Wapad - 14 Februarie 2017

Page 1

0

LEES JOU KAMPUS

14 FEBRUARIE 2017

Wenner van die 2016 ATKV Mediaveertjie vir die beste studentekoerant WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 71

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD' VOOR

Registrasie – kry jou (regte) ry Marné Coetzee @marnhey_

V

an registrasievorms tot studiegidse, dit blyk dat registrasie talle studente elke jaar onderkry. Hierdie jaar was geen uitsondering vir studente wat skarrel om hul registrasie af te handel voor klasse begin nie. Alhoewel dit voorkom asof talle studente probleme ervaar het, lê die probleem klaarblyklik nie by die Voorgraadse Administrasiekantore nie. Met ’n rekordhoeveelheid van meer as 19 000 aansoeke wat ontvang is vir 2017 het die administrasiekantore omtrent hul hande vol gehad om slegs 4 500 van hierdie aansoeke goed te keur. Die aansoekkantore gaan reeds te werk met aansoeke vir 2018 en daar word verwag dat die aantal aansoeke selfs meer oorweldigend kan word vir die jare wat volg. Volgens mnr Tom Cato, bestuurder van die Departement vir Akademiese Administrasie, is die registrasieproses geweldig omvattend en word dit reeds vanaf Oktober voorberei. Hierdie proses behels dat daar vooraf reëlings getref word met vele sektore onder meer fakulteite, administratiewebestuur, beskermingsdienste en finansiële administrasie. Dit blyk dat verwarde studente ’n probleem inhou vir die administrasiekantore omdat studente somtyds in verkeerde rye staan, nie eers by hul fakulteite registrasievorms gekry het nie of bloot nie inligting wat aan hulle uitgereik is gelees het nie. Sodoende word registrasie ’n tydsame proses waar dit eintlik vinnig afgehandel kan word. Me Alta van Zyl, hoof van Voorgraadse en Honneursrekords, het gesê: “As studente se kurrikulumkontrole reg was, hulle nie uitsonderings was nie en hulle kon web-registreer, het registrasie baie

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

vinniger verloop.” Elke jaar word daar gereageer op registrasieprobleme en studenteterugvoer sodat die proses vir die volgende jaar vergemaklik word. Van Zyl het gesê dit is ’n deurlopende proses om registrasie vir die studente te vergemaklik. Alhoewel web-registrasie aangeraai word, is daar ’n handjievol studente, van fakulteite soos Natuurwetenskappe, Gesondheidswetenskappe en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat nie aanlyn kon registreer nie. Die Noordwes-Universiteit is tans besig met die HOKR belyning, wat beteken dat alle kwalifikasies en programme belyn word met die hoër onderwys kwalifikasie sub-raamwerk. Hierdie is die sleutelprojek wat al drie

JOOL 2017: Onderhoude en meer!

kampusse se akademiese programme met mekaar belyn. Hierdie belyning kan veroorsaak dat die samestelling van grade heel moontlik gaan verander wat dus nuwe kodes tot gevolg het. Sommige kwalifikasies is reeds belyn en dit kan veroorsaak dat ’n student se graad in die middel van sy/haar studies ’n nuwe kode kry. Omdat die stelsel sukkel om die ou kode en nuwe kode bymekaar te bring, kan hierdie student wat onder ’n nuwe kode registreer nie gebruik maak van webregistrasie nie. Teen 3 Februarie was daar reeds 16 860 voorgraadse- en honneursstudente geregistreer. Hierdie registrasies sluit voltydse en deeltydse studente in asook voorwaardelike registrasies. 9 678 van hierdie registrasies was web-registrasies.

Teen 9 Februarie het hierdie syfer verhoog tot 17 894, waarvan 9 780 web-registrasies was. Al hierdie registrasies het in ’n kwessie van twee weke geskied. Alhoewel registrasie amptelik in die verlede is, vind vakwysigings steeds plaas tot 17 Februarie en enige probleme kan steeds reggestel word tot dan. Indien studente nie teen 17 Februarie geregistreer is nie kan hul studentekaarte onaktief gemaak word. Die Voorgraadse Administrasiekantore raai studente aan om in die vervolg eerder aanlyn te registreer indien dit moontlik is omdat dit die hele proses vergemaklik. “Wat ons voorgraadse administrasie betref dink ek het dit redelik positief afgeloop,” het mnr Cato gesê.

Prof Fika se liefdesverhaal van 44 jaar.

5

6

WAPAD@NWU.AC.ZA


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.