Wapad - 18 Oktober 2012

Page 1

K&V

211

Dosent doen Gaga-impakstudie BRANDGEVAAR 23 OP KAMPUS

18 OKTOBER 2012 / VOL 14

LEES JOU KAMPUS

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

>>

JAARGANG 66

WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD

>>

Coloured students pay extra

Yoof shall not pass! CHRISTIAAN DU PLESSIS

S

Volunteers posing for Wapad in front of Yoof.

FOTO: MARI SCHEEPERS

tudents are buzzing with the news that Yoof is reportedly asking coloured students R50 entrance fee over weekends, while white students only have to pay R10. This increase in entrance fees among black- and coloured students is apparently due to a fight between non-white individuals which broke out in Yoof about two months ago. “We have to pay R50 entrance fee when going with our coloured friends,” reports Valdez Variava, a first-year student. Variava also said that he and his girlfriend were suspiciously refused entry into Yoof. The owner Dirk Grobler said that Yoof’s policy is to charge working individuals with a higher entrance fee than they do students in order to create a more student-like atmosphere.

If you enter with your white friends you pay the same entrance fee.

“Many students who are refused entry are people who have previously caused mischief, and this policy applies to people of all colours,” Grobler reported. He also mentions that not all working individuals are refused entry nor are charged with the higher entrance fee. A second-year student named Keenan McLune contradicts this and says that they still pay a R50

entrance fee regardless of whether they produce their student card or not. “We are not troublemakers,” McLune added. There were other rumours that Bourbons also refuse coloured people. “We do not have a policy regarding entrance. Everyone is welcome,” said George Bothma, owner of Bourbons. Grobler said that he was not aware that Yoof charged higher entrance fees for coloured students but that he would ensure that the bouncers adhere to the policy regarding higher entrance fees for working individuals, and that it would be implemented correctly. Many coloured people report however, that Yoof charges them with the same entrance fees as those of white people and Jerry Motingwe adds that “Yoof is lekker”. Variava incurs that it is actually not as simple as that. “If you enter with your white friends you pay the same entrance fee.”

Batman jaloers op NWU-Puk se solar-batmobile SIMON SONNEKUS Bruce Wayne het verhuis van Gotham City na Potchefstroom. Die Batcave het na die ingenieursfakulteit geskuif en sommiges glo self dat die NWU-Puk die nuwe Wayne-Mansion in Lovers’ Lane oprig. Nee, alhoewel die nuwe batmobile nou tuiste vind by die NWUPuk, bly Batman nog waar hy is. Die bestuurders van hierdie nuwe solarkar is egter lede van die ingenieursfakulteit. Dié span ingenieurs het onlangs

aan die Internasionale Sasol Solar Challenge deelgeneem waar spanne sowat 5200km reg oor Suid-Afrika gery het. Die roete het gesorg dat spanne oor die hele Suid-Afrikaanse Ooskus reis en ’n vinnige pitstop maak in Secunda, Mpumalanga.w Die NWU-Puk span het in hul debuut-kompetisie ’n algehele eerste plek saam met die Tokai-Universiteit van Japan, wat die vorige Solar Challenge gewen het, verower. Die span het ook as klaswenners weggery en het in die kompetisie verskeie rekords gebreek waarvan

twee nasionale en een ’n wêreldrekord was. Die NWU-Pukkar het die rekord vir die verste afstand in een dag behaal en die algehele verste afstand op sonkrag gewen, asook ’n geesprys. Die batmobile van die NWU-Puk span het verskillende nekke vinnig laat draai met die topspoed van 110km/h. Hierdie koolstofvesel-motor wat slegs 280kg weeg, het ’n fenomenale versnelling- van 0 tot 100 km/h in slegs 7 sekondes. Prof. Albert Helberg, dosent en spanleier, het verduidelik dat die konstruksie vir die R750 000 se

GRAFIKA: SW THERON voertuig (een van die goedkoopste in die vloot) eers in Junie begin het. Die batmobile, wat deel is van ’n voorgraadse-projek, is werklik ’n eerste van sy soort.

“Ons het wêreldklas sweeftuigtegnologie vir die aërodinamika van die voertuig ingespan en het geweet ons het ’n wenresep beet,” het Helberg verduidelik.

Kyk

NUUS.INTERAKTIEF

Die Kantoor

Kry jou WAPAD ELEKTRONIES op ons Facebook Page of gaan direk na die webtuiste by issuu.com/wapad.

’n Wapad-realiteitsreeks

Like ons Page “Wapad”

Subscribe by ons Channel “WapadPUK”

Volg ons by “NWUWapad”

Ons bied meer, baie meer. Laai die app ScanLive op jou foon af om die links in Wapad te volg.


2012

VredeFest in Potchefstroom

Atleet breek driesprong rekord

Vanjaar is Vredefest vir die eerste keer in Potchefstroom gehou. Die geselligheid het op die Joolplaas afgeskop en talle studente het hierdie fees, wat vir ’n goeie doel was, bygewoon. Al die fondse was ingesamel om jongmense met kanker by te staan.

Patience Ntshingila het einde verlede jaar die SuidAfrikaanse driesprongrekord van 13.46m gebreek met ‘n sprong van 13.50m, en in die proses die eerste atleet in 20 jaar geword om die rekord te breek.

PUKfm by MTN Radio Awards

Varsity Beker 2012

Die NWU-Puk se radio stasie, PUKfm, het vanjaar twee toekennings ontvang by die MTN Radio Awards. Dit was vanjaar die eerste keer wat PUKfm aan die kompetisie deelgeneem het en was aangekondig as finaliste in nege kategorieë.

Die NWU-Puk span het in vanjaar se Varsitybeker kompetisie vierde plek behaal, nadat hulle in die halfeindstryd 5324 teen TUKS vasgeval het. Die halfeindrondte-uitval was egter ‘n verbetering vanaf 2011, waar die PUKKE sesde geëindig het.

Toneel en Sleeptoneel

Waar is Intervarsity?

Die unieke temas en skerp humor het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet se seerowers het weggestap as die wenners van die konsert met die PUKfm-prys. Soetdorings en Minjonet het die Wapad-prys verower.

Hierdie glans geleentheid het gesorg vir baie vermaak en dit het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet is as wenners van die sleeptoneel aangewys, terwyl Patria en Wag-’n-Bietjie vanjaar se enkeltoneel gewen het.

Vanjaar se jaarlikse Intervarsity tussen die NWU-Puk en die Universiteit van die Vrystaat is afgestel weens omstredenheid oor assosiasie met die NWU-Puk. Die politieke party, SASCO, het ook daarop aangedring dat die wedstryde tussen die twee kampusse gekanselleer moet word.

Laureus senior sterf in motorfietsongeluk

Canvas: Nog geskiedenis in duikweg

André Van Zyl is tragies oorlede naby die Drakenstein restaurant op kampus. Na bewering het die motorfiets die randsteen getref waarna dit teen ’n groot boom gebots het. Van Zyl het nie ’n valhelm gedra nie en dit is nog onbekend of daar alkohol in sy bloedstroom was.

Canvas is vanjaar vir die eerste keer in die duikweg gehou en het bygedra tot al die geskiedenis wat reeds in die duikweg is. Koshuise het die geleentheid gekry om hul merk in die duikweg te maak en VILle REPUtasie het as wenners van Canvas weggestap.

Die Junior Bokke was vanjaar as die wenners van die vyfde jaarlikse Juniorwêreldbeker gekroon na hul 22-16 sege oor verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, op Nuweland.

Excelsior eerstejaars gevang

Van kokke tot vloot-rokke

NWU-Puk-atlete geniet suksesvolle jaar

Met Thabang Makhoang se tragiese verdrinking tydens die vrugtefees het 2012 nie op ’n goeie noot begin nie. Makhoang se lyk is gevind deur ’n koshuis wat na Ratau Lebone die swembad benut het. ’n Onafhanklike ondersoek is uitgevoer, maar daar is egter geen konkrete bewyse van enige kriminele oortreding is gevind nie.

Lat-Wai wen JOOL Laureus en Wag-’n-Bietjie is as vanjaar se JOOL-wenners verklaar na hulle wen-vlot die tema Vrede, Liefde en Kopskote die beste uitgebeeld het. Lat-Wai se vlot het beelde gehad van Moeder Teresa, Ghandi en Osama bin Laden.

Eerstejaarskonsert

Drie eerstejaarstudente van Excelsior-manskoshuis is gearresteer nadat ’n patrollie voertuig gesien het hoe hulle vanaf ’n woning na ’n motor hardloop. Na ’n ondersoek is ’n gesteelde tuinornament gevind. Die drie eerstejaars het op 28 Februarie in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Gerrit Botha sweef in Oostenryk

SPORT

Ratau Lebone eerstejaar verdrink

KULTUUR

NUUS

!"#$%&

Jaar

Baba Bokke vat Juniorwêreldbeker

Heimat Manskoshuis, met hul unieke DStv tema en Heide Dameskoshuis se matrose, is vanjaar as die wenners van kampus sêr aangewys. Die seremoniemeesters vir die aand was Corneels Schabort en Tim Theron van Lagnes.

Die Traumeel NWU – Pukke Atletiekklub het by twee kampioenskappe, die Senior- SA Kampioenskappe en die Yellowpages-Klubkampioenskappe, gespog met uitmuntende atletiese vermoë. Die klub vier atlete met Olimpiese kwalifisering opgelewer.

Grease in Potchefstroom

NWU-Puk1 Netbal kry nuwe afrigter

Gerrit Botha, student van die NWU-Puk, gooi ’n kwalifiserende gooi van 54.1 m (’n Suid-Afrikaanse rekord) by die internasionale Red Bull Paper Wings kompetisie in Salzburg, Oostenryk. Sy poging oorsee is egter nie so vrugbaar nie, toe sy twee kanse buite perke geland het.

Artéma, Alabama Produksies en NWU-Pukkunste het hul kragte saam gespan om die klassieke musiekblyspel vanjaar op die planke te bring. Talle NWU-Puk talent was by die produksie Grease te sien met Alexander Venter en Tammy Aslett wat die hoofrolle vertolk het.

Hombré leiers word dors, toe

Mnr. en Mej. Kampus glansgeleentheid

Na ’n losbandige gang aksie, waar drank misbruik is in Hombré-manskoshuis, is al nege HK-lede van hul pligte onthef waarvan vier, insluitend die Primarius van die koshuis, geskors is. Die vier geskorste leiers kan glad nie meer ’n gesagsposisie op die NWU-Puk beklee nie.

Dié koue aand het gesorg vir ’n vertoning van die mees beeldskone NWU-Puk studente. Die jaarlikse Mnr. en Mej. Kampus is gehou op 7 Augustus. Tydens die funksie is Michael Adamson en Crystal van Niekerk onderskeidelik gekroon as Mnr. en Mej. Kampus.

Sinki Mlambo breek bane

The Life Market

Steinhoff Koshuisliga Rugby

Sinki Mlambo, oud-SR:AKSA en SR-Voorsitter kandidaat, het vanjaar geskiedenis gemaak toe sy as primaria van Oosterhof-vrouekoshuis gekies is. Mlambo is die eerste swart vroueprimaria van ’n NWU-Puk koshuis.

The Life Market het met live entertainment, verkeidenheid kossoorte en ander interessanthede afgeskop in die Snowflake gebou. Joanie Liverage was aan die stuur van sake en volgens haar was die mark ’n groot sukses. “Die mark is hier om te bly,” het Liverage aangevoer.

Nadat Patria die eerste NWU-Pukspan geword het om die Steinhoff Koshuisrugby Kampioenskappe te wen, het hulle hierdie jaar hul plek afgestaan aan Villagers nadat laasgenoemde in die Steinhoff NWU-Pukke Koshuisrugbyeindstrydheid 49-11 met Heimat afgereken het.

Potch se eerste Pride Parade

Straatligkinders straal weer

NWU-Puk Instituut-spanne presteer

Die eerste seksuele aanvaardings veldtog is gehou in Potchefstroom op 28 Augustus 2012. Hierdie veldtog is geloods deur POUT- vereniging. Volgens die Facebookgroep word daar ’n groter veldtog gereël vir volgende jaar.

Na hul laaste vertoning in Centurion twee jaar gelede, het Straatligkinders besluit om ‘n breuk te vat, maar nou is hulle amptelik terug met ‘n splinternuwe song, Duiwel Dans.

Dit was ’n goeie jaar vir NWU-Puk rugby, behalwe vir Ibbies, wat in die eindstryd van hul onderskeie ligas van die Predator-liga gespeel het, en die PUK O/21 span wat daarin geslaag het om hul liga te wen.

Kaalvoet vir ’n doel

Bingle Sêr verskaf vet pret

Sportbekerwenners: HEIMAT en Karlien

Lovers’ Lane het in ’n kleureprag ontvlam met Kaalvoetdag wat verlede week op die NWU-Pukkampus plaasgevind het. Van ballontente tot merkwaardige skuilings wat deur ou klere opgebou is, het oral op kampus gepryk.

Bingle Sêr het vanjaar gesorg vir hope vermaak en daar was baie interessante temas te sien. UitsPATig VERby het weggestap as die wenners met ’n F.A.T. camp tema.

HEIMAT en Karlien het as die wenners van die 2012 Sportbeker in die mans en damesafdelings onderskeidelik weggestap.

Die voormalige SA-studentespan afrigter, Dorette Badenhorst, het aan die begin van 2012 by NWU-Puk netbal aangesluit as die nuwe afrigter van Puk1 se netbalspan.

Olimpiese Spele- Goud, silwer en brons Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span het by die 2012 London Spele ses medaljes huistoe gebring, waarvan drie goud, twee silwer en een brons was.


