. Die Pukki Foundation het R 925 776,17 verlede jaar aan behoeftige studente uitbetaal. “In 2019 was daar ook twintig nuwe projekte vir 2020 geïdentifiseer,” het Hattingh bygevoeg. Prof. Alida Herbst, Direkteur van die Skool vir Psigososiale en
Gedragswetenskappe, het die uitbetalings aan die verskeie projekte bemaak. Sewentien koshuise het befondsing vir hul SJGD-projekte ontvang. Nog projekte wat befondsing ontvang het sluit in die Pick a Leader Fund (R30 000), Sportontwikkeling en Bemagtiging (R25 000) evangelisasie (R10 000), Little Angels (R5 000) en Promosa 3 (R5 000). Spesiale uitbetalings was gemaak aan onder andere die Guide Dog Association (R3 000), FAMSA, Child Welfare Potchefstroom en Childline (elk R10 000). R40 000 was uitbetaal aan Thuso en ’n verdere R30 000 was aan Vessels of Mercy Potchefstroom. NG Welsyn het R3 000 ontvang en Potchefstroom Dienssentrum R10 000. R10 000 was ook uitbetaal aan die PAWS Potchefstroom, Dignity Dreams en die YellowBird Foundation. Die Droogtehulpfonds het R30 000 ontvang en R1,1 miljoen was bemaak aan studentebeurse. Pukki Uitbetalings was bemaak aan die Drug & Alcohol Project (R28 000), Studente Verblyf (R84 935), Behoeftige studente (R11 729), CANSA Relay for Life (R30 000) en die Katprojek (R85 411.60).(R85 411.60).