LEES JOU KAMPUS
K&V Die wel en wee van Bouwer Bosch 218
14 JANUARIE 2012 / VOL 1
BINNE
Die ABC van die NWU-Puk 2SPORT 212-13
STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 66
>>
WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD
Welkom eerstejaars!
Eerstejaars geniet die O&B tydperk tydens die Vrugtefees verlede jaar.
FOTO: O&B KOMITEE
Rektor is Suid-Afrika se landboukundige van die jaar vir 2011 VINCENT EASTES
P
rof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit, is verlede jaar deur die Landbouskrywers SA, as Suid-Afrika se landboukundige aangewys. Volgens die vereniging, word die gesogte toekenning aan Van Schalkwyk toegeken vir sy verdienstelike landboukundigheid wat ander kan inspireer. Hulle meen hy het bewys wat bereik kan word deur goeie beplanning en onvermoeide toepassing, in verskeie omstandighede en omgewings. Landbouskrywers SA is ’n vereniging vir joernaliste en ander belanghebbendes in die landboumedia en wys al vir meer as 30 jaar ’n nasionale boer- en landboukundige van die jaar aan. Nadat Van Schalkwyk benoem is as die provinsiale wenner, het hy teen agt kandidate vir die nasionale toekenning meegeding wat in die Paarl aangewys is.
Die Landboukundige van 2011, prof. Herman van Schalkwyk en sy vrou, Relyné, mnr. Hein Mienie en dr. Pieter Mulder. FOTO: THEUNS BOTHA Van Schalwyk is in Februarie 2010 as rektor by die NWUPotchefstroomkampus aangestel, waar hy sedertdien sy staal gewys het deur verskeie nuwe inisiatiewe van stapel te stuur. Van Schalkwyk is ’n deeltydse boer en het ’n klompie beeste op sy plaas “Skeerkraal” buite Dealesville in die Vrystaat en ook ’n mielie- en skaapboerdery op die plaas “Boshoek” naby Clarens.
Hy is ’n gewilde spreker en gas by landboukongresse en werkswinkels en tientalle artikels vir hierdie populêre media het al uit sy pen gevloei. Hy lewer ook die afgelope jaar ’n weeklikse bydrae op OFM radiostasie met Pieter Möller oor aktuele sake in die landbou. Van Schalkwyk is tans die besturende direkteur van Aginfo (handeldrywend as AMT), wat op
’n weeklikse basis prys- en markneigings in die Landbouweekblad publiseer. “Hierdie toekenning is vir my ’n groot eer en erkenning vir die harde werk wat tot dusver in Noordwes gedoen is. “Ons het egter nog groot planne, en wil verseker dat die provinsie se rol in landbou groter uitgekring word,” sê hy. Sy betrokkenheid by talle
provinsiale en nasionale instansies word hoog aangeslaan. Hy is onder andere in 2007 deur die minister van Landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die adjunkvoorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook vir 18 maande waargeneem as voorsitter van die raad van die Landbank. Van Schalkwyk is ’n konsultant vir die Wêreldbank en ander Suid-Afrikaanse instansies asook ’n spesialis in landbou- en verwante hofsake. As gerekende landbou ekonoom en akademikus, het hy reeds ses akademiese boeke geskryf. Van Schalkwyk het ook sowat 70 publikasies in wetenskaplike joernale en 117 navorsing- en projekverslae gepubliseer. Hy het ook 77 referate by plaaslike konferensies en 38 by internasionale konferensies gelewer en was promotor en medepromotor vir 24 PhD- studente en studieleier of mede-studieleier vir 32 meestersgraadstudente.