NUUS

18 OKTOBER 2012

|3

SR-portefeuljes slegs vir etniese-groepe

Wit AKSA-kandidaat COLETTE BOTHA

D

ie Bestuurkomitee van die NWU-Puk het in die verlede twee portefeuljes van die Studenteraad (SR) gereserveer vir ’n etniese minderheidsgroep. Die kwessie onstaan egter of dié reservering regverdig is en of geleenthede dalk van studente ontneem word. Die NWU-Puk poog om ’n transformasie teiken van 70% blank en 30% etniese-minderheid te bereik. Met minderheidsgroep word bedoel ’n groep wat minder as een derde van die studente gemeenskap op die NWU-Puk uitmaak. “Wanneer die teiken bereik is, sal die twee portefeuljes onder andere SR: Aktuele Sake en -Vereenigingsraad, nie meer geserveer wees nie,” het Janco Jordaan, SR-Voorsitter, gesê. Volgens Andrea Viviers, OudAKSA Ondervoorsitter, is dit egter ’n moeilike situasie. “Dit is nie almal se doel om SR te staan nie, maar jy gaan deur die ranks. As ek SR kon staan, sou ek dit oorweeg het, want ek was klaar in die rank.” Sinki Mlambo, oud-SR: Aktuele Sake, voer aan dat die studente raad ’n verteenwoordigende raad is en almal moet deur die struktuur verteenwoordig word. “Ek dink ons studente verstaan die transformasie-doeleindes rondom gereserveerde portefeuljes en kyk nie vas in kleur nie, maar in die bekwaamheid van die leier.” Jordaan voeg by dat die SR transformasie bestuur, en dat dit in hul missie vir die termyn 2012/2013 hervat is. Viviers sê sy is vìr transformasie, maar voel dit kan nie plaasvind as daar iets soos gereserveerde portefeuljes is nie. “Ek en Sinki het verskriklik nou saamgewerk. Ek het saam

FOTO: MARI SCHEEPERS Tafels in die Ferdinand Postma Biblioteek wat ’n nooduitgang blokkeer.

Brangevare betrek alle studente Andrea Viviers se hart lê by hierdie portefeulje maar kan ongelukkig nie vir voorsitter staan nie. FOTO: COLETTE BOTHA

met haar vergaderings bygewoon en ’n paar ander SR-goed saam met haar gedoen. Dit het my half ’n idee laat kry dat ek nader is as wat ek dink en dan is dit sleg om te dink iets beperk my.” Mlambo voeg by dat “niemand in ’n posisie verkies wil word omdat hul ’n sekere velpigment het nie, maar oor regverdigheid en konsekwentheid.” Viviers voel egter verkiesings moet volgens meriete plaasvind, maar noem ook dat as sy vir SR kon staan, sy dit nie noodwendig sou kry nie. “Dit gaan oor die geleentheid

vir my. Ek sou iets unieks na die partytjie toe kon bring en ek dink meer mense sou dan vir AKSA wou staan en verstaan waaroor dit gaan. Dit gaan vir my oor AKSA en nie oor SR nie,” het Viviers gesê. “Ek wil hê mense moet gemoedelik wees oor AKSA, want dit is sò ’n goeie portefeulje en nou moet daar net mense van ’n minderheidsgroep wees en dan is die hele doel van AKSA weg. Ek sal hulle steeds kan verteenwoordig, want ek het ’n passie vir AKSA en ek hoef nie ’n minderheid te wees om hulle te respekteer nie.”

Gee lae klasgelde indruk van swakker onderrig? ANICA SCHEEPERS Die feit dat die Noordwes-Universiteit (NWU) se klasgelde heelwat goedkoper as talle ander universiteite in Suid-Afrika is, is beslis nie ’n mite nie. Beteken dit dat die NWU se onderrig nie op standaard is nie? Kan die NWU steeds spog met topdosente? “Ons wil nie hê daar moet ’n persepsie ontstaan dat ‘goedkoop nie goed kan wees nie’,” is die woorde van dr. Theuns Eloff, visekanselier aan die NWU. Die NWU is alreeds vir ’n wyle bekend vir goeie voorgraadse onderrig– dit sluit al drie kampusse in. Eloff is van mening dat geld geensins ’n rede mag wees om goeie studente van die NWU af weg te hou nie en dat die NWU se hoë standaard juis ’n trekpleister vir goeie studente, asook dosente is. Veiligheid, ’n goeie studentelewe en Afrikaans op die NWUPuk speel natuurlik ook ’n groot rol. Die beste bewys dat die NWU se onderrig op ’n hoë standaard is, is beslis die feit dat die meer-

NWU-SLAAGSYFER

85%

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS

derheid afgestudeerdes binne ’n geweldige kort tydperk ’n goeie werk kry. Volgens bronne in die privaat en openbare sektore word werknemers wat aan die NWU studeer het, hoog geag en word daar met lof oor NWU-studente gepraat. Nóg ’n bewys is die NWU se hoë sukseskoers: die Universiteit spog met ’n geweldige hoë slaagsyfer in 2011 (85%) – onder die top uni-

versiteite in die land. Eloff meen ook dat die tolkdienste in klasse die beste opsie is om Afrikaans en Engels by die universiteit aan te bied. “Dit haal die politieke angel uit taal uit en bevorder Afrikaans as ’n taal van hoër onderwys,” sê Eloff. Op dié manier word integrasie ook in klasse meegebring en word daar nie twee wêrelde tussen rasgroepe geskep nie. Die NWU-Puk is een van die min plekke waar ’n mens steeds jou eerste graad volledig in Afrikaans én op ’n hoë standaard kan voltooi. Meetinstrumente om te verseker dat dosente hoë gehalte onderrig aan die NWU lewer sluit onder meer gereelde studente-evaluerings, die Institusionele Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig, die Rapport Topdosentprys en ander vorme van erkenning soos kontantpryse in. “Ons is wel bewus van ons sterkste kompetisie wat meer geld as die NWU vra, maar ons is ernstig om toegang vir die grootste groep studente moontlik te maak,” sê Eloff.

SIMON SONNEKUS & KIEWIET SCHEPPEL

Voorsorgmaatreëls g

Veiligheidsmaatreëls om brandgevare te voorkom is die verantwoordelikheid van alle partye op kampus. Die NWU het pas ’n brandrisiko-analise op al drie sy kampusse afgehandel met die doel om moontlike risiko-areas te identifiseer. Die analise is deur die Centa Fire Group gedoen. Die bestuurder van beroepsgesondheid en veiligheid (BGV) van die NWU, mnr. Gerrit van Wyk, sê prioriteitsareas wat ondersoek is, is akkommodasie, restourante, laboratoriums en kantore. “Daar bestaan altyd die moontlikheid van ’n brandgevaar soos enige werksplek wat chemikalieë en vlambare vloeistowwe hanteer en as gevolg van die moontlikheid van oorbelaaide elektriese toerusting of swak huishouding. “Elke individu dra egter die verantwoordelikheid om te sorg dat veiligheidsmaatreëls en toepaslike BGV-wetgewing nagekom word om sodoende ’n gesonde en veilige werk- en studie-omgewing te verseker.” Die BGV departement sal toesien dat regstellende aksies in samewerking met munisipale brandweer-departemente uitgevoer word. Ná daar verseker is dat die plekke aan alle wetlike vereistes voldoen word, sal ’n

• Geen verwarmers, herlaaiers en strykysters mag sonder toesig gelaat word nie. • Kamers en stoorkamers moet netjies gehou word. • Geen vure buite goedgekeurde areas nie. • Geen rook in geboue of kamers nie. • Geen brandende kerse in kamers nie. • Geen oorlading van muurproppe nie. • Wees vertroud met noodontsnaproetes en noodprosedures.

brandveiligheidsertifikaat uitgereik word. “Studente moet verstaan dat ons hulle veiligheid eerste stel en ons is toegewy om dit te verseker,” het Van Wyk gesê. Kampuskoshuise sal tot 23 Oktober besoek word om verstellings aan brandtoerusting te doen, asook om regstellings aan brandveiligheidtaktiek te doen.


NUUS

4 |

18 OKTOBER 2012

Begin dit wérklik alles hier?

Nuwe slagspreuk bevoordeel NWU

JEANELLE GREYLING

“Die NWU se nuwe slagspreuk sê die Universiteit is ’n springplank na die realisering van jou drome.” Só het Lindi Cameron, handelsmerkbestuurder van die NWU, gesê. “ Dit begin alles hier ” beklemtoon volgens Cameron die kern van die geleenthede wat tersiêre opvoeding bied. Dit is alreeds deur die NWU se Institusionele Bestuur goedgekeur. Volgens Cameron vereis die verandering nie ’n amptelike persverklaring nie, “Die korrekte prosedures, in ooreenstemming met die bestuursmodel, is gevolg.” Dié besluit het toestemming van die NWU se Institusionele Bestuur ontvang en is op die @ NWU /Twitter/blad bekendgemaak. Louis Jacobs, amptelike woordvoerder en direkteur van Korporatiewe Kommunikasie by die NWU, het boonop met die media daaroor gepraat.

Die hersiening van die NWU se handelsmerk was volgens Jacobs ’n prioriteit vir die Institusionele Bestuur. ’n Ervare paneel van die NWU het ’n bekroonde agentskap, McCann, aangestel om te ondersoek of die huidige slagspreuk verander moet word. McCann het die NWU se inligting, kommunikasie en bemarking bestudeer. “Hulle het besef mense is geheg aan die huidige slagspreuk. Oortuigende navorsing het egter

bewys dat hersiening nodig was,” Cameron het gesê, McCann het die mark analiseer en die neigings van verbruikers bestudeer om ’n rede vir die verandering te staaf. Onderhoude is ook met studente gevoer om ’n algemene opinie oor dié besluit te vorm. Phumzile Mmope, uitvoerende direkteur van Korporatiewe Sake en Verhoudinge, het ’n amptelike voorstel ingehandig by die Insti-

tusionele Bestuur. Behalwe vir die peiling op Wapad se Facebook-blad in September, het Cameron beweer die Institusionele Departement het geen klagtes oor die nuwe slagspreuk ontvang nie. “Alle terugvoer is oorweldigend positief !” ’n Stembus is op 19 September op Wapad se Facebook-blad gehou. 27 uit 37 mense het gestem vir die huidige slagspreuk “ Innovasie deur diversiteit ”. Cameron

het egter beweer “dié stembus is onwetenskaplik, alhoewel kennis daarvan geneem word”. Volgens Cameron is dié verandering nodig: “Dit is belangrik om die NWU oorspronklik en op ’n relevante, kontemporêre manier te verteenwoordig. “Omvattende navorsing het bewys Innovasie deur diversiteit is verouderd en generies. Dit dui op ’n interne filosofie in plaas van ’n ekstern-gefokusde boodskap.”

Skaakmat vir virus CHRISTIAAN DU PLESSIS

Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys.

FOTO: PUBLICEYENEWS.COM

Nuwe lig vir Suid-Afrikaanse akademie SIMON SONNEKUS & BENINE CRONJÉ Suid-Afrika sal binne die volgende twee jaar, twee universiteite ryker word. Die Departement van Hoër Onderwys verneem om twee splinternuwe kampusse in Mpumalanga en die Noord-Kaap onderskeidelik op te rig. Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, het vroeër vanjaar in ’n nasionale vergadering verduidelik dat daar ondersoek gedoen sal word in verband met die moontlikheid van die stigting van hierdie twee universiteite. Volgens die verslag gelewer in Julie vanjaar, verduidelik die Departement van Hoër Onderwys dat die regering besluite geneem het om die stygende aantal skoolverlaters te akkommodeer. In die amptelike verslag word daar verwys dat die aantal aansluitings by universiteite met omtrent 300 000 gestyg het van 603 000 tot 900 000. Met hierdie inligting in gedagte, is daar besluit dat die

Dit is my doel om ’n toename in gekwalifiseerdes te kry in ingenieurswese, natuurwetenskappe asook mens- en dierkunde.

twee provinsies wat tans nie tersiêre onderwysinrigtings besit nie, wel universiteite ontvang. Die Laeveld Landboukollege in Nelspruit, Mpumalanga en CBD van Kimberley in die Noord-Kaap, is die gekose oprigtingsplekke vir die univer-

siteite. Daar is vanjaar R3.8 miljard uiteengesit vir die befondsing van dié universiteite. Volgens verskeie bronne bied dit geleenthede vir studente nader aan hul tuisdorpe om verskeie rigtings soos ingenieuswese, verpleegkunde en landbou te kan studeer. Nzimande verduidelik in die Sowetan van 24 April “Dit is my doel om ’n toename in gekwalifiseerdes te kry in ingenieurswese, natuurwetenskappe, asook mens- en dierkunde.” President Jacob Zuma ondersteun ook die oprigting van die nuwe universiteite in die News24 berig van 5 Julie. Hy beweer dat die universiteite ’n vorm van nasionale trots moet wees. Zuma is soos volg aangehaal in die berig: “Ons is versekerd dat hierdie nuwe universiteite hul plek in die netwerk van hoër onderwysnetwerke sal inneem en aan nasionale behoefte voldoen.” Nzimande het by ’n sakeberaad in Midrand op 11 Oktober 2012 weer die bewering van wie 2 nuwe universiteite bevestig.

’n Rekenaar-virus, wat bekend staan as die “Checkmate”-virus, het studente te midde van eksamen voorbereiding op hol. Daar is reeds sowat 200 gevalle van die virus by Sleutelbord, die IT-instapdiens, aangemeld. “Ek was besig om te werk op Microsoft Word toe my skerm skielik swart geword het. Op die skerm het die woorde: ‘Checkmate’ in blou gevolg,” het Corlia le Roux, wie se rekenaar deur die virus besmet is, gesê. Sleutelbord het egter gerusstellend gesê die virus is eintlik net ’n poets en nie te skadelik vir jou rekenaar nie. Sleutelbord het bygevoeg dat die AVG-2013-program jou rekenaar teen die virus kan beskerm, maar as jou egter klaar is met die virus besmet is, moet jy jou rekenaar liewers na die IT- instapdienste neem. “Die virus het waarskynlik aanvanklik deur middel van flashdrives tussen rekenaars versprei, maar het later by sentrale plekke van die NWU netwerk uitgekom,” het Sleutelbord beweer.

VERWYDER DIE VIRUS: 1. Restart jou rekenaar. 2. Hou aan om F8 te druk terwyl die rekenaar start, totdat jy in die boot menu is. 3. Gebruik die cursor-keys om die “Start in safe mode” te kies met die enter sleutel. 4. Wag tot die rekenaar klaar geboot het. 5. Click op die Windows knoppie, links onder, en dan op “All programes.” 6. Click aan die regterkant van jou skerm die “startup-opsie” en kies open. 10. Delete die “Broankray.exe” lêer. 11. Restart jou rekenaar. As jy steeds sukkel besoekgerus Sleutelbord in gebou F20.


