K&V
NUUS
5
OPINIE
8
13
SPORT
LEES JOU KAMPUS
Lees wat dié NWU-Puk rugbyspeler aangevang het
19 Maart 2015/ VOL 4
16
Studente onseker oor wat sentralisering van kampusse vir NWU-Puk gaan beteken
Groot toutrek oor NWU se toekoms MARNUS KOK
D
ie vrees dat Afrikaans as onderrigtaal by die NWUPuk se dae getel is, het opgevlam en nog nie weer gaan lê vandat prof Dan Kgwadi die visekanselierstoel van die Noordwes-Universiteit (NWU) verlede jaar ingeneem het nie. Prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, het die studente Dinsdag tydens middagete in die amfiteater op die NWU-Potchefstroomkampus toegespreek. Onder luide toejuiging het Van Schalkwyk, “Hallo Pukke,” gegroet. Die studente het hom geesdriftig teruggegroet. Die massavergadering is hoofsaaklik gehou om studente in te lig oor besprekings wat rondom die NWU-Puk se toekoms aan die gang is. Van Schalkwyk het baie van die gerugte duidelik uitgeklaar en onder meer gesê sentralisering gaan “registrasie op een plek beteken”. ’n Ongelukkige gebrom onder die studente het hierna gevolg. Van Schalkwyk het verder gesê dat “met die magte by elke betrokke dekaan om oor die taalbeleid van sy fakulteit te besluit, kan dit beteken dat Afrikaans uitgeskuif word.” Hy het egter beklemtoon dat “studente Potch toe kom vir Afrikaans, die studentelewe en die kampuskultuur” en dat hy en sy kampusbestuur gaan probeer om juis dít te behou. Die studente se toejuiging het Van Schalkwyk met tye onderbreek.
Iets om te sê?
Die skare het oproerig geraak toe Van Schalkwyk sê dat daar geluide is dat die woord “Puk” moet verdwyn en daar net van NWU gepraat moet word. ’n Student het aan die rektor gevra hoekom prof. Kgwadi, wat met meeste van die voorstelle vorendag gekom het, nie die studente self toespreek nie. “Julle moet hom uitnooi,” het Van Schalkwyk geantwoord. Nog ’n student het gevra hoe lank só ’n proses (sentralisering) kan vat om geïmplementeer te word. “Dit kan selfs so vinnig as volgende jaar wees,” het Van Schalkwyk gesê. Toe die vergadering verby is, het ’n groep in die gehoor die kreet “kyk net hoe baie Pukke is ons hier!” begin skree. Nog studente het ingeval en dié woorde gedreun.
Toekoms van Afrikaans Kgwadi meen hy het dikwels onderstreep “die universiteit het ’n meertalige taalbeleid” en poog nie, soos die gerugte aandui, om Afrikaans as onderigtaal op die NWU-Pukkampus te skrap nie. Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus (VF+), glo “dit gaan daaroor om Afrikaanssprekende studente in die minderheid te kry. Dan verval die argumente vir Afrikaans as taal van onderrig”. ’n Brief wat die studenteraad (SR) aan die onderskeie koshuise uitgestuur het om die sentralisering te verduidelik, vrees glo “dat
SMS 31750
Dit (sentralisering) kan selfs so vinnig as volgende jaar wees gels ’n universele taal”. Afrikaansprekendes se Engelse taalvermoë is swak, het Koffman gesê. “Dit gaan hulle in die werksplek benadeel.” Volgens Nelson Nkala, ’n eerstejaar in BSW in maatskaplike werk, is die tolkingdienste op kampus swak. “Ek voel partykeer uitgesluit. Afrikaanssprekendes het ’n besliste voordeel,” het Nkala gesê.
Prof Herman van Schalkwyk aan die woord. die georganiseerde studentelewe sal wegval”. Volgens Hans Gildenhuys, voorsitter van AfriForum Jeug op die Potchefstroomkampus, is dit “onredelik om te verwag dat alle kampusse uitsluitlik Engels moet word. Die Pukkampus maak alreeds voorsiening vir Engelssprekendes”. Tumelo Motjope, voorsitter van die South African Student Congress (Sasco) op kampus, meen dit is sinneloos om van Afrikaans as tersiêre onderrigtaal ontslae te raak. “Afrikaans is reeds tot op ’n hoë vlak ontwikkel. Wat gaan word
FOTO: Ida Steenkamp
van al die Afrikaanssprekende dosente wat nie Engels magtig is nie?” het Motjope gesê.
Hoe ervaar Engelse studente die kampus? Monwabisi Busika, ’n tweedejaar in BA sielkunde en tale meen hy “weet dit is ’n Afrikaanse kampus en dat hulle (Afrikaners) hulle kultuur probeer bewaar, maar hulle (die universiteit) moet besef dat dit ook ’n Suid-Afrikaanse instelling is”. Volgens De Niro Koffman, ’n tweedejaar in LLB Regte, is “En-
Teken in vir Wapad® se met die woord ‘wapad’ vooraan nuusbrief
Moontlike verlenging van kampusrektor se termyn Teen die agtergrond vergader die NWU-raad later in Maart om onder meer die verlenging van prof Herman van Schalkwyk se termyn as kampusrektor te oorweeg. Van Schalkwyk voel dat hy sedert 2010 toe hy as rektor aangestel was, baie bereik het. “Die Potchefstroomkampus (het) dan inderdaad ook in aansien gestyg,” het hy gesê. “Ek dink ek ken die Potchefstroomkampus nou goed en is daarom goed geposisioneer om die uitdagings aan te gryp, maar ook om die politieke vrae en uitdagings, wat al meer na ons kant toe kom,