Nuus
2
Interkampus
The fuss over NSFAS I
SAAMGESTEL DEUR JACO-MARI FUTCHER
Maties se lesinglokale te klein om leergieriges te akkommodeer Studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) moes noodgedwonge op die trappe en selfs op die vloere in die oorvol lesinglokale sit omdat daar nie vir die massas voorsiening gemaak was nie.
Verskeie foto’s van oorvol klasse het die rondte op Twitter gedoen. DiÊ foto’s wys hoe studente op die trappe en vloere van hul lesinglokale tydens lesings moes sit.
Maties se afstandstudente kan nou gratis aanlyn studeer Die Universiteit van Kaapstad (UK) sal ’n groot virtuele stap neem wanneer dit vanjaar in Maart die eerste Suid-Afrikaanse instelling sal word om ’n gratis "massiewe oop aanlynkursus" vir die publiek aanbied . Sukaina Walji, die universiteit se Massive Open Online Course (Mooc) projekbestuurder by die Sentrum vir Innovasie in Leer en Onderrig, meen enigiemand met internettoegang kan diÊ kursus volg. "Tipies in ’n Mooc kan jy video’s van lesings en demonstrasies kyk.
"Jy kan ook aan vasvrae en aanlyngesprekforums deelneem.� Indien ’n student genoeg opdragte en aktiwiteite voltooi het kan hy besluit om ’n deelnamesertifikaat – die enigste deel van die kursus wat geld kos – te koop. Deelnemers sal egter nie akkreditasie van die UK ontvang nie. Hoewel die UK die eerste Suid-Afrikaanse universiteit is om sy eie Mooc-kursus aan te bied, meen die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) aanlynkursusse is in die toekoms by hulle moontlik.
TUT sĂŞ totsiens vir sy studente Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het sy deure vir die dag gesluit nĂĄ studente weens studentebefondsing betoog het op 4 Februarie. Die Soshanguve-kampus was gesluit vir die dag omdat die studente in oproer na die hoofhek gemarsjeer het. DiĂŠ universiteit is ook verlede jaar deur gewelddadige
betogings geteister. Hulle het betoog oor ’n tekort op Nasionale Studente FinansiÍle Hulpskema befondsing. Die universiteit het sy kampusse verlede September gesluit nå ’n protes gewelddadig geraak het. Studente het tóÊ 18 motors wat aan die personeel behoort het aan die brand gesteek.
19 Februarie 2015
Head of financial support services, Danie Hefer, clarifies some uncerUBJOUJFT SFHBSEJOH /4'"4 1)050 -J[F -PNCBSE JEANELLE GREYLING
F
unding for the National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) has increased with only 5% this year while class fees at the NWU Potchefstroom campus has increased with as much as 10%, according to Danie Hefer, head of financial support services. He also mentions that “the matric pass rate has increased� and that the three NWU campuses received 10 630 applications in total, but that they were “only able to help about 4 500 of these students�. The NWU Potchefstroom campus has received more applications for studies in 2015 than in 2014 and the campus can only accommodate 1005 of the 2208 students who applied for the NSFAS bursary. Although NSFAS provides R9.8 billion in funding nationwide, a recent survey established that the needs for funding are R15 billion. Tumelo Motjope, chairperson of the South African Student Congress (Sasco) on campus, agreed that the NSFAS funding “is not enough to provide for the students�. “The financial support services try to help as many students as possible, but it is difficult. You cannot help a student with half of his studies and his parents can’t afford to pay the rest of the money,� Hefer said.
The students then reach the end of the year with debt which they are unable to pay. “At a stage their accounts are handed to the lawyers and they are worse off than they were before,� Hefer said. Moreover, around 200 students – many who have excelled in their studies – applied again after they did not qualify last year. Most of them did not qualify because the system cannot provide for new applicants. “The state admits that there is too little money to help the students,� Hefer said. Yet Motjope struggles to understand why the state does not have enough money for tertiary education while billions of rands are wasted by government employees. According to Motjope “the increase in class fees is actually below the inflation rate, which shows that they (NWU) are trying very hard�. The NSFAS funding is a national problem, Hefer said. The Tshwane University of Technology (TUT) and the University of KwaZulu-Natal (UKZN) have closed because of students’ uproar over the NSFAS funding. “Wits (University of the Witwatersrand) are unable to help 2 600 students continuing with their studies because of the lack of funding.� According to Hefer the NWU has not experienced problems
Quick tips about NSFAS
t *U JT VOUSVF UIBU ZPV BVUPNBUJDBMMZ SFDFJWF Ă˝OBODJBM BTTJTUBODF XIFO you are admitted. t :PV IBWF UP QBTT NPSF UIBO of your modules to qualify. t 'JSTU ZFBST IBWF UP QBTT XJUI B BWFSBHF UP RVBMJGZ GPS B TFD ond year of financial aid. t 5IFZ BMTP DPOTJEFS ZPVS QBSFOUT income. t "MUIPVHI UIFZ IFMQ ZPV Ă˝OBODJBMMZ UIF GVOEJOH JTO U BNQMF t /4'"4 DBO QSPWJEF 3 ø GPS QSJWBUF BDDPNNPEBUJPO XIJMF ZPV OFFE BU MFBTU 3 ø t 5IFZ QSPWJEF B NPOUIMZ BMMPXBODF PG 3 GPS NFBMT with student violence because the university management and communication with the students is up to standard, but “the possibility still isn’t excluded, because the pressure is risingâ€?. Motjope is afraid that students of the NWU-Puk will start reacting the same way as the students on other campuses. According to Hefer, NSFAS does not ask the university how much money it needs and how many applications they received, “They just give you a sum of money and you have to apply it the best you canâ€?. The management on campus gave an additional R3 million to relieve these students’ financial stress, but according to Hefer it still is not enough. “If they do this over a three year term it will turn out to be R9 million rand.â€? Except for these funds, the management also allocates two million rand for postgraduate students. “Where NSFAS previously gave R15 million for postgraduates, they only gave R4 million this year,â€? Hefer said. “It's divided between the three campuses, thus every campus gets R1,3 million.â€? According to Hefer, NSFAS provides funding for 23 universities and 50 Further Education and Training (FET) colleges which adds up to about “205 000 students that qualify for NSFAS fundingâ€?.
Stof sak skaars nå opgraderings aan biblioteek ARISA JANSE VAN RENSBURG Studente aan die NWU Potchefstroomkampus word op ’n daaglikse basis deur die stof en geraas van verskeie verbouings op kampus verontrief. Hoewel talle studente keelvol vir die rumoer is, sal die eindproduk, soos die nuwe trapskag wat in die J. Chris Coetzee (E8) geïnstalleer word, tot almal se voordeel strek. DiÊ trapska g sal die dra-kapasiteit van die gebou verhoog en studente in staat stel om vinniger by hul klasse uit te kom. Nietemin bly die installasieproses se rumoer ’n groot steurnis en verhoed dit selfs dosente om lesinglokale se deure tydens klastye oop te los. Volgens Tom Coetzer, die kontrakteur in beheer van die projek, is die einde egter in sig. Studente, sowel as dosente, moet maar op hul tande kners totdat die laaste skroef in die trapskag gedraai is. DiÊ dag sal volgens Coetzer nie later as 23 Februarie wees nie. Nog ’n opgradering wat op hete kole wag om afgehandel te word is diÊ van die Ferdinand Postma Biblioteek. Wapad het verlede jaar (1
Augustus: Studente kry glans bib ) berig dat ’n spoggerige inligtingsmeent vir die kampus se voorgraadse studente vanjaar aangebou word. Tydens die gebou en breek kan studente na die Besemboslokaal op die biblioteek se grondvloer gaan indien hulle van die rekenaar- en drukfasiliteite gebruik wil maak. DiĂŠ kopskuif was opsigself ’n groot aanpassing vir talle studente aangesien dit die sosiale-protokol van verrigtinge aangaande die gebruik van die biblioteek se rekenaars op sy kop gedraai het. “Hoewel addisionele rekenaarlokale vir die studente beskikbaar is, verkies hulle steeds om diĂŠ '050 )FOMV 4OZNBO 0QHSBEFSJOHT JO EJF + $ISJT $PFU[FF HFCPV & IFU EPTFOUF SBBEPQ
Die biblioteek gaan ongelukkig van 4 tot 10 Maart gesluit wees
van die biblioteek te gebruik,� het Louise Vos, bestuurder van Inligtingsdienste, gesê. Die biblioteek gaan ongelukkig van 4 tot 10 Maart gesluit wees aangesien die projek dan na sy tweede fase, die opgradering van die noordelike deel, gaan oorskuif. Hoewel die universiteit aan dekane en lektore gekommunikeer het dat die studente nie in diÊ tyd toegang tot sekere studiemateriaal sal hê nie, beïnvloed dit steeds die
semesterbeplanning van verskeie studierigtings. Ongelukkig gaan studente skaars kans kry om nĂĄ hierdie gewerkskaf te herstel, weens planne om verskeie opgraderings aan nĂłg kampusgeboue te bring. Volgens Joep Joubert, Fisiese Infrastruktuur en Beplanning, is daar ’n verskeidenheid projekte wat geloods moet word. “Ons tree net op in reaksie op wat die kampus wil hĂŞ,â€? het hy egter gesĂŞ.