NUUS

18 OKTOBER 2012

| 5

O&B-program meer “ stroombelyn ” gemaak vir 2013

O&B-program gewysig HANNES KRUGER

D

ie Ontvangs- en Bekendstellingsprogram (O&Bprogram) is hersien en sal vanaf 2013 geïmplimenteer word. Die nuwe O&B-program word ietwat anders as in die verlede aangebied om aan die behoefte van eerstejaars se klagtes te voorsien. “Die probleem met die O&Bprogram is dat dit jou verskriklik moeg maak en ’n mens se liggaam raak fisies seer van al die gestappery oral heen,” was baie eerstejaarstudente se kommentaar. “Die O&B-program is meer stroombelyn en ontspanne gemaak. Dit het logistiek só verander dat meer van die aktiwiteite na die eerstejaars toe gebring word, wat toelaat dat hulle minder rond beweeg,” het prof. Rikus Fick, studentedekaan, gesê. “Die program is beter gestruktureerd. Akademie is nou in die een week en studentegedrewe aktiwiteite in die ander week,” het Izelle Mostert, ondervoorsitter van die Studenteraad, gesê. Dit beteken egter nie dat daar minder tyd aan die voorbereiding van die eerstejaarskonsert toegeken gaan word nie. “As huiskomitees hulle tyd wys bestuur, sal daar meer as genoeg tyd wees om vir die eerstejaarskonsert voor te berei,” het Jean Stidworthy administratiewe assistent van die O&B-hersieningskomitee, gesê. Volgens Stidworthy gaan die

Die eerstejaars gaan nou middagetes op die JOOL-plaas ontvang om nie meer so baie hoef te stap nie.

SR praat oor O&B se veranderinge op Youtube Ratau Lebone se eerstejaars op die JOOL-plaas. O&B-komitee vanaf volgende jaar tydens JOOL ook verantwoordelik vir die eerstejaars wees. "Hulle gaan ook middagete op die JOOLplaas ontvang om nie meer so baie hoef te stap nie." Sansha van der Merwe, voorsitter SR:JOOL, reken egter dat die O&B-komitee slegs veranwoordelik is vir eerstejaars tydens die O&B-tydperk en "nié tydens JOOL-week nie". “Die eerstejaarsatletiek-byeenkoms gaan nie meer in die aand plaasvind nie, maar wel in die

oggend. Dit is te gevaarlik vir die mans-eerstejaarstudente om in die aand na die Kenneth McArthurstadion te stap,” het Melissa Bates, voorsitter van SR:Sport, gesê. Volgens Stidworthy gaan daar ook minder amfi-sessies in die aande wees. Waar daar in die verlede drie aande aan Uitvoerende Komitee-bekendstellings afgestaan is, gaan net een aand in die vervolg daaraan toegestaan word. “Die vrugtefees gaan voort en daar is deeglike ondersoek in-

gestel oor hoe om dit veiliger aan te bied. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se onderwater-taakspan gaan tydens die fees in die swembad onder die water waak oor die eerstejaars. Dit is geïmplementeer om te verhoed dat iemand weer verdrink,” het prof. Fick gesê. Volgens prof. Fick en Stidworthy gaan persoonlike-tyd tydens O&B in die aande aan eerstejaars gegee word. Dit gaan tussen 21:30 en 22:00 wees en op Woensdae-aande tussen

FOTO: EMZY VAN DER SCHYFF

21:00 en 22:00. Hulle sê verder dat die predikante slegs op Woensdae-aande besoek by die koshuise gaan aflê en nie meer elke aand nie. “Die sogenaamde speeltyd wat in kampuskoshuise plaasvind, gaan in 2013 deeglik gekontroleer word deur die studentedekaan, SR-voogde en koshuisvaders,” het prof.Fick gesê. “Seniorontmoeting val nie weg nie en gaan net soos in die verlede voort.”

Gee jou graad momentum met die

NAGRGAADSE DIPLOMA in

Dié unieke geleentheid van die POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL bied die volgende: • Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur • Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8) • Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus

• Goeie voorbereiding vir ‘n MBA • Mededingende voordeel in die arbeidsmark • Oopboek- en toegepaste eksamens.

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms! Me Marilize Minné (skakelbeampte) | Tel: 018 299 1412 | E-pos: marilize.minne@nwu.ac.za Kantoor 402, 4e vloer, Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (E3)

PBS

® POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL BUSINESS SCHOOL

POTCHEFSTROOMKAMPUS


6|

NUUS

18 OKTOBER 2012

Kaalvoetdag bly instelling met baie gees CYRIL BLACKBURN

FOTO: ANJA KOCKS Die klere wat ingesamel is toring byna bo die bome uit in Lovers’ Lane.

Lovers’ Lane het in ’n kleureprag ontvlam met Kaalvoetdag wat verlede week op die NWU-Pukkampus plaasgevind het. Van ballontente tot merkwaardige skuilings wat deur ou klere opgebou is, het oral op kampus gepryk. Die Kaalvoetdagstalletjies was amper soos iets uit ’n feeverhaal wat kleur en fleur aan dié Donderdag geskenk het. Kaalvoetdag, ’n projek wat deur die Studenteraad se SJGD-komitee geskep is, probeer studente daarvan bewus maak dat daar baie mense buite die kring van ons alledaagse bestaan is wat nie dinge soos klere en skoene het nie. Terselfdertyd samel die projek ou klere en skoene in wat dan deur die SR:SJGD onder die minder bevoorregtes versprei word. “Ons probeer al die studente op kampus betrokke kry by die projek om te help om klere te skenk aan dié wat nie so bevoorreg is nie. Terselfdertyd maak ons hulle ook bewus hiervan,” het

’n Student wat haar voetafdruk op die groentapyt maak. FOTO: ANJA KOCKS

Juaan Taute, voorsitter van die SR: SJGD komitee, gesê. Die SR: SJGD komitee het gepryk met ’n groen tapyt van begin tot einde in Lovers’ Lane. Studente kon hulle voete in verf druk en afdruk op die tapyt. Hoewel hierdie projek fokus om klere en skoene in te samel vir mense wat dit nie het nie, is dit ook ’n geleentheid vir die dorp- en koshuisstudente om een te word. Van Gesondheidswetenskappe tot Lettere en Wysbegeerte het deel-

geneem om die dag die sukses te maak wat dit was. By sommige stalletjies was daar meer klere as by ander. “Ons samel die klere in en handig dit dan oor aan die SR wat dit versprei onder die behoeftiges,” het Luzanne Keyter, wat betrokke is by die Akademise Studentevereeniging LetWel, gesê. Baie is gedoen om studente wat nie betrokke by die projek is nie, te oorreed om aan te sluit en deel te vorm van die voete wat spore los in ander se lewens. “Daar is baie mense wat nie skoene of klere het nie en vandag het ons baie ingesamel om vir hulle te gee,” voer Cornél Havinga aan, wat betrokke was by die Caritas Privatus-stalletjie. Van die studente is net daar en dan in Lovers’ Lane gemaan om hulle skoene uit te trek, sommiges is natgespuit en ander het ballonne ontvang om die harte te versag. Skoene aan of te not - ’n paar harte gaan warmer slaap met klere wat NWU-Pukke tydens die dag ingesamel het.

Ongelukkigheid oor nuwe NWU-Pukkoor dirigent

Nuwe dirigent woeker met PUK-koor HANNES KRUGER

D

ie nuwe koordirigent van die NWU-Pukkoor, Kobus Venter (25), is vanjaar met valkoë deur koormusici -en kritici dopgehou. Die vraag of hy prof. Awie van Wyk se diep getrapte spore volstaan, is krities ondersoek. Aan die einde van 2011 het prof. Van Wyk ná 36 jaar as dirigent van die NWU-Pukkoor afgetree. Daar moes dringend ’n plan gemaak word om ’n nuwe dirigent aan te stel en daar was nie tyd om aansoeke oop te maak vir die pos nie. Venter is toe genader om die koor in 2012 af te rig.

“My aanstelling is tydelik en ek weet nie of hulle vir my ’n permanente aanstelling sal gee nie. Hopelik kan ek volgende jaar nog die koor afrig,” het Venter gesê. “Kobus is nog tydelik aangestel vir volgende jaar en sal moontlik in die toekoms permanent aangestel word,” het Horst Bütow, direkteur van PUK-Kunste, gesê. Venter is tans akademies ’n eerstejaar-musiekstudent met sang as hoofvak. Studente wat graag anoniem wil bly het aan Wapad vertel dat hulle nie deel van die koor wil wees nie omdat hulle “nie seker is van die nuwe dirigent se bekwaamheid” nie. “Ek weier om in die NWU-Puk-

koor te sing as prof. Awie nie die dirigent is nie,” het ’n student gesê. Venter meen egter dat almal iewers moet begin. “Ek moet nog baie ervaring opdoen en elke dag is ’n leerskool. Prof. Awie was 27 toe hy die koor oorgeneem het en ek is nou 25.” “Kobus Venter is uniek en hoogs begaafd. Hy het 'n natuurlike aanvoeling vir musiek. Boonop kan hy goed kommunikeer en het 'n slag met die mag van suggestie. Kobus is hardwerkend, baie slim, werk akkuraat, vinnig en effektief,” het prof. Van Wyk gesê.

Ek weier om in die koor te sing as prof. Awie nie die dirigent is nie FOTO: FACEBOOK Prof. Awie van Wyk. “Dit was regtig lekker om hier die jaar vir Kobus te kon sing. Wat lekker is, is dat hy self nog jonk is en die lewe van ‘n student verstaan,” het Celia Schröder gesê, die nuwe voorsitter van die koor. Die voormalige voorsitter , Dan-

iel Engelbrecht, meen dat Venter nog een van die groot name in die koorwêreld van ons land gaan word. Hy is verder van mening dat prof. Van Wyk en Venter altwee baie goeie koordirigente op verskillende maniere is.

“SUMMER IS HERE” Join us for cocktails on the STOEP! Ice Cold Margarita & Strawberry Daiquiri ONLY R20.00 Pina Colada, Mojito, On the Beach R33.00

•Student Breakfast still only R 19.00 •Coffee R 10.00 •Rib Patty Burger & Chips R30.00 Follow us on face book and at www.cafefiori.co.za

Drie maniere om hierdie rokkie te dra

Café Fiori, located on the corner of Steve Biko & Borcherd Street, Bult

Tel: 018 297 0708

MODEL: CARLI HERBST FOTO’S: MARI SCHEEPERS ANJA KOCKS

Kort voor lank


NUUS

18 OKTOBER 2012

Wêreldnuus

Kortliks

SAAMGESTEL DEUR HELGAARD ERASMUS CHINA

Die duur prys van ’n iPhone Duisende werkers by die elektroniese reus, Foxconn, se iPhone fabriek in Zhenzhou, China, het voorverlede week in opstand gekom. Volgens China Labour Watch (CLW), ‘n bepleitingsgroup vir Chineese werkers, is werkers ontevrede nadat “té streng eise” vir die produksie van Apple se nuwe iPhone 5 gestel is. Werkers het volgens CLW geskille gehad met inspekteurs wat in sekere gevalle tot geweld gelei het.

VSA, TEXAS

Hande teen die muur ‘n Wrede ma van Dallas, Texas, is tot 99-jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar tweejarige dogter se hande teen ‘n muur vasgeplak het met Superglue. Elizabeth Escalona (23) het klein Jocelyn Cedillo ook in die maag geskop en met ‘n beker geslaan. Jocelyn het bloeding op die brein, ‘n gekraakte ribbebeen, verskeie kneusplekke en bytmerke opgedoen.

ETHIOPIË

Suid-Afrikaner neem leisels by AU Suid-Afrika se Minister van Binnelandse Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Maandag haar termyn as kommissie-voorsitter van die Afrika Unie (AU) van stapel gestuur. Haar aanstelling is met ‘n oorhandigingseremonie by die AUhoofkwartiere in Addis Ababa gevier. DlaminiZuma het oor haar voorganger, Jean Ping, in Julie vanjaar geseëvier. Die 63-jarige neem oor terwyl die AU ernstige kwessies in die gesig staar soos Islamitiese militante in die noorde van Mali en ‘n groeiende rebellie in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo. SUID-AFRIKA

INDONESIË

Houtbaai bootramp

SA vrou vas oor tik

Twee mense het Saterdag verdrink toe ‘n bootrit na die bekende Robeiland naby Houtbaai in ‘n ramp ontaard het. John Roberts(37) en Peter Phillip Hyett (64) het verdrink nadat die Miroshga, ’n boot met 39 passasiers aan boord, omgeslaan het. ’n Professionele swemmer en ’n groep perlemoenstropers was onder die helde wat tientalle mense uit die ysige see gered het.

Kathlyn Dunn (28) is verlede Donderdagnag gearresteer by die Lombok Internasionale Lughawe vir die dra van 2.6 kilogram tik in haar baggasie. Volgens West Nusa Tenggara provinsie se plaaslike dwelmeenheid hoof, Snr. Kmdt. Ricky Simon, staar Dunn verskeie aangklagtes in die gesig wat die doodstraf dra ingevolge Indonesië se Dwelmwet van 2009.

uitsPATig VERby

Sleepname

2012/2013

DE WILd om te WAG

Bellatrix Damesdorpskoshuis

Villagers Mansdorpskoshuis

Va va vOOm

“Beste sportkoshuis op die Puk”

Primarius - Zak Fourie: 083 389 2337 Werwings HK - George Lyon: 084 299 4916 Villagers kantoor: 018 299 2838 www.puk.ac.za/koshuise/villagers

“‘n Kampuskoshuis in die dorp”

Vol-TRIX-Jäh

THABA - JÄH

Primaria - San-Mari Erasmus: 082 827 0259 Werwing Hk-lid - Arzaan Badenhorst: 082 463 4678 Bellatrix Kantoor: 018 299 2841 www.puk.ac.za/koshuise/bellatrix

Manskoshuis

REUSe parEIKie

WAN-Dis-PURfek

VOOR jy my STEEL

KabHOMe

NET-jHEIT-my-hart

TAUtally gevHEI

CAPit LAf

SO IN-spy-RINGS

REVElusie

No Guts No Glory Over de voor 2009/2010

EXCEL-LIEN-si

Small step, giant leap KOBUS OLIVIER On the 14th of October Red Bull Stratos pushed the limits of what is known, when Felix Baumgartner leapt out of a capsule situated 39,045 kilometres above the surface of the earth. Whilst tumbling towards the ground, Baumgartner broke three World Records. The jump had previously been scheduled to take place on the 11th of October, but had to be postponed due to unstable weather conditions. Baumgartner was taken up to his jump height via a helium filled balloon. Once inflated, the balloon stood as tall as a fifty-five story building. Baumgartner was enclosed in a pressurised capsule for the duration of the ascent. He wore a pressurised suit and helmet to protect him from the harsh conditions in the farthest reaches of the earth’s atmosphere, which include temperatures below -40°C. During the freefall - which lasted 4 minutes and 19 secondsBaumgartner became the first person to break the speed of sound, reaching an estimated 1, 342.8 km/h. The 43-year-old Austrian skydiving expert now also holds the World Record for

