Wapad - 22 Augustus 2013

Page 1

Eksklusiewe onthulling

Die ‘Cas Kwas’ en ’n laaste belofte 13 22 AUGUSTUS 2013 / VOL 13

SR weier om 2 stempersentasies bekend te maak LEES JOU KAMPUS

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 67

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

5 uit 7 beoordelaars het gestem vir Dinki

Stuur ons B-span nationals toe? COLETTE BOTHA

V

yf van die sewe beoordelaars het gestem dat Dinkivrouekoshuis die NWU-Puk se Enkelsêr-kompetisie moes wen. Ná die NWU-Puk se plaaslike Sêrkompetisie was daar ’n naelskraap oorwinning van Wag’n-Bietjie teenoor Dinki in die vroueafdeling met slegs ’n 0,1 persent verskil in die finale punt. Ná afloop van die Sêr-kompetisie se finaal wou die beoordelaars stem vir die wenner, omdat hulle gevoel het die koshuis wat volgens die punte-uitslag gewen het, nie die beter koshuis was nie. Volgens Mabet van Wyk, een van die beoordelaars, het die kunsteraad duidelik vooraf gesê dat “ons die reg het om te stem indien die meerderheid voel dat die uitslag nie na wense is nie, met in ag genome die uitskietpunte, soos in dié geval waar die punte so te sê gelyk was waar dit slegs met 0,1 persent verskil het.” Dié stelling is deur drie ander beoordelaars bevestig. In teenstelling hiermee is daar in die SR se persverklaring van die Enkelsêr 2013 verklaar dat die stem slegs ’n voorstel was. Hulle het egter nie bevestig of hulle dit wel vooraf aan die beoordelaars gesê het nie. Luidens die persverklaring word daar geensins bevestig of daar wel ’n stem plaasgevind het nie. Werner Coetzee, ’n regsadviseur van die NWU-Puk, het in ’n e-pos aan Janco Jordaan gesê dat daar na afloop van die beoordeling en puntetoekenning deur die beoordelaars tot ’n stemming oorgegaan is. Dié e-pos is deur Elsabé Nortje, SR:Kunste, na die beoordelaars

84.9% 85.0% Dinki-vrouekoshuis se sêrgroep op die verhoog by die kampus sêrfinaal. gestuur. Wapad het die e-pos in hulle besit. Koshuis agt (Dinki) het na afloop van dié stemming as wenner uit die stryd getree, ten spyte van die feit dat koshuis nommer ses (Wag-’n-Bietjie) reeds in terme van die kompetisiereëls gewen het. “Hierdie stap (die stemming) van die beoordelaars is ultra vires (buite hul mag) en dra geen regswerking of gevolg nie en is dus nietig,” het Coetzee gesê. Verder bevestig Nortje in die-

Wag-’n-Bietjie-vrouekoshuis, vanjaar se wenners van Enkelsêr.

Hoekom het hulle dan beoordelaars as hulle in elk geval hul stem gaan override? Dit is nie regverdig nie.

selfde e-pos aan die beoordelaars Coetzee se aanspraak en verduidelik verder dat dit in stryd is met die SR:Kunsteraad se reglement “wat nie voorsiening maak vir so ’n aksie nie”. Van Wyk meen “as die reëls in ’n reglement opgeneem is, waarom is ons enigsins toegelaat om te stem en is dit deur Elsabé op haar selfoon opgeneem? Hoekom het hulle dan beoordelaars as hulle in elk geval hul stem gaan override? Dit is nie regverdig nie”. Die beoordelaars se stem is egter

deur die SR:Kunsteraad geïgnoreer en by die gala-aand is Wag-’n-Bietjie as wenners van die NWU-Puk se Enkelsêr-kompetisie aangewys. Elani Willemse, afrigter van Dinki-vrouekoshuis se sêrgroep,

is van mening dat Wag-’n-Bietjievrouekoshuis die beste vrouegroep op die verhoog was en dat hulle “absoluut verdien om die NWU-Puk by Nasionale sêr te verteenwoordig”.

WapadKernredaksie van

Nuusredakteur Webnuusredakteur Fotografie Advertensies Sosiaal Subredakteur

Moontlike Portefeuljes 2014 Webadmin Sportredakteur Sekretaris K&V-redakteur Grafies Uitleg Hoofteksversorger

OOP

Redakteur

Aansoeke Aansoekvorms beskikbaar by Wapad-kantoor Amptelike trial-periode 30 Aug tot 12 September

22 Aug

Sluitingsdatum sal bekendgemaak word


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.