0QHSBEFSJOHT BBO EJF CJCMJPUFFL HBBO CJOOFLPSU OB 'BTF PPSHBBO
Verdere verbouings
t 0QHSBEFSJOH CJOOF FO CVJUF die Dawie du Plessis-lesingsaal. t 0QHSBEFSJOH CJOOF EJF %FMBSFZ saal. t &LTUSB CFIVJTJOH CZ EJF "TUSP Villa. t 0QHSBEFSJOHT CJOOF FO CVJUF ( ( ( ( & ( ( , " FO # t /VXF 'BSNBTJF FO #JPMPHJFTF Wetenskappe-geboue word opgerig.
19 Februarie 2015
Nuus
Oud-Puk bloei op die Bult
3
JACO-MARI FUTCHER
D
anter Beaumont, die voormalige NWU-Pukstudent wat sowat drie weke gelede glo deur ’n vreemdeling met ’n gholfstok aangeval is, is uit die hospitaal ontslaan en veilig by die huis, meen sy meisie, Danieka du Plessis. Hoewel Beaumont byna by die dood omgedraai het is hy in die proses van ’n merkwaardige herstelling. “Die swelling het begin afgaan en die blou van sy oog is besig om gesond te word,”het Du Plessis gesê. Beaumont se oogbank is tydens die aanval gebreek. Sy oogbank het toe geskuif wat bloeding in sy oog veroorsaak het. Hy moes ook steke op sy regteroog kry. “Hy was vroeër by die oogkundige en hy het medikasie gekry om die drukking te verminder. Dit is steeds nie verseker dat die sig in sy regteroog sal regkom nie,” het Du Plessis gesê. Volgens Du Plessis is sy neus in die proses op twee plekke gebreek. Daar was sprake dat die agterste breuk moontlik teen sy brein kon druk wat verskeie implikasies tot gevolg sou hê, maar hy het gelukkig geen breinskade opgedoen nie. Die voorste breuk hou geen gevaar vir sy gesondheid in nie. Hy het as gevolg van die houe teen sy kop vier tande verloor en hy moes steke aan die regterkant van sy lip kry. Volgens Du Plessis het sy en
Die polisie ondersoek ’n klag van poging tot moord
FOTO’S: Danieka du Plessis Die 24-jarige oud-Puk, Danter Beaumont, in die Wilgeheuwel Hospitaal in Roodepoort nadat hy vermoedelik met ’n gholfstok op die Bult aangerand is deur ’n vreemde man. Beaumont Potchefstroom tydens die JOOL besoek. Sy moes toekyk hoe ’n vreemde man haar kêrel met ’n voorwerp wat soos ’n gholfstok gelyk het, aangerand het. “Ons het seker so 02:00 uit
BEd-studente krankig oor ander in hul slaai krap
Bourbons gestap. Op pad kar toe het twee ouens na Danter gehardloop en vir hom gesê daar is moeilikheid en hy moet gaan help. Danter het hulle vroeër die aand ontmoet,” het Du Plessis gesê. “Danter het vir hulle gesê
hulle is net dronk en hulle soek onnodig moeilikheid. Hulle het begin rustig word en terwyl ek en Danter na die kar toe teruggestap het, het daar ’n vreemde man van agter af gehardloop en Danter met ’n voorwerp in die gesig geslaan,”
het Du Plessis gesê. “Dit het in die donker soos ’n gholfstok gelyk, maar ek is nie seker nie.” Volgens Du Plessis het die man weggehardloop en by die agtersitplek van ’n kar ingespring wat daarna weggejaag het. Beaumont se ma het twee weke voor die aanval haar broer aan die dood afgestaan en sukkel om dit wat haar seun oorgekom het, te verwerk. “Sy familie is regtig baie emosioneel omdat hulle alreeds ’n familielid verloor het. Ek self is nie meer so emosioneel nie, maar ek is nou verskriklik kwaad,” het Du Plessis gesê. “Ek het groot geskrik, ek was die eerste paar dae só emosioneel, ek het geweier om te gaan werk en ek het die heeltyd by Danter in die hospitaal gebly.” Die polisie ondersoek tans ’n klag van poging tot moord, maar volgens Du Plessis is niemand al in hegtenis geneem nie. “Ons het ’n saak by die Honeydew-polisiekantoor in Johannesburg gelê,” het Du Plessis gesê. “Dit is nou na Potchefstroom oorgeplaas. Die polisie het al klaar ’n verdagte.”
JOOL-vuurwerke se donker kant
ARISA JANSE VAN RENSBURG Al hoe meer studente oorweeg deesdae om ’n Nag raadse Onderwyssertifikaat (NGOS) ná voltooïng van hul graad onder die belt te kry. Tog laat dit talle BEd-studente hulle wange opblaas. Die vereistes vir toelating tot NGOS behels dat jy reeds ’n graad moes verwerf het. Jy moes in dié tyd ook twee vakke, wat as skoolvakke aangebied kan word, soos wetenskap of Afrikaans, gevolg het. Indien jy besluit om die NGOS-pad te stap, word slegs een jaar se proeftydperk by skole van jou verwag, in teenstelling met die normatiewe vier jaar wat BEd-studente moet voltooi. Nietemin sal só ’n persoon die werkplek met presies dieselfde kwalifikasie as enige ander BEdstudent betree. Beula de Beer van die fakulteit Opvoedingswetenskappe het die gerug ontken dat NGOS in die toekoms twee jaar sal neem om te voltooi. Volgens Zanele Nothnagel, ’n derdejaar onderwysstudent, voel die meeste BEd-studente dat NGOS wel ’n tweejaarkursus moet wees. “Ons voel dat ons vier jaar lank swot en prakties doen om die beste opleiding te kry. Kan NGOS-studente werklik vier jaar se opleiding binne een jaar bemeester?” het sy gesê. “Dit is onregverdig. Ons leer meer in vier jaar as wat hulle in een jaar doen, maar hulle het steeds dieselfde kwalifikasie,”
Dit is onregverdig. Ons leer meer in vier jaar as wat hulle in een jaar doen, maar hulle het steeds dieselfde kwalifikasie het Monique van Tonder, ’n tweedejaar onderwysstudent, gesê. Sommiges stry egter dat alle studente nie van die begin af onderwys gekies het nie en dus ’n ompad moet stap deur hul NGOS te doen, het De Beer gesê. “Dit hang af uit watter oogpunt jy kyk. As jy weet onderwys is die rigting vir jou, moet jy beslis BEd studeer. As jy steeds onseker is en jy wil onderwys beproef, is NGOS die rigting om te studeer.” Dié stelling dien nie as vertroosting vir die onderwysstudente nie. “Ons voel dat hulle nie werklik belangstel in die kinders en opvoeding nie, maar eerder NGOS sien as ’n rigting om op terug te val,” het Nothnagel gesê. Die NGOS-studente voel egter dat hulle reeds hard gewerk het om ’n graad te kry en dat hulle geensins minder as BEd-studente werk om eendag ook bordkryt vas te hou nie. “Vir my is dit baie beter, want jy het ’n breër kennis,” het Carina Roux, wat reeds ’n graad in rekeningkunde het, gesê. Die stryd tussen onderwys- en NGOS-studente is dus nog lánk nie verby nie.
Die JOOL-vuurwerke het talle feesgangers vermaak, maar dit het ook amok onder Potchefstroomse diereliefhebbers gesaai. FOTO: JP-Myburg van der Walt MARITA HERSELMAN Daar was sowat drie weke gelede ’n moontlikheid dat jy en jou medestudente op die JOOL-plaas was, hetsy tussen die skare voor die verhoog, onder ’n vlot ingekruip of in die ry voor die biertent. Musiek het gespeel, almal was jolig en teen 21:00 het alle feesgangers hul oë na die hemele geslaan in verwondering oor die vuurwerke. Daar was egter ook ’n moontlikheid dat jy besig was om langs jou hond op die mat te lê terwyl julle vir die chaos gewag het om oor te waai. Ná elke jaar se pret en plesier blyk dit duidelik te wees dat die vuurwerkvertoning tydens JOOL vir talle mense ’n belewenis is terwyl dit vir ander ’n aand van uiterste dieretrauma is. Tog meen Marion Fouché, SR-JOOL, dat dit alles in die gees van liefdadigheid is. “Dit is om dankie te sê vir die gemeenskap in die Potchefstroomarea. Dankie dat hulle ons tydens
Daar was ook ’n moontlikheid dat jy besig was om langs jou hond op die mat te lê terwyl julle vir die chaos gewag het om oor te waai JOOL ondersteun en dankie dat hulle verstaan dat daar harde musiek is – dat hulle weet ons doen dit vir ’n goeie doel.” Tommy Viljoen van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Potchefstroom meen egter dat die implikasies van só ’n aand nie altyd die moeite werd is nie. “Gedurende vuurwerkver tonings is daar ’n styging in die aantal verdwaalde diere. Diere hardloop van die huis af weg om
van dié traumatiese ervaring te ontsnap,” het hy gesê. Volgens Fouché het berigte in die plaaslike koerante Potchefstromers twee weke voor die vuurwerke gewaarsku. Volgens hom het die vertoning tussen sewe en agt minute geduur het en dat die goeie kwaliteit vuurwerke sy portefeulje sowat R 20 000 uit die sak gejaag het. “Dis gespesialiseerde pyrotechnicians wat die vuurwerke opstel. Hulle kom van die Kaap af en is van die beste in die land,” het hy gesê. Dit blyk dus asof vuurwerke die oorhand in hiérdie geveg gewen het. Nietemin empatiseer SR-JOOL met die Potchefstroomse diereliefhebbers. “Ek vra om verskoning dat dit steurend is. Ek weet dat nie almal van die vuurwerke hou nie. Dit steur die honde ook, maar dit is net sewe of agt minute lank. Ek dink vir daardie agt minute is dit moontlik om jou honde net binne die huis te sit of as jy nie van die vuurwerke hou nie, net binne jou huis te bly.”