@

FOTO: GHANANEWSAGENCY.COM

the highest freefall and highest manned balloon flight. The total jump time was estimated at 9 minutes 3 seconds. Assisting with the jump was retired United States Air Force Colonel Joseph Kittinger, who had previously held the record for the highest skydive at 31, 332 kilometres. When asked prior to the jump how he would feel if Baumgartner broke his record he said, “I would be delighted. It’s a new step”. Kittinger still holds the record for the longest freefall. After the jump, Baumgartner said at a news conference: “When I was standing there on top of the world, you become so humble, you do not think about breaking records anymore, you do not think about gaining scientific data. The only thing you want is for you want to come back alive.”

|7

Chatz Cellular Potchefstroom Preferred Vodacom Sales Experience Vacancy For:

1. Sales Consultants 2. Admin Official 3. Product & Data Specialist

Compulsory:

• Experience in Sales & Customer Interaction • Basic Computing Skills • Fluent in English and Afrikaans

Potential Basic salary of between R3000 – R7000 Excluding Commission. Applicants must be highly motivated & success driven. CV’s must be emailed to: fuad.amie@vodacom.co.za


NUUS

8|

Diploma verbreed jou horisonne ADVERTENSIE Die eerste vraag wat voornemende studente vra wanneer hulle meer inligting oor die Nagraadse Diploma in Bestuur wil bekom is: “Kan ek dié diploma doen al het ek nie ’n B.Com graad nie?” Ja, want enige voorgraadse kwalifikasie word aanvaar wanneer jy vir die Nagraadse Diploma in Bestuur aan die Potchefstroom Besigheidskool aansoek doen. Die diploma se kursusinhoud is baie praktykgerig en van die studente wat deeltydse poste beklee, ervaar dat hulle reeds baie ondervinding opgedoen het, al is dit net op teoretiese gebied. Die Nagraadse Diploma kan ook as ’n tweede opsie vir ’n honneursgraad oorweeg word en is gelykwaardig aan ’n honneurskwalifikasie. Gekwalifiseerde persone soos onder andere ingenieurs, rekenmeesters en ander professionele persone vorder gewoonlik vinnig in hulle loopbane tot op die vlak waar bestuursbesluite van hulle vereis word. Aansoeke het reeds geopen vir 2013. Studente wat die keuringsproses slaag, leer mekaar beter ken tydens ’n informele openingsbraai op 30 Januarie 2013.

Eet en drink op 14 temas JEANELLE GREYLING JOOLympics behels fietsry, boeresport, pot en pons. Overalls, worsbroodjies, bier en Brutal Fruit slushies het dié geleentheid soveel soeter laat smaak. Die Pot-en-Ponsstalletjies was uiteenlopend en interessant – om die minste te sê. Caput-eerstejaar, Stefan van der Schyff, het gesê, “Die ure is lank, maar dis lekker om die eind resultate te sien”. Caput en La Varia het ’n hoenderpot en cabarinja as deel van hul Meksikaanse tema vir die beoordelaars voorberei. Benjamin Lombard, Veritas se Jool HK-lid, het gesê sy baard is spesiaal vir hul Billy’s Mechanixtema gegroei. Veritas en Huis Republiek het selfs ’n speletjie aangebied: ’n toiletsitplek moes oor die teiken - ’n houtpaal - gegooi word. Die wetenskaplikes van Patria en Vergeet-my-Nie se Coollaboratory het na die Tuin van Eden gereis ná ’n projek verkeerd geloop het. 'n Student hard aan die werk met 'n Pot-en-Pons-stalletjie. “Die beoordelaars gooi hul FOTO: ALDA BRONKHORST eie pons in proefbuise. Daar is

NWU maak beursie oop vir SSA MIZAN VAN DER MERWE Die Noordwes-Universiteit het nie sy geld in die spreekwoordelike water gegooi toe hy aan 25 swemmers van Swem Suid-Afrika (SSA) ’n vroeë kersgeskenk gegee het nie. Die Universiteit het R360 000 geborg sodat dié swemmers in Desember aan die Wêreldkortbad-kampioenskap in Istanbul, Turkye, kan deelneem. Die borgskap word verdeel in R14 400 per swemmer en sluit ontspanningsdrag en sportsakke in. In die Beeld van 12 Oktober het prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Puk, gesê, “die span se sukses by vanjaar se Olimpiese Spele spreek van uitnemendheid,” en dat hulle ons baie trots gemaak het met hul deelname aan die Olimpiese Spele en behoort ondersteun te word. Die span wat die borgskap ontvang het, sluit onder andere die Olimpiese kampioene Chad le Clos en Cameron van der Burgh in, maar daar is eg-

18 OKTOBER 2012

Die span wat die borgskap ontvang het sluit onder andere die Olimpiese kampioene Chad le Clos en Cameron van der Burgh in

ter ook ander minder bekende swemmers wat nie in die “ geld swem ” nie en volgens Volksblad (15 Oktober) “probleme met die ekstra uitgawes sou hê”. Volksblad het in ’n berig gesê die swemspan sal omtrent R8 000 elk vir reis- en verblyfkostes moet opdok vir die vyf dae van die kampioenskap. Volgens Beeld het mnr. Jace Naidoo, SSA-voorsitter, gesê: “Dit is nie lekker as die atlete wat bygedra het tot die land se sukses en so hard gewerk het weens geldelike probleme nie kan deelneem nie.”

selfs sherbet wat die pons aan ’n eksperiment herinner,” het Magda Niewoudt, Vergeet-My-Nie se Jool HK-lid, gesê. Die Arabiese Karlien en Excelsior het hubbly gerook en die beoordelaars het hul kerrie-lampot op die grond geniet. Hul pons het onder meer uit druiwe en lemonade bestaan. “Dit is om die pallet skoon te maak na die kerrie-lam,” het Bonnita Becker, Karlien se Jool HK-lid gesê. “Ons het net R500 spandeer.” het Rini van Vuuren, Dinki se Jool HKlid, van hul Fourth of July-tema se uniekheid gesê. “En wie is nié getoor met Amerikaanse muscle cars nie?” Oktober vakansie se treintoer was die inspirasie vir Eikenhof en Laureus se stalletjie. Benro Naudé, Laureus se JOOL HK-lid, het gesê die spanwerk was onverbeterlik: “Die vroue sorg vir al die klein details waar sonder dié projek nie sou werk nie”

Laat dit net uit, wees vry KEVIN DU PLESSIS Poep. Een honderd persent van mense doen dit en steeds bly dit onaanvaarbaar. Die samelewing het ’n baie snaakse manier van funksioneer. Vir my is dit nie ’n probleem nie en daarom is ek ook nie skaam om daaroor te praat nie. Hier is tien van die snaakste poep-oomblikke: “Dit was die stoel wat so gemaak het!” Néé dit was nie. Eerstens was dit nie ’n leerstoel gewees nie en tweedens: hoekom stink dit? Dit help nie regtig om skielik te wil hoes om die geluid te demp as jy reeds die wind gelaat het nie. Almal het jou reeds gehoor. Die populêre sê-ding van “eerste geruik het die gaatjie gebruik” is bog. Ek weet en jy weet almal bly maar stil en hoop niemand ruik dit nie. ’n Beter opsie sal die Engelse een wees: “He who denied it, supplied it”. Dan is daar natuurlik my ma se gunsteling een: Die Ninja-poep. Hierdie knertsie maak geen knal. Dit is bloot ’n ontsnapping van geurige wind wat groen sou wees as dit ’n kleur

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS sou gehad het. Die senuwee-poep. Dis daardie baie eienaardige oomblik wat jy per ongeluk een laat lui, skrik vir hom, wat dan veroorsaak dat jy hom afknyp met ’n hoë fluitgeluid. Dit het nou nog nie self met my gebeur nie, maar ek het al gesien dat iemand homself wakker poep. Dít is awkward, want hulle dink dis jy wat ’n geraas gemaak het en kyk jou dan met die buffelsoog aan. Dis ’n vuurwarm, aaklige sensasie reg tussen die boude. Dié poep het so ’n hoë digtheid dat jy voel dit is ’n fisieke wolk wat om jou dryf. Jy hardloop sélf vir hom weg, maar steeds agtervolg hy jou.

Hoe weet jy jy is goeie vriende met iemand? Sodra een van julle die eerste stinker gelos het, julle saamgelag het, en dan begin kyk wie kan die hardste een los. Tot iemand anders in die vertrek instap en braak. Party van ons het al daarvan gehoor, en selfs minder van ons het dit al ervaar, maar die ou “oepsiepoepsie” is nie ’n mite nie. Jy weet wat het Dog gedoen? Hy het ’n veer geplant, toe poef hy in sy broek. Wapad sê: “Neem eienaarskap van jou winde.” Wees trots op jou brand, druk jou neus onder die kombers en neem hom in voor iemand anders hom gaps.


Kuns Vermaak

aKING CD give-away

211 The Plastics gee vier kaartjies weg

Kind Hamlet Ubu en die Secrecy Bill

Op Dees Aarde

KEVIN DU PLESSIS & KOBUS OLIVIER

S

210

uid-Afrikaanse teater in die “Era van die Feesgangers”, soos wat Kind Hamlet vir sy gehoor uitwys, is vol kaal mense en baie sensasie. Maar die Potchefstroom-sale met Aardklop bly vol en die gehoor bly gelukkig met ’n string opwindende stukke. Die eerste verskynsel wat uitstaan is Christiaan Olwagen se “Politik”-trilogie wat almal aan die praat gehad het tydens Aardklop. Die eerste een van die drie is die wulpse feministiese kabaret wat in glans, klaterkoud en skitterblink skrapse nommertjies uitgevoer is, Vagina Dentata. Hierdie musikale satire is gewaagd, tongin-die-kies en kyk na die unieke stories van die Suid-Afrikaanse vrou. Die geselskap het die gehoor aan hulle, hoes-hoes, lippe, laat hang en ja, dit was “F*cking political”, maar ver van vervelig af en absoluut briljant uitgevoer.

Woza Andries?!

Vagina Dentata

FOTO’S: TEATERTEATER.COM

Oorsig van Aardklop teaterstukke

Blik op SA-teater Die tweede stuk is Woza Andries?!, gebaseer op die protesteaterstuk Woza Albert!. Dit het verskyn op Beeld se voorblad omdat daar 22 mense uitgestap het met sy eerste vertoning. Dit het as gevolg van die feit dat Christus se wederkoms uitgebeeld is in die vorm van ’n bruin dame wat later ’n grusame verkragtingstoneel deurgaan. “Dit is vreeslik visueel, maar ek verstaan wat hulle probeer doen. Miskien is dit omdat dit so na aan die waarheid is dat dit my so aanraak,” het ’n vrou huilend aan Beeld gesê. Hoewel dit nie ’n swak stuk is nie, is daar oomblikke wat die gehoor onderskat word en waar die illusie gebreek word met min sukses. Die laaste aflewering van die trilogie, Ubu en die Secrecy Bill, is ’n politieke satire oor waarheid en leuens en ’n studie in korrupsie. Dit is ’n uiters tegniese teks wat merkwaardig uitgevoer is en baie inligting bevat. Hierdie stuk

Oor die algemeen is die teaters nog vol, hoewel dit lankal nie meer iets is wat in kerksale uitgevoer kan word nie GRAFIKA: TEATERTEATER.COM gee die gehoor koue rillings om te dink hoe baie raakvat politieke kommentaar gelewer is. Wessel Pretorius, ook ’n ster in die “Politik”-trilogie, vaar uit op die proses van grootword in ’n monoloog getitel “Ont-”. Hy wag die gehoor in binne ’n skottelbad en begin die stuk deur per ongeluk sy testikels aan die gehoor te flits. Nietemin is dit uitstekende toneelspel en die gehoor kon baie tevrede wegstap. Kind Hamlet is deels dokumentêr, deels ode; dog volkome teater. Hierdie stuk is ’n blik op Suid-Afrikaanse teater en lei die

gehoor tot ’n beter insig van wat die bedryf geword het van toeka tot nou. Dit stel interessante kontras tussen oud en jonk, klassiek en modern, en die reis van die akteur van vakman tot kunstenaar. Die stuk Op Dees Aarde is uitgevoer as ’n huldeblyk aan Reza De Wet wat vroeër vanjaar oorlede is. Dit is gedoen met die tipe toneelspel wat ’n mens kan verwag met enige iets gekoppel aan so ’n groot naam in die bedryf. Babbel, die derde van sy soort buitelugteater by die fees, bied ’n skokkende en ultra oorspronklike uitkyk op die moontlike apo-

kaliptiese toekoms van die mensdom. Net soos Ubu en die Secrecy Bill laat dit jou koud na die tyd as gevolg van die waarhede wat aange- raak word. Soos met enige teatermaraton is daar ook teleurstellings. Vir Wapad was dit die swak uitvoering van die stuk Die Rebellie van Lafras Verwey, sowel as die lomp en cliché-teks Af. Oor die algemeen is die teaters nog vol, hoewel dit lankal nie meer iets is wat in kerksale uitgevoer kan word nie. Dit gaan goed met Suid-Afrikaanse teater. -Bron: teaterteater.com


10 |

KUNS EN VERMAAK

18 OKTOBER 2012

Alanka is beroemd

18 Oktober - 10 November

MIA JORDAAN

Alanka Craffert van die department PUK-Kunste en voormalige SR: Kunste, is besig om vir haarself ’n naam te maak langs internasionale sterre. Dié NWU-Pukstudent is tans in die Kaap by Cape Town Film Studio’s, besig om aan die fliek, The House Party: Tonight's the Night, te werk. Die fliek gaan oor twee hoërskoolseuns, Chris (Tequan Richmond van Everybody Hates Chris-faam) en Dylan (Zac Goodspeed) wat besluit dat hulle eendag bekende rappers wil word en hou die grootste huispartytjie in die skool se geskiedenis - terwyl hul wag vir die talent scouts om op te daag. Craffert speel die rol van die skaam muurblommetjie, Precosious, wat die liefde van haar lewe by dié huispartytjie ontmoet en haarself “transformeer in 'n wulpse karakter”. Die fliek gaan sover nog net beskikbaar wees vir televisie en DVD, maar volgens Craffert is Warner Bros baie optimisties.

for those about to

19 October Memphis Rock Thundermerwe Winterstasie Hammer of Redemption

Daardie awkward oomblik wanneer...

