12 Maart 2020 Het jy nuus? Stuur ’n e-pos aan wapad@nwu.ac.za Wapad WAPAD ® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
@NWUWapad
@NWUWapad
JAARGANG 74
TEL: (018) 299 2875
WAPAD@NWU.AC.ZA
Rook verbode op koshuisbalkonne
Geallokeerde rookareas eerder as koshuisbalkonne word voorsien
Le-Lanie Ludick @lelanie_ludick
T
ydens die algemene primarii vergadering op 17 Februarie is dit aangekondig dat alle asbakkies op koshuisbalkonne verwyder sal word met onmiddellike effek en dat inwoners nie meer op balkonne mag rook nie. Hierdie is as gevolg van die Tobacco Products Control Act wat stipuleer dat geen persoon enige tabakbevattende produk binne 10m van enige ingang na ’n publieke plek mag rook nie. Die Noordwes-Universiteit (NWU) se rookbeleid implementeer hierdie wet al sedert 2006, maar nietemin het die universiteit steeds asbakkies op balkonne beskikbaar gestel tot op hede. Die Occupational Health and safety-eenheid van die NWU het hierdie probleem in die verlede onder koshuise se aandag gebring. Dit was egter eers tydens ’n onlangse vergadering tussen Kampusstudenteraad (KSR) en belanghebbendes dat dit amptelik
Alle asbakkies gaan van die balkone verwyder word weens nuwe rookbeleid by NWU.
geïmplementeer is. Matthew van Wyk, Koshuisraadvoorsitter van die KSR, het hierdie inligting deurgegee aan die primarii. Health and Safety sal nou rookareas moet allokeer waar dit veilig is vir inwoners om te rook. Van Wyk verseker dat daar druk geplaas word om hierdie rookareas so spoedig as moontlik te allokeer, maar intussen sal braaiareas nog deur rokers gebruik mag word. Die universiteit beklemtoon dat die rookareas egter
nie geld vir die rook van dagga nie. Die rook van dagga op enige van die kampusse of persele wat deur die universiteit beheer word, is streng verbode. Die balkonareas word direk geaffekteer omdat dit die geallokeerde rookareas vir koshuise was. Die probleem hiermee is dat die balkon moontlik langs ’n kamer is en die rook dan in die kamer kan inwaai. “Die rook sluit in hubbly, vape en sigarette,” sê
FOTO: LE-LANIE LUDICK
Van Wyk. Die reëls rakende rook in die klubhuis is nog ’n grys area en dit is onder die KSR se aandag gebring dat duidelike reëls hieroor ingestel moet word. Volgens Van Wyk sal die reëls in die klubhuise stelselmatig geïmplementeer word wanneer dit vasgestel is. Inwoners van die koshuis wat nie aan hierdie reëls voldoen nie, sal ’n boete ontvang of kan getug word. Lohan Bronkhorst, inwoner van Hombré-manskoshuis, sê dit
is ’n goeie besluit wat die koshuis skoon en netjies sal hou. “Dit gee vir ons kans om buite in die natuur te kom, maar dit lyk ook nie netjies om in die parkeerarea te staan en rook nie.” Die enigste teenstand wat ontvang is, is dat die primarii versoek om die beleid op skrif te hê en bordjies in die koshuise te hê wat rookareas uitwys. “Ons as KSR werk saam met die NWU om dit te implementeer. Dit is nie iets wat ons net wil implementeer om dit te verwyder nie. Dit is ’n landswet waaraan ons onderhewig is en wat geïmplementeer moet word,” beklemtoon Van Wyk. Sekere fakulteite het alreeds geallokeerde rookareas wat 10m van geboue af is sowel as asbakkies wat studente moet gebruik sonder uitsondering. Xavier van Tonder, vierdejaar in LLB sê die persone wat nie rook nie, moet gerespekteer word deur rokers. “Ek dink nie dis te veel gevra om na die rookarea toe te stap nie. 10m se loop gaan niemand skade aan doen nie,” sê Van Tonder. Die universiteit is onderhewig aan dié landswette en dit moet tegnies geïmplementeer word oor die hele kampus, maar geboue wat naby aan mekaar is, bemoeilik die implementering daarvan alhoewel dit geïmplementeer word waar moontlik.