Nuus
4
Nagmaalwyn én cocktails onder dieselfde dak
Van hygende romanse tot soet woorde
Grys was nog nooit só mooi nie
ISABEL MOISES FOTO: Henlu Snyman Picasso's is deesdae méér as net ’n pub en dien om Sondae as die venue vir die Engelse gemeente, Resonate, se dienste. ISABEL MOISES Picasso’s is gewild weens hul “ t we e - v i r- d i e - p r y s - va n - e e n ” cocktails tydens Happy Hour, maar dié kuierplek het ’n jaar en ’n half terug vir ’n ander rede bekend geraak. ’n Engelse gemeente, Resonate, het in 2013 begin om vanuit Picasso’s na mense uit te reik. Vandag woon sowat 140 studente, en selfs sommige se ouers, die Sondagdienste by en kom hulle elke week om 18:00 bymekaar om lof te bring. “Ek het eendag verby Picasso’s gestap en toe voel ek ons moet ’n connect-groep in die oggende hou, aangesien Picasso’s in dié tyd toe is,” het Bertus van der Westhuizen, Resonate se seniorpastoor, gesê. “Ek het regtig in my gees gevoel om vir die eienaar te vra of ons die venue kan huur. Eers het ek
Kortliks
gedink, dis ’n bietjie weird om kerk in ’n pub te hou.” “Ek het met die eienaar gesels en my hart met hom gedeel. Hy was baie opgewonde en het voorgestel dat ons op Sondagaande daar kerk hou.” Volgens Fabio Marsura, Picasso's se eienaar, het Resonate die manier hoe hy sy besigheid sien, verander. Hy meen Jesus kan mense selfs in ’n kuierplek red. “Vandat ek die kerk begin het, is daar soveel meer vryheid in die manier hoe ek die besigheid bedryf,” het Marsura gesê. “Dit gaan meer oor hoe die besigheid as ’n instrument gebruik kan word. As Jesus nie vir my gesê het om die eienaar van ’n kroeg te word nie, hoekom sal Hy ’n kerk ’n jaar later hierheen bring?” “Dit was die eerste aand al ’n ongelooflike ondervinding. Die
mense het belang gestel en wou graag deel van ons lewens wees. Hulle het ’n baie groot hart vir mense,” het een van die eerste lidmate, Yolandi Kruger, gesê. Cara Myburg meen dat dit ’n aanpassing was om by Resonate aan te sluit. “Aan die begin was dit ’n bietjie vreemd, maar dit gaan nie oor die gebou waar Christus se kinders bymekaar kom nie, want óns is tog die kerk, nie die gebou nie.” “Ons hou nie kerk in ’n pub nie,” het Van der Westhuizen gesê. “Die kerk kom in ’n venue bymekaar, so dit maak nie regtig saak of mens kerk hou in ’n saal, ’n kuierplek of in ’n kerkgebou nie. Behalwe vir die Picasso’s venue, is daar ook Sondagoggende om 21:00 in die Van Rooyensaal in Stasieweg ’n diens, asook Woensdagaande om 18:30 by die NWU-Puk se Alumni-saal.
19 Februarie 2015
Liefde én erotika versprei soos ’n epidemie onder enigeen wat in die afgelope twee weke die Mooirivier Mall se Ster-Kinekor besoek het. Met 50 Shades of Grey én Mooirivier wat tans in dié filmteater wys, is dit moeilik om te dink dat daar êrens ’n Potchefstromer is wat verveeld op ’n bank lê. Tydens die Mooirivier rolprent se eerste week van vertonings het die Mooirivier Mall se Ster-Kinekor teater na bewering ongeveer 3327 kaartjies verkoop. Hoewel dit dié spesifieke teater se rekord vir kaartjieverkope in die gegewe tydperk gebreek het, blyk dit asof Fifty Shades of Grey se 1940 kaartjieverkope van die eerste twee dae die kompetisie sal wen. Volgens Tebogo Matthews, bestuurder van die Ster-Kinekor teater in die Mooirivier Mall, moes hulle ekstra personeel aanstel om tydens die naweek van Mooirivier rolprent se eerste vertoning te werk. Hulle was genoodsaak om die grootste teater met ’n kapasiteit van sowat 300 mense te gebruik
Wêreldnuus
om almal te akkommodeer. Die aanvraag was egter te groot en sommige lede van die gehoor moes noodgedwonge hul sitplekke opoffer. “Daar was Vrydag geen sitplek nie – die teater was propvol,” het Annika Liebenberg gesê. Tydens 50 Shades of Grey se eerste vertoning moes SterKinekor personeel egter twéé teaters oopmaak om die fliekgangers te akkommodeer. Na die afloop van Mooirivier se eerste vertoning het die idee dat “liefde wen” die teater opgekikker en mense het laggerig en spelerig huiswaarts gekeer. “Die mense het opgewonde uitgestap en was baie vriendeliker," het Matthews gesê. Die oomblikke ná 50 Shades of Grey se eerste vertoning was egter nie so lighartig nie. “Die ouens was bietjie rooi om die kiewe en die mense kon nie ophou om oor die scenes in die fliek te praat nie,” het Marinelle van Zijl gesê. Volgens Matthews verwag hulle dat nóg meer mense beide 50 Shades of Grey en Mooirivier in die volgende paar weke gaan kyk.
SAAMGESTEL DEUR JACO-MARI FUTCHER
Parys
Dwelmhandelaar gooi dagga vir polisie 'n Dwelmhandelaar in Frankryk is saam met sy vriendin in hegtenis geneem. Vier kilogram dagga ter waarde van R26 600 is in hul besit gevind. Die man het gehoor die polisie is op pad om hom te arresteer en het uit vrees drie pakke dagga deur ’n venster in sy woonstelblok na buite gegooi waar ander polisielede die straat gepatrolleer het.
Denver
Selfies moontlik die rede vir vliegongeluk Volgens ’n nuwe verslag van die Amerikaanse Nasionale Vervoerveiligheidsraad (ANVVR) het selfies heel moontlik ’n rol gespeel in ’n noodlottige vliegongeluk verlede jaar naby Denver. Die opnames van ’n GoPro-kamera wat teen die Cessna 150K se instrumentpaneel gemonteer was, toon die vlieënier en ander passasiers het herhaaldelik foto’s van hulself met hul selfone geneem. Daar was geen video van die rampspoedige vlug nie, maar uit bewyse van die vlieënier se selfoongebruik vroeër daardie dag blyk dit selfoongebruik het waarskynlik tot sy verlies aan beheer bygedra.
Taipei
Taxi-bestuurder sterf amper toe vliegtuig val Ten minste 13 mense is dood en sowat 19 mense is vermis ná ’n Taiwannese TransAsia Airwaysvliegtuig geval het. Dié vliegtuig met 58 passasiers het neergestort kort ná dit by die Taipei-lughawe naby die stad opgestyg het. Die vliegtuig se vlerk het ’n taxi getref. Die bestuurder het die ongeluk oorleef.
