Kaalvoetdag sorg vir pure pret en plesier 23
Socialite Potchefstroom 211
20 OKTOBER 2011 / VOL 15
LEES JOU KAMPUS
BINNE
Dans Dans Lisa & Van Coke Kartel 2 10 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 65
>>
WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD
KLA-ver-VOOR met Bingle-sêr
Klawerhof en Over de Voor wen vanjaar se Bingle-sêr met hulle vertoning. Volledige artikel volg op bladsy 3.
FOTO: FRANK DUVENHAGE
Tweede Puk-student in motorongeluk LIZANÉ TREURNICHT
G
errie de Jager, ’n tweedejaar farmasiestudent, word in die Millpark-hospitaal se Intensiewe Sorgeenheid behandel nadat hy die dood vrygespring het. Elma de Jager, die student se pastoor-ma, het vertel dat haar kind volgens medici fisies dood was. “Gerrie het lewensgevaarlike beserings opgedoen in die motorongeluk, maar God het sy lewe vir hom teruggegee,” het De Jager vertel. Dié student was na bewering op pad terug van ’n fakulteitsfunksie af toe hy omstreeks 01:20 beheer verloor het oor sy Citi Golf. Die voertuig het 'n paal getref en daarna teen 'n boom tot
Gerrie de Jager, het die dood vrygespring na ’n motorongeluk. stilstand gekom. Paramedici moes hom met meganiese kake uit die wrak sny nadat hy vasgekeer was in sy voertuig. Volgens paramedici wat op die toneel betrokke was, is dit ’n won-
derwerk dat De Jager lewend is na die ongeluk. De Jager se nekwerwels het geskuif en sy enkel is gebreek, maar nie vergruis nie. “Sy brein het genadiglik niks oorgekom nie,” het sy ma vertel.
FOTO: CECILE DE JAGER De Jager is moedig en “vertrou op die Here vir ’n wonderwerk.’’ Hoewel die dokters min hoop het, glo sy ma dat dit goed gaan met haar kind en dat hy elke dag beter lyk. “Volgens die dokters is De Ja-
ger verlam van sy skouers af. ’’ Hy het 10% kans om ooit weer met hulp te loop en 20% kans om weer sy arms te gebruik, maar ons bly vertrou, verduidelik sy ma. “Ons ervaar daagliks die Here se grootheid en krag. ‘‘Hy het Gerrie se lewe vir hom teruggegee, daarom weet ons dat daar ’n plan met ons kind is,” het sy bygevoeg. Wapad het ook in die 8 September 2011 uitgawe berig van Francois Marneweck, die tweedejaar mansstudent wat tydens Interver van sy balkon afgeval het. Marneweck was in ’n ernstige toestand in die hospitaal en sukkel steeds om te praat. Hy is tans ontslaan en sterk tuis aan. Francois Marneweck is volgens ’n sielkundige in staat om sy studies voort te sit in die toekoms.