Wapad 24 Oktober 2019

Page 1

LEES JOU KAMPUS

24 Oktober 2019

WAPAD ® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 73

TEL: (018) 299 2875

WAPAD@NWU.AC.ZA

Dosent dood na fratsongeluk Alet Janse van Rensburg @aletterkunde

’n Wiskundedosent aan die Fakulteit van Opvoedkunde, Rudi van de Venter (48), is in die vroeë oggendure Saterdag 19 Oktober dood. Hy was glo om en by 01:30 te voet op kampus en sy liggaam is kort na 6:00 deur ’n lid van kampussekuriteit aangetref in ’n sloot langs gebou B10 van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. Die sloot was gegrawe as deel van opknapping- en herstelwerk, maar volgens Louis Jacobs, NWU Korporatiewe Kommunikasie, was die area afgebaken met veiligheidsnette. Volgens Kaptein Aafje Botma, polisiewoordvoerder in die Noordwes, is ’n geregtelike doodsondersoek onderweg. Kapt. Botma het ook gesê daar word vermoed Van de Venter het sy nek gebreek. Teen druktyd was daar volgens Botma nog geen verdere verwikkeling in die saak nie. Jacobs kon geen verdere inligting verskaf oor die insident

FOTO: LISA VAN ROOYEN

Rudi van de Venter is in die omtrek van gebou B10 in ’n sloot gevind

nie, maar het gesê: “Dit is vir die universiteit baie sleg en ons betreur die afsterwe van ’n kollega. Daar is ook reeds reëlings getref sodat berading beskikbaar is vir studente en familie,” het Jacobs gesê. Prof. Josef de Beer, ’n kollega

Het jy nuus? Stuur ’n e-pos aan wapad@nwu.ac.za

van Van de Venter, het aan Beeld genoem dat dit nie heeltemal buitengewoon is om vroegoggend op kantoor te wees as die werkslading druk nie. Dit word beaam deur Leoné Ungerer, ’n tweedejaar in BE.d Snr en VOO, wat vir ongeveer

Wapad

drie weke by Van de Venter klas gehad het: “Hy het soms vir ons vieruur of vyfuur emails gestuur voor die agtuur klas en soms klasse gekanselleer. Hy was tot die punt af gewees en het ’n droë sin vir humor gehad. Dit was baie interessante klasse

@NWUWapad

gewees. Later het ons ’n meestersstudent gekry wat vir ons klas gegee het,” het Ungerer gesê. Van de Venter was verbonde aan die Fakulteit van Opvoedkunde se Skool vir Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie sedert April 2004. Volgens ’n betroubare bron het Van de Venter destyds tydens sy studies in Veritas-manskoshuis tuisgegaan en hy word deur kollegas beskryf as toegewyd, passievol en hy het besonder noukeurig te werk gegaan om die beste werk te lewer in alles wat hy aangepak het. Ellé Axsel, ook ’n onderwysstudent, het vir ’n kort wyle MATH 221 by Van de Venter gehad en hom as ’n baie dinamiese dosent beskryf: “Ons het vir die eerste paar weke van die semester by hom klas gehad, maar omdat hy te veel op sy bord gehad het, het ons ’n ander dosent gekry. Hy was ’n baie passievolle mens – baie van ons, dink ek, het hom misverstaan. Hy het altyd probeer om interessante toepassings van abstrakte wiskunde vir ons te wys en was werklik lief vir sy vak. Ek onthou hom as altyd aan die gang; ’n regte busy body.” Lees ’n huldeblyk aan Van de Venter op bladsy tien.

@NWUWapad


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad 24 Oktober 2019 by Wapad - Issuu