19 Februarie 2015
Nuus
5
Elke Jan Rap en sy maat op die NWU-Puk MARNUS KOK
L
esinglokale op die Potchefstroomkampus van die N o o r d w e s - U n iv e r s i t e i t (NWU) word jaarliks weens stygende studentegetalle ĂĄl hoe voller. Volgens Johan van Zyl van Bemarking en Kommunikasie (BEK) het die kampus 10 630 aansoeke van voornemende eerstejaars vir 2015 ontvang, waarvan ongeveer 4 500 geakkommodeer kon word. Dit ten spyte van ’n “mediasensasionele 2014,â€? meen hy. Volgens Van Zyl was daar ’n styging van 173 eerstejaars in 2015 in vergelyking met 2014 se statistiek. Hy meen egter dat die getalle nie ’n ware weerspieĂŤling van die werklike data is nie aangesien baie aansoeke wat ontvang was, nie eens in die minimum keuringsvereistes kon voldoen nie. Nietemin het die getal kontakstudente in Potchefstroom volgens die NWU se webwerf van 15 875 in 2008 tot 21 305 in 2014 toegeneem. “DiĂŠ styging kan toegeskryf word aan die kwaliteit onderrig in sekere kursusse soos Far masie, Toerisme en Regte, wat as van die beste in Suid-Afrika beskou word,â€? het Van Zyl gesĂŞ. Ook volgens die NWU se webblad het die persentasie blanke studente van 44% in 2008, afgeneem na ’n skamele 29% in 2014. DiĂŠ getal sluit kontak- sowel as afstandstudente in. Johan van Zyl meld verder dat die getal swart studente toegeneem het, omdat die N W U - Po t ch e f s t ro o m k a m p u s sekere kursusse aanbied wat die Vaal- en Mafikengkampus niĂŠ aanbied nie.
Hoekom is die
>> Kampus is toeganklik Potchefstroomen veilig, met ’n unieke studentelewe. kampus van die
Studentestatistiek: 2014
NWU uniek? >> Dit is die enigste kampus wat Forensiese Rekenmeesterskap aanbied.
>> Alle voorgraadse kursusse word in Afrikaans aangebied en die meeste word na Engels vertolk. (Behalwe een kursus in die Skool vir Musiek, wat slegs in Engels aangebied word.)
>> Verskeie kursusse onder andere Farmasie, Toerisme, Grafiese Ontwerp en Kerningenieurswese word as van die beste in die land beskou.
t -JOLT CP %JF /86 1VL HSPFJ elke jaar stelselmatig. Verlede jaar het die grootste groei getoon. t -JOLT %J� JOGPHSBýLB XZT EBU CBJF NFFS TXBSU TUVEFOUF CZ die NWU-Puk studeer. Dit sluit afstandsonderrig in. t #P %BBS JT NFFS BT UXFF LFFS soveel vroue- as manstudente wat aan die NWU-Puk studeer.
’n Ander kant van Unilofts Namibiese nagmêrrie oor studiepermitte Studente sit met hande in hul hare oor langdurige proses
MARIZEL SCHUTTE Sowat 250 huurders het twee weke gelede by Unilofts ingetrek. Die huurders meen die kontrak het sekere aspekte belowe wat steeds nie aan hulle verskaf is nie. “Ek is baie tevrede met my woonstel al is daar ’n paar nitty gritty goed wat my nie ten volle gelukkig maak nie,â€? het Lesedi Gaabue gesĂŞ. Die DStv en Wi-Fi gee volgens diĂŠ huurder probleme. Volgens Johann Haupt, bestuurder van Pukki-verblyf, was die DStv en Wi-Fi twee weke gelede reeds reggemaak. “Die krag en water is ook reg. Die dungeons word vandag oopgemaak sodat die studente onder kan parkeer,â€? het Haupt verlede Donderdag gesĂŞ. Haupt meen die agente doen hul bes om al diĂŠ beloftes na te kom. Ten spyte daarvan is die woonstelle “baie goed gebou en ontwerpâ€? het Michelle Janse van Rensburg gesĂŞ. Janse van Rensburg, wat pas ingetrek het, meen die kantoor by Unilofts los alle probleme op sodra sy dit aanmeld. Haupt meen Unilofts het ’n uitstekende bouspan wat probleme so gou as moontlik oplos. "Unilofts se bouers is flippen besig. Ek SMS net vir Andries met ’n probleem en ’n paar sekondes later SMS hy my terug en sĂŞ dis opgelos." Janse van Rensburg meen sy hoor glad nie die bouery wanneer sy binne haar woonstel is nie.
Ek is baie tevrede met my woonstel al is daar ’n paar nitty gritty goed wat my nie ten volle gelukkig maak nie - Lesedi Gaabue Volgens haar geniet die huurders, almal studente, dit om in diĂŠ woonstelblok te woon. Haupt meen die kontrakteurs beoog om die finale bouwerk teen einde April af te handel. Daar is wel nog ’n paar sake wat aandag benodig. Hulle hoop Potchefstroom se weer speel saam om diĂŠ oogmerk te bereik, het Haupt gesĂŞ. Die Potchefstroomse uitermatige reĂŤnbuie en winde was in Desember een van die hooffaktore wat tot die vertraging in die bouproses gelei het. “Ons het alles in ons vermoĂŤ gedoen sodat die studente kon intrek. Daar was vyf pa’s wat gehelp het en teen Vrydag (30 Januarie) is die okkupasiesertifikaat uitgereik.â€? Wapad het egter in die vorige uitgawe berig dat diĂŠ sertifikaat eers Dinsdag, 3 Februarie, geldig sou wees. Daarom kon die studente teen Saterdag intrek, anders sou dit ook nie kon gebeur nie,â€? het Haupt gesĂŞ. Die universiteit het ook gehelp dat die studente kan intrek.
SUNELLE VAN DER WATEREN Namibiese studente wat aan die NWU-Puk studeer is in ’n trae proses vasgevang om die nodige permitte wat hul studies aan die universiteit moontlik maak te bekom. Party van diĂŠ studente meen die probleem lĂŞ nie soseer by die NWU-Puk nie maar eerder by die nuwe Wet van Immigrasie wat dit moeiliker maak om buite Namibiese grense tersiĂŞre onderrig te ontvang. Hulle moet byvoorbeeld vir ’n studiepermit, wat ’n langdurige proses behels, aansoek doen. “Omdat ons NamibiĂŤrs is, moet ons ’n studiepermit kry en dit is nogal ’n schlep,â€? het Kaylyn Zaayman, ’n Namibiese student, gesĂŞ. Renier Rautenbach, ’n tweedejaar student van NamibiĂŤ af, vertel meer oor hiĂŠrdie proses: “Ek moes ’n CAT-scan doen en die Puk soek die identiteitsdokumente van beide ouers sowel as ’n huweliksertifikaat, akademiese rekords en ’n gedragsertifikaatâ€?. “NĂĄ al hierdie kon jy uit eindelik by die ambassade in die lang ry gaan staan het, waar jy soms ’n paar uur kan wag, net om voor te kom en te hoor daar nog iets is wat jy nodig het.â€? Zaayman meen dat hiĂŠrdie stappe in die proses nie al kopseer is nie. “Die kantoorure is sleg, want jy kan net
FOTO: Lize Lombard
Namibiese studente sukkel om permitte te bekom wat hul studies aan die NWU-Puk moontlik maak. tussen nege- en twaalfuur jou aansoekvorm ingee.â€? Dit neem dan glo ten minste agt weke voordat ’n student sy studiepermit ontvang. “Die slegte ding is dat jou studiepermit ook verval wanneer jou paspoort verval, so dan moet jy weer aansoek doen,â€? het Zaayman gesĂŞ. Hoewel diĂŠ proses talle studente verontrief, meen Zaayman dat die NWU-Puk se internasionale kantoor baie hulpvaardig was. “(Die universiteit) was by ons skool gewees. Hulle het baie inligting wat ons nodig gehad het, deurgegee,â€? verduidelik sy. Volgens Piet Steyn van
Voornemende studente van NamibiĂŤ moet deur verskeie prosesse gaan voor hulle aan die NWU-Puk kan studeer Bemarking is die proses om ’n studiepermit te bekom “’n globale probleemâ€?. “Die mense by die Internasionale Kantoor stap die ekstra myl vir die NamibiĂŤrs. AnnelishĂŠ van der Spoel, ’n werknemer by die NWU-Puk se Internasionale Kantoor, het byvoorbeeld die Adjunk Minister van Binnelandse Sake geskakel om te hoor of die NamibiĂŤrs vroeĂŤr kan deurkom. Hy het ons gelukkig gehelp.â€? NĂĄ die ellelange proses kan studente egter uitsien na ’n opwindende jaar op die NWU-Puk, soos Rautenbach gesĂŞ het: “Ek het myne op die ou einde gekry en ek kan nie meer bly wees nie!â€?
