Wapad - 1 Augustus 2013

Page 1

Mnr&Mej Kampus Jou 24 finaliste 27 23

Overs se gras word toegebou

1 AUGUSTUS 2013 / VOL 12

LEES JOU KAMPUS

22

ENKELSÊR RESENSIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Publiek geweier om geslote nominasievergadering by te woon

‘SR-verkiesing is ondemokraties’

HANNES KRUGER

D

ie manier hoe SR-kandidate gekeur word vir die SR-verkiesing, is ondemokraties. Só het Johann Coetzee, DA raadslid van die Tlokwe stadsraad, gesê. “Die idee om leierskappotensiaal aan akademiese prestasie of betrokkenheid by bestaande NWU-Puk strukture te meet, is ondemokraties. Dit dui op ’n meritokrasie (politieke filosofie waar die besit van mag berus op meriete) waar kandidate op grond van hulle vermoë of bekwaamheid aangestel word,” het Coetzee gesê. Jason Mfusi, SASCO-voorsitter op die NWU-Puk, het ook gesê die SR-verkiesing is uiters ondemokraties. “Die kandidate word op so ’n wyse gekeur dat hulle op die ou end nie die totale studente populasie verteenwoordig nie, maar ’n sekere elite groep studente,” het hy gesê. Mfusi het verder gesê dat akademie en vorige betrokkenheid by NWU-Puk strukture, nie ’n struikelblok vir studente behoort

te wees om hulle leierskapsdoelwitte te bereik nie. Donett Havenga, hoof verkiesings beampte van die SRverkiesing, het gesê om deel te neem aan enige aktiwiteit verwant aan enige instansie, moet ’n persoon aan sekere vereistes voldoen. “Dit is dus ’n vereiste dat ’n SRkandidaat eers ’n HK-, SR- of UKposisie moes beklee het om te staan vir SR. Dit is sodat hy of sy die studentelewe beter kan verstaan,” het Havenga gesê. Sy het ook gesê dat hierdie ’n akademiese instelling is en dat akademie eerste prioriteit behoort te wees en daarom is goeie akademiese standaard ’n keuringsvereiste. Havenga het verder gesê dat demokrasie op nasionale vlak nie vergelyk kan word met demokrasie op universiteitsvlak nie. Volgens prof. André Duvenhage, politieke ontleder en dosent aan die NWU-Puk, is daar ’n wesenlike verskil in die uitlewing van demokratiese beginsels op nasionale- en universiteitsvlak. “Maar dit is nie te sê dat sekere demokratiese beginsels binne die universiteitsomgewing nie in stand gehou moet word

Studente het die vrye keuse om van die “geen stem”-opsie gebruik te maak

nie,” het Duvenhage gesê. Duvenhage het verder gesê dat daar sterker demokratiese meganismes in dié proses [die SRverkiesing] ingebou kan word. “Dit wil voorkom of daar bepaalde strukturele beperkings is in terme

van die uitoefening van demokratiese waardes.” Wapad is geweier om as waarnemer die SR nominasie vergadering waartydens kandidate deur die uittredende SR gekeur word, by te woon. “Dit is nie in openbare belang wat in die nominasie vergadering bespreek word nie. Daar word persoonlike vrae aan kandidate gevra,” het Havenga gesê. Sy het verder gesê dat studente wel die geleentheid het om vrae aan die kandidate by die SR-swete te vra, maar dat daar “liewer nie persoonlike vrae by die swete aan die kandidate gevra moet word nie”. Volgens prof. Rikus Fick, studentedekaan, is dit ’n vergadering waar niemand mag insit nie omdat jy in so ’n vergadering fyner kan keur en dan persoonlike vrae mag vra. “Onthou die SR wat daardie kandidate keur, weet presies waar daardie kandidaat in die verlede fouteer het.” Vrae soos “hoekom het jy verlede jaar oneerlik opgetree?” en “hoekom het jy onmin gesaai onder jou komiteelede?” word glo gevra. “Dit is onregverdig en oneties om sulke vrae in die teenwoordigheid van die publiek te vra. ’n

Mens wil nie ander se vuil wasgoed in die publiek ophang nie,” het Fick gesê. In reaksie hierop het Coetzee gesê, “Dit is die publiek se demokratiese reg om te weet watter foute die kandidate in die verlede gemaak het. Hoe anders kan jy ’n ingeligte besluit neem? Hulle kon kandidate se foute oorsien en hulle steeds keur sonder dat die studente daarvan weet.” Daar is te veel mag wat misbruik kan word as daar nie kontrole in só ’n vergadering is nie. Dit is in ’n klein groepie [uittredende SR] se hande wat die kandidate keur en niemand wat oor hulle skouer loer nie,” het Coetzee verder gesê. Geeneen van die 23 kandidate wat 15 SR-portefeuljes ten einde moet vul, is by vanjaar se nominasie vergadering afgekeur nie. Havenga het in reaksie op die bewerings oor die SR-verkiesing wat ondemokraties is, gesê dat studente die vrye keuse het om gebruik te maak van die “geenstem”-opsie. Sy het verder gesê die SR stel die geleentheid daar vir studente om uit ’n verskeidenheid van kandidate ’n verteenwoordiger te kies.

Combrink to retain Tlokwe mayoral seat SAPA The High Court in Pretoria has dismissed an application to nullify the council meeting at which Tlokwe mayor Maphetle Maphetle was unseated. "It is declared that the meeting of the Tlokwe city council... was properly constituted [and] lawful," Judge Neil Tuchten said on Monday. "It is declared that the council's resolution during the meeting... to adopt a motion that the second applicant [Maphetle] be removed with immediate effect... was lawful." He said the council's election of Democratic Alliance councillor Annette Combrink at that meeting was also lawful. "It is declared that the occupa-

tion of the municipal office premises by the second applicant and other respondents [to the DA's counter application to have them vacate the offices]... is unlawful," he said. "The respondents... are hereby ordered to vacate the office premises... before 10am on the day following the granting of this order." Tuchten said the sheriff of the court was directed to evict whoever did not comply with the order. He ordered that no public funds be used by either party to settle the costs. On July 2, Combrink was voted in as the new mayor for the second time since November, unseating Maphetle. The application by Maphetle

We now look forward to really taking good services to the people of the Tlokwe municipality and Tlokwe speaker Barei Segotso sought to have the meeting at which Combrink was voted in as mayor nullified. After the proceedings, Combrink said the judgment vindicated her. "We now look forward to really taking good services to the people of the Tlokwe municipality," she said. On Tuesday morning the ANC councillors had still not vacated the offices as order by the court.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Wapad - 1 Augustus 2013 by Wapad - Issuu