Wapad - 10 August 2017

Page 1

0

10 AUGUSTUS 2017

LEES JOU KAMPUS

Wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 71

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Puk Forum discusses decolonisation

3 SCC Candidates: go out and vote

Biblioteek opgraderings: Ferdi’s sluit tydelik deure Dennis Delport @Dennisdelport

S

tudente gaan vir eers hul drang na biblioteek-kafeïne op sy moet skuif. Ferdi’s koffiewinkel gaan sy deure tydelik moet sluit. Die Ferdinand Postma Biblioteek (FPB) se eerste fase van opknappings begin eersdaags op die tweede verdieping. “Opknappings sal einde Augustus of begin September begin en sal tot en met Desember vanjaar duur,” het Louise Vos, senior bestuurder: uitreik, projekte en kwaliteit by FPB, gesê. Die tweede verdieping sal dus ontoeganklik wees. Studente sal geen toegang tot Ferdi’s, die Wetversameling, gedrukte tydskrifafdeling, groepwerksarea en die seminaarkamers hê nie. “Die biblioteekpersoneel sal egter ondersteuningsmaatreëls instel om gebruikers te help,” het Vos gesê. Hierdie maatreëls behels die volgende: • ± 4 000 hoë-aanvraag wetboeke is uitgekies en na die eerste verdieping verskuif. Studente aan die Fakulteit Regte hoef dus nie te kommer nie. “Aangesien die regsversameling ontoeganklik gaan wees in hierdie fase, het ons ’n spesiale afspraak volgende week met

dosente van die regsfakulteit om te verduidelik watter ondersteuning ons gaan bied. Ons gee hulle ook die geleentheid om addisionele boeke (buiten die sowat 4 000 wat vooraf uitgesoek is) uit te soek,” het Vos gesê.

Studente kan ook uitsien na ’n nuwe voorkoms vir die tweede verdieping.

• ± 140 000 e-boeke word op die biblioteekkatalogus gelaai. • Bekendstellingsbriewe aan ander universiteitsbiblioteke sal aan Meesters- en PhD-studente verskaf word. • Interbiblioteeklenings sal beskikbaar wees vir nagraadse studente. Studente kan ook uitsien na ’n nuwe voorkoms vir die tweede verdieping wat die volgende insluit: • Bykomende skootrekenaarwerkstasies • 172 nuwe sitplekke in die nuwe studiearea

• ’n Opgedateerde lugverkoelingstelsel • Nuwe elektriese toebehore en bykomende kragpunte • Die hele vloer sal opgegradeer word met nuwe matte • ’n Nuwe seminaarkamer in die opening tussen die huidige seminaarkamers Gedurende die afgelope paar jaar het die biblioteek die geleentheid gehad om biblioteekruimtes op te gradeer om sodoende tred te hou met die veranderende behoeftes van studente. In 2014 het die biblioteek op die derde vloer ’n splinternuwe Honneurs & Navorsingsgemeenskap gestig. Die grondvloer het ook in 2015 ’n nuwe gesig gekry. Die eerste vloer is ook boonop op die waglys om opgeknap te word. Dié opknapping sal vanaf Januarie 2018 tot April 2018 plaasvind. “Ons is bekommerd oor die impak van die opgraderings op die studente-aktiwiteite in die biblioteek, aangesien hierdie ruimtes is wat gewild is en baie gebruik word. Die eerste en tweede vloer benodig nou noodsaaklike opknappings en ongelukkig sal hierdie opknappings biblioteekgebruikers beïnvloed,” het Vos gesê. “Ons vra om verskoning vir enige ongerief tydens die opknappings-tydperk.”

4+5

2 Fame The Musical

6


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.