6
19 Februarie 2015
Shortstraw streel die oor met soet note Dié band se nuutste CD het aanhangers in rep en roer 19 Feb - 5 Maart DONDERDAG 19 FEBRUARIE - 20:00
Battle of the DJ’s Impala Hotel R20 studente toegang, R30 publiek SONDAG 22 FEBRUARIE - 20:00
Ritmies Liries Open Mic Accoustic & Poetry Session Mystic Boer SONDAG 22 FEBRUARIE - 20:00
Studentebelange Waardeweek begin DONDERDAG 26 FEBRUARIE - 20:00
Francois van Coke & Jedd Kossew “Moontlik Nooit” Single Launch Mystic Boer R40 toegang DINSDAG 3 MAART - 19:30
Potch Pourri optrede Konservatorium Saal Gratis toegang DONDERDAG 5 MAART - 20:00
Thursday DJ Nights met DJ Rocca & Martini Impala R20 studente toegang, R30 publiek
MARITA HERSELMAN
S
hortstraw se derde vollengte album, Youthless, klim by jou ore in, gryp jou lyf en pluk jou rond. Dit laat jou rondspring asof jy gekielie is, dus is dit glad nie verbasend dat Youthless, wat 5 Januarie vrygestel is, reeds bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-ranglys pronk nie. Die titel, Youthless , is ’n woord-spel op useless en impliseer die feit dat die band se lede na nagroompies moet draai om meer youthful voor te kom. Nietemin is dié CD se snitte
Die titel, Youthless, is ’n woordspel op useless en impliseer die feit dat die band se lede na nagroompies moet draai om meer youthful voor te kom van só ’n aard dat jy binne etlike sekondes sal weet dat jy absoluut versot op die klank gaan wees. Die klank en lirieke skep ’n goedvoel atmosfeer wat jou handomkeer kan verander en ook na elke replay ’n lekkerluister-ervaring skep wat jou op ’n onvergeetlike
hype sit. Die lirieke kan as stout en eerlik beskryf word. Tog sal jy oplet dat verskeie verse soms herhaal word. Dit bly nietemin humoristies met tye en jy as luisteraar kan selfs ’n paar interessante stories verwag. “ Say Anything ” en “ Good
FOTO: Verskaf Winter” is snitte wat beslis vir hul uniekheid onthou sal word. “Say Anything” is die uitskieter en vat die pret na ’n hoër vlak, terwyl “Good Winter”, vanweë die rustiger styl, op alle vlakke met die ander verskil. “High School” staan ook uit, nie omdat dit ’n gunsteling is nie, maar oor die sangstyl wat sterk in kontras met die ander snitte staan. Dit maak nie saak watter snit jou gunsteling is nie, as jy ’n riller van ’n dag gehad het sal Youthless jou sonder twyfel beter laat voel en as jy ’n goeie dag gehad het sal die Shortstraw-stemme hom beslis op die beste noot moontlik laat eindig.
19 Februarie 2015
K&V
7
FLIEKtomaan Fifty Shades of Grey – onkonvensionele liefde? I want you, and the thought of anyone else having you is a knife twisting in my dark soul Foto: Verskaf MARITA HERSELMAN Fifty Shades of Grey se doel is nie om mense as impulsreagerende diere uit te beeld nie. Dit regverdig ook nie vrouemishandeling nie. Dit handel oor meer as fisiese verhoudings en is ’n weer-
spieëling van menslikheid. Die rolprent hanteer ook die psigiese en beeld uit hoe mense in obsessies en reëls verstrengel kan word. Dakota Johnson en Jamie Dornan, wat die hoofrolle in hiérdie drama-romanse vertolk, se onscreen chemistry slaan die spyker
op die kop. Christian Grey (Dornan) en Anastasia Steele (Johnson) het mekaar toevallig onder oë gekry toe sy namens haar woonstelmaat tydens ’n onderhoud met dié magnaat moes instaan. Die feit dat hy na slegs ’n paar ontmoetings reeds besluit het dat
Galery-openinge lok talle studente
hy nie die man vir haar is nie, voel egter onrealisties omdat daar tot op daardie stadium nie veel kontak tussen was hulle nie. Christian, ’n masochis in die geheim, kom aan die begin voor asof hy harteloos is. Sy leuse is om mense op ’n afstand te hou en hy beweer dat hy nie ’n romantikus is nie. Al dié reëls word egter ondermyn wanneer die naïewe, onskuldige en seksueel-onervare Anastasia in sy lewe kom en daar van die begin af duidelike seksuele spanning tussen dié twee is. Beide Anastasia en Christian vertoon karakterontwikkeling. Anastasia verander mettertyd Christian se wese en waar hy eens gesê het dat hy nie ’n verhouding wil hê nie, is die handevashou, soene op die voorkop en warm kyke egter kontrasterend tot sy mening. Anastasia, aan die ander kant, verander van ’n naïewe meisie tot ’n sterk vrou wat haar man kan staan. Die sekstonele is profesioneel benader en nie heeltemal só rou soos sommige aanhangers verwag het nie. Dié tonele is egter steeds
JOHANÉ VAN DEN BERG In ’n uitstalling waar kontrasterende elemente, aardse teksture en metale mekaar ontmoet, het Rowland Daniel die laaste 21 jaar van sy lewe uitgebeeld. Goddelikheid is teenoor menslikheid gestel en harde werklikheid teenoor deernis. Hiérdie elemente maak The Beginning op waar dit tans uitgestal in die NWU-Puk se Botaniese Tuin Kunsgalery uitgestal word. Dié uitstalling is geopen met 'n vertelling uit die Griekse mitologie. Die verhaal aangaande die godin van liefde, Afrodite, is weens die verhouding wat dit met die bonatuurlike het gekies as die inspirasie agter die kunswerke. Aldus word Daniel se liefde vir herwinning en sy motivering om te skep ook deur sy beeldhouwerk weerspiëel. “My werk is intuïtief,” het Daniel gesê. “Ek word deur die materiaal , tegnologie , inspirasie, en passie gelei. Met elke nuwe beeldhouwerk mag sekere simbole en abstrakte vorms
My werk is intuïtief... Ek laat dit aan die kyker oor om sy eie gevolgtrekkings te maak verskillende betekenisse hê. Ek laat dit aan die kyker oor om sy eie gevolgtrekkings te maak.” In die NWU-Puk se Hoofgalery het prof. Attie Gerber sy lens op die boesman in sy foto-uitstalling, Voices of the Drylands , wat dié volk se lewensstyl uitbeeld, gefokus. Hy het ’n outentieke atmosfeer vir die aand geskep deur liedere vanuit die boesman se liedboek met sy mondfluitjie en ou kitaar te bespeel. Dit het tot die agtergrondken-
FOTO: Lize Lombard
nis van die uitstalling bygedra aangesien die doel daarvan is om die lewe van die boesman te dokumenteer soos Gerber verduidelik: “Die agtergrond van my foto- en video aanbieding is naamlik om die tradisionele lewenstyl van die mense in die kommunale gebiede van die Noord-Westelike Kaap en Kalahari uit te beeld”. Gerber se aangrypende uitstalling vertel die storie van die uiterste bestaan wat hiérdie mense voer deur om hul swaarkry, bittere dors en oorlewing indrukwekkend saam te weef. Na die verloop van beide uitstallings se openingsaande het Kevin du Plessis, galery-assistent by die Botanise Tuin Kunsgalery, gesê: “Die openingsgeleenthede was ’n reuse sukses. Die galery is trots om plaaslike kunstenaars se werk uit te stal en ons glo ook dat dit die rede vir die massas wat opgedaag het, is.” Dit wat 2015 vir die NWU Galery inhou is baie opwindend en sorg vir ’n propvol program wat geen kunsliefhebber sal teleurstel nie.
Christian hanteer Anastasia beminlik en met respek. Die enigste geval waar hy haar wel pynig is wanneer sy hom toestemming gee om haar te straf. Dié toneel veroorsaak ’n keerpunt in hul verhouding, sowel as in die rolprent. Goeie kameraskote en sensuele agtergrondmusiek komplimenteer die verskeie tonele goed en selfs die titel word deur die grys natuurtonele, dasse, geboue en selfs die kleredrag van Christian se werknemers in die rolprent ingewerk. Kykers wat by rolprente soos No Strings Attached en Friends with Benefits aanklank gevind het sal hiervan hou, terwyl kykers wat in konvensionele verhoudings glo, afgesit sal word. Die onverwagse einde laat talle aanhangers egter met ’n leemte huiswaarts keer terwyl almal oor dieselfde vraag ponder: Is die rolprent régtig beter as die boek? Nietemin wag aanhangers reeds meet groot verwagting vir nommer twee.
Mej SA Kampus maak gereed vir nóg ’n kroon
Ek het altyd gedink ek is nooit mooi genoeg, lank genoeg of maer genoeg nie en ek het in my wildste drome nooit gedink ek sou hier gekom het nie, maar ek het daardie kans gevat Een van die foto's uit prof. Attie Gerber se uitstalling Voices of the Drylands
passievol en selfs verbasend komies met tye.