PUKKOOR

Een sleep alles wen

20 Oktober G20 NWU-Pukkoor 15:00

Patria en VMN in aksie by die Bingle Sêr waar hulle die kompetisie uitgestof het in al drie kategorieë

25 Oktober Memphis Rock The Narrow

ELPHIA BAARD

K

oshuisinwoners, familielede en vriende het met vele hoop en verwagtinge hulle onderskeie koshuise kom ondersteun vir vanjaar se Bingle Sêr. Die tema vanjaar was “Dit wat kon wees.” Die algehele wenners van Bingle Sêr 2012 is as volg: Vergeet-mynie en Patria in die eerste plek met hulle F.A.T. camp-tema, die weeskinders van Heide en Ratau Lebone in die tweede plek, en

THE LIFE MARKET 3 November Snowflake The Life Market

for those about to

9 November Memphis Rock Deity's Muse Dave van Vuuren

MARLI OOSTHUIZEN

wil net baie dankie sê aan Precision drukkers wat ons geborg het met merchandise. Gebruik hulle vir al jou design, druk, bemarking en fotografie benodighede.

“Dis net treinkeer eentoer,” soos Veritas sal sê. Dis weliswaar ’n ope vraag of daar weer ’n treintoer van dié aard gaan wees, maar vir die meeste mense was eenkeer meer as genoeg. Die toer het heel anders afgeskop as verwag. Eers is daar heelwat langer op die trein gewag as beplan, maar toe die trein uiteindelik opdaag, het die stasie soos die agterkant van Yoof (Bruinmense het nie R50 betaal nie) gelyk op ’n Sondagoggend, wat ’n positiewe teken is vir die algehele gees waarmee die trein ingewag is. Baie verhoudings is op ’n multikulturele-vlak gebou toe die trein nie eksklusief of leeg was nie, maar ’n openbare trein van dié soort waarmee mense ry wat nie vliegkaartjies kan bekostig nie. Die trein is egter gou omskep tot die Bult in die voorste trokke,

Vir ALLE besigheids

drukwerk en branding!

jou

“"1-oSstsoinpg"!! opl

Authorized Dealer 082 758 1232

spyte van negatiewe terugvoer in 2010 oor die kwaliteit van die klank in die Amfi-teater. Omdat 'n Afrikalied hierdie jaar 'n voorvereiste was om transformasie en integrasie aan te moedig, het koshuise baie druk ervaar om die uitspraak van die tale reg te kry. Vergeet-My-Nie en Patria het uiteindelik 'n kontant- prys van AKSA ontvang vir hul uitstekende verwerking van hul Afrikaliedjie. So kom nog 'n suksesvolle Bingle Sêr tot 'n einde en nou is dit iets van die verlede...iets wat was.

Daar was lente in die Boland

10 November Memphis Rock Smokehouse, Jet Black Camaro Float Parade

FLYER LAB

Wag-'n-bietjie en De Wilgers met hulle Japanese-tema in die derde plek.Melding moet van Bingle 2012 se verassingspakkie PukDorp en Wanda gemaak word. Hulle uiters kreatiewe konsep van ‘n kunsmuseum het nie net guns by die gehoor gewen nie, maar duidelik by die beoordelaars ook. Die kompetisie was soos ouder gewoonte in die ouditorium gehou met die uitsondering van 'n vertoning na die Amfi-teater vanaf die Totius geskuif is, ten

“Like” us on

Precision

Precision Design

082 758 1232/ 018 293 2187/ design@precisiongroup.co.za Design • Print • Marketing • Photography • Distribution

NWU-Pukke saam by 'n Amarula-proe.

en River in die agterste kompartemente. Die amptelike blyplek was skoolkoshuise in Villiersdorp - ’n vinnige twee ure se ry van Stellenbosch en enige vorm van lewe af. In Stellenbosch is daar ’n eenvoudige skedule gevolg van wyn-

FOTO: MARI SCHEEPERS

proe en vrolik raak in die oggend, whiskey proe en moeg raak in die middag en uitgaan en dans in die aand. Tollies en Springboks (Engelse uitspraak) was die tuiste van almal wat graag skud, Bohemia ’n heenkome vir almal wat eerder goeie musiek en ’n rustiger

atmosfeer geniet en die 22:00 bus terug Villiersdorp toe; ’n veilige hawe vir almal wat nie meer kon byhou, uithou of inhou nie... Die treintoer het afgesluit as ’n bustoer waartydens daar maar min verhoudings gebou is. Vakansieromanses het verflou soos wat Potch en daardie meisie met wie jy soortvan iets aan het al nader kom. Gemoedelikheid tussen koshuise het vervaag soos wat die drank uitgewerk het en moegheid ingeklim het. Veilig terug in Potch het die meeste mense gaan uitrus en met hul nuutgevonde kennis gaan spog in Aardklop se wyntuine en ander plekke wat nie wyn verkoop nie. Dié mense is ’n goeie voorbeeld van die tipe mense wat op die toer was. Mensemense. Lekker mense. Uiteindelik was die 2012 treintoer ’n reuse sukses as jy een daarvan gemaak het en is daar net een ding oor om te sê: M-A-T-IE-S, PUKKE, PUKKE!

aKING spog met spesiale uitgawe ANICA SCHEEPERS Vir die nuuskierige aKING aanhangers gaan die album The Red Blooded Years Special Edition – wat ’n voorsmakie van hul vierde album sal bied – in die nabye toekoms vrygestel word. Diegene wat nie gou genoeg kon spring om aKING se album Red Blooded Years in die hande te kry nie, kan nóú voordeel trek uit dié spesiale album met twee nuwe potensiële treffers wat in middel Oktober beskikbaar sal wees. Die lede van aKING meen dat hul nog nooit van tevore ’n spesiale uitgawe van enige van hul albums vrygestel het nie en hul dus besluit het om dié spesiale uitgawe vry te stel. “Dis basies soos ’n eenjaar an-

Wapad gee ’n getekende CD van The Red Blooded Years Special Edition weg. Plaas jou gunsteling aKING-oomblik op Wapad se Facebook-blad én tag aKING daarin. -18 tot 23 Oktober Laudo Liebenberg, hoofsanger.

niversary album,” het die lede van die band gesê. Die twee nuwe snitte wat op die album sal verskyn is Wild Child en Jezebel – albei gedryf deur twee interessante en unieke lewensverhale – wat deur aKING self vervaardig is. Wild Child gaan in kort oor die onverskillige gedobbelry met die lewe en geliefdes wat 'n persoon tydens sy/haar jeug ervaar. “Jezebel is ’n song wat gaan oor

liefde wat suur word nadat albei persone soveel daarin belê het,” sê Laudo Liebenberg, ’n lid van aKING. Al die musiek video’s van The Red Blooded Years sal op die album verskyn. Johnny de Ridder het ook deel aan hierdie spesiale uitgawe met ’n remix van All in the Wind. Met die aankoop van dié album sal elkeen ’n heerlike bonus ontvang: ’n geskenkbewys van Adidas.


KUNS EN VERMAAK

18 OKTOBER 2012

| 11

Dosent doen impak studie

SA gaan Gaga

LIZANNE LOOTS

S

tefani Joanne Angelina Germanotta(26), beter bekend as Lady Gaga, is amper in Suid-Afrika. Dié sangeres wat met die nag wil trou se besoek aan SA is maar een stop op haar wêreldtoer, Born this way. Sy beplan om twee optredes te doen in die tyd wat sy hier is. Die eerste optrede is 30 November in Johannesburg. Gelukkig val dit nie in die eksamentyd nie. Haar volgende optrede, wat dan haar laaste optrede in SA sal wees, vind op 3 Desember in Kaapstad plaas.

Volgens 'n impakstudie wat professor Melville Saayman oor Lady Gaga gedoen het, word verwag dat die omset vir beide konserte in Johannesburg en Kaapstad min of meer sal vergelyk met dié van Coldplay. Die ekonomiese gevolge van haar konserte beloop as volg: Die konserte sal ’n totale direkte besteding van R50 miljoen tot gevolg hê. Die totale produksie waarde daarvan behoort uiteindelik R70 miljoen te wees. Dis geen verrassing dat Lady Gaga se kaartjies lankal reeds uitverkoop is nie. Meer as 100 000 mense sal die konserte bywoon. “Wat hoogs uniek van haar vertonings is, is die feit dat sy ge-

reeld van kostuum verander en dat daar heelwat choreografie betrokke is,” het Saayman gesê. Aangesien sy in SA gaan wees, wonder 'n mens hoe sy sal lyk met 'n uitrusting gemaak van biltong en boerewors. “Haar optredes behoort 'n heel nuwe ervaring vir die Suid-Afrikaanse gehoor te wees, ” het Saayman gesê. Hierdie toer van haar het ook al verskeie opslae veroorsaak. Volgens The Jakarta Post, is sy verbied om in sekere lande soos Indonesië en Jakarta op te tree. Daar is groot opgewondenheid oor die Lady wat Suid-Afrikaners met haar gaga gaan beFOTO: PINTEREST.COM

Grafiese studente dorings by Pendorings MIZAN VAN DER MERWE Die NWU-Puk se grafieseontwerp studente het behoorlik die Universiteit se naam hoog gehou tydens die jaarlikse Pendoring Reklamekompetisie. Die Noordwes-Universiteit het ook trots by die 32ste Loerie-toekennings met drie bronstoekennings en ’n sertifikaat vir studentevernuf weggestap. Natasha Prinsloo, ’n vierdejaar BA-Grafiese Ontwerp student van die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus, het ’n goue Pendoring toekenning in die afdeling Studentevernuf asook die algehele studenteprys (ver-werf) vir haar reklameveldtog Blink Stefanus Motorbykomstighede. Natasha Prinsloo, Michelle Bruwer, Nadia Jansen van Vuuren en Ilse Viljoen het ook ’n goue Pendoringtoekenning ontvang vir hulle geïntegreerde veldtog Selfliefde vir die Vredefest organisasie. “Die projek was suksesvol om-

Grafika: Deel van Natasha Prinsloo se ontwerp wat 'n goue Pendoring ontvang het.

dat dit ’n unieke approach tot bors-en testikulêre- kanker was met betrekking tot die konsep van selfliefde,” het Prinsloo gesê. Adriaan Esterhuizen verwerf ook ’n silwer Pendoring vir sy stopanimasie televisie advertensie Agter Vensters in die tradisionele media-kategorie.“Ons is

FLIEK TOMAAN ELPHIA BAARD

FOTO: VERSKAF

Heerlik benoud in Afrikaans Was dit nou ’n besonderse ervaring om vir twee ure lank heerlik benoud in Afrikaans te wees. Wolwedans skop af met beloftes van onheil danksy tonele deur Tom Marais die kinematograaf. Jy voel die bedompigheid van die woud aan, die fluisterstemme, voetstappe wat kraak op die blaarbodem van die woud, trane, die kap van ’n byl en geheimsinnige persona’s neem die kyker op ’n visuele- en verbeeldingsreis.

Die kamera- en regiewerk is van uitstekende gehalte. Die kyker word vervleg en deurweef aan die karakters en hulle lot. Die vloei, klankeffekte en simboliek van die tonele word verbind aan mekaar om egtheid aan die gebeure te verleen, alles geslaagde tegnieke om die gevoel van ’n riller te skep. Die fliek bevat interessante karakters, ou gesigte en nuwe talent. Rolanda Marais (Sonja Daneel) vertolk

altyd baie trots daarop wanneer ons studente presteer. Dit is ook baie bevredigend wanneer die hoeveelheid toewyding en baie laat nagte wat ons studente insit, beloon word,” het mnr. Richardt Strydom Grafiese Ontwerp dosent van beide projekte wat die goue Pendorings ontvang het gesê.

As jy jouself ’n fakkeldraer vir Afrikaans ag en wil ervaar hoe ’n nuwe genre in die Afrikaanse filmbedryf gebore word, gaan kyk dit nou. die hoofrol uitstekend. Die storielyn voel deurmekaar en asof dit stadig ontknoop aan die begin, maar dit is die wag en die konsentreer werd. Die vuishou aan die einde is effens tipies radiodrama, maar die toneelspel, die visuele elemente en die intrige maak op daarvoor. Dit vat baie van die gemiddelde Suid-Afrikaner om homself vanaf hulle gunsteling Afrikaanse sepies weg te skeur en die televisie vir ’n aand in die filmteater te verruil, maar Wolwedans in die Skemer is die moeite werd. As jy jouself ’n fakkeldraer vir Afrikaans ag en wil ervaar hoe ’n nuwe genre in die Afrikaanse filmbedryf gebore word, gaan kyk dit nou! Wolwedans in die Skemer is ’n meesterstuk wat die Afrikaanse rolprentbedryf tot nuwe hoogtes neem.

Andre Ackerman het twee bronstrofees by die Loerietoekennings ontvang vir Zombie Week vir M-Net Action en ‘What Really Happened vir Discovery Investigate in die film, video en mosiegrafika-afdeling. Bernice Douglas het ook ’n brons ontvang vir haar korporatiewe identiteit in die Student Awards: Logos and Identity Programmes sowel as ’n sertifikaat vir illustrasievernuf in die kategorie, Illusion-Craft. Volgens Strydom is Jaco Burger, ’n oudstudent wat in 2009 afgestudeer het, by vanjaar se Loeries aangewys as een van die twee Adams & Adams Young Creatives wat deur die Loeries, Cannes toe gestuur word. Ten opsigte van die gehalte en kwaliteit van die deelnemers se projekte het Strydom die volgende te sê gehad: “Prestasies soos dié by Pendo rings en Loeries dien as barometer, maar is nie noodwendig ’n aanduiding van die algehele standaard van ’n instelling se werk nie. ”

The Plastics smelt gehore se ore MIA JORDAAN

Die Kaapse band The Plastics gaan binnekort ’n draai in die Noorde kom maak. Dié indiegroep bestaan al van 2007 af, maar het eers begin as die punkband HOAX, gestig deur twee broers Pascal en Sasha Righini. Die Righini’s het toe The PlasThe Plastics . FOTO: VERSKAF tics begin wat nou so ver van punk af is soos Kaapstad van Potchefstroom. Die band bestaan uit Pas- SA Top 10. Caves se musiekvideo cal Righini Arjuna Kohlstock, maak jou lus om saam te dans in Karl Rohloff en Sasha Righini. ’n skoolsaal vol nerds (dink NaHulle klank is uniek en as jy nie poleon Dynamit). saamsing nie, sal jou voete somHulle tweede vollengte album mer die praatwerk vir jou doen. getiteld Pyramid word middel Ná hul eerste treffer Extended Oktober vrygestel. The Plastics Play wat in 2008 vrygestel is, het verskyn 26 Oktober saam met Kiss The Plastics vinnig gevolg. Moses Metro Man by Memphis Die sukses van Kiss The Plastics Rock. Indien jy nie weet wat om het gesorg dat hulle by Rock- te verwag nie, is dit ’n goeie idee ing the Daisies kon headline. om 26 Oktober te kom inloer. Wen ’n stel dubbelkaartjies na The Plastics se debuutalbum SHARK het gevolg en was ’n The Plastics in Memphis Rock op reusesukses. Caves is die eerste 26 Oktober deur te comment op snit vanaf dié album wat land- die vraag op Wapad se Facebookwyd radiostasies gehaal het en groep: Watter bands het ook twee was nommer een op TUKSfm se broers as lede?


