Wapad - 10 Oktober 2013

Page 1

16

NWU-Pukke netbalspan oorwin NMMU

E

6-8

Wapaddebakel oorsig 10 OKTOBER 2013 / VOL 15

Arcade Empire sluit vir eers weer sy deure

3

LEES JOU KAMPUS

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

'n Komitee is aangewys om Wapad se reglement te hersien

Hoe lyk Wapad se pad vorentoe? FRANCOIS LION-CACHET

S

tappe word geneem om te verseker dat Wapad in die toekoms nog beter sy werk sal kan doen as ’n onafhanklike studentekoerant. Dit volg na die tydelike sluiting van Wapad weens skuld van R79 000. Die skielike sluiting van Wapad verlede maand het vrese laat ontstaan dat mediavryheid op die kampus in gedrang is. Daar is nasionaal berig gedoen oor dié saak. Dié kwessie is ná vergaderings tussen verskeie belangegroepe, ingesluit die kampusrektor, Prof. Herman van Schalkwyk, SRlede, die NWU-Puk se bemarking en kommunikasie departement (BEK) en joernalistiekdosente geskik. Daar is ’n komitee saamgestel om Wapad se reglement te hersien. Dit bestaan uit prof. Attie Gerber, Karen Engelbrecht en Jimmy Pressly. Volgens Pressly, sameroeper van dié komitee, gaan hulle poog om die reglement van Wapad so te herskryf dat die koerant ten volle aan die Suid-Afrikaanse Perskode voldoen. “Daar is reeds ’n goeie basis [die huidige reglement] waarop

ons net gaan uitbrei,” het Pressly gesê. Pressly het verder gesê dat hulle onder meer na ander studentekoerante van ander universiteite se reglemente gaan kyk om sodoende te sorg dat Wapad so onafhanklik as moontlik funksioneer en dat die fundamentele beginsels van mediavryheid op kampus uitgeleef kan word. Op die oomblik bepaal Wapad se reglement dat die koerant deel is van die SR, maar die samestelling van die beheerraad, die struktuur wat toesig hou oor die koerant, gee aan BEK ook ’n groot rol in dié publikasie. BEK het aan die rektor te kenne gegee dat hulle nie meer by Wapad betrokke wil wees nie. Johannes Froneman, mediaetiek kenner en kommunikasie dosent aan die NWU-Puk, het vroeër gesê dat ’n studentekoerant nie die instrument van ’n kampus se bemarking-en-skakelafdeling hoort te wees nie. ‘n Verteenwoordiger van die rektor, Winton Windell, Froneman en ‘n kollega, Cornia Pretorius, het in 2011 verandering aan die reglement aangebring. Volgens Froneman is die vorige magsposisie van BEK ingekort.

’n Studentekoerant is nie die instrument van ’n kampus se bemarkingen-skakelafdeling nie. "Beheer en toesig van die blad is gevolglik primêr in die hande van die studente geplaas, met dosente en personeel van BEK meer in ’n raadgewende rol. Dit was altans die gedagte,” het Frone-

man gesê. Die hersieningsproses wat nou aan die gang is, is ’n verdere verfyning van die werk wat in 2011 gedoen is en waarby BEK ook betrokke was. “Kom dit by ’n saak soos ’n studentekoerant glo ek studente moet die maksimum geleentheid kry om dit te beheer, te bestuur en te publiseer,” het Froneman vroeër in ’n rubriek in die Beeld-bylaag By gesê. Daar sal ook uitsluitsel gegee word in die hersiende reglement oor hoe en deur wie Wapad se finansies bestuur sal word. ’n Voorlopige reglement moet teen einde Oktober aan Wapad beheer-

?

raad voorgelê word en teen einde Februarie in werking gestel word.

Polisie slaan toe op drie manskoshuise vir dwelms SIMON SONNEKUS Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdag in die vroeë oggendure lasbriewe uitgevoer op individue in drie manskoshuise op die kampus as deel van hulle breër veldtog teen dwelmmisbruik in die stad. Die drie koshuise waarop die SAPD toegeslaan het, was Hombré, Laureus en Veritas. Eric Plaatjie (21), ’n inwoner en oud HK-lid van Laureus-manskoshuis het op Facebook sy ontevredenheid oor die veldtog uitgespreek. Plaatjie se Facebook-inskrywing lui : “Jho speculations are deep !!! they scar and taint peoples names!” (Sic) Volgens Plaatjie het die SAPD beweer dat hy dwelms verskaf aan die eerstejaarstudente van sy gang. Plaatjie het vertel dat daar

Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep. Laureus Manskoshuis

Veritas Manskoshuis

Hombré Mankoshuis

’n polisiehond gebruik is om vir dwelms in sy kamer te soek, maar daar is glo op geen dwelms beslag gelê nie. Kiewiet Scheppel, mediawoordvoerder van die NWU-Puk, het gesê dat die universiteit kort vooraf van die SAPD se aktiwiteite ingelig is. Prof. Rikus Fick, studentedekaan, en Janco Jordaan, SR-

voorsitter, was by die koshuise om bystand aan die individue te bied. “Ek en prof. Fick was daar omdat ons juis die studente verteenwoordig. Ons is vir ’n pro-veilige omgewing vir ons studente, ” het Jordaan gesê Wapad het betroubaar verneem dat daar wel glo beslag gelê is op onwettige middels by twee van die Laureus-koshuisinwoners tydens

die klopjag. Dit is op die stadium onbekend hoeveel inwoners van Hombré en Veritas met dwelmmiddels betrap is. Volgens Scheppel sal die inligting van die SAPD bepaal of verdere interne dissiplinêre stappe geneem gaan word teen die oortreders. Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Puk, het met

betrekking tot die "Ons Gee Om"veldtog gesê dat die universiteit teen sterkste gekant is teen dranken dwelmmisbruik. "Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep waarin die waardes van die universiteit en 'n gesonde studentelewe kan floreer." Die SAPD het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 10 Oktober 2013 by Wapad - Issuu