ISABEL MOISES Nadat sy as Mej. Kampus én Mej. SA Kampus gekroon is, is Marissa Van Der Walt op pad China toe om Suid-Afrika in die Mej. Wêreld Universiteit kompetisie te verteenwoordig. Dié kompetisie was geskeduleer om reeds in Desember by die jaarlikse venue in Suid-Korea plaas te vind, maar was weens onvoorsiene omstandighede uitgestel. “Ons weet nog nie presies wanneer dit gaan plaasvind nie, juis omdat hulle die land verander het. Dis ’n bietjie frustrerend om te sit en wag,” het Marissa gesê. Dit is egter intussen bevestig dat die kompetisie tydens Julie in China gehou sal word. Die kompetisie sal na verwagting twee weke duur en 50 lande sal verteenwoordig word. “Ek is bietjie overwhelmed, maar dis só lekker, mense is gewillig om te help. Dit is ook baie stresvol, omdat jy nie net jouself verteenwoordig nie, maar jou hele land,” het Marissa gesê. “Ek kry ongelooflik
FOTO: Verskaf Marissa Van Der Walt rig haar oë op Mej. Wêreld Universiteit. baie ondersteuning van my gesin af.” Eulogeo Zeloo ontwerp haar aandrok vir die sluitingseremonie en daarby moet sy ook ’n cocktail rok vir elke dag se verrigtinge hê. “Dis moeilik om ’n borg te kry want mense weet nie regtig daarvan nie en die feit dat ons nie presies weet wanneer die kompetisie gaan plaas vind nie maak dinge nóg moeiliker,” het sy gesê. Op ’n persoonlike vlak is een van haar grootste uitdagings om haarself te aanvaar vir wie sy is. “Ek het altyd gedink ek is nooit mooi genoeg , lank genoeg of maer genoeg nie en ek het in my wildste drome nooit gedink ek sou hier gekom het nie, maar ek het daardie kans gevat. Dit was soms regtig vir my ’n struikelblok gewees. Ek het die dag van Mej. Kampus op daardie verhoog geklim en besluit dat ek is soos ek is, met my bos krulhare en al. Daai oomblik was ek so gelukkig,” vertel Marissa. Haar motto vir elke dag is: “If you want to be happy, BE!”. Sy glo ook dat jy nooit in jouself moet twyfel nie, soos sy sê: “Mens moet kies om gelukkig in die lewe te wees”.
Leefstyl
8
Nuwe koffiestasie beloof inspirasie EUGENIE GREGAN
O
orspronklik, uniek en kreatief. Dié is maar net ’n paar van die woorde wat studente gebruik om die Bult se nuwe koffie-paradys, Station Coffee Co., mee te beskryf. Dié Euro-Amerikaanse koffiewinkel met ’n Suid-Afrikaanse kinkel het onlangs sy deure op die Bult oopgemaak en is sedertien op al wat ’n student is se lippe. En met goeie rede. Station, soos daar kortliks na die koffiewinkel verwys word, is verbeeldingryk en die tipe uithangplek wat Potchef-stroom lankal nodig gehad het. Behalwe vir die kwaliteit koppies koffie wat deur ’n barista aanmekaar geslaan word, bestaan die spyskaart ook uit klassieke tee's, interessante melkskommels, vrolike ysdrankies, smoothies, gourmet broodjies en dekadente kolwyntjies. Vir dié wat die kalorieë tel is daar selfs ’n “witness the fitness”-spyskaart, waar die atlete onder ons uit ’n
Station Coffee Co. beproef daagliks nuwe kombinasies en hul spyskaart lyk elke dag anders.
verskeidenheid protein shakes kan kies. Dié kuierkroeg se interessante en lewendige dekor bestaan grootliks uit graffiti-boodskappe op swartbord wat tot die kreatiewe atmosfeer bydra.
Die beste nuus vir studente is dalk dat die winkel net ’n klipgooi van kampus af is én gratis Wi-Fi aan kliënte verskaf. Volgens Jonathan Wayne, eienaar van dié koffiewinkel, is verbeelding en kreatiwiteit die
FOTO: Lize Lombard
petrol agter Station Coffee Co. se handelsmerk. “Koffie is die een tool wat unite, invite en gesprekke aan die gang kry oor drome, idees en ’n beter môre. Station wou ’n spasie skep waar
19 Februarie 2015
die kreatiewes en kunstiges kan ontmoet en deur kunste vir ons die wêreld op nuwe maniere kan openbaar.” Kennith van Wyk, ’n derdejaarstudent in sielkunde en toerismebestuur, meen Station is een van die beste en innoverende plekke wat in ’n lang tyd op die Bult oopgemaak het. “Daar is gratis Wi-Fi, kwaliteit koffie, ’n amazing menu en vriendelike personeel. Die beste deel is die ligging - dis naby aan kampus en wat is nou beter as goeie koffie op pad klas toe?”, het Van Wyk gesê. Wayne en sy span het reeds groot planne vir die toekoms. “Ná ons launch einde Februarie is daar groot nuus. Daar is gesprekke oor Station Coffee Co. se winkels by die Gautrein-stasies en ook om die ou Qba Lounge oor te doen en ons nuwe craft beer bar oop te maak.” En hoekom sal hy sê moet studente Station Coffee Co. besoek? “Ons bedien die beste craft coffee in Potch. So maklik soos dit.”
Canvas dra nuwe baadjie Spieëltjie, spieëltjie teen die muur, hoe lank voor my hare teen my enkels skuur?
JOHANÉ VAN DEN BERG
Canvas het vanjaar summier ’n totale gedaanteverandering ondergaan. Eerstens sal dit van nou af as “Skeppende Kuns” bekendstaan omdat daar vanjaar nie net geverf sal word nie, maar studente sal ook die kan kry om beeldhouwerk te skep. 'n Tema wat in die kuns uitgebeeld sal word, word ook deel van Canvas se nuwe gesig en slegs herwinbare material mag vir die kunswerke gebruik word.. Vanjaar se tema is YOLO, oftewel You Only Live Once. Waar dit voorheen in die duikweg plaasgevind het en studente net op die mure geverf het, sal dit vanjaar op die JOOLplaas gebeur aangesien dié plek oor die nodige fasiliteite beskik. Boonop ken die huiskomitees (HK's) die omgewing goed. Elke sleep sal soos met JOOL onder hul eie afdak werk. Deur die loop van die deurnagaand sal daar nuwe, opkomende bands optree om die skeppende studente aan die gang te hou. Boonop sal 'n fliek om 22:00 in die amfiteater op die NWU-Pukkampus wys. Volgens Jaunmari Schoonraad, SR: Kunste, het die universiteit dié veranderings ingestel weens die studente se verskillende versoeke en behoeftes. Hulle wil ook ’n nuwe benadering volg om meer mense te betrek. Dit is steeds ’n deurnag-aksie en die rede vir die herwinbare produkte is glo om die hoeveelheid geld wat voorheen gebruik was te verminder. Aangesien dié aksie tydens Groenweek plaasvind dien dit ook as ’n manier om studente van herwinning bewus te maak.
Die skilderkuns word darem nie heeltemal uitgeskakel nie, aangesien daar lap en verf vir elke koshuis verskaf sal word, sodat die mense wat wil verf en wie gewoonlik tydens Canvas geverf het steeds daarmee kan aangaan. Die onderskeie koshuise kan enigiets wat hulle koshuis uitbeeld, verf. Dit vorm ongelukkig nie deel van die kompetisie nie. Sean van SR Kunste het verduidelik oor die nuwe gesig van canvas: "Skeppende kuns het sedert 2011 amper tradisie geword om elke jaar te verander en die keer wou ons uit die boks dink!" Hulle kan ná die kompetisie hul lappe hou en dit gebruik soos hulle wil, terwyl daar ook ’n stuk lap vir die gemeenskap en privaatstudente sal wees waarop hulle, hul merk in die kunste kan los. Dit dien ook as ’n manier om die privaatstudente by die geleentheid te betrek. “Die droom en fokus vir Skeppende Kuns hierdie jaar is om aan almal die geleentheid te bied om deel te kan vorm daarvan, hetsy jy bou, aan ’n beeld, verf of net kom kyk en geniet,” het Schoonraad gesê. “Mense moet daar wees omdat hulle wil, nie omdat hulle moet nie.” Hannes Kotzé, ondervoorsitter in beheer van die Kunste se administrasie, meen hy is positief oor die veranderings. “Dis op hierdie stadium meer van ’n kunstefees as wat dit in die vorige jare was. "Ons wil dit ’n lekker positiewe, chilled aksie maak waar studente ’n bietjie meer met die visuele kunste in aanraking kan kom en ons wil lekker baie mense betrek.” Daar sal ook deur die verloop van die aksie verversings op die JOOLplaas te koop wees.
Canvas deur die jare 2011 – Canvas bestaan nog net uit gewone kuns op lap 2012 – Oom Horst Butow van PUK Kunste gee die SR die geleentheid om die duikweg te verf 2013 – Neem plaas in loverslane met groter canvasse en ‘n uitstalling in die daktuin. Prof Fick hang ‘n paar van sy gunstelinge in die gang van sy kantoor 2014 – Die nuwe ingeneurswese duikweg word geverf
Sny jou hare elke ses maande
NICOLE KEMP In vandag se mode is hare lánk. Soos in jy moet oppas wanneer jy gaan sit, anders ruk jou kop dalk net agtertoe. Maar met straighteners wat braai, wilde winde wat waai en ander harige sake wat sommer net amok saai, hoe kry mens daai lieflike lengte sonder die tipe moeite wat jou jou hare laat uittrek? Hier is die goeie-, die slegte- en die vieslike kante van jou gunsteling haarmites. Watter een gaan jy probeer?