12

18 OKTOBER 2012

Redaksioneel

Wapad-joernalis, Hannes Kruger, kry 'n storie op Beeld se voorblad op 3 Oktober. Beskikbaar op Beeld se webtuiste.

Kommentaar

BrieweKolom 18 OKTOBER 2012

“Mock Wapad” dui op onkunde van studente Die volgende inligting is onlangs onder Wapad se aandag gebring. Dit is geskryf deur 'n student aan van sy klasmaats om idees vir 'n projek deur te gee: Ons is almal bewus van ons universiteits koerant die wapad, en sy onbenullige artikels. Ons glo dat die stories nie van werklike belang is nie, en die Puk-studente in 'n borrel isoleer. Van Chomsky se media filters speel op 'n meer plaaslike manier dalk 'n rol in wat berig word. Die koerant is eensydig, en oppervlakkig. Ons stel dus voor om 'n Mock-Wapad op te stel met skokkende nuus-stories, berigte wat nie net op kampus betrekkig het nie en nie net die kampus goed-praat nie. Werklike kwessies, wat die land, die wêreld en die studente raak. 'n Mini Mock-koerant, en 'n advertensie veldtog om die doel uit te lig. *(hierdie teks bly ongeredigeer deur Wapad) Wapad wil graag hierdie opvattings aanspreek deur te sê dat ons 'n studentekoerant is wat fokus op kampusnuus. Ons is nie 'n nasionale koerant wat wêreldkwessies aanpak nie. Ons glo ook dat die nuutste twee uitgawes alles behalwe oppervlakkig en onbenullig is, en dit praat definitief nie net die kampus goed nie. As jy aantuigings wil maak, doen eers jou navorsing.

Ombudsman: Redaksie en kritici moet fyn kyk Die eerste uitgawe van Wapad onder sy nuwe redaksie het groot belangstelling gaande gemaak. Sommige lesers was in hul skik met ’n sterker nuusagenda; ander het gemeen grense van gebalanseerdheid en ordentlikheid word oorskry. Ek het verkies om nie ’n formele bevinding hieroor te maak nie, maar het met die redakteur ’n gesprek gehad. Ek meen hy besef dat hy in die toekoms miskien bietjie versigtiger sal moet wees. Andersyds het ek gevind dat sommige klagtes oppervlakkig was en getuig van min begrip vir die werk van die pers. Wapad is ’n blad wat binne ’n baie spesifieke konteks uitgegee word. Dit is nie ’n Rapport nie. Die konteks is die NWU se PUKkampus en dit moet eerbiedig word. Maar, en dis ’n belangrike maar, lesers moet besef Wapad is geen inhuis-skakelblad nie. Om dus te kla omdat ’n berig nie “positief” genoeg was nie, is nie ’n geldige klagte nie. ’n Klag dat mens dan die berig moet lees om uit te vind wat die (feitelik korrekte) opskrif presies beteken, is eweneens ongeldig. Die Perskode, waaraan hierdie koerant gebonde is (en wat eersdaags op Wapad se webblad geplaas sal word), gaan oor onetiese joernalistiek, nie oor berigte of artikels waarvan sommige bloot nie hou nie. Kritici moet dus nie te dun van vel wees nie. Koerante is nie daar om almal heeltyd te streel en goed te laat voel nie. Leer om daarmee saam te leef. Leer ook om (feitelike) berigte van kommentaarartikels en rubrieke te onderskei. ’n Bietjie meer humor is ook nodig, by alle partye. Die redaksie doen egter baie kwaad as foto’s van halfkaal vroue met suggestiewe slagspreuke oor die bobeen geplaas word. Die plaas van ’n Bybel twee keer ter illustrasie van iets wat nie die Bybel is nie, is een te veel. Lui, eintlik foutiewe, opskrifte (soos: Pride Parade: geslaag of vertraag?) is vermybaar. Die energie en skop van ’n nuwe redaksie is goed, baie goed. Deur dit te temper met professionaliteit sal Wapad die PUK-studente ten beste dien. Al is hulle soms vies. Die volgende Wapad verskyn tydens O&B 2013

Teksversorgers: Louise Kruger, Joanelle Everson, Hannes Kruger en Jeanelle Greyling.

Subscribe by ons Channel “WapadPUK”

Ombudsman

Briewe

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za

'Squeeza en Chiefa' eintlik aanvaarbaar Dit is ’n reaksie op Cornia Pretorius se brief, "Squeeza en Chiefa is onaanvaarbaar", wat in die vorige uitgawe van die Wapad gepubliseer is. "Onkunde sal altyd seëvier," Hunter Kennedy. Ek is geskok. Geskok om te lees dat ’n dosent so besonders oningelig kan wees. Hoe is dit moontlik dat iemand nie van ’n spesifieke aanspreekvorm hou nie, en dit dan self gebruik? Squeeza en Chiefa is ’n wedersydse bynaam Mevrou. Met ander woorde die werknemers spreek die studente óók op daardie wyse aan. Het Mevrou dit geweet? Ek twyfel sterk. Die hele premis waarop Mevrou se argument gebaseer is, is dus arbitrêr en ongesubstansieër.

Mevrou voer aan dat studente nie na dink oor die terme nie en daarom beteken dit dat swart mense vir niks anders as werk goed is nie. As dit waar was sou studente en werknemers mekaar nie eers gegroet het nie. Squeeza en Chiefa is vriendelike (selfs vriendskaplike) terme wat agting vir mekaar suggereer en het absoluut niks met politiek uit te waai nie. Inteendeel dit is ’n positiewe gebruik. Ek het vir die interessantheid daarvan een van die squeeza's in ons koshuis, Julia, gevra of dit haar pla dat ons mekaar "Squeeza" noem en of sy ’n ander aanspreekvorm sou verkies. Sy het gelag en gesê dat sy daarvan hou en gevra hoekom dit haar ooit sou pla.

Ja Mevrou, taal is inderdaad ’n kragtige wapen. Een wat Mevrou dalk heelwat beter kon aanwend deur uit te vind of hierdie byname regtig 'n probleem is. Een wat Mevrou dalk selfs nog beter kan aanwend deur werklike probleme aan te spreek. Dit is jammer om te dink dat iets wat entlik ’n positiewe tree in die rigting van transformasie is, in ’n negatiewe lig gestel kan word. Ek kan nie help om te wonder of Mevrou se brief nie op akademiese selfvoldaanheid gegrond is nie. -Martin Laubscher

@reeper88

Nee, eintlik is dit nie respekvol Ek is bly vir Martin Labuscher se reaksie op my brief “ ‘Squeeza en ‘Chiefa’ is onaanvaarbaar’ in die vorige uitgawe van Wapad . Ek verwelkom debat. My reaksie spruit nie uit onkunde nie. Ek weet dat Squeeza en Chiefa wedersydse aanspreekvorme tussen werkers en studente op die Kampus is. Ek weet ook dat werkers nie noodwendig sal sê dat hulle enige

probleme daarmee het nie. Dit maak steeds nie die aanspreekvorm reg, positief en respekvol nie. Ons moet onthou dat sekere aanspreekvorme die gevolg van diepgewortelde skeefgetrekte magsverhoudings in ons samelewing is. Dit is hoekom ons dit moet bevraagteken. Is daar nie ander vorme waarop studente en werkers mekaar kan groet nie? Dink daaroor.

Net so terloops, my kennis oor aanspreekvorme en die sensitiwiteit daaroor kom uit my ervaring as joernalis waar ek en kollegas hard met mekaar oor dié soort goed gepraat het. -Cornia Pretorius

@corniap

Reaksie op Wapad-advertensie

Ons dek steeds alles Ag nee! Dit is jammer dat Wapad 'n goeie begin onder 'n nuwe redakteur versuur met 'n seksistiese advertensie van 'n kaal meisie op bladsy 12. Dié advertensie en die meegaande opskrif - "Wapad: Ons dek alles" - getuig van 'n redakteur en redaksie wat nie krities, bladsy vir bladsy, gekyk het na die inhoud van die koerant voor publikasie nie. -Cornia Pretorius Goeie uitgawe #Wapad20Sep die strook "ons dek alles" is vir my onaanvaarbaar en soos wat 'n Afrikaner sal sê: "kômmin". -Jimmy Pressly Dit skep 'n baie slegte indruk van ons kampus se waardes. -Elsabé Nortje

Kernredaksie

HOOFREDAKTEUR: Kevin du Plessis (071 289 6480) INHOUDSREDAKTEURS: Colette Botha (072 521 4570) Simon Sonnekus (084 567 9271) SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw (073 399 1866) TEGNIESE REDAKTEUR: Inge Buitendag (071 609 6301) FOTOGRAFIE & GRAFIES: Mari Scheepers (073 401 8235) SKAKELING: Kobus Olivier (083 456 3714) ADVERTENSIES: Albertina Ngobeni (076 940 3864) FINANSIES & BORGE: Berno van Heerden (082 922 4244) EKSTERNE AKSIES: Jolandé Pienaar (082 758 0204) WEBMEESTER & VIDEO: Conrad van Wyk (082 563 9535) HOOFTEKSVERSORGER: Joanie Schiel (083 381 4467)

Like ons Page “Wapad”

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Ek dink nie dit is gepas vir 'n koerant wat oor die gebeure van 'n akademiese Kampus moet verslag lewer nie. Indien die kampus 'n ontkleeklub gehad het, sou dit van pas gewees het. -Joanie Liversage

Comment op die post op ons wall

Dit is vir ons belangrik dat ons lesers weet dat die advertensie met die "halfkaal vrou" op 20 September se redaksioneel nie 'n besluit is wat ons ligtelik geneem het nie. Dit is met opset gedoen om 'n moontlike debat te ontlok uit ons lesers op 'n feministiese onderwerp. Tot 'n sekere mate het ons in hierdie doel geslaag, hoewel niemand noodwendig die kwessie aangespreek het met die fokus op seksistiese kwessies nie. Ons spog wel met 'n vol afdeling van kommentaar en wil graag ons lesers aanhits om aan te hou opinies lewer oor dinge wat aangespreek behoort te word. Hierdie opinies hoef ook nie noodwendig te spruit uit wat in Wapad verskyn nie. Enige briewe en kommentaar is welkom. Gebruik die koerant as jou spreekbuis tot die Kampus.

Regstellings Die artikel op bladsy 8 van die 20 September uitgawe wat berig van die bouwerk op kampus, het verkeerdelik na die nuwe gebou in Wasgoedpennetjielaan verwys as "Metabotanika-sentrum". Dit is die Sentrum vir Menslike Metabonomika. Volg ons by “NWUWapad”

In die Wapad van 17 Augustus (onder die ou redaksie van 2011/12) het 'n rubriek op die sportblaaie onder die opskrif Wees eerder die underdog verskyn. Daarin het opmerkings verskyn wat die NWU-Puk se spiesgooiafrigter, mnr. Terseus Liebenberg, se

goeie naam kon aangetas het. Wapad bied hiermee sy onvoorwaardelike apologie aan. Die bedoeling was nie om mnr. Liebenberg op enige wyse te na te kom nie. Sy integriteit as afrigter staan bo verdenking.

Ons bied meer, baie meer. Laai die app ScanLive op jou foon af om die links in Wapad te volg.


18 OKTOBER 2012

| 13

Gesprek

Kommentaar Waar kom die swak vaardighede vandaan?

Studente lees soos gr.5’s Prof. AM De Lange

D

Skool vir Tale

osente se persepsies oor die drastiese verswakking in die nuwe generasie studente se lees- en begripsvaardighede word bevestig deur resultate van navorsing wat nasionaal sedert 1994 deur personeel van Akademiese Steunburo in samewerking met ander universiteite regoor die land gedoen en ge-yk word. Dit is egter duidelik dat daar veral die afgelope aantal jare ’n redelik drastiese afname in die vaardighede was, en dat baie studente by universiteite aanmeld met ’n leesvaardigheidsen begripsvlak van gr 5-laerskoolleerlinge en selfs laer het. Die implikasies wat dit vir die lees en verstaan van hoë volumes komplekse studiemateriaal, wat boonop nog in ’n nuwe, teoretiesgelaaide akademiese diskoers aangebied word wat ook verstaan en begryp moet word, is voor-die-handliggend. Die vraag is egter: wat is onderliggend aan die verswakking in studente se lees-en begripsvaardighede? Een baie besliste faktor is die ver-

skuiwing van ’n woord-of tekskultuur na ’n dominante visuele kultuur wat die afgelope aantal dekades met rasse skrede versnel het. Kinders word van ’n baie jong ouderdom voor die TV neergeplak, en baie ouers doen al lank nie meer die moeite om hul kinders aan boeke en stories en woordwêrelde tydens hul vormingsjare bekend te stel nie. Loer maar na die skrale aantal boeke wat daar in die meeste huise in die land gevind kan word, indien enige. Die ontwikkeling en ontploffing in die gebruik van die Internet, hiperteks en sosiale media met kort, ongekontekstualiseerde en gefragmenteerde boodskappe dra beslis tot die verswakking in tradisionele leesvaardighede by. Nicholas Carr, in ’n opspraakwekkende boek getiteld “The Shadows: What the Internet is Doing to Our Brains” (2010) toon met die gebruik van neurologiese navor-singsresultate aan hoedat die Internet letterlik die konstante gebruikers daarvan se breinfunksies verander, en dat die nuwe tipe funksioneringspatrone byna lynreg staan teenoor die manier van funksionerFRANCOIS MINNAAR Tweedejaar BIng Chemies Veritas

ing van ’n mens se brein wanneer jy lang stukke teks moet probeer lees, dekodeer en verstaan. ’n Verdere rede vir die verswakking van studente se leesvaardighede is te vinde in die UGO-stelsel wat soveel skade in skole berokken het. (Kyk maar na die statistieke van hoe die RSA se kinders, wat aan die stelsel blootgestel is, se leesvaardighede met hul eweknië vergelyk). Dit is gebaseer op die laagste gemene deler: daarom word leerlinge nie uitgedaag om ‘moeilike’ tekste soos Shakespeare se dramas, romans of selfs poësie bloot te stel nie; nee, daar word maar te geredelik gegryp na die maklike, polities-gelaaide kortverhale wat min uitdaging aan ’n leerling se verbeeldingswêreld bied. Hoe verander ’n mens dit? Deur jouself te dissiplineer om nie konstant op sosiale media, Google of Facebook “rond te hang’ nie, ’n spesifieke tyd vir die lees van e-pos per dag te maak, en nie deurentyd daarna te loer nie, en om jouself te dissiplineer om daagliks langer stukke teks sonder onderbreking te probeer lees. CHERIE OLIVIER Eerstejaar BCom Risikobestuur en Ekonomie Bellatrix

NADIA SWANEPOEL Lees jy enigsins buite akademiese verband? DANELLE POTGIETER Tweedejaar BCom Bemarking en Toerismebestuur Privaat

Alhoewel mode- en sosiale kolomme my interesseer, is lees meestal net iets wat soos moeite vir my klink.

