Wapad 5 September 2019

Page 1

5 September 2019 WAPAD ® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 73

TEL: (018) 299 2875

WAPAD@NWU.AC.ZA

KSR vir die termyn 2019/2020 finaal verkies Ciska de Waal @ciska_dewaal

Na ’n tydperk van ongeveer twee maande is die verkiesing van die nuwe Kampusstudenteraad (KSR) vir die termyn 2019/2020, finaal afgehandel. Op 22 Augustus is die vyftien nuwe KSR-lede in die Amfiteater aangekondig. Die KSR-verkiessingsproses het begin met nominasies vir nuwe KSR-lede. Die aansoekvorm wat elektronies beskikbaar was, moes deur die kandidate self ingevul word en saam met ’n CV en ’n dokument wat verklaar dat die kandidaat nie ’n kriminele rekord het nie, ingehandig word. Die vorms is deur die Campus Electoral Coordinating Team (CECT) na gegaan om te verseker dat die voorlopige kandidate wel op geldige gronde deel van die proses kon wees. Daarna was die kandidate aan die publiek bekendgemaak en die stemproses kon begin. Aan die einde van die stemtydperk, was ’n totaal van 6 427 stemme aangebring. Die hoeveelheid stemme oortref ook die 5 665 stemme wat in 2018

FOTO: VERSKAF

V.l.n.r: Francis Berg, Pieter Hattingh, Heinz Schoeman- Struwig, Cheney Acker en Bianca Visagie. A.l.n.r: Johan Nel, Zane Botha, Mathew van Wyk, Zakumi Mtsweni, Benjamin Truter, Ruandro Minnaar, Theunis van Wyk, Danielle Giorgi, Adrienne Bartlett en Tristan Bourne.

aangebring is. Die voorlopige KSR is op 16 August aangekondig en die publiek het die geleentheid gehad om na die Independent Electoral Commision (ISEC) te appelleer. Na die appèltydperk is die finale KSR aangekondig. Die KSR speel ’n belangrike rol op kampus en het ook ’n direkte verhouding met kampusbestuur. “My kantoor het ’n baie goeie en oop verhouding met die KSR wat geskoei is op ondersteuning

Het jy nuus? Stuur ’n e-pos aan wapad@nwu.ac.za

en effektiewe kommunikasie. Ek beleef die KSR as ’n dinamiese span met net die beste voorneme om studentiteit te bevorder. Ek sien uit om as deel van hierdie

Ek beleef die KSR as ’n dinamiese span met net die beste voorneme om studentiteit te bevorder.

Wapad

span saam te werk aan ons ongelooflike studente ervaring wat ons grootste bate is,” het Dr. Corrie Rheeder, Direkteur: Studentelewe Potchefstroomkampus, gesê. Verder het Heinz Schoeman-Struwig, nuutverkose KSR: Voorsitter 2019/2020, in ’n onderhoud met Wapad (sien bl.5) duidelik gemaak dat studente se stemme gehoor sal word in sy termyn. “Daar

@NWUWapad

moet géén besluit gemaak word wat studente raak, waarby ons nie betrek word nie. Ek sal seker maak ons word betrek,” het Schoeman-Struwig gesê. Om deursigtigheid te verseker word die persentasies van stemme en uitslae gepubliseer, volgens die Independent Electoral Commision (ISEC) se mandaat uit Skedule 2 van die SRC Constitution wat op die NWU webwerf gevind kan word.

@NWUWapad


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.