*****
ns i t r a M Bob***** Dié naam word al vir eeue van generasie na generasie oorgedra. Dis die raad wat aan die grootoog-kleindogters gegee word as hulle raadop na ouma gaan ná ’n haarafspraak wat 10 cm te lank geduur het. Drink dit volgens die dosis vir ’n Great Dane en siedaar – jou hare groei en blink soos ’n skouhond s’n (of nie?). Al wat ek kan sê is ná ’n jaar van pille drink was die frons op my gesig die enigste ding wat gegroei het.
Eier-eenrpepasker rm haa*****
In plaas daarvan om extensions vir my matriekafskeid te koop het ek besluit om my pa se sak die marteling te spaar en het eerder na sy botteltjie rooipeper gedraai. Ja, dis dalk vir jou vreemd, maar desperate times call for desperate measures. Dit was dus elke Sondag ná kerk ek, die eier en die peper oor die wasbak (my ma het natuurlik geweier om die konkoksie te help aansit). Ek moet sê ek het ’n verskil aan my haarlengte gesien, maar die gevoel van rooipeper tussen jou follikels is nié die moeite werd nie.
FOTO: lovethispic.com
My persoonlike haarkapper het dié raad aan my gegee… wel, ek dínk dit is wat sy oor die geraas van die haardroeër geskree het. Nietemin het ek dadelik my volgende afspraak vir ses maande in die toekoms bespreek en gewag (en gewág, en gewág). My krulhare het vir tyd en wyl my GHD op sy plek gesit en twee jaar later lê hy steeds en stof opgaar. Ek kan dié mite aan jou voorstel, maar koop tog net ’n botteltjie klapperolie… jou punte gaan die treatments nodig hê!
Plasen* ta ****
Voor jy my psigologiese welstand betwyfel moet jy weet dié plasenta kom van ’n plant af. In my eerste jaar het die seniors in die koshuis die hoogste lof aan dié goed gegee, so natuurlik moes ek dit ook probeer. Ongelukkig het niemand my teen die stank gewaarsku nie en het ek vir so ’n paar minute die sig in my regteroog verloor ná ek dit vir die eerste keer op my hare gespuit het. Die enigste uitwerking wat dié doodsvloeistof op my lewe gehad het was dat my kamermaat ná elke aanwending moes uitslaap nadat die klankie tot haar helfte van die kamer gediffundeer het.
FOTO: blog.ceriseetc.com
FOTO: newfashionspot.net
Vitamiene Binspuiting ***** Vir my is dít die geheim vir lang hare in ’n japtrap. Nou kyk, ek is nie een vir naalde nie, maar vir die resultate is ’n lam boud en uitgerafelde senuwees ’n klein prys om te betaal. Om een of ander rede akkordeer hierdie aanvulling báie goed met my en ná herhaaldelike gebruik voel ek soos Rapponsie. Maak ’n draai by gesondheidsdienste (oorkant Wapad, julle weet darem waar dít is?) voor die winter ons tref en jy mag dalk net die somer met ’n gesonde immuunstelsel én lang hare betree.
19 Februarie 2015
Advertensie
9
Redaksioneel 19 Februarie 2015
10
Redaksioneel
Ombudsman
As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: hein.lubbe@nwu.ac.za
Kommentaar
SMS 31750
SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap
19 Februarie
50 Shades - en so what? Ek onthou wat die massareaksie was toe mense hoor ek wil op Potch studeer: "Jy weet natuurlik dat hulle almal Doppers is? Hulle mag nie dans nie, nou drink hulle maar!" Die vreemde scenarios waarin ek myself in my eerste jaar bevind het, was deur dié stelling verduidelik, alright. Mense in Potch het 'n vreemde obsessie met dans noudat dit nie meer 'n taboe is nie. Is dit só met seks ook? Dit blyk dié onderwerp is steeds 'n taboe. Ons weet teen dié tyd ons is steeds 'n Christelike universiteit, al adverteer ons dit nie meer nie. Daar is egter 'n soort hoogmoedigheid onder die NWU-Pukke dat dit 'n no-no is om selfs oor seks te wonder. Dis hartseer dat 12 jaar van lewensoriëntering ons nie meer oopkop gemaak het nie. 50 Shades of Grey is die week die kontroversiële onderwerp. Almal ontken ewe skielik dat hulle dit al ooit gelees (of gesien) het. Wapad is bewus van dié fliek se hoë kaartjieverkope. Ek kan my nie indink hoe awkward dit vir party meisies wat 50 Shades gaan kyk het moes wees toe hulle moes voorgee asof hulle Mooirivier vir die tweede keer gaan kyk nie. Hoekom steek jy dit weg dat jy belangstel in iets wat natuurlik kom vir ons almal? Ons het verlede jaar ’n storie gedek wat oopgevlek het dat Potchefstroomse apteke tydens JOOL twee keer meer versoeke vir die na-behoedpil (morning after) as gewoonlik kry. Méér skokkend is dat jou deursnee-student die apteke selfs drie keer meer tydens die assesseringsweek en eksamentyd vir dié rede besoek. Dit is dus duidelik dat studente hulself nie van dié plesier ontneem nie. Ek wonder net hoekom ander mense veroordeel word vir hul nuuskierigheid oor die film? Ons het dié uitgawe 'n resensie oor hiérdie kontroversiële film geskryf. Lees dit, laat dit jou nuuskierigheid wek en as jy wil, gaan kyk dit. Ons daag jou egter uit om nie te lieg oor die film wat jy gaan kyk nie. As ’n student het jy die reg om ’n sestien beperkte film te gaan kyk. Jy hoef boonop nie jou geloof prys te gee om dit te geniet nie. Die volgende uitgawe van Wapad verskyn op 5 Maart.
Hoofredaksie
WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan NUUSREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw ADVERTENSIEBESTUURDER: Lynette Strydom Teksversorgers: Marnus Kok, Madelein van Straaten.
Kommunikasie 'n nodige vermoë
Dr. Thalyta Swanepoel is ’n oud Beeld-joernalis en is ná byna ses jaar in die buiteland weer ’n dosent by die NWU-Puk se Skool vir Kommunikasiestudies
T
oe Wapad my vra om hierdie week in te staan as opi-nieskrywer, was ek reg om onder Bouwer Bosch in te klim oor hy in die vorige uitgawe gesê het hy het kommunikasie op die Puk kom swot net omdat dit die maklikste kursus was. Ek was reg om te verdedig. Kommunikasie is immers die dissipline waaraan ek my lewe wy. Bouwer was boonop by my in ’n klas en nie juis ’n student wat met sy akademiese bekwaamheid beïndruk het nie. Ek kan nie onthou of hy toe aantreklik en snaaks was nie. In my klas het hy nie veel gesê nie. Dalk was hy maar net nederig. Ek wou dus nog kwaad word, maar besef dis deel van hoe hy die lewe wing. En wing, wing hy dit. Hier sit Bouwer nou: ’n Musiek- en rolprentster met ’n beeldskone blonde aan die arm; en insig in die feit dat ’n mens baie dinge op universiteit leer, al is jou graad nou nie vir jou hoofsaak nie. Een fout wat Bouwer wel maak, is wanneer hy sê dat hy nie sy graad gebruik nie. As daar een vermoë is wat so wyd is soos die Heer se genade, is dit kommunikasie. Net toe die nuwe eerstejaars verlede maand op die kampus begin aankom, ry ek een oggend gewapen met my nuwe Pukpersoneelkaart by die hoofhek uit. Ek flits die kaart by die linker-“boom” en mik om by die stopstraat links te draai. Dit was minder as twee weke nadat ek na Suid-Afrika terugge-
FOTO: Facebook keer het ná 5½ jaar in Amerika. Ek was agter die stuur van ’n geleende 4X4, nog nie gewoond aan die handrat, regterhandstuur en linkerkant van die pad nie. Om te sê ek was versigtig, is om dit sagkens te stel. Toe die man in ’n groter (en heelwat nuwer) 4X4 dus voor my inskuur (sonder ’n flikkerlig aan), spring ek op die toeter – net om hom te waarsku. Maar dis nie hoe hy dit opneem nie. Hy slaan daar remme aan, spring uit die kar, steek sy hand by my venster in. Ek, verbyster, gee hom die regterhand. “Ek is Nico Nienaber, en jy is ongeskik,” sê hy, draai om, storm terug. “Maar jy’t voor my ingery,” protesteer ek. Hy kyk nie eens om nie. Soveel so vir tweerigtingkommunikasie. Hy spring in sy kar, draai
Facebook: Waar's Beskermingsdienste? Gister op kampus is ’n vroulike student op kampus se kar se vensters uitgeslaan, niks is gesteel nie, dis bloot vandalisme. Hoop besker mingsdienste sorteer hierdie gou uit, want hulle is moerse vinnig om boetes links en regs uit te deel maar onder hulle "waaksame" oog gebeur sulke dinge.