Ek geniet die Landbouweekblad en som lees op in een woord: kennis. EBERT STRYDOM Vierdejaar BCom Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge Privaat

Alhoewel ek Bybel in my vrye tyd lees, is ander leesstof meestal net tydrowend.

As ek lees hoor, hoor ek boring! TILLA STEYN Tweedejaar BSc Dieetkunde en Chemie VMN

Lees maak my verbeeldingryk en digbundels dra beslis grotendeels daartoe by.

Salmon Becker

NWU-Puk illuminati

D

ie illuminati is wêreldwyd bekend, ons almal het hulle al ten minste eenkeer gegoogle of op Youtube ’n doccie oor hulle gekyk. Ek neem aan dat die gewone student op die NWU-Puk weet wie en wat die illuminati is. As die blonde pop wat in my klas is hier lees en nie verstaan nie, dit is okay, jy hoef nie als in die lewe te weet nie. Jy dink hulle is net in die lande op TV, maar hulle is hier ook op ons kampus. As jy nie so dink nie, dan weet jy nie genoeg van die NWU-Puk se geskiedenis af nie. Die omies wat dié instansie gestig het, se besigheid was ook nie altyd helder nie. Indien daar dan nou wel illuminati op die NWU-Puk is, wie sal dit wees? Daar sal natuurlik eerste gekyk word na een of ander raad, maar dit is heeltemal te obvious. Ek is jammer, maar ek sien nie hoe ons liefste Rektor enigiets anders as die verandering van ’n slagspreuk kan laat gebeur nie (leef die man nog?). Ons voormalige rektor, prof. Anette, kan heel moontlik ook deel wees van dié organisasie, -ek vertou nie ’n mens met soveel grade en titels agter haar naam nie. ’n Slim mens is ’n gevaarlike ding… Dié wat ’n bietjie meer bekend is met die illuminati en hul eienskappe is van mening dat Tarentaal die grootkoppe is juis omdat ons nie weet wie hulle is nie. Ek dink dié van julle wat so dink is te geheg aan stereotipes. Ek wil hê jy moet als vergeet wat jy weet van die illuminati, hulle is nader aan jou as wat jy dink. Hulle stel spreiers só dat jy natgespuit word die dag wat jy ’n wit hemp en ’n swart bra aanhet, hulle sit nie genoeg witgoud in die badkamer nie, hulle begin blare weg blaas sodra jy rustig gaan sit om te rook, hulle gooi te veel sous oor jou chicken strips en plak jou ouers se pos toe en dra jou leë bottels in die Draak weg… Die illuminati is nie grootkoppe nie, nee, dit is die klein mensies op kampus. Die mense wat jy nie altyd raaksien nie. Hulle weet als van ons af, wat ons eet, wat ons drink, hoe laat ons waar is en selfs waar ons bly. Ek wil jou nie agterdogtig maak nie, wil jou sommer net laat dink. Die klein mensies is slim, en soos ek sê: ’n slim mens is ’n gevaarlike ding…

Voor: Jolandé Pienaar, Kobus Olivier, Kevin du Plessis, Colette Botha, Wynona Louw, Joanie Schiel. Agter: Albertina Ngobeni, Simon Sonnekus, Berno van heerden, Conrad van Wyk, Inge Buitendag, Mari Scheepers


14 |

18 OKTOBER 2012

SPORT

NWU-Puk Barbarians vermorsel UJ teenstaanders WYNONA LOUW Die Steinhoff NWU-Puk Barbarians het in 'n 47-10 loesing oor die UJ-Barbarians op die Potch Dorpvelde, Potchefstroom, geseëvier. Dit was van die afskop af al duidelik dat die NWU-Puk span die oorhand gehad het, met Veritas-losskakel, Barend Janse van Rensburg, wat uitstekende bal-verspreiding gehandhaaf het en suksesvol daarin was om die bal oor die pale sowel as onder dit vir 'n drie te kry. Divan Steenekamp,Villagers eerstejaar, het ook goed by die gesinkroniseerde spel wat die PUK Barba rians vertoon het ingepas, indrukwekkende spel aangesien die span net 'n week gehad het om

Die Steinhoff NWU-Puk Barbarians span wat die UJBarbarians span 47-10 geklop het. saam te oefen. “Die voorbereiding vir die wedstryd was bietjie anders, die ouens het net 'n week saam geoefen en hulle is 'n uiterse diverse groep, maar met 'n afrigter soos Chaka Willemse weet mens die voorbereiding sal 'n sukses

wees, hy is nie verniet die NWUPuk se Afrigter van die jaar nie”, het Daniël Goosen, Primarius van Villagers en NWU-Puk Barbarians bestuurder vir 2012, aan Wapad gesê. Die kaptein van die Steinhoff NWU-Puk Barbarians, Jean O-

livier van Patria, was nie juis verbaas oor die uitkoms van die wedstryd nie. “UJ het 'n groter pak en groter spelers gehad, en ons het net drie oefeninge saam gehad, maar ons het die beste van elke koshuis gehad so die talent was klaar daar. Die PUK se standaard is maar nou so dat ons enige span kan aanvat,” het Olivier gesê. Verskeie dankseggings het ook na hierdie oorwinning uitgegaan. “Dankie aan Bertie Maritz, vorige SR:Sport, wat altyd bereid was om te help, Ruan Meyer, UK: Rugby, wat regtig hard gewerk het deur sy termyn, Oom Mervyn, prof. Dries en Steinhoff vir al die reëlings, hemde en truie en Chaka Willemse wat 'n great teacher vir enige rugbyspeler sal wees!”

Nuwe Rissie brand ou sake

D

ie Rissie het vandag baie te sê oor sportgebeure. Sy sal sommer met NWU-Puk sokker begin, sy dink immers dis hoogtyd dat hulle bietjie aandag geniet in hierdie besorgde skryfstukkie. Een van Die Rissie se goeie vriende is betrokke by NWUPuk sokker, en dié kon dit nie eers regkry om haar in die oë te kyk terwyl hy gepoog het om goeie woordjies van ons universiteitssokker te spreek nie. Die Rissie het so twee weke terug die Kaizer Chiefs TV-program gekyk waarin NWU-Puk bestuur en 'n baie belangrike persoon, wie se naam sy eerder nie sal noem nie, in ‘n onderhoud vertel het hoe belangrik sokker kamstig op hierdie kampus is. Kyk, Die Rissie is nou nie 'n sokker-ontleder nie, maar sy weet daardie leuen is amper so groot soos die een dat Morné Steyn binnekort op form

gaan wees. Die Rissie vind die bestuur van beide die mans en (tekort aan talent van die) dames NWU-Puk sokkerspanne iets verskrikliks en dink eerlikwaar dis tans die enigste spanne in sport wat die Springbokke se werkverrigtinge die afgelope tyd goed laat lyk. So gepraat van die Bokke, Die Rissie was baie beïndruk met die manne se vertoning teen Australië in die wedstryd voordat rugby-gesagvoerders, Nieu-Seeland, die beker van die intree-weergawe van die Rugby Championship verower het, maar ons almal weet dat een goeie wedstryd nie 'n reeks van teleurstellende rugby regverdig nie. Die Rissie kan vandag een ding belowe - as Heyneke Meyer nie vinnig die wiel in die regte rigting begin stuur nie, sal hy groter probleme as sy losskakel-pinarie hê en die SA-rugbyspan sal bin-

FaceOff WYNONA LOUW

Krieket het aan die begin van die 17de eeu in Engeland ontstaan, maar presies hoe die spel ontstaan het is onbekend, terwyl rugby 'n effens interessanter ontstaan het. Volgens legende het rugby ontstaan toe William Webb Ellis, 'n leerling aan die Rugby Skool, in die jaar 1823 tydens 'n voetbal-

nekort met hul derde afrigter in vyf jaar sit eerder as hul derde Rugbywêreld Beker-trofee in 2015. Terwyl ons op die onderwerp van skokkende sportnuus is, Die Rissie hoor daar is baie omstredenheid rondom 'n sekere saakie. “...en die mans Sportbekerwenners vir 2012 is; HEIMAT!”. Regtig? Maar hoe? 'n Paar kleinsporttrofees en 'n afskuwelike koshuisliga rugby-eindstryd? Kalmeer mense, Die Rissie is seker daar is 'n goed-opgestelde puntstelsel ter verduideliking van hierdie resultate. In elkgeval, daar gelaat. Die Rissie moet haar kommer oor die NWU-Puk rugbyspan by volgende jaar se Varsitybeker uitspreek. Hoe gaan die manne vaar sonder hul staatmakerslot en player that rocks? En dan is daar ook vanjaar se Varsitybekerkaptein wat groener (wei) velde by die Cheetahs gaan soek,

skrikaanjaende feite aangesien die PUKKE dan vinniger in die moeilikheid kan beland as wat Andrew van Wyk die bal onder die pale kan kry. Maar wag, afrigter van die jaar, Chaka Willemse, is aanstaande jaar deel van die PUKVarsitybeker-afrigtingsspan. Al drie die spanne wat hy vanjaar afgerig het het immers titels in hul onderskeie ligas gewen, Die Rissie hoop net die PUK word die vierde byvoeging. Die Rissie wil ook baie geluk sê aan die nuutste byvoeging tot die Steinhoff Koshuisrugby Champs, Villagers. Ons wens julle alle sterkte toe en weet julle sal ons trots maak!

SAAMGESTEL DEUR: WYNONA LOUW

Oorstoot, die wengang, na hul oorwinning. FOTO: MIEKE VAN DER MERWE

Nuwe tradisie vir Soetdorings

Die nuwe Huiskomitee van Soetdoringsmanskoshuis het besluit om hierdie jaar hul eie tradisies in te bring, en na 'n suksesvolle poging het die Soetdoringsinwoners hul nuwe Sportdag met verskeie kleinsporte op eie koshuisgrond geniet. Die drie gange van die koshuis en die Soetdoringslodge het mekaar aangevat in krieket, tafeltennis, gholf en poel, en die dag se sportverrigtinge is afgesluit met 'n potjiekoskompetisie waarby beoordeelaars die finale beslissing op hierdie maal verskaf het. “Ons wou 'n nuwe tradisie inbring wat nie weggevat kan word nie, ons het aan die begin van hierdie jaar verskeie kleinsporte beoefen – tafeltennis, pluimbal en muurbal – net om bietjie iets anders te probeer,” het Ricky Schnetler HK: Sport en Sosiaal, aan Wapad gesê.

Hoe het Krieket en Rugby begin?

wedstryd die bal opgetel het en vorentoe begin hardloop het, en in die proses het 'n nuwe sportsoort genaamd rugby ontstaan. Wapad kyk vandag hoe baie twee van Soetdorings se rugbyspelers, Rhyno Smith en Emile Odendaal, van hierdie twee sportsoorte weet.

1.

Wie is die eerste span/land om eerste op die wêreldranglys in al drie variasies van krieket op dieselfde tyd te wees? (Proteas/ Suid-Afrika)

RHYNO Proteas

EMILE Engeland

Voormalige Springbokafrigter, Peter de Villiers, is tans die rugbydirekteur by watter universiteit? (UWK)

2.

UWK

3.

Black Caps

Black Caps

Crouch, touch, set

Crouch, touch, engage

Stephen Fleming was puntemaker vir watter nasionale krieketspan? (Black Caps/ Nieu- Seeland)

4.

Die IRB het 'n proefperiode vir sekere bestaande reëls ingebring waarin sommige reëls op 1 Januarie 2013 amptelik verander gaan word. Die stappe van die skrumproses – crouch, touch, pause, engage – is een van die moontlike veranderinge,die proses gaan moontlik verander na? (Crouch, touch, set)

5.

In krieket, watter legende staan ook bekend as The Little Master? (Sachin Tendulkar)

6.

Onder die moontlike rugby-reëlverande ringe, hoeveel plaasvervangers/reserwes mag 'n span vir internasioenale wedstryde nomineer? (Agt)

7.

In krieket kan 'n kolwer 5 lopies aaneen op drie maniere aanteken – dit is deur vyf lopies aaneen te hardloop , wanneer die paaltjiewagter sy kopskerm agter die paaltjies of agter homself plaas en die kolwer slaan die bal direk teen dit, en? (Deur 'n vier lopies vanaf 'n no ball aan te teken)

8.

Watter Rugby Unie-afrigter het teen 102 toetse 'n success rate van 85,4% gehad met 87 oorwinnings en 15 tekortkominge? (Graham Henry)

UCT

Ophiuchus sterkman.

  

Sachin Sachin Tendulkar Tendulkar

 

Agt

Agt

  No ball en vier lopies

No ball en vier lopies

  Graham Henry

Graham Henry

 

Toutrekkompetisie waarin Commancheros die uitdunne en die finaal 2-0, 2-0 gewen het. FOTO'S: FRANCOIS BOTHA

Patria hou Gangsport

Patria se gangsport vanjaar, beter bekend onder koshuisinwoners as die Stryd van die Reuse, was 'n taai medediging om gangsport superioriteit. 'n Mededinging waarin die gang Pastas koning gekraai het. Vanjaar se gangsport was die taaiste in jare; dit was egter die potjiekoskompetisie wat die oorwinning vir Pastas verseker het.


2012

VredeFest in Potchefstroom

Atleet breek driesprong rekord

Vanjaar is Vredefest vir die eerste keer in Potchefstroom gehou. Die geselligheid het op die Joolplaas afgeskop en talle studente het hierdie fees, wat vir ’n goeie doel was, bygewoon. Al die fondse was ingesamel om jongmense met kanker by te staan.

