Wapad is
65 LEES JOU KAMPUS
15 JANUARIE 2011 / VOL 1
TIPS
BINNE POTCH BANDS NEEM LAND OOR 217-19
2SPORT
SKUD DIE VETTE AFRYK GEE RAAD 211
ONAFHANKLIKE STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 65
>>
WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD
Welkom eerstejaars!
FOTO: KIEWIET SCHEPPEL
Verlede jaar se eerstejaars en hulle ouers sit in die Amfi-teater tydens ’n toespraak.
BOODSKAP
Dosent en oud-student op Noot vir Noot
Puk vs Puk op die kassie JOHAN VAN ZYL
C
orneels Schabort, dosent aan die NWU se Potchefstroomkampus, sal binnekort op die kassie te sien wees waar hy onder andere sake sal uitspook teen ’n oud-Puk, Mareli Immelman. Immelman, wat vroeër hier haar BA Regte-graad verwerf het, sal saam met Schabort deel uitmaak van die uiters gewilde televisieprogram, Noot vir Noot in sy 35ste reeks. Schabort, wat klas gee by die Puk se Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese, sê hy het een Vrydagaand in 2009 ’n Noot vir Noot episode op TV gekyk en gedink dit sal werklik baie lekker
Mareli Immelman.
Corneels Schabort.
wees om deel te neem aan hierdie kompetisie. “Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik geskakel nie. “So bel ek toe Noot vir Noot en hulle noem dat ek 24 Augustus 2009 by die SAUK kantore in Johannesburg moet wees. Ek is toe deur vir my 15 minute oudisie saam met vyf of ses ander mense.” Schabort meen hy het aanvanklik nie baie goed gevaar in die oudisie nie en het nie veel hoop gehad om gekies te word nie.
EERSTEJAARSUITGAWE VOLGENDE UITGAWE VERSKYN 10 FEBRUARIE
“Ek is egter tot my verbasing in Maart 2010 gekontak en verwittig dat ek deurgedring het om deel te neem aan reeks 35 vroeg in 2011 uitgesaai sal word. Ek was baie verheug.” Hy sê hy is baie opgewonde en probeer nou om meer gereeld Noot vir Noot te kyk om gewoond te raak aan al die speletjies. “Daar is eenvoudig te veel liedjies in hierdie wêreld om almal te ken vir Noot vir Noot. So, ek gaan dinge maar net vat soos hulle kom en uitgaan om dit gate uit te geniet!” Hou hulle gerus dop.
FW DE KLERK Oud-Puk en -President
Van my aangenaamste herinneringe aan my vyf jaar op Potchefstroom dateer terug na my eerstejaar en die ontgroeningstydperk. Daar was soveel pret! My kamermaat, Piet Aucamp en ek het nooit toegelaat dat dit ons onderkry nie. Natuurlik was ’n deel daarvan vervelig en soms selfs pynlik. Op die ou end het dit ons egter gehelp om mekaar te leer ken, die ou-here en ou-dames te leer ken en tussendeur baie te lag. In ons tyd was daar die Ogpoe, die rooi duiwel, en die skaterlag toesprake in Afrikaans, Hollands en verafrikaansde Tswana. Dit was snaaks verby. Almal wat saamgewerk en saam geniet het, het ontgroening positief ervaar. Diegene wat swaargekry het was hulle wat hulle emosioneel of andersins verset het. My raad aan nuwe groentjies is eenvoudig: “Role with the punches!”