Gesien op Twitter Hannelie Otto @MensDom Waarom gebruik @NWUWapad die woord "dames" om na vrouestudente te verwys? TheMiddleChild @AnikevdM Not very fond of the sounds I'm hearing coming from the residence living room.
links by die stopstraat. Ek ook. Regs by die verkeerslig in die ou Tomstraat. Ek word al hoe kwater. So halfpad voor Insleep besluit ek ek wil my sê ook sê. Ek ry agter hom aan. Oor die stopstraat by Steers verby, regs by die eerste stop daarná. Ek ry nie vinnig of op sy stert nie. Net doelgerig. Hy draai links by die hek van ’n woonstellerige plek in. Ek stop netjies langs die pad. Toe ek uitklim, kom hy jou wragtig weer aangestorm – reg om die vloer met my te vee. Dis toe dat ek my hand uitsteek en my voorstel – met titel en al. Hy wou nog iets sê maar ek trek beleefd los met ’n super-speech oor maniere. Ek is tevrede. Ek het nie my humeur verloor nie. Ek het net (weer) my kommunikasiegraad gebruik.
- Shaun Frazao, Facebook FOTO: Facebook
francoislct @francoislct The more Afrikaans the university, the more press it gets.
Kyk jou kampus Wapad glo aan innovasie. Daarom die nuwe konsep, WapadTV, waar ons kampusnuus op nóg ’n manier aan jou bring. Hou ons Facebook-blad (Wapad) en YouTubekanaal (WapadTV) dop vir weeklikse dekking oor kampusgebeure, enige iets van rugbywedstryde tot Bourbons-aande. Kyk jou kampus. En onthou om te glimlag.
'Bravo, Wapad' Goeie dag! Ek het ’n laaaaang storie oor my betrokkenheid sedert 1996 as dosent by die destydse PU vir CHO. Ek en my man is nogsteeds - ná amper 20 jaar verbonde aan die NWU. Ek gaan egter nie die storie oor my lang, intense en komplekse verhouding met die Pukke vertel nie. Ek skryf net om julle te komplementeer.
Ek lees die Wapad op ’n redelik gereelde basis en was maar dikwels onder die indruk dat die Wapad nie regtig goed vergelyk met ander universiteite se studentekoerante nie (ek kom dikwels op ander Suid-Afrikaanse universiteite se kampusse en sorg dan om ook hulle studentekoerante onder oë te kry. Ek het al ’n brief tot hierdie effek aan die vorige redakteurs geskryf).
Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875 Ek is egter so aangenaam verras met julle publikasie van 5 Februarie 2015! Ek wil graag sê: “BRAVO!!” en “Gaan asseblief voort met hierdie gehaltewerk. Dit maak mens trots om deel te wees van die Pukke.” Groete en... “Well done!” Melinda du Toit Sielkundige NWU Vaaldriehoek
19 Februarie 2015
Sport
11
Eerstejaarsrugby bring opwinding MARNUS KOK
D
ie stand van universiteitsrugby is kerngesond. Diegene wat die eerstejaarsrugbytoernooi bywoon sal heelhartig hiermee saamstem. Sjampanje-rugby word hier met passie gespeel. Dié toernooi het Vrydag 6 Februarie afgeskop en opgebou tot Dinsdag se halfeindstryd-rillers tussen aartsvyande - Over de Voor teen Excelsior en Patria teen Veritas. Die belewenis van eerstejaarsrugby strek egter verder as die spel tussen die vier lyne. Baie van die opwinding speel lángs die veld tussen die koshuise se ondersteuners af en pittige (en minder pittige) sê-goed word gereeld kwytgeraak. “Jy skeer met ’n waslap” is maar net een van die vele frases wat opduik. Eerstejaarsrugby is ook die plek waar jy prysenswaardige terugvegpogings sien, soos Ratau
Lebone s’n in hulle wedstryd teen Veritas. Ratua is hier duidelik oorskadu deur ’n beter span, maar het nie gerus voordat hulle nie ook punte op die bord gehad het nie. “Ons het net nooit gaan lê nie. Ek is trots op die ouens,” het Emile Odendaal, afrigter van Ratau ná die wedstryd gesê. Volgens Philip de Wet, ’n afrigter verbonde aan die NWU-Puk se Rugbyinstituut, is eerstejaarsrugby “die ideale plek om sterre van die toekoms te ontdek”. Hy benadruk dat dit vir “die koshuise om trots gaan, en dat ouens wat nie beurse het nie hier ook kan wys wat in hulle steek”. Die toernooi bereik ’n klimaks op Vrydagaand 20 Februarie, wanneer die eindstryd tussen Dinsdagaand se wenspanne beslis word. Gaan Over de Voor die titel wat hulle laas jaar verower het suksesvol verdedig? Of gaan daar ’n nuwe kampioen gekroon word?
Caput en Patria maak reg om te skrum. Patria het dié kragmeting gewen.
FOTO: Lize Lombard
Varsity Cup-punteleer
Veritas se netbalspan wat vanjaar se mansliga gewen het. Hul verdediger Marco Yzelle (voor) is as speler van die toernooi aangewys. Excelsior het tweede geëindig. Die wedstryde het op 6 Februarie plaasgevind.
FOTO: Facebook
SPAN
GS
W
G
V
T
1. Tuks
2
1
1
0
8
2. NWU-Pukke
2
1
1
0
8
3. Shimlas
2
1
1
0
7
4. NMMU
2
1
0
1
6
5. Maties
2
0
2
0
6
6. UJ
2
1
0
1
5
7. Ikeys
2
0
1
1
3
8. CUT
2
0
0
2
0
GS - Gespeel W - Wen G - Gelykop V - Verloor T - Totaal
Nóg Varsity Cup-aksie
Die NWU-Pukke se kaptein Jeandre Rudolph probeer ’n Matie-speler systap.
FOTO: SASPA
’n Lynstaan word gewen deur die Potchefstromers.
FOTO: SASPA
Sport 1911 Februarie 2015
FOTO: SASPA Die NWU-Pukke se Dillon Smit word deur ’n speler van die Maties platgeterek in die twee spanne se kragmeting Maandagaand.
Potchefstromers tweede op punteleer ná gelykopstryd
Pukke byna Maties se baas EUGENIE GREGAN
D
ie NWU-Pukke kon Maandagaand nie hul wendroogte van sewe jaar teen die Maties breek nie. Die Potchefstromers het die wedstryd byna deurgehaak, maar die span van Stellenbosch was vasbeslote om nie op hul tuisveld te verloor nie en het in die doodsnikke van die kragmeting alles uitgehaal om met 26-26 gelykop te eindig. Die NWU-Pukke het die wedstryd goed begin en kon binne die eerste vyf minute twee drieë druk om vinnig met 16-0 die voortou te neem. Kort daarna het twee rolmaaldrieë van die Maties die telling egter 13-16 gemaak.
In die 28ste minuut is die NWUPukke se kaptein, Jeandre Rudolph koelkas toe gestuur. Die Maties het dié geleentheid uitgebuit en oomblikke later het hul kaptein, Beyers de Villiers, vir sy tweede drie oorgeduik om sy span teen halftyd met 18-16 te laat voorloop. In die tweede helfte het die besoekers weer vinnig weggespring en ná vele pogings kon hulle uiteindelik die Maties se verdediging fnuik en het Rhyno Smith onder die pale gaan druk. Smith het egter die verspot maklike doelskop verbrou en ná 56 minute het die NWU-Pukke met 21-18 voorgeloop. Tien minute later het Dean Stokes die Potchefstromers se bonuspunt-drie gedruk en die eindtelling was so byna 26-18 in
die besoekers se guns. In die laaste oomblikke het die Maties egter alles in die stryd gewerp en kort voor die eindfluitjie geblaas het is hul ook met ’n bonuspunt-drie beloon . “Ek dink die ouens het regtig goed gespeel. Ons het ’n paar kanse gehad wat ons nie gebruik het nie, maar Maties is nie ’n slegte span nie en ek dink regtig die ouens het karakter gewys. Dis nie enige span wat Maties toe kom en gelykop speel nie,” het Rudolph ná die wedstryd gesê. “Ons wil ook dankie sê vir die SR en almal wat op skakeltoer was wat ons kom ondersteun het.” Marno Redelinghuys van die NWU-Pukke is as FNB se Player that Rocks aangewys. Die NWU-Pukke se volgende
kragmeting is ’n wegwedstryd op Maandag 23 Februarie teen die Universiteit van Johannesburg. Die wedstyd skop om 18:30 af. Puntemakers: Maties 26 (18): Drieë: Kobus van Dyk, Beyers de Villiers (2), Ian Groenewald. Doelskoppe: Koos Loubser, Brandon Thomson. Pukke 26 (16): Drieë: Dillon Smit, strafdrie, Rhyno Smith, Dean Stokes. Doelskoppe: Rhyno Smith (2).
Varsity Cup-uitslae Tuks 39 24 Ikeys Shimlas 24 0 UJ NMMU 34 13 CUT