Patience Ntshingila het einde verlede jaar die SuidAfrikaanse driesprongrekord van 13.46m gebreek met ‘n sprong van 13.50m, en in die proses die eerste atleet in 20 jaar geword om die rekord te breek.

PUKfm by MTN Radio Awards

Varsity Beker 2012

Die NWU-Puk se radio stasie, PUKfm, het vanjaar twee toekennings ontvang by die MTN Radio Awards. Dit was vanjaar die eerste keer wat PUKfm aan die kompetisie deelgeneem het en was aangekondig as finaliste in nege kategorieë.

Die NWU-Puk span het in vanjaar se Varsitybeker kompetisie vierde plek behaal, nadat hulle in die halfeindstryd 5324 teen TUKS vasgeval het. Die halfeindrondte-uitval was egter ‘n verbetering vanaf 2011, waar die PUKKE sesde geëindig het.

Toneel en Sleeptoneel

Waar is Intervarsity?

Die unieke temas en skerp humor het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet se seerowers het weggestap as die wenners van die konsert met die PUKfm-prys. Soetdorings en Minjonet het die Wapad-prys verower.

Hierdie glans geleentheid het gesorg vir baie vermaak en dit het die gehoor op die punte van hul stoele gehad. Veritas en Minjonet is as wenners van die sleeptoneel aangewys, terwyl Patria en Wag-’n-Bietjie vanjaar se enkeltoneel gewen het.

Vanjaar se jaarlikse Intervarsity tussen die NWU-Puk en die Universiteit van die Vrystaat is afgestel weens omstredenheid oor assosiasie met die NWU-Puk. Die politieke party, SASCO, het ook daarop aangedring dat die wedstryde tussen die twee kampusse gekanselleer moet word.

Laureus senior sterf in motorfietsongeluk

Canvas: Nog geskiedenis in duikweg

André Van Zyl is tragies oorlede naby die Drakenstein restaurant op kampus. Na bewering het die motorfiets die randsteen getref waarna dit teen ’n groot boom gebots het. Van Zyl het nie ’n valhelm gedra nie en dit is nog onbekend of daar alkohol in sy bloedstroom was.

Canvas is vanjaar vir die eerste keer in die duikweg gehou en het bygedra tot al die geskiedenis wat reeds in die duikweg is. Koshuise het die geleentheid gekry om hul merk in die duikweg te maak en VILle REPUtasie het as wenners van Canvas weggestap.

Die Junior Bokke was vanjaar as die wenners van die vyfde jaarlikse Juniorwêreldbeker gekroon na hul 22-16 sege oor verdedigende kampioene, Nieu-Seeland, op Nuweland.

Excelsior eerstejaars gevang

Van kokke tot vloot-rokke

NWU-Puk-atlete geniet suksesvolle jaar

Met Thabang Makhoang se tragiese verdrinking tydens die vrugtefees het 2012 nie op ’n goeie noot begin nie. Makhoang se lyk is gevind deur ’n koshuis wat na Ratau Lebone die swembad benut het. ’n Onafhanklike ondersoek is uitgevoer, maar daar is egter geen konkrete bewyse van enige kriminele oortreding is gevind nie.

Lat-Wai wen JOOL Laureus en Wag-’n-Bietjie is as vanjaar se JOOL-wenners verklaar na hulle wen-vlot die tema Vrede, Liefde en Kopskote die beste uitgebeeld het. Lat-Wai se vlot het beelde gehad van Moeder Teresa, Ghandi en Osama bin Laden.

Eerstejaarskonsert

Drie eerstejaarstudente van Excelsior-manskoshuis is gearresteer nadat ’n patrollie voertuig gesien het hoe hulle vanaf ’n woning na ’n motor hardloop. Na ’n ondersoek is ’n gesteelde tuinornament gevind. Die drie eerstejaars het op 28 Februarie in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Gerrit Botha sweef in Oostenryk

SPORT

Ratau Lebone eerstejaar verdrink

KULTUUR

NUUS

!"#$%&

Jaar

Baba Bokke vat Juniorwêreldbeker

Heimat Manskoshuis, met hul unieke DStv tema en Heide Dameskoshuis se matrose, is vanjaar as die wenners van kampus sêr aangewys. Die seremoniemeesters vir die aand was Corneels Schabort en Tim Theron van Lagnes.

Die Traumeel NWU – Pukke Atletiekklub het by twee kampioenskappe, die Senior- SA Kampioenskappe en die Yellowpages-Klubkampioenskappe, gespog met uitmuntende atletiese vermoë. Die klub vier atlete met Olimpiese kwalifisering opgelewer.

Grease in Potchefstroom

NWU-Puk1 Netbal kry nuwe afrigter

Gerrit Botha, student van die NWU-Puk, gooi ’n kwalifiserende gooi van 54.1 m (’n Suid-Afrikaanse rekord) by die internasionale Red Bull Paper Wings kompetisie in Salzburg, Oostenryk. Sy poging oorsee is egter nie so vrugbaar nie, toe sy twee kanse buite perke geland het.

Artéma, Alabama Produksies en NWU-Pukkunste het hul kragte saam gespan om die klassieke musiekblyspel vanjaar op die planke te bring. Talle NWU-Puk talent was by die produksie Grease te sien met Alexander Venter en Tammy Aslett wat die hoofrolle vertolk het.

Hombré leiers word dors, toe

Mnr. en Mej. Kampus glansgeleentheid

Na ’n losbandige gang aksie, waar drank misbruik is in Hombré-manskoshuis, is al nege HK-lede van hul pligte onthef waarvan vier, insluitend die Primarius van die koshuis, geskors is. Die vier geskorste leiers kan glad nie meer ’n gesagsposisie op die NWU-Puk beklee nie.

Dié koue aand het gesorg vir ’n vertoning van die mees beeldskone NWU-Puk studente. Die jaarlikse Mnr. en Mej. Kampus is gehou op 7 Augustus. Tydens die funksie is Michael Adamson en Crystal van Niekerk onderskeidelik gekroon as Mnr. en Mej. Kampus.

Sinki Mlambo breek bane

The Life Market

Steinhoff Koshuisliga Rugby

Sinki Mlambo, oud-SR:AKSA en SR-Voorsitter kandidaat, het vanjaar geskiedenis gemaak toe sy as primaria van Oosterhof-vrouekoshuis gekies is. Mlambo is die eerste swart vroueprimaria van ’n NWU-Puk koshuis.

The Life Market het met live entertainment, verkeidenheid kossoorte en ander interessanthede afgeskop in die Snowflake gebou. Joanie Liverage was aan die stuur van sake en volgens haar was die mark ’n groot sukses. “Die mark is hier om te bly,” het Liverage aangevoer.

Nadat Patria die eerste NWU-Pukspan geword het om die Steinhoff Koshuisrugby Kampioenskappe te wen, het hulle hierdie jaar hul plek afgestaan aan Villagers nadat laasgenoemde in die Steinhoff NWU-Pukke Koshuisrugbyeindstrydheid 49-11 met Heimat afgereken het.

Potch se eerste Pride Parade

Straatligkinders straal weer

NWU-Puk Instituut-spanne presteer

Die eerste seksuele aanvaardings veldtog is gehou in Potchefstroom op 28 Augustus 2012. Hierdie veldtog is geloods deur POUT- vereniging. Volgens die Facebookgroep word daar ’n groter veldtog gereël vir volgende jaar.

Na hul laaste vertoning in Centurion twee jaar gelede, het Straatligkinders besluit om ‘n breuk te vat, maar nou is hulle amptelik terug met ‘n splinternuwe song, Duiwel Dans.

Dit was ’n goeie jaar vir NWU-Puk rugby, behalwe vir Ibbies, wat in die eindstryd van hul onderskeie ligas van die Predator-liga gespeel het, en die PUK O/21 span wat daarin geslaag het om hul liga te wen.

Kaalvoet vir ’n doel

Bingle Sêr verskaf vet pret

Sportbekerwenners: HEIMAT en Karlien

Lovers’ Lane het in ’n kleureprag ontvlam met Kaalvoetdag wat verlede week op die NWU-Pukkampus plaasgevind het. Van ballontente tot merkwaardige skuilings wat deur ou klere opgebou is, het oral op kampus gepryk.

Bingle Sêr het vanjaar gesorg vir hope vermaak en daar was baie interessante temas te sien. UitsPATig VERby het weggestap as die wenners met ’n F.A.T. camp tema.

HEIMAT en Karlien het as die wenners van die 2012 Sportbeker in die mans en damesafdelings onderskeidelik weggestap.

Die voormalige SA-studentespan afrigter, Dorette Badenhorst, het aan die begin van 2012 by NWU-Puk netbal aangesluit as die nuwe afrigter van Puk1 se netbalspan.

Olimpiese Spele- Goud, silwer en brons Die Suid-Afrikaanse Olimpiese span het by die 2012 London Spele ses medaljes huistoe gebring, waarvan drie goud, twee silwer en een brons was.


Sport

BINNE

214 Rissie kap NWU-Puk-sokker

18 OKTOBER 2012

PUK BARBARIANS VEE VLOER MET KOMPETISIE

Wat hou volgende jaar vir ons in?

Varsity Cup 2013 Wedstrydbepalings vir die NWU-Pukke vir die 2013 kompetisie WYNONA LOUW

D

ie 2013 Universiteitsrugbykompetisie bring ‘n hele paar veranderinge in die duur van die vier kompetisies mee, met 82 wedstryde wat vir die vier kompetisies opgestel is. Die Varsityrugby-kompetisie, bestaande uit die Varsitybeker-, Varsityskild-, Koshuisrugby Kampioenskappe- en die Varsity Young Guns toernooie, skop af op 28 Januarie en duur tot 1April. Die Varsityskild kompetisie, die B-afdeling van die premier Varsitybeker, skop eerste van die vier kompetisies af, op 28 Januarie, en duur tot 1 April, terwyl die Steinhoff Koshuisrugbykampioenskappe, die wenspanne van die interne ligas van elkeen van die agt Varsitybeker-spanne, vanaf 18 Februarie tot 8 April duur. Die Varsity Young Guns, n een rondte, studente-slegs O/20 toernooi, vanaf 18 Februarie tot 1

April meegeding. Die FNB Varsitybekerkompetisie sal vanaf 4 Februarie tot 8 April 2013 bestrede wees, en nie vanaf middel-Februarie tot die eerste week in April soos met die intree Varsitybeker kompetisie in 2008 nie. Die sesde oplaag van die kompetisie sien ook die intrede van FNB-Wits, die nuutste byvoeging tot die premier kompetisie, na die terugverplasing van TUT na die Varsity Shield. Daar sal ’n effense verandering in die skedule wees, met twee eindstryd-weke in die Varsity Rugby-kompetisie. Die Varsityskild - en Varsity Young Guns eindstryde sal op 1 April plaasvind, gevolg deur die Steinhoff Koshuisrugby- en die FNB Varsitybeker-eindstryde op 8 April. Die NWU-Pukke se eerste wedstryd is teen verdedigende kampioene, UP-Tuks, op 4 Februarie om 19:00 by die Fanie du Toit-Stadion.

JOOL-ympics kry koshuise op die veld

Caput vat Villagers aan op die vlugbalbaan.

SPAN

SPAN

RONDTE

DATUM & TYD

Eerste Rondte

04 Feb 2013 19:00

FNB NWU-Pukke

FNB UP-Tuks

Tweede Rondte

11 Feb 2013 19:00

FNB UJ

FNB NWU-Pukke

Derde Rondte

18 Feb 2013 19:00

FNB Wits

FNB NWU-Pukke

Wits Rugby Stadion

Vierde Rondte

25 Feb 2013 19:00

FNB NWU-Pukke

FNB UCT

Fanie du Toit Stadion

Vyfde Rondte

04 Mrt 2013 19:00

FNB Shimlas

FNB NWU-Pukke

Sesde Rondte

11 Mrt 2013 17:00

FNB NWU-Pukke FNB NMMU

Fanie du Toit Stadion

Sewende Rondte

18 Mrt 2013 19:00

FNB Maties

Danie Craven Stadion

Halfeindstyd 1

25 Mrt 2013 16:00

Halfeindstryd

FNB NWU-Pukke

Fanie du Toit Stadion UJ Stadion

Xerox Shimla Park

Punteleer Posisie 1 Punteleer Pososie 4 Uitspeel Rondtes Punteleer Posisie 2

25 Mrt 2013 19:00

Eindstyd 8 Apr 2012 19:00

Punteleer Posisie 3

Halfeindstrydwenner Halfeindstrydwenner 1 2

Villagers, ons kampvegters vir 2013 WYNONA LOUW Die 2013 Steinhoff Koshuisrugby-kampioenskappe sien die intrede van die 2012 Steinhoff NWU-Puk Koshuisrugbywenners, Villagers. Villagers tree in die plek van vorige verteenwoordigers, Patria, in. Daar is agt deelnemende spanne in die 2013 Koshuisrugbykampioenskappe, die wenners van die interne ligas van elkeen van die

FOTO: JOLANDI ERASMUS

FOTO: JANDRÉ MEIRING

WAAR

Wedstrydbepalings vir Villagers vir die 2013 kompetisie SPAN

RONDTE

DATUM & TYD

Tweede Rondte

25 Feb 2013 17:00

Vierde Rondte

11 Mrt 2013 17:00

Vyfde Rondte

15 Mrt 2013 17:00

Tbc, Maties

Halfeindstryd

25 Feb 2013

Hertz 1

Halfeindstryd

25 Mrt 2013

Eindstryd

8 Apr 2013

agt Varsitybeker-spanne. Die agt spanne word in twee poele ingedeel, die Penny Pinchers- en die Hertz poel. Villagers is in die Hertz poel ingedeel en die NWUPuk verteenwoordigers gaan een wedstryd teen elke span in die opposisie poel, Penny Pinchers, oor die duur van die seisoen speel, óf tuis óf weg. Villagers se eerste wedstryd is in die tweede rondte teen die Northerz van NMMU op die Fanie du Toit-Stadion.

Villagers NWU-Pukke Villagers , NWU-Pukke

Penny Pinchers 1

SPAN

WAAR

Northenz, NMMU Mopanie, Tuks

Fanie du Toit Stadion

Villagers, NWU-Pukke Penny Pinchers 2 Hertz 2

Halfeindstrydwenner Halfeindstrydwenner 1 2

Fanie du Toit Stadion Craven Stadion


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.