BINNE
JOOL PERSOONLIKHEID: MEISIE MET 'N GOUE HART 2 4
NUUS RAAD OOR: GEWELD, SWANGERSKAP, DWELMS 28-9
BINNE
VARSITY CUP: DIE BEKER KOM HUISTOE LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 66
>>
Nzimande glo ontgroening is “onmenslik”
Onafhanklike ondersoek gelas
’n
Onafhanklike ondersoek is deur die minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, gelas ná die verdrinking van die negentienjarige Thabang Makhoang. Makhoang, ’n inwoner van Ratau-Lebone, het tydens die NWU-Puk se jaarlikse Vrugtefees verdrink in die olimpiese-grootte swembad van die Fanie du Toit sportterrein. Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die Potchefstroomkampus, het verduidelik dat die eerstejaars ná die Vrugtefees ’n geleentheid gekry het om hulle in die swembad af te spoel. Dit het in koshuisverband plaasgevind. “Niemand is verplig om te swem nie en daar is gesê dat diegene wat nie kan swem nie, eenkant moet gaan. “Ratau se inwoners het by mekaar ingehaak en een-vir-een agteroor in die swembad geval. “Elke koshuis het ’n paar minute gehad om af te spoel. “Niemand het agtergekom dat Thabang nie by die groep is toe hulle uitgeklim het nie,” het Scheppel verduidelik. Die primarius van Ratau, De Wet Oosthuizen, het vertel dat alles so vinnig gebeur het, omdat elke koshuis ongeveer vyf minute
’n Onafhanklike ondersoek is gelas ná die verdrinking van die negentienjarige Thabang Makhoang.
in die swembad gehad het. “Nadat ons ingespring het, moes ons uitklim en vinnig beweeg tot buite die swembad-area om aan te tree. “Niemand het agtergekom dat Thabang nie daar is nie. “Ons het presensie geneem en het op die totale aantal Welpies uitgekom,” sê Oosthuizen. Die eerstejaarsgroep het volgens Oosthuizen daarna na die eetsaal gegaan waarna hulle in drie groepe verdeel het. “Ons het na ete verdeel tussen drie geboue vir die oefen van ons eerstejaarskonsert en die vou van blommetjies vir JOOL. “Ons het dus nie dadelik agtergekom dat Thabang nie in die groep is nie,” sê Oosthuizen. Nzimande het aangevoer dat hy die verduideliking van die universiteit aangehoor het en dat Ma-
WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD
FOTO : FRANK DUVENHAGE
Laureus en Wag-’n-bietjie is die algehele vlot-wenners van JOOL.
LIZANÉ TREURNICHT
2 16
10 FEBRUARIE 2012/ VOL 2
khoang se verdrinking ’n fratsongeluk was. Hy het egter die ondersoek aangevra, omdat hy bekommerd is oor “ontgroening” op kampus. “Die omstandighede van die situasie is té soortgelyk aan vorige jare se ontgroeningspraktyke. “Dit is onmenslik en diskriminerend. “Ontgroening tas nuwelinge se menswaardigheid aan,” het Nzimande in ’n persverklaring aangevoer. Twee senior studente wat twee uur ná die Vrugtefees gaan swem het, het Makhoang se liggaam op die bodem van die swembad gesien. Hulle het Beskermingsdienste onmiddellik na die toneel ontbied. Volgens adjudant-offisier, Mpho Manyoba van die Potchefstroom polisiediens, is Makhoang op die toneel dood verklaar deur ER24. Manyoba het verduidelik die saak is steeds sub judice en dat die polisie net kan bevestig dat Makhoang gesterf het weens verdrinking. Die onafhanklike ondersoek wat Nzimande aangevra het, gaan volgens die persverklaring die beplanning en implementering van O&B op die Potchefstroomkampus ondersoek en beoordeel. Vervolg op bladsy 3.
Kopskote Lat-WAi met JOOL MONICA PIENAAR Die sleepkoshuise, Laureus en Wag-’n-bietjie het Lat-WAi tydens JOOL en weggestap as die algehele vlot-wenners. Dié jaar se tema was Vrede, Liefde en Kopskote en het gesorg vir verskeie interessante vlotte. “Die tema was so wyd dat nie een vlot dieselfde gelyk het nie, die vlotte was regtig amazing,” sê Corné Zandberg, SR-JOOL. Alle bouwerk moes vroeg die oggend van die optog gestaak word sodat die beoordeling van die vlotte kon begin. Zandberg sê dat veiligheid altyd eerste kom op die JOOL-plaas. “Punte is afgetrek waar nodig om te verseker dat alle vlotte en bou-areas voldoen aan verkeersen veiligheidsregulasies,” het hy gesê. Daar is tydens JOOL-week drie verpligte boustiltes gehou waartydens die JOOL-plaas ontruim en veiligheidsinspeksies gedoen is. Dié inspeksies is volgens Zandberg gedoen om te verseker dat alle veiligheidsmaatreëls nagekom word. Die persele is ook deursoek vir drank. Zandberg het vertel dat hulle geen klagtes ontvang het tydens JOOL nie. “Die studente het JOOL-week baie geniet,” sê Zandberg. Die interessante tema vanjaar het gesorg dat die koshuise
UITSLAE
1e - Lat-WAi 2e - Ville Reputasie 3e - My-Le Bo 4e - By VERre JOUne 5e - DINK-wat-jy-WIL
kreatiewe idees oplewer. “Die tema was so breed en geen koshuissleep het dieselfde idee uitgebeeld nie,” het Zandberg gesê. Hy het vertel dat daar net een fout ingesluip het met die bemarking van DJ Fresh. “Daar was ’n fout aan DJ Fresh se bestuurspan se kant. Hulle het die datums omgeruil en sy optrede is verkeerd geadverteer,” sê Zandberg. Hy het verder vertel dat die probleem darem maklik opgelos is en dat die ander reëlings vlot verloop het. “Ek is trots op die UK wat gehelp het om te sorg vir ’n opwindende week. Ons het almal nou ’n ruskans nodig,” meen Zandberg. Die algehele wenners sal in Mei saam met die nuwe JOOL-SR-lid aangekondig word.