Wapad 22 Augustus 2019

Page 1

22 Augustus 2019 WAPAD ® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 73

TEL: (018) 299 2875

WAPAD@NWU.AC.ZA

NWU onder top 5% van universiteite ter wêreld Ciska de Waal @ciska_dewaal

Augustusmaand is die Sentrum vir Wêrelduniversiteitsgraderings (CWUR) se ranglys van internasionale universiteite vir 2019 – 2020 vrygestel. Die lys wat onder meer die gehalte van onderwys en opleiding meet, het aangedui dat die Noordwes-Universiteit (NWU) sy rang met 95 plekke verbeter het vanaf posisie 964 na 869. Dit plaas die universiteit onder die top 4,8% van meer as 18 000 universiteite wat wêreldwyd gegradeer word. Alhoewel die NWU sy sewende posisie op die CWUR se ranglys vir SuidAfrikaanse universiteite behou, is dit die plaaslike universiteit wat met die meeste posisies verbeter het. Die CWUR is ’n konsultasieorganisasie wat strategiese insigte aan regerings en universiteite bied om onderwys- en navorsingsuitkomstes te verbeter. Die organisasie is ook die enigste een wat ’n wêreldwye universiteitsranglys publiseer en

FOTO: MARYKE LAAS

nie sy gradering op data baseer wat deur universiteite ingedien of deur opnames ingesamel is nie. Die CWUR gebruik sewe maatstawwe om die wêreld se top 1 000 universiteite op die ranglys te plaas. Dit sluit in: gehalte van onderrig, alumni-aanstellings, gehalte van die fakulteite, navorsingsuitsette, hoëgehalte publikasies en die invloed van navorsingsreferate en sitate. Die grootte van die universiteite word by al die maatstawwe in ag geneem.

Het jy nuus? Stuur ’n e-pos aan wapad@nwu.ac.za

Aangesien die CWUR sterk akademiesgesentreerde aanwysers gebruik, dui dit aan dat die NWU se navorsing- en akademiese standaarde gestyg het. “Studente moenie die waarde van akademie onderskat nie. Dit is die kern rede vir die bestaan van ’n universiteit asook die basis waarop jy jou toekoms moet bou. Wat hierdie uitslag egter verder uitwys, is dat die NWU hierdie positiewe groei ervaar het saam met die aktiewe studentelewe wat die NWU

Wapad

bied,” het Dalena D’Assonville, Kampusstudenteraad: Voorsitter vir die termyn 2018/2019, gesê. D’Assonville is ook van mening dat studente kan bydra tot hierdie groei deur groter belangstelling te toon in die NWU se studierigtings en ’n denkwyse te ontwikkel wat akademiese gesprekke bevorder. Prof. Daryl Balia, adjunk-visiekanselier vir Toegewysde Funksies en Kampusbedrywighede van die Potchefstroomkampus

@NWUWapad

het namens die Universiteit Bestuurskomitee aan Wapad gesê: “Ek wil graag elke student en personeellid gelukwens en dankie sê vir al hul toewyding, lojaliteit en harde werk wat dit moontlik gemaak het dat die NoordwesUniversiteit onder die top 5% van universiteite in die wêreld op die ranglys val. #ProudNWU: It all starts here!” In ’n onderhoud met Wapad wat 18 Oktober 2018 gepubliseer is, het Balia gesê dit is vir hom belangrik dat die NWU op ’n internasionale vlak erken word. Prof. Dan Kgwadi sê die resultate dui daarop dat die universiteit uitstekend vorder in sy droom om ’n internasionaal erkende universiteit in Afrika te wees. “Met al hierdie feite in gedagte, is dit heeltemal duidelik dat ons geweldige vordering toon om ons droom te verwesenlik om ’n internasionaal erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek. Nie net blink ons uit in innoverende leer, onderrig en baanbrekernavorsing nie, maar baat ons ook ons samelewing deur kennis,” het Kgwadi in die amptelike verklaringsberig van die NWU opgemerk.

@NWUWapad


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad 22 Augustus 2019 by Wapad - Issuu