KUNS & VERMAAK
BINNE
POTCH SANG-SENSASIE: ILZE DU PLOOY 26
PATRIA SE PLANNE OM DIE VARSITY CUP TERUG TE BRING 211
LEES JOU KAMPUS
23 FEBRUARIE 2012 / VOL 3
STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 66
WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD
>>
Prof. Annette Combrink se skildery onthul Sekere van prof. Combrink se karaktereienskappe word in die skildery uitgebeeld. Toe sy as dosent, Engels met haar studente behandel het, het sy haar vinger as plekhouer in die boek gebruik.
In die boekrak verskuil die politieke party, DA, se embleem aangesien prof. Combrink haarself as kanidaat vir die party beskikbaar gestel het verlede jaar. Prof. Combrink is tans ’n DA-raadslid by die Potchefstroomse munisipaliteit.
“Die juwele, soos haar pêrel-halssnoer en ring, is van haar gewildste juwele wat sy gedra het,” verduidelik Martie van der Merwe, sekretaresse van die rektorskantoor wat baie nou met prof. Combrink gewerk het.
Op sekere boeke in die boekrak verskyn die name van voormalige rektore van die PU vir CHO Pukkampus. Prof. Combrink was die eerste kampusrektor van die NWU-Puk wat opgevolg is deur Prof. Herman van Schalkwyk.
Die vorige rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit se skildery is amptelik onthul. Prof. Annette Combrink, agtste rektor van die kampus vanaf 2004 tot 2009, se skildery hang saam met skilderye van die vorige sewe rektore van die NWU-Puk se Potchefstroomkampus in die ontvangsarea van die rektor se kantoor, in die Joon van Rooy-gebou. Combrink het ook ’n ryke geskiedenis met die kampus. Die skildery is deur prof. Nicolas Allen, ’n professionele kunstenaar en kunshistorikus en tans direkteur van Internasionale skakeling by die NWU-Puk, gedoen. FOTO’S: KIEWIET SCHEPPEL EN DEVIN DE BUDÉ
Die studente se toekoms nog onbekend
Mansstudente verskyn in hof oor diefstal LIZANÉ TREURNICHT
D
rie eerstejaar mansstudente is in Miederpark gearresteer nadat ’n patrolievoertuig van die polisie hulle verdagte optrede opgemerk en ondersoek het. Kaptein Mvula Chaka van die polisie het bevestig dat drie agtien-jarige jong mans Sondagaand kort voor middernag gearresteer is in Swallowstraat in Miederpark. “Die offissier wat die patroliemotor bestuur het, het gesien dat drie mans hardloop van ’n huis af in die rigting van ’n motor.
Hy het die motor onmiddellik afgetrek en dit deursoek,” het Chaka gesê. Al drie mans is volgens Chaka op die toneel in hegtenis geneem vir diefstal nadat die offissier die motor deursoek het. Hy het afgekom op ’n gesteelde tuinornament van ’n huis in Swallowstraat. “Daar word tans ’n saak van diefstal teen die drie mans ondersoek, maar die mans is uit op gratis borgtog,” sê Chaka. Danelle Kamffer, die Dissiplinêre beampte van die NWUPuk se Potchefstroomkampus, het gesê dat daar ’n ondersoek van stapel gestuur is ná die voorval.
Daar word tans ’n saak van diefstal teen die drie mans ondersoek, maar die mans is uit op gratis borgtog. “Ons kan in hierdie stadium bevestig dat daar definitief stappe gedoen gaan word teen die skuldige partye,” het Kamffer gesê. Die uitslag van die ondersoek sal volgens Kamffer bepaal watter stappe gedoen gaan word en teen watter persone. Die mans is tans inwoners van ’n kampuskoshuis.
Dit is in hierdie stadium nie bekend of enige inwoners of gang in die koshuis enige iets met die voorval te doen het nie. Die ondersoek is volgens Kamffer op ’n “redelike sensitiewe stadium” en alle inligting word versigtig hanteer. “Daar is ’n ondersoek geloots deur ’n ondersoekspan van die
Potchefstroomkampus. Die ondersoek is nog in die vroeë stadium en geen verdere inligting kan in hierdie stadium bekend gemaak word nie,” het Kamffer gesê. Dit is nie seker of die studente tans hulle studies voortsit nie. Hulle is egter nie in hierdie stadium geskors nie en dit staan hulle vry om klasse by te woon. Die drie mans sal volgens Kamffer op 28 Februarie in die hof verskyn op aanklag van diefstal. Daar sal moontlik na hul verskyning ’n besluit gemaak word oor die gepaste stappe teen